Ud news 02-04-2015

Page 1

UITENHAGE•DESPATCH Despatch / Uitenhage / Mosel

Klinicare Despatch Pharmacy Tel: 041 933 2109 / Fax: 041 933 2644 eMail:despatch@klinicare.co.za Klinicare Mosel Pharmacy Klinicare Uitenhage Pharmacy

Tel: 041 922 8515 / Fax: 041 922 0057 Tel: 041 991 1234 / Fax: 041 991 0734 48 Mosel Rd, Uitenhage 114 Caledon Street, Uitenhage

30 000 COPIES WEEKLY THURSDAY April 2, 2015 | 0 041 992 5639 | Fax 041 992 2783 | www.ud­news.co.za

X1PX2XJW-020415-UD-bpmnel-klini

NEWS: hcombrink@media24.com CLASSIFIEDS: debbylynn.vdyk@media24.com DISPLAY ADVERTS: lizette.ellis@media24.com melanie.nell@media24.com

Van U’hage tot wêreldverhoë

MARYKE LOW

“E

k gaan net ’n bietjie dans,” het Tanya Howard, toe nog 14 jaar oud, vir haar ouers gesê toe sy na Johannesburg vertrek het om by die Nasionale Skool van Kunste aan te sluit. Min het Howard tóé geweet dat dié “bietjie dans” baie dans in Kanada sou word. En só uitstekend dat sy al van 2007 af as eerste solis van die National Ballet of Canada die dansverhoog betree. In Uitenhage skud John en Glenise Howard glimlaggend kop. Wie sou kon dink dat hul dogter, (nou 35) wat op vyf met haar eerste danslesse by Carol Groenewald in Uitenhage begin het, die koue Kanada sedert 1998 aan die brand sou dans? Dat sy ook haar rol in opvoerings soos The Sleeping Beauty, The Four Seasons, Swan Lake, Romeo and Juliet en Cinderella so meesterlik sou vertolk? En dat sy Toronto haar permanente adres saam met haar man, Bob Eichvald, en hul twee kinders, Lia (6) en Benjamin (2), sou maak? “Ons BBM mekaar elke dag en ons Skype so elke twee weke sodat die kleinkinders by oupa en ouma kan spog oor die toertjies wat hulle al kan uithaal,” sê Glenise. Trots het veral nuwe betekenis vir hulle gekry toe Tanya die hoofrol in Alice’s Adventures in Wonderland gekry het. Tanya beskou ook hierdie rol as een van die groot hoogtepunte in haar dansloopbaan. “My rol as Alice is baie uitdagend omdat ek 106 minute lank sonder ophou op die verhoog

moet wees. In die hele produksie kry ek iets soos sewe minute se rustyd,” het Tanya in ’n telefoniese onderhoud uit Kanada gesê. “En jy moet ook altyd getrou bly aan die storie . . . wanneer ek Alice is, kyk ek deur háár oë en voel soos sy gevoel het toe sy alles vir die eerste keer gesien het,” gesels sy geesdriftig verder. Groenewald, by wie Tanya tot op 14-jarige ouderdom bly dans het, het dié soort toegewyde talent al vroeg in Tanya opgemerk. Dit was juis toe Tanya 14 was dat Groenewald haar ouers aangeraai het om haar na die Nasionale Skool vir Kunste in Johannesburg vir die voltooiing van haar skoolloopbaan te stuur sodat haar besonderse talent wyer blootstelling kon geniet. Dis toe dat Tanya haar ouers met die woorde “ek gaan net ’n bietjie dans” gegroet het. ’n Talentsoeker van die National Ballet of Canada het Tanya kort daarna raakgesien en haar genooi om by hulle in Toronto aan te sluit. “Ons het Tanya nog altyd aangespoor om haar drome te volg en om te doen wat haar gelukkig maak – en kyk waar is sy nou!” Die grootste gehoor voor wie sy al opgetree het, was by die 2010 Winter Olimpiese Spele in Vancouver. “Koningin Elizabeth was nogal een van die gaste,” gesels Tanya verder oor die foon. “Dit was ’n groot oomblik!” Tanya oefen minstens ses uur per dag, vier dae per week, en sy probeer ’n balans tussen haar rol as ma en danseres behou. Haar vrye tyd is gesinstyd, beklemtoon sy tydens die onderhoud.

‘‘

“En jy moet ook altyd getrou bly aan die storie . . . wanneer ek Alice is, kyk ek deur háár oë en voel soos sy gevoel het toe sy alles vir die eerste keer gesien het.” ­ TANYA HOWARD

=Tanya Howard (35) oorspronklik van Uitenhage is ’n wêreldbekende balletdanser in Toronto, Kanada. FOTO: KAROLINA KURAS/THE NATIONAL BALLET OF CANADA

Wishing our readers and advertisers a Happy Easter! 179 Caledon Street, Uitenhage

E&OE

ARMAND DU PREEZ

TIRED OF CRIME? JESUS IS Open weekdays 08:00 – 17:00; Saturdays 08:00 – 13:00 041 922 0477 or 041 922 7061/2; FAX 041 991 1179 THE ANSWER! https://www.furnworldinternational.com Our leather company is SABS & ISO 9001, ISO TS 16949 & ISO 14001 certified 2 CHRON. 7:14

HIS DESTINATION WAS THE CROSS, HIS PURPOSE WAS LOVE, HIS REASON WAS YOU! A BLESSED EASTER TO ALL OUR CLIENTS MAY JESUS FILL YOUR EASTER WITH PEACE, JOY & LOVE

JESUS IS LOVE!

FOR PRAYER PHONE WERNER AND THERESA 073 193 4694

FURNWORLD WILL BE CLOSED FOR THE EASTER WEEKEND FROM FRIDAY 3 APRIL UNTIL MONDAY 6 APRIL X1PX12DW-020415-UD-bplell-furnworld


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.