W122021

Page 14

YSTERBRIEWE

Veels geluk!

DÍS WAT EK DINK In die jongste uitgawe van Ry & Sleep vra Schalk dat ons hom moet laat weet wat ons van Weg Ysterperd dink. Hier is dit dus... Ek dink dit is ’n fantastiese tydskrif en hoop hy sal gereeld verskyn. Sommige artikels, soos die roetes, sal met die hoofboek oorvleuel aangesien die roetes gewoonlik vir twee én vier wiele bedoel is. Daar is egter heelwat motorfiets-spesifieke artikels wat ’n eie tydskrif regverdig, soos die toerusting, klere, toetsritte met nuwe fietse, hoe om jou fiets te diens en herstel, ensovoorts. Ek dink Schalk moet ’n fiets leen, en ’n naweek-trippie saam met Cyril doen om self te voel hoe lekker dit is. Kies ’n maklike teerpadroete om mee te begin, iets soos die R62 tot by De Rust en terug. En aan Cyril sê ek veels geluk met die eerste uitgawe van Weg Ysterperd. Ek hoop dit EK IS GEREED VIR DIE SKUIF Ek het die eerste uitgawe van Weg Ysterperd gekoop en die redakteursbrief het my laat nadink oor my eie lewenskeuses. Ek werk al byna 20 jaar in inligtingstegnologie en voel ek moet dringend ’n paradigmaskuif in my lewe maak. Cyril se woorde het by my aanklank gevind omdat ek twee jaar gelede begin motorfiets ry het – en die joernalistiek klink na ’n lekker beroep. As ek mag raad vra: Is dit ’n goeie beroep vir 14 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep

FOUTJIE? Dankie vir die nuwe lekkerlees-tydskrif. Ek wonder net hoekom word die brandstoftenk se kapasiteit nie genoem onder die spesifikasies nie. Vir my sou dit dan bepaal wat is die reikafstand tussen hervullings, veral as ’n mens in ons eie land toer. JOHAN BAUER Centurion Die kapasiteit waarna Johan verwys, word by die ikone langs die spesifikasielys getoon. Maar as die inligting onduidelik is, sal ons dit in die volgende uitgawe regstel. – Cyril

gaan ’n gereelde tydskrif wees. Ek en ’n pêl is onlangs deur die Baviaans- en in Gamkaskloof met ons ysters. ARIE FOURIE Mosselbaai My eerste lang rit met ’n avontuurmotorfiets was toevallig ook deur die Baviaanskloof. Ek het deur Smitskraal se diep water gery sonder om te besef hoe gevaarlik dit kan wees. Lekker, ouens! – Cyril

iemand met geen ondervinding nie? Wie kan ek kontak vir ’n onderhoud? MATTHEW STOLK Johannesburg Motorjoernalistiek is ’n vonkelwyn-leefstyl met ’n bier-salaris. Hou eerder by jou lonende beroep en gebruik motorfietsry as ’n kopskoonmaker. Maar ons nooi jou én alle Ysterperd-lesers om vir ons vryskutstories te skryf. – Cyril

EK SOEK OOK BOEKE! Baie geluk met Weg Ysterperd. Hoe gaan ek te werk om eksemplare vir my motorfietswinkel te kry? CHRISTOPHER GRINTON flyingbrick.co.za Indien jy ’n motorfietswinkel besit en die komende uitgawe oor jou toonbank wil verkoop, kan jy gerus ons verspreider, On The Dot, kontak deur ’n e-pos te stuur na gustav.conradie@onthedot.co.za >


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.