
4 minute read
YSTERBRIEWE
from W122021
by nustobaydo
Veels geluk!
DÍS WAT EK DINK
Advertisement
In die jongste uitgawe van Ry & Sleep vra Schalk dat ons hom moet laat weet wat ons van Weg Ysterperd dink. Hier is dit dus...
Ek dink dit is ’n fantastiese tydskrif en hoop hy sal gereeld verskyn. Sommige artikels, soos die roetes, sal met die hoofboek oorvleuel aangesien die roetes gewoonlik vir twee én vier wiele bedoel is. Daar is egter heelwat motorfiets-spesifieke artikels wat ’n eie tydskrif regverdig, soos die toerusting, klere, toetsritte met nuwe fietse, hoe om jou fiets te diens en herstel, ensovoorts.
Ek dink Schalk moet ’n fiets leen, en ’n naweek-trippie saam met Cyril doen om self te voel hoe lekker dit is. Kies ’n maklike teerpadroete om mee te begin, iets soos die R62 tot by De Rust en terug.
En aan Cyril sê ek veels geluk met die eerste uitgawe van Weg Ysterperd. Ek hoop dit
FOUTJIE?
Dankie vir die nuwe lekkerlees-tydskrif. Ek wonder net hoekom word die brandstoftenk se kapasiteit nie genoem onder die spesifikasies nie. Vir my sou dit dan bepaal wat is die reikafstand tussen hervullings, veral as ’n mens in ons eie land toer.
EK IS GEREED VIR DIE SKUIF
Ek het die eerste uitgawe van Weg Ysterperd gekoop en die redakteursbrief het my laat nadink oor my eie lewenskeuses. Ek werk al byna 20 jaar in inligtingstegnologie en voel ek moet dringend ’n paradigmaskuif in my lewe maak. Cyril se woorde het by my aanklank gevind omdat ek twee jaar gelede begin motorfiets ry het – en die joernalistiek klink na ’n lekker beroep.
As ek mag raad vra: Is dit ’n goeie beroep vir iemand met geen ondervinding nie? Wie kan ek kontak vir ’n onderhoud? JOHAN BAUER Centurion
Die kapasiteit waarna Johan verwys, word by die ikone langs die spesifikasielys getoon. Maar as die inligting onduidelik is, sal ons dit in die volgende uitgawe regstel. – Cyril
gaan ’n gereelde tydskrif wees. Ek en ’n pêl is onlangs deur die Baviaans- en in Gamkaskloof met ons ysters.
ARIE FOURIE Mosselbaai
My eerste lang rit met ’n avontuurmotorfiets was toevallig ook deur die Baviaanskloof. Ek het deur Smitskraal se diep water gery sonder om te besef hoe gevaarlik dit kan wees. Lekker, ouens! – Cyril
MATTHEW STOLK Johannesburg
Motorjoernalistiek is ’n vonkelwyn-leefstyl met ’n bier-salaris. Hou eerder by jou lonende beroep en gebruik motorfietsry as ’n kopskoonmaker. Maar ons nooi jou én alle Ysterperd-lesers om vir ons vryskutstories te skryf. – Cyril
EK SOEK OOK BOEKE!
Baie geluk met Weg Ysterperd. Hoe gaan ek te werk om eksemplare vir my motorfietswinkel te kry? CHRISTOPHER GRINTON flyingbrick.co.za
Indien jy ’n motorfietswinkel besit en die komende uitgawe oor jou toonbank wil verkoop, kan jy gerus ons verspreider, On The Dot, kontak deur ’n e-pos te stuur na gustav.conradie@onthedot.co.za >
Dit gons op sosiale media
Ons het Weg Ysterperd in Augustus 2021 op Facebook aangekondig en die reaksie was verrassend – ons eerste plasing is deur duisende mense gesien sonder dat dit nodig was om ’n dooie duit aan Mark Zuckerberg te betaal! Soek ons op Twitter, Instagram en Facebook en gee terugvoer oor wat julle in ’n volgende uitgawe wil lees en wat ons kan verbeter. Hier is enkele van die kommentare op Facebook...
Michnus Olivier
Dit is ’n eer om ’n klein deeltjie uit te maak van Suid-Afrika se jongste motorfietstydskrif. Wat my veral opgewonde maak, is dat hierdie eerste uitgawe ook die eerste keer gaan wees dat een van my foto’s op ’n voorblad verskyn.
Dis ’n lekker projek wat julle aandurf en ek hoop julle slaan ’n ses! As jy ’n Suid-Afrikaanse motorfietsryer is, veral ’n avontuurmotorfietsryer, dan raai ek jou aan om Weg Ysterperd te ondersteun – die eerste uitgawe gaan ’n versamelstuk word!
Bryan Mc Bowles
Dis ongelooflik dat daar plaaslik só iets gedoen word. Welgedaan!
Marel Finn
Baie geluk! Weg is ’n puik publikasie en ek sien uit na hierdie motorfietsweergawe!

Abel Esterhuyse
Ek het vandag myne aangeskaf. Mamma gaan vanaand kla oor die lig wat laat aanbly.
Charl du Plessis
Hierdie publikasie moes al lankal gebeur het. Ek kan nie wag vir die volgende uitgawe nie.
Greg Turp
Geluk! Hopelik kry ek nog ’n eksemplaar wanneer ek eersdaags na Suid-Afrika reis.
Keith Allen
Lekker! Net wat ek soek.
All The Gear
Kry jou eksemplaar – dis ’n uitstekende tydskrif!
Cobus van Wyk
Lekker, julle ouens. Ek sien uit.
Clinton Pienaar
Gedrukte tydskrifte bly die beste.
Elsebie Olivier
Dankie en welgedaan!
Garth Hewitt
Ek het myne pas by ons plaaslike Spar gekoop. Baie geluk! Sien uit na die leesgenot.
David Quinn
Puik voorbladfoto. Geluk aan almal!
Eduard Drotsche
Goeie stories oor manne en vroue wat toer deur die wêreld.
Glen Baker
Lekker! Soos die jare aanstap, raak my motorfietsavonture minder tot ek hulle skaars kan onthou. Dan wend ek my tot stories soos hierdie wat julle met ons deel.
Jan de Beer
Alles van die beste. Rev hom!
Jean-Pierre Viljoen
Uitstekend. Uiteindelik iets vir ons avontuurryers.
Michael Viljoen
Baie lekker tydskrif. Ek sien uit na julle volgende uitgawe!
John Parkin
Lekker, kom ons hou duim vas hy gaan van krag tot krag. Hoe kry ek een in Engeland? Digitaal? (Lees hom op magzter.com en zinio.com)
Mike Schumacker
Lekker! Lank lewe gedrukte media! Ek ken ’n fotograaf as julle een soek. Ek sê maar net...
Nelia Richter
’n Groot en hartlike geluk aan die Ysterperd-span. Dit gaan versamelhopie toe.
Peter van der Linden
Geluk! Ek sien uit na die tydskrif!
Piet van Heerde
Lekker, gaan hom koop.
Ronel Scheepers
Beste nuus in ’n lang tyd! Wonderlik! Welgedaan!
Veralda Mazzone
Ek het ’n Vespa. #justsaying
WAVOLT Adventures
Ons wag al lank... Ek het nog altyd geglo Weg moet hierdie mark betree.
Luca Maraschin
Ek kan nie wag om ’n eksemplaar te kry nie!