WITZENBERG HERALD
3
Friday, October 30, 2020
Kabeldief doodgeskok ‘n INWONER van Wolseley het Maandag grusaam gesterf nadat hy kragkabels wou steel en toe doodgeskok is. Volgens die Wolseley polisie het hulle op 26 Oktober omstreeks 14:15 ‘n klagte naby Romansrivier gaan bywoon. Met hulle aankoms op die toneel het hulle ‘n man se liggaam gevind wat vroeër deur
sekuriteitswagte by die Romansrivier substasie opgemerk is waar dit bo-op ‘n paal lê. Daar is vasgestel dat dit Jan Fredericks (42) is wat gesterf het. Sy liggaam is later deur lede van die SAPD forensiese-patologiedienste verwyder. Ondersoek Die polisie ondersoek die voorval.
Moordverdagtes later in hof DRIE minderjarige moordverdagtes van Ceres gaan einde November weer in die hof verskyn. Drie seuns, twee van 17 jaar en een van 16jaar oud, se hofsaak is Woensdag na 26 November uitgestel in afwagting van ‘n streekhofdatum. Die seuns is in Juliemaand deur die Ceres landdroshof op waarskuwing in hulle ouers se toesig vrygelaat. Moord Die drie word aangekla van die moord op Brandon Claasen (35). Claasen is Woensdag 24 Junie omstreeks
19:20 vermoor terwyl hy met ‘n vriend gestaan en gesels het. Die voorval het naby die wit kafee op die hoek van Limpopo- en Noordhoekstraat in Bella Vista plaasgevind. Argument Ses seuns tussen die ouderdomme van 11 en 17 jaar oud, het van die winkel gestap en in ‘n argument met Claasen betrokke geraak. Van die seuns het hom aangeval en ‘n paar keer met ‘n mes gesteek. Met die polisie se aankoms op die moordtoneel het omstanders inligting verskaf waarna die seuns gearresteer is.
TWEE inwoners van Huis Pieter Strauss, Andries Vermeulen (65) en Vietjie Rooi (91), het Woensdag 28 Oktober hul troue in die tehuis op Ceres gehou. Tannie Vietjie is ‘n boorling van Calvinia en het voorheen vir ‘n paar jaar in Hamlet Selfsorg gewoon. Dit is haar derde huwelik en oom Andries se eerste huwelik. Hy het vir ‘n jaar op Wolseley gewoon voordat hy na Huis Pieter Strauss verhuis het. By hulle op die foto is twee personeellede, Edwin Jacobs (strooijonker) en Meagan Mars (strooimeisie).
Saak sloer 4 jaar
Taxibestuurder se verhoor het na vier jaar begin MEER as vier jaar nadat ‘n taxibestuurder verantwoordelik was vir die dood van twee Ceres inwoners, het sy verhoor in Worcester begin. Die saak is onlangs tot 4 November vir verhoor uitgestel. Daar word ook gewag vir ‘n korrektiewe verslag. Agtergrond Salmon Nelson (65) en Elsa Nelson (63) is dood nadat hulle met hul motorfiets in ‘n botsing buite De Doorns betrokke was. Die ongeluk het omstreeks 14:35 by die De Doorns-afdraai op die N1 snelweg plaas-
gevind waar kontrak-teurs besig was met padwerke met ‘n stop en ry-aksie. Die bestuurder van ‘n Toyota Condor en ‘n Lesotho-burger,Thaptlo Mtebere, het vanuit Touwsrivier se rigting by die stop en ry voor die Nelsons se motorfiets ingeswaai waarna die Nelsons se motorfiets en die Toyota gebots het. Die impak het die Nelsons teen ‘n minibus geslinger wat by die versperring stilgestaan het. Mtebere verskyn op ‘n aanklag van roekelose en/of nalatig bestuur asook twee klagtes van strafbare manslag.
Shell Ceres spog met nuwe eienaar SHELL Ceres Service Station spog van 2 November met ‘n nuwe eienaar. Martin van Jaarsveld (links), oudkrieketspeler en sakeman, is die nuwe eienaar. Christo Steenkamp (regs) was die afgelope 25 jaar die eienaar van die onderneming. Martin en sy gesin gaan hul op Ceres vestig terwyl Christo en Diane Steenkamp steeds op Ceres gaan woon. * Die winkel is 24-uur oop en kan besoek word vir plaaslike produkte, vleis en ander noodsaaklikhede.