2 minute read

Matriek Checklist

Met die helfte van die jaar wat al verby is en die uurglas wat vinnig uitloop vir die graad 12’s, het die Circum dit goed gedink om ’n matriek-checklist saam te stel. Hierdie lys sal seker maak dat jy nie een van die belangrike gebeure van die jaar of die nabye toekoms vergeet nie.

1. Matriekafskeid date!!!

Advertisement

As jy teen dié tyd nog nie gevra het nie, is dit amper reeds te laat. But rather late than never. Sit jou sjarmantste glimlag op, pluk ‘n blommetjie uit die bure se tuin en vra die metgesel van jou drome. As jy ’n bietjie skaam is, los ’n brief, wat Shakespeare soos ’n amateur sal laat lyk, in die spesiale persoon se tas.

2. Universiteitsaansoek

Wat jy vir die res van jou lewe wil doen, is een van die belangrikste besluite wat jy gaan moet neem. Maak seker dat jy nie die bus mis nie. Sit ten minste ’n naweek uit om al die vorms in te vul, want die pakkie is amper so dik soos ’n chemiehandboek.

3. Bestuurslisensie

Dit is baie pret om self van punt A na punt B te ry, maar wat nie so pret is nie, is om uit te passeer. Wenk: Dis okei as jy die clutch so baie gebruik dat hulle hom na die tyd moet vervang, maar hou nou net vir te lank jou oë op die pad en nie jou spieëls nie, dan kan jy maar nág ’n afspraak maak.

4. 40 days

Dit klink dalk nog ver, maar hierdie geleentheid is definitief die hoogtepunt op enige matriekleerder se kalender. Sorg dat jy nou al iemand kry by wie jy ’n broek of ’n rompie kan leen. Die rede hiervoor is sodat jy weet jy steeds daarin gaan pas na al die eksamen-snacks.

5. Eksamenkospakkies

Gepraat van eksamen-snacks. Niemand kan op ’n leë maag leer nie. Gaan koop ’n groot sak bigga by One Up en hou dit vir die September- en No-vembereksamens.

6. Eksamenrooster

Beplan vroegtydig vir die September- en Novembereksamen. EN HOU BY JOU SKEDULE. Maak sommer nog ’n afskrif wat jy in jou blouleêr kan hou om vir Mnr. Laubscher te wys #onsisvoorbereid #browniepoints.

7. Foto’s

Maak seker dat jy ‘n folder of foto-album maak van alles wat jy in matriek aangepak het, sodat jy eendag vir jou kinders kan wys:“Ja, ek was ‘n looker op my dag.”

8. Infinity and beyond

Laaste op ons “to do”-lys is dat jy moet droom. Droom oor jou toekoms en wat jy nog wil bereik. Gebruik jou studiebreke om te beplan hoe jy jou baard volgende jaar wil groei of watter kleur jy jou hare wil maak.

Matrieks, geniet die laaste bietjie van hoërskool. Eendag gaan jy terugkyk en na dit verlang. Maak seker jy het memories wat jou laat glimlag as jy eendag op die ouetehuis se stoep sit.

Deur Leandrie du Toit

Photos deur Gaby Jacobs

This article is from: