UITENHAGE•DESPATCH Despatch / Uitenhage / Mosel Klinicare Despatch Pharmacy Tel: 041 933 2109 Fax: 041 933 2644 Email:despatch@klinicare.co.za Klinicare Mosel Pharmacy Klinicare Uitenhage Pharmacy Tel: 041 922 8515 Fax: 041 922 0057 Tel: 041 991 1234 Fax: 041 991 0734 48 Mosel Rd, Uitenhage 114 Caledon Street, Uitenhage
30 000 COPIES WEEKLY
X1TT1P4M-UD030817
THURSDAY August 3, 2017 | 0 041 992 5639 | Fax 041 992 2783 | udnews@media24.com
EDITOR: HEILIE COMBRINCK
Lede van die Alpha Leo Club Despatch/Uitenhage bedien die Mulakinders met koeldrank, sop en brood. Van links is Sinovuyo Madlavu, CalebJohn Wood, Seenat Lukie en Karla Venter. Kinders in die Kamesh, Langa, Mandelaville omgewing lewer elke Woensdag, wanneer dit Muladag is, herwinbare rommel in. Die gewig hiervan bepaal die aantal Mula’s waarmee hulle kos, klere en skryfbehoeftes in die Mulawinkel kan ‘koop’. Sodra dit afgehandel is, kry elkeen toebroodjies, sop en koeldrank. FOTOS:MARISKA SPOORMAKER
Mulagenade vir dié kleintjies wat help herwin MARISKA SPOORMAKER
M
et net een besoek aan Uitenhage se Mula-dag is dit baie gou duidelik dat die algehele bedrag wat uit die ingelewerde herwinbare rommel verdien word, nie naastenby genoeg is om die Mula- “winkel” se voorraad te koop nie. Quinette Goosen, voorsitter van die Uitenhage Recycling Mula Swop Shop-projek, erken dit dan ook. “Ons bestee gemiddeld R3 500 na
R4 000 per Mula-middag. Ons bedel maar oral, hou verkope en maak staat op die goedhartigheid van die publiek. “Die kos wat die kinders [byvoorbeeld sop en brood] ná die inlewering van die herwinbare rommel kry, is ook vir ons rekening. “Soms is daar skenkings soos vandag gedoen deur die lede van die Alpha Leo Club, en verder ook kerke, besighede en skole,” sê Goosen. By die Allanridge gemeenskapsentrum, waar die Mula Swop Shop
is, is elke stukkie plastiek, papier en karton in enige sak wat dit kan hou. Dit is bymekaargemaak deur die kindertjies in die lang ry wat hul beurt by die “weegtannies” geduldig afwag. Woensdae is Mula-dag. Dan kan Uitenhage se kinders herwinbare plastiek en karton inbring om hul eie Mulas, bereken op die gewig van hul sakke herwinbare rommel, te verdien. Met dié Mulas kan hulle “inkopies” in die Mula-“winkel” doen – enigiets van speelgoed, klere
en skoene tot wasseep en kos. “Hulle kies veral kos,” sê Gloria Hare, wie se taak dit is om die kinders se “inkopies” met hul Mula-punte te vergelyk. “Hulle hou veral van die 2 Minute Noodles.” Sy het Maart verlede jaar as vrywilliger by die Uitenhage Recycling Mula Swop Shop projek ingeskakel. “Ná die eerste dag hier was my hart stukkend gebreek vir die kindertjies; nou is ek die kwaai auntie wat die inkopies opweeg teen die Mulas wat verdien is.”
Net onder die 2 000 kinders is by die projek geregistreer. “Op die Mula-dae daag tussen 250 en 350 kinders op met hul herwinbare produkte, sê Goosen. In die twee jaar dat Uitenhage se projek aan die gang is, is 37 564 kg se PET-plastiek (poliëtileen-tereftalaat) en 16 434 kg karton uit die omliggende woongebiede ingesamel. ) Gaan loer by Uitenhage Recycling Mula Shop op Facebook vir meer inligting of bel Goosen by 082 846 3327.