6 minute read

TOERUSTING

Next Article
4x4-PROFESSOR

4x4-PROFESSOR

EEZI-AWN SERIES 3 Ou staatmaker

Die seil is van 360 g-Ripstop-materiaal en die tent staan op ’n 9 mm-laaghoutvloer wat deur merantibalke versterk word. Die matras is lekker dik gestoffeer (6,5 cm) en daar is sakke binnelangs waarin jy los items kan bêre.

Advertisement

Afmetings 2,44 x 1,6 m Gewig 65 kg Prys R18 995 by Safari Centre Kontak 011 764 6311 info@eezi-awn.com eezi-awn.com

Ry & Sleep sê Eezi-Awn se Series-modelle kom al sedert 1988 aan. FRONT RUNNER Kapokgewig

Hierdie daktent is teen 43kg die ligste van sy soort. Die seil is van 260 g-polikatoenmateriaal en die reënseil van 400 d-Oxfordpoliëster. Die matras is 6 cm dik, die leer kan 180 kg dra en die vloer bestaan uit aluminium en polistireen.

Afmetings 2,44 x 1,29 m Gewig 43 kg Prys R14994 by Front Runner Kontak 011 466 0155 frontrunneroutfitters.com

Ry & Sleep sê Hierdie tent is die antwoord as gewig saak maak. GRAVITY OUTDOORS 1.4 Draai jou sente om

Hy word gemaak van 280 g-polikatoenmateriaal en rus op ’n aluminiumbasis met plastiekisolering. Die reënseil is 450 dOxford-poliëster met ’n 1500 mm-waterkolomgradering. Die matras is 6 cm dik.

Afmetings 2,4 x 1,4 m Gewig 75 kg Prys R14495 by Gravity Outdoors Kontak 087 150 2176 explore@gravityoutdoors.co.za gravityoutdoors.co.za

Ry & Sleep sê Hy’s die goedkoopste daktent op hierdie lys.

HOWLING MOON DELUXE 1,4 M Afrika se beste

Hy’s ontwerp om vinnig en maklik op en af te slaan vir diegene wat elke dag op ’nander plek kamp. Die vloer bestaan uit ’nmengsel van aluminium, dennehout en polistireen. Hy’s beskikbaar in vyf groottes – vir 2-4 mense.

Afmetings 2,4 x 1,4 m Gewig 48 kg Prys R20 000 by Leisureland Kontak 021 003 5790 howlingmoon.co.za

IRONMAN 4x4-DAKTENT ’nYster van ’ndaktent

Die reënseil is verhewe bo die tent om kondensasie te verhoed. Die leer is onder dak sodat jy droogvoets kan afklim terwyl dit reën. ’n Opsionele “kamer” kan onder die tent vasgerits word.

Afmetings 2,4 x 1,44 m Gewig 62 kg Prys R18 260 by Ironman 4x4 Kontak 011 634 7770 info@ironman4x4.co.za ironman4x4.co.za

TENTCO 2.0 FAMILY Krismisbed op die dak

Die seil word gemaak van 260 g-Ripstopmateriaal wat behandel is teen skimmel en UV-lig. Omdat hy slaapplek vir vier mense het, is daar twee lere, en die ingang en vensters is lekker groot vir oorgenoeg vars lug.

Afmetings 2,0 x 2,4 m Gewig 86 kg Prys R15 230 by Tentco Kontak 011 397 6451 info@tentco.co.za tentco.co.za

ALU-CAB GEN 3.1 EXPEDITION Gebou om te hou

Hy’s rateltaai met luukshede soos ’n LED-daklig, ses sakke vir los items en twee USB- en twee 12 V-kragsokke. Die dop is stewig genoeg sodat jy ’n kajak, sonpaneel of fietse daarop kan vervoer.

Afmetings 2,1 x 1,3 m Gewig 78 kg Prys R42 694 by 4x4 Mega World Kontak 021 703 9510 queries@alu-cab.co.za alu-cab.com

Ry & Sleep sê Die leer vou nie op nie. Jy moet hom dus binne die tent vervoer. BIG COUNTRY PENTHOUSE Dakwoonstel

Die vaartbelynde romp is hoër na agter sodat jou kussings nie binne papgedruk word nie. Die matras is 7,5 cm dik. Hy’t Brad Harrisonsokke vir eksterne kragtoevoer, ’nLED-daklig, USB-sokke en sakke teen die plafon.

Afmetings 2,3 x 1,47 m Gewig 90 kg Prys R42 799 by Big Country Kontak 011 765 9700 admin@bigcountry.co.za bigcountry.co.za

Ry & Sleep sê Jy kan tot 80kg op die dop laai.

BUNDUTEC BUNDUCLAM Mossel vir die boendoes

Die aluminiumdop wip maklik op en binnelangs kry jy ’nmatras wat 10 cm dik is, ’n 12V-kragsok, LED-lig, twee waaiers en bedrading vir ’ndubbelbatterystelsel en sonpaneel. Die vensterflappe rits aan die binnekant toe met muskietnet buite.

Afmetings 2 x 1,25 m Gewig 75 kg Prys R33 070 Kontak 010 055 5839 info@bundutec.co.za bundutec.co.za

Ry & Sleep sê Die waaiers is beslis ’nbonus.

EEZI-AWN BLADE Vou hom soos ’nknipmes

Die dop is van aluminium en die seil van 280 g-Ripstop-materiaal met swaardiens-YKK-ritssluiters. Die matras is 8 cm dik, en hier is 12V-sokke en ’nLED-daklig. Die stawe op die dop is sterk genoeg vir fietse of ’nkajak.

Afmetings 2 x 1,25 m Gewig 72 kg Prys R37 900 by Safari Centre Kontak 011 794 6311 info@eezi-awn.com eezi-awn.com

Ry & Sleep sê Hy’s beskikbaar in swart of grys.

GOBI-X TANKWA Huis in die Karoo

Die dop van die Gobi-X Tankwa is van UVbestande veselglas en die seil van 400 gRipstop-materiaal met swaardiens ritssluiters. Die matras is 7,5 cm dik en hier is 12V- en USB-sokke plus ’n LED-daklig. Die stawe op die dop is sterk genoeg vir twee fietse of ’nkajak.

Afmetings 2,2 x 1,4 m Gewig 72 kg Prys R34 995 by Gobi-X Kontak 021 981 2415 gobi-x.co.za

Ry & Sleep sê Dit is verspotmaklik om dié een op ’ndakrak vas te bout. QUICK PITCH-DAKTENT Blits Visagie

Die aluminiumdop is aan mekaar vasgesweis sonder enige klinknaels of boute, wat beteken lekkasies word uitgeskakel. Binnelangs is daar een 12V- en twee USBsokke, én sakke teen die plafon.

Afmetings 2,15 x 1,28 m Gewig 85 kg Prys R37 375 by Quick Pitch Kontak 082 839 2966 sales@quickpitchsa.co.za quickpitchsa.co.za

Ry & Sleep sê Die dop is stewig genoeg om 40 kg se kampgoed te dra.

BUSHWAKKA 360 NEST Skop nes

Hierdie hardedoptent is soortgelyk aan die mosseldoppe hiernaas, maar hy skarnier in ’nZ-vorm oop, wat sorg vir ’n groter binneruim. Jy’t ’nuitsig in alle rigtings en jy kan ligte items bo-op die dop vervoer.

Afmetings 2,1 x 1,4 m Gewig 90 kg Prys R44 500 by Bushwakka Kontak 023 342 3438 sales@bushwakka.co.za bushwakka.co.za

Ry & Sleep sê Hy weeg redelik swaar, maar die binneruim is groot. EEZI-AWN STEALTH Skêr!

In ’nmosseldoptent moet jy met jou voete aan die vlak kant slaap; die Stealth stel jou in staat om te slaap soos jy wil, want die vlak kant skarnier opwaarts en skep sodoende ’ngroter binneruim. Hy’t ’n8,5 cm-matras, LED-daklig en USB-sokke.

Afmetings 2,14 x 1,3 m Gewig 100 kg Prys R47 000 by Safari Centre Kontak 011 794 6311 info@eezi-awn.com eezi-awn.com

Ry & Sleep sê Jy bêre die leer in ’nspesiale holte onder die tent. IKAMPER SKYCAMP 2.0 Koreaanse weelde

Die plastiekveseldop swaai nes ’n koffer na die kant toe oop en hy bied slaapplek vir 3 tot 4 mense. Die seile word gemaak van 300 g-polikatoen-materiaal met ’nsterredak. Die venster het flappe, muskietnet én deursigtige poliësterpanele.

Afmetings 2,1 x 1,95 m Gewig 72 kg Prys R50000 by iKamper Kontak 087 802 2179 info@ikamper.co.za ikamper.co.za

Ry & Sleep sê Hierdie is ’n duur outjie, maar werklik luuks verby.

MOREMI SPORT Vir klein én groot

Sy aluminiumdop swaai sywaarts oop en die hele tent slaan binne sowat 20 sekondes op. Die tent pas op amper enige veldryvoertuig en hy’s ruim genoeg vir twee. Hier’s twee vensters en twee deure, almal met muggie- én muskietnet.

Afmetings 2,2 x 1,5 m Gewig 85 kg Prys R25 425 by Custom Canopies Kontak 083 281 7800 customcanopies@mweb.co.za customcanopies4all.co.za THULE TEPUI EXPLORER AUTANA 4 Woonstelblok

Hierdie daktent het ’ngrondtent onderaan wat as kombuis gebruik kan word. Jy kan ook ’nkassettoilet in die onderste tent staanmaak en hom snags besoek sonder om ’nvoet buite te sit. Hy’t slaapplek vir ’ngesin van vier, en danksy die 260g-seilmateriaal weeg hy betreklik min, gegewe die grootte.

Afmetings 3,1 x 1,83 m Gewig 81 kg Prys R55000 by Thule Kontak support@sportandcargo.co.za thule.com/en-za

GR TRAVELTOP Alles en nog wat

Dit is ’nkappie en daktent in een. Jy swaai die dak sywaarts oop sodat jy regop binne die kappie kan staan. Die dubbelbedmatras is 10 cm dik en die kappie huisves ’n kampkombuis en slaapplek vir twee klein kinders.

Afmetings 2,2 x 1,2 m Gewig 280 kg Prys R140 000 by GR TravelTops Kontak 083 632 6406 info@grtraveltops.com grtraveltops.com

This article is from: