UDEXpress UITENHAGE DESPATCH
Despatch / Uitenhage / Mosel
Klinicare Despatch Pharmacy Tel: 041 933 2109 Fax: 041 933 2644 Email:despatch@klinicare.co.za Klinicare Mosel Pharmacy, Tel: 041 922 8515 Fax: 041 922 0057 Klinicare Uitenhage Pharmacy Tel: 041 991 1234 Fax: 041 991 0734 Levyvale Shopping Centre 114 Caledon Street, Uitenhage 5 Settlers Way, Uitenhage X1U9QWV5-UX010218
30 000 COPIES WEEKLY
THURSDAY February 1, 2018 | 0 041 992 5639 | Fax 086 457 4375 | www.udexpress.co.za
EDITOR: HEILIE COMBRINCK
The good taste of rainwater <A very good taste of rain...never mind the cars! This was the sight that greeted visitors to the Addo Elephant National Park over the weekend when the heavenly sluices opened up above the park. The good rainfall in the park resulted in elephants not even visiting popular water holes like Hapoor, but rather enjoying rainwater wherever they browsed. An average of 17,2mm of rainfall was measured in Addo last weekend. PHOTO: GERHARD BURGER
Leerders mis 51 dae skool weens toilette HEILIE COMBRINCK
L
eerders van Despatch Primêre Skool het verlede jaar 51 skooldae gemis omdat daar op dié dae geen watertoevoer na die skool en se toiletgeriewe was nie. Omdat dit n groot higiëniese gevaar skep, moet die kinders huis toe gestuur word sodra die pype droog raak. Dis nou al sewe jaar dat die skool met watertoevoerprobleme sukkel, sê Danny Jacobs, skoolhoof van Despatch Primêre Skool in Reservoir Hills. “Ons was vir sewe jaar ordentlik en bly rapporteer deur al die regte munisipale kanale, maar dit val op dowe ore. Dit is ’n munisipale probleem wat nie opgelos word nie. Elke keer as daar ’n nuwe raadslid is, moet ons van vooraf verduidelik en vra vir hulp met die watervoorsiening, dan gebeur daar weer niks. “Met ingang 2017 het ons begin boekhou
van die waterlose dae. Nou het ons bewyse dat leerders 51 skooldae verloor het weens dié watertekort wat die gebruik van toiletgeriewe affekteer.” Volgens Jacobs is dit nie net Despatch Primêr wat geraak word deur die watertekort nie, maar ook die kliniek, kerke en Reservoir Hills gemeenskap. “Die probleem is vermoedelik by Reservoir Hills se groot opgaartenk wat nie behoorlik volgepomp word nie, want die ander drie kleiner opgaartenks word eerste volgemaak. “Loodgieters se aanbevelings sê die hoogste en grootste opgaartenk moet eers volgemaak word en dan die res – dit sal die toevoerprobleem uitskakel,” sê Jacobs. Die skool se periodieke watertekorte veroorsaak ook ‘n geweldige stank, sê Jacobs Oor die sewe jaar watertekort-tydperk is leerders versoek om drinkwater skooltoe te bring. Onderwysers is gevra om water te bring vir die toilette.
“Die probleem is dat die gemeenskap waaruit die leerders kom ook nie water het nie. Dié gemeenskap is moeg en gatvol om die woord nou sommer reguit te gebruik,” sê Jacobs. Daniel Grootboom, voorsitter van Despatch Primêr se beheerraad sê, “Ek is raadop, die kinders het vandag (Maandag) wéér vroeg huistoe gegaan. Ons is nie mense wat tyres brand nie. Ons is nie lus vir sulke goed nie, maar wat moet ons doen, want niks word van die munisipaliteit se kant af gedoen nie. “Graad 1s begin hulle skoolloopbaan met die een ontwrigting na die ander. Dit is ’n onreg teenoor hulle,” sê Grootboom. Munisipale woordvoerder Mthubanzi Mniki sê toevoer na die Despatch opgaartenk word geaffekteer weens die herstelwerk van twee groot waterlekke in toevoerpype. Alternatiewe toevoer met handkrane word gebruik en daarom die wisseling in watertoevoer. Waterwaens is uitgestuur vir hulp.
=Daniel Grootboom, voorsitter van die Despatch Primêre Skool se beheerraad by die skool se droeë waterkrane. FOTO:VERSKAF
X1U9NJMW-UX010218