3 minute read

HOËRSKOOL DURBANVILLE EERSTE NETBAL

Next Article
HERMAN CORNE

HERMAN CORNE

HOOFAFRIGTER VAN DIE EERSTESPAN: HOËRSKOOL DURBANVILLE

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by die Interskole te wagte wees van julle span?

Wat ‘n voorreg om deel van Interskole 2023 te wees saam met so ‘n besonderse groep spelers. Ons het ‘n harde, goeie seisoen agter die rug en is reg om die laaste wedstryd saam aan te pak. Saam, as ‘n span het ons die harde werk ingesit, saam as ‘n span was daar gelag, daar was gehuil, daar was goeie oomblikke, harde oomblikke, lesse geleer, ons het mekaar leer ken en memories gemaak. Die huiswerk is gedoen, nou is dit die finale toets wat geskryf moet word. Is hulle voorbereid daarvoor? 100% Ja. Is hulle reg daarvoor? Beslis. Is hulle honger genoeg daarvoor? 500% ja!

So almal kan verwag dat die Durbie eerstes, beslis saam as ’n span, alles gaan gee vir die laaste wedstryd van die seisoen. Die laaste een vir mekaar, en die laaste een vir hulle skool. Die jaar is home soil, ons gronde, ons bane, ons tuiste. Die eerstes is reg vir julle.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons sit met tien ongelooflike spelers. Elke speler het sy rol wat hy moet vul om hierdie span heel te maak. Daar is baie ervaring in die span en baie van hulle kom al ‘n langpad saam. Hulle ken mekaar, geniet mekaar en is lief vir mekaar. Hulle is tien beste vriende. En as hulle daardie goeie verhoudinge met mekaar op die baan neem, is daar niemand wat hulle kan keer nie. Die krag van die span lê eerstens by Hom. Elke wedstryd word vir Hom gespeel, om dankie te sê vir die voorreg om ‘n sport te kan doen waarvoor ons lief is. En tweedens, lê die krag van die span, in hulle as span. Nie in elke individu se prestasie nie, maar om saam te werk vir die doelwitte wat hulle stel. Ons as afrigters kan alles in ons vermoë doen langs die baan, maar die krag lê in die sewe op die baan, wat mekaar moet deurdra.

Ho Rskool Durbanville

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

Anandie Burger ZOE

Dit was verseker om aan die baie gesogte Wildeklawertoernooi in Kimberley te kon deelneem. Dit is die eerste keer in ons skool se geskiedenis, dat ons eerstespan netbal genooi is na die toernooi. Daar het ons teen die beste skole in die land meegeding en dit was ‘n absolute voorreg vir ons span. `n Verdere hoogtepunt was ook dat ons span deurgedring het na die finale SA Topskole rondte.

Hoe motiveer jy jou span?

Om vir Hoërskool Durbanville se eerste netbalspan te speel, is genoeg motivering vir elke speler in my span om deurgaans haar beste te gee. Ek glo as kaptein, stel ek ’n voorbeeld deur te wys dat harde werk, deursettingsvermoë, ’n positiewe ingesteldheid op, en vanaf die baan, goeie resultate lewer. Ek herinner my span voortdurend vir wie en wat ons speel en dat ons die voorbeeld vir die jonger netbalspelers in ons skool stel.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?

Ons onderkaptein is Isabella Steyn. Ek en Bella speel al vir 11 jaar saam. Sy ken en verstaan my so goed, dat woorde soms nie eers nodig is nie. Tydens ’n wedstryd hoef ek net vir haar te kyk of my kop te knik en sy weet, dit is tyd om ons

Kaptein Van Die Eerste Netbalspan

Voor: Me A. Burger, Heleen Holtzhausen (k), Emma Badenhorst (o.k), Lara Hickey.

Hoe is die samestelling van die span vir Interskole? Enige beserings?

Beserings het ons span nog nooit ondergekry nie. Ons is dus 100% reg vir Interskole.

Wat wil julle as ’n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?

Ons sal graag die netbalseisoen wil afsluit met ’n wen by Interskole. As kaptein is ek so trots op wat my span hierdie jaar al bereik het, nie net met punte op die telbord nie, maar ook in hul persoonlike groei. Dit sal my trots maak as elkeen van my spanlede kan terugkyk op die jaar en voel hulle het as speler en mens gegroei en is reg vir die toekoms. My trots lê daarin om ’n voorbeeld van gesonde sportmangees te stel, nie net vir onsself nie, maar vir ons afrigters, ons ouers, ons skool en ons ondersteuners. Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek gaan Biokinetika studeer en as my studies dit toelaat, aanhou netbal speel. Daarna sal ek graag oorsee wil gaan reis en werk.

HEAD COACH OF THE FIRST TEAM: STELLENBERG HIGH SCHOOL

What can the school and parents expect from your team this year at the Inter-schools?

This year, the school and parents can expect our First Team Netball to bring a strong and competitive performance to the Interschools tournament. We have been putting in a dedicated effort and rigorous training to prepare for this event. Our team is focused on showcasing, not only our skills, but also our sportsmanship and teamwork. We aim to represent the school with pride and uphold its reputation through our stellar performance on the netball court.

Where is your strength as a team?

Our strength as a team is firmly rooted in our unity. Our players know each other’s playing styles, strengths, and tendencies inside and out. This allows us to anticipate each other’s moves and make split-second decisions that work in perfect harmony. This has translated into a seamless flow of passes, well-timed movements, and efficient defence strategies. Additionally, our team’s commitment to fitness and conditioning has allowed us to maintain a high level of stamina throughout the game, enabling us to keep up the intensity from start to finish.

This article is from: