W122021

Page 8

POSBUS Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

E

k en my vrou, Arina, het in Mei ons jare lange wens vervul en met die woonwa ’n sirkelroete deur die Oos-Kaap aangedurf. Dit was vir ons ’n onbekende deel van die land en ons was heel verras. Ek sleep ’n Sprite Swing met my Nissan X-Trail en ons eerste oorstaanplek was by Kleinplaas op Oudtshoorn. Tussen Willowmore en Aberdeen trek ons af by Santjie Meiring se Oppi-Vlak-padstal en eet heerlike varsgebakte pasteie en roosterkoek. Ons maak ook ’n draai by die hoë toring van die NG kerk op Aberdeen en slaap twee nagte oor in die Kamdeboonasionale park se Nqweba-kamp – dis net buite Graaff-Reinet. Natuurlik besoek ons ook die Vallei van Verlatenheid, sluit aan by vriende op die dorp en ry Nieu-Bethesda toe. Hier sien ons die bekende Uilhuis en ’n bierbrouery. Nie ver hiervandaan nie besoek ons ook Letskraal – dit was die plaasopstal van die Voortrekkerleier Andries Pretorius. Die opstal, waenhuis en ’n ou wa is nog mooi in hulle oorspronklike toestand en word behoorlik onderhou. Dis gewyde oomblikke wat jou ver terugvoer. Die Bergkwagga- nasionale park by Cradock is volgende met sy klein dog netjiese kamp en natuurskoon, en ’n hewige donderstorm verras ons by Die Kaiakampplek op Somerset-Oos. Hierna ry ons deur ’n string dorpies tot by Yellow Sands anderkant Oos-Londen en saal vir ’n week af. Ons besoek ook die kleiner oorde by Chintsa en Gonubie, en veral Morganbaai se kampplek langs die waters lyk aanloklik vir ’n volgende besoek. As jy ooit in hierdie geweste is, kan jy gerus ook tyd inruim vir die Areena-oord. Op Donderdagaande kom geniet die pen-

Ons sirkel deur die Oos-Kaap

sioentrekkers ’n ete teen spesiale afslag – ek kan die vis sterk aanbeveel. Vir die volgende vier nagte slaan ons kamp op by Green Fountain Farm net buite Port Alfred en waardeer die gerief van ons eie badkamer. ’n Gawe ervaring volg by die Addoolifantpark – ons eerste – nadat ons by die bekende Nanaga-padstal stilgehou het. Ons bly oor by ou kampvriende op Jeffreysbaai, besoek die mooi plekkies

rondom St. Francisbaai en boek vir drie nagte in by Stormsriviermond. Vir die eerste keer hier op Stormsrivier loer ons in by die kuierplek Marilyn’s 60’s Diner waar jy jou weer kan uitleef in vergange dae se musiek en heerlike kos. Ons sien ook die hordes kruiwaens vol vetplante van Kallie Müller, ’n plaaslike inwoner, op sy sypaadjie. Ons laaste bestemming is ook ’n Sanparke-oord en ’n ou gunsteling. Dit is >

Johan wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, dié koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 ℓ-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, plus ’n skouerband as jy jou hande los wil hê. winkel.weg.co.za

8 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.