Udnewsud 20150128

Page 1

UITENHAGE•DESPATCH 106 Caledon Str, Uitenhage - 041 991 1 772

WE REPAIR ALL ELECTRONICS

Tv’s,Pc’s,Screens,Amps, Speakers,Hifi’s,Remotes, Printers,UPS,etc. Certified Low Cost Repairs

30 000 COPIES WEEKLY

X1PM6D3W-290115-UD-bpmnel-TIC

NEWS: hcombrink@media24.com CLASSIFIEDS: debbylynn.vdyk@media24.com DISPLAY ADVERTS: lizette.ellis@media24.com melanie.nell@media24.com

THURSDAY January 29, 2015 | 0 041 992 5639 | Fax 041 992 2783 | www.ud­news.co.za

ROU RIOOL VLOEI TEEN 20 LITER PER SEKONDE IN SWARTKOPSRIVIER

‘Verklaar Swartkops as rampgebied’ CARA­LEE SCHEUN

O

mgewingsbewustes veg om die Swartkopsrivier as omgewingsrampgebied verklaar te kry, maar die metromunisipaliteit hou vol dit is slegs ’n “ernstige omgewingsprobleem”. “Eers wanneer die munisipaliteit dié probleem as ’n ramp bevestig, kan die rampfondse wat tans broodnodig is, bekom word om die vrot rioolpyplyn uit Motherwell na die rioolwerke by Fishwater Flats te vervang,” het dr. Nadine Strydom, mariene bioloog aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), gesê. Intussen borrel ’n sterk riool-fontein, in ’n radius so groot soos ’n dubbelbed, wat vertakkingsriviere tot in die Swartkopsrivier laat vloei, teen 20 liter per sekonde. (sien video op www.ud-news.co.za) Die UD Nuus se susterskoerant Die Burger, het einde verlede jaar berig oor swemmers en hengelaars wat gewaarsku is om nie ’n voet óf vislyn in die Swartkopsrivier, waarin onverwerkte riool inloop, te waag nie. Met ’n meer onlangse besoek was die reuk van riool om die Swartkopsrivier, ligweg gestel, walglik. Terwyl dit voel of die stank ’n mens se keel met elke asemteug laat brand, is dit die inwoners van Aloes, ’n woonbuurt langs dié rivier, wat die ergste geraak word. “Ons bly nou al só vir meer as drie maande. Die kinders word uit die water gehou, maar steeds kry hulle erge maagwerkings, velprobleme en kopsere,” het Caitlint Leander, ’n inwoner, gesê. Jenny Rump, omgewingsbeampte van die Zwartkops-bewarea, sê baie van die Aloes-inwoners is tans weens maagprobleme platgetrek en baie swak. “Hulle kan nie vir mediese hulp ver stap nie.” Sy het ’n versoek aan die munisipaliteit gerig om mediese hulp aan die inwoners te stuur. “Maar hulle (munisipaliteit) het gesê hulle sien nie die noodsaak om mediese bystand te verskaf nie. “Die inwoners kon volgens hulle hul maagprobleme ook deur ander faktore soos besmette melk of kos opgedoen het.”

=Met die hoop dat iets al verbeter het, het dr. Nadine Strydom, mariene bioloog aan die NMMU, verlede week watermon­ sters van die Swartkopsrivier geneem

Mthubanzi Mniki, ’n munisipale woordvoerder, het by navrae oor dié voorval nie op die vraag gereageer nie. Mniki het wel gesê dit blyk dat ’n verstopte pyplyn by Fishwater Flats, wat gevolglik die rioolwater laat terugstoot en ander pype laat bars, die probleem is. Die korttermynplan, volgens Mniki, is om eers die verstopte pyp skoon te maak. “Die langtermynplan is om planne vir die herstel van die hele rioolpyplyn te maak.”

=Teen 20 liter per sekonde spoel rou riool uit ’n gebarste pyplyn vanuit Motherwell en vorm ’n rivier van riool wat direk in die Swartkopsri­ vier loop. Eileen Leander (links), inwoner van die Aloes­woongebied, dr. Nadine Strydom, mariene bioloog van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) en Jenny Rump, ’n omgewingsbeampte van die Zwart­ kops­bewarea, staan hier by die een punt waar die rou riool al drie maande lank in ’n fontein boontoe borrel. FOTOS: WERNER HILLS

=Die stygende getal dooie voëls is volgens Jenny Rump, omgewingsbeampte van die Zwartkops­bewarea, die stille getuies van die rioolbesmette Swartkops­ rivier.

UITENHAGE BRANCH • 201 Caledon Street, Central • Tel: 041 922 9461 • Fax: 041 922 4322 2.4

2.4

BLACK PLASMA UNIT

FARMHOUSE 8-SEATER

NOW ONLY R2299

NOW ONLY R10999

RETAIL VALUE R2499

SIMONE L CORNER 2.4 X 2.4

NOW R4999 RETAIL VALUE R7999 1.9

SAMANTHA SLEIGH BED EXCL. MATTRESS

NOW ONLY R3999

RETAIL VALUE R17999

BLACK COFFEE TABLE 1400 X 800

NOW R2299

RETAIL VALUE R4999

2.3

RETAIL VALUE R2499

1.3

FARMHOUSE PLASMA STAND

NOW R2999

RETAIL VALUE R3999

FARMHOUSE FUTON

3PCE CINDY

NOW R6999

RETAIL VALUE R8999

TRADE-IN’S ACCEPTED

NOW R4999 RETAIL VALUE R6999

JESUS SAVIOUR FOR ALL NATIONS

Single/ Double Sleeper (excl. mattress)

NOW R2499

RETAIL VALUE R2999 X1PN8YQD-290115-UD-bpmnel-littletree


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.