WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 12
Witzenberg Herald
R8
Friday, April 1, 2022
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 31 Maart
Vrydag 1 April
6° 24°
6° 23°
Saterdag 2 April
6° 23°
Sondag 3 April
6° 24°
Ceres Koekedouw dam
Telephone: (023) 316-2021
023 312 3223 083 301 6941
reception@sweetspot.co.za Sweet Spot Gymnasium Victoria Sports Grounds, Ceres www.sweetspotgymnasium.co.za
Since 1997
3
TRADING HOURS: Monday - Friday 09:00 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00
MINI SERVICE
71,6% 1997 - 2022
CALL US TODAY FOR A HAPPY AND HEALTHIER YOU!
R200
Valid until + FREE POWER GEL 30 April ‘22 SMOOTHIE 49 Lyell Street (023) 312-3578
Lesing: 2022/03/30
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Vier vasgetrek na moord VIR die derde agtereenvolgende week is daar iemand op Wolseley vermoor. Die polisie het Maandag 28 Maart tussen 07:00 en 08:00 die lewelose liggaam van Abraham Davids (34) in Pinevalley gekry. Die liggaam van Davids, ook bekend as Muis, is by ‘n bouvallige gebou in Afrikastraat gekry met oop wonde aan sy kop. Vier verdagtes is later in verband met die moord aangekeer. Meer besonderhede oor hulle arrestasies en hofverskyning sal later bekend gemaak word.
Man sterf in botsing ‘n BAKKIE met sewe buitelanders van Kraaifontein, het Dinsdag 29 Maart in Michellspas in gietende reën teen ‘n petroltenkwa van Atlantic Oil gebots. Die ongeluk het omstreeks 15:30 plaasgevind toe die 30-jarige bestuurder van die Toyota bakkie beheer verloor en teen ‘n aankomende Nissan petroltenkwa gebots het. Die bakkie was met ses mense in Ceres se rigting op pad. Die vragmotorbestuurder, Willem Tromp, is beseer en saam met vier passasiers van die bakkie, na die Ceres provinsiale hospitaal vir behandeling geneem. Die Ceres polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag teen die bakkiebestuurder. Dit is nog nie duidelik of die bakkie op die nat pad gegly het of ‘n ander voertuig probeer verbysteek het nie. Die bergpas was vir ‘n geruime tyd in beide rigtings gesluit en verkeer het vir etlike kilometers opgehoop. Net na 17:00 het verkeer stelselmatig weer begin vloei met een baan wat vir verkeer oopgestel is. * Die ongeluk het in die skerp draai naby Witels plaasgevind. ‘n Paar jaar gelede is ‘n man van Ceres op dieselfde plek opslag dood nadat hy ‘n vragmotor se wiel afgery en dit sy enjin uit sy voertuig geruk het. HOOFFOTO: Globalforce/Facebook.
Polisie arresteer verdagte VYF verkeersmotors is vroeg Saterdagoggend 26 Maart buite die Witzenberg munisipaliteit se verkeerskantore in Voortrekkerstraat bekrap en beskadig. Die motors was onder die afdak geparkeer. ‘n Klag van opsetlike saakbeskadiging is later by die Ceres polisie aangemeld. Nadat CCTV materiaal bestudeer is, is ‘n verdagte gearresteer. Hy sal Vrydag in die Ceres landdroshof verskyn. ‘n Munisipale woordvoerder het Dinsdag die voorval bevestig en gesê die reg moet sy verloop neem.