4 minute read

LEER HULLE REG

Next Article
TV-TYD

TV-TYD

Die belangrikheid van die ontwikkeling van organisatoriese vaardighede van ’n jong ouderdom af

Die ontwikkeling van organisatoriese vaardighede is belangrik in holistiese kinderontwikkeling, en ‘n sleutelstap in hul pad na onafhanklikheid en akademiese sukses. Kinders is bekwaam en sal reageer op die geleentheid om georganiseer te word, sê ‘n onderwyskundige.

“Organisatoriese vaardighede help kinders om orde in hul omgewing en die wêreld te skep, en hulle voel bemagtig om toenemend meer komplekse take aan te pak soos hulle op hierdie grondliggende vaardigheid bou,” sê Desiree Hugo, hoof van akademie by ADvTECH-skole, ‘n afdeling van Afrika se voorste privaat onderwysverskaffer.

Sy sê ouers kan geleidelik begin om organisatoriese vaardighede in die alledaagse lewe van hul kinders bekend te stel deur dit ‘n prettige en bemagtigende ervaring te maak. Noodsaaklik vir hierdie bekendstelling is om te verseker dat jou kind ’n goeie rolmodel het, en dit word maklik gedoen deur ouer en kind wat voorberei vir die skooldag voor slaaptyd.

Maak seker dat skooldrag voorberei word, skooltassies gepak word, kosblikke gereed is om gevul te word, en planne vir afhaal by die skool bespreek word. Betrek jou kind by hierdie voorbereidings en gee hulle die verantwoordelikheid om deel te neem aan die organisasie van hul dag en ruimte.

Vertrek vroeg in die oggend om verkeersopeenhopings te vermy, en voorkom dat jou kind angstig raak oor laat opdaag. Die impak van laat opdaag sal die kind se gereedheid en leer deur die dag beïnvloed.

“Onderrig, modellering en om die kind outonomie toe te laat om hierdie noodsaaklike vaardighede in te oefen, het ‘n beduidende en langdurige impak op ‘n kind se vermoë om regdeur hul akademiese loopbaan suksesvol te wees, aangesien hierdie noodsaaklike lewensvaardighede is en dit die grondslag

Ouers kan progressief begin om organisatoriese vaardighede bekend te stel in die alledaagse lewe van hul kinders deur dit ’n prettige en bemagtigde ervaring te maak.

is vir die bou van ‘n kind se vermoë om voorbereid te voel, en gereed om te leer en betrokke te raak in die klaskamer.”

Hugo sê alle kinders is uniek, en hoewel sommige ‘n aangebore dryfkrag het om hul omgewing te organiseer, kan ander heel tevrede wees om chaos rondom hulle te laat saamdrom. Hierdie verskille in persoonlikheid kan heel waarskynlik ook oorgeplaas word na skoolwerk en verantwoordelikhede by die huis, sê sy, so organisatoriese vaardighede moet van jongs af aangemoedig en op ‘n ouderdoms- en persoonlikheidsgepaste manier bekendgestel word.

“Jou gemiddelde voorskoolse kind gaan byvoorbeeld nie ‘n dagboek of doenlys hou nie, maar hulle kan roetines by die huis en in die klaskamer verstaan, ontwikkel en deel,” sê Hugo.

“Onderwysers kan studente help om op koers te bly deur elke dag ’n algemene skedule te volg. Die handhawing van struktuur in die klaskamer ondersteun studente om ‘n skedule vas te stel en te onthou wat van hulle verwag word. Waar moontlik, help struktuur deur ’n mate van sekerheid en voorspelbaarheid te verskaf.”

Sy sê by die huis is take soos om speelgoed op te ruim, klere weg te bêre en om die tafel te help dek of skoon te maak—of watter herhalende take ook al in die huisomgewing voorkom—goeie maniere om kinders die metodiese benadering te leer om aanwysings te volg en op ‘n taak te fokus.

“Om ‘n naskoolse roetine vir middagete te vestig, hul werktydlyne te beplan en huiswerk stiptelik te voltooi, is ook nuttig— nie net akademies nie, maar dit verskaf ook ‘n gevoel van struktuur en prestasie.”

Hugo sê ouers kan hul kind op hul organisatoriese reis help deur ‘n koesterende omgewing te skep wat bevorderlik is vir die aanleer en ontwikkeling van belangrike grondslagvaardighede, maar deur altyd in die bevoegdhede van hul kind te glo.

“Met die regte aanmoediging en benadering sal kinders geleidelik begin om organisatoriese krag op te bou en trots te wees op hul bydrae binne die huis en by die skool.”

Gesinspeeltyd is noodsaaklik en om saam speletjies te skep, is interaktief. ‘n Opwindende manier om nuwe konsepte bekend te stel— veral aan ‘n andersins onwillige kind—is om dit in ‘n speletjie te omskep, sê Hugo.

Die LEGO-Stigting (www. legofoundation.com) en Unicef (www.unicef.org) deel nuttige elemente van speelse pedagogie, en hierdie aanlyn platforms bied speelse leeridees, materiaal en strategieë vir skole en gesinne, wat organisatoriese denke kan ondersteun.

“Namate akademiese eise begin groei, kan kinders uitdagings ervaar om prioriteite te stel, planne te maak, by ‘n taak te hou en dinge gedoen te kry. Hierdie vaardighede word al hoe belangriker namate jou kind deur verskillende graadvlakke beweeg.

“Baie mense dink aan organisatoriese vaardighede as die vermoë om dinge in orde te hou, maar dit is veel meer as dit—dit maak ’n kind gereed vir sukses en om hul leerreis te geniet.” ■

KEEP KEEP THEM THEM SMILING SMILING

For over 85 years, St Joseph’s Home For over 85 years, St Joseph’s Home has given thousands of medically fragile has given thousands of medically fragile children a second chance at childhood. children a second chance at childhood. We provide much-needed post-acute, We provide much-needed post-acute, chronic, palliative and respite care to chronic, palliative and respite care to children with life-threatening illnesses. children with life-threatening illnesses. Want to know how you can support? Want to know how you can support?

Visit our website and follow Visit our website and follow us on social media!us on social media!

DONATE DONATE

Here’s how you can help: Here’s how you can help:

Visit www.stjosephshome.org.za/donateVisit www.stjosephshome.org.za/donate Sign-up for our quarterly mailer, Sign-up for our quarterly mailer, scan the QR code to the left.scan the QR code to the left.

scan to donate with scan to donate with

This article is from: