WH H e r a l d
DIE jaarvergadering van die Ceres Besigheids Inisiatief (CBI) is Dinsdag 28 Maart gehou.
Meer as 100 sakelui het die vergadering in die Ceresvallei kerksaal bygewoon.
Berig op bladsy 3
DIE jaarvergadering van die Ceres Besigheids Inisiatief (CBI) is Dinsdag 28 Maart gehou.
Meer as 100 sakelui het die vergadering in die Ceresvallei kerksaal bygewoon.
Berig op bladsy 3
‘n STAPGROEP is die naweek gered nadat hulle deur swaar reën oorval en deur ‘n stygende rivier op ‘n staproete in die Waaihoekberge bokant Michellspas vasgekeer was.
Twee Kaapse families was deel van dié stapgroep en het Saterdag 18 Maart die gewilde Witels staproete na Michellspas aangepak.
Op die roete moet stappers riviere en bergstrome kruis en oorswem en teen berghange afklim. Die groep moes teen Donderdag 23 Maart die eindpunt in Michellspas bereik het maar swaar reën wat vanaf Laingsburg, die Ceres Karoo tot Ceres uitgesak het, het riviere laat afkom en die stappers in die berg vasgekeer.
In ‘n verklaring van WSAR word gemeld dat ‘n lid van die groep familielede via ‘n satellietfoon in kennis gestel dat hulle eers ‘n dag later by hulle eindbestemming sou aankom.
staan met ‘n AMS noodhelikopter, ‘n polisie helikopter en rubberbote.
‘n Klein groepie reddingswerkers is met die AMS helikopter na die kloof geneem waar die agt stappers vasgekeer was.
‘n Paar reddingswerkers is met toue laat sak om die stappers te bereik. Die agt stappers is daarna opgehys en na ‘n landingsarea by die naby geleë Winterberg Mountain Inn geneem.
Die res van die reddingswerkers wat lede van die SAPD se duikeenheid en hondeeenheid insluit, het die ander twee stappers met rubberbote oor die Breederivier na veiligheid gebring.
Wydverspreide reën
Van Donderdag 23 Maart tot Sondag 26 Maart is byna 70mm reën in die Ceres omgewing gemeet. In die Koue Bokkeveld is 28.2 mm gemeet en in die Bo-Swaarmoed omgewing ongeveer 53 mm.
‘n STAPGROEP is die naweek gered nadat hulle deur swaar reën oorval en deur ‘n stygende rivier op die Witels staproete in die Waaihoekberge bokant Michellspas vasgekeer was.
Met die rivier wat sterker begin afkom het en die groep hul kampterrein moes verskuif, het die groep teen Donderdag weer ‘n familielid laat weet dat hulle nog langer op die staproete gaan wees.
Stappers op die roete moet hul eie kosvoorraad en slaapgoed saamdra. Maar met die ekstra dae op die roete het hul kos begin min raak. Twee vriende van die stappers het later probeer om oor die Breederivier te swem om die vasgekeerde stappers te bereik en vir hulle kos te bring.
Reddingspoging geloods
Wildernis-soek-en-redding (WSAR) is Saterdag 25 Maart ontbied en ‘n reddingspoging is geloods met 20-30 reddingswerkers van die Wildernis-soek-en-redding (WSAR), die SAPD se duik- en honde-eenheid en lede van EMS.
Donkerte, die slegte weer en ‘n rivier invloed het egter verhoed dat die stapgroep bereik kon word.
Sondagoggend vroeg het reddingswerkers weer bymekaar gekom en is die groep byge-
Bedankings
John Davids (leier van die span reddingswerkers) het al die reddingswerkers, vrywilligers en die SAPD en EMS bedank wat in moeilike omstandighede gehelp het met die reddingsoperasie. WSAR het ook Winterberg Mountain Inn bedank wat almal geakkommodeer het en die Witzenberg Guest Farm wat Saterdagaand slaapplek vir die reddingswerkers verskaf het.
Noodnommer
Die WSAR se noodnommer is (021) 9370300 en is 24-uur beskikbaar.
van Ceres het Saterdag 25 Maart ‘n derde plek in Worcester by die AGS Boland Sang en Dans kompetisie behaal. Wat die prestasie so spesiaal maak is dat die Bolandstreek uit 43 gemeentes bestaan. ‘n Trotse dr. Cupido Rhode (afrigter) afgeneem saam met die kinders en hul trofee.
hou die Togryers Museum ‘n boekvoorlesing by Huis Peter Strauss. Verlede week het sowat 20 inwoners bankvas gesit en luister na vertellinge uit die 1969 Aardbewingboek - Ons Onthou.
jaarlikse CANSA Relay for Life Witzenberg het van 25-26 Maart op Victoria Park, Ceres plaasgevind. Stappers het van 18:00 tot 06:00 gestap en koue en reën getrotseer. Die Ockhuis-familie het ook deelgeneem om almal te ondersteun wat deur kanker geraak is.
Hierdie aanstelling
Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van proeftydperk.
Doel van pos: Oorhoofs verantwoordelik vir die effektiewe produsering en koördinering van prosesse wat gepaard gaan met die produksie van ±200ha groente.
Opleiding en ondervinding: • Toepaslike landbou kwalifikasie • 10 Jaar ondervinding in groente produksiebestuur • Goeie rekenaar- en Excel ondervinding.
Verantwoordelikhede: • Verseker dat produksieprosesse optimaal en met die nodige kwaliteit uitgevoer word • Opstel en bestuur van begroting asook optimale lonebestuur • Beplanning van plaag- en onkruidbeheer asook bemesting toediening • Beplan en skeduleer besproeiing • Navorsing en ontwikkeling • Bestuur wisselbougewasse.
Vaardighede: • Organiseringsvermoë • Uitstekende leier- en kommunikasievaardighede • Tegnologiese boerdery vaardighede • Moet goed met personeel, in spanverband en met ander plase/afdelings kan werk.
Vergoeding: Markverwante vergoeding en byvoordele sal aan hierdie pos gekoppel word, sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioen- en mediese skema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 April 2023
Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik
Navrae en aansoeke : Stuur asb. u CV, met vermelding van u huidige salarispakket, ID-afskrif en drie verwysings aan Johan du Plessis by recruitment@dekeur.co.za
De Keur Landgoed is ‘n gelyke geleentheid werkgewer
VRIENDE van die Togryers Museum vereniging op Ceres, het Sondag 26 Maart ‘n suksesvolle historiese toer deur P.A. Hamlet se strate meegemaak. Nagenoeg 40 belangstellendes het verskillende dele besoek met Jos Kahn as toergids. Ouer inwoners het lekker saamgesels en na afloop van die toer, het gaste by Mon Desir gekuier.
20 - 26 March 2023
BIBLIOTEKE in die Witzenberg bied weer hul Boetevrye tydperk aan. Geen biblioteekgebruiker sal tussen 20 Maart en 21 April ‘n boete op laat boeke betaal nie. Die biblioteke vra dat almal wat biblioteekboeke by hulle het, dit tussen die datums kom ingee.
CERES netbalklub het weer met oefeninge begin op Maandae en Woensdae. Begintyd is vanaf 17:45 -18:00 op Laerskool Gericke se netbalbane. Nuwe lede is welkom om aan te sluit. Skakel Marelize by 073-318-7638
DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan pastoor Jacobs by 084-657- 4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com. * Deposito is betaalbaar voor of op 15 April 2023.
YOUNG Good Hope RVK speel Saterdag 1 April teen Lovedales RVK. Die wedstryd vind op die Bella Vista sportgronde plaas. Wedstryde begin om 14:00 en toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders en motors.
Fine free period to return library books & materials extended until 21 April 2023
Fine free period to return library books & materials extended until 21 April 2023
Visit our public libraries at: Ceres, Wolseley, Tubagh, P.A. Hamlet Mini libraries: Rural Op-die-Berg, Laastedrif, Agter Witzenberg Library hours: Monday - Friday 07:30 - 13:00 and 13:30 - 16:00
DIE algemene jaarvergadering van Ceres Besigheids Inisiatief (CBI) is Dinsdagaand gehou. Hier is ‘n paar van die sprekers afgeneem. VOOR: Khanya Dingilizwe (Witzenberg munisipaliteit). AGTER: Heinie Joubert (CBI Fund), Naas van der Merwe (CBI voorsitter), Jurie Joubert (geoloog en Ceres Bergfynbosreservaat), David Nasson (munisipale bestuurder) en Anton Reinecke (CBI ondervoorsitter).
DIE jaarvergadering van die Ceres Besigheids Inisiatief (CBI) is Dinsdag 28 Maart gehou.
Meer as 100 sakelui het die vergadering in die Ceresvallei kerksaal bygewoon.
Heinie Joubert het sakelui meer oor die CBI Fund se werksaamhede ingelig en by watter projekte hulle betrokke is.
CBI Fund is die afgelope drie jaar betrokke by St. Marks primêr op P.A. Hamlet (opvoeding), die entrepreneurs projek, voedselprojek Food4Witzenberg en die ondersteuning van David Fortuin se sopkombuis en die estetiese komitee.
Enige inwoner of sakepersoon kan betrokke raak by enigeen van dié projekte. Daar is geen vasgestelde bedrag nie.
Jurie Joubert (geoloog) het sakelui meer vertel oor die nuwe Ceres Bergfynbosreservaat wat saam met die Witzenberg munisipaliteit aangepak word. Hy het uitgebrei oor die planne wat beskikbaar is om dié area beter te bestuur, toegangsbeheer toe te pas, die damstaproetes te ontwikkel, by swempoele nuwe piekniekareas te maak en om die Witels piekniekarea te ontwikkel aangesien dit een van die beste vlieghengel areas in die streek is.
Probleme soos die groterwordende getal bergbewoners moet aangespreek word aangesien dit binne ‘n reservaat is en die bewoners skade aan die natuur aanrig.
Meer inligting is by CBI bestuurder, Jannie Conradie, beskikbaar.
Anton Reinecke (CBI ondervoorsitter en Skoonveld koördineerder) het oor volhoubare befondsing deur maatskappye deur implimentering van etiese komitees, gesels.
Khanya Dingilizwe, bestuurder elektrotegniese dienste Witzenberg munisipaliteit, het sakelui ‘n opsomming oor alternatiewe elektrisiteit gegee en gesê by watter projekte hulle betrokke is.
David Nasson, Witzenberg munisipale bestuurder, het by Khanya se praatjie aangesluit en gesê die Witzenberg munisipaliteit is 1 van die munisipaliteite in die Wes-Kaap wat geoogmerk is deur die Wes-Kaapse regering vir hulp om Ceres dorp te ondersteun in ‘n poging om die dorp minder afhanklik van Eskom elektrisiteit te maak. Meer besonderhede hieroor sal binnekort gepubliseer word sodra verdere inligting bekom is.
Nasson het ook sakelui meer vertel oor die
DIE Wolseley SAPD het onlangs op ‘n plaaslike dwelmsmous toegeslaan en byna 25 000 mandrax pille met ‘n geraamde straatwaarde van byna R1.5 miljoen, gekonfiskeer.
Die polisie het Vrydag 18 Maart op drie persele in Madanistraat, Pine Valley, toegeslaan en beslag gelê op 25 plastieksakke met nagenoeg 24 700 mandrax pille in.
Nicolette Samuels (46) wat op die perseel was ten tye van die klopjag, is gearresteer. Sy het op 20 en 23 Maart in die landdroshof verskyn op klagtes van handel in dwelms of alternatiewe klagtes van die die besit van dwelms en/of die gebruik van dwelms.
vordering van Van Bredabrug en gesê die projek sal nou in Maart 2024 voltooi word teen ‘n koste van R66 miljoen - 80% hiervan word deur Wes-Kaap provinsie voorsien en 20% deur die Witzenberg munisipaliteit.
Hy het ook uitgebrei oor die nuwe MRF-oorlaaistasie en gevra dat inwoners huisvullis moet herwin en dit by die oorlaaistasie sal aflaai.
Hy het ook gesê dat eiendomswaardasies gestyg het. Die munisipaliteit poog om in die komende finansiële jaar die tarief aan te pas sodat die impak van die waardasie-stygings nie so hewig op die belastingbetaler is nie. Daar is steeds tyd indien inwoners beswaar wil aanteken teen hul waardasies.
Nasson het ook gemeld dat vlak 4 waterbeperkings reeds ‘n geruime tyd op Tulbagh ingestel is. Indien die Koekedouwdam se watervlak tot 39% daal, dan sal vlak 1 waterbeperkings op Ceres ingestel moet word. Inwoners word gevra om water spaarsamig te gebruik. Die damvlak het die week met 1% gestyg en staan nou op 40.4%.
CBI verslag
Naas van der Merwe (CBI voorsitter) het namens CBI bietjie terugvoering gegee oor die projekte soos die intrepreneursprojek, die Witzenberg sekuriteitsprojek en WAPLOG - ‘n inisiatief van die departement van landelike ontwikkeling.
Hy het die aand se verrigtinge afgesluit en gesê die Witzenberg munisipaliteit doen goeie werk, word goed bestuur, werk goed saam met CBI en kyk goed na die dorp se finansies.
Daar is min munisipaliteite in Suid-Afrika wat so goeie samewerkingsooreenkoms het soos Witzenberg munisipaliteit en CBI.
Die Witzenberg munisipaliteit het in 2018/ 2019 finansiële jaar ‘n begroting van R616 miljoen gehad teenoor die R900 miljoen van 2023/2024.
In die nuwe begroting word 72% van die munisipaliteit se inkomste bygedra deur besigheid (41%), residensieel (28%) en plase (3%).
Verder dra elektrisiteit dienstekostes 24% by tot die munisipaliteit se inkomste, water dienstekostes 6% en eiendomsbelasting slegs 5%.
Die twee grootste uitgawes is elektrisiteit (40%) en salarisse (28%).
Borg
Borgtog van R20 000 is verlede Donderdag aan haar toegestaan.
Volgens inligting is die borg nog nie betaal nie en bly sy in aanhouding tot haar volgende verskyning op 4 Mei.
Ander optredes
Die polisie het al paar keer klopjagte op Wolseley uitgevoer en buitelanders vir die besit van dwelms aangekeer.
‘n WINKELEIENAAR van Wolseley is verlede naweek van meer as R80 000 beroof.
‘n Supermark se Chinese eienaar en sy broer, is Saterdag 25 Maart deur drie gewapende mans beroof.
Hulle het omstreeks 16:00 die eienaar en ander persone in die winkel beveel om op die grond te lê. Die onbekende mans met klapmusse op, het die geld wat onder die toonbank
en in die kasregister was, gevat asook ‘n Yoco kaartmasjien.
Hulle het die geld in ‘n Nike sportsak gegooi en op die vlug geslaan. Dit is die soveelste besigheidsroof die afgelope jaar op Wolseley.
Inligting
Indien iemand oor enige inligting beskik, kan hulle s/sers. Liemand skakel by (023) 231-8000
MILLIONS of adults avoid colorectal cancer screening. Don’t put your life at risk - get tested this March!
March is National Colorectal Cancer Awareness Month, a time dedicated to raising awareness of a disease that affects 1 in 77 men and 1 in 132 women in South Africa every year.
Colorectal cancer (also known as bowel cancer) is the second most common cancer in men after prostate cancer and the third most common cancer in women after breast and cervical cancer.
Many people are unaware of the risks that colorectal cancer presents, while others don’t like to talk about diseases that happen “down there.”
However, colorectal screening can accurately detect colorectal cancer long before the disease causes symptoms and early detection may save lives. Survival is dependent on the stage of the disease at diagnosis.
If the cancer is diagnosed at a localised stage, the survival rate is 91%. If the cancer has spread to surrounding tissues or organs and/or the regional lymph nodes, the 5-year survival rate is 72%. When colorectal cancer has already spread to distant sites by the time it is diagnosed, it is referred to as metastatic (stage IV) colorectal cancer and the 5-year survival rate is 14%.
“Colorectal cancer is one of the leading causes of malignancy related illness and death worldwide,” says Dr Thulo Molefi, Specialist and Senior Lecturer at the Department of Medical Oncology at Steve Biko Academic Hospital and the University of Pretoria.
“The high incidence in Africa is thought to be related to high exposure to carcinogens such as processed meats, alcohol and smoking as well as rising westernisation and sedentary lifestyles, resulting in obesity".
"South Africa doesn’t have a national screening program, however, based on international data we encourage everyone over the age of 50 to have a screening test. This will often include a colonoscopy, a physical examination and testing for blood not readily seen in the stool where necessary. Despite the difficulties potential patients experience in accessing cancer screening services in South Africa, particularly in the public health sector, it’s prudent that people at risk seek out such services, as detecting colon cancer at its early stages leads to better disease outcomes.”
What is the colon?
The colon and rectum make up the large intestine, which is part of the digestive system. Most of the large intestine is made up of the colon which consists of four sections, namely:
2023/2024 - KONSEP BEGROTING EN HERSIENING
VAN GOP EN SDBIP
Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 22 van die Wet op Plaaslike
Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) en artikel 75(A)(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale
Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000): Dat die volgende konsep dokumente aan die Raad voorgelê is op 28 Maart 2023 en nou ter insae lê vir publieke kommentaar en insette tot 3 Mei 2023: 2023/2024 - Konsep Begroting en hersiening van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan en die Dienslewering- en Begroting Implementeringsplan
Skriftelike kommentaar kan gerig word aan Die Munisipale Bestuurder, Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Ceres, 6835 en/of per e-pos aan admin@witzenberg.gov.za
Bogenoemde dokumentasie is ter insae beskikbaar by die Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER
● The ascending colon which extends up ward on the right side of the abdomen.
● The transverse colon which goes across the body from the right to the left side.
● The descending colon which travels down on the left side of the body.
● The sigmoid colon which joins the rectum and connects to the anus.
What are the risk factors for colorectal cancer?
Lifestyle: Alcohol and smoking both increase the risk of bowel cancer.
Age: As a person’s age increases, so does their likelihood of developing bowel cancer. Most people with colorectal cancer are over the age of 50 and the risk of having the disease increases with age.
Bowel disease: People with inflammatory bowel disease (IBD) have a higher risk of developing bowel cancer than the general population. The risk increases with extent and duration of IBD.
Genetics: There are some rare inherited conditions or syndromes associated with certain gene changes. Family members have an increased risk of bowel cancer if they in-herit these gene changes and if they are a blood relative with the disease.
Being overweight: Being obese or overweight increases the risk of bowel cancer. Try to keep a healthy weight by being physically active and eating a healthy, balanced diet. There is compelling evidence showing a lower risk of bowel cancer in people who are more physically active.
How does colorectal cancer start?
Most colorectal cancers start as a growth, called a polyp, on the inner lining of the colon or rectum. Certain types of polyps may change into cancer over time, but this usually occurs after many years. Cancer is when abnormal cells start to divide and grow in an uncontrolled way. The cells can grow into surrounding tissues or organs and may spread to other areas of the body.
What are the symptoms?
People with colorectal cancer may not experience symptoms in the early stages. When symptoms appear, they usually vary, depending on the cancer’s size and location in the large intestine.
Treatment options
If you experience any signs or symptoms of colorectal cancer, you should consult your doctor. A colonoscopy is a procedure where a fibre-optic camera is inserted through the anus in order to examine the colon. If colorectal cancer is suspected, a biopsy of abnormal tissue will be obtained during a colonoscopy.
2023/2024 - DRAFT BUDGET AND REVIEW OF IDP AND SDBIP
Notice is hereby given in terms of Section 22 of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003, (Act No. 56 of 2003) and Section 75(A)(3) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act Nr. 32 of 2000) respectively: That the following draft documents were tabled to Council on 28 March 2023 and are available for public inspection and inputs until 3 May 2023:
2023/2024 - Draft: Budget and Review of the Integrated Development Plan and the Service Delivery and Budget Implementation Plan
In writing, please direct your comments to The Municipal Manager, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835 and/or send via e-mail to admin@witzenberg.gov.za
Abovementioned documents is available for public inspection at the Municipal Offices, Public Libraries and on the municipal website: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON MUNICIPAL MANAGER
SONDAGOGGEND vroeg het reddingswerkers weer bymekaar gekom en is die groep bygestaan met ‘n AMS noodhelikopter, ‘n polisie helikopter en rubberbote.
‘n STAPGROEP is die naweek gered nadat hulle deur swaar reën oorval en deur ‘n stygende rivier op ‘n staproete in die Waaihoekberge bokant Michellspas vasgekeer was.
Twee Kaapse families was deel van dié stapgroep en het Saterdag 18 Maart die gewilde Witels staproete na Michellspas aangepak.
Die groep moes teen Donderdag 23 Maart die eindpunt in Michellspas bereik het.
‘n STAPPER aan die oorkant van die rivier.
2023/2024 - UHLAHLOLWABIWOMALI OLUNGAGQITYWANGA NOKUPHONONONGWA
KWE-IDP KUNYE SDBIP
Esisaziso sikhutshwe ngokwecandelo 22 kaRhulumente wengingqi: uMthetho obizwa nge (Municipal Finance act, ka2003 unombolo 56) necandelo 75(A)(3) likaRhulumente weNgingqi: uMthetho owaziwa njenge (Municipal Systems Act ka 2000 unombolo 32). Onke lamaxwebhu alandelayo angagqitywanga aye athwa thaca kwiBhunga leDolophu ngomhla we 28 March 2023 kwaye ayafumaneka ukuze uluntu luwaphicothe lufake nezimvo zalo uyakuma ngomhla we 3 May 2023.
2023/2024 - Olungagqitywanga: uhlahlolwabiwomali neziCwangciso zoPhuhliso loLuntu kunye nezicwangciso zokunikezelwa kweeNkonzo noHlahlahlolwabiwomali
Ngembalelwano,uyacelwa ufake isiphakamiso ku:Malwuli-Masipala, waseWitzenberg, P.O. Box 44, Ceres, 6835 kunye/okanye uthumele i-imeyile ku admin@witzenberg.gov.za
Lama xwebhu ayafumaneka kuzo zonke ii-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakwi website kaMasipala www.witzenberg.gov.za
'n POLISIE helikopter het ander stappers gewaarsku en gevra om om te draai na hul motors. Die staproete is vir die res van die seisoen gesluit.
REDDINGSWERKERS, wat lede van die SAPD se duikeenheid en honde-eenheid insluit, het twee stappers met rubberbote oor die Breederivier na veiligheid gebring.
SIKELA Xhantibe van Nduli is ernstig aangerand en in Ceres hospitaal opgeneem.
DIE Ceres SAPD ondersoek ‘n aanrandingsvoorval waar ‘n man ernstig aangerand is.
Die voorval het Maandagmiddag in Nduli plaasgevind. Die polisie ondersoek bewerings dat die man, Sikela Xhantibe, iets van ander inwoners gesteel het.
Wat aanleiding gegee tot dié aanranding is nog onduidelik maar die man se familie is ongelukkig oor die polisie se optrede voor die aanranding. Die polisie is uitgeroep na die to-
‘n OUD Ceres inwoner wat sedert verlede jaar in en uit die hofsaal is weens gesinsgeweld en die verbreking van beskermingsbevele, se saak is verlede Vrydag in die Ceres landdroshof afgehandel.
Riaan Barnard (41) het Vrydag 24 Maart voor landdros Z.B. Sogwagwa skuldig gepleit op drie klagtes van die oortredings van regulasie 103 van wet 60 van 2000 (minagting van beskermingsbevele en gesinsgeweldoortredings).
Vier klagtes, ondermeer roekelose bestuur met sy motorfiets, is teen hom teruggetrek.
Barnard is 3 jaar gevangenisstraf opgelê wat in geheel vir drie jaar opgeskort is.
Indien hy hom in die volgende drie jaar weer skuldig maak aan dieselfde oortredings, sal
die opgeskorte vonnis in werking tree. Barnard is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit of te hanteer. Hy is na dié vonnis vrygelaat.
Barnard het sedert Julie 2022 op talle aanklagte in die Ceres landdroshof verskyn.
Hy was tot Vrydag vir byna sewe maande in aanhouding. Of dit nie genoeg trauma vir sy familie was nie, is daar einde verlede jaar by ‘n familielid se woning op Wolseley ingebreek waar diewe twee trekklaviere en sy Toyota Fortuner gesteel het.
Die SAPD ondersoek ‘n voertuigdiefstalsaak asook klagtes van huisbraak en diefstal. Die voertuig is deur die polisie geskut en kan moontlik teruggegee word noudat Barnard vrygelaat is.
neel maar is later daar weg sonder dat hulle iets moes doen.
Toe die polisie weg is, is Xhantibe blykbaar met stokke en kieries aangerand.
Die polisie is weer ontbied waarna ‘n ambulans vir Xhantibe na Ceres hospitaal toe geneem het.
Ondersoek gevra
Die familie het met Ceres SAPD vergader en wil ook hê ‘n klag moet deur OPOD ondersoek word.
DIE verkragtingsaak teen ‘n werklose Sedgefield inwoner, is Maandag op Ceres uitgestel vir ‘n borgaansoek.
Die 25-jarige verdagte het Maandag 27 Maart in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n verkragtingsklag.
Die saak is na 11 April vir ‘n borgaansoek uitgestel. Hy word in Worcester gevangenis aangehou.
Soektog en ondersoek
Die man van Sedgefield is na ‘n polisiesoektog van 8 maande en goeie speurwerk weens ‘n verkragtingsvoorval in die Tankwa Karoo vasgetrek.
Speurders van Ceres GKS het die manwat eers later geïdentifiseer kan word as hy gepleit het - op Sedgefield gearresteer en na Ceres gebring. Hy was heeltemal uit die veld geslaan toe hy besef dit is die polisie wat hom opgespoor het vir die verkragting
van ‘n 20-jarige vrou van Houtbaai.
Die voorval het tussen 1 en 2 Mei 2022 tydens die AfricaBurn geleentheid plaasgevind.
Die slagoffer het ‘n senu-ineenstorting na die fees beleef en is in ‘n rehabilitasiekliniek vir behandeling opgeneem.
Hier het sy die voorval by ‘n sielkundige aangemeld waarna dit onder die polisie se aandag gebring is.
Met die hulp van ‘n vriendin wat ‘n foto van die man gekry het en die organiseerders van die AfricaBurn waar feesgangers moet registreer, is die verdagte geïdentifiseer.
'n Speurders het toe sosiale media gebruik om die verdagte, wat ‘n skaatsplank te koop aangebied het, te kontak.
Kort na die ontmoeting het die polisie hom weens die verkragtingsvoorval in hegtenis geneem.
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Desiree Williams
1971/12/31 - 2023/03/26 R oudiens : Do. 30/03/2023 om 19:00, VGK Ceres Begrafnisdiens: Sat. 1 April 2023
Huis: 09:00, Proteastraat 6, Ceres Kerk: 10:00, VGK Ceres Graf: Bella Vista
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Willem Links
1960/01/15 - 2023/03/21
Begrafnisdiens: So. 2 April 2023
Saal: 09:00, Welgemeen Plaas Graf: Welgemeen Plaas
(023) 312-2392
n/u: 082-5753-181
Jan-Christo Willemse
1973/02/13 - 2023/03/19 Begrafnisdiens: So. 2 April 2023 Huis: 09:00, Tom Johannesstraat 6, Fase 4, PA Hamlet Kerk: 10:00, Dorp Stadsaal, PA Hamlet Graf: Bella Vista
(023) 312-2392
n/u: 082-5753-181
1997/07/20 - 2023/03/23
Begrafnisdiens: So. 2 April 2023 Huis: 11:00, Magnoliastraat 83, Bella Vista Kerk: 12:00, Algemene Pinkster Kerk, Bella Vista Graf: Bella Vista
(023) 312-2392
n/u: 082-5753-181
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
DIANA &KIM is there to help:
•Financial assistance
•Bring back lost lovers
•Court and divorce cases
•Pay after job is done 073-478-1181
1994/10/17 - 2023/03/21
Begrafnisdiens: Sat. 1 April 2023
: 09:00, Swarthoutstr. 48,
(023) 312-2392
082-5753-181
Bondels koerante teen R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.
CERES Sekondêre Skool spog vanjaar met ‘n Boland skaakspeler. Eduardt Pienaar is in die o/19 groep opgeneem nadat hy tydens die Boland skaaktoernooi, tweede geeïndig het in sy ouderdomsgroep. Hy gaan die naweek aan die WesKaap skaaktoernooi deelneem.
THE Witzenberg peace officer graduation ceremony and NHW handover took place on 23 March. Seven peace officers from the Witzenberg Municipal area, graduated from the PO-programme when they received their certificates from the Western Cape Minister of Police Oversight and Community Safety, Reagen Allen. This programme forms part of the Western Cape Safety Plan (WCSP), which prioritises the strengthening of Municipal Law Enforcement capacity across the Western Cape, particularly to enhance urban/rural safety and combat crime within communities. Just under R 2,5 million is being invested in these officers. The 30-day programme which ran from 6 February - 17 March in Tokai, provided individuals with the capability to demonstrate and understand the role and function of a Peace officer and traffic warden.
Leerders presteer by WP Jeugskou
VYF leerders van Laerskool F.D. Conradie is opgeneem in die WP Jeugskouspan. Hierdie leerders gaan van 1 tot 4 Oktober aan die SA’s deelneem wat vanjaar op Augsburg op Clanwilliam aangebied word.
AGTER: Mia de Bod, Theana Louw en Heinz Rautenbach.
VOOR: André Smit en Leané Erasmus.
benodig die dienste van 3 dames vir ons voedingskema kombuis om te help met:
VOEDSELVOORBEREIDING
Pligte is as volg:
1.Voorbereiding van maaltye
2.Voorraadbeheer
Aansoeke kan ingehandig word by: Ceres Sekondêr se kantoor
Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag 3 April 2023 om 12:00
Indien u nie teen Donderdag 6 April 2023 van ons gehoor het nie, beskou asb. u aansoek as onsuksesvol
DINSDAG 28 Maart het al die ATKV-takke met al die ATKV-streekbestuurders, Laerskool Gericke besoek en ‘n BrainTribe aanbieding bygewoon. Dit was ‘n geskiedkundige oomblik en die begin van 'n baie suksesvolle vennootskap.
MOOI Uitsig primêr se o/13 rugbyspan het Saterdag 25 Maart aan Hoërskool Goudini se sportdag deelgeneem. Hier is die span met hul afrigters, Jayden Arnoldus en Jayden Sanders.
Notice is hereby given in Terms of Section 33 of the Local Government: Municipal Finance Management Act (ACT 56) of 2003, read with section 21 and 21A of the Local Government: Municipal Systems Act (Act 32) of 2000 that Witzenberg Municipality is of the intention to enter into a long term contract for the Supply, Delivery, Installation, Commissioning and Maintenance of a Voice Over IP and Unified Communication Solution, including all cabling, networking and connectivity for a period of five years, subject to council approval.
The local communities and affected parties are invited to submit comments on why the Municipality should not consider a long-term contract.
The Term of Contract will be for the period 1 July 2023 till 30 June 2028 at an estimated cost of approximately R 9.6 million
The proposed contract is available for inspection at all public libraries and on our website: www.witzenberg.gov.za, comments can be submitted to the Municipal Manager; P.O. Box 44; Ceres; 6835 or admin@witzenberg.gov.za until 12:00 on 30 May 2023
D. NASSON MUNICIPAL MANAGERBrBr BrainTainT ainTainT ainTribeenribeen ribeenribeen ribe en LaerLaer LaerLaer Laer sksk sksk skoolGericoolGeric oolGericoolGeric ool Gerickk kk kee ee e vv vv vaa aa athandethande thandethande t hande
"WAT ‘n ongelooflike voorreg om BrainTribe by Laerskool Gericke te kon aanbied. Dit was vyf leersame weke propvol pret" sê Stefaans Burden van BrainTribe.
BrainTribe is ‘n neuro-emosionele program wat kinders en volwassenes help om daagliks meer veerkragtig te leef. Die brein word deur vyf kleurvolle karakters op ‘n energieke en verstaanbare manier verduidelik. Hierdie Tribe bestaan uit Brain Buddy (Prefrontale korteks), Wagter die Waghond (Amigdalla), Piet Papegaai (Hippokampus), Bob Bobbejaan (kommergedagtes) en Ou Koei (selfspraakgedagtes). Die Tribe funksioneer as ‘n geheel en skep ‘n nuwe taal wat mens kan gebruik om oor moeilike emosionele ervarings in die skool en by die huis te gesels.
BrainTribe het ook die wonderlike voorreg om met die ATKV hande te vat en die onder-
steuning van FEDSAS te geniet. Die BrainTribe-span spreek sy dank uit teenoor Laerskool Gericke. Die hartlike ontvangs en openheid om in die skool se leerders in te bou, was opvallend.
Laerskool Gericke glo in die holistiese ontwikkeling van elke kind en daarom het hulle ingekoop op 'n program wat leerders, onderwysers en ouers help om die emosies en besluite wat die lewe na ons kant toe bring, effektief te hanteer. Dit was ongelooflik om saam met die leerders, ouers en onderwysers te ontdek dat dit moontlik is om slim en goeddeurdagte besluite te kan neem, veral in uitdagende en moeilike tye.
Mag BrainTribe-taal die hulpmiddel in ons huise en skole word om van neuro-wetenskap en emosionele intelligensie kinderspeletjies te maak. Indien jy belangstel om meer van BrainTribe te weet, besoek die webblad by: braintribe. co.za
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
DIE 2023 Boland rugbyseisoen het die naweek afgeskop.
Die vraag op almal se lippe is: Kan die houvas van Bella Vista vanjaar gebreek word? Plaaslike rugbyondersteuners weet dat Bella Vista verlede jaar skitter rugby gespeel het en hoop hulle dat die blou tornado vanjaar weer hul titel as die beste plaaslike span, sal behou.
Hulle weet ook dat Ceres RVK een van hul swakste seisoene die afgelope twee dekades beleef het en nou in die streek-uitdaagkompetisie deelneem.
Naweek se wedstryde
Bella Vista het begin waar hulle verlede
jaar opgehou het. Hulle het Miracles met 57-12 geklop in die Groot uitdaagkompetisie.
Hillcrest United het Hamlet maklik met 24-0 geklop, Evergreen Paarl het Wolseley met 29-20 geklop en Delicious was net-net met 22-19 baas teen Newtons.
Ceres het hul eerste wedstryd in die streek-uitdaagkompetisie teen La Plaisant gespeel en met 16-8 gewen.
Op-die-Berg klop die Pumas 28-0, Young Westlyans klop Lindeshof 11-3, Lovedale klop Paardekloof 33-24 en Tulbagh wen maklik met 40-3 teen Red Roses.
ERIC Kotzé (13), kleinseun van Esmé Schreuder en wyle Dirk Schreuder van Ceres en ‘n graad 8 leerder van Paul Roos, het die afgelope tyd uitgeblink in die swembad. Hy het van 21-25 Maart by die Suid-Afrikaanse nasionale swemkampioenskappe in Durban teen top swemmers van Suid-Afrika asook lande soos Zimbabwe en Namibië, deelgeneem. Eric het vyf goue en een silwer medalje verower. In die 50 meter rugslag het hy ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord van 28,12 sekondes opgestel. Hy is ook die junior nasionale swemkampioen vir seuns o/ 13.
DANIËL van der Westhuizen van Laerskool Kenridge en kleinseun van Rosette Jordaan van Tulbagh, is die o/12 S.A. kampioen in verspring. Daniël se wensprong van 5.4 meter was slegs ‘n haarbreedte weg van die nasionale rekord van 5.5 meter. *Sy niggie, Almé Jordaan, was in 2014 ook die S.A. kampioen vir meisies o/12. Sy studeer tans in Amerika met ‘n sportbeurs. Theuniskraal se Jordaans het beslis goeie atletiekgene opgelewer met die broers Rennie Jordaan (Almé se oupa) en wyle Kobus Jordaan (Daniël se oupa).
TWEE krieketspelers van Laerskool FD Conradie, Dirco Dafel en Daniël van Deventer (regs) is opgeneem in die o/13 Witzenberg krieketspan. Die twee leerders gaan teen ander streekspanne speel vir ‘n kans om in die Kaapse Wynland krieketspan opgeneem te word. * Daniël is ook opgeneem in die o/13 Witzenberg rugbyspan. Hy gaan op 5 en 6 Mei aan die Bolandproewe deelneem.