13 minute read

Padmededinge

Next Article
Suidwes Afrika

Suidwes Afrika

In die aanklagtekantoor het sersant Geldenhuys my meegedeel dat die buurman wat agter hom gebly het, met ʼn soortgelyke voertuig gery het. Die leidraad was opgevolg en die eienaar van die VW was toe opgespoor. Hy was ondervra waarop hy alles erken het. Ek het sy huis deursoek en op verskeie gesteelde goedere beslag gelê. Van die goedere was in die vuurherd in die sitkamer en agter ʼn yskas versteek, die res was op verskillende plekke in die huis versteek. Die tweede beskuldigdes was by ‘n ander adres met soortgelyke items gearresteer. Hulle was ook in besit van ʼn arm dagga. In sulke gevalle was die verdagte voorlopig vir die besit van vermoedelike gesteelde goedere aangekla en die saak was dan vir ʼn geruime tyd uitgestel sodat ʼn volledige ondersoek gedoen kon word om vas te stel of dit goedere was wat deur die S.A.Vervoerdienste vervoer was. Die speurders te Windhoek kon geen aanknopings vir my maak nie en ek het toe, met die toestemming van die Bevelvoerende Offisier, per trein na Windhoek gereis waar ek ses aanknopings gedoen het, d.w.s ses aanklagte van diefstal wat teen die beskuldigdes ingebring was. Hulle was aangekla en op al ses klagte skuldig bevind en gevonnis. (Johan Claassen)

PADMEDEDINGE

Advertisement

My dae in die Padvervoereenheid.

Tydens my dienstermyn op Empangeni het Hoofkantoor ʼn omsendskrywe na al die Padvervoereenhede gestuur waarin die lede gevra was om voorstelle in te dien oor die tipe toerusting wat deur hulle benodig sou word. Kaptein Paul Aucamp (“Slotnoot”) het my gevra of ek enige voorstelle gehad het. Ek het sekere voorstelle ingedien en nie lank daarna nie was elke eenheid met ʼn Cressida motor, ’n 3 liter Ford bakkie en ʼn karavaan uitgereik. Ek was nogal verbaas want dit was presies wat ek voorgestel het. Op Ermelo het ons die kostes van die voertuie binne drie maande uit erkenning van skuld gelde ingevorder, alhoewel dié gelde nie na die Spoorweg se kas gegaan het nie, maar wel na die departement van Justisie s’n. Die karavane was egter nie met ʼn warmwatertoestel toegerus nie en in die winter maande in Ermelo was warm water in die karavaan ʼn vereiste. Nadat die voertuie en die karavane aan die eenhede uitgereik was, het jy gereeld gehoor van ʼn bakkie of ʼn karavaan wat gerol het. Dit het my ontstel en na ʼn besoek aan die plaaslike karavaanhandelaar, het hy die Trapesium trekstang voorgestel om stabiliteit aan die karavaan te verleen. Die inligting was na Hoofkantoor gestuur en dit was nie lank daarna nie of Hoofkantoor het ʼn instruksie uitgereik dat al die bakkies van die eenhede met die Trapesium trekstang toegerus moes word. Teen ʼn spoed van 140 km/u het ek die bakkie se stuurwiel ʼn pluk gegee om te sien wat die karavaan agter die bakkie gedoen het. Wouter het dan soos ʼn apie in die passasier se truspieël gekyk en dan gesê: “Die karavaan kom wragtig terug.” Nadat die trekstange aangebring was, het ek nie weer van ʼn bakkie of karavaan gehoor wat gerol het nie. By ʼn geleentheid het ons drie bussies wat aan een eienaar behoort het, aan die Staat verbeurd verklaar. Die een dag het ons gedrink en die volgende dag dan vang ons weer. Op ʼn dag het ons op die derde bussie van mnr. Mlotstwa beslag gelê. Gert Engelbrecht en Sithole moes die bussie na Breyten geneem het om dit in die SAP 13 te gaan inboek. Sersant Kalahari Flemming moes hulle by Breyten gaan haal het. Ons geld was toe al op en ons kon nie meer proviand aangekoop het nie. Later die middag het Gert Engelbrecht, Sithole en Kalahari teruggekom en hulle het ʼn spul drank afgelaai. Omdat ons nie geld gehad het nie, wou ons weet waar hulle die drank gekry het. Ons was onder die indruk dat hulle ʼn draai by hulle huise gaan maak het om geld te kry. Toe was die prentjie aan ons geskilder. Gert, wat die bussie bestuur het, het sy uniformbaadjie uitgetrek en daarop gesit. Kaal bolyf het hy die bussie bestuur en by elke taxi oplaaiplek het hy gestop en die passasiers opgelaai. Sithole was die kondukteur en hy het die passasiers se gelde vir die rit opgeneem en met die geld het hulle die proviand aangevul. Een nag het sersant Nyalungu my wakker gemaak en gesê dat hy ʼn Maputo bakkie gevang het en dat die man wou betaal. Almal was die aand nog half gedrink. Ek het besluit dat ek die beskuldigde na Badplaas sou neem sodat hy die erkenning van skuld daar kon gaan betaal. By die T-aansluiting van Badplaas en Eerstehoek het ek my met die afstand misgis (ek moet ook erken dat ek vinnig gery het) en toe ek besef het dat ek nie betyds sou kon stop nie, het ek probeer om so na as moontlik aan die chevronbord verby te ry. Die Cressida het vir ʼn hele

132

aantal meters deur die lug getrek. Toe ons die grond getref het, wou Nyalungu uitgespring het. Ek het hom gekalmeer en gesê dat ons daar sou uitkom, wat toe ook gebeur het. Op pad na Badplaas het ek geruik dat iets na stront geruik het. Ek het aan Nyalungu gevra wat so geruik het waarop hy met die beskuldigde gepraat het. Hy het geantwoord dat die man reken dat hy so groot geskrik dat hy in sy broek gek*k het. Op Badplaas het die man hom gaan skoonmaak en sy erkenning van skuld betaal. Ek het my vrou daai tyd van die nag wakker geskakel om vir haar te sê dat ek amper dood was. Sy was nie baie beïndruk met my oproep nie. Ek moes altyd potjiekos gemaak het wanneer ons uitgegaan het. Chris Badenhorst was weer die man wat lekker stywe pap kon maak. Op ʼn dag het ek weer potjie gemaak en ons het lekker daaraan gesmul. Etienne Kinnear het altyd die volgende oggend ons almal wakker gemaak met sy gekrap in die potte en bakke. Gert het dié betrokke aand, nadat ons klaar geëet het, ʼn pakkie Brooke lax in die pot gegooi. Soos gebruiklik het Etienne ons die volgende oggend weer met die potkrappery wakker gemaak. Terloops, die ander van ons het nie van die Brooke lax geweet wat Gert in die kos gegooi het nie. Van die manne was die volgende dag iewers heen en ek en Etienne het in die karavaan gesit toe hy sulke snaakse geluide gemaak en verskriklike winde opgebreek het. Hy was ’n vet mannetjie en het toe al twee maag operasies gehad. Ek het toe bekommerd geraak en vir hom gesê om die Cressida te vat en na die hotel te ry wat ongeveer ʼn kilometer daarvandaan was. Hy was toe daar weg en kort voor lank was hy terug met die nuus dat sy maag erg omgekrap was. Dit was nie lank nie of hy het weer gery. Met sy terugkoms het ons probeer bepaal wat fout kon gegaan het. Ek toe begin dink dat dit dalk my skuld was en dat iets fout gegaan het met die maak van die potjie. Toe hy die derde keer wou ry, het ek besef dat ek sou moes saamry want my maag was nou ook omgekrap. By die hotel aangekom was die toiletpapier gedaan, maar daar was nie nog tyd om eers vir ‘n rol toiletpapier te gaan vra nie. Ek het toe sommer die gordyn in die toilet in repe geskeur en dit as toiletpapier gebruik. Etienne moes sy onderbroek was, want hy was nie betyds vir die toilet nie. Na vele kopkrap en goeie speurwerk het ons Gert se bose daad ontmasker. Hy het geen ander keuse gehad as om te erken dat dit hy was nie. Ons het hom behoorlik geroskam. Ons was een spesifieke keer opdrag gegee om ʼn konferensie te Pietermaritzburg by te woon. Die hele Padmededingeenheid moes teenwoordig wees en ons het vanaf Ermelo vertrek en Wouter de Vos moes nog oppad ʼn verklaring by Mondi op Piet Retief afgeneem het. Terwyl ons vir hom gesit en wag het, het Etienne Kinnear, Gert Engelbrecht en Freddie Flemming (Kalahari) my probeer oortuig om op Moolman vir ʼn paar drankies stil te hou. Ek het vir Wouter met sy terugkeer omtrent hul versoek ingelig waarop hy gesê het dat hy nie dink dat dit ‘n goeie idee was nie. Die manne het egter op ʼn demokratiese besluit aangedring en ons het oorgegaan tot ʼn stemming. Sonder enige verrassings was ek en Wouter uitgestem en was ons derhalwe verplig om op Moolman te stop en die manne het die man met die kurkhoedjie stewig vasgevat. Met ʼn groot gesukkel en ‘n hele tydjie later het ons daarin geslaag om te vertrek, maar op Paul Pietersburg het dieselfde storie hom weer afgespeel. By die hotel ons net likeurs, veral Groen Mambas, gedrink. Die volgende stop was Vryheid. Daar het ons toe vir Chris Bronkhorst, ʼn Du Plessis kêrel en ʼn swart lid, heel toevallig raakgeloop. Dit was ʼn fout. Toe was daar éérs gekuier. Na ons vertrek vanaf Vryheid het ons onder Chris-hulle uitgery; miskien wou hulle net nie saam met ons gegaan het nie. Die volgende stop was Eshowe. Toe ons by die hotel ingestap het, het ek vir Carl Kikulis, wat met ʼn TV-onderhoud besig was, herken. Die manne het pool gespeel en die drank het vrylik gevloei. ʼn Ou langs my, wat al lekker dronk was, het my gevra of ek na sy bord kos sou kyk wat hul toe net vir hom gebring het. Op my vraag hoekom ek sy kos moes oppas, het hy geantwoord dat hy die toilet moes gaan besoek het. Ek het gesê dat hy maar kon gaan en dat ek sy kos vir hom sou oppas. Ek die bord kos nader getrek en al sy kos opgeëet skaars nadat hy die toilet se deur ingegaan het. Ek het ten minste ʼn 5-sent stuk vir hom in die bord gelos, soos ek deur my mentor, sersant Philip Petoors, in Vereeniging geleer was toe hy my toebroodjies altyd gesteel het. Ek het die manne bymekaar geroep en Gert het al die vyftig sent- en R1-stukke van die pooltafel af gegryp wat deur die ander ouens daar geplaas was vir die volgende game. Nou was ons op pad Durban toe.

133

Langs die pad wou Wouter water afgeslaan het en ek moes noodgedwonge stop. Ons het gesit en wag vir hom toe ons twee skote hoor afgaan het. Ek het uitgeklim en hom gevra wat die probleem was. Hy wou op sy beurt weet of ek ʼn probleem met hom gehad het en toe het ek agtergekom dat hy in ʼn veglustige bui was. Ek het hom toe later in die kar gekry en ons kon ons reis voortgesit het. Ons elkeen moes vyf of tien Rand vir die braai ná die konferensie bygedra het. Iewers langs die pad het ek die gelde van die manne bymekaar gemaak. Met aankoms in Durban het ons na die Malibu Hotel se diamant kroeg gegaan. Die kelner het my gevra wat ons wou drink en, omrede ons geld min begin raak het, het ek ʼn kas Lion bier bestel. Ek het dit met die geld in my hempsak, wat vir die braai bedoel was, betaal. Die kelner het die kas bier by ons op die grond neergesit. Wouter en Gert het na die klein dansbaan gestap wat seker tien persone kon akkommodeer as hulle teen mekaar gestaan het. Nadat ons die kas bier uitgedrink het, het ons na ʼn strip klub in Point Road vertrek. Ons het binne gegaan en slegs die bestuurder, sy vrou en die bar lady, en verder niemand nie, was teenwoordig. Ek het gedog dat die strippers iewers agter in ʼn kamer moes gewees het. Hulle het ons meegedeel dat die laaste show om een uur was, maar ons kon drank bestel, wat ons toe ook gedoen het. Gert was na die kar gestuur om my tjekboek te gaan haal maar die eienaar wou nie my tjek aanvaar het nie. Wel, die enigste alternatief was, so het ons hulle ingelig, dat ons dan moes wag tot die volgende môre om te help skottelgoed was, want die drank was al halfpad op. Hulle het later ʼn kontant tjek aanvaar. Toe was die bar lady gevra of sy nie dalk vir ons ʼn strip wou gee nie, maar sy wou nie. Sy vra toe hoekom ons nie vir hulle drie ʼn strip show kon hou nie. Gert en Wouter het "valuteer" en het ewe manhaftig na die verhoog gestap waar die twee begin dans en stelselmatig van hul klere ontslae geraak het. Etienne was ʼn kort ronde mannetjie en jy kon net sien hoe sy naeltjie op en af beweeg het soos hy wat hy gelag het. Toe Wouter later net sy onderbroek aangehad het, het Gert langs hom gestaan met ʼn tamboeryn en hy het Wouter se onderbroek aan die linkerkant afgepluk. Wouter het omgedraai en Gert het die anderkant van die onderbroek afgetrek. Dit was die einde van hulle strip show. Ons het vanaf die hotel vertrek en ek wou veral vir Kalahari gaan wys het hoe groot die skepe in die hawe werklik was. In die hawe gebied het Wouter en Gert gesê dat hulle wou gaan kyk het of daar nie vroumense op die boot was nie. Ek het hulle gewaarsku dat hul probleme sou optel maar hulle wou nie van hulle plan afgesien het nie. Ons ander het ‘n draai deur die hawe gery en die volgende oomblik het ʼn voertuig van vooraf gekom en ek het my ligte geflits dat hulle darem nie aan my kant moes beweeg het nie. Ek het toe opgemerk dat dit ʼn Golf motor was. Na ʼn hele ruk het ek gesê dat die twee manne nou moes aankom sodat ons Pietermaritzburg toe kon gaan. Ons het hulle gaan optel en net toe ons by die hawe wou uitry, het ʼn vangwa en die Golf voor ons voertuig tot stilstand gekom. ʼn Sersant en ʼn Indiër konstabel, saam met twee blanke meisies, het na my venster aangestap gekom. Die twee meisies het beweer dat ons het hulle gemolesteer het. Gert en Wouter wie nie eens by was toe ek die hoofligte geflits het nie, het uit ons motor gespring en die twee meisie uitgevreet. Die sersant het vir die konstabel gesê om ons voertuig se registrasienommer af te skryf. Ek het die sersant ingelig dat dit nie sou gehelp het nie aangesien ons van die Padvervoereenheid was en dat ons voertuig vals nommerplate opgehad het. Die konstabel moes nogtans die registrasienommer afneem. Die sersant het my gevra om hulle te volg - ek dink dit was na Maydon kaai. Hy het gesê dat hy ʼn offisier sou moes uitroep. Ek wou weet hoekom dit nodig was, waarop hy geantwoord het dat dit vir hom gelyk het asof ons onder die invloed van alkohol was (Kan jy glo? Hy laat my toe om agter hom aan te ry, maar hy dink ons is onder die invloed). Ek het ʼn bietjie kat en muis met hulle gespeel terwyl ons uit die hawegebied gery het. Toe ons oor die bruggie by die Esplanade se robot gekom en die sersant links gedraai het, het ek vir Wouter gesê: “Ouboet, jou pad is reguit.” Ek het reguit aangejaag en links gedraai in ‘n eenrigting straat op en daarna het ons die Suidkus pad gevat. By Yellowood het ek ‘n U-draai gemaak en terug gery in Pietermaritzburg se rigting. Daar het ons eers gestop en die nommerplate afgehaal, opgefrommel en weggegooi. Ons het die regte plate opgesit en tot by die hostel in Pietermaritzburg gery waar ons seker twee ure se slaap ingekry het. By die konferensie het ons in brigadier Mounie Mouton vasgeloop. Toe ek hom gegroet het, het hy my gevra: “Watse k*k het julle nou weer aangejaag?” Ek het geantwoord

134

This article is from: