#46
KAMPKOS MAKLIKE SOMERKOS VIR DIE FEESTYD
Kus toe vir Kersfees! Kamp hoog én laag in die Tuinroete, en verken die Weskus Kap dit uit by Kagga Kamma
Bull Run 2021 Petrolkoppe skop stof op
RY-INDRUK
LAND CRUISER 300
Revolusie of evolusie?
TOERUSTING
DAKTENTE
21 van die bestes in SA
SLEEPTOETS Nuwe Pajero Sport, nuwe woema | BRANDBLUSSERS Slaan vure dood MY PLEKKIE Addo bly tops! | WOONWATOETS Conqueror se UEV14i kruip uit sy dop BOBAAS BAKKIE Nissan Navara Pro-4X | NUWE RYGOED China se‘Jeep’is hier
LESER VERTEL NOU GAAN ONS KAMP, VIRUS OFTE NIE!
R90,00 (BTW ingesluit) Namibië N$90,00
Sederberg
REDAKTEURSBRIEF
kep asem. jy verdien D
ie versoeking is nogal groot om dié tyd van die jaar te tob oor hoe vinnig die afgelope 12 maande verbygevlieg het. En jy moet veral sterk staan om nie (wéér) ’n eiertjie te lê oor hoe ons almal se omstandighede sedert vroeg 2020 handomkeer verander het nie. Dit is egter ’n feit dat nog ’n uitdagende jaar verby is, selfs al voel dit soms of ’n mens nie genoeg opkom vir asem nie. Te veel goed gebeur te vinnig, en wanneer jy jou oë uitvee, hang die Kersversierings in die winkels en Boney M word afgestof. (Terloops, ek vra om verskoning vir die geykte Kersversierings-
en Boney M-verwysings. My brein is moeg so laat in die jaar... Jammer!) Ek sal die eerste een wees wat erken dat ek vanjaar nie naastenby genoeg gereis het nie. Daarvoor kan ek net myself blameer. Maar danksy my talentvolle kollegas en verskeie getroue lesers kon ek elke twee maande op hierdie tydskrif se blaaie saamtoer en van Suid-Afrika (en ons buurlande) se mooiste bestemmings beleef en meer leer oor interessante versteekte plekke. Ek is innig dankbaar vir die voorreg. Die Feestyd lê nou voor en ek kan nie wag om my rekenaar vir ’n rukkie weg te bêre en vir ’n week of drie ál my aandag
aan my mense te gee nie. Ek is seker jy voel ook so. Skep dus nou oor die volgende klompie weke ’n bietjie asem. Die vet weet, ons almal verdien dit. Namens ons almal by Ry & Sleep wens ek jou ’n rustyd vol goeie tye, vreugde en wonderlike mense toe. Geniet alles en ry asseblief versigtig. Ons praat gou weer.
REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 3
Inhoud #46 | Desember 2021-Januarie 2022 4
1
KAMPBESTEMMING
ROETES WAT ROEP
30
52 3
5 2 4x4BESTEMMING
40 MY PLEKKIE
KAMP & KATROL
76
6 2
6
3
BULL RUN 4 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
56
1 4
5
64
ELKE MAAND
3 8 14 18 24 28 66 68 78 86
REDAKTEURSBRIEF
POSBUS YSTERBRIEWE NUUS NUWE KAMPGOED NUWE RYGOED MY WIELE LESERSTORIE RY-INDRUK SLEEPTOETS
90 94 98 102 106 121 122 124 126 128 130
WOONWATOETS
REDAKSIE REDAKTEUR SCHALK JONKER schalk.jonker@media24.com JOERNALISTE LEON BOTHA leon.botha@media24.com CYRIL KLOPPER cyril.klopper@media24.com UITLEGKUNSTENAARS DOMINIC WIENAND dominic.wienand@media24.com OWEN WILLOUGHBY owen.willoughby@media24.com TEKSREDAKTEUR PETER VAN NOORD peter@subteks.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON MULTIMEDIA DESIREE HARTNEY desiree.hartney@media24.com
KAMPBOFFIN
MEDIA24 KORPORATIEF UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL EN NUUS MINETTE FERREIRA
4x4-PROFESSOR
UITGEWERSPAN: MEDIA24 LEEFSTYL HOOFBESTUURDER NERISA COETZEE FINANSIËLE BESTUURDER JAMEELAH CONWAY PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH SIRKULASIEBESTUURDER ARMAND KASSELMAN armand.kasselman@onthedot.co.za
TOERUSTING KAMPKOS BLOKRAAI PRETBLAD MIC SE RUBRIEK NEELS SE STOEPTENT RUBRIEK IETS ANDERS
#46 VOORBLADFOTO – EVAN NAUDÉ Die voorste ry kampplekke by Ganzekraal is feitlik teen die skulpiestrand en die geluid van branders teen die rotse is jou braaivuur se klankbaan. Dit is ’n puik wegspringpunt vir jou reis langs die Weskus.
VERKOPE EN BORGSKAPPE HOOF: BORGSKAPPE EN KOMMERSIEEL NIKKI RUTTIMANN nikkir@media24.com HOOF: ADVERTENSIES DANIE NELL danie.nell@media24.com 082 859 0542 KLIËNTEBESTUURDER SHARLENE SMITH sharlene.smith@media24.com 083 583 1604 KLIËNTEBESTUURDER VERNETTE RAUTENBACH vrautenb@media24.com 082 766 1705 MEDIA24 DIVERSE INKOMSTE LISE VAN BREDA lise.coetsee@media24.com HOOF: DIVERSE PROJEKTE FRANCOIS MALAN francois.malan@media24.com KREATIEWE ATELJEE: MEDIA24 LEEFSTYL HOOF MICHAEL DE BEER BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT BEMARKINGSBESTUURDER ANDILE NKOSI andile.nkosi@media24.com TEKSREDAKTEUR: ADVERTENSIES BRIGITTE BLANCKENBERG AANLYNWINKEL YUMNA TOFEY yumna.tofey@media24.com KONTAK ONS YUMNA TOFEY 021 406 2205 yumna.tofey@media24.com KAAPSTAD POSADRES Weg Ry & Sleep, Posbus 740, Kaapstad 8000 STRAATADRES 19de verdieping, Media24-gebou, Heerengracht 40, Kaapstad 8001 JOHANNESBURG POSADRES Weg Ry & Sleep, Posbus 785266, Sandton 2146 STRAATADRES Kikuyustraat 6, Sunninghill 2191 INTEKENINGE, HERNUWINGS EN NAVRAE 087 353 1300 | +27 21 065 0033 (internasionaal) Faks 086 296 6681 | WhatsApp 087 353 1333 SMS“diens”na 31069 | subs@media24.com
DRUKWERK CTP Alle regte word voorbehou.
VERSPREIDING
Ry & Sleep is ’n lid van die Ouditburo vir Sirkulasie
© Kopiereg Weg Ry & Sleep. Alle regte voorbehou. Gedeeltelike of algehele reproduksie sonder die skriftelike toestemming van die redakteur is streng verbode.
Kameraverstellings Canon EOS 80D; f9; 1/320ste van‘n sekonde; 18 mm-lens; ISO 200 www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 5
LEIERS van seiltente in Afrika www.tentco.co.za ALUMINIUM TELESKOPIESE PALE
SENIOR GAZEBO
OPSIONELE EKSTRAS
BESTE PRYS Soliede symuur
22/25 Verleng tot 2.4m
R110
Soliede eindmuur Eindmuur met rits
3m x 2.8m x 2.3m
R2 660
Skadunetbinnevoering
Symuur met vensters
HET DIE TOETS VAN TYD DEURSTAAN
Gazebo & snr boog-koppelstuk
GESINSLEEPWATENT * Pas op 1.6 m hoë sleepwa
R21 525
Ontwerp wat nooit oud word nie
Verwyderbare toevoegkamer ingelsuit
*
WANDERER-BOOGTENTREEKS
DUBBELBOOG-VERLENGING
RANGER 2.1m x 2.1m x 1.8m
R3 560
JUNIOR WANDERER 2.5m x 2.5m x 1.9m
R4 150
SENIOR WANDERER 3m x 3m x 2.2 m
R4 715
BOOGTENTE NIE INGESLUIT NIE
DAKTENTE
Pas twee 3m x 3m x 2.2m boogtente
JUNIOR SAHARA 1.2 m x 2.4 m R12 120 1.4 m x 2.4 m R13 430 1.6 m x 2.4 m R13 755 2 m x 2.4 m R15 995 PROTENT 1.4 m R17 485
R5 725
SAHARA DELUXE 2.9m x 2.5m
R8 915
NOU MET VLEKVRYESTAAL-RAAM *
6m x 2.9m x 2.5m
R12 025
Symure en endmuur beskikbaar
*
Symure en endmuur beskikbaar
DIREKTEURSTOEL EETKAMERSKUILING
BUNDU-AFDAK
BUNDUWASBAK
90cm
44cm
2.7m x 3m
15 Lt
R250
R1 535
Symure beskikbaar
*
NOU MET 6-POOT-STAALRAAM
3m x 3m x 2.5m
R6 250
Maks. gewig 150 kg
R650
OOK TE KRY BY:
NB: PRYSE SAL VERSKIL TUSSEN WINKELS
SIEN ONS LYS VAN AGENTE OP ONS WEBWERF E-POS: info@tentco.co.za TEL: +27 11 397 6451
PRYSE, KLEURE, SPESIFIKASIES & VOORRAAD - BFW HANDELSNAVRAE WELKOM
Volg ons op
LEIERS van seiltente in Afrika www.tentco.co.za 270˚ AFDAKKE
TENTCO-AFDAKKE
1.4 DELUXE DAKTENT
VOERTUIG-STORTHOKKIE
Symure beskikbaar
*
1m x 1m
R2 300
(Verstelbare hoogte)
1.4m x 2.4m
R14 580
2.0m x 2.0m R2 970 2.5m x 2.0m R3 240
OPVOUTAFELS
TAFEL EN 2 BANKE
BRAAIROOSTERS VAN VLEKVRYE STAAL
SKOTTELGOEDTAFEL 41c
80cm x 80cm R770 120cm x 60 cm R770 180cm x 74 cm R925
Vou op in PVC-sak
m
R1 730
128.5cm
vanaf R215
Braaitange en braairoosterborsels beskikbaar *
86cm
1.8m wyd R8 370 2.5m wyd R10 260
Met wasbakke en droograk
R1 080
3 & 4-RAK KASSIES 60cm
EXTREME-YSKOELBOKS vanaf
KOMBUISKABINET DELUXE
3-rak R810 4-rak R1 080 60cm
62cm
PORTA POTTI 10Lt
R1 890
R1 350
R1 030
59cm
20Lt 42cm
74cm
102cm
87.5cm
R1 190
35cm
24.5cm
105cm x 150cm
R750
R1 890
4.5c
mw
m
ydt e
KLASSIEKE STOEL
DC 3 STOEL
SL-2 R755 SLX-2 R1 080
R925
Maks. gewig: 150kg
Maks. gewig: 150kg
R565 52cm
110 cm
Maks. gewig: 150 kg
52cm
48c
Pakgrootte: 83cm x 25cm x 15cm
50cm
86 cm
58cm
94 cm
114cm
SL-2 EN SLX-2
KLERE-DROËR
R1 730
89c m
24
38cm
Caprivi 3 3m x 3m x 1.8m
m
.5c
R920
BIG WHEEL-TROLLIE
50cm
Caprivi 2 2.1m x 2.1m x 1.3
OPVOU-ALUMINIUMSTOEL/TAFEL 25.5c R210 m
44.5cm
CAPRIVI-BOOGTENTE
OOK TE KRY BY:
NB: PRYSE SAL VERSKIL TUSSEN WINKELS
SIEN ONS LYS VAN AGENTE OP ONS WEBWERF E-POS: info@tentco.co.za TEL: +27 11 397 6451
PRYSE, KLEURE, SPESIFIKASIES & VOORRAAD - BFW HANDELSNAVRAE WELKOM
Volg ons op
POSBUS Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
E
k en my vrou, Arina, het in Mei ons jare lange wens vervul en met die woonwa ’n sirkelroete deur die Oos-Kaap aangedurf. Dit was vir ons ’n onbekende deel van die land en ons was heel verras. Ek sleep ’n Sprite Swing met my Nissan X-Trail en ons eerste oorstaanplek was by Kleinplaas op Oudtshoorn. Tussen Willowmore en Aberdeen trek ons af by Santjie Meiring se Oppi-Vlak-padstal en eet heerlike varsgebakte pasteie en roosterkoek. Ons maak ook ’n draai by die hoë toring van die NG kerk op Aberdeen en slaap twee nagte oor in die Kamdeboonasionale park se Nqweba-kamp – dis net buite Graaff-Reinet. Natuurlik besoek ons ook die Vallei van Verlatenheid, sluit aan by vriende op die dorp en ry Nieu-Bethesda toe. Hier sien ons die bekende Uilhuis en ’n bierbrouery. Nie ver hiervandaan nie besoek ons ook Letskraal – dit was die plaasopstal van die Voortrekkerleier Andries Pretorius. Die opstal, waenhuis en ’n ou wa is nog mooi in hulle oorspronklike toestand en word behoorlik onderhou. Dis gewyde oomblikke wat jou ver terugvoer. Die Bergkwagga- nasionale park by Cradock is volgende met sy klein dog netjiese kamp en natuurskoon, en ’n hewige donderstorm verras ons by Die Kaiakampplek op Somerset-Oos. Hierna ry ons deur ’n string dorpies tot by Yellow Sands anderkant Oos-Londen en saal vir ’n week af. Ons besoek ook die kleiner oorde by Chintsa en Gonubie, en veral Morganbaai se kampplek langs die waters lyk aanloklik vir ’n volgende besoek. As jy ooit in hierdie geweste is, kan jy gerus ook tyd inruim vir die Areena-oord. Op Donderdagaande kom geniet die pen-
Ons sirkel deur die Oos-Kaap
sioentrekkers ’n ete teen spesiale afslag – ek kan die vis sterk aanbeveel. Vir die volgende vier nagte slaan ons kamp op by Green Fountain Farm net buite Port Alfred en waardeer die gerief van ons eie badkamer. ’n Gawe ervaring volg by die Addoolifantpark – ons eerste – nadat ons by die bekende Nanaga-padstal stilgehou het. Ons bly oor by ou kampvriende op Jeffreysbaai, besoek die mooi plekkies
rondom St. Francisbaai en boek vir drie nagte in by Stormsriviermond. Vir die eerste keer hier op Stormsrivier loer ons in by die kuierplek Marilyn’s 60’s Diner waar jy jou weer kan uitleef in vergange dae se musiek en heerlike kos. Ons sien ook die hordes kruiwaens vol vetplante van Kallie Müller, ’n plaaslike inwoner, op sy sypaadjie. Ons laaste bestemming is ook ’n Sanparke-oord en ’n ou gunsteling. Dit is >
Johan wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, dié koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 ℓ-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, plus ’n skouerband as jy jou hande los wil hê. winkel.weg.co.za
8 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
POSBUS natuurlik Ebb-en-Flow in Wildernis. Ons besluit om die Rooted in Timeselfryroete by Knysna te doen, wat vir ’n besonderse ervaring sorg. Ek beveel ’n bakkie of sportnutsvoertuig aan vir dié uitstappie. Ons reis het 28 dae geduur, ons het by 10 plekke oornag en altesame 3 383 km gery. Die verblyf het R5 238 gekos, wat uitwerk op gemiddeld R187 p.n. Die brandstof was R6 642. (Die hoofroetes is in ’n baie goeie toestand.) Seisoengewys is Mei ’n goeie tyd, en jy kan pensioenkorting kry waar dit geld. Afhangend van die tyd van die jaar kan jy by sommige Sanparkeoorde 20-40% afslag kry. JOHAN CILLIERS Wellington
Waar’s die dae? Ek en my vrou, Elmarie, kamp met ’n Jurgens Exclusive wat ek met my Chevrolet Trailblazer sleep. Agterop die woonwa skerts ons nogal met die kinders se erfporsie, want ek het ’n plakkaat gemaak waarop staan “Kyk hoe geniet ons die kinders se erfgeld!”. Gepraat van geld: Net anderdag pak ek my oorlede ma, Nellie, se tassie uit en kom af op ’n spyskaart uit 1964. Dit het my weer teruggeneem na die dae toe ons nie eens ’n motorvoertuig gehad het nie. Ek het op Noupoort in die Noord-Kaap grootgeword en was die jongste van ons drie seuns. Omdat ons destyds nie eens ’n kar gehad het nie, het ons met die trein op vakansie gegaan. Ma se familie het meestal in die destydse Transvaal gebly, wat beteken ons het die trein geneem om daar te kom. Die trein het ons van Noupoort af oor De Aar en Bloemfontein tot in Pretoria geneem. Die hoogtepunt van die Pretoria-stasie was om die “pie en gravy” in die stasie se restaurant te eet. Ons het vas geglo dis die lekkerste pasteie in die land! 10 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Partykeer het ’n oom of neef ons by die treinstasie kom haal, anders het ons met ’n huurmotor by hulle opgedaag. Dit was weer tyd om ons nefies en niggies te sien. Hierdie is die spyskaart van die Johannesburg-stasie se eetkamer – met ’n lywige verskeidenheid daarop. Die hele ete het R1,25 gekos – van voorgereg tot by kaas-en-beskuitjies. Volgens die datumstempel was ek toe ses jaar oud. Vandag se jonges sal ’n mens nie sommer glo nie, tensy jy dit vir die klomp kan wys. LEON EN ELMARIE VORSTER Cradock >
POSBUS
Jou vullis is joune
Ek en my vrou, Susan, besoek die Krugerwildtuin al die afgelope 15-20 jaar, en soms kry ons geleentheid om selfs meer as een keer per jaar ’n draai te maak. Ons kamp met ’n Bush Lapa en het onlangs weer twee weke daar gaan kamp. Dit was by Pretoriuskop en Letaba, en op die H1-1 digby Pretoriuskop het ek foto’s geneem van die bekende hiënagat met ’n klomp kleintjies langs die pad. Toe ek by die huis deur my foto’s gaan, sien ek sowaar een van die outjies kou aan ’n plastiekbottel. Dit moet iemand gewees het wat hier verbygekom en dit net uitgegooi het pleks daarvan om dit eerder in die kamp weg te gooi. As ’n mens so gelukkig is om een van die nasionale parke te besoek, neem jou vullis saam met jou. Omtrent in al die kampe is daar herwinningsgeriewe – kom ons doen ons deel vir die omgewing en wilde diere. PETER COLE Kyalami As jy betrap word terwyl jy vullis strooi in die Kruger, word jy summier met R1 500 beboet. – Red.
Uit die pad, in die oog
Ek het al gesukkel met visstokke wat in die kampplek in die pad rondstaan en dan nog omwaai ook. ’n Mens soek ook gereeld ’n stapstok of besem wat nie op sy plek is nie. Daarom het ek ’n spesiale rakkie gemaak. Ek het twee ronde gate in ’n plankie geboor waarin twee sterk magnete pas. Hierna het ek ’n plastiek-U-buis (trunking) van 1,5 cm breed teen die plankie vasgeskroef. Ek het ’n stuk afvalspons met gate in gehad wat mooi in die voering van die U-buis pas. Hierna het ek die gate in die spons met ’n hoekslyper oopgesny. Nou kan ek die rak byvoorbeeld teen die bakwerk van ’n sleepwa of my voertuig vassit... en niks is meer soek nie. MARIUS ESTERHUIZE Vredend
Oor die kole Volg @wegrysleep op Instagram en merk jou foto’s met #wegrysleep – ons publiseer dit dalk op ons profiel of op dié blad.
12 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
YSTERBRIEWE
Veels geluk!
DÍS WAT EK DINK In die jongste uitgawe van Ry & Sleep vra Schalk dat ons hom moet laat weet wat ons van Weg Ysterperd dink. Hier is dit dus... Ek dink dit is ’n fantastiese tydskrif en hoop hy sal gereeld verskyn. Sommige artikels, soos die roetes, sal met die hoofboek oorvleuel aangesien die roetes gewoonlik vir twee én vier wiele bedoel is. Daar is egter heelwat motorfiets-spesifieke artikels wat ’n eie tydskrif regverdig, soos die toerusting, klere, toetsritte met nuwe fietse, hoe om jou fiets te diens en herstel, ensovoorts. Ek dink Schalk moet ’n fiets leen, en ’n naweek-trippie saam met Cyril doen om self te voel hoe lekker dit is. Kies ’n maklike teerpadroete om mee te begin, iets soos die R62 tot by De Rust en terug. En aan Cyril sê ek veels geluk met die eerste uitgawe van Weg Ysterperd. Ek hoop dit EK IS GEREED VIR DIE SKUIF Ek het die eerste uitgawe van Weg Ysterperd gekoop en die redakteursbrief het my laat nadink oor my eie lewenskeuses. Ek werk al byna 20 jaar in inligtingstegnologie en voel ek moet dringend ’n paradigmaskuif in my lewe maak. Cyril se woorde het by my aanklank gevind omdat ek twee jaar gelede begin motorfiets ry het – en die joernalistiek klink na ’n lekker beroep. As ek mag raad vra: Is dit ’n goeie beroep vir 14 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
FOUTJIE? Dankie vir die nuwe lekkerlees-tydskrif. Ek wonder net hoekom word die brandstoftenk se kapasiteit nie genoem onder die spesifikasies nie. Vir my sou dit dan bepaal wat is die reikafstand tussen hervullings, veral as ’n mens in ons eie land toer. JOHAN BAUER Centurion Die kapasiteit waarna Johan verwys, word by die ikone langs die spesifikasielys getoon. Maar as die inligting onduidelik is, sal ons dit in die volgende uitgawe regstel. – Cyril
gaan ’n gereelde tydskrif wees. Ek en ’n pêl is onlangs deur die Baviaans- en in Gamkaskloof met ons ysters. ARIE FOURIE Mosselbaai My eerste lang rit met ’n avontuurmotorfiets was toevallig ook deur die Baviaanskloof. Ek het deur Smitskraal se diep water gery sonder om te besef hoe gevaarlik dit kan wees. Lekker, ouens! – Cyril
iemand met geen ondervinding nie? Wie kan ek kontak vir ’n onderhoud? MATTHEW STOLK Johannesburg Motorjoernalistiek is ’n vonkelwyn-leefstyl met ’n bier-salaris. Hou eerder by jou lonende beroep en gebruik motorfietsry as ’n kopskoonmaker. Maar ons nooi jou én alle Ysterperd-lesers om vir ons vryskutstories te skryf. – Cyril
EK SOEK OOK BOEKE! Baie geluk met Weg Ysterperd. Hoe gaan ek te werk om eksemplare vir my motorfietswinkel te kry? CHRISTOPHER GRINTON flyingbrick.co.za Indien jy ’n motorfietswinkel besit en die komende uitgawe oor jou toonbank wil verkoop, kan jy gerus ons verspreider, On The Dot, kontak deur ’n e-pos te stuur na gustav.conradie@onthedot.co.za >
Slegs B-lisensie nodig Huisves 2-4 persone Veselglaskappie & -bakpanele
K A M P E E R S L E E P W A
Kontakbesonderhede: 021 945 2142 (Kantoor/Michelle) admin@tongasa.com
www.tongasa.com Tonga Camping Trailer Brugstr. 3, Triangle-plaas, Bellville 7530
YSTERBRIEWE
Dit gons op sosiale media
Ons het Weg Ysterperd in Augustus 2021 op Facebook aangekondig en die reaksie was verrassend – ons eerste plasing is deur duisende mense gesien sonder dat dit nodig was om ’n dooie duit aan Mark Zuckerberg te betaal! Soek ons op Twitter, Instagram en Facebook en gee terugvoer oor wat julle in ’n volgende uitgawe wil lees en wat ons kan verbeter. Hier is enkele van die kommentare op Facebook...
Michnus Olivier Dit is ’n eer om ’n klein deeltjie uit te maak van Suid-Afrika se jongste motorfietstydskrif. Wat my veral opgewonde maak, is dat hierdie eerste uitgawe ook die eerste keer gaan wees dat een van my foto’s op ’n voorblad verskyn. Dis ’n lekker projek wat julle aandurf en ek hoop julle slaan ’n ses! As jy ’n Suid-Afrikaanse motorfietsryer is, veral ’n avontuurmotorfietsryer, dan raai ek jou aan om Weg Ysterperd te ondersteun – die eerste uitgawe gaan ’n versamelstuk word! Abel Esterhuyse Ek het vandag myne aangeskaf. Mamma gaan vanaand kla oor die lig wat laat aanbly. Keith Allen Lekker! Net wat ek soek.
All The Gear Kry jou eksemplaar – dis ’n uitstekende tydskrif!
Bryan Mc Bowles Dis ongelooflik dat daar plaaslik só iets gedoen word. Welgedaan! Charl du Plessis Hierdie publikasie moes al lankal gebeur het. Ek kan nie wag vir die volgende uitgawe nie. David Quinn Puik voorbladfoto. Geluk aan almal! Eduard Drotsche Goeie stories oor manne en vroue wat toer deur die wêreld. Glen Baker Lekker! Soos die jare aanstap, raak my motorfietsavonture minder tot ek hulle skaars kan onthou. Dan wend ek my tot stories soos hierdie wat julle met ons deel.
Cobus van Wyk Lekker, julle ouens. Ek sien uit.
Greg Turp Geluk! Hopelik kry ek nog ’n eksemplaar wanneer ek eersdaags na Suid-Afrika reis.
Clinton Pienaar Gedrukte tydskrifte bly die beste.
Jan de Beer Alles van die beste. Rev hom!
Elsebie Olivier Dankie en welgedaan!
Jean-Pierre Viljoen Uitstekend. Uiteindelik iets vir ons avontuurryers.
Garth Hewitt Ek het myne pas by ons plaaslike Spar gekoop. Baie geluk! Sien uit na die leesgenot.
Marel Finn Baie geluk! Weg is ’n puik publikasie en ek sien uit na hierdie motorfietsweergawe!
16 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Michael Viljoen Baie lekker tydskrif. Ek sien uit na julle volgende uitgawe! John Parkin Lekker, kom ons hou duim vas hy gaan van krag tot krag. Hoe kry ek een in Engeland? Digitaal? (Lees hom op magzter.com en zinio.com) Mike Schumacker Lekker! Lank lewe gedrukte media! Ek ken ’n fotograaf as julle een soek. Ek sê maar net... Nelia Richter ’n Groot en hartlike geluk aan die Ysterperd-span. Dit gaan versamelhopie toe. Peter van der Linden Geluk! Ek sien uit na die tydskrif!
Piet van Heerde Lekker, gaan hom koop.
Ronel Scheepers Beste nuus in ’n lang tyd! Wonderlik! Welgedaan! Veralda Mazzone Ek het ’n Vespa. #justsaying
WAVOLT Adventures Ons wag al lank... Ek het nog altyd geglo Weg moet hierdie mark betree. Luca Maraschin Ek kan nie wag om ’n eksemplaar te kry nie!
KIE MATE K A B
UNTRY O C X
SPRINTER
H LODGE S U B
BESOEK JOU NAASTE HANDELAAR VIR ONS 2020-REEKS
w w w.stealthc aravans.co.za StealthCaravans
NUUS
Nuut aan die stuur
Die L word reguit Woonwaens verander dikwels, maar die Gecko Xtremeboswoonwa lyk nog presies dieselfde as sy prototipe 10 jaar gelede. Dit beteken die aanvanklike konsep was weldeurdag – en woonwakopers stem saam, veral as ’n mens kyk na die meer as 170 Xtreme-modelle op die pad. Dit is dus groot nuus as iets kleins verander: Die kort been van die L-bankie teen die oorkantse paneel as jy in die deur staan, is weggedoen. Dit beteken die bankie is nou reguit, wat dit ruimer maak vir die twee mense waarvoor die Xtreme ontwerp is. Die kragpaneel op die punt van die kort been skuif terug tot in die kant van die bankie, en die hoekkas verander ook effens – die onderste deel is nou ook deel van die bankie. Die Gecko Xtreme het ’n BVM van 1 900 kg met ’n 2 t-as (gerem) en kos R540 000. Kontak 015 004 1356 gecko-offroad.co.za info@gecko-offroad.co.za
Groot veranderinge is aan die gebeur by Pretoria Caravans & Outdoor, wat omtrent ’n instelling in die Jakarandastad geword het. Michael Barwise, eienaar van Caravan Fitment Centre, het ’n aandeel in die onderneming bekom, en terselfdertyd gaan Adri Conradi, wat tot nou toe saam met Glenda-Ann Colley die onderneming besit het, op vervroegde pensioen. Michael se pad het vyf jaar gelede al met dié van Pretoria Caravans & Outdoor gekruis nadat hy die werkswinkel van die woonwahandelaar oorgeneem het. Nie net diens hy waens nie, maar hy hanteer ook ongelukskade, ombouings en versekeringseise. Michael het nie op hom laat weg nie: Daar’s onder meer ’n groter winkel wat ook hengeltoerusting bykry, nuwe afdakke en nuwe kentekenborde. Jurgens Campworld se woonwaens, die Sprite, Gypsey en Jurgens, is by Pretoria Caravans & Outdoor beskikbaar, maar ook dié van GT Camper, Gray, Sherpa Leisure en die splinternuwe EdgeOut. Kontak 012 329 2259 pretoriacaravans.co.za info@pretoriacaravans.co.za
Van links Michael Barwise, Adri Conradi en Glenda-Ann Colley.
Nuwe Ranger op pad Die nuwe Ford Ranger is op 24 November 2021 op YouTube aan die ganse wêreld bekend gestel. Hou ons Facebookblad dop vir verdere inligting wat teen druktyd nog nie beskikbaar was nie. Wat ons wel uit die perd se bek gehoor het, is dat Ford 5 000 klante gevra het wat hulle in die volgende Ranger soek. “As ontwerpers het ons vroeg in die proses reeds met klante kontak gemaak om meer insigte te kry as ooit tevore. Ons het ontdek hulle is doeners, ongeag uit watter mark. Hulle hou daarvan om hulle eie probleme op te los en wil op ’n bakkie kan staatmaak – nie net oor hoe die voertuig werk nie, maar ook hoe dit voel om hom te ry,” sê Max Tran, hoofontwerper van die nuwe Ranger. Gaan na facebook.com/WegRyenSleep en lug jou mening oor die nuwe Ranger. >
18 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
CARA-CAMP PROMOSIE
Jy kan nie verkoop wat jy nie kan wys nie. ARNOLD PROSCH
KANS VAN JOU LEWE, koop ’n woonwa-handelaarskap Dis nie aldag dat ’n mens die geleentheid kry om ’n gevestigde woonwa-onderneming te koop nie. CARA-CAMP Caravan & Outdoor Centre op Somerset-Wes is een van die groter handelaars in die land en Arnold Prosch die afgelope 21 jaar die eienaar. Nou het hy besluit om die tuig neer te lê, maar om terselfdertyd iemand anders die kans te gee om met dié suksesvolle besigheid voort te boer. CARA-CAMP is ’n onafhanklike handelaar en ’n geakkrediteerde verskaffer van talle bekende handelsname. Dit sluit in Okto, Nayela, Stealth en Bush Lapa, maar óók die ingevoerde Swift vanuit Engeland. Woonwa-kopers kry dus ’n eerstehandse ervaring op die vertoonvloer, want CARA-CAMP het te alle tye nuwe voorraad sodat jy die spreekwoordelike appels met appels kan vergelyk. Dis ook waar Arnold potensiële nuwe woonwa-eienaars verstaan, want “jy kan nie verkoop wat jy nie kan wys nie”. Die wêreld het saam met die Covid-19-pandemie verander, maar die kampeerbedryf en buitelewemark ervaar ’n ongekende oplewing. Waar beter kan jy jou tyd spandeer as saam met jou mense in die natuur? Dit spoel natuurlik oor na die woonwamark want ’n goeie driekwart van CARA-CAMP se verkope leun na woonwaens vir grondpad en die bos.
CARA-CAMP se werkswinkel is 100% gerat om om te sien na al die nodige dienste en herstelwerk van die handelsname op die vloer. Om die waarheid te sê, die werkswinkel spog met vyfster-toekennings danksy kundiges wat nie terugstaan vir uitdagings nie. Tweedehandse woonwaens vorm ook ’n beduidende deel van die onderneming. Dit sluit byvoorbeeld inruilings in, maar ook private eienaars wat ’n woonwa wil verkoop. Die LeisureWorld-winkel is die derde been van die besigheid. Dit wat jy nodig het om jou kamptyd geriefliker te maak, is hier op die winkelrak: van kampstoele en ligte regdeur tot slaapsakke en ys-vrieskaste waarmee jy geholpe kan raak. Woonwaens is ook nie net alles besigheid nie, en oor die jare heen het ’n hegte band tussen die grootste woonwahandelaar in die land, Loftus Caravan City in Randburg, en CARA-CAMP ontwikkel. Só word die land se twee grootste pole bedien waaruit kampgesinne die meeste kan put. WAT IS IN EN UIT? Die koop sluit CARA-CAMP as geheel in – personeelposte ingesluit – maar nie die perseel nie. KONTAK Arnold
021 852 8215 of
info@cara-camp.co.za
NUUS
Roosterlik, man! Meerdoelige kampgoed is altyd welkom, want dit beteken jy kan ligter reis. Carma Quip se splinternuwe Braaivoorskoot is omtrent ’n verkleurmannetjie. Dit is ’n voorskoot, maar ook bêreplek vir jou toeknyprooster, en dan het hy boonop twee kante: die een kant het ’n PVC-laag en die ander ’n poliësterstof met ’n kamoefleerpatroon op. Albei kante is in der waarheid twee lae met ’n opening aan die onderkant. Jou rooster – van tot 400 x 500 mm groot – pas mooi hierin en die gesukkel met ’n rooster wat jou kampgoed vuilsmeer, is iets van die verlede. Omdat die poliëster sy eie PVC-laag het, pas die rooster dus tussen hierdie twee plastieklae in sonder dat die olierigheid deursyfer of aan iets anders afsmeer. As jy dus klaar is met jou voorskoot, vou jy dit dubbel en die lus om jou nek word die roostersak se handvatsel. Omdat dit van PVC is, werk die voorskoot net so goed as jy byvoorbeeld vis skoonmaak of ’n grondseiltjie nodig het wanneer jy die woonwa se pap band moet omruil. Prys R495 (aflewering uitgesluit). Kontak 021 976 3924 of 082 3456 878 info@carmaquip.co.za carmaquip.co.za
Mobi skuif Malmesbury toe Mobi Lodge, met sy hoofkantoor en fabriek op Middelburg, het skaars twee jaar gelede ’n vertoonlokaal en dienssentrum in Kaapstad geopen. Die tak staan as Cape Mobi Adventure bekend. Die hele sentrum skuif nou Malmesbury toe. Die nuwe perseel én vertoonlokaal is groter, verduidelik Reghardt Jansen Van Vuuren, mede-eienaar. “Ons is net 50 km van Kaapstad af, maar steeds naby ons klante op plekke soos Citrusdal, Riebeek-Wes, die Paarl en Worcester.” Adres Industrie-singel, Malmesbury. GPS S33.471421 E18.715053 Kontak 082 322 8325 mobilodge.com > 20 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Die Truma is hier As jy in die mark is vir ’n dakgemonteerde lugreëlaar, het die toebehore-invoerder Parasol nou nóg ’n keuse. Die Duits-vervaardigde Truma is reeds beskikbaar in lande soos Engeland, Italië en Swede – regdeur tot China en Amerika – en kom ook Suid-Afrika toe. Die eenheid is bedoel vir voertuie soos ryhuise of woonwaens met ’n vaste dak, en afhangend van die spesifieke model weeg dit 27,5-33kg. Die drie modelle, Aventa Comfort (8 200 BTU), Aventa Compact (5 800 BTU) en Aventa Compact Plus (7 500 BTU) werk al drie met 230 V-krag. Die Comfort verhit en koel af teen onderskeidelik 1 700 W en 2 400 W, terwyl die ander twee net afkoel teen 1 700 W en 2 200 W. Afhangend van die model staan die buite-eenheid 248265 mm hoër as die dak, met die binnepaneel van al drie wat net 46 mm uitstaan. Parasol doen installasies, maar jy kan ook net die eenheid bestel en dit self laat installeer. Prys Compact R46 587, Compact Plus R51 154 en Comfort R54 872. Kontak parasolsa.co.za
LEATHERMAN PROMOSIE
PAS JOU LEATHERMAN OP
Leatherman Tools se waarborg van 25 jaar is ongekend. Lees hier wat dit alles insluit.
As jy ’n stuk gereedskap van Leatherman Tools koop, weet jy dat jy dekades lank op jou toerusting sal kan staatmaak. Dit beteken egter nie dat jy jou Leatherman roekeloos kan behandel en die maatskappy vir die herstelkoste verantwoordelik mag hou nie. In die verlede het Leatherman onderdele vervang en toerusting gediens ongeag of die skade deur die waarborg gedek is of nie. Dit het ongelukkig tot die wanindruk gelei dat alle skade aan ’n Leatherman deur die waarborg gedek word. Slegs defekte in materiaal en vakmanskap is geldige eise. Alle ander breekskade – onvoorsiene of gevolgskade – word nie deur waarborg gedek nie. Ongelukkig beteken dit nie dat Leatherman ’n stukkende stuk gereedskap outomaties sal vervang nie, veral omdat Suid-Afrikaners nogal rof is met hulle Leathermans. Leathermans word gebou om te hou, maar as die gereedskap breek weens ’n defek in die materiaal of vakmanskap, word jou Leatherman deur ’n waarborg van 25 jaar ondersteun.
WAT BEHELS DIE 25-JAARWAARBORG?
¡ Die waarborg dek slegs gereedskap wat vir persoonlike gebruik gekoop word. Dit dek nie grootmaat-aankope of gereedskap wat op veilings, doeane-uitverkopings of vlooimarkte gekoop word met die doel om die gereedskap te herstel en te herverkoop nie. ¡ Die waarborg dek slegs die oorspronklike of primêre eienaar en dek nie misbruik, modifikasie, diefstal, verdwyning of enige ander onredelike gebruik van die stuk gereedskap nie. ¡ Die waarborg dek nie bykomstighede soos skedes, hulse, kleurlae, afwerking, die skoonmaak en slyp, of roes in nie. Leatherman Tools is nie verantwoordelik vir stomp lemme, vuil gereedskap, brandskade of sweisskade aan die gereedskap nie. ¡ Leatherman is nie aanspreeklik vir toevallige of gevolgskade nie. ¡ Hierdie waarborg dek slegs produkte wat by ’n gemagtigde handelaar gekoop is, en ’n koopbewys kan gevra word. ¡ Kies ’n versekerde en naspeurbare afleweringsdiens wanneer jy jou gereedskap instuur. Leatherman Tools kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir produkte wat per pos gestuur word nie. Gaan na die waarborgafdeling op www. leatherman.co.za vir meer inligting.
VLYMSKERP EN SILWERSKOON
Van tyd tot tyd stuur eienaars hulle Leathermans na ons om die lemme te slyp, die gereedskap te diens of dit ’n goeie skoonmaaksessie te gee. Leatherman lewer hierdie diens met liefde teen ’n minimale koste. Die maatskappy doen ook sy bes om gereedskap te herstel tot ’n “werkende toestand”, en nie noodwendig tot “nuut” of “soos nuut” nie. Die volgende dienste word gelewer by die dienssentrum in Kaapstad: ¡ Standaarddiens Leatherman sorg dat jou stuk gereedskap in die bes moontlike toestand is deur die onderdele afsonderlik skoon te maak, te olie en te slyp. Eienaars word egter aangemoedig om die instandhoudingswenke tuis te volg sodat hulle nooit sonder hulle Leathermans hoef te wees nie. ¡ Herstelwerk Stukkende gereedskap word herstel en net die koste van die onderdele word van jou verhaal indien die skade nie deur defektiewe materiaal of vakmanskap veroorsaak is nie. As onderdele nie beskikbaar is nie omdat daardie Leatherman nie meer gemaak word nie, sal die maatskappy vir jou volgens sy eie diskresie afslag aanbied op ’n vergelykbare model. Wees verseker as ’n Leatherman breek, die maatskappy dit sal herstel.
www.leatherman.co.za
NUUS
Grenadier is om die draai
Chery Tiggo staan op Die Chinese motormaatskappy Chery begin met ’n hernude aanslag op Suid-Afrikaanse harte met die oulike Tiggo 4 Pro. Dit is Chery se eerste produk ná ’n afwesigheid van drie jaar. “Die Tiggo 4 Pro gaan een van die gevorderdste kompakte sportnutse wees, maar met een van die mees mededingende pryse in sy klas,” sê Tony Liu, uitvoerende adjunkhoofbestuurder van Chery Suid-Afrika. “Boonop is Suid-Afrika die eerste land ter wêreld wat die regterstuurmodel kry.” Motorjoernaliste het einde Oktober die kans gekry om die Tiggo 4 Pro by die Gerotech-toetsbaan in Gauteng te ry onder beperkte toestande, maar Chery het geswyg oor die prys. Die standaardmodel is beskikbaar met ’n 1,5 ℓ-petrolenjin en ’n vyfspoedhand- of CVT-tipe outomatiese ratkas. Kraglewering is 85 kW en die wringkrag 141 Nm. ’n Turboaangejaagde weergawe is ook beskikbaar met ’n sesspoed-hand- of CVT-ratkas – sy syfers is onderskeidelik 108 kW en 210 Nm. Ondanks die “4” in die naam is die Tiggo 4 Pro nie vierwielaangedrewe nie. Kontak chery.co.za 22 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
In Augustus 2020 het ons geskryf oor die INEOS Grenadier 4x4 wat die geestelike plaasvervanger vir die vorige Land Rover Defender gaan wees – dít teenoor die amptelike nuwe Land Rover Defender wat ’n sekere mate van onenigheid onder Landie-entoesiaste veroorsaak. INEOS het in September aangekondig die Grenadier is beslis op pad na Suid-Afrika, en Tim Abbott gaan die sweep klap in Afrika suid van die Sahara. Die maatskappy het ’n vennootskap aangegaan met die SMH-groep in Gauteng en die SMG-groep in Kaapstad en Durban om vertoonsale en werkwinkels vir die Grenadier namens INEOS te bestuur. INEOS het ook hande gevat met Bosch, wat diensstasies reg oor Afrika bedryf. Dié werkwinkels is gewillig om die Grenadier te diens en herstel, en onderdele behoort binne 24 uur by enige Bosch-diensstasie ter wêreld afgelewer te word. INEOS hoop dat die meeste van sy klante uiteindelik nooit verder as 50 km van ’n naaste dienssentrum sal wees nie. Diegene wat al lankal lippe aflek vir die Grenadier, het reeds op 30 September 2021 hulle bestelling geplaas, en laatslapers wat nog wik en weeg, kon van 14 Oktober af belangstelling toon op INEOS se webwerf. Toetsritte vir die Suid-Afrikaanse media begin eersdaags, en die eerste aflewerings aan Suid-Afrikaanse klante begin in Julie 2022. Pryse vir die Grenadier was teen druktyd nog nie finaal nie, maar Tim reken dit behoort rondom R1 400 000 te wees. Dis ’n prys wat heelparty Landie-eienaars nie kan bekostig nie, maar dis ook betreklik laag as ’n mens in ag neem dis ’n eiesoortige ryding van ’n private maatskappy wat die ontwikkelingskoste moet vereffen. En ja, Tim het aan ons bevestig dat ’n bakkieweergawe beslis oorweeg word, maar eers nadat die stasiewa sy voete gevind het. INEOS is ’n internasionale petrochemiese maatskappy met sy hoofkantoor in Brittanje, en die Grenad word in ’n voormalige Mercedes-Benzaanleg in Hambach, Duitsland, gebou. Kontak ineos.com
Tim Abbott
Vir veldavonture of vir die stadsgewoel – RHINOMAN XPEDITION KAPPIE is vir jou bakkie gemaak Volle voertuiggraad-aluminium Geïntegreerde lugvloei-opening Afhaalbare meeuvlerkdeure Stofbestande selfdesleutel-slotte Gebinde, versterkte glas Geïntegreerde agterrem-lig 2-jaar-vervaardigerswaarborg Uitgedrukte dakstawe – standaard
+(2 7) 10 0 10 0 0 6 0 | sa les @ rh in om an .co.za | w w w.r hinoma n. co. za Beskikbaar by:
NUWE KAMPGOED
TONGA 1
DieTonga se nuwe klere Die vervaardiger Tojem het sy klein veselglaswoonwa vernuwe – en nou spog die Tonga met ’n heel nuwe baadjie, sê Leon Botha.
D
ie Tonga het in 2019 die lig gesien, maar die Kaapse vervaardiger Tojem het pas dié klein kampwa se bakwerk heeltemal vernuwe. Dit bestaan steeds uit veselglas, maar die panele is versterk, en jy kry ook nou heelwat meer kaste.
Wat is anders? Die opsigtelikste verandering is die kleur. Die houtskool kleur het plek gemaak vir beige en grys. Die ontwerp van die stoepdak se houer – wat bo-op die dak sit – is ook verander sodat dit meer by die dak se profiel inpas. Die stoepdak self het nie meer oorstaankante wat amper tot by die grond strek nie, maar is meer van ’n standaard 270°-seildak wat van die agterdeur tot by die neus strek.
In die neus is nou ’n 30 ℓ-koelboks, en die kas langsaan, waar ’n ys-vrieskas pas, is groter. Pleks van net ’n 40 ℓ-ys-vrieskas is hier genoeg plek vir ’n 60 ℓ-model. Soos met die vorige model lig die hele stertkant boontoe, en hieruit slaan ’n tent uit. Die tent is heeltemal herontwerp: Pleks van die buitenste veerlatte kry dit ’n paalraam aan die binne-
24 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
kant. Hierdie raam vou saam met die tent op en pas dan in die deur se binnekant. ’n Deksel pas hieroor om alles mooi in plek te hou. Die deksel doen egter ook diens as ’n los kamptafel – dis ’n nuwe toevoeging. Die tent se twee sye kan heeltemal wegrits ingeval jy meer toegang van albei kante wil hê.
Die tent dien ook as ’n aantrekkamer, en hier is genoeg plek vir ’n los driekwartbed – net reg vir twee klein kinders. Aan die binnekant is heelwat meer kaste bygevoeg. Dit sluit kaste in teen die dak by die hoeke – ’n slim gebruik van beperkte ruimte. Die 35 ℓ-watertenk staan by die deur links en jy maak hom
R175 000
Tonga 1
BVM 750 kg
2 van die mededingers
Klein veselglaswoonwaens (teardrops uitgesluit)
R144 000
Sherpa Tiny Lite
Ongerem, 220V-kragstelsel, BVM van 750 kg en 13”-wiele.
R218 000
Badger Lite
Toegerus met remme, ’n 12V/220V-kragstelsel en 14”-wiele. Die BVM is 950 kg.
van buite af vol en sy kraan is onder by die onderstel. Die Tonga is in twee variante beskikbaar: Die Tonga 1, en die Tonga 2 met ’n buitekombuis. Die Tonga 1 is wel só ontwerp dat dit tot ’n Tonga 2 opgegradeer kan word. Die standaardmodelle is ongerem met ’n brutovoertuigmassa van 750 kg, maar jy het ook die www.weg.co.za
opsie van remme – wat die BVM opstoot tot 900 kg of 1 600 kg.
Wat is standaard? Die volgende is ingesluit: voorste venster, tent, los tafel, 270°stoeptent met houer, koelboks, watertenk, al die binnerakke, opslaanmatras en noodwiel. Die Kragstelsel en glyraam vir die ys-vrieskas is opsioneel.
SPESIFIKASIES Model..................................................................................................... Tonga 1 Slaapplek .......................................................................................................2-4 Lengte..........................................................................................................4,2 m Breedte..................................................................................................... 1,92 m Hoogte...................................................................................................... 2,04 m Wiele................................................................................................................ 15” Tarragewig ............................................................................................. 520 kg Dravermoë.............................................................................................. 230 kg BVM............................................................................................................ 750 kg Standaardprys ................................................................................ R175 000 Kontak .... 021 945 2142 tongasa.com admin@tongasa.com Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 25
NUWE KAMPGOED
Verder
BUSHWAKKA BHOMA FARGO
met die Fargo
Bushwakka het sy reeks uitgebrei met ’n variant van die Bhoma-model – wat aan kampgesinne nou ’n nóg groter keuse bied, sê Leon Botha.
B
ushwakka se boswoonwaens is uniek omdat hulle nie die tradisionele ontwerp volg nie. Die kombuis is byvoorbeeld nie in die linkerkant ingebou nie, maar aan die stertkant, waar jy ook inklim. Boonop is dit ongewoon om te sien dat nie een van die bestaande Bhoma-model se twee beddens oor die disselboom uitslaan nie, maar uit die sypanele. Dit geld ook vir die nuwe Bhoma Fargo wat nou sy verskyning gemaak het. Die romp én onderstel word van 3CR12vlekvrye staal gebou, wat beteken jy hoef jou nie ’n dag te bekommer oor roes nie. Dis ook taai wat die materiaal se sweiseienskappe betref, veral op plekke wat skokke en vibrasies moet trotseer.
Wat is waar? Om die deur oop te maak moet jy eers die kombuis – in die vorm van ’n vierkantige kas aan die agterkant – regs uit die pad swaai. Die werkblad slaan dan plat met die gasstoof wat links versonke is. Al die kassies is agter die blad vir die kruideniersware, maar huisves ook die sponsvorm met die borde en glase. Twee kassies is links van die deur en verskil 26 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
van die standaard-Bhoma. Die inlyn-geiser wat hier gemonteer was, is nou links om die hoek. Op die Fargo bied hierdie twee kaste bo mekaar byvoorbeeld plek vir ’n klein yskas (40 ℓ) onderlangs wat kan dien as jou “tweede” yskas hier by jou in die kombuis. Die groter ys-vrieskas staan steeds op sy glyraam aan die voorkant van die Bhoma. Jy het dus nou ’n geleentheid om die voorste yskas meer as ’n vrieskas te gebruik en die agterste een as die yskas. Met die gasgeiser om die hoek pas die los raam met die skottels en droograk hier onder dit in waar jy die skottelgoed kan staan en was. Met die eerste oogopslag verskil die twee Bhomas se neus die meeste. Die standaardmodel het ’n meer hoekige vorm, terwyl die Fargo sterk trek na Bushwakka se Sundowner EVO-model met sy vaartbelynde neus. Die standaard-Bhoma het twee koningsgrootte beddens, maar op die Fargo is die linkerbed afgeskaal tot ’n dubbelbed omdat die geiser in die linkerpaneel nou van die plek in beslag neem. Maar jy slaap in die lengte, wat beteken niemand klim oor mekaar nie. Op die punt van die gang – tussen die twee beddens – bly die kaste onveranderd. Ook die blad waarin ’n gesigwasbak kan pas.
R575 000* SPESIFIKASIES Model ....................................................................................................................................................Bhoma Fargo Slaapplek .................................................................................................................................................................... 4 Lengte..............................................................................................................................................................4,531 m Breedte............................................................................................................................................................1,991 m Hoogte.............................................................................................................................................................2,163 m Wiele...........................................................................................................................................................................15” Tarragewig ................................................................................................................................................... 1 277 kg Dravermoë .......................................................................................................................................................623 kg BVM.................................................................................................................................................................. 1 900 kg Standaardprys .................................................................................................................... (plaaslik) R575 000 Kontak .................................. 023 342 3438 bushwakka.co.za marketing@bushwakka.co.za
BUSHWAKKA BHOMA FARGO
BVM 1 900 kg
Ander waens van metaal met twee uitslaanbeddens
R425 000** Afrispoor Cheetah
4 sleeper
BVM 1 500 kg
Gegalvaniseerde onderstel met ’n romp van vlekvrye staal en aluminium.
R383 985* Bush Lapa Miskruier BVM 1 500 kg Vlekvryestaal-onderstel met vlekvryestaalen-aluminiumromp.
Wat is standaard? Van die standaarditems sluit in: ’n 2,5 t-as met inloopremme, 2,2 t- bladvere, swaardiens Gabriel Safari-skokbrekers en 250 mm-wieldromme; die aluminium wasbakraam met die rak en skottels; volledig toegeruste kombuis; 4,5 kg-gassilinder; 12V/220V-kragstelsel wat die 125 Ah-AGM Super Cycle-battery en Victronlaaier insluit; 150 ℓ aluminium-watertenk met pomp; gasgeiser en die 360°-tentdak. www.weg.co.za
Die ellelange lys van opsionele ekstras sluit in ’n tweede 125 Ah-battery (R7 950); laaistelsel vir die battery terwyl jy sleep (R2 500); opslaanbraai van vlekvrye staal met sak (R2 500); 90 ℓ-National Luna Legacy 50/40-ysvrieskas (R12 550); losstaande storthokkie met gaasvloer (R2 950); vlekvryestaal-binnewasbak met krane en spieël (R5 950) en vir daardie ekstra gerief die HB-9000 BTU-onderbanklugreëlaar (R23 500).
R245 000*
Jaguar Inkwe-4
BVM 1 600 kg
Vlekvryestaal-onderstel met vlekvryestaalen-aluminiumromp. * Standaardprys ** Volledig toegerus
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 27
NUWE RYGOED
BAIC B40 PLUS
Veldryvoertuie is duur, veral as jy nuut koop. Cyril Klopper ontdek dat China die beste eienskappe van ander motors in een pakket saamvat – en dit teen ’n mededingende prys aanbied.
28 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
D
ie Chinese motorvervaardiger BAIC (uitgespreek nes die Engelse woord “bike”) – of dan Beijing Automotive Industry Holding Co – het op 13 Oktober die B40 PLUS, ’n kompakte sportnuts, naby Hartbeespoort bekend gestel. Die B40 PLUS, in ander lande ook bekend as die BJ40, word sedert 2013 vervaardig deur dié motormaatskappy wat in staatsbesit is, maar het nou eers sy pad na Suid-Afrika gevind. Ons kan net raai hoe ontevrede Jeep met BAIC moet wees, omdat die B40 PLUS skaamteloos by die Wrangler steel, veral wat betref die stilering van die bakpanele. Daar is egter geen salf te smeer aan Jeep se vermoedelike griewe nie, omdat BAIC en Jeep in ’n stadium aangetroude familie was nadat DaimlerChrysler en BAIC saam in die kooi geklim het – die familiestamboom is egter té ingewikkeld om hier te verduidelik. Kortom: Die BAIC B40 PLUS herinner buitelangs aan ’n Wrangler,
die binneruim is pure MercedesBenz, en sy enjin kom uit ’n ou Saab, van alle dinge. Later meer daaroor.
Wat het ons hier? Die BAIC B40 PLUS is ’n veldryvoertuig met vier passasiersdeure en deeltydse viertrek met ’n agterste ewenaarslot en laestrektratte. Hy het onafhanklike voorvering met kronkelvere en ’n vaste agteras, ook met kronkelvere. Die 2 ℓ-enjin, die B201R, is oorspronklik in 1981 deur die Sweedse motorvervaardiger Saab ontwikkel, en BAIC het die tegnologie in 2009 by General Motors, in daardie stadium Saab se eienaar, gekoop en verder ontwikkel. Ons sê mos die stamboom is ingewikkeld! BAIC se enjin is beskikbaar in petrol óf diesel en lewer onderskeidelik 160 kW en 110 kW – aansienlik meer as toe dié meultjie destyds onder die Saab 90 (107 kW) se enjinkap vasgebout was. Die B40 PLUS is beskikbaar in
SPESIFIKASIES Model .......................................................................................... B40 PLUS Diesel Enjin .............................................................1 999 cc, viersilinder-turbodiesel Krag ....................................................................................110 kW @ 4 000 r.p.m. Wringkrag......................................................................350 Nm @ 1 800 r.p.m. Ratkas......................................................................................... 6 spoed-handrat Tenk.......................................................................................................................75 ℓ Gewig .......................................................................................................... 2 140 kg Bagasieruim.................... 532 ℓ (met agtersitplekke platgeslaan 965 ℓ) Nader- en vertrekhoek...................................................................37º en 31º Grondvryhoogte ................................................................................... 210 mm Wielgrootte ........................................................................................ 265/65 R17 Veiligheidsgradering..................................................................... Onbekend Waarborg................................................................................ 5 jaar/120 000 km Diensplan (opsioneel).......................................................... 4 jaar/60 000 km Prys............................................................................................................ R549 500
petrol (1 981 cc) of diesel (1 999 cc), handrat of outomaties, en drie afwerkingsvlakke: die basismodel gevolg deur die City Hunter en Champion. Al die weergawes beskik oor allewielaandrywing.
Buite en binne Soos ons vroeër genoem het, is daar duidelike trekke van die Jeep Wrangler. Die B40 PLUS se dak kan verwyder word, nes die Jeep, en die agterdeur maak op dieselfde
manier oop en toe. Die Wrangler is egter effens langer (4,88 m) as die B40 PLUS (4,64 m). Wat gewig en breedte betref, is hulle omtrent dieselfde, maar die Jeep spog uiteraard met ’n bul van ’n V6enjin terwyl die B40 PLUS ’n meer beskeie 2 ℓ-viersilinder het. Die B40 PLUS se binneruim is pragtig met vrolike kleure en mooi instrumentasie wat so reg uit ’n Mercedes-Benz kom, maar net ouliker. Ons glo nie Daimler is hieroor omgekrap nie omdat BAIC en Daimler aandele in mekaar se maatskappye gekoop het. Wat die tegnologie betref, kry jy sluitweerremme, remkragverdeling en ’n elektroniese handrem standaard. Die City Hunter- en Champion-model kry vastrapbeheer, stabiliteitsbeheer, remkragversterking en elektroniese hulpmiddels wat jou teen steiltes op en af help.
Hoe lyk sy mededingers? Dit is moeilik om te bepaal met wie die B40 PLUS meeding. Ja, seker die Jeep Wrangler, maar dit voel net nie reg om hulle teen mekaar op te weeg nie, want die Wrangler is aansienlik duurder en heelwat luukser. Dalk die Suzuki Jimny? Jy kan ook nie hier ’n regverdige vergelyking tref nie, want die Jimny het slegs twee passasiersdeure, ’n kleiner enjin en ’n beteuterde bagasieruim van 113 ℓ teenoor die B40 PLUS se 532 ℓ. Die Jimny se kordater afmetings tel egter in sy guns op ’n veldrybaan. En wat van die Mahindra Thar? Dalk – hy kos net die helfte van die B40 PLUS, maar hy is stokoud en hy’t net twee sitplekke! Ons wys hieronder die “mededingers”, maar dié Chinese “Jeep” speel eintlik in sy eie sandput danksy sy mededingende prys en luukse pakket.
Van die mededingers Kompakte veldryvoertuie wat soos ’n Jeep lyk... plus ’n regte Jeep!
R285 000
Mahindra Thar 2.5 CRDe 4x4
Lekker prys en hy’s so na as dêmmit aan ’n oorspronklike Willys Jeep, maar ’n nuwe een is op pad. www.weg.co.za
R313 900
Suzuki Jimny 1.5 GA
Dis ’n goeie prys vir ’n egte viertrekvoertuig met laestrekratte, maar jy sukkel om vier mense in hom te laai.
R799 900
Jeep Wrangler Sport
Hy kos ’n kwartmiljoen meer as die B40 PLUS, maar Jeep-aanhangers sal nie twee keer dink nie. Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 29
KAMPBESTEMMING
Tuis in die Tuinroete Kom George toe, want hier kan jy teen die berghange óf by die see asem skep Teks en foto’s Leon Botha
’N PLEKKIE BY DIE SEE. Victoriabaai is enkele kilometer van George af. Hier is net 13 huise, maar die munisipale kampplek het 38 staanplekke waar jy jou by die see kan inrig. 30 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
D
ie Tuinroete is bekend vir gewilde wegkomplekke soos Knysna, Wildernis en die Tsitsikamma. Maar moenie van George vergeet nie: Dit is ná Kaapstad die grootste stad in die Wes-Kaap, en van hier af kan jy binne ’n radius van 15 km afsaal by van die mooiste kampplekke in die land. George lê aan die voet van die Outeniquaberg. Teen die hoër grond is ’n splinternuwe kampplek waar jy deur al die groen van die omgewing omring word. ArendsRus is op die rand van die laaste ontwikkelings uitgelê van waar die Outeniqua die hoogtes inskiet. See se kant toe kronkel ’n smal teerpad deur ’n paar beboste koppe af tot
by Victoriabaai. Hierdie staanplekke teen die laaste kop voel soos ’n balkon met die beste uitsig oor die baaitjie. Wat ’n heerlike blaaskans!
ARENDSRUS Plaas toe!
dat dit nou pure plaas is, is die grondpad waarop jy ry. Soos ’n mens verwag, is hy sinkplaat gery – vat dit net stadig met jou padwa, want die kampplek vergoed dubbel en dwars daarvoor. >
Skaars 5 minute buite George, net verby die wêreldbekende Fancourt-gholflandgoed, los jy die gewoel van die stad agter jou. Hierdie is duidelik plaaswêreld. Regs van jou is ’n aarbeiplaas en dan volg troppe skape en beeste wat in die groenste veld staan en wei. Nóg ’n teken
na Oudtshoorn N12
R328
na Uniondale N9
N9
Bonnievale
ArendsRus R404 R102
R328
N12 N2
George Victoriabaai
N2
Hartenbos N2
www.weg.co.za
Mosselbaai
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 31
KAMPBESTEMMING Dit is in elk geval net ’n kilometer voordat jy op ’n smaller grondpaadjie afdraai. Dié pad van 1,8 km is heel begaanbaar maar smal, en as jy iets sleep, geniet jy ryvoorrang, want twee karre gaan nie verby mekaar pas nie. Moet ook nie verbaas wees as jy ’n trop melkkoeie kry wat die pad oorsteek en jou laat wag nie. Regs is nog ’n laaste hoenderboerdery voordat jy ArendsRus binnery. Van hier af strek ’n tuin met lieflike grasperke voor jou uit. Die kantoor is 300 m verder. Moenie links afdraai na waarheen die kantoorbordjie wys nie, want dit loop dood in ’n parkeerplek voor die kantoor. Net ná die afdraai wys ’n bordjie “Campsite check-in slipway” – dis ’n gang links van die pad waar jy met jou sleepkombinasie kan intrek en oorstap kantoor toe. Terwyl jy hier aftrek, laat die kinders solank bene rek en saam loop tot agter die kantoorgebou waar die verhitte swembad met bankies langsaan wag. Saam met die sleutels wat jy kry vir jou eie badkamer, is ’n afstandbeheer van die kampterrein se elektriese hek. Die kamp het ook ’n elektriese heining om. Die kampopsigter, Janick Kees, ontvang gaste met ’n hartlike glimlag. Die kampterrein lê nou in die lengte weg van jou af, berg se kant toe, en bestaan uit verskeie terrasse met grasperk. Heel regs is ’n klompie terrasse waar kampeerders in gelid langs mekaar opslaan, maar die terras links hiervan is een lang strook gelyk gras. Dit is ook hier waar drie geboue ’n ent uitmekaar staan. Elkeen van die geboue het vier badkamervertrekke wat op hulle beurt aan elk van die 12 staanplekke toegeken word. Die inrypad loop met ’n wye sirkel om die terrasse met nog enkele staanplekke op albei die verste punte. As jy nou omdraai met jou rug na die berg toe, is die uitsig oor die vallei skouspelagtig. Doer in die verte sien jy hoe die vliegtuie van die George-lughawe af opstyg, maar rondom jou is dit rus en vrede. Die eienaars laat ook geen musiek toe nie. Iets waarsonder ArendsRus óók is, is koeltebome op die staanplekke – sorg dus dat jy voorbereid opdaag. >
STIL-STIL. ArendsRus is nuut en net die plek waar jy en jou mense in die natuur kan ontspan. Van die kampplek af kyk jy uit oor die vallei met die Outeniquaberg agter jou – hier is ’n paar staproetes waaruit jy kan kies. 32 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Die kampterrein lê nou in die lengte weg van jou af, berg se kant toe, en bestaan uit verskeie terrasse met grasperk.
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 33
KAMPBESTEMMING
Janick beduie jou tot op die staanplek wat aan jou toegeken is. Dit voel omtrent of ’n mens by ’n hotelkamer inboek, want hy wys jou met groot ywer wat op jou staanplek aangaan: Daar’s ’n regop paal met ’n nommer daarop – en dit vorm omtrent die spilpunt van jou staanplek. Die driepuntsokke en stroombrekers plus die lig met sy skakerlaar is hierteen vasgesit. Onder is twee krane, elk met ’n bordjie daarnaas: “White water (drinking)” en “Brown water (washing)”. Albei die krane het selfs passtukke sodat jy ’n tuinslang kan koppel. Jou braaidrom staan los en lyk soos die binnekant van ’n geiser wat middeldeur gesny is. Op die een kant is ’n klein rakkie, en binne-in pas ’n los rooster. Die boonste helfte van die drom swaai op sodat jy kan braai, en vorm ’n deksel as jy klaar s. Jy sou dink hy weeg ’n ton, maar twee kinders kan hom maklik nader dra. Janick erinner jou ook dat jy die kole moet blus voor jy inkruip, want as die wind uit die aap se kant opsteek, waai hy glo dat die onde huil.
WATERTRAPPIES. Sowat ’n kilometer en ’n half se stap van die kampplek af kan jy sien waar ’n stroom oor ’n paar lae rotsbanke loop. Dit verg nie veel klimwerk nie en is selfs maklik genoeg vir kinders. 34 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Laastens sluit Janick die badkamer oop. Hierbinne is jou gesigwasbak met ’n spieël, toilet en ruim storthokkie agter ’n glasdeur. Daar’s selfs ’n regop oop kas met hokkies waarin jy van jou badkamergoed en klere kan pak. ’n Mens is al gewoond aan buierige gasgeisers, maar dié verdien ’n pluimpie. Die hitte van die water verstel maklik sonder om jou te laat ronddans onder sporadiese warm of koue water. Die wasbak vir skottelgoed is langs die deur buite, maar hier is nie pakplek vir jou skottelgoed nie. Dra dus jou kamptafel nader om dit geriefliker te maak. Langs die skottelgoedbak is jou vullisdrom en die brandblusser. Net om die verte in te staar van jou kampstoel af is prysloos, maar hier is ook ’n paar wandelroetes as jy meer van die omgewing wil ervaar. Vra Janick vir die staproetekaarte. Jy kan byvoorbeeld kies
tussen die Bushman-, Woody- en Tour de Niqua-roete. Hulle is onderskeidelik 3,5 km, 4,4 km en 8,2 km lank. Al die roetes loop die berg uit en jy volg die pad verby die kampplek tot waar jy teen die berghange uitstap. Hierdie roetes maak ’n sirkel teen die berg voor jy terugkeer, maar as jy lus is vir ’n vinnige stap heen en weer, gaan kyk gerus na die waterval. Dis op die Tour de Niqua-roete, maar net oor die 3 km heen en weer. Die Koesterbosrivier met sy “teewater” maak ’n vlak stroompie oor die grondpad waarna dit oor verskeie klipbanke spoel. Pak die piekniekmandjie en laat die jong klomp van hulle energie ontslae raak – ’n beter parkie in die natuur kry jy nie sommer nie. As jy sukkel om die kroos om te praat vir die staptog, gebruik die gratis wifi as lokaas vir wanneer julle terug is. Die sein is op al die staanplekke beskikbaar. >
Kortliks | ArendsRus
Kampplek 12 staanplekke op verskeie grasterrasse sonder koelte. Ablusiegeriewe Jou eie badkamer. Afhangend van jou spesifieke staanplek kamp jy reg langs jou badkamer óf ’n entjie daarvandaan. Prys Afhangend van die seisoen R200 of R250 p.p.p.n (halfprys vir kinders 4-12 jaar; gratis vir o.4’s). Hoogstens 6 mense per staanplek. Aankoms- en vertrektyd 13:00-20:00 en 07:00-11:00. Kontak 044 050 0256 arendsrus.co.za info@arendsrus.co.za Naaste dorp George 11 km. Hoe lyk die pad? Die laaste 2,8 km is ’n grondpad waarvan ’n kilometer sinkplaat gery is. Dis nietemin geskik vir ’n gewone padwa, mits jy dit stadig vat. GPS S33.927847 E22.323430 Ry & Sleep sê Jy mag tot twee klein hondjies saambring ArendsRus toe. As jy ander diere het – byvoorbeeld ’n papegaai – moet jy vooraf toestemming vra.
SIEN JOU WEER. Die son groet oor die Outeniqua... en hier van jou kampverhoog af is dit nóg meer spesiaal. Dit voel of jy die son nog so ’n rukkie langer kan dophou voor hy ook gaan inkruip vir die nag.
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 35
KAMPBESTEMMING
VICTORIABAAI Waai na die baai Moenie verbaas wees as daar op die dag voor jou vertrek Victoriabaai toe laatmiddag ’n nuwe boodskap op jou foon deurkom nie. Dis Salvester Fredericks van die Victoriabaai-woonwapark wat ’n stemboodskap saam met ’n foto van stapels kameeldoringhout stuur. Jy kan solank ’n bestelling by hom plaas – en hy lewer dit af op jou vooraftoegekende staanplek. Vir 20 kg – dit is 30-35 stompe – betaal jy R150. Dit is ’n welkome aanbod, want wie het nog nié gesukkel met nat braaihout langs die kus nie? Victoriabaai self is omtrent net ’n baai, en buiten die restaurant, branderplank- en skulpieswinkel, is daar nie veel ander ondernemings nie. Vul dus jou kruideniersware aan op George, maar as jy iets vergeet het, is dit van Victoriabaai af net 6 km dorp toe. Nadat jy van die N2 afgedraai het, kronkel jy op die laaste 2,6 km tot teen die kus. Victoriabaai is veral bekend onder branderplankryers – moet dus nie skrik en dink jy is terug in die stadsgejaag as jy skielik op hordes geparkeerde
36 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
voertuie afkom nie. Dit is eerder ’n aanduiding dat jy nou digby die strand is waar die manne en vroue in die branders baljaar. Daar’s ongelukkig nie parkeerplek vir jou sleepkombinasie nie, en as dit jou eerste keer hier is, besef jy dit eers waar die pad doodloop teen die klein sirkel. Die kantoor is regoor die sirkel, maar laat iemand hier uitspring om in te boek terwyl jy verder terug parkeerplek soek. Victoriabaai se woonwapark is onder munisipale bestuur, en jy het twee keuses wanneer dit kom by staanplekke: dié met ’n eie badkamer en dié daarsonder. Maar ongeag jou keuse kry jy steeds ’n sleutel by die kantoor, want tussen die kampplek en die strand is ’n hekkie wat met ’n hangslot toegehou word. As jy jou eie badkamer het, kry julle ook daarvoor ’n sleutel. Hier is drie groepe kampplekke wat in terrasse opgedeel is. Soos jy aangery kom na die sirkel toe, is die Spoorweg-terras links teen die kop en die Seabreeze- en Westelike terras aan die oorkant, regs teen die kop. Spoorweg en Seabreeze het elk ’n gemeenskap-
WATTER HAAI? Die vrees vir haaie is algemeen onder baaiers, maar dis nie asof jou paaie elke dag met een kruis nie. Die owerheid is wel besorg oor die ouens, want hengelaars word gevra om nié haaie dood te maak nie. like badkamergebou, maar Seabreeze het nie die beste uitsig oor die see nie. Hierdie kamp word ook uitgehou vir groepe wat wil “kuier”. Die wennerstaanplekke is die Westelike terras met sy private badkamers – en van hier af het jy boonop ’n onverbeterlike uitsig oor die baai. Voor die Spoorweg- én Westelike terras is ’n skuifhek waarvoor jy ’n kode inpons om dit oop te maak. Seabreeze het ’n gewone hek met ’n slot. Op die Westelike terras is 20 staanplekke in gelid waarvan die eerste 14 se badkamers langs die staanplek is. Elke gebou bedien die twee staanplekke aan weerskante, maar die laaste staanplekke se badkamers is op die punt langs die laaste staanplek aangebring. Dis ’n gebou met verskeie badkamers waarvan elkeen aan ’n spesifieke staanplek toegewys word. www.weg.co.za
Die staanplekke is gelyk en hier is nie veel gras waar jy opslaan nie. En koelte is skaars. Aan jou rugkant is ’n hoë heining, en voor jou kyk jy oor ’n heuphoogte heining af see toe. Die strand is só naby jy kan die kinders dophou terwyl hulle in die branders baljaar. Elke staanplek het ’n verhewe vuurput met ’n los vullisdrom langsaan. Hier is geen ander braaigeriewe nie. Jou badkamervertrek is omtrent net ’n gang: Die toilet staan op die punt, die wasbak is in die middel, oorkant die deur, en die stort op die ander punt. Jy sal ook moet vrede maak met die stortgordyn, maar as jy ’n effense gaping aan weerskante los wanneer jy dit toetrek, pla hy jou minder. Die geriewe het al ’n paar myle op, maar is skoon en heel gangbaar, en die warm water kom uit ’n elektriese geiser.
Die opwasplek is aan die buitekant, en langs die gebou slaan ’n wasgoedlyn op vir jou strandhanddoeke. By die 10 Spoorweg-staanplekke kamp jy weerskante van die inrypad. Hulle het ook vuurputte, maar jy staan op ’n netjiese grasperk. Van hier af loer jy deur die heining af see toe, want dit het nie ’n lae kant nie. (Dit geld vir die helfte van die staanplekke, want die res is agter die voorste staanplekke ingerig.) Die badkamers is by die hek waar jy inry, maar die geriewe is effens afgeleef. Dis nietemin skoon en het private storthokkies. Die see is uiteraard die groot attraksie, en hiervoor moet jy teen ’n klomp trappies afloop wat digby die kantoor uitkom. Die strand is ongeveer 65 m lank met rotse aan weerskante. Langs die strand is > Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 37
KAMPBESTEMMING ’n lieflike lappie gras waar dagbesoekers saamdrom, en voor jou is hordes branderplankryers wat wag op die beste golf. Om die kinders verder besig te hou kan jy vir hulle die grot of Lands End gaan wys. Die grot is net verby die betonkeerwal bo die linkerkantse rotse. Dis ’n redelike diep inham en verg darem nie te veel klouterwerk nie. Van hier af het jy ’n mooi uitsig oor die kampplek en die straat wat verby die kantoor tot by die paar strandhuise net onder die Westelike terras loop. Dis Kusweg – en hier is 13 huise gebou. Die huis omtrent in die middel het die naam Black Pearl daarop met die datum 1919 daarby. Regoor Black Pearl is ’n hawehoof wat 30 m see-in loop en gewild is onder hengelaars. Die getypoel is links hiervan en hier is ’n kennisgewing opgesit wat vra dat hengelaars nie haaie moet doodmaak nie, maar ook nie haaie in die getypoel moet gooi nie. Die laaste huis – waar die straat doodloop – is Lands End. Op die muur oorkant dit is ’n klomp handafdrukke in beton met name soos Galen Hossack, David Pfaff en Leonard “Muscles” Giles. Volgens die naamplaatjies was hulle Springbok-branderplankryers. Hiernaas staan twee bankies met ’n plaatjie teen die rugkant van die een. Dit het ’n aanhaling op van die sanger Lucas Maree se liedjie “Victoriabaai”: Daar verdwyn die nag en word dit dag, daar kan ek my kop van kommer stroop, op my rots my troon vind ek hoop. Lucas is in 2011 oorlede en sy laaste wens was dat sy as hier op Victoriabaai gestrooi word. Dit is in dieselfde liedjie waar dit voel of Lucas sommer namens baie van ons praat: Ai, ek wens ek was nou daar.
38 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Kortliks | Victoriabaai
SEE TOE. Die klein strand is veilig vir oud en jonk, en ’n mens verkyk jou aan al die branderplankryers wat aanhoudend ’n volgende golf aandurf. Jy is verskoon as jy jou branderplank eerste inpak.
www.weg.co.za
Kampplek 38 staanplekke, opgedeel in 3 groepe waarvan 2 ’n onverbeterlike uitsig oor die see het. Ablusiegeriewe Oud en netjies. Party staanplekke het private badkamers; ander gemeenskaplik. Prys Afhangend van die seisoen en spesifieke staanplek R355-R710 p.n. per staanplek. Hoogstens 6 mense per staanplek. Aankoms- en vertrektyd 14:00 en 10:00. Kontak 044 889 0081 victoriabaycaravanpark.co.za vicbay@gardenroute.gov.za Naaste dorp George 6 km. Hoe lyk die pad? Teer tot op Victoriabaai. GPS S34.004073 E22.546636 Ry & Sleep sê Victoriabaai is gewild – jy sal vroeg moet spring om ’n staanplek te kry. Buite seisoen kry jy makliker plek.
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 39
4x4-BESTEMMING
Kom raak weg in
die Weskus Dis g’n wonder Weskusdorpe soos Yzerfontein en Langebaan is gewilde wegbreekplekke nie, want hulle is net ’n hanetree van Kaapstad af. As jy egter die ware Weskus in hart en siel wil beleef, moet jy heelwat verder noord mik. Teks en foto’s Evan Naudé
40 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
D
aar is ’n gesegde wat lui die Weskus is die Beskus. Die mense wat dié gesegde gebruik, is klaarblyklik nie lief vir tropiese strande vol blink lywe, sonsambrele en roomysverkopers nie. Hulle is ook nie gaande oor strandoorde, promenades of selfs warm seewater nie, want dié goed is skaars in die Weskus. Nee, jy raak verlief op die Weskus juis omdat dit ’n kuslyn is met ’n unieke – en soms rowwe! – karakter. Jy kan immers nie die Weskus beskryf sonder woorde soos snoek, kreef, bokkom en swartmossel nie. Jy sal ook moet vertel van die suidooster, bamboes en soutslaai. En jy moet die verskil tussen ’n visskuit en ’n viskuit kan verduidelik. Hierdie dinge is volop op plekke soos Tietiesbaai, Dwarskersbos, Papendorp en Hondeklipbaai. En hoe verder noord jy met die kuslyn reis, hoe meer ontdek jy ook Namakwaland se blomme, die Diamantkus se hawedorpies en die Richtersveld se klipwoestyn. Ja, die Weskus het beslis baie wat wag om ontdek te word, en daarvoor het jy meer as net ’n langnaweek nodig. Volg hierdie roete van die Kaap tot by die Namibiese grens om die héle Weskus van jou emmerskoplysie af te tik. >
NAMIBIË Alexanderbaai
Vioolsdrif
Port Nolloth
N14
Kleinsee
Springbok
Hondeklipbaai N7
Lutzville Doringbaai
Vanrhynsdorp
Lambertsbaai
Clanwilliam
Elandsbaai Paternoster N7
Yzerfontein
ATLANTIESE OSEAAN
N1
Kaapstad N2
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 41
4x4-BESTEMMING
Hou jou oë oop vir elande, rooihartbeeste of bergsebras langs die pad, swarttobies op die rotse langs die see en dolfyne en suidelike noorkappers agter die branders.
Mense stry soms oor waar die Weskus werklik begin: Net duskant Kaappunt se vuurtoring of eers anderkant Kaapstad se stadsgrens by Bloubergstrand? Of meet jy dit al die pad van Kaap Agulhas af? Hoe ook al, die Weskus se siel word eers tasbaar wanneer die stad se geharwar ver in jou truspieël verdwyn. By Ganzekraal, ’n munisipale kampeerterrein net 67 km buite die stad, voel jy dadelik verlos van die Metropool se besige sypaadjies en raserige verkeer. Dis ’n gewilde naweekbestemming vir die stadsjapies, maar as jy in die week kom kamp, is die kans goed dat jou tent die enigste een in die kamp sal wees. Die voorste ry kampplekke is feitlik teen die skulpiestrand en die geluid van branders teen die rotse is jou braaivuur se klankbaan. Dis die ideale wegspringpunt vir jou reis noordwaarts. Vou ’n kaart op jou toertrokkie se neus oop en kyk na die kuslyn aan die linkerkant. Deur die see vir sowat 1 000 km links van jou te hou kan jy ’n roete al langs die ganse kuslyn uitpluis. Aanvanklik vat die R27 jou na die Weskus- nasionale park, Paternoster en Velddrif voor jy die agterpaaie volg na Elandsbaai, Lam42 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
bertsbaai en Strandfontein. Anderkant Lutzville skiet ’n grondpad deur ’n wilde stuk kuslyn voor dit jou by die suidelike hek van die Namakwa- nasionale park uitbring. En anderkant die park loop daar kuspaaie van Hondeklipbaai af Port Nolloth en Alexanderbaai toe. Dit is hier, by die monding van die magtige Oranjerivier in die Atlantiese Oseaan, waar die Weskus uiteindelik ophou.
’n Besoek aan !Khwa ttu, ’n San-erfenissentrum langs die R27, is ’n goeie eerste aftrekplek op jou reis. Hierdie is nie jou gewone ou stowwerige museumuitstalling nie. Die tentoonstellings en kundige gidse vertel insiggewende stories oor die leefwyse van die Weskus se eerste bewoners. Die Weskus- nasionale park is net ’n hanetree verder langs die R27. As jy !Kwha ttu vroegoggend besoek, het jy die
WESKUSDINGE. Daar is sekere dinge wat onmiskenbaar Weskus is. Waar anders kry jy kuskampe, kreef, veldblomme, vissersbootjies en uitgestrekte, ongerepte strande?
dolfyne en suidelike noorkappers agter die branders. Onthou jou verkyker en ’n lang kameralens, want die voëlskuiling by Geelbek en Abrahamskraal is uitstekende plekke om in die namiddag te sit en wag vir flaminke, reiers en kiewiete. Die park is ook gewild vir die jaarlikse blommeskouspel in die lente. Vir die beste blomfoto’s, mik na die Postbergdeel van die park op die verste punt van die skiereiland – onthou, dis net in Augustus en September oop. Die noordelike parkhek bring jou vlak duskant die woonbuurte van Langebaan uit. Van hier af is dit skaars 56 km tot op die poskaartmooi dorpie Paternoster.
res van die dag om die Weskuspark te verken. Die park omvou die Langebaanstrandmeer, ’n Ramsar-vleilandgebied, en jy het dus ’n keuse tussen die wit sand en kalm waters van die meer by Kraalbaai of die koeler waters van die Atlantiese Oseaan by Tsaarsbank op ’n warm dag. Hou jou oë oop vir elande, rooihartbeeste of bergsebras langs die pad, swarttobies op die rotse langs die see en www.weg.co.za
Bring ’n dag of drie op Paternoster deur om die plek se Weskusmaniere te leer ken. Stap ’n draai op die lang strand voor die dorp en kyk in die namiddag hoe die vissermanne hulle vangs direk van hulle bote af verkoop. Eet vis-en-tjips vir middagete by die ou vismark en kreefstert vir aandete by een van die talle goeie restaurante op die dorp. Gaan loer in by die akteur en kunstenaar At Botha se gallery en maak ’n draai by die hotel se Panty Bar ’n ent verder in
die pad af. Wanneer die son begin sak, kan jy gaan kamp opslaan by wyle Pieter Pieterse se geliefde Tietiesbaai. Of doen dit met styl en bespreek ’n witgeverfde strandhuis teen die see waar jy op die stoep kan sit en kyk hoe die son agter die horison wegskuif. Skeur jou weg van Paternoster en verlaat weer die dorp met dieselfde pad as waarmee jy ingekom het. Wees egter op die uityk vir die afdraai op die rand van die dorp, langs die rugbyveld, en ry met dié grondpad tot op Stompneusbaai. Stompneusbaai sit aan die buitewyie van St. Helenabaai, ’n vissersdorpie wat deur Vasco da Gama genoem is na die Romeinse keiser Konstantyn se Katolieke moeder, Helena, toe hy in 1497 hier aangeland het. Ry terug na die R27 en draai noord in die rigting van Velddrif, ’n vissersdorpie langs die monding van die Bergrivier. Hier word een van die Weskus se bekendste eetgoed gemaak: bokkoms. Gaan maak ’n draai in Bokkomlaan – enige inwoner sal jou in die regte rigting kan beduie – en besoek een van die sogenaamde Bokkomhuisies waar harders gesout en uitgedroog word om bokkoms te word. > Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 43
4x4-BESTEMMING
Dit sou ’n sonde wees om verder te ry sonder om een te probeer, maar onthou ’n suiglekkertjie vir jou visasem agterna... Van Velddrif af hou jy kuslangs deur Dwarskersbos tot op Elandsbaai. Branderplankryers is gaande oor die toestande hier, maar andersins is die dorpie stil. Die grot teen die koppie by Bobbejaanpunt is ’n besoek werd. Teen die mure van die grot is honderde afdrukke van mense se hande, en hier en daar sien jy ook ’n netjiese eland. Lambertsbaai, die volgende kusdorp, is sowat 46 km verder. Ry met die Leipoldtville-pad tot by die T-aansluiting met die R365. Draai hier links en jy is binne ’n halfuur op Lambertsbaai. Wanneer die snoek loop – ’n Weskus-sêding vir ’n goeie visvangtyd – kan die dorp uit sy nate bars, maar andersins is die kanse goed dat jy ook hier rus en stilte sal kry. Moenie die malgaskolonie in die hawe misloop nie: Sowat 8 500 broeipare van dié pelagiese seëvoëls maak hulle nes hier. Ry met die Vredendal-grondpad noordwaarts uit die dorp en draai links by die aansluiting met die R362, ook ’n grondpad, wat jou by Doringbaai uitbring. Hier kan jy Fryer’s Cove, die land se enigste wynkelder in ’n hawe, besoek voor jy verder ry tot op Strandfontein. Hierdie pragtige vakansiedorpie is normaalweg tjoepstil, maar oor vakansietye bars die plekkie behoorlik uit sy nate. Sodra jy ’n draai langs die see gaan stap, sal jy verstaan hoekom: ’n lang wit strand lê voor hoë sandsteenkranse, ’n rare verskynsel op die andersins plat Weskus-landskap. Die R326 vat jou Lutzville toe. Padlangs kan jy afdraai na Papendorp en gaan kyk na die vleiland rondom die monding van die Olifantsrivier, wat tussen die spitse van die Sederberg ontspring. Tot dusver het jy meestal teerpad gery, maar vir die volgende deel van die roete is grondpad en sanderige tweespore jou voorland. Maak dus jou brandstoftenk op Lutzville vol, koop die laaste proviand en hou jou banddrukmeter byderhand, want van hier af los jy die beskawing vir ’n wyle agter. Mik vir Koekenaap met die R363 en draai dan see se kant toe met die Skaapvleigrondpad (ook genoem die Tormin-mynpad). Dié pad loop reguit see toe en hou dan al langs die kus vir nagenoeg 95 km > 44 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Wanneer die snoek loop – ’n Weskus-sêding vir ’n goeie visvangtyd – kan Lambertsbaai uit sy nate bars, maar andersins is die kanse goed dat jy ook hier rus en stilte sal kry.
WILDE WESKUS. Hoe verder noord jy teen die Weskus reis, hoe wilder raak dit. Uiteindelik het jy ’n 4x4 nodig om die sandpaadjies van die Namakwapark te verken – en ’n tent is jou enigste verblyfopsie.
EK WIL OOK GAAN! Kan ek op my eie gaan? Ja, mits jy jouself kan loskry as jy dalk in die sand vasval. Hoe ver is dit? Sowat 1 000 km. Waarmee moet ek ry? Jy het ’n 4x4-voertuig nodig as jy die Namakwapark se kusdeel wil besoek. Laestrek en ’n ewenaarslot is nie noodsaaklik as jy op die hoofroetes bly nie. Pak ’n banddrukmeter, bandherstelstel en kompressor. Moet ek ekstra brandstof saamry? Dis nie nodig nie. Daar is vulstasies op Velddrif, Lambertsbaai, Lutzville, Koingnaas, Port Nolloth en Alexanderbaai. Kan ek my wa sleep? Ja, solank hy veldryvaardig is en jy nie skaam is om hom deur dik sand te sleep nie. www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 45
4x4-BESTEMMING tot by die Groenriviermonding. Hier is ’n aantal “wilde” kampplekke langs die see, plekkies waar kampeerders oor die jare kom nesskrop het. Hier is geen geriewe nie en jy moet dus alles wat jy nodig het saambring, maar daar is beswaarlik ’n meer afgesonderde kampplek in die ganse Weskus. Hou noord met die grondpad verby die Tronox-sandmyn by Brand se Baai, en kort voor lank sal jy die vuurtoring by die Groenriviermonding gewaar. Hier is ’n paar piekniekplekke waar jy ’n vleisie kan braai voor jy die Namakwa- nasionale park invaar. Van die vuurtoring af ry jy na die parkhek net anderkant die Groenrivier.
46 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Die Namakwapark is prakties in twee verdeel. Die kusgedeelte is ’n bewarea van sowat 60 km tussen die Groen- en Spoegriviermonding, terwyl die park se noordelike deel van Koingnaas tot duskant Kamieskroon strek. Op die kusdeel is daar 11 kampplekke, elkeen met ’n klompie staanplekke. ’n Hoofroete loop min of meer reguit kuslangs, maar daar is ook ’n aantal tweespore wat daarvan afwyk en jou nader aan die see verby vat. Daar is twee dele op die roete waar jy dik sand aantref. Kyk uit vir die waarskuwingsbordjies, skakel oor na 4x4 en pas jou banddruk aan (die aanbevole druk is 1,2 bar) voor jy verder ry. Jy kan maklik vir ’n paar dae langs die
In die lente is die gebied rondom Skilpad oortrek met veldblomme. Gooi ’n draai en neem ’n paar foto’s waarmee jy jou familie in Gauteng jaloers kan maak.
BOKKOMS EN VUURTORINGS. Velddrif is bekend vir visvang (bo), bokkoms (onder) en ’n rustige atmosfeer. By Lambertsbaai kan jy malgasse sien broei (links) en kuslangs die eensame Groenrivier-vuurtoring ontdek.
see vashaak net oor die pragtige uitsigte en salige afgesonderdheid, maar moenie verkas voor jy ’n draai gaan maak het by die robkolonie naby Boulderbaai en die grotte by die Spoegriviermonding of ’n lang ent gaan stap het op een van die spierwit strande nie. Sit ook minstens ’n volle dag opsy om die park se noordelike deel te verken. Hou noord op die park se hoofroete tot jy die parkhek langs die Hondeklipbaaipad bereik. Jy ry reguit oor die pad en deur nog ’n hek na die noordelike deel. Van hier af volg jy die Rooikat-ekoroete se spoor. Dié 4x4-roete, wat die kusdeel ook insluit, is een van die langste roetes in die land met ’n afstand van tussen 175 km en 200 km, afhangend van watter draaie jy alles insluit. Volg die ekoroete na die verre noordelike deel van die Namakwapark. Hier klim jy met die Wildeperdehoekpas teen die Kammiesberg uit. Aan die bopunt van die pas swenk die roete weer suid en vat jou uiteindelik tot by Skilpad, die park se hoofhek naby die N7. In die lente is die gebied rondom Skilpad oortrek met veldblomme. Gooi ’n draai en neem ’n paar foto’s waarmee jy jou familie in Gauteng jaloers kan maak. Op pad kan jy uitkyk vir gemsbokke, rooihartbeeste en steenbokkies. En as jy fyn kyk, gewaar jy dalk die gespikkelde padloper, die wêreld se kleinste skilpad. Van Skilpad af ry jy weer terug in jou spoor en mik vir Soebatsfontein. Van hier af is daar ’n pad reguit terug na die Hondeklipbaaipad wat jou weer kus toe vat. Eens op ’n tyd was Hondeklipbaai die uitvoerhawe vir kopererts uit die myne rondom Springbok, maar sedert die bedryf Port Nolloth toe geskuif het, gaan daar nie veel aan op die dorpie nie. Tog kry Hondeklipbaai heelwat besoekers, juis omdat dit so ’n vreedsame dorp is. Nes dit ’n behoorlike Weskusdorp betaam, is hier ook ’n paar interessanthede om te sien voor jy verder ry. Gaan eet by die Rooi Spinnekop-restaurant, neem ’n foto van die Aristea-skeepswrak, gaan loer na die klip agter die polisiestasie waarna die dorp genoem is, en drink ’n skemerkelkie by die Spatklip op die rand van dorp. ’n Grondpad neem jou tot op Koingnaas waar jy kan volmaak voor jy die teerpad Kleinsee toe vat. Albei dorpies was eens >
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 47
4x4-BESTEMMING
BLY HIER GANZEKRAAL Hier is rondom 50 staanplekke wat verdeel is in twee kampe langs die see. Elke staanplek het ’n kragpunt, kraan en braaiplek. Die staanplekke in kamp A is die naaste aan die see terwyl kamp B effens terug op ’n hoër vlak sit. Die kamp word besig oor naweke en vakansiedae. Kontak 022 492 2455 ganzekraal@wcdm.co.za TIETIESBAAI Dié gewilde kampeerplek in die Kaap Columbine-natuurreservaat buite Paternoster het 60 staanplekke langs ’n stil baaitjie. Hier is nie kragpunte nie en net sommige staanplekke het ’n kraan naby. Bring jou eie braaidrom as jy nie op die grond wil vuurmaak nie. Kontak 083 992 2237 ronnie.martins@sbm.gov.za MALKOPPAN Reg oorkant die pad van die Muisbosskerm buite Lambertsbaai kan jy jou tent staanmaak op een van Malkoppan se 75 staanplekke. Sommiges is tussen ’n windbreek van bome uitgelê, maar die meeste staanplekke is op ’n oop stuk grasperk. Elke staanplek het ’n kragpunt (bring ’n blou woonwaprop), kraan en braaidrom. Kontak 083 370 0400 malkoppanfarm@gmail.com NAMAKWA- NASIONALE PARK In die park se kusgedeelte, tussen die Groen- en Spoegriviermonding, is daar 11 kampplekke langs die see. Elke kampplek het ’n aantal staanplekke om verskillende groottes groepe te huisves. Jy moet heeltemal selfversorgend wees, want hier is net ’n klipmuurtjie rondom ’n braaiplek vir elke staanplek en gedeelde puttoilette by elke kampplek. Kontak 012 428 9111 reservations@sanparks.org HONNE-PONDOKKIES Hierdie kamp is in Hondeklipbaai se hoofstraat. Elkeen van die 6 staanplekke het ’n betonblad wat groot genoeg is vir ’n viermantent, piekniektafel, braaiplek, kraan en kragpunt. Verder is hier ’n klein swembad, gemeenskaplike boma en 6 buitestorte (buiten die ablusiegeriewe) as jy vinnig die seesout van jou lyf wil afwas. Kontak 083 321 1600 swanepoel2@telkomsa.net BINNE DIE PARK. Mik vir die Namakwapark in die lente sodat jy langs die see kan kamp, die veldblomme beleef (links) en ’n draai by die Spoegriviergrotte (regs) kan maak.
48 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
op ’n tyd private myndorpe van De Beers, maar deesdae is dit net kleinskaalse diamantdelwers wat nog aktief is, en jy het nie meer ’n permit nodig om die dorpe te besoek nie. Van Kleinsee af is dit 60 km grondpad tot op Port Nolloth, ’n vissersdorpie wat ewe skielik verskriklik besig sal voel ná ’n paar dae weg van die samelewing af. Die bedrywigheid het dalk te doen met die teerpad wat Port Nolloth met die N7 verbind en dit dus baie toeganklik maak vir besoekers uit die binneland. Dis jou laaste kans vir ’n lekker bord vis-en-tjips voor jy vertrek vir die laaste bestemming van die roete: Die Oranjeriviermonding buite Alexanderbaai. Dis 90 km met ’n teerpad tot op Alexanderbaai, ook eens op ’n tyd ’n private myndorp. Nes die dorpies na die suide >
GENIET DIE BUITELEWE IN GERIEF MET OZTRAIL
EKSKLUSIEF INGEVOER IN SUIDELIKE AFRIKA DEUR SEAGULL INDUSTRIES SEDERT 2008. Om jou naaste handelaar te vind, kontak ons asseblief by sales@seagullindustries.co.za Om ons volledige reeks kampeerprodukte te sien, gaan asseblief na www.seagullindustires.co.za
4x4-BESTEMMING toe het die diamandbedryf hier ook aansienlik afgeskaal en Alexanderbaai met ’n yl bevolking agtergelaat. Ry ’n draai deur die dorp en jy sal sien dat dit ’n voortvarende plek was, maar ongelukkig is die gloriedae verby. ’n Grondpaadjie loop van Delwerslaan op die dorp se rand af tot by ’n parkeerplek naby die riviermonding. Gryp jou kamera, stap die laaste stukkie tot by die monding en kyk uit oor die see. Van hier af is alles aan jou regterkant, oorkant die rivier, Namibiese grond. En aan jou linkerkant lê die ganse Weskus, al die pad suidwaarts tot by Kaappunt. Dis hier waar jou reis uiteindelik eindig. Neem ’n kiekie en wens jouself geluk, want jy het die Weskus behoorlik van hoek tot kant platgery. Boonop kan jy nou vir jou mense by die huis mooi verduidelik wat bokkoms, bamboes en soutslaai is.
Die vissersdorpie Port Nolloth voel ewe skielik verskriklik besig ná ’n paar dae weg van die samelewing af.
50 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
WAARLIK DOELTREFFENDE
SELFVERDEDIGING
Die BYRNA HD is ’n gasgedrewe, kompakte, minder dodelike opsie vir selfverdediging. • • •
Maklik om te gebruik en te hanteer. Die kompakte ontwerp stel jou in staat om dit weg te steek, en dit pas maklik in ’n handsak of rugsak. Die BYRNA HD kan deel uitmaak van jou alledaagse leefstyl – tuis en buite.
Die gepatenteerde, meganiese deursteek-meganisme stel die geseëlde gassilinder in staat om onder die loop te sit, reg om afgevuur te word die eerste keer wat die sneller getrek word. Die projektiel wat met peper gevul is, bars oop tydens impak, skep afstand en neutraliseer die bedreiging!
GEEN LISENSIE NODIG | GEEN AGTERGRONDONDERSOEKE | GEEN WAGTYDPERKE
FEESTYDVERKOPING PERFEKTE BEGINPAKKET •
1 X BYRNA HD-STEL
•
1 X BYRNA MAX-PROJEKTIELE (5-PAK)
•
1 X KINETIESE PROJEKTIELE (95-PAK)
•
1 X CO2-PATRONE (10-PAK)
•
1 X BYRNA-TEIKENTENT
DIE BYRNA-FEESTYDVERKOPING | 15 NOV – 31 DES 2021
R 6 799.00 SKANDEER HIER OM ’N WINKEL NABY JOU TE VIND WAT DEELNEEM AAN DIE FEESTYDVERKOPING
TE KRY BY
WWW.BYRNA.AFRICA
(SPAAR R 693.00)
ROETES WAT ROEP
Kagga kán maar Veldryroetes in natuurreservate is gewoonlik mak, sodat dit nie die gemiddelde man met sy gemiddelde veldryvernuf sal afskrik nie. By die Kagga Kamma-natuurreservaat is dit ’n gans ander storie... Teks en foto’s Cyril Klopper
K
agga Kamma se webwerf noem dat sekere kampplekke slegs met ’n viertrekvoertuig bereik kan word, en as jy bel om een van hierdie kampplekke te bespreek, word jy gewaarsku dat jy jou ry moet ken. Sodra jy by die ontvangsgebou aanmeld, kry jy ’n papierkaart wat al die veldryroetes in die reservaat aandui. Die kaart wys genommerde bakens, die afstande tussen die bakens, die GPS-koördinate van elke kampplek en ’n klompie besienswaardighede langs die pad. Die ontvangspersoon sal dalk ’n paar paaie op die kaart met ’n pen doodkrap wat jy
52 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
nie mag ry nie – die rede hiervoor is dat sommige paaie erg beskadig is, en die bestuur wik en weeg nog of hulle dit gaan herstel. Kagga Kamma moedig nie dagbesoekers aan nie, en die beste manier om toegang tot die 4x4-roetes te kry is om blyplek te bespreek. Hier is verskeie keuses, waaronder ’n lodge, grothuise, hutte, selfsorgeenhede en vyf kampplekke. Die kampplekke Swartrug en Klipspringer is naby die hoofgebou, en het elektrisiteit en ablusiegeriewe met warm water. Jy kan Bobbejaankrans, Tierkloof en Joubertswerf slegs met >
na Calvinia
na Namibië
TANKWA-KAROONASIONALE PARK
SEDERBERGWILDERNISGEBIED
Citrusdal
MATJIESRIVIERNATUURRESERVAART
R355
N7
na Sutherland
Kagga Kamma
R356
na Kaapstad
Op-die-Berg R303
Prince Alfred Hamlet
www.weg.co.za
R40
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 53
ROETES WAT ROEP
Kagga Kamma se veldpaaie is gesamentlik 200 km lank, en in die twee dae van ons besoek kon ons slegs die helfte daarvan sien.
’n veldryvoertuig bereik en hier is geen geriewe nie – slegs ’n kring los klippe waar jy vuurmaak. Jy moet dus jou eie krag, water en toilet saambring. Kagga Kamma se veldpaaie is gesamentlik 200 km lank, en in die twee dae van ons besoek kon ons slegs die helfte daarvan sien. Die paaie in die suidelike deel van die reservaat is die maklikste – ons gee dit ’n moeilikheidsgradering van 2 uit 5. Hier ry jy verby bakens wat genommer is van 1 tot 39 – eers oor die Wildebeesvlakte, dan deur Klipbokpoort tot by die onderpunt van die reservaat waar jy by Elandsdraai weer noord mik. Ná Putsie tref jy ’n landingstrook vir ligte vliegtuie aan waarna jy via Rooidam en baken nr. 39 die suidelike deel van die reservaat dan verlaat. In die noorde, ná baken 40, raak dinge taaier. Indien jy die kampplek by Bobbejaankrans bespreek het, moet jy links draai by nr. 41. Dis ’n klipperige pad met rotstrappe en sandgate. Bobbejaankrans is Kagga Kamma se gewildste kampplek onder 4x4-entoesiaste. Dit lê teenaan ’n rantjie sederbergsandsteen met tipiese gate en krulle in die rotsformasies. As jy Tierkloof se kampplek bespreek het, moet jy by baken 41 reguitaan hou en deur die klipperige Gifvlakte ry tot by nr. 54 – die kaart wat jy by ontvangs gekry het, wys duidelik hoe die pad loop. Tierkloof is Kagga Kamma se naasgewildste kamp met ’n uitsig oor ’n kloof en ’n vallei doer in die verte. Die roetes hier rond kry ’n 3 uit 5 op ons moeilikheidsgradering, omdat jy nou en dan moet stop om laestrekratte in te haak. Ons het blyplek by Joubertswerf bespreek, die verste van die lodge af en die uitdagendste om by uit te kom. Teen die tyd dat ons by Joubertswerf afgetrek 54 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Wat jy moet weet
www.weg.co.za
sien jy dalk ’n klaasneusmuis of oranjeborssuikerbekkie. As jy nie in die veld wil kamp nie – sies vir jou! – kan jy by een van die luukse blyplekke naby die lodge aanklop. Hier is ’n restaurant, swembad en winkel wat basiese proviand soos melk, brood, ys en braaihout verkoop. Hier is ook ’n spa wat allerlei terapeutiese dienste lewer. Vir R1 400 kry jy byvoorbeeld ’n twee uur lange volle lyfmassering en velterapie wat afsluit met ’n glas vonkelwyn. Die lodge is ook die bymekaarkomplek vir begeleide staptoere na Boesmangrotte en ritte in ’n wildkykvoertuig vir diegene wat met gewone stadsvoertuie hierheen gereis het. Jy kán die meeste van Kagga Kamma se 4x4-roetes met ’n standaard-viertrekvoertuig baasraak, maar jy moet versigtig te werk gaan, veral in die noordelike deel van die reservaat. Ons wenk is om Bobbejaankrans te bespreek en drie of vier dae deur te bring aan die natuurskoon en 4x4-roetes. Sit dan een dag opsy vir bederfdinge: ’n besoek aan die spa, die swembad en restaurant.
2-5
ING
het, was ons Nissan Navara se allooiwielvellings vol krapmerke en die treeplanke krom gebuig. (Lees ons ry-indruk van die Navara op bl. 82.) Joubertswerf is nie besonder mooi nie – dit is bloot ’n klipkraal op ’n sandvlakte in ’n kloof. Dit was voorheen die eindpunt van die eenrigting-bergpad tussen Bobbejaankrans en Joubertswerf, maar dié pad is gesluit omdat hy té veel voertuie gebreek het. Kagga Kamma reken die bergroete verdien ’n 5 op ons moeilikheidskaal. Die trokkie van die laaste ou wat hom gery het, was glo omtrent verwoes. Die geknelde ryding kon nie herwin word nie en ’n werktuigkundige moes hom op die roete herstel. Dit het glo dae geneem om die voertuig uit te kry. Ondanks sy uitdagende paaie gee Kagga Kamma hom nie uit as ’n 4x4-bestemming nie; die reservaat wil eerder hê jy moet hierheen kom om die natuurskoon te beleef. Tussendeur die geskud het ons byvoorbeeld bontebokke, sebras, elande, duikers, gemsbokke en ’n ystervark gesien. Hier is blykbaar ook luiperds en vaalboskatte, en as jy werklik gelukkig is,
Maksimum getal voertuie? Onbeperk. Kry ek ’n kaart? Ja. Sal my voertuig krap? Ligte krapmerkies, ja. Moet ek ’n kompressor neem? Ja. Kan ek halfpad braai? Nee, slegs by die kampplekke. Kan ek halfpad omdraai? Nee, die spoor is besonder smal en dis verbode om die veld in te ry. Is daar selfoonsein? Net hier en daar. Beste tyd om te gaan? Heeljaar. Kan ek my gesin saamneem? Ja, beslis. Net vir die dag of die naweek? Naweek, maar verkieslik ’n langnaweek. Hoe lank neem dit? Die 4x4-roetes kan jou heeldag besig hou, en dis beter om die ryery oor twee of drie dae te doen. Is daar ablusiegeriewe? Nee, slegs by die ontvangsgebou. Aanwysings Van Ceres af vat jy die R303 tot by Op-die-Berg waar jy regs draai na die Ceres-Karoo – hier is ’n padpredikant vir Kagga Kamma. Ry teen die Katbakkiespas uit tot by die tweede Kagga Kamma-padteken aan jou linkerkant. Tye 08:00 en 17:00 (roetes). Prys R105 p.p.p.n. en R209 per voertuig om te kamp. Gaste by die lodge betaal R50 om die roetes self te verken of R385 p.p. in ’n wildkykvoertuig met ’n gids. Kontak 023 004 0077 lodge@kaggakamma.co.za kaggakamma.co.za GPS S32.74607 E19.56277 (ontvangsgebou) D GRA
ER
HARDEVELD. Buiten al die wild wat jy gaan sien, is hier ook pragtige veldblomme. Sommige paaie is uitdagend; die kliptrap op die foto bo was byvoorbeeld té taai vir ons Nissan Navara, tensy ons bereid was om heeldag klippe te pak.
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 55
BULL RUN 2021
Gee dit horings! Die Ry & Sleep Bull Run is in Oktober die tiende keer gehou, en daar was nét een manier om dié besonderse mylpaal te vier: met ’n allemintige opskop op Vanwyksvlei in die Noord-Kaap. Teks Schalk Jonker Foto’s Piet van Wyk en Ingrid Swart
D
it was ’n klompie pêlle van Kaapstad se noordelike voorstede wat die bevlieging gekry het om vir hulle ou karre aan te skaf, die Noord-Kaapse vlaktes in te vaar en mekaar daar, in die stof, die stryd aan te sê. Met dié 11 karre wat destyds in die pad geval het is die Ry & Sleep Bull Run gebore, en in Oktober 2021 is die tiende – en grootste een tot nog toe – op Vanwyksvlei aangebied. Maar vanjaar het nagenoeg 150 spanne en 750 siele op dié dorpie saamgetrek om met hulle rygoed te spog en op die plaaspaaie en die immergewilde pan te wys wat in hulle steek. (Voertuie moet ouer wees as ’n 1985-model en minder as R30 000 kos.) Tussen al die ryery deur is daar ordentlik gekuier… selfs die bekende rockers Valiant Swart en
56 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Albert Frost was daar. Ja, die tiende Bull Run was een vir die boeke. Veral vir die manne van die Geel Apteek (’n 1973 Volkswagen Variant) wat as die uiteindelike wenners gekroon is. Soos altyd sou dit nie moontlik gewees het om só ’n suksesvolle byeenkoms aan te bied sonder hulp en borge nie. Ons opregte dank aan Gerrie van Eeden, Thys de Jager en die 45 baanbeamptes wat elke jaar grootliks vrywillig kom help. Ook aan Rudi Oberholzer en die reëlingskomitee op Vanwyksvlei wat ons elke jaar so gasvry huisves. Hartlike dank ook aan Noord-Kaap-toerisme, Isuzu Suid-Afrika, Pro Auto Rubber, OzTrail, Signorama Pretoria-Noord, HFR Refrigeration & Transport en Tiger Wheel & Tyre 4x4 Fitment Centre. Volgende jaar maak ons weer so! >
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 57
BULL RUN 2021
Die Bull Run is ’n fees. Dis basies ’n matriekvakansie vir grootmense. – Gerrie van Eeden, organiseerder
58 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
WELKOM, WELKOM! Met die aankomslag word Bull Run-deelnemers se karre deurgegaan. Terwyl dit gebeur, kry spanne die geleentheid om te spog met hulle temas, kostuums... en daardie allerbelangrike gees.
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 59
BULL RUN 2021
60 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
PRET OP DIE PAN. Dis net by die Bull Run waar ’n mens só tevrede is om van kop tot tone met stof bedek te wees. Dit is die volmaakte speelplek vir die eienaars van nagenoeg 150 karre wat hier in die Noord-Kaap saamgetrek het vir ’n naweek se pret en plesier.
Dis AfrikaBurn vir petrolkoppe. Daar is nie nog iets soos die Bull Run nie. – Schalk Jonker, redakteur van Ry & Sleep
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 61
BULL RUN 2021
62 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
SÓ GLIMLAG WENNERS (onder). Baie geluk aan Morné Smuts, Sias Scott, Emile Rossouw en Kristo Minnaar van die Geel Apteek wat vanjaar met die louere weggestap het. Terloops, daardie 1973model Volkswagen Variant van hulle het laasjaar op die pan gerol, maar hulle het hom reggetrek en hom nét so teruggebring vir vanjaar se byeenkoms.
Dit was nog altyd ’n droom om vir Valiant Swart en Albert Frost by die Bull Run te hê. Vanjaar het dit ’n werklikheid geword. – Francois Malan, organiseerder
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 63
MY PLEKKIE
Alles reg by
Addo Ek en my man, Neill, het al die jare met ’n groot woonwa gekamp en het probeer om minstens een keer elke twee maande by Addo af te haak. Ons het Neill egter verlede jaar weens Covid-19 verloor en ek het later besluit om van ons groot wa ontslae te raak. Ek was nie van plan om op te hou kamp nie en het vir my ’n Skipper-waentjie aangeskaf. My een seun het my gehelp om die haak van die wa en die agteruitstoot onder die knie te kry, en onlangs was dit tyd vir ’n nooiensvaart. Daar was nét een plek waarheen ek wou gaan en dit was my geliefde Addo. My vriendin Amanda Baldie kamp ook met ’n Skipper en sy het saamgekom. Trouens, ons is deel van ’n groep van agt vroue wat almal meestal op ons eie kamp en die groep heet “Tannies met ’n trailer”. HOE LYK DIE KAMPTERREIN? Hier is twee groepe staanplekke – een vir 21 waens, en dan is daar 10 tentstaanplekke. Ons kamp op die staanplekke vir waens, wat ruim genoeg is vir selfs twee woonwaens per staanplek. Elkeen het sy eie kragpunt, kraan, vullisdrom en ’n losstaande braaier. Die oord se personeel kom maak die drom en braaier elke oggend skoon. Verder kan ’n mens ook nie kla oor privaatheid nie, want hier is spekbome tussen die staanplekke wat help dat ’n mens nie alles van jou kampbure se doen en late weet nie. Die ape kan nogal lastig raak, maar as ’n mens weet om geen eetgoed soos vrugte en tjips te laat rondlê nie, sal hulle nie jou siel so versondig nie. 64 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Daar is skaars ’n beter plek vir amateur-wildfotograwe om hulle stokperdjie te beoefen as die Addo-olifant- nasionale park, sê Ursula Carroll van Port Elizabeth.
Ek verneem die tentstaanplekke – met die uitsondering van twee – is nogal klein; in sommige gevalle knor dit om selfs ’n 3 x 3 m-tent op die staanplek te pas.
met warm water wat opraak nie. Hier is ook geriewe vir mense in ’n rolstoel en ek verneem daar is ’n gesinsbadkamer, hoewel ek nog nie self daar was nie.
VERTEL ONS MEER OOR DIE ABLUSIEGERIEWE? Hier is een ablusiegebou met aparte geriewe vir mans en vroue. Dis netjies en die oordpersoneel is die heeldag in en uit om die plek skoon te hou. Die storte is wel effens beknop, maar ’n mens kom tog reg. Hier was ook nog nooit enige probleme
WAT DOEN ’N MENS OM JOU BESIG TE HOU? Ek doen wildfotografie as ’n stokperdjie en is dus in my element hier. Hier is ’n verskeidenheid van wild te sien, maar natuurlik is die olifante die groot attraksie.
Kontak 042 233 8600 addoenquiries@sanparks.org addoelephant.com GPS S33.443921 E25.745697
WEN
Ursula wen ’n Camp Cover Bundu-sak van R400.
Gaan kyk na hulle puik beskermende oortreksels op die webwerf campcover.co.za
IS HIER ’N WINKEL? Ja, hier is, en ’n mens kan beswaarlik vir beter vra. Hulle het alles op die rak – van roomys, bier en wyn tot vleis, kaas, klere en aandenkings. Ek het egter opgelet dat mense nogal omgesukkel is met die winkel deesdae. Voorheen het hulle ’n halfuur ná die hek gesluit, wat beteken mense het nog tyd gehad om daar aan te doen nadat hulle die dag wild gekyk het. Maar nou, weens Covid-maatreëls, maak die winkel ’n uur voor die hek toe. Mense moet nou betyds terugjaag as hulle iets nodig het. Hier is ook ’n Cattle Baronrestaurant waar jy kan aansit vir ete of die Springbok-toets op die grootskermtelevisies volg.
MY WIELE
Allawêreld,
Amarok!
Hy het al met ’n rits voertuie gesleep, maar – vir nou – het Jannie Bekker van Alberton op ’n Volkswagen Amarok besluit.
Woonwakamp is vir my niks nuuts nie – om die waarheid te sê beleef ek die ervaring reeds van 16-jarige ouderdom af, toe ek saam met my ouers gekamp het. My Pa het ’n 3 ℓ-Ford gehad, maar daar was ook die allergewilde Chev met sy 4,1 ℓ-enjin. In die jare tagtig het ek met ’n BMW 535i begin sleep met ’n hele rits sleepvoertuie tussenin – tot waar ek vandag die eienaar van ’n Amarok is. Ná die BMW was daar ’n Mazda Drifter 2.5, ’n Ford Ranger 4.0, ’n Mazda BT-50 3.0, nog ’n Ranger (die 3.2-model) en, net voor die Amarok, ’n Mercedes-Benz ML63 AMG. Kyk, dís ’n kragtige sleepvoertuig, maar ek kyk na my goed en het die Merc jammer gekry in die kampplek as ek byvoorbeeld die vuil grondseil in die kattebak gooi. Hy het lugvering en jy voel presies wat die woonwa agter jou doen. Tot ’n mate is dit selfs effens senutergend en hy het eintlik onstabiel gevoel, én dan was sy verbruik met die woonwa 22-24 ℓ/100 km. My eerste woonwa was ’n Sprite Sport, daarna ’n Sprite Swift, ’n Jurgens Penta, toe ’n Jurgens Exclusive en die Jurgens Elegance. Dit was tyd vir ’n nuwe sleepvoertuig, en dis waar my paaie met dié van die Amarok gekruis het. Ek het ’n afspraak by ’n motorhandelaar gemaak en uiteindelik kon ek 66 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
GROOT KANONNE. Jannie gee nie om om stadig te sleep wanneer hy byvoorbeeld agter ’n vragmotor beland nie, maar as dit by verbysteek kom, dan wil hy nie sukkel nie. ’n Sleepvoertuig met ordentlike krag is net die antwoord.
Hoe lyk jóú wiele?
Stuur ’n e-pos na rysleep@weg.co.za en vertel ons van jou ry- en sleepding.
www.weg.co.za
kies tussen vier bakkies. Behalwe vir die Amarok was daar ook ’n Toyota Hilux, ’n Ford Ranger 3.2 en die Mercedes-Benz X350d. Van almal het die Amarok se binneruim effens afgesteek, maar hy het my hart gesteel met sy verrigting. Dis die V6-model en standaard lewer die enjin 190 kW krag en 580 Nm wringkrag. Ek het wel besluit om die enjin se kraglewering op te stoot. Ek het die Amarok na ’n kundige geneem wat die sagteware aangepas het. Ons praat dus nie van ’n chip nie, maar van sogenaamde mapping. Dit het die Amarok se kraglewering ’n behoorlike sprong gegee. Nou sit ek met onderskeidelik 230 kW en 720 Nm. Kyk, ’n sleepvoertuig móét krag hê. Ek gee nie om om agter iets stadigs te sit en sleep nie, maar as jy moet verby, dan moet jy verby. Die stelsel gee net ekstra woema en pas nie die lug- of brandstofvloei aan nie. En steeds lyk die brandstofsyfers glad nie sleg nie, want die Amarok gee my ’n heel skaflike 12,7-14 ℓ/100 km. Deesdae sleep ek ’n nuwe Swift Coastline Deluxe wat, net soos die Exclusive en die Elegance, ’n dubbelas het. Sy brutovoertuigmassa is 1 800 kg. Ek sê nie die Amarok is die beste sleepvoertuig wat daar is nie, maar die Duitse tegnologie saam met sy hantering is wat vir my saak maak. As jy my vra waarna ek volgende opgradeer, is dit die Mercedes-Benz G-klas: die Geländewagen. Ek kan een of twee van hulle in die hande kry, maar hulle is nie die regte kleur nie; dit moet ’n witte wees. Intussen hou ons ook nie op kamp nie, want ek en my vrou, Loraine, probeer elke twee maande wegkom. Ons was laaste in die Laeveld en is nou op pad na die Karoo- nasionale park.
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 67
LESERSTORIE
Uiteindelik… avontuur!
Hulle het ’n aftreereis soos min beplan, maar toe steek Covid-19 ’n stokkie voor hulle planne. Al moes hulle ’n jaar wag, was dit uiteindelik ’n avontuur vir die boeke, vertel Hennie en Emmerentia Hugo van Brackenfell in die Kaap.
T
oe Hennie en Emmerentia getroud is, het hy haar gewaarsku hulle pad vorentoe gaan ’n avontuur wees. Hy erken egter nou dat sy dalk nie voorbereid was op presies hoé avontuurlustig hy is nie. Hulle was al digby tien keer in die Gamkaskloof, soms met erge teenstand en verskonings van Emmerentia se kant af, maar Hennie het altyd daarop aangedring dat hulle sáám die avonture beleef. Toe Hennie se aftrede aan die einde van 2019 begin nader kom, het hy reeds ver gevorder met die beplanning en bespreking van verblyf vir hulle volgende groot avontuur. Hy het Google Maps “stukkend gekyk” soos hy na moontlike paaie en roetes gestaar, planne gemaak en dit dan weer verander het. Teen Januarie 2020 was alles haarfyn beplan. De laaste verblyf is bespreek en in die meeste gevalle ook ten volle betaal. Die plan was soos volg: om en by ’n maand in die Krugerwildtuin, vandaar na Tshipise, dan na Marakele, gevolg deur Botswana tot by Senyati, van waar hulle ’n vinnige uitstappie na die Victoriawaterval sou onderneem. Volgende sou die Zambesistreek (Caprivi) aan die beurt kom op pad na 68 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Okaukeujo in Etosha, gevolg deur Erindi en dan na hulle geliefkoosde Swakopmund. Daarvandaan sou hulle net op plekke oorslaap op pad na Augrabies voor hulle terugkeer huis toe. Waarmee hulle nié rekening gehou het nie, is die wêreldwye Covid-19-pandemie. Ná die president se eerste familievergadering vroeg verlede jaar was al hulle reisplanne van die baan. Maar Hennie-hulle ken nie van moed opgee nie en het vinnig gespring om hulle planne met ’n jaar aan te skuif. Genadiglik werk al die plekke waar hulle reeds bespreek het, mooi saam en hulle kan begin uitsien om in 2021 in die pad te val. Covid-19 was egter nog nie klaar met hulle nie: In Februarie kom maak die virus ’n ongenooide draai in hulle huis – soveel so dat Hennie én Emmerentia twee weke lank in die hoësorgeenheid beland. Vroeg in Maart word hulle ontslaan, en sowat ’n maand later gee die longspesialis toestemming dat hulle op toer mag gaan. Hennie vertel. Ons beoog om op 30 April 2021 te vertrek, en die pakkery verg omtrent ’n gemeet en gepas om alles in te kry. Ons
vat selfs ons kampwasmasjien saam, want ons gaan met vakansie en wil nie sukkel met vuil klere nie. Dan breek die groot dag aan. Die president het nou al verskeie familievergaderings gehou, maar niks keer ons om te ry nie, want daar is nie meer geslote grense of enige ander struikelblokke nie. Ons val vroegoggend in die pad en mik vir die Karoo- nasionale park, ons eerste oornagplek. Ons reis met ’n 2007-model Mazda BT-50-bakkie en ons Alpha Panther-woonwaentjie (’n 2017-model) wat ons “Alphi” gedoop het. >
Kennis Karavane en Motorwoonwaens Dié motorwoonwa-deskundiges in SA vir meer as 45 jaar. Gaan na www.kennis.co.za om ons immer-veranderende keuse van nuwe en gebruikte motorwoonwaens te sien.
Skakel 011 664 7000 or besoek ons by www.kennis.co.za
LESERSTORIE
Ons bereik die Karoo- nasionale park sonder voorval en is aangenaam verras met die staanplekke wat nou met stene geplavei is. Ons bring net een nag hier deur en val die volgende oggend weer in die pad. Ons bestemming is River of Joy buite Bloemfontein. Alles loop voorspoedig. Op Colesberg hou ons stil vir iets te ete en diesel... en dit is hier waar die duiwel in my bakkie klim, want toe ek die sleutel draai, is daar níks. Ons kry ’n werktuigkundige, wat sê dis die battery. Hy kry my bakkie met oorleikabels aan die gang en ons ry verder. In Bloemfontein skaf ons ’n nuwe battery aan. Dis koud en reënerig toe ons by River of Joy aankom, maar ons maak die woonwa staan en braai ’n vleisie. Die volgende dag is ons op pad na die Lakeview-woon70 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
wapark in Mbombela – ’n langerige skof. Ons bereik Lakeview sonder probleme, en ons vriende Daan en Elize van den Berg van Meyerspark sluit hulle by ons aan. Hulle gaan vir ’n ruk saam met ons in die wildtuin kuier. Die volgende dag maak ons vinnig ’n draai op die dorpie Kaapsche Hoop. Dis ’n lieflike plekkie, maar ongelukkig is die perde nêrens te vinde met ons besoek nie. Op 5 Mei vertrek ons wildtuin toe. Ons moet eers ’n bietjie padwerk trotseer, maar kom uiteindelik by die eerste hek aan. Die mense hier pas Covid-maatreëls streng toe en dit pas ons goed. Glo my, ons wil nie weer met die virus deurmekaar raak nie. Berg-en-Dal is ’n ou bekende vir ons en ons kry ’n staanplek vir albei waens sodat
ons darem naby mekaar is. Ons gaan drie nagte hier oorbly. Dit is sommer gou duidelik dat wildkyk met die lang gras nogal uitdagend gaan wees. Die diere wat ons wel sien, is in ’n goeie kondisie en ons ry heerlik rond. Ons gaan eet een oggend ontbyt by Afsaal en geniet die oomblik saam met ons vriende en met mekaar. Ons volgende kamp is Krokodilbrug, en ná ’n vinnige kajuitraad besluit ons om by die Malelanehek uit te ry, die N4 te volg tot by Komatipoort en dan weer die wildtuin by Krokodilbrug binne te gaan. Dié roete verloop sonder teëspoed. Krokodilbrug is ’n kleinerige kamp met min staanplekke, maar dit is ’n heerlike plek waar vlakvarke en ’n bosbok of twee dikwels in die kamp rondloop. Ons staan ook drie nagte hier en ry selfs op Moedersdag Onder-Sabie toe vir ’n bietjie koffie en ’n bederfie. Ná Krokodilbrug is dit Onder-Sabie se beurt. Ons ry solank vooruit, want Daan en Elize kom ’n dag later. Ons kry ’n heerlike staanplek en dis lekker dat die staanplekke netjies uitgemerk is sodat jy en jou bure nie kan stry kry oor wie se staanplek tot waar strek nie. Ook hier bly ons drie nagte, en in dié tyd maak ons ontbyt by Nkuhlu. Dis ’n lieflike plek, pragtig opgeknap met heerlike piekniekgeriewe en die winkel het ’n verskeidenheid voorraad. Ons ry heerlik rond en kom op ’n dik- >
LESERSTORIE
KLOKSGEWYS VAN LINKS BO Hennie en Emmerentia vier Moedersdag; Piekniek by Nkuhlu; Hennie-hulle saam met sy vriend Vic Theunissen; Afskeidsete om vir Daan en Elize tot siens te sê. gevrete hiëna af wat duidelik pootuit is en reg langs die pad lêplek maak. Ná Onder-Sabie kom Skukuza aan die beurt. Hoewel dit nie skoolvakansie is nie, is die kampplek stampvol. Ons sukkel om staanplek langs mekaar te kry en moet uiteindelik daarmee vrede maak dat ons nie naby mekaar gaan kamp nie. Die feit dat die staanplekke nie duidelik gemerk is nie, maak ons ook onseker oor waar jy mag kamp opslaan en waar nie. Ons slaag uiteindelik daarin om twee staanplekke redelik naby aan mekaar te kry waar ons opslaan, maar ons s’n is baie skuins en ons moet sommer baie kreatief raak om die woonwa waterpas te kry.
72 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Die diere bly maar skaars, maar met heelwat rondry sien ons tog genoeg. Alles behalwe wildehonde, natuurlik. Hulle is ons nie beskore nie, maar ons sien darem twee keer luiperds langs die pad – en hulle loop sommer téén die bakkie. Dis binnekort tyd vir Daan en Elize om huiswaarts te keer en ons besluit om ’n afskeidsete by die Skukuza-buiteklub se restaurant te geniet. Ons volgende bestemming is Satara, waar ons vyf nagte gaan oorstaan. Ons vertrek op Maandag 17 Mei soontoe. Daan en Elize bly nog ’n nag in Skukuza voor die tyd aanbreek vir hulle om huiswaarts keer.
Op pad na Satara hou ons by Tshokwane stil. Hier kan jy kies en keur tussen ’n verskeidenheid smullekker eetgoed – van mieliepap tot roosterkoek en die lekkerste wildpasteitjies. By Satara wag my oudkollega Vic Theunissen en sy vrou, Sylvia, ons in en ons kamp langs mekaar. Ons braai saam en gesels te heerlik oor die ou dae. Dit bly maar ’n uitdaging om diere te kyk. Die owerheid het ook die veld hier gebrand, en hoewel ’n mens nie die doel daarvan kan bevraagteken nie, bly dit ’n irritasie. Dit lyk nie mooi nie en uiteraard is hier ook min diere in die dele waar hulle brand. >
Rubber
ProAuto Rubber verskaf vir meer as 20 jaar rubber aan klas-sieke-kar-liefhebbers in SuidAfrika. Ons rubber-katalogus sluit nou als rubber-gebonde in en veel meer! Ons bied u ‘n een-stop ’total sealing solution’ met dié afslagkode op alle klassieke-karverseëlingstelle.
WEG10
parmegastore.com | 011 823 5541 | 8 Oscarstr, Hughes, Boksburg
LESERSTORIE
Ons beland in ’n stadium op ’n pad waar ons nie beplan het om te ry nie, maar die geluk is aan ons kant en ons kom af op ’n trop leeus wat gereed maak om ’n rooibok te jag. Nodeloos om te sê het die kamera oortyd gewerk. Dit is een van min hoogtepunte wat betref dierekyk, en kort voor lank is dit tyd dat ons aanbeweeg Letaba toe. Die kampplek is nie besonder vol nie en die wêreld is mooi hier, maar dis ’n oerwoud. Dis moeilik om enigsins iets anders as olifante te sien. Op 24 Mei kom die Tsendze-ruskamp aan die beurt. Hier is geen krag nie, jy maak self die hek by die kamp oop en toe as jy wil uitry, maar tog steek die geriewe geensins af by ander kampe nie. Die storte het genoeg warm water en hier is selfs ’n vrieskas wat kampeerders kan gebruik. Die staanplekke is ruim en skaduwee eintlik te veel – die ouens met sonpanele sukkel om die son te vang. Omdat ons nie heeltemal toegerus is om sonder krag te kamp nie, bly ons net een nag. Shingwedzi is ons volgende bestemming. Ons was nog nooit tevore hier nie, en omdat ons gewoonlik maar min tyd het, doen ons normaalweg net die sogenaamde driehoekroete wat Berg-en-Dal, Satara en Krokodilbrug insluit. Die kamp is ’n aangename verrassing. Dit is netjies, die staanplekke is afgemerk en wek oor die algemeen ’n baie goeie indruk. Dit is dan ook geen wonder nie dat hierdie kamp gereeld met toekennings wegstap. Die olifante wat gereeld langs die kamp se grensdraad kom wei, help natuurlik, maar as jy hier wil kamp, moet jy vroeg bespreek én dit kos jou ’n ietsie ekstra. Ons het ’n groot trop olifante naby die hek gekry terwyl hulle besig is om hulle dors te les. Dan was daar ook ’n aange74 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
name belewenis met ’n duif, van alle diere. Dié een het baie van Emmerentia gehou en twee dae agtereenvolgens opgedaag, nader gevlieg en op haar hand gaan sit. Op Vrydag 28 Mei vertrek ons Punda Maria toe. Dit is ons laaste kamp in die Kruger en ons gaan twee nagte hier bly. Ek was baie jare gelede hier, maar kon glad nie onthou hoe die kamp lyk nie. Met ons aankoms is dit moeilik om vas te stel waar jy kan of mag staan, want dit lyk asof mense sommer in die middel van die paar paadjies kamp opslaan. Die tydjie by Punda gaan vinnig verby, en hoewel ’n bosnagapie twee aande ná mekaar vir ons kom kuier, kan ek net nie daarin slaag om ’n foto te neem wat duidelik en in fokus is nie. Praat nou van ’n groot teleurstelling. Ons besluit om die wildtuin te verlaat by
die Pafurihek. Op pad daarheen kom sien twee jagluiperds ons af. Die uitgaanprosedure by die hek is vinnig en pynloos. Dit is vir ons ’n aanpassing om ons weer op ’n pad te bevind waar jy 120 km/h mag ry en die wilde diere wat
in die paaie binne die wildtuin geloop het, maak plek vir donkies en bokke. Die paaie is oor die algemeen in ’n slegte toestand en hier is oral slaggate. Die reis na Tshipise, ’n Forever-oord, neem gelukkig nie te lank nie. Ons proses om die oord binne te gaan word vinnig afgehandel en ons kan vir ons ’n staanplek gaan uitsoek. Hier maak ons kennis met ’n ander soort swaeltjie. Dit is mense wat meestal in woonwaens kamp en agter lekker weer aan trek. Sommige van hulle kamp al ’n hele klompie jare en het óf hulle huis verkoop óf verhuur dit op langtermyn. Die oord is pragtig met goedversorgde warm- en kouewaterswembaddens. Die Swaeltjies is ’n vrolike klomp wat gereeld jukskei en rolbal speel. Van hulle het selfs ’n tuintjie by hulle staanplek. Junie breek aan en dit is tyd om weer ons wa te haak en aan te beweeg na ons volgende staanplek. Omdat ons Botswana op 3 Junie wil binnegaan, moet ons vandag ’n Covid-toets in Polokwane laat doen sodat ons die uitslag
op 2 Junie op Thabazimbi kan kry – dit is vir 72 uur geldig. Vandag is dit tyd om twee nuwe bande op die woonwa te laat aanbring en ’n nuwe hoëdigtheid-skuimrubbermatras te koop. Dit kry ons alles gedoen in Polokwane – waarna ons koers kies na Marakele, een van die kleiner nasionale parke knus teen Thabazimbi. Ná alles wat op pad gedoen is, kom ons maar laterig by Marakele aan. Weer eens word Covid-maatreëls streng toegepas. Ons kry ’n staanplek en raak rustig. Die Woensdag is opsy gesit om ons Coviduitslae te gaan afhaal op Thabazimbi en sommer ook voorrade aan te vul. Die kampplek is nie omhein nie en ons kry darem so tussendeur die geleentheid om ’n paar verskillende wildsoorte te sien,
waaronder ’n vlakvarksog wat knaend probeer nader kom om ietsie te ete te bedel. Ons Covid-uitslae is negatief – ’n baie groot verligting. Môre gaan ons ons grense verskuif en Botswana binnegaan, gewapen met splinternuwe paspoorte, genoeg pula om die nodige grenstariewe te betaal, en laaste maar nie die minste nie, ons Covid-sertifikate. Ons vertrek uit Marakele en druk die bakkie se neus in die rigting van Francistown. Nou wag Botswana.
Lees in die Februarie-Maart 2022-uitgawe die tweede deel van Hennie en Emmerentia se reis – deur Botswana en Namibië.
Hennie wen ’n Camp Cover Bundu-sak ter waarde van R400. Dié veeldoelige sak is só ontwerp dat jy hom as ’n noodhulp- óf smuktas kan gebruik. Gaan kyk na Camp Cover se beskermende oortreksels op die webwerf campcover.co.za
KAMP & KATROL
Sien julle by Sion
Kry die gesin bymekaar en kom kyk presies hoe lekker kamp en hengel kan wees. HENGELOORD
SIONBERGH
WATERS WAAR RUS IS
Skaars ’n kilometer suid van die Suikerbosrand-natuurreservaat net suid van Johannesburg kan jy van jou sorge kom vergeet by ’n lieflike kampplek. Dis maar ’n hanetree uit die besige stad, en hier kan jouself weer langs die hengelwaters kom vind en sommer vol lewe terugkeer huis toe. Op ’n stille manier voed die Suikerbosrand die Sionbergh-kampplek, want die waters wat in die oord opdam, kom uit die fontein in die reservaat. Hiervandaan vloei dit na die Blesbokspruit, waar jy kan kyk of jy ’n blinklyf kan haak. Sionbergh is op die plaas Rivierdraai
76 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
met sy lusernlande. Maar voor jy die plaas kan binnery, moet jy die oordmense laat weet jy staan voor die hek sodat hulle kan oopmaak – die foonnommer is op die hek. Die laaste paar meter grondpad lê dan voor met die eerste staanplekke links op die grasterras. Die ontvangskantoor en winkel is oorkant die pad – hier kan jy basiese kruideniersware soos melk en brood aanvul. Of dalk konfyt, koekies, ’n melktert... Die hartklop van die oord – dis nou as jy vir ’n oomblik van die vis vergeet – is in die gebou agter die ontvangskantoor. Binne is ’n warmwaterswembad, met die donkie wat die water 36-38 ºC hou. Langsaan is die kinders se speelplek met
onder meer ’n klimraam, verskeie swaaie en ’n glyplank. Die soutwaterswembad met sy koue water – en ’n kleiner swembad vir die kinders – is langsaan. Terug oorkant die ontvangskantoor volg die een kampterras op die ander tot jy naderhand by ’n T-aansluiting uitkom. Die dam is nou reg voor jou, die oornagkamers regs en die laaste staanplekke links. Die oewerstaanplekke – 11 van hulle – is effens duurder as die res, maar dis beslis die moeite werd. Jy kan karp, baars en kurper aan die hoek kry, maar almal moet terug water toe nadat jy hom ingekatrol het. Hier is ook baber, maar hom mag jy hou. Hier is twee ablusieblokke – naby die
na Johannesburg
Kortliks | Sionbergh
R550
N3
VISGEREG
R550
LEKKERBEK-SNOEK
Só ’n bek moet jêm kry!
Sionbergh
R42
R23 N3
na Vereeniging
R549
na Deneysville
na Villiers
kamers en dan ook by die oewerstaanplekke – en drie gesinsbadkamers vir die ouens wat meer private ruimte soek. ’n Paar staanplekke het plaveisel, maar by die meeste slaan jy jou kamp op gras op. As jy nie ’n kraan en kragpunt (blou woonwasok) met jou buurman deel nie, het jy jou eie. Hier is nie permanente braaiplekke nie, maar sodra jy afgepak het, sorg die bestuur dat ’n losstaande een met sy rooster by jou afgelaai word. En, voordat die kinders begin vra, jy kan wifi-tyd koop by die winkel – koepons kos tussen R20 en R80.
Vis Swartbaars, karp, baber en kurper. Kampplek 62 staanplekke waarvan 20 plaveisel het en 11 teenaan die water lê. Ablusiegeriewe 2 badkamergeboue en 3 gesinsbadkamers. Prys Afhangend van die seisoen R420R460 p.n. per staanplek op die oewer (4 mense) en R400-R420 vir die res. Daarna kos dit R90 p.p. (hoogstens 6 mense per staanplek). Aankoms- en vertrektyd 14:00 en 12:00, maar as jou staanplek beskikbaar is, mag jy vroeër opdaag. Kontak 079 491 7919 of 062 288 0614 sionbergh.co.za info@sionbergh.co.za Naaste dorp Heidelberg 11 km. Hoe lyk die pad? Die laaste 1,5 km is ’n netjiese grondpad. GPS S26.556431 E28.284471 Ry & Sleep sê Die oord sluit elke winter ’n maand lank vir instandhoudingswerk.
HENGELTOERUSTING
Veer in die bek
Kunsaas is deesdae ’n hipertegnologiese storie, en hoe meer die aas natuurlik soos die ware Jakob lyk, hoe beter die kans dat jy ’n roofvis gaan flous. Een voorbeeld is die Flutter Sardine van Livetarget, ’n unieke aas wat enig in sy soort is in die land. Die buitekant is deurskynend met ’n lewensgetroue nabootsing van ’n lokaasvissie binne. Die roofvis sien dus die nabootsing, maar nie die ware profiel van die aas nie. Die vorm van die aas in die Flutter Sardine is soos ’n tipiese hengellepel. By die stertgedeelte kom ’n drieweerhaakhoek vas saam met ’n veer. Die aas is bedoel vir seevis in kalmer waters – soos ’n riviermonding of strandmeer. Jy kan www.weg.co.za
hom taamlik ver ingooi, en soos hy die water tref en na die bodem sak, strem die veer die aas en dit val in poses af bodem toe. Dit wek dan die indruk van ’n klein vissie wat seergekry het – vir die roofvis ’n smaaklike happie. Hy werk ook uitstekend om die aandag af te trek van trae visse in koue of warm water. Hulle is dalk nie in die luim vir ’n aggressiewe aanval nie, maar sal eerder na die veergedeelte byt, wat jou dus ’n groter kans gee op ’n vangs. Die aas is beskikbaar in ses kleure, weeg 1,5 onse en is 75 mm lank. Prys R229 elk. Kontak Beskikbaar in hengelwinkels landwyd – ook in Namibië. adrenalinfishing.co.za
Gebraaide snoek met daardie sweempie soet in die sous is mos ’n eg Suid-Afrikaanse ding.
Jy benodig (genoeg vir 4) 1 koppie romerige mayonnaise 1 eetlepel appelkooskonfyt 2 eetlepels vars suurlemoensap (of na smaak) ’n ruim knippie droë rissievlokkies ½ koppie gesmelte knoffelbotter 1 eetlepel olyfolie 1 gevlekte snoek van 700 g, kop afgesny en in porsies gesny 2 eetlepels gekapte sprietuie
Só maak jy 1 Roer die mayonnaise, appelkooskonfyt, suurlemoensap, rissie en botter saam tot dit ’n gladde mengsel is. Laat dit dan eenkant staan. 2 Sit ’n stuk foelie met die dowwe kant boontoe op jou rooster en verf die foelie met olyfolie. Pak die vismote met die velkant na onder daarop en braai hulle vir ongeveer 10 minute tot halfgaar. (Jy draai dit nie om nie.) 3 Verhit die sous in ’n pan of skottelbraai tot warm. Voeg die vismote versigtig by die sous en smoor dit verder tot net-net gaar en geurig. Sprinkel die sprietuie oor en geur dit na smaak met sout en peper. Ry & Sleep sê Jy kan die sous ook mildelik oor die vis op die foeliepan verf!
Resep Johané Neilson Foto Ed O’Riley
GAUTENG
R557
RY-INDRUK
Die luukse Bosveldwa
TOYOTA LAND CRUISER 300
Dit is presies 70 jaar sedert die eerste Land Cruiser, die Toyota BJ, die lig gesien het. Is die jongste Land Cruiser 300 dramaties vernuwe, of bring hy hulde aan sy voorsate? Teks en foto’s Cyril Klopper
T
oyota het al meer as 10 miljoen Land Cruisers reg oor die wêreld verkoop – die meeste daarvan waarskynlik aan die Verenigde Nasies se vredesmagte en aan Bosveldboere in die noorde van die land. Met die plaaslike bekendstelling in die Weskus het Toyota Suid-Afrika vyf geslagte Land Cruisers langs mekaar geparkeer: die hoekige 60-reeks (1981), die kortstondige 80 (1991), die geronde 100 (1998), die langlewende 200 (2007) en die nuwe 300-reeks wat pas in 2021 aangeland het. Die ooreenkomste tussen die verskillende voertuie was opvallend en ’n mens kon duide78 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
lik sien hoe geleidelik die evolusie van die Land Cruiser plaasgevind het. Hier het ons besef die oudste 60-reeks en die jongste 300-reeks is vir ons ewe mooi – iets wat boekdele spreek van Toyota se suksesvolle ontwerpfilosofie wat deur baie mense as konserwatief beskou word. Toyota stel sy jongste Land Cruiser 300 beskikbaar in drie afwerkingsvlakke: die GX-R (slegs diesel) is die intreevlakmodel wat op veldry fokus, die ZX-model (diesel of petrol) fokus daarteenoor op weelde en teerpadgerief, en laastens is daar die GR-S (diesel of petrol) wat luuks is én gefokus is op grondpadavonture. Ons hart pomp tjoklits vir laasgenoemde.
Buite en binne Die bakwerk herinner sterk aan sy direkte voorganger, die 200-reeks, maar die sierrooster is beduidend groter. Aan weerskante van die sierrooster is twee kleiner luginlate waaragter twee tussenverkoelers skuil. Dit lyk spiekeries, ja, maar ons vrees is dat ’n tak ’n gat in hulle kan steek as jy ’n bos platstoot. Die lae plasing van hierdie tussenverkoelers – en sensors én ’n kamera in die sierrooster – gaan dit ook moeilik maak vir bosbrekervervaardigers om ’n buffer te bou met ’n beter naderhoek – nie dat die standaardbuffer se 32° te sleg is nie. Wat ons wel effens gepla het, is die enjinkap: die metaal daarvan is papierdun – om te
O GAATS. Agter hierdie luginlaat (links) sit ’n tussenverkoeler wat dalk deur ’n stok gesteek kan word én dit moeilik maak om ’n bosbreker aan te bring. Onder staan vyf geslagte Land Cruisers langs mekaar geparkeer – en elkeen van hulle lyk nog mooi.
voldoen aan Europese wetgewing wat voetgangers se veiligheid in ag neem. Die resultaat is ’n papperige enjinkap wat liggies in die wind wapper teen snelwegspoed. Die res van die bakwerk en afwerking is uitstekend en ons het geen verdere klagtes daaroor nie. Binnelangs is dit duidelik dat Toyota na sy kliënte geluister het, want al die 4x4-knoppe is binne maklike reikafstand van die bestuurder. Jy hoef nie die ewenaarslot se knop hiér en die ritmodusknop dáár te soek nie. Die middelkonsole het ook net die regte hoeveelheid skakelaars sodat jy nie oorweldig www.weg.co.za
word nie, en hulle voel stewig en duursaam as jy hulle druk. Ons enigste kritiek rakende die middelkonsole is die chroominsetsels wat sonlig weerkaats. Skaf gerus ’n donkerbril aan, want dit skitter soms erg. Jou slimfoon gesels deur middel van Bluetooth en Apple CarPlay of AndroidAuto met die Land Cruiser 300 se JBL-klankstelsel. En om jou elektroniese toestelle te laai gebruik jy ’n USB- en 12V-sok voor en vier C-tipe- en een 12V-sok agter. Én dan is daar ’n 220V-sok in die laairuim. Gepraat van laairuim: Die derde ry sitplekke
vou nou uit die vloer uit op en hang nie meer teen die kante van die bagasieruim nie. Dit beteken jou pakplek is effens minder wat totale volume betref (290 ℓ teenoor die 385 ℓ van voorheen), maar dis prakties gesproke meer bruikbaar, want die laairuim is nou 250 mm breër as tevore.
Hoe ry hy? Die Land Cruiser behou sy vaste agteras met kronkelvere en onafhanklike voorvering. Die GR-S-model se voorvering het ’n stabiliseerder wat kan ontsluit sodat die wiele vrylik op en > Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 79
RY-INDRUK
BESKERMING. Die raakskerm wys duidelik waar jou wiele loop (links bo), maar jy het steeds iemand nodig om te help wys waar jy moet ry. Die chroom in die middelkonsole blink erg (links) en jy moet soms jou oë op skrefies trek. Die binneruim is nietemin ’n aangename plek om ’n vakansie deur te bring. af kan beweeg – sogenaamde flex – maar ook kan sluit vir ’n stewige rit op ’n teerpad. Toyota noem die stelsel E-KDSS (Electronic Kinetic Dynamic Suspension System). Die GR-S en ZX gebruik vier kameras in die romp om ’n driedimensionele beeld van die terrein rondom die voertuig te bou en op die raakskerm in die middelkonsole te vertoon. Dit help om groot klippe langs jou raak te sien, maar dit vervang nie ’n mens wat voor jou staan en beduie hoe jy die stuurwiel moet draai nie. Terloops, ’n trukamera word gewoonlik met modder besmeer, maar die Land Cruiser 300 het ’n meganisme wat die lens skoonmaak – slim! Die GR-S en ZX het elk vyf ritmodusse: rots, modder, sand, outomaties en diep sneeu – laasgenoemde is slegs beskikbaar in hoëstrek. Hierdie modelle het ’n funksie wat een van die twee agterwiele sal rem as jy skerp draai op tegniese terrein. Die agterwiel wat gerem is, werk dan soos ’n anker en die ander drie wiele stoot jou deur die skerp draai. Die Land Cruiser 300 gebruik ook die kruipfunksie waar die wiele bietjies-bietjies in los sand grawe as jy vasgeval het – totdat jy weer los is. Dit is merkwaardig om te aanskou. Die intreevlak-GX-R-model het nie al hierdie 4x4-affêrings nie en maak op die bestuurder staat om die wa deur die drif te trek. Soos jy seker kan raai, is die rit besonder gemaklik en jy’s skaars bewus van sinkplaatgeryde grondpad. Hy’s ook lieflik op teerpad, nes sy mededingers in hierdie kategorie. 80 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Die mededingers Die Land Cruiser 300 ding mee met die Nissan Patrol, Land Rover Defender, Jeep Grand Cherokee en in ’n mate ook die MercedesBenz G-klas. Almal het viertrek met laestrekratte sodat hulle gedugte hindernisse kan pak. Die Land Cruiser se grondvryhoogte is die beste teen 312 mm, teenoor die Patrol se 272 mm, die G-klas se 241 mm en die Defender se 218 mm. Die Grand Cherokee met sy 205 mm kan net-net ’n sypaadjie uitklouter. Die Patrol en Land Cruiser is albei bobaas slepers teen 3,5 t, maar die Patrol het ’n 140 ℓ-brandstoftenk wat jou baie verder neem as die ander. Wat afmetings betref, is die Defender (5 018 x 2 008 mm) en die Patrol (5 165 x 1 995 mm) albei groter as die Land Cruiser,
maar jy sou dit nie dink as jy ’n Cruiser op straat sien nie. Die Jeep en die Landie se waarborg geld vir 5 jaar teenoor die Nissan en Toyota se 3 jaar, maar die Patrol- en Cruiser-ouens sal spog dat hulle nie die waarborg nodig het nie.
Slotsom Die Land Cruiser 300 stel beslis nie teleur nie. Aanhangers wat van vorige Cruisers gehou het, sal ook van hierdie een hou. Dit is verblydend dat maatskappye soos Toyota, Nissan, Mercedes-Benz en Jeep na hulle ou kliënte kyk en nie dramatiese veranderinge aan hulle staatmakervoertuie aanbring nie. Moet jy ’n Land Cruiser 300 bo sy mededingers kies? Hulle is almal uitstekende rygoed en as jy in hierdie prysklas na ’n voertuig soek, dan weet jy tog reeds wat jy gaan koop.
SPESIFIKASIES Model getoets..................................................................................................... Land Cruiser 3.3D GR-S Enjin ................................................................................................................................................. 3 346 cc, V6 Krag .............................................................................................................................. 225 kW @ 00 r.p.m. Wringkrag................................................................................................................ 700 Nm @ 1 600 r.p.m. Ratkas..........................................................................................................................10 spoed-outomaties Topspoed........................................................................................................................................... 210 km/h Brandstofverbruik..................................................................................................................8,9 ℓ/1 0 km Tenk................................................................................................................................................................. 80 ℓ Maksimumsleepgewig..................................................................................................................3 500 kg Afmetings.........................................................................................4 950 (l) x 1 980 (b) x 1 900 mm (h) Grondvryhoogte ..............................................................................................................................235 mm Nader- en vertrekhoek.......................................................................................................... 32° en 26,5° Wielgrootte .................................................................................................................................. 265/65 R18 Veiligheidsgradering......................................................................................................Tans onbekend Diensplan .................................................................................................................... 9 dienste/90 000 km Waarborg...........................................................................................................................3 jaar/100 000 km Prys....................................................................................................................................................R1 811 900
Die Land Cruiser 300 stel beslis nie teleur nie. Aanhangers wat van vorige Cruisers gehou het, sal ook van hierdie een hou.
VAN DIE MEDEDINGERS Groot sportnutse wat getrou bly aan hulle herkoms
R1 029 900
Jeep Grand Cherokee Overland
Ja, Jeep het die vaste asse van die oorspronklike 1992-model verruil vir onafhanklike vering, maar sy aanhangers bly dieselfde mense.
R1 618 900
Nissan Patrol
Nissan se juigkommando omarm elke geslag Patrol en het niks slegs te sê oor hulle gunstelingrygoed nie – van die oudste (1951) tot die jongste (2010).
R2 633 000
Mercedes-Benz G-klas
Hy’s in 2018 vernuwe, maar lyk feitlik dieselfde as 42 jaar gelede, en dis ook dieselfde soort mens wat vandag een koop as destyds.
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 81
RY-INDRUK
Grensvegter! Die Nissan Navara Pro-4X lyk slaggereed vir aksie. Ons ry hom op ’n 4x4-veldroete om uit te vind hoeveel houe hy kan vat. Teks en foto’s Cyril Klopper
D
ie Nissan Navara is beskikbaar in 6 enkel- en 11 dubbelkajuitmodelle, met die 2.5 DDTi Pro-4X 4x4 die vlagskip. Hy is ’n bakkie vir die leefstylmark, gemik op die gesinsman wat ’n spoggerige bakkie soek vir elke dag se gebruik werk toe en terug, en daarna sy gesin op ’n vakansie neem waar viertrek dalk nodig is op pad. Dit is ’n mooi ryding, op ’n macho manier, veral met sy “Warrior Grey”-kleurskema wat beperk is tot dié model. Die stilering is so reg uit Amerika waar groot sierroosters, groot luginlate en groot plakkers aan die orde van die dag is, en waar enigiets met die woord “Pro” vooraan die naam soos soetkoek verkoop.
NISSAN NAVARA PRO-4X 82 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Buite en binne Die Pro-4X onderskei hom saam met die tweewielaangedrewe Pro-2X van die ander Navaras deur middel van ’n swart sierrooster met ’n swart kenteken, swart wielvellings, swart syspieëltjies en swart treeplanke – dis die sogenaamde “tactical”-voorkoms wat deur Amerikaanse spesiale magte soos die SWAT-eenhede gewild gemaak is en deesdae geliefd is onder doodgewone landsburgers. Daar is ook ’n groot Pro-4X-plakker op die agterkwart van die bak wat dit duidelik maak dat dié Navara nie hier is om te speel nie. Hy het ook oranjerooi plakkers op die voorbuffer en wielboë wat soos herwinnings-
punte en weerkaatsers lyk, maar nee, dis bloot plakkers om die Pro-4X meer rof en onbeskof te laat lyk. Die naam “Navara” is in die plastiek van die sierrooster en in die metaal van die agterklap gepons – iets wat bydra tot daardie taktiese voorkoms. Die laaibak het ’n dekseil wat dig toespan en slegs oopgerol kan word nadat jy die sluitbare agterklap oopmaak. Hoewel die seil stofdig is, is die agterklap beslis nie. Die gaping tussen die klap en die bak is groot genoeg dat jy al jou kampgoed agterop die bakkie deur die skrefie kan sien. Ons kampgoed en proviand was ná slegs ’n paar kilometer op ’n grondpad met ’n dik laag stof bedek – ondanks die dekseil.
LEKPLEK. Die skrefie tussen die klap en remlig (regs) laat stof deur, selfs al is jou kappie stofdig. Die laaibak het stewige verstelbare ankerpunte sodat jy swaar goed soos veldmotorfietse agterop kan vasmaak (bo).
’n Bosal-sleepstang kom standaard en die haak is verwyderbaar. Die stang is goedgekeur vir 3 500 kg met ’n vertikale dravermoë van 140 kg. Binnelangs tref die leersitplekke dadelik die oog met hulle geborduurde Pro-4X-kentekens, maar vir ’n voertuig wat ’n driekwartmiljoen rand kos, is dit vreemd dat slegs die bestuurdersitplek elektries verstelbaar is, ook dat jy nie die stuurwiel nader aan jou lyf kan trek nie. Die instrumentasie op die middelkonsole lyk ook effens outyds en daar is heelparty leë plekhouerdoppies waar ’n mens werkende skakelaars sou verwag. Nissan het vermoedelik voorsiening gemaak dat jy jou eie knoppies kan installeer – dalk vir kolligte of ’n lugdrukewenaarslot. Óf dalk ’n missiellanseerder... Die raakskerm op die middelkonsole is helder en die inligting daarop mooi duidelik leesbaar. Net soos met die Toyota Land Cruiser 300 op die vorige blaaie gebruik die Nissan Navara vier kameras in die bakwerk om ’n driedimensionele beeld van die terrein rondom jou te skep. Dié beeld help as jy alleen deur hindernisse ry, maar ons het nietemin ’n treeplank gebuig en ’n wielvelling gekrap omdat ons die beeld op die raakskerm slaafs geglo en ’n kliptrap se werklike hoogte onderskat het. Dis ons fout, aangesien ’n boodskap op raakskerm waarsku: Maak seker dis veilig voor jy beweeg. Die sitplekke is gemaklik en al vyf manskappe het oorgenoeg kop- en beenruimte. Hier is vier USB-sokke en die bottelhouers in die deure sluk selfs 1,5 ℓ-plastiekbottels. Die agterste troepies kry ’n lugreëlinguitlaat wat hulle self kan aan- en afskakel, hoewel hulle nie die temperatuur kan beheer nie. >
Dit is ’n mooi ryding, op ’n macho manier, veral met sy “Warrior Grey”kleurskema wat beperk is tot dié model.
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 83
RY-INDRUK
Hoe ry hy? Die Nissan Navara sorg beslis vir ’n interessante eerste ry-indruk. Wanneer jy die aansitterknop druk, is daar ’n la-a-ang pouse (terwyl die spoel die diesel opwarm) voordat die enjin vat, en die 7 spoed- outomatiese ratkas voel effens lusteloos vergeleke met dié van ander bakkies. Die ratkas werk egter heel lekker wanneer jy oorskakel na laestrekratte, en omdat die toere in laestrek heelwat hoër is, fluit die turboaanjaer sommer vroeg al. Die eerste paar keer toe die turbo inskop, het ons rondgekyk om sien waar is die jakkals wat so tjank! Die vering moet ons lof toeswaai: Die Navara het kronkelvere agterlangs en dit lewer beslis ’n gemakliker rit as bakkies met bladvere. Bakkies met kronkelvere is nie iets uit die bose nie, want volgens Nissan kan die Navara 1 003 kg dra – nie dat die gemiddelde Navara-eienaar sommer 20 sakkies sement sal rondkarwei nie. Iets wat ons egter ’n bietjie laat kopkrap, is dat die Suid-Afrikaanse Navara ’n verouderde 2,5 ℓ-turbodiesel kry terwyl lande soos Australië toegang het tot die nuwer 2,3 ℓ-dubbelturbodiesel. Die 2.5-enjin is in 2006 deur Nissan ontwikkel, spesifiek vir die Navara, terwyl die nuwer 2.3-weergawe in 2010 deur Renault gebou is vir sy Master-afleweringsbussie. Dis terloops dieselfde enjin wat in die Mercedes-Benz X250d-bakkie diens gedoen het. Van die X-klas gepraat: Dis jammer Nissan kon nie Mercedes se V6 erf vir sy Navara nie – dít sou nou vir jou ’n ding gewees het! Die twee enjins skep identiese krag en wringkrag – onderskeidelik 140 kW en 450 Nm – en daarom is ons nie jaloers op die Aussies nie. Die rede waarom ons die ouer 2.5 kry, is glo omdat hy makliker en goedkoper is om aan te werk as die 2.3. As dit inderdaad so is, is ons dankbaar. Die brandstofverbruik op die langpad was 9,5 ℓ/100 km, maar dit het skerp gestyg tot 17,5 ℓ/100 km op die 4x4-veldryroetes. Kortom, die Nissan Navara Pro-4X lewer ’n puik rit wat betref gemak, maar die ratkas is effens traag en die turboaanjaer maak ’n fluitgeluid wat aan die begin ’n snaaksigheid is, maar dit raak later banaal, nes ’n aksiefliek waarin die patrone van ons held se masjiengeweer net nie wil opraak nie.
Die mededingers Suid-Afrika is ’n bakkieland en mededingers is legio. Sy naaste teenstaanders wat prys betref, is die Volkswagen Amarok Highline, die Ford 84 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
WAKENDE OOG. Die kamerastelsel help dat jy gevare rondom jou raaksien (bo). Ons wens alle bakkievervaardigers wil ’n sleepstang op die koop toe bied (links onder).
SPESIFIKASIES Model getoets............................................................................................ Navara 2.5 DDTi Pro-4X 4x4 Enjin ................................................................................................................................. 2 448 cc, sessilinder Krag .............................................................................................................................. 140 kW @ 3 600 r.p.m. Wringkrag................................................................................................................ 450 Nm @ 2 000 r.p.m. Ratkas............................................................................................................................ 7 spoed-outomaties Brandstofverbruik..................................................................................................................9,5 ℓ/100 km Tenk................................................................................................................................................................. 80 ℓ Vraggewig............................................................................................................................................1 003 kg Maksimumsleepgewig..................................................................................................................3 500 kg Afmetings.........................................................................................5 260 (l) x 1 875 (b) x 1 845 mm (h) Grondvryhoogte ..............................................................................................................................221 mm Nader- en vertrekhoek.......................................................................................................32,6° en 26,5° Waaddiepte.........................................................................................................................................600 mm Wielgrootte .................................................................................................................................. 255/65 R17 (EuroNCAP 2015) Veiligheidsgradering............................................................................... Diensplan ............................................................................................................................ 6 jaar/90 000 km Waarborg...........................................................................................................................6 jaar/150 000 km Prys.......................................................................................................................................................R749 000
VAN DIE MEDEDINGERS Luukse 4x4-bakkies van rondom ’n driekwartmiljoen rand.
R731100
Volkswagen Amarok 2.0 Highline
Wat gerief betref, is die Amarok die Navara se eweknie. Die 2 ℓ-Duitser is egter meer bedeesd.
R737 000
Ford Ranger 3.2 XLT
Hy’s groter, swaarder, sterker en gewilder as die Navara – en hy’t óók ’n Amerikaanse klap weg. Ranger XLT en die Toyota Hilux GD6 Legend. Die Navara en die Ranger kom uit met sinvolle 17 duim-wielvellings, wat meer geskik is vir veldry as die 18 duim-vellings van die Amarok en Hilux. Die Ranger en die Hilux is albei langer as die Navara (eersgenoemde ’n hele 10 cm), wat beteken die Navara pas makliker in ’n standaardmotorhuis. Wat gewig betref, is die Ranger teen 2 214 kg die swaarste, met die Navara op 2 023 kg, maar dit beteken die Ranger mag byna 200 kg meer sleep as die Navara, danksy Suid-Afrika se vreemde regulasies. Die Navara se grondvryhoogte is betreklik swak teen 221 mm, terwyl die Ranger en Amarok albei 237 mm hoog staan. Die Navara www.weg.co.za
se toegelate vraggewig is egter ’n verstommende 1 03 kg, met sy naaste teenstander, die Ranger, op 841 kg. Nissan se waarborg geld vir 6 jaar – iets wat geen mededinger kan ewenaar nie. Ford s’n is 4 jaar, maar die ander twee bied net die helfte van Nissan se waarborgtydperk.
Slotsom Die Nissan Navara Pro-4X is ’n lekker ryding. Ons vergewe die trae ratkas, want die turboaanjaer met sy lawwe fluitgeluid vergoed daarvoor. Sy taktiese swart afwerking sal nie in almal se smaak val nie, maar dis ’n bakkie vir Jan Alleman wat sy innerlike Rocco de Wet wil uitleef.
R759500
Toyota Hilux GD6 Legend
Die Hilux is nie so gerieflik as ’n Navara nie, maar Hilux-eienaars soek nie ’n bakkie wat soos ’n rusbank voel nie.
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 85
SLEEPTOETS
Méér as net grimering
MITSUBISHI PAJERO SPORT 2.4 DI-DC 4x4 (8 SPOED-OUTOMATIES)
Die nuwe ontrimpelde Mitsubishi Pajero Sport het nie net vietser lyne nie, maar sy sleepspiere het ook ’n stewige dosis opkikkers gekry. Teks en foto’s Leon Botha
N
adat ons net meer as drie jaar gelede die Pajero Sport onder hande geneem het, het Mitsubishi nou met die ontrimpeling ook ’n derde model bygevoeg. Die Exceed-model is effens luukser toegerus en sluit dinge soos ’n sondak en elektriese agterdeur in. Die nuweling het dieselfde enjin as die ander twee. Die neus en stert het heelwat aandag gekry, en die analoë instrumentepaneel is volledig elektronies. Onder in die paneel is byvoorbeeld ’n klein grafiese voorstelling van die Pajero se agterkant. Sodra jy die rem
trap, skyn die agterligte van die mini-Pajero in die instrumentepaneel ook. As jy nie net op sleep fokus nie, is die nuwe aanbod ’n gawe een. Maar Mitsubishi blyk heel beskeie te wees as dit by die nuwe ratkas kom. Die maatskappy beskryf dit as die “splinternuwe 8 spoedoutomatiese ratkas met intelligente wisselbeheer”. Wat sleep betref, moes dit sekerlik bydra
86 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
tot die nuwe Pajero se dramaties beter vermoë.
Hoe staan sake nou? Die vorige twee modelle was beperk tot ’n sleepvrag van 1 800 kg, terwyl die 4x4-model se tarragewig meer as 2 t was. Dit was een van die aspekte wat ons destyds uitgelig het, want op papier kan die Pajero meer sleep as net 1 800 kg.
Die nuwe Pajero Sport se sleepvermoë is met ’n derde verbeter: Die perk is opgestoot tot 2 700 kg vir al drie modelle, wat beteken ’n mens kan ’n veel groter verskeidenheid waens sleep. Tog is daar effense verwarring, want as jy na woonwaens met inloopremme kyk, mag jy nie so ’n gewig aan die Pajero haak nie. Tog is die oorgrote meerderheid woonwaens hiermee
toegerus. Die nuwe syfer beteken steeds dat jy nou ook waens met ’n massa van swaarder as 1 800 kg tot ’n brutovoertuigmassa van 2 110 kg (die tarragewig van die Pajero) kan oorweeg. Dit sluit in padwaens soos Destination se Magic All Terrain (BVM 2 000 kg), die Okto Chateau (1 890 kg) en die Quantum Pinnacle (1 950 kg).
Kyk voor na agter Die Pajero Sport se truskerm is natuurlik ’n nuttige hulpmiddel wanneer jy terugstoot om die woonwa te haak, maar soos in die geval van die toetsvoertuig het dit nie dinamiese indekslyne wat beweeg soos jy die stuur draai nie. Jy kan die stang se bol op die beeld sien, maar dis nie onder in die middel nie; eerder op die derdelyn na regs. Dit is omdat die lens 25 cm na links bo die bol gemonteer is – met die vorige
Dít is wat Pieter Crous, ons sleepkenner, sê. Ek verkies ’n effens strammer stuur soos dié omdat jy ’n beter gevoel kry. Pajero is bekend vir sy goeie www.weg.co.za
4x4-stelsel, en buiten dat hierdie voertuig nie ’n meganiese handrem het nie, het jy twee opsies met die elektriese noodrem: Die een is bloot ’n knoppie wat die rem aktiveer – jy kan maar die versneller trap, die remme gee nie bes nie. Maar langs dié knop is ’n tweede een: die Auto Hold. As jy hom druk, gryp die noodrem outomaties wanneer jy stilhou, en as jy weer die pedaal trap, gee die rem stil-stil bes en daar gaan jy. Hierdie noodrem is werklik uitstekend. Net soos met die vorige model is die vering sag, maar nie só erg dat dit hinderlik is nie. Jy voel wel ’n ligte wieg in die
lengte van die sleepkombinasie soos die woonwa se koppelstuk op die bol van die haak steun wanneer jy deur slegte knikke ry. As gevolg hiervan sou ek taamlike bakrol verwag, maar het weinig gevoel. Die nuwe elektroniese instrumentepaneel is mooi duidelik, en dis maklik om te sien hoe sake staan met dinge soos die spoed, omwentelinge en brandstofverbruik. Die Mobi Lodge is aan die swaar kant, maar die kombinasie self sleep mooi stewig, selfs teen 120 km/h op die snelweg. Die agtspoedratkas verander so glad soos kan kom en val ook
model was dit ook die geval. Nietemin gee dit jou ’n stel oë agter die kar wat dit maklik maak om sonder hulp terug te stoot. Ook soos met die vorige model weet die rekenaar nie as jy die ligtesok aan die harnasprop koppel nie, wat beteken die Pajero Sport se tru-alarm skreeu dat jy teen iets gaan vasry. Gelukkig is daar by jou regterknie ’n knoppie om die waarskuwingklank af te skakel. Die sleepstang is steeds nie standaard nie, maar as ons die twee toetsvoertuie se stange vergelyk, is die nuwer een afgeskaal, maar ook meer in lyn met wat die Pajero kan sleep. Net soos voorheen is die stang van Bosal, maar die vorige een was vir 3 t gesertifiseer met ’n maksimum afwaartse gewig van 140 kg op die bol. Op die nuwe model is die syfers onderskeidelik 2 790 kg en 120 kg. >
nie onnodig rond tussen die ratte om momentum te hou nie. Dit is dus geen moeite om tot by 120 km/h te versnel nie en ook nie om jou spoed op die snelweg te hou nie, selfs al kry jy ’n effense bult. Die Pajero Sport skrik nie vir ’n swaar woonwa nie en steek glad nie lyf weg nie. Die ratkas is ook flink en reageer vinnig as jy die versneller trap. As ek oor iets kan kla, is dit die klein agterruit – jy sukkel om iets in die truspieël te sien. Gelukig is dié spieël van minder belang wanneer jy sleep, want dan maak jy eerder staat op die syspieëls.
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 87
SLEEPTOETS
En die brandstofverbruik? Ons het die nuwe Pajero by die diep kant ingegooi en sommer uit die staanspoor ’n taamlike swaar woonwa gehaak. Die Mobi Lodge trek die skaal op 1 660 kg, terwyl die Jurgens Safari Explorer met die vorige toets 1 480 kg was. Die Mobi Lodge se romp is meer vaartbelyn, maar ook groter, en daarom sal ’n mens dink die enjin gaan dorser wees met die swaarder gewig. Boonop was hierdie toetsvoertuig splinternuut. Toe ons hom teruggee ná ons reis tussen die Kaap en George, het die odometer op 1 339 km gestaan. Die vorige toetsvoertuig se litte was al mooi los met 13 500 km op die klok. Die vorige toets was ook in die Franschhoek-omgewing, maar
SLEEPPROFIEL
Hoogte bo seespieël 383 m 300 m
dié slag het ons nie grondpad ingesluit nie, hoewel die toetsrit self 13 km langer was: 146 km teenoor 133 km. Die verbruik was byna identies: 13,7 ℓ/100 km (7,3 km/ℓ) teenoor die vorige syfer van 13,8 ℓ/100 km (7,2 km/ℓ). Dis steeds ’n syfer waaroor ’n mens nie kan kla nie. Op die ooppad en met ’n volgelaaide bagasiewaentjie (BVM 750 kg) en vier mense in die Pajero het die verbruik afgekom tot 10,9 ℓ/100 km (9,2 km/ℓ). Die brandstofwaarskuwingsliggie gaan aan wanneer daar ongeveer 9 ℓ brandstof in die tenk oor is. Mitsubishi moet nou net die beskeie tenk van 68 ℓ tot 80 ℓ vergroot sodat die reikafstand met die woonwa eerder nader aan 600 km kan wees.
Die sleepding
Fabrikaat Mobi Lodge Model Continental Jaarmodel 2020 BVM 1 950 kg Gelaaide gewig op die as tydens toets 1 660 kg
Afstand 146 km Pad Snelweë, agterpaaie en beboude gebiede Totale sleeptyd 4 uur en 32 minute Weer 21 ºC, sonnig met ’n suidewind van 15 km/h
Goodwood
Weegbrug
Stellenbosch
Ry & Sleep het die Mobi Lodge by Cape Mobi Adventure in Kaapstad geleen. Bel vir Reghardt van Vuuren by 082 322 8325 as jy die Mobi Lodge van nader wil bekyk. Mobi Lodge het ook kantore in Gauteng en Mpumalanga. mobilodge.com
Helshoogte
Jonkershoek-reservaat
200 m 100 m 28 m 0
15 km
88 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
29 km
44 km
58 km
73 km
87 km
R684 995
Mitsubishi Pajero Sport 2.4 DI-DC 8 spoed-outomaties 4x4
430 Nm
Van die mededingers
(7 sitplekke, 4x4, diesel en outomaties)
Ry & Sleep sê Die stang is nie standaard nie, en afhangend van die spesifieke soort kos dit tussen R7032 en R8408 (installering uitgesluit).
SPESIFIKASIES Model ................................................................. 2.4 DI-DC 8-spoed 4x4 outo Enjin .................................................................................4 silinder-turbodiesel Krag ...................................................................................133 kW @ 3 500 r.p.m. Wringkrag.....................................................................430 Nm @ 2 500 r.p.m. Ratkas................................................................................ 8 spoed-outomaties Aandrywing................................... Agterwiele of 4x4 met middelste en agterste ewenaarslot Tenk......................................................................................................................68 ℓ Brandstofverbruik met woonwa................. 13,7 ℓ/100 km (7,3 km/ℓ) Reikafstand met woonwa..................................................................496 km Tarragewig ...............................2 060-2 110 kg (afhangend van ekstras) Gewig tydens toets (neusgewig van wa ingesluit)................ 2 340 kg BVM ............................................................................................................. 2 775 kg BKM ............................................................................................................. 5 565 kg Kombinsasiemassa tydens toets................................................. 4 000 kg Sleepvermoë .......................................................................................... 2 700 kg Sleepstang se perk.............................................................................. 2 790 kg Sleepstang se maksimum- vertikale gewig...............................120 kg Is die stang verwyderbaar? .............................................Nee, net die bol Is daar plek vir ’n sakplaat? .........................................................................Ja PRYS........................................................................................................ R684 995
R300-deurpad
Klapmuts
Goodwood
383 m 300 m 200 m 100 m 28 m
102 km
116 km
www.weg.co.za
131 km
R651 400
Toyota Fortuner 2.4 GD8
400 Nm
Het ’n 6 spoed-ratkas en kan 3 300 kg sleep.
R711 500
Ford Everest 2.0 BiT XLT
500 Nm
Het ’n 10 spoed-ratkas en kan 3 100 kg sleep.
R770 400
Isuzu mu-X 3.0
380 Nm
Het ’n 6 spoed-ratkas en kan 3 000 kg sleep..
146km
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 89
WOONWATOETS
Rambo se wa Conqueror UEV-14i
Met sy stewige bou is die klein Conqueror reg vir Afrika se rofste paaie. Ons staan ’n bietjie nader. Teks en foto’s Helenus Kruger
W
at boumateriaal en algemene voorkoms betref, verskil Conqueror se UEV-reeks van die res van sy boswaens. Pleks van metaal bestaan die panele van die bakwerk hoofsaaklik uit ’n sintetiese materiaal – een van die redes hoekom die UEVwaens wit is. Die reeks bestaan uit vier waens. Ons haak die klein UEV-14i en kyk wat in hom steek.
90 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Wat gebeur regs? Hier is ’n groot afswaaideur wat na die binnekas toe oopmaak, nog een aparte kassie, ’n 220V-sok vir die kragtoevoer, ’n sigaretaanstekersok en die watertenk se prop. Tussen die afswaaideur en neuskas is dus die kassie met nog pakplek, en onder dit, by die onderstel, ’n metaalkas waar jy tentpenne of die gereedskapkissie kan pak. Aan die ander kant is nog so ’n kas. Die neuskas se voorkant en die dele van die wa wat langs die kante uitsteek, het riffelplaat wat jou wa beskerm teen opslagklippies. In die regterkant is die waterpomp en gassilinders plus die gasgeiser wat teen die binnekant van die deur gemonteer is. Teen die voorkant van die neuskas word ’n graaf, byl en graslem vasgesit.
Kry jou staan Die UEV-14i het vier afswaaihoekstutte, en met die hulp van die lugvering se kompressor kry jy die wa vinnig waterpas. Volgende lig die dak: Op elk van die hoeke is ’n lugstut – maar onthou om die stoepdak te span vóór jy die dak lig, anders gaan jy ’n leer moet gebruik om by te kom. Om die slaapplek se tent op te slaan moet jy binne-in die wa klim – hiervoor is daar ’n afswaaitrappie. Die bed se basis skuif eerstens van binne af uit oor die A-raam – sorg dus dat daar niks bo-op die neuskas gepak is nie. Rits nou die tent aan die onderkant van die bed vas, want volgende span
www.weg.co.za
jy die dak. Die maklikste is om jou lê op die matras te kry en dan die U-rame boontoe op te swaai. Klitsritsstroke vou om die U-raampale en twee los paaltjies pas tussen die U-rame in om dit stewig in plek te hou. Die laaste stap is om die vensters se afdakkies buite met veerlatte te span. Terloops, al die venters het muskietnet voor wat kan ooprits. >
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 91
WOONWATOETS Stort aan die agterkant Die storttent slaan van bo af en langs die noodwiel aan die agterkant oop. Hier is ’n kraan met ’n verlengstuk en ’n stortkop vir die warm en koue water. Die tent se toeritsdeur is aan dieselfde kant as die wa se deur. Onthou, die een kant van die storthokkie is teenaan die noodwiel waar die braairooster ook vaskom – maak dus seker hy is skoon, anders gaan jy moet tent skrop. Die jerrykanne se plek is aan weerskante van die noodwiel en tent.
Wat is standaard? Van die standaarditems sluit in die noodwiel met een ekstra wielnaaf, ’n dak wat met druklug gelig word (kompressor ingesluit), 2 watertenks (110 ℓ en 83 ℓ), die kombuis op sy glyraam, waterpomp met loodgieterswerk, 15 ℓ-geiser, LED-binneligte met helderheidskakelaar, buiteligte, ’n storttent,12V/ 220V-kragstelsel met ’n 102 Ah-battery, binnewasbak en kraan. Die lys van opsionele ekstras sluit in: ’n 82,5 ℓSnoMaster-ys-vrieskas van vlekvrye staal (R16 779), nr. 10-gassilinder (R745), messegoed en breekware (R1 746), braairooster wat oor die noodwiel pas (R1 449), kassettoilet (R3 432), lugvering (R25 841) en die L-stoepdak (R6 624).
92 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Die ander binnekant In die oop ruimte voor die bed is ’n opslaantafeltjie met bankies aan weerskante: een aan die voetenent van die bed en die ander teen die agterkant van die wa. Die tafeltjie neem die meeste van die ruimte op; slaan hom dus af wanneer jy hom nie gebruik nie. Die bankie aan die bed se kant dien ook as trappie om op die bed te klim. Agter die trappie staan die kompressor in sy eie kas. Tussen die sitplek en die vloer is vier hokkies met seildeurtjies – net reg vir ’n paar bottels wyn. Hier is hope pakplek en genoeg kassies sodat twee mense vir ’n halwe maand kan vakansie hou. Die groot tweedeurkas is aan die regterkant, tussen die wa se agterkant en die bed. Die kas het een lang rak bo, met die onderste deel wat in die lengte in twee verdeel is. Die kas het ook ’n deur aan die buitekant wat die pakwerk by die huis makliker maak. Bo-op die kas is neersitplek. Aan die oorkant van die oop ruimte is ’n blad van byna 1½ m wat bo-oor die buitekombuis se kaste strek. Albei hierdie oppervlakke loop teenaan die sypanele tot teenaan die bed – daar’s dus plek vir jou waterbottel en selfoon wanneer jy snags gaan inkruip. Wanneer jy inklim, is daar ’n tweedeurkassie reg by die deur – hierin kan jy kampgoed soos verkykers en kameras bêre wat jy vinnig wil gryp sonder om in die wa in te klim. Bo-op is ’n klein wasbak met ’n warm- en kouewaterkraan, en regs van die wasbak pakplek. Die leefgedeelte word goed verlig deur ’n strook LED-ligte reg rondom teen die dak waarvan die helderheid verstel kan word. Die skakelaar is langs die radio by die deur, wat lekker prakties is, want jy kan die ligte
aanskakel voor jy in die wa klim. (Die luidsprekers vir die radio is aan die wa se agterkant teen die dak vasgesit.) Onder die radio is drie 220V-proppe – een die gewone driepunthuissok en twee tweepuntproppe – en twee USB-sokke. Die kassettoilet se bêreplek is links van die wasbak, onder die bankie. Links hiervan is die kragboks met Hella-punte, USB-sokke, skakelaars vir die yskas, ligte, waterpomp en ’n digitale meter waar jy die watervlak, batterylading, kragtoevoer van die sonpaneel en die buitetemperatuur kan sien.
Linksom kombuis toe Die buitekombuis se uitleg is tipies boswa: Daar’s ’n ys-vrieskas op sy glyraam, die stoof en wasbak (ook op ’n glyraam), die koskas met ’n werkblad langsaan, en ’n drankkabinet. Die uittreklaai bo die ys-vrieskas is groot genoeg om jou potte en panne te sluk. Die rak regs van die yskas met die stoof en wasbak het ’n vierplaatgasstoof. Die deksel bo-oor die stoof se branders word ’n windskerm wanneer jy dit opslaan. Jy was jou skottelgoed in ’n enkelwasbak regs van die stoof. Net soos die stoof se deksel is die wasbak en droograk van vlekvrye staal. Onder die stoof en wasbak is twee laaie: links kom die messegoed en borde (6 van alles) in stewige pakplek met metaalgleuwe. Jou braaitang, eierspaan en dies meer pas ook hierin. Die regterkantste laai is kleiner en net reg vir jou speserye en ander goed wat jy byderhand wil hê wanneer jy kosmaak. Die water kom uit twee watertenks (altesame 193 ℓ), en die 15 ℓ-geiser in die neuskas sorg vir die warm water. Ingeval die water-
pomp jou in die steek laat – of as jy die tenks wil dreineer – is daar ’n kraan by die A-raam. Hier is nie ’n werkblad langs die stoof nie, maar regs van jou is die vlekvryestaalblad van die koskas. Jou kruideniersware kan in die boonste helfte van die kas gepak word. Die koffiebekers, papbakkies en wyn-, koeldrank- en waterglase is op die onderste rak, in ’n stewige raamwerk. Jy kan jou koffie, tee en beskuit weerskante van die bekers pak. Binne-in die kas is die 220V-twee- en driesokkragpunte plus ’n 12V-sigaretaanstekersok. Soos al die ander kassies in die wa het dié een ook ’n LED-liggie binne en is met mat uitgevoer. Die kombuis se lig kom van twee LED-liggies: een bo die stoof en wasbak, en die ander bo die koskas – hulle is teen die romp van die wa vasgesit. ’n Klein drankkabinet met plek vir drie wynbottels en vier glase is aan die binnekant van die wa se deur gemonteer. Jy doen die skinkwerk op sy afswaaideurtjie wat ’n tafeltjie vorm.
Ry & Sleep sê
Conqueror maak dit maklik wanneer een wiellaer byvoorbeeld die gees gee, want jy vervang dit eenvoudig met die ekstra wielnaaf.
R373 277
CONQUEROR UEV-14i
BVM 1 800 kg
2 VAN DIE MEDEDINGERS
Eiesoortige boswaens vir 2 met ’n opligdak
R308 000 SPESIFIKASIES Vervaardiger............................................................................................................................................. Conqueror Model ..................................................................................................................................................................UEV-14i Slaapplek............................................................................................................................................ 2 volwassenes Grootte ............................................................................................................................... 4,424 x 2,004 x 1,952 m Bande ............................................................................................................................................................................16” As ...................................................................................................................................................................................... 2 t Tarragewig....................................................................................................................................................... 1 180 kg Dravermoë.......................................................................................................................................................... 620 kg BVM ..................................................................................................................................................................... 1 800 kg Onderstel.............................................................................................................................. Elektro-gegalvaniseer Romp ..................................................................................................... Aluminium en sintetiese samestelling Standaardprys............................................................................................................................................. R373 277 Handelaarsnetwerk .................................................................... Hoofkantoor op Heidelberg (Gauteng), ............................................................. 9 takke landwyd plus Namibië (Windhoek) en Botswana (Maun). Kontak........................................................ 016 349 6533 conqueror.co.za info@conqueror.co.za
www.weg.co.za
INVADER DUO
BVM 1 500 kg
Het 15”-wiele, ’n 1,8 t-as en veselglasromp.
R225 803
TUFF CATS NZUDZI
BVM 1 800 kg
Het 17”-wiele, ’n 1,8 t-as en aluminiumromp.
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 93
KAMPBOFFIN
Makliker as wat dit lyk Dit kan jare neem om die kuns van wasleep te bemeester. Maar ’n mens moet êrens begin. Teks Leon Botha Foto’s Nicole en John Ostrom
W
anneer ’n mens 18 word, breek die tyd natuurlik aan om jou rybewys te kry. Vir die ligtevoertuigrybewys (kode B) moet jy eers die leerlingrybewys slaag en dan leer bestuur – dan na die toetsbaan terugkeer en jou bes doen om wéér te slaag. Party mense is so gelukkig en kry dit reg om dit met die eerste probeerslag kaf te draf, maar dis niks snaaks om ’n tweede of selfs derde keer te probeer nie. Met jou “lisensie” in jou sak kan jy op jou eie die wêreld verken. Tog mag jy die meeste woonwaens op die pad nié sleep nie, want met jou rybewys mag jy slegs ’n waentjie van 750 kg of ligter sleep, wat kleiner waens soos Gypsey se Lite of die Peri Peri van Aloe Caravans – insluit. Die res is te swaar – vir hulle het jy ’n sleeprybewys (kode EB) nodig. Om jou sleeprybewys te kry is makliker as
94 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
wat jy dink, sê Nicole Ostrom van Randburg. Sy is in die dertig en het besluit om die bul by die horings te pak sodat sy met haar eie woonwa kan gaan kamp. Nicole kamp sedert haar tienerjare saam met haar ouers. Haar pa, John Ostrom, het vroeg al in ’n Camptech-kampwaentjie belê. Dié is later jare verkoop, maar die Ostroms het aanhou kamp, in tente. Naderhand het Nicole die huis verlaat, maar die tenttradisie het voortgegaan. Sy het haar kode B-rybewys vroeg in 2003 geslaag, maar eers 16 jaar later sou die kwessie van die sleeprybewys opduik. Dis iets wat nog altyd in haar visier was, maar dit het vir haar net té moeilik gelyk. Toe kruis haar paaie met dié van ’n rybewysinstrukteur... en Nicole besluit dis sulke tyd. Heel eerste moes sy weer ’n leerlingtoets aflê waarna sy een praktiese les saam met die
HELP JOUSELF. Van uitstel kom afstel, lui die spreekwoord, maar vir Nicole het die“uitstel”op ’n dag gelei tot ’n afspraak vir haar sleeprybewys. Sy kon die terugstoot met ’n wa onder die knie kry, en wat daarna gevolg het, was bloot ’n formaliteit.
instrukteur voltooi het. Die instrukteur was in sy skik, maar sê Nicole moet vir die volgende rukkie eers op haar eie oefen. Die grootste uitdaging was natuurlik die terugstoot met ’n sleepwa. Reguit terug was geen probleem nie, maar dis daardie om-die-hoek-terugstoot, die gangparkering, wat vir die grys hare sorg. Nicole sê dit was eerder om te leer watter kant toe die stuur moet draai om die sleepding op ’n sekere manier te laat reageer. Sy het haar pa se waentjie geleen en in haar Volkswagen Polo stadig maar seker die mas begin opkom. Nicole het dit waarskynlik nie besef nie, maar ’n sleepwa is een van die moeilikste sleepgoed om mee terug te stoot, omdat die as so naby aan die koppelstuk sit. Maar Nicole kry dit só goed reg dat die instrukteur aankondig dis tyd vir die groot dag. Hiervoor klim Nicole in die instrukteur se Polo en haak ’n klein boswa... en stoot terug soos ’n koning. In albei die terugstoottoetse slaag Nicole dit sommer met die eerste probeerslag. Die boswa word afgehaak vir die parallelle parkering, sy haak weer en die padtoets loop mooi glad. Nicole ry verlig huis toe, want sy is nou die trotse eienaar van haar sleeprybewys. Dit is alles goed en wel, maar wat help al dié moeite as jy niks het om te sleep nie? Nicole verduidelik sy werk by ’n woonwahandelaar, en al doen sy administratiewe werk en het nie regtig self met die woonwaens te doen nie, het haar voorliefde vir kamp geensins gekwyn nie. Buitendien het sy dit nog altyd in haar agterkop gehad om ’n woonwa aan te skaf. Toe, net mooi in die middel van 2021, gebeur dit: Sy koop ’n 2008 Sprite Swing. En dis nie net sy wat hieruit gaan voordeel trek nie, want nou kan haar ouers kom saam kamp. Die Swing is Nicole se eerste volwaardige woonwa waarmee sy op eie houtjie gaan kamp. Dit is ook die eerste keer dat sy self gaan haak en sleep tot in die kampplek. Maar die woonwa moet natuurlik van die handelaar af by die huis kom – genadiglik is dit net 4 km. Intussen het haar Polo plek gemaak vir ’n nuwer Renault Duster 4x4, en die kombinasie pas mooi bymekaar: Die woonwa se brutovoertuigmassa is 1 160 kg en die tarragewig van die Duster 1 241 kg. D-dag breek middel September aan: Dis tyd om met die Swing te gaan kamp! Nicole gaan vir die eerste keer die ooppad met die woonwa aandurf en bespreek plek by die Tshikwalo-wildlodge in die Dinokengreservaat. Dit is 110 km tot daar, maar vir >
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 95
KAMPBOFFIN die eerste entjie sal sy dit rustig vat en eers gewoond raak aan die nuwe ervaring. Om dadelik op die N1-snelweg te klim sal dus nie werk nie; sy sal op die agterpaaie wegspring. Uit Randburg kruis die R512 die N1, en as jy reguitaan hou, loop die pad 20 km verder tot waar jy op die volgende snelweg kan kom. Nicole is heel wys en vermy die spitstye – sy vertrek die Donderdagoggend en sal eers Maandagoggend terugkeer. “As ek nou daaraan terugdink, was die moeiliker deel van die aanvanklike sleep om in die stad tussen al die verkeer kop te hou. Omdat daar meer voertuie rondom jou is, moet jy byvoorbeeld meer op jou hoede wees wanneer jy van baan verwissel.” Ná 20 km breek die groot oomblik aan, want nou wag die snelweg. Ten minste is daar van hier af op die N14 geen ander afdraaie nie, want die pad sluit later aan by die N1
96 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
wat dan teenaan Dinokeng verbyloop. Nicole hou nie terug nie en stoot die Renault tot by 100 km/h, maar hou links op die dubbelbaanpad. Kort voor lank beland sy agter ’n vragmotor en besef dis tyd vir die eerste verbysteek met die woonwa. “Van die mense by my werk het my aangeraai om die gordyne van die Swing se vooren agterruit weg te skuif sodat ek met my truspieël deur die wa kan sien.” Die baan agter haar is skoon, sy rat af na vierde en beweeg oor in die regterbaan. Sy besluit om nie te naby aan die vragmotor verby te sleep nie, want sy weet daar is ’n kans dat die wa dalk effens kan swik as gevolg van die lugdrukverskil. Sy hou eerder ’n bietjie verder regs, maar voel tog die vakuum tussen haar sleepkombinasie en die vragmotor. Gelukkig sleep die Swing stewig... en daar gaan sy!
As ek nou daaraan terugdink, was die moeiliker deel van die aanvanklike sleep om in die stad tussen al die verkeer kop te hou.
Intussen is sy darem nie heeltemal alleen nie, want haar pa bel kort-kort om te hoor hoe sy vorder op die pad. (Uiteraard het haar sleepvoertuig ’n handvrye foonstelsel.) Van hier af kon Nicole begin ontspan, want Tshikwalo is nou net om die draai. By Tshikwalo help van die oordmense haar opslaan, en die Saterdagaand kom slaap ’n klompie familielede oor. Die rit huis toe was heelwat makliker, want nou het ’n mens geweet wat om te verwag. “Ek glo ek sal die woonwa se noodwiel langs die pad kan omruil as dit moet, maar ek sal beslis ook op my versekeringsmense se knoppie druk as ek gestrand langs die pad sit!” Terug in Johannesburg het die wind opgesteek en sy kon voel hoe dit die Duster se stuur beïnvloed. Natuurlik stoot Nicole die Swing sommer maklik terug, sonder om ’n oog te knip. Dalk is ’n groter woonwa volgende, maar een ding is seker: “Om te sleep is makliker as wat ’n mens dink,” sê sy. “As ek dit kan doen, kan enigiemand dit doen. Uiteindelik is dit tog ’n prestasie, en ek sien al klaar uit na die volgende uitstappie.” Kamp met ’n woonwa is beslis nou deel van Nicole se lewe. www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 97
4x4-PROFESSOR
Vuur by vuur Jy maak op jou trokkie staat om jou op vakansie te neem en daarna weer veilig terug by die huis te besorg. Skaf ’n brandblusser aan en help seker maak dit gebeur. Teks Cyril Klopper 98 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
V
lamme in ’n viertrekvoertuig onstaan dikwels omdat lang gras iewers in die onderstel versamel – dikwels naby die uitlaatpyp, en veral die katalisator – waar hoë temperature kan veroorsaak dat die droë gras spontaan ontvlam. Ander redes vir ’n brand sluit in kortsluitings in die elektriese bedrading, ’n enjin wat gevaarlik oorverhit, langafstandbrandstoftenks wat lek, en selfs ’n kooltjie van ’n sigaret wat agtertoe waai en iets vlambaars agterin aan die brand steek. Buiten gras in die onderstel is elektriese brande die algemeenste. So ’n brand onstaan gewoonlik as ’n dubbelbatterystelsel of sleepstang verkeerd bedraad is en ’n kortsluiting dan ontstaan. Jou voertuig se bedrading is getoets om nie probleme te gee nie – dit lol gewoonlik wanneer jy daaraan begin karring óf toestelle direk aan die battery koppel en jou voertuig se sekering (fuses) omseil. Ongeag die bron van die vlamme, die probleem met ’n voertuig wat brand, is dat jou ryding uit verskeie materiale bestaan – en elkeen van hierdie materiale brand op ’n ander manier. ’n Elektriese brand weens ’n kortsluiting moet byvoorbeeld met ’n ander soort brandblusser geblus word as een wat deur die kookolie van jou kampkombuis gevoed word.
www.weg.co.za
Soorte brande Die klassifikasie van brande verskil van land tot land, maar hier in Suid-Afrika gebruik ons die Europese ISO-standaard: A, B, C, D en F. Klas A word gevoed deur papier, hout, karton en gewone plastiek. Met ander woorde, die instrumentepaneel van jou voertuig of ’n braaivleisvuur wat buite beheer raak en die veld aansteek. Klas B word gevoed deur vloeibare brandstof soos paraffien, petrol of diesel. ’n Voorbeeld is ’n lantern wat geval het of jou langafstandbrandstoftenk wat lek en nou vlamme op die grond drup. • Klas C is elektries van aard en word veroorsaak deur byvoorbeeld foutiewe bedrading. Dit is moeilik om ’n elektriese brand in bedwang te kry omdat die vlamme op enige plek in die lengte van die bedrading kan onstaan. Klas D word gevoed deur sekere chemikalieë en metale soos magnesium, titaan, kalium en natrium. Jou bostrok behoort nie normaalweg met hierdie tipe vlamme te doen te kry nie. Klas F ontstaan gewoonlik in ’n restaurant, want dit word gevoer deur kookolie, ander vette en vloeibare gasse. Uiteraard hou dit ’n gevaar in vir enigeen wat ’n kampkombuis agterin ’n bakkie se kappie saamry. >
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 99
4x4-PROFESSOR SOORTE BRANDBLUSSERS
Ons het ses hoofsoorte brandblussers. Elkeen blus minstens een soort brand wat in die klassifikasie op die vorige blad bespreek is.
Nat chemiese brandblussers blus gasvlamme en brandende kookolie en vette deur die vuur met ’n chemiese “kombers” te versmoor. Dit werk ook op organiese materiaal soos hout. Gebruik nat chemiese brandblussers vir ’n klas A- en F-brand.
’n Koolstofdioksied-brandblusser verplaas die suurstof in die lug en verwyder hitte uit ’n brand. Dit is die korrekte soort brandblusser teen vloeibare brandstof soos petrol en paraffien, en hy werk ook op elektriese brande – dus klas B en C.
Skuimbrandblussers is soortgelyk aan nat chemiese brandblussers, maar hulle blus klas A- en B-brande, met ander woorde braaien petrolbrande, maar nié vlamme wat deur kookolie en vette aangevuur word nie. Die skuim is ’n morsige affêre.
Gehalogeneerde koolwaterstofbrandblussers – of sommer net halon-blussers – word verbied omdat die gas skadelik is vir die osoonlaag. Jy kry egter nog halon-blussers as jy lank genoeg soek – hulle is doeltreffend op alle klasse vure.
Hoëdruk- watergevulde brandblussers werk goed vir klas A-brande, maar dis al. Hulle is swaar en dis hoogs onwaarskynlik dat jy hierdie blusser in jou trokkie gaan nodig kry. Moet nooit waterbrandblussers gebruik vir klas B-, C-, D- en F-brande nie.
Droëchemiesepoeier-brandblussers, oftewel ABC-blussers, is die gewildste en die beste soort vir jou trokkie. Dit werk op klas A-, Ben C-brande, maar jy moet dit nie op klas D gebruik nie. Dit het ’n beperkte doeltreffendheid op ’n kampkombuis se klas F-vlamme.
100 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Hoe en waar monteer ek hom? Monteer ’n droëchemiesepoeierbrandblusser teenaan die voorste passasiersitplek, by jou reismaat se voete. Die brandblusser moet met ’n stewige gespe vasknip wat maklik losmaak, maar dit moenie vanself oopgaan op ’n stamperige grondpad nie. Omdat ruimte beperk is by jou reismaat se voete, gaan jy waarskynlik niks groter as ’n 1 kg-brandblusser hier kan monteer nie. Hulle is egter klein
en kan vir slegs 10 sekondes spuit voordat hy gedaan is. Installeer ’n tweede 4 kgbrandblusser in jou sportnuts se bagasieruim of agter in jou bakkie se kappie, naby die klap. Terwyl jy die vlamme met die 1 kg-blusser takel, kan jou reismaat solank agtertoe draf om die groter blusser te gaan haal. In die geval van ’n sportnuts moet jy die 4 kg-blusser laag naby die vloer monteer sodat hy nie deur die lug vlieg en jou
teen die kop tref inge ’n motorongeluk nie. Monteer ’n koolstof sied-brandblusser in j kampkombuis. Die st – die sogenaamde Fir Stryker – werk goed, hy’t nie ’n vervaldatum nie. As jou pan vol spe in vlamme uitbars, is dit gewoonlik genoeg om net ’n deksel op die pan te sit en die vlamme só te smoor.
BESKADIG BRANDBLUSSERS ’N ENJIN?
Droë chemiese brandblussers is gewoonlik gevul met monoamoniumfosfaat. Hierdie brandsmoormiddel is korroderend en vreet plastiek – en sal die buitenste metaallaag van jou enjin bederf as jy dit nie so gou as moontlik skoonmaak nie. Los ’n paar pakkies koeksoda in warm water op en maak ’n pap aan. Smeer die pap oor die aangetaste dele van die enjin en wag ’n paar minute. Was nou die pap met seepwater af en herhaal
die proses, indien nodig. As jy toegang het tot isopropeenalkohol, kan jy ’n 50-50-oplossing met warm water aanmaak en die enjin daarmee was. Gaan ook die lugfilter na om te sien of die chemikalieë daarbinne beland het. Koolstofdioksied-brandblussers laat geen neerslag agter nie en werk goed op vloeibarebrandstof- en elektriese brande. Onthou, moet nooit die enjinkap heeltemal oopmaak as jy vlamme sien uitlek nie. Maak
hom net op ’n skrefie oop – want jy wil nie die vlamme voed met te veel suurstof nie – en spuit die
brandsmoormiddel in die rigting waar jy vermoed die vlamme vandaan kom.
’n Bietjie geskiedenis
My Jeep brand! As jy op YouTube soek na “Jeep Wrangler Catches Fire & Burns” sal jy op Coyote Works se kanaal afkom waarin die Jeep Wrangler van die Amerikaner Casey Kaiser voor jou oë deur vlamme verswelg word. Ja, dit het al met ons Suid-Afriwww.weg.co.za
kaners ook gebeur – ons dink hier aan die twee Toyota Prado’s wat in Julie 2012 in die Namibwoestyn uitgebrand het – maar Casey se video is die enigste een op die internet (sover ons kennis strek) waar jy kan sien hoe dit gebeur – van begin tot einde.
Die oudste manier om ’n brand te blus is natuurlik om ’n emmer water daarop uit te gooi, maar die eerste geregistreerde patent vir die brandblusser kom uit 1723, toe die Engelse chemikus Ambrose Godfrey ’n houtvat vol brandsmoormiddel getap het. Onderaan die vat was plofstof – die brandweermanne het die vat by ’n brandende gebou ingerol en die plofstof het die smoormiddel oral laat spat. Die moderne brandblusser soos ons hom vandag ken, is egter in 1819 gepatenteer deur kapt. George William Manby. Sy toestel was ’n metaalsilinder wat gevul was met 3 gallon kaliumkarbonaat en lug onder hoë druk. Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 101
TOERUSTING
Hoog en droog Ons het 19 daktentvervaardigers genader en ’n lys van 21 gewilde tente saamgestel uit die minstens 50 modelle wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is. Teks Cyril Klopper Foto’s Verskaf
Alle pryse was teen druktyd korrek, maar al die vervaardigers waarsku dit kan heelwat verander weens brandstofverhogings – soos die een wat in November 2021 aangekondig is – wat die prys van metaal en seilmateriaal sterk beïnvloed.
BUNDUTEC BUNDUTOP
HOWLING MOON LUNAR
TENTCO HARD SHELL
Gemotoriseerde gerief
Kom in, Maanbasis
Die dop is van veselglas en word deur vier gasstutte gelig. Die matras is 10 cm dik en daar is sakke in die plafon waarin jy allerlei los items kan bêre. Twee stawe op die dak stel jou in staat om ’n sonpaneel aan te bring.
Die vaartbelynde dop is van EVA-plastiek en die seil is 280 g-Coyote-materiaal. Die dop word gelig deur gasstutte en jy trek aan twee stroppe om hom weer op te vou. ’nTeleskopiese leer is ingesluit by die prys.
Afmetings 2,1 x 1,35 m Gewig 80 kg Prys R33 270 by BunduTec Kontak 010 055 5839 info@bundutec.co.za bundutec.co.za
Afmetings 2,15 x 1,45 m Gewig 75 kg Prys R28 242 by Leisureland Kontak 021 003 5790 howlingmoon.co.za
Afmetings 2,1 x 1,2 m Gewig 70 kg Prys R25 500 by Tentco Kontak 011 397 6451 info@tentco.co.za tentco.co.za
Ry & Sleep sê Jy kan ook een van 3 x 1,6 m (R39 700) bestel.
Ry & Sleep sê Daar is stroppe op elke hoek sodat jy hom kan toetrek.
Ry & Sleep sê Hy’t ’n deur aan weerskante – skaf gerus ’n ekstra leer aan.
Die dop is van aluminium en die seile van 300 g-Riptech-materiaal. Die dop word gelig en laat sak deur ’n elektriese motor, en die binneruim is met spons uitgevoer. Hier’s ook ’n 12V-kragsok, LED-lig en bedrading vir ’n sonpaneel.
102 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Slaap hoog en veilig
EEZI-AWN SERIES 3
Ou staatmaker
Die seil is van 360 g-Ripstop-materiaal en die tent staan op ’n 9 mm-laaghoutvloer wat deur merantibalke versterk word. Die matras is lekker dik gestoffeer (6,5 cm) en daar is sakke binnelangs waarin jy los items kan bêre.
FRONT RUNNER
Kapokgewig
Hierdie daktent is teen 43 kg die ligste van sy soort. Die seil is van 260 g-polikatoenmateriaal en die reënseil van 400 d-Oxfordpoliëster. Die matras is 6 cm dik, die leer kan 180 kg dra en die vloer bestaan uit aluminium en polistireen.
GRAVITY OUTDOORS 1.4
Draai jou sente om
Hy word gemaak van 280 g-polikatoenmateriaal en rus op ’n aluminiumbasis met plastiekisolering. Die reënseil is 450 dOxford-poliëster met ’n 1 500 mm-waterkolomgradering. Die matras is 6 cm dik.
Afmetings 2,44 x 1,6 m Gewig 65 kg Prys R18 995 by Safari Centre Kontak 011 764 6311 info@eezi-awn.com eezi-awn.com
Afmetings 2,44 x 1,29 m Gewig 43 kg Prys R14 994 by Front Runner Kontak 011 466 0155 frontrunneroutfitters.com
Afmetings 2,4 x 1,4 m Gewig 75 kg Prys R14 495 by Gravity Outdoors Kontak 087 150 2176 explore@gravityoutdoors.co.za gravityoutdoors.co.za
Ry & Sleep sê Eezi-Awn se Series-modelle kom al sedert 1988 aan.
Ry & Sleep sê Hierdie tent is die antwoord as gewig saak maak.
Ry & Sleep sê Hy’s die goedkoopste daktent op hierdie lys.
HOWLING MOON DELUXE 1,4 M
IRONMAN 4x4-DAKTENT
TENTCO 2.0 FAMILY
Afrika se beste
Hy’s ontwerp om vinnig en maklik op en af te slaan vir diegene wat elke dag op ’n ander plek kamp. Die vloer bestaan uit ’n mengsel van aluminium, dennehout en polistireen. Hy’s beskikbaar in vyf groottes – vir 2-4 mense.
’nYster van ’n daktent
Die reënseil is verhewe bo die tent om kondensasie te verhoed. Die leer is onder dak sodat jy droogvoets kan afklim terwyl dit reën. ’n Opsionele “kamer” kan onder die tent vasgerits word.
Krismisbed op die dak
Die seil word gemaak van 260 g-Ripstopmateriaal wat behandel is teen skimmel en UV-lig. Omdat hy slaapplek vir vier mense het, is daar twee lere, en die ingang en vensters is lekker groot vir oorgenoeg vars lug.
Afmetings 2,4 x 1,4 m Gewig 48 kg Prys R20 000 by Leisureland Kontak 021 003 5790 howlingmoon.co.za
Afmetings 2,4 x 1,44 m Gewig 62 kg Prys R18 260 by Ironman 4x4 Kontak 011 634 7770 info@ironman4x4.co.za ironman4x4.co.za
Afmetings 2,0 x 2,4 m Gewig 86 kg Prys R15 230 by Tentco Kontak 011 397 6451 info@tentco.co.za tentco.co.za
Ry & Sleep sê Howling Moon is legendaries onder wêreldreisigers.
Ry & Sleep sê Jy kan al jou beddegoed net so in hom toevou.
Ry & Sleep sê Hierdie een is veral geskik vir jong gesinne. >
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 103
TOERUST
ALU-CAB GEN 3.1 EXPEDITION
BIG COUNTRY PENTHOUSE
BUNDUTEC BUNDUCLAM
Gebou om te hou
Dakwoonstel
Mossel vir die boendoes
Afmetings 2,1 x 1,3 m Gewig 78 kg Prys R42 694 by 4x4 Mega World Kontak 021 703 9510 queries@alu-cab.co.za alu-cab.com
Afmetings 2,3 x 1,47 m Gewig 90 kg Prys R42 799 by Big Country Kontak 011 765 9700 admin@bigcountry.co.za bigcountry.co.za
Afmetings 2 x 1,25 m Gewig 75 kg Prys R33 070 Kontak 010 055 5839 info@bundutec.co.za bundutec.co.za
Ry & Sleep sê Die leer vou nie op nie. Jy moet hom dus binne die tent vervoer.
Ry & Sleep sê Jy kan tot 80 kg op die dop laai.
Ry & Sleep sê Die waaiers is beslis ’n bonus.
EEZI-AWN BLADE
GOBI-X TANKWA
QUICK PITCH-DAKTENT
Hy’s rateltaai met luukshede soos ’n LED-daklig, ses sakke vir los items en twee USB- en twee 12V-kragsokke. Die dop is stewig genoeg sodat jy ’n kajak, sonpaneel of fietse daarop kan vervoer.
Vou hom soos ’n knipmes
Die dop is van aluminium en die seil van 280 g-Ripstop-materiaal met swaardiens-YKK-ritssluiters. Die matras is 8 cm dik, en hier is 12V-sokke en ’n LED-daklig. Die stawe op die dop is sterk genoeg vir fietse of ’n kajak.
Die vaartbelynde romp is hoër na agter sodat jou kussings nie binne papgedruk word nie. Die matras is 7,5 cm dik. Hy’t Brad Harrisonsokke vir eksterne kragtoevoer, ’n LED-daklig, USB-sokke en sakke teen die plafon.
Huis in die Karoo
Die dop van die Gobi-X Tankwa is van UVbestande veselglas en die seil van 400 gRipstop-materiaal met swaardiens ritssluiters. Die matras is 7,5 cm dik en hier is 12V- en USB-sokke plus ’n LED-daklig. Die stawe op die dop is sterk genoeg vir twee fietse of ’n kajak.
Afmetings 2 x 1,25 m Gewig 72 kg Prys R37 900 by Safari Centre Kontak 011 794 6311 info@eezi-awn.com eezi-awn.com
Afmetings 2,2 x 1,4 m Gewig 72 kg Prys R34 995 by Gobi-X Kontak 021 981 2415
Ry & Sleep sê Hy’s beskikbaar in swart of grys.
Ry & Sleep sê Dit is verspotmaklik om dié een op ’n dakrak vas te bout.
104 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
gobi-x.co.za
Die aluminiumdop wip maklik op en binnelangs kry jy ’n matras wat 10 cm dik is, ’n 12V-kragsok, LED-lig, twee waaiers en bedrading vir ’n dubbelbatterystelsel en sonpaneel. Die vensterflappe rits aan die binnekant toe met muskietnet buite.
Blits Visagie
Die aluminiumdop is aan mekaar vasgesweis sonder enige klinknaels of boute, wat beteken lekkasies word uitgeskakel. Binnelangs is daar een 12V- en twee USBsokke, én sakke teen die plafon. Afmetings 2,15 x 1,28 m Gewig 85 kg Prys R37 375 by Quick Pitch Kontak 082 839 2966 sales@quickpitchsa.co.za quickpitchsa.co.za Ry & Sleep sê Die dop is stewig genoeg om 40 kg se kampgoed te dra.
BUSHWAKKA 360 NEST
EEZI-AWN STEALTH
IKAMPER SKYCAMP 2.0
Skop nes
Skêr!
In ’n mosseldoptent moet jy met jou voete aan die vlak kant slaap; die Stealth stel jou in staat om te slaap soos jy wil, want die vlak kant skarnier opwaarts en skep sodoende ’n groter binneruim. Hy’t ’n 8,5 cm-matras, LED-daklig en USB-sokke.
Die plastiekveseldop swaai nes ’n koffer na die kant toe oop en hy bied slaapplek vir 3 tot 4 mense. Die seile word gemaak van 300 g-polikatoen-materiaal met ’n sterredak. Die venster het flappe, muskietnet én deursigtige poliësterpanele.
Afmetings 2,1 x 1,4 m Gewig 90 kg Prys R44 500 by Bushwakka Kontak 023 342 3438 sales@bushwakka.co.za bushwakka.co.za
Afmetings 2,14 x 1,3 m Gewig 100 kg Prys R47 000 by Safari Centre Kontak 011 794 6311 info@eezi-awn.com eezi-awn.com
Afmetings 2,1 x 1,95 m Gewig 72 kg Prys R50 000 by iKamper Kontak 087 802 2179 info@ikamper.co.za ikamper.co.za
Ry & Sleep sê Hy weeg redelik swaar, maar die binneruim is groot.
Ry & Sleep sê Jy bêre die leer in ’n spesiale holte onder die tent.
Ry & Sleep sê Hierdie is ’n duur outjie, maar werklik luuks verby.
MOREMI SPORT
THULE TEPUI EXPLORER AUTANA 4
GR TRAVELTOP
Hierdie hardedoptent is soortgelyk aan die mosseldoppe hiernaas, maar hy skarnier in ’n Z-vorm oop, wat sorg vir ’n groter binneruim. Jy’t ’n uitsig in alle rigtings en jy kan ligte items bo-op die dop vervoer.
Vir klein én groot
Sy aluminiumdop swaai sywaarts oop en die hele tent slaan binne sowat 20 sekondes op. Die tent pas op amper enige veldryvoertuig en hy’s ruim genoeg vir twee. Hier’s twee vensters en twee deure, almal met muggie- én muskietnet.
Woonstelblok
Hierdie daktent het ’n grondtent onderaan wat as kombuis gebruik kan word. Jy kan ook ’n kassettoilet in die onderste tent staanmaak en hom snags besoek sonder om ’n voet buite te sit. Hy’t slaapplek vir ’n gesin van vier, en danksy die 260 g-seilmateriaal weeg hy betreklik min, gegewe die grootte.
Koreaanse weelde
Alles en nog wat
Dit is ’n kappie en daktent in een. Jy swaai die dak sywaarts oop sodat jy regop binne die kappie kan staan. Die dubbelbedmatras is 10 cm dik en die kappie huisves ’n kampkombuis en slaapplek vir twee klein kinders.
Afmetings 2,2 x 1,5 m Gewig 85 kg Prys R25 425 by Custom Canopies Kontak 083 281 7800 customcanopies@mweb.co.za customcanopies4all.co.za
Afmetings 3,1 x 1,83 m Gewig 81 kg Prys R55 000 by Thule Kontak support@sportandcargo.co.za thule.com/en-za
Afmetings 2,2 x 1,2 m Gewig 280 kg Prys R140 000 by GR TravelTops Kontak 083 632 6406 info@grtraveltops.com grtraveltops.com
Ry & Sleep sê Dis ’n weldeurdagte tent wat vrag kan dra.
Ry & Sleep sê Dié een werk goed vir diegene wat lank op een plek kamp.
Ry & Sleep sê Hy’s duur, maar onthou, jy kry ’n kappie by.
www.weg.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 105
KAMPKOS
Gaan groot! In die somervakansie en oor die feesdae wil jy nie sukkel met individuele porsies en fieterjasies wanneer jy saam met geliefdes eet nie. Resepte en stilering Johané Neilson Foto’s Ed O’Riley
106 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
VARKFILETROL MET SPEK EN KAASWORSIES
Potjierol
Dié formidabele rol is pret om te maak en lyk alte feestelik wanneer dit voorgesny en uitgepak is.
Jy benodig (genoeg vir 8-10 as voorgereg saam met snoeperye) 3 varkfilette van sowat 600 g elk 400 g strepiesprek 2 eetlepels heelkorrelmosterd 6 dun kaasworsies 2 eetlepels braaisous (ons het The Cooksister Sweet Paprikamarinade gebruik)
Só maak jy 1 Gebruik ’n skerp mes en sny die varkfilette een vir een sorgvuldig oop sonder om dit regdeur te sny. Vlek die vleis oop en gebruik ’n vleishamer om dit effens te kap sodat dit oral ewe dik is. Pak die drie stukke bymekaar sodat dit een groot reghoek vorm. 2 Pak nou die spekrepe styf teen mekaar op ’n skoon werkoppervlak om ’n reghoek van dieselfde grootte as die vleis te vorm en sit dan die filette bo-op neer. Smeer die mosterd bo-oor en rangskik die worsies in ’n lang lyn in die middel daarvan. 3 Rol die varkvleis en spek oor die worsies om ’n stywe rol te vorm, en bind dit op ’n paar plekke met kombuistou vas. 4 Braai die knuppeldik varkrol versigtig oor matige kole tot mooi goudbruin en gaar. Verf laastens die braaisous oor vir ’n blink afwerking, en gee die spek ’n laaste braaikans tot dit karamelliseer. Laat die vleis vir ’n paar minute rus voor jy dit voorsny.
Ry & Sleep sê Sit die vleis warm of teen kamertemperatuur voor op ’n feestafel saam met jou gunstelingpiekels, kase en ander kouevleise. www.weg.co.za
LAMSBOUD
LAMSBOUD
Opgestop Vra jou slagter om vir jou die lamsboud se heup- en boudbeen te verwyder terwyl die skenkelbeen aanbly, sodat die vleis sy vorm kan behou.
Jy benodig (genoeg vir 6-8) 1 lamsboud (2,5 kg), heup- en boudbeen verwyder 2 teelepels sout (ons het maldon-seesout gebruik) lekker baie varsgemaalde swartpeper 2 uie, in kwarte gesny 4 wortels, geskil en in lengtes van 3 cm gesny 2 koppies vleisaftreksel 2 lourierblare 2 blikke (400 g elk) heel tamaties VIR DIE VULSEL 1 koppie panko-broodkrummels ½ koppie platblaarpietersielie, fyngekap 6 ansjovissies, fyngekap 2 eetlepels ingemaakte kappertjiesaad (capers)
100 g feta, gekrummel 3 knoffelhuisies, fyngedruk 2 eetlepels olyfolie
Só maak jy 1 Meng al die bestanddele vir die vulsel saam. 2 Geur die lam oraloor met sout en peper. Stop die broodkrummelmengsel in die holte waar die been verwyder is, vorm die vleis weer om die vulsel en bind dit vas soos nodig om die vorm te hou. 3 Potbraai die vleis in ’n platboompot oor die kole tot dit oraloor mooi bruin is. Voeg die groente by en braai dit saam met die vleis. Vat jou tyd – minstens 25 minute – en maak seker die vleis is goudbruin. 4 Roer die aftreksel, lourierblare en tamatie by, sit die deksel op en potbraai die lam met die deksel op oor matige hitte vir sowat 2½ uur tot smeltsag.
Ry & Sleep sê Moenie die been weggooi nie. Rooster dit saam met die boud vir ekstra geur in die pot – Wagter gaan baie bly wees! > Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 107
KAMPKOS
REUSE ROOSTERKOEK
CAMENBERT CAPRESE
KAMPVUURGROENTE
GEBAKTE VLA
REUSE-ROOSTERKOEK
Só maak jy
vassit en skeur wanneer jy dit probeer vorm. 2 Sprinkel die mieliepitte, kaas en rooipeper oor die oppervlak van die deeg en rol dit op in ’n stywe spiraal. Sny die deegrol in 3 gelyke dele. 3 Knyp die punte van elk van die drie brode toe en druk hulle effens plat. Laat dit weer vir ’n paar minute rys. 4 Rooster die brode oor flou kole tot deurgaar en bros aan die buitekant. Klop aan die brood – wanneer dit hol klink, is dit reg. Sny dit in snye en lê weg aan die warm brood saam met ’n stewige smeersel botter.
1 Rol die brooddeeg uit tot ongeveer 1 cm dik – gebruik sommer ’n wynbottel as ’n rol stok. Gebruik ’n bietjie olie of ’n strooisel meel om te keer dat die deeg aan die werkoppervlak
Ry & Sleep sê Koue deeg is maklik om te vorm, maar maak seker die deeg is kamertemperatuur en mooi uitgerys voor dit kole toe gaan.
Broodnodig
Piepklein, middelslag of lekker groot... gebraaide brood is ’n guns teling by elke buitelugfees.
Jy benodig (maak 3 brode) 1 kg gekoopte brooddeeg 1 blik (400 g) mieliepitte, gedreineer 1 blok (300 g) kaas, gerasper ½ teelepel rooipeper botter om voor te sit
CAMEMBERT CAPRESE
Smelt saam
Daar is geen rede hoekom ’n mens nie ook ’n bietjie deftig kan wees in die kampterrein nie. Spog ’n bietjie met dié heerlike resep.
Jy benodig (genoeg vir 4) 1 camembertkaas van 125 g 5 gemarineerde sondroog tamaties, grofgekap 2 eetlepels gekrummelde fetakaas 200 g kersietamaties 2 eetlepels olyfolie 4 sprietuie, gekap ’n groot knypie maldon seesout varsgemaalde swartpeper na smaak
Só maak jy 1 Sny die kaas horisontaal oop en vul dit met die sondroog tamaties en feta. Sit nou weer die twee halwes op mekaar en
www.weg.co.za
druk dit liggies vas om ’n “toe broodjie” te vorm. 2 Verhit die olie in ’n vuurvaste pannetjie en braai die tamaties tot hulle skilletjies begin bars. Geur dit met die sout en peper. 3 Skuif die tamaties opsy en braai nou die kaas oor lae hitte in die middel van die pan tot die onderkant mooi kleur kry en die binnekant begin sag word. Draai die kaas versigtig om en braai dit vir nog 12 minute. Verwyder dit dadelik van die hitte sodra die kaas begin smelt en met die tamaties meng. Sprinkel die sprietuie oor, sny ’n kruisie boop die kaas sodat die gesmelte vulsel makliker skep, en sit dit dadelik voor met genoeg brood – vars of gerooster – wat julle in die warm kaas en tamatie kan doop. Lekker!
Ry & Sleep sê As jy ’n reusecamembert in die hande kan kry, nog beter! Indien verkies, kan jy die gereg ook geur met balsemiekasyn en vars basilie.
KAMPVUURGROENTE
‘Heito potato!’ As jy die groente só berei, gaan die kinders met moeite hulle neus opgetrek kry.
Jy benodig (genoeg vir 6) 1 kg jong aartappels, vir 510 minute gekook in soutwater 3 eetlepels olyfolie ½ teelepel droë rissievlokkies ½ teelepel droë gemengde kruie 1 rooi soetrissie, in repies gesny 500 g botterskorsie, in hap grootte blokkies gesny ’n groot klont botter 3 eetlepels bros uievlokkies
Só maak jy 1 Meng die aartappels, olie, rissie, gemengde kruie, soetrissie en
GEBAKTE VLA
Hou kop bo water Niks keer jou om jou gietysterpotjie in te span om ’n romerige crème caramel vir nagereg te maak nie.
Jy benodig (genoeg vir 6) /3 koppie suiker ½ koppie kookwater 1 blik (385 g) kondensmelk 1 leë kondensmelkblik vol melk 3 ekstragroot eiers, geklits 1 teelepel vanieljegeursel (of gebruik whisky) ’n knippie maldonseesout 2
Só maak jy 1 Roer die suiker en kookwater saam in ’n kastrolletjie en verhit dit tot al die suiker opgelos is. Verhit dit tot kookpunt en kook tot die karamel ’n goue kleur kry – donker óf lig, net soos jy daarvan hou. 2 Giet die karamel dadelik onderin ’n broodpannetjie – pasop, dit is baie warm! – en laat dit eenkant staan om af te koel. 3 Klits die res van die bestanddele saam tot netnet glad. Probeer om nie te veel skuimerige lugborrels
botterskorsieblokkies in ’n groot foeliebak en geur dit behoorlik met sout en peper. 2 Stip die groente met die botter en maak die bak behoorlik toe met foelie – reg om te braai! Krap die kole oop en sit die bak op ’n skoongekrapte braai bodem met matige kole rondom gepak. Braai dit vir ongeveer 20 minute; skud die bak in dié tyd ’n paar keer om seker te maak die groente braai eweredig. Laat staan dit vir vyf minute en toets die groente – pasop vir die stoom! Sodra die groente heerlik sag en gebraai is, stip dit sommer met nog ’n klont botter, strooi die bros uievlokkies oor en lê weg.
Ry & Sleep sê Hoe groter die groentestukke, hoe langer gaan dit braai. Gebruik jou oordeel en dink hoe jy daarvan hou.
in die vla te klits nie, want dit kan wys in die eindproduk. Giet die vla deur ’n sif en skink dit oor die agterkant van ’n lepel booor die karamel in die broodpannetjie. 4 Sit foelie oor die pannetjie, plaas dit versigtig in ’n groot platboom pot en giet dan genoeg warm water in die pot sodat die pan halflyf daarin staan. Sit die pot op ’n driepootstaander oor ’n paar kole met nog ’n paar kooltjies op die deksel – soos wanneer jy potbrood maak – en “bak” dit vir 5060 minute of tot die nagereg net wikkel wanneer jy die pan ’n ligte skud gee. 5 Haal die pannetjie uit die water, laat dit afkoel en laat die poeding vir minstens twee uur (maar ver kieslik oornag) verkoel in die yskas voor jy dit uitkeer. Om dit uit te keer maak jy die nagereg versigtig om die rand los, plaas ’n bord oor die broodpan se bokant en draai dit in ’n vinnige beweging om. Lig dan die broodpan af.
Ry & Sleep sê Jy kan dié heerlike nagereg ook met gebreekte meringue-skuimpies en karamelspringmielies versier... óf geniet dit net so in skywe.
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 109
ALEX SMIT
ALTA SMIT
+27 825 70 60 10
012 – 80 493 80
2022
Eco4x4africA 2022 JAARPROGRAM
2022 WORD AAN JOU GEBRING TEEN DIE 2015-PRYSE alta@eco4x4africa.com | alex@eco4x4africa.com
TOER #1: 5-18 FEB 2022: WESKUS ALEXANDERBAAI NA LANGEBAAN – 14 DAE (Die toer begin in Springbok, NK, en dan ry ons na Port-Nolloth/Alexanderbaai, daarna draai ons suid vanaf MacDougal’s en ry al met die kuslynroete af tot in Langebaan) @R7600ppwd TOER #2: 18-26 MRT 2022: GROTER KALAHARI DUINEVELD-ROETE & KGALAGADI – 8 DAE (Die toer begin in Hotazel, NK, en dan ry ons na Vorsterhoop, Van Zylsrus, Askham, gevolg met dagrit in die Kgalagadi, Rietfontein, Hakskeenpan, Loch Maree en terug na Upt) R4800ppwd TOER #3: 26 MRT-3 APR 2022: GROTER KALAHARI DUINEVELD-ROETE & KGALAGADI – 8 DAE (Die toer begin in Hotazel, NK, en dan ry ons na Vorsterhoop, Van Zylsrus, Askham, gevolg met dagrit in die Kgalagadi, Rietfontein, Hakskeenpan, Loch Maree terug na Upt) R4800ppwd TOER #4: 8-28 APR 2022: N-W NAMIBIË – KAOKOLAND – VAN/NA OUTJO RETOER – 20 DAE (Die toer begin in Outjo, NAM, dan ry ons na Palmwag en volg al die riviere opsoek na die woestynolifante en leeus op ons roete deur Marianvlei en Epupa-watervalle) @R8500ppwd TOER #5: 8 MEI-17+ JUN 2022: SERENGETI MIGRASIETOER, TANZANIË, VIR 40+ DAE (Pretoria retoer, besoek Zambië, Malawi, *Zanzibar, Kilimandjaro, Tanzanië – 6 nagte in die Serengeti, 1 dag af in Ngorongoro-krater. Die prys is vir selfbestuur met jou eie voertuig en begin by USD $3800 - $4800ppwd afhangend van voertuig se Tarra-gewig. TOER #6: 23 MEI-5 JUN 2022: SERENGETI MIGRASIE INVLIEGTOER VIR 13 DAE (Die VLUG begin by OR Tambo, Zanzibar, Nairobi, Arusha en ry tot in die Serengeti). Die toer is VOLLE LOSIES met vlug, lodge en kampering in Serengeti teen USD $5000ppwd. Die VLUG is met AIR KENYA en stop net vir oorlaai op Zanzibar en Nairobi, dan Tanzanië TOER #7: 1-16 JUL 2022: BOTSWANA SIRKELROETE VIA MEESTE PLEKKE IN BOT – 14 DAE (Die toer begin in Zeerust, NW, ry dan via Lobatse, Maun, Moremi, Okavango, Elephant sands, Kasane, Vic-valle en terug oor Kubu-eiland na Martinsbrug @ R13500ppwd wat insluit ‘n vastevlerk-vliegtuigrit en bootvaart op die Okavango-delta TOER #8: 6-21 AUG 2022: ANGOLA (MET SLEEP) TOT TEEN KONGO RIVIERMOND – 15+ DAE (Die toer begin in Ondangwa, NAM, dan ry ons na Flamingo Lodge, Lobito, Kwanza, Luanda, N’Zeto en Soyo @ R21000 of USD $1200. Toer eindig by Ondjiva as Deel 1 ANG TOER #9: 22 AUG-6 SEP 2022: ANG MILITÊRE TOER RUACANA-CUITO CUANAVALE – 14 DAE (Die toer begin Ruacana, Namibië. Calueque, Cahama, (Lubango), Xangongo, Mupa, Longa, Menonque, Cuito, Savati, Katitwe. Prys veterane @R5750ppwd en Siviel @R6500ppwd Deel 2 ANG TOER #10: 1-8 OKT 2022: KALAHARI KGALAGADI AAN DIE RSA-KANT – 8 DAE = 2+6 DAE (Die toer begin in Askham, noord van Upington na Loch Maree. 2 dae later gaan in by 2 Riviere, en slaap 1 nag Mata Mata, 3 nagte by Nossob, laaste nag 2 Riviere @R6900ppwd TOER #11: 22-31 OKT 2022: LESOTHO “DIE BERGKONINKRYK” – 8 DAE (Die toer begin in Fouriesburg, VS, by Meieringskloof-kampeerplek. Volgende dag oorgrens by Caledonspoort. Motengpas, Sanipas, +10, Katsedam, Mohaledam @6500ppwd TOER #12: 16-31 DES 2022: NAMIBIË JAAREINDTOER – 16 DAE (Begin in Upington – Windhoek, Tsumeb, 2 nagte in Etosha, Ruacana, Epupa-valle na Outjo dan Hentiesbaai, Swakop & Walvisbaai en terug na Windhoek. 25 besoeke en dagrit in WDH @ R8500ppwd
TEL: 012 80 493 80
FB: ECO4X4AFRICA 110 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
K GI
TE KOOP
UNIMOG Mercedes Benz-oorland-kampeerder 1997 | 160 000 km | 7 500 kg BVM
h Baie stoorplek vir lang reise h Het kampeertoilet binne, maar is nie ’n motorwoonwa nie h Seldsame regterstuurvoertuig op Enatis geregistreer as ’n kampeerwa h Puik instandhouding deur gereelde diens en werk (nuwe uitlaatpyp van vlekvrye staal, opgeknapte rat-en stuurkas, ankerstawe, stuur-uv, olieseëls, ens) h Nuwe Luna-ys/vrieskas h Nuwe lugverkoeler in kampeereenheid h Nuwe Michelin-bande; twee noodwiele
R850 000
onderhandelbaar
Kontak Chris by 083 326 2551 vir nog inligting/video/foto’s Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 111
OM TE ADVERTEER KONTAK: DANIE NELL 082 859 0542 danie.nell@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com
MACLAREN AIR Vir inligting en pryse kontak | Tel: 011 315 4348 | Epos: maclaren@ust.co.za
Maclaren HB9000-onderbank-lugverkoeling vir karavaan/kampeerwa
MacLaren Karavaandak-lugversorger HB-RT
» Stil werkend » Verkoeling & verhitting (hittepomp) » Eenheid ten volle op eie aangedrewe, reg om in te prop » Maklike installasie (dele & patroonplaat ingesl.) » Ideaal vir wiptentdakkaravane en ander » Liggewig, ideaal vir karavane » Geen lekkasies wat houtverrotting veroorsaak » Eenheid kan met ’n omskakelaar bedryf word
Indien volgens spesifikasies geïnstalleer, belemmer jy nie enige van die waarborge op jou karavaan/kampeerwa nie 112 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
» Model HB-RT » Kragstelsel AC 220-240 V/50 Hz » Ontwerp-verkoelingskapasiteit 3500W » Ontwerp-verhittingskapasiteit 3500W » Kraglewering (verkoeking/ verhitting) 1300W/1100W » Koelmiddel R410a » Algehele afmetings (mm) 710 W x 253 H x 1035 L » Verpakkingsafmetings (mm) 760 W x 310 H x 1090 L
1 JAAR VOLLEDIGE VERSKAFFERSWAARBORG OP ENIGE EENHEID
GEHALTE
WEELDE
EENVOUD
uiterste avonture in uiterste weelde GECKO XTRME IS ’N STOFDIGTE VEELTERREINKARAVAAN GESKIK OM IN WEELDE DEUR AFRIKA TE REIS. TOEGERUS MET ‘N KONINGINGROOTTE BED, BINNESTORT [MET 220V/GASGEYSER], AFSONDERLIKE CHEMIESE TOILET, WARM- EN KOUEWATER-RETIKULERING ASOOK 12V, 220V EN SONKRAGLAAISTELSEL.
BESIGTIG D.M.V. AFSPRAAK Tel: 015 004 1356
www.gecko-offroad.co.za info@gecko-offroad.co.za
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 113
Rhino Bag Mate UI TE RS D UU RSA
M E M IL IT ÊR
Alpha GTR en CUB GTR
IA L WAT RE ËN E G RAA D -M AT ER
- EN STO FB ESTA
N D IS
» Voorsien ekstra 540Lbergingspasie op jou voertuigdak » Kan opgevou en in jou kattebak gebêre word wanneer nie in gebruik » Maklike installasie met spesiale knippe » Ook gebruik in die 4x4-mark vir ekstra bagasie of kamptoerusting
HEELTEMAL WATERDIG » Materiaalbeskerming & waterdigte ritssluiters » Naatloos warm gepers in plaas van gestik
MAKLIKE INSTALLASIE Gereed binne minute!
PAS PERFEK MET OF SONDER DAKRAK Pas op enige kar met ’n dak!
m ac 5 43 48 | Ep os : AK | Te l: 01 1 31 NT KO E YS PR EN VI R IN LI GT IN G
114 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
la re n@ us t.c o. za
» Liggewig veselglas-konstruksie » Grond- en teerpad » Goeie grondvryhoogte » Verskeie opsies beskikbaar » Kan gesleep word met ’n B-lisensie
www.pantheraa.co.za pantheroutdoorsa@gmail.com Kontak Paul: 074 820 6557
In die mark vir ’n karavaanskuiwer?
Die heeltemal nuwe en beste in die wêreld-woonwaskuiwer
powrtouch
auto
outomatiese karavaanskuiwer
Met 1-4 helling werkverrigting. Slegs een stel benodig vir dubbelas-woonwa. Vanaf R26 980,00 installasie en BTW ingesluit. Battery, batterylaaier en batterykas is NIE INGESLUIT by die prys.
GRATIS JAAR GEEN GEKIBBEL
5
ONDERDELE & WERK WAARBORG
SOMILL BK, RIETFONTEIN, R51 DISTRIK BALFOUR KOÖRDINATE S 26.977890 O 28.593968 KANTOOR TEL: 058 821 0006 infopowrtouch@somillfs.co.za
GROOT ING OP K R E V T UI Beste Kwaliteit Beste Pryse
e Batter y kan tot er 300 ke 100% n o tlaai word
Ons stel vir u ’n doelgemaakte sonkragpakket saam vir u spesiale sonkragbehoefte! ALLE KOMPONENTE DRA ’N 2 TOT 10JAAR WAARBORG.
Litium “jump starters” vanaf R1,499
Winkel: Rubensteinrylaan 870, Moreletapark, Pretoria-Oos Tel: 066 2288 919 / 082 4444 911 | E-pos: jaco@mrek.co.za | www.batteryking.co.za FB @batteriesking | FB-groep “Battery & Outdoor King”
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 115
116 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 117
118 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 119
AKKOMMODASIE
BLOKRAAI-OPLOSSING
OM TE ADVERTEER KONTAK: DANIE NELL 082 859 0542 danie.nell@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com
MIDWEEK, SPESIALE AANBOD: KAMP VANAF SONDAG TOT VRYDAG SLEGS 2 PERSONE R650-00 EENHEDE, SPESIALE AANBOD: BLY VANAF SONDAG TOT VRYDAG SLEGS 2 PERSONE R2 140-00 Natuurreservaat in malaria-vrye gebied. Bosveld-atmosfeer – minder as ‘n uur van Pretoria en Johannesburg – naby Brits. Selfsorghuise en woonwapark met netjiese ablusieblokke – rolstoelvriendelike badkamer. Staproetes – fietsryroetes – voëlkyk – wildritte – volop wild • Speelpark • Tafeltennis • “Pool”-tafels • Springmatte • Mini-gholf • Binnenshuise verhitte swembaddens • Jacuzzi’s • Koue swembaddens • “Lazyriver” • Waterglybane • Wegneemetes Tel: +27 66 298 5379 / +27 66 298 1664 / +27 73 171 8331 /+27 82 375 6179 • E-pos: info@dubegame.co.za • www.dubegame.co.za Bespreek aanlyn: www.alloutbookings.co.za
NOORDWES 120 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
BRITS
Martha du Plessis van Goodwood wen ’n geskenkpak van Van Loveren vir haar korrekte inskrywing in ons Augustus-September 2021-uitgawe. Jy kan ook wen: Stuur ’n foto van jou poging en jou kontakbesonderhede na rysleep@weg.co.za. Hy is ook aanlyn by https://bit.ly/3mYNfHQ. Die vorige oplossing is op bl. 120.
OPGESTEL DEUR GERDA ENGELBRECHT
BLOKRAAI
Wen met Van Loveren-wyn
Tangled Tree het onlangs sy ekovriendelike reeks uitgebrei met ’n 3 ℓ-kartonverpakking. Die heerlike 3 ℓ-reeks bestaan uit ’n Chocolate Cabernet Sauvignon, Butterscotch Chardonnay, Spicy Shiraz en Tropical Sauvignon Blanc. Die reeks, met sy kleiner koolstofvoetspoor, is die vergestalting van Van Loveren se verbintenis
tot volhoubare wynmakery en vertel boonop ’n mooi verhaal van die liefde. Vind meer uit hieroor by tangledtree.com. Volg Tangled Tree-wyne op sosiale media by @tangledtreewines (Facebook & Instagram). Ingesluit by die prys is ’n gemengde pak van agt 3 ℓ-Tangled Tree-wyne.
PRETBLAD Kleur dié prent in
KLEUR IN
Kry die vetkryt en inkleurpotlode gereed en gee lewe aan die jakkals.
WOORDSOEK
Soek die woorde op die lysie en merk hulle af.
SOEK DIE VERSKILLE
Daar is minstens tien verskille tussen die twee sketse. Kyk of jy hulle almal kan kry!
DOOLHOF
Wys die doolhof wie’s baas. Onthou om eers ’n potlood te gebruik – ingeval jy ’n fout begaan.
Woordsoek
Ant Man Aquaman Batman Black Panther Black Widow Captain America
SUPERHELDE Cyborg Daredevil Hulk Iron Man Night Wing Spiderman
Soek die verskille
Superman The Flash Thor Wolverine Wonder Woman
Dierefeite
WALVISHAAI (RHINCODON TYPUS) Walvishaaie word wêreldwyd aanget ref, maar kom hoofsaaklik in tropiese oseane voor. Die walvishaai is enorm en van hulle kan tot 18 m lank word. Hulle vreet plankton, garnale, vis, wee kdiere, inkvis en selfs klein tunavisse. Hoewel walvishaaie gewoonlik op hul le eie is, is gevalle van skole met tot 100 aan gemeld. Wetenskaplikes reken ’n walvishaai kan 60100 jaar oud word. Die walvishaai is sedert 2016 op die lys van bedreigde spesies.
www.brita nnica .com
Doolhof
MIC SE RUBRIEK
Hier’s ’n plan vir die 70-reeks Hy wil graag ’n paar veranderinge voorstel vir die legendariese Land Cruiser 70-reeks, sê Mic van Zyl.
D
ie Toyota Land Cruiser 70-reeks soos ons hom ken, is geruime tyd al met ons – 37 jaar, om presies te wees. En dis met goeie rede, want dis ’n kanniedood-werkesel van ’n veldryvoertuig wat vir niks verkeerd staan nie. Hy is basies dog taai en vind aanklank by ’n breë spektrum klante. Die 70-reeks se wortels strek terug tot by die tyd toe Toyota die Land Cruiser die eerste keer bekend gestel het. Dit is die oudste modelreeks in die vervaardiger se stal en meer as 10 miljoen van hulle is al verkoop. Die Land Cruiser se oorsprong spruit uit ’n militêre
voertuig wat in die vroeë jare vyftig vir die polisie in Japan gebou is. Land Cruiser se eerste reeks is die “BJ” en “FJ” genoem, met die naam “Land Cruiser” wat in 1954 die lig gesien het – in antwoord op die Britte se Land Rover. Die tweede reeks is in 1955 bekend gestel en is die 20- en toe die 30-reeks genoem. Die 20 was ’n tweedeur met ’n kort asafstand, terwyl die 30 ’n vierdeurmodel met ’n lang asafstand was. Die volgende reeks verskyn in 1960 en word ’n internasionale treffer. Die 40-reeks was in verskeie ontwerpe en groottes beskikbaar en klante kon kies uit ’n verskeidenheid keuses wat kort- en langasafstandbakkies en stasiewaens ingesluit het. Dié ikoniese model is vandag nog reg oor die wêreld op die pad. In 1967 besluit Toyota om ’n weergawe van die Land Cruiser-stasiewa te ontwikkel wat meer gerig is op gerief, en die 50-reeks kry sy staan op die vertoonvloer. Mettertyd maak hy plek vir die 60-, 80-, 100-, 105-, 200- en onlangs die 300-reeks. Intussen verskyn die Land Cruiser Prado-reeks ook. Die 40-reeks het vir amper ’n kwarteeu onveranderd gebly, tot daar in 1984 grootskaalse opgraderings gedoen is en die 70-reeks van stapel gestuur is. Hou in gedagte dat die term 70-reeks verwys na verskeie weergawes van die reeks met die modelnommers 70 tot 79. Nog 15 jaar sou verstryk voor die volgende groot opgradering sou plaasvind. Die 70-reeksnaam is behou, maar die voertuig het noemenswaardig verander. Die duidelikste was die verandering van ’n skerp neus met ronde ligte na die meer vierkantige voorkant met die reghoekige ligte wat tans nog in gebruik is. In sy huidige gedaante bestaan die 70-reeks uit die beperkte 71 (kort asafstand met ’n sagte of harde dak), die 76 (vierdeur-stasiewa met ’n middelasafstand), die 78 (twee deure, lang asafstand) en die 79 se enkel- en dubbel-
kajuitbakkies. Beskikbare enjins sluit in die 4,2 ℓ-sessilinder-dieselenjin (sonder turbo), 4,5 ℓ-V8-turbodiesel en die 4,0 ℓ-VG-petrolenjin. Al drie van hulle is in Suid-Afrika beskikbaar. Die onlangse 200-reeks Land Cruiser het ’n dubbelturboweergawe van die 4,5 ℓ-dieselenjin gehad, maar in die nuwe 300-reeks is dié enjin iets van die verlede. Daar word ook wyd bespiegel oor wat met die enkelturbo-weergawe in die 70-reeks gaan gebeur. Ek besit ’n 76-reeks Cruiser met die V8-enkelturbodieselenjin. Hy het genoeg krag en wringkrag om enige uitdaging baas te raak, maar steek sleg af teen die moderner en kleiner dieselenjins van die huidige Hilux. Die handratkas is ook ’n effense uitdaging as ’n mens in die stad ry – en dis beter om eerder nie oor sy brandstofverbruik en uitlaatgasvlakke te praat nie... Dis duidelik Toyota het nie planne om van die 70-reeks ontslae te raak nie, maar die vervaardiger gaan iets moet doen omtrent daardie V8-enjin. Dis duidelik nie ’n opsie om die nuwe 3,3 ℓ-V6-dubbelturbodieselenjin van die 300-reeks te gebruik nie. Dis ’n komplekse enjin en ek vermoed hy mag dalk té sensitief wees vir diesel van ’n bedenklike gehalte. As ek Toyota was, sou ek die 2.8-viersilinder-GD6-enjin van die Hilux of Fortuner inspan. Hy is baie eenvoudiger as die 300-reeks se V6 en het ’n amperse identiese kraglewering (150 kW teenoor 151 kW) en aansienlik meer wringkrag (500 Nm teenoor 430 Nm). Hy is ook beskikbaar met ’n sesspoed- outomatiese ratkas, wat beslis my voorkeur is. Met uitlaatgasvlakke en brandstofverbruik wat ’n mens nie ten hemele laat skreeu nie, kan hierdie kombinasie net sorg vir nog baie jare se genotvolle oomblikke in die 70-reeks Land Cruiser. En terwyl ons besig is, Toyota... wat van kruisspoedbeheer en knoppies op die stuurwiel om die radio te stel?
NET GOEIE NUUS - MAAK JOU WINSKOOP ’N WERKLIKHEID
“Hallo, ek is Charlize. Kyk watter afslag en winskopies het ek raakgeloop.”
M1
BEMARK JOU PRODUK
TOYOTA MENLYN Kry die beste prys
Jy betaal nie vooraf om jou produk op Bargain Bulletin te bemark nie... Jy betaal net as en wanneer jou produk of diens verkoop.
Toyota Menlyn koop jou gebruikte voertuig teen ’n prys wat jy nêrens anders sal kry nie. Sonder dat jy ’n ander voertuig by ons hoef te koop. So maklik en veilig. Ons koop enige maak & model.
Vir volledige inligting gaan na ons webtuiste:
www.bargainbulletin.co.za
*SMS M1 en jou naam na 48 404
M2
BRITZ COURIERS & REMOVALS Spaar tot 40% op deelvragte
M5
Wil jy trek? Los die moeite vir die professionele mense van Britz Couriers & Removals. Hulle help selfs met die verpakking en laai van jou meubels.
*SMS M2 en jou naam na 48 404
HOOGS TEGNOLOGIESE ALARMSTELSEL
10% Afslag op toerusting
Nie afhanklik van Eskom nie. Koordlose en video-verifiëring. Môre se tegnologie, vandag. Specialised Alarm Monitoring Services wonder nie wat jou alarm geaktiveer het nie. Ons kan dit dadelik sien, dadelik optree en identifiseer selfs vals alarms.
*SMS M5 en jou naam na 48 404 *R1,50 per SMS • B’s en V’s geld
Kontak ons gerus self as jy ’n winskopie op Bargain Bulletin se unieke platform wil bemark. Gaan na ons webtuiste vir meer inligting.
www.bargainbulletin.co.za
NEELS SE STOEPTENT
Die feite en fabels van woonwasleep Daar is ’n klompie praktiese gebruike wat jy maklik kan aanleer om sleepangs te voorkom, sê Neels van Heerden.
K
enners is dit eens: As jou woonwa se aluminiumstroke jou skok, moet jy die fout óf by jou woonwa se kragkabel óf by die kampplek se elektriese installasie soek. Die kinkel lê in der waarheid in die kabel en dus nié in jou woonwa se bakwerk nie. Dis onsinnige lekeadvies wat aanbeveel dat ’n meter lange geroeste ysterpaal in die grond geslaan en dan met ’n stuk blou-
draad aan die onderstel van jou woonwa verbind moet word. Die fout lê ook nie by hoekstutte se voetjies wat van plastiek vervaardig is nie. Jou woonwa se aardleiding gebeur nie by die hoekstutte nie. Toe ek destyds by die gradering van oorde betrokke was, het ek ’n eenvoudige toetsstelletjie gehad om te bepaal of die bedrading by die kragpunte behoorlik funksioneer. Dieselfde stukkie tegnologie het ook handig te pas gekom om die veiligheid van kragpunte in en om ablusiegeriewe te toets. ’n Standaardbepaling stel dit onomwonde dat daar minstens een meter tussen die kragpunte en kraan op elke staanplek moet wees, juis om te keer dat ’n kampeerder geskok word as die installasie foutief is. Skaf jou eie toestel aan om verlengkabels en multiproppe te toets. Te oordeel na die gereelde gekibbel op verskillende forums het tandemsleep sy eie stel feite en fabels. Die betrokke regulasie stel die feite in perspektief, en dis nie net ek wat spog dat ek al jare my Ventertjie agter my woonwa sleep sonder enige probleme nie. ’n Woonwa se onderstel is nie ontwerp om ’n bykomende las agterna te piekel nie. Slepers moet hulle voertuigversekering sorgvuldig bestudeer. Regulasie 222 van die Nasionale Padverkeerswet plaas ’n beperking op die kombinasie van ’n voertuig en een of meer sleeptuie. Lees jou voertuig se eienaarshandleiding sorgvuldig deur, want die meeste voertuie het ’n sleepgradering. Lees ook die fynskrif in jou versekeringskontrak of tandemsleep gedek of goedgekeur word. Onlangs lees ek van ’n ervare kampeerder wat tussen Pretoria
en Durban voorgekeer word. Die verkeersbeampte meen die lengte van die trein – wat bestaan uit een sleepvoertuig en hoogstens twee waens – mag nie 22 m oorskry nie. Die waentjie agter die wa moet ook inloopremme hê. Toe die veteraan sy versekeringsmakelaar raadpleeg, kom hy tot sy skok agter dat tandemsleep nie gedek word nie. Dis ’n goeie plan om ’n stel regulasies uit te druk en byderhand te hou as ’n verkeersbeampte jou voorkeer. Ervare slepers verklaar onomwonde dat buiten die kweek van ’n goeie sleeptegniek almal moet besef dat ’n sleepding bykomende slytasie op die enjin, ratkas, en onderstel veroorsaak. As jy gereeld sleep, is dit raadsaam om meer gereeld olie te ruil en te belê in olieen lugfilters van ’n goeie gehalte. Die regte sleepspoed, die regte bande, banddruk en ’n sleepstang wat sy sout werd is, is onontbeerlik om voorvalle van sleepangs te voorkom. Eerstens moet ’n woonwa nie oorlaai word nie en swaarder items moet bo-op die as gepak word. Die woonwa moet effens neus-af aangehaak wees en aan ’n stewige sakplaat geanker word. Die plaat moet met moere en boute van ’n hoë gehalte aan die voertuig se sleepstang geheg wees. Hou sowat elke 200 km stil en maak seker alles is nog stewig vas en geanker. Hou die regte gereedskap in jou voertuig aan om die banddruk en wielmoere se stewigheid te toets. Sleep veilig en moenie mede-padgebruikers se lewe in gevaar stel nie. As regulasies onduidelik is, behoort ’n gesonde verstand en ’n ingebore en ingeoefende veiligheidsbewustheid die botoon te voer.
CYRIL VERTEL
Kersfees en masels
Dis nie lekker wanneer jou vakansieplanne deur ’n kiem bedreig word nie. Nee, Cyril Klopper verwys nie na ’n pandemie nie, maar sommer net ’n alledaagse kindersiekte.
SKETS FRED MOUTON
E
k skouer die houthut se deur oop en nael oor die stoep swembad toe. My voete raak skaars aan die plankvloer en ek hoor hoe ’n kronkelveer met ’n hees steun die deur agter my toeklap. Ek werp my met ’n reusesprong bo-oor die trappe en land hard op die gras terwyl die deur vir ’n tweede keer oopbars. Petro lag luidkeels en haar voete stamp oor die stoep se plankvloer. Iewers binne die tweeslaapkamerhut hoor ek my ma roep: “Stadig, julle!” Ek is 8 jaar en 7 maande oud en my rietskraal beentjies pomp verwoed op en af oor die grasperk. Petro is 13 en sy’s langer en sterker as ek, maar ek gee álles wat ek kan. Die swembad is in sig en ek mag nie toelaat dat sy my hierdie keer klop nie – ek móét eerste in die water spring. Petro giggel uitdagend en die afstand tussen ons krimp vinnig. Tientalle vakansiegangers swem en sonbaai by die oord se swembad, maar ek en Petro is kwalik bewus van hulle, want al wat saak maak, is om eerste in die water te spring. As ons hoegenaamd daarop ag geslaan het, sou ons gesien het hoe die mense se gesigsuitdrukkings verander... eers onsekerheid, gevolg deur bewuswording en uiteindelik louter paniek. Petro is langs my en ons voete klap gelyk op die plaveistene rondom die swembad. Ek buig my knieë effens, stoot 128 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
my bobene reguit... en duik! Dit voel asof die tyd stilstaan terwyl ek met ’n boog deur die lug vlieg. Ek is ’n kortkop voor Petro. Ek gaan wen! Ons is net vaagweg bewus van moeders wat hulle kinders aan die arm beetkry en uit die water pluk. Tieners spartel na die swembad se vlak kant en tuimel oor die rand in veiligheid. Al wat by my registreer, is dat ek en Petro soos een man deur die water se oppervlak breek. Lugborrels bruis om my terwyl ek my hande aan die bodem slaan en dan boontoe swem. Ek lig my kop bo die water en Petro grinnik tartend – sy gaan wraggies verklaar sy’t gewen! Ek haat dit om teen haar te verloor en sy weet dit. Sy gaan my siel uittrek totdat ek begin huil uit frustrasie. Dit is tjoepstil om ons. Ek kyk rond en merk dat ek en Petro alleen in die water dobber. Vakansiegangers staan ’n ent weg van die swembad se rand – ’n seun wys met ’n bewerige vinger na ons en vra: “Mamma, hoekom lyk hulle so lelik?” Petronella is my ouma se laatlam en my ma se kleinsus. Ek en Petro verskil vyf jaar, en omdat ons saam grootgemaak is in my ouma se huis én my eie ouerhuis, was Petro meer soos ’n suster vir my as ’n tannie. Op die foto’s wat met my doopseremonie geneem is, sien jy ’n vyfjarige Petro wat my trots vashou, en op ’n foto van
my heel eerste skooldag skuil sy in die agtergrond en trek ondeunde gesigte. Ons verjaar ook toevallig ’n dag uitmekaar – ek op die 22ste en Petro die 23ste van dieselfde maand – en ons het dus kleintyd saam kersies doodgeblaas. Op familievakansies het ek en Petro alewig op die motor se agterbank baklei totdat my pa keelvol geraak het. Dan het hy afgetrek en ons net daar langs die pad beveel om uit te klim. Ek het in trane uitgebars terwyl die motor wegry, maar Petro het my getroos en die versekering gegee my pa wil ons net ’n les leer – sy was natuurlik reg en die kar se remligte het weldra aangeflits en dan het my pa teruggestoot. Dan het ’n streng vermaning gevolg dat hy ons vólgende keer werklik sal agterlaat. Dit was einste op een van dié familievakansies waar die swembad-episode afgespeel het. In Desember 1980 is ek pas klaar met my Sub B-skooljaar (graad 2), en ek en Petro is saam met my ouers op pad na die Silwerstrand-vakansieoord naby Robertson in die Breëriviervallei. Ons het albei MeV onder lede, oftewel masels. Dié virus het amper ons vakansieplanne in die wiele gery, maar danksy Suid-Afrika se inentingsprogram draai ek en Petro nie naastenby by die dood om nie. Ek voel wel swak weens ’n koors wat ’n paar dae tevore op sy ergste was.
Petro sê ek het haar aangesteek, maar ek is oortuig dis eerder andersom. Ons is tjoepstil op die agterbank en baklei nie soos gewoonlik oor onbenullighede nie. Ons huisdokter het my ma die verseke ring gegee ek en Petro is buite gevaar en nie meer hoogs aansteeklik nie. Die rooi blasies wat ons van kop tot toon bedek, sou boonop binne die volgende paar dae ophou jeuk en uiteindelik verdwyn. Ons gesin kon dus met ’n geruste hart op vakansie vertrek. ’n Paar kilometer buite die vakansie oord gewaar my pa ’n jong denneboom langs die pad en dié word afgesaag en op die Chev Nomad se dak vasgeknoop. Ons het die Kersversierings by die huis vergeet, maar my ma koop rolletjies krin kelpapier by die oord se kampwinkel en ek en Petro help om die boom te versier. Op Oukersaand sing ons Kersliedere en ander vakansiegangers verskyn uit hulle rondawels en stap nader om saam te sing. Hulle waag dit egter nie nader as www.weg.co.za
die stoep nie, want my en Petro se uitslag lyk té grusaam. Dit is Kersoggend en ek én Petro voel perdfris. Haar vel is egter steeds oortrek met derduisende blasies en mý vel lyk selfs erger met skarlakenrooi blase en vlekke wat die grootste deel van my lyf bedek. Dis tyd om Kersgeskenke oop te maak en ek let op dat Petro se geskenk groter en duurder is as myne – sy maak ook geen geheim daarvan nie en steek tong uit terwyl sy haar geskenk teen myne opweeg. Ek snou haar ’n aanmerking toe en ons vlieg mekaar in die hare totdat my pa sy stem dik maak. My ma meet ons temperatuur – dit het gesak na normaal – en sy merk dat die blase op my vel besig is om te bars en rowe te vorm, ’n teken dat die ont steking op sy einde is. Ons kry uitein delik toestemming om te gaan swem en ek is vasberade om vóór Petro in die water te duik...
Die wedloop is verby en hier dryf ons nou in die swembad terwyl geskokte vakansiegangers ons aangaap. Die rowe en blase op ons lywe skitter soos robyne in die oggendson en ek en Petro grinnik welwillend vir mekaar terwyl die mense vlug van ons pestilensie. Dan druk sy my kop onder die water en los my eers wan neer ek angstig begin spartel. Terwyl ek water uitproes, noem ek haar die lelikste kragwoord wat ek as agtjarige ken, en sy sê: “Allaha, ek gaan vir jou ma sê!” Dit was nie ’n vloekwoord nie, maar dis nietemin die lelikste woord in my beperkte woordeskat, en ek pleit: “Nee, Petro, moet asseblief nie sê nie!” “Ja, ek gaan sê,” en sy lag uit haar maag vir hierdie bekommerde outjie met sy gespikkelde lyf. Petro sou my siel vir die res van die somervakansie versondig, maar ek het troos gevind in die wete dat ons die swembad vir onsself sou hê totdat die masels opklaar. Weg! Ry & Sleep Desember 2021-Januarie 2022 | 129
IETS ANDERS
Baster van die Bosveld
Hy het op ’n ongewone Nissan Safari afgekom met ’n ryk geskiedenis, en nadat hy hom herstel het, het die Safari selfs méér ongewoon geraak – en die noemnaam Baster gekry – sê Nico Lintvelt van Thabazimbi. Ek woon in die Bosveld waar jy Land Cruisers om elke hoek en draai vind. Toe ek ’n 1986 Nissan Safari op OLX sien, het ek dadelik besluit om hom te koop, want hulle is skaars en ek wou die Cruiser-ouens wys dat Nissan ook só ’n bakkie het. Die verkoper het beweer die bakkie het voorheen aan die veldtydrenjaer Hannes Grobler behoort, en die tweede eienaar was glo Martin van Rensburg, stigter van Maus Performance. Ek het eers gedink dis ’n verkoopsfoefie, maar ek kon vir Hannes én Martin opspoor – en hulle het die bakkie se geskiedenis bevestig. Hannes vertel Nissan SuidAfrika Motorsport, vir wie hy destyds gejaag het, het Meano Conversions in Krugersdorp opdrag gegee om ’n Safari in ’n dubbelkajuit te omskep as ’n vakansievoertuig vir sy gesin. Hannes het selfs vir my foto’s gestuur van sy vakansiesleepkombinasie. Hy het later die 2,8 ℓ-enjinkapasiteit laat vergroot tot 3 ℓ – die modifikasie is uitgevoer deur Vanderlinde Developments onder toesig van Hennie van der Linde, ’n ander legendariese Nissan-renjaer. Ongelukkig het die Nissan L28-enjin mettertyd opgepak en die verkoper het dit met ’n Lexus-V8-enjin vervang. Dit het egter nie vir my reg gevoel dat hierdie ou dame Toyota-onderdele het nie, en omdat die verkoper nog die oorspronklike L28-enjin gehad het, kon ek dit herstel en terugsit in die bakkie. Ek het op die Patrol-groep
gevra of ek die Safari tot die oorspronklike moes restoureer, maar ’n forumlid het daarop gewys die Safari was van die begin af ’n ombouing en dat daar niks mee verkeerd sou wees as ek hom gimnasium toe stuur om ’n bietjie spiere te bou nie. Galaxy Customs in Pretoria het die bakwerk se roeskolle genees, die webblad mq-patrol.com het ’n uiteensetting gegee van watter GQ Patrol-onderdele ek in ’n K160 Safari kon gebruik, en David Volschenk op BelaBela het gehelp om hierdie onderdele in die hande te kry. Ek het ook rubberseëls uit Australië en ’n sonskerm vir die voorruit uit Pole laat invoer. Die bosbrekers,
130 | Desember 2021-Januarie 2022 Weg! Ry & Sleep
rolstaaf, laaibak en glystawe het ek self gebou. Nou weet jy hoekom ek my bakkie Baster gedoop het. Die projek het deurgaans verander soos ek nuwe idees gekry het. Die 6x6ombouing was byvoorbeeld nie my oorspronklike plan nie, maar toe ek ’n foto van ’n soortgelyke ombouing sien, wou ek ook een hê. Die derde as word nie tans aangedryf nie. Ek bedink planne om twee oordraratkaste te gebruik om sodoende seswielaandrywing te kry. Ek wil ook kronkelvere voorlangs aanbring, want my Safari is maar ’n stamperige ryding. Die laaibak is in wording en ek besluit nog of ek ’n vyfde wiel daarop gaan monteer –
ek dink hier aan ’n Mac-lorrie met ’n sleepwa – óf om dit te omskep in ’n “Aussie tray” met ’n daktent wat agtertoe oopvou eerder as sywaarts. Die 35 duim-wiele steel baie krag by die enjin – veral as al ses van hulle aangedryf gaan word – en daarom oorweeg ek ’n groter Nissan-enjin. In hierdie stadium is ek egter tevrede met die bou. Ek hoop net nie my vrou verkoop hom eendag vir dieselfde geld wat ek vir haar gesê het ek op Baster uitgegee het nie, want daai persoon gaan ’n winskoop kry!
MIDDELREEKS KAPPIES
af van
12 jaar waarborg op raam
Alle slotte met dieselfde sleutel
2 jaar waarborg op komponente
Veelvuldige bybehore beskikbaar
Volle aluminiumkonstruksie
Geen boormontering nie
LOADSLIDER CARGO SLIDE af
van
350kg-kapasiteit Ingeboude veiligheidskenmerke 80% verlenging Maklik & eenvoudig om te gebruik Unieke T-gleuf-bedekking
Skandeer hierdie QR-kode om ons volledige katalogus af te laai
Ons maak ook daktente 270-afdakke dakrakke vragglyers