3 minute read

SORG VIR JOU AFHANKLIKES

Next Article
STOUTE-HOEKIE

STOUTE-HOEKIE

Sorg vir jou

Hier is 8 wenke om jou bates vir toekomstige geslagte te bewaar

afhanklikes

Dink jy nie dit is tyd om na te dink oor die bates wat jy oor die jare, en waarskynlik generasies, opgebou het nie? In hierdie onsekere tye is dit belangrik om weer die waarde van jou bates te evalueer, en wat die beste manier is om ’n nalatenskap agter te laat.

Maar vir baie individue het die COVID-19 pandemie die afskryf van bates genoodsaak. Baie mense is gedwing om moeilike besluite te neem, soos om aftrede uit te stel of hul erfporsies aan eggenote en kinders kleiner te maak.

Die persoonlike finansieswebwerf, JustMoney, het ’n kontrolelys opgestel om jou te help om vir jou afhanklikes te sorg terwyl jy nog daar is vir hulle, en om jou te help om jou bates te bou en te onderhou.

STEL ’N BEGROTING SAAM.

Jou huishouding het waarskynlik drasties sedert inperking verander. Kinders wat uit die huis is om te gaan werk, is weer terug. Weet jy hoe jou geld spandeer word? Om weer na jou begroting te kyk, sal jou help om vir die toekoms te beplan.

VERMINDER SKULD.

Kyk na jou leningsverpligtinge en rentekoerse. Betaal bestaande skuld so gou moontlik en vermy dit om nuwe lenings aan te gaan.

KYK NA VERSEKERING.

Motorongelukke, gebarste geisers en onverwagse gesondheidskrisisse kom ongelukkig gereeld voor. Maak seker jy het die toepaslike dekking wat by jou veranderde behoeftes aanpas. Kry kwotasies om te vergelyk—baie versekeraars bied gunstige koerse aan. Maak seker jy het lewensversekering wat vir jou afhanklikes sal sorg wanneer jy nie meer in staat is om dit te doen nie.

KRY JOU TESTAMENT OP DATUM.

As jy reeds ’n testament het, maak seker jou instruksies is nog van toepassing. As jy nie ’n testament het nie, kry so gou as moontlik een. Dit is die enigste manier om seker te maak wie sal voordeel trek uit jou boedel, en in watter verdeling.

BEOORDEEL JOU AFTREDE.

As ’n reël, moet jou pensioen 75% voorsien van die inkomste wat jy ontvang het terwyl jy nog werksaam was. Die belangrikste bateklasse wat jy moet verstaan wanneer jy belê, is die geldmark, verbande, gelysde eiendom en aandele.

BESKERM FAMILIEONDERNEMINGS.

Afhanklikes moet leer hul fokus moet wees op rentmeesterskap van rykdom, eerder as op die verkryging van nog bates. Familieondernemings vereis gewoonlik gespesialiseerde strukture om duidelike grense te stel tussen eienaarskap, sakebestuur en familie. Maak seker jy beskerm die generasie rykdom van jou familie.

SKENK OORDEELKUNDIG.

As dit reg gedoen word, sal skenkings nie net ander bevoordeel nie, maar terselfdertyd ook jou belasting- en finansiële beplanning. Hou in gedagte dat wanneer geld geskenk word, moet dit aan ’n goedgekeurde openbare welsynsorganisasie wees, en binne die toegelate jaarlikse drumpel.

STEL GESONDE GEWOONTES VAS.

Bykomend tot die nalating van tasbare bates, is die voorbeeld van ’n sterk rolmodel, om kwaliteit tyd saam te spandeer, en om sterk familietradisies daar te stel, deel van ’n robuuste nalatenskap.

JustMoney se bemarkingsbestuurder, Shafeeka Anthony, sê: “Geld is ’n geskenk, en wanneer dit goed bestuur word, kan dit nie net jou kinders se lewens verander nie, maar ook toekomstige generasies. Dit gebeur egter nie per ongeluk nie. Jy moet beplan as jy rykdom bymekaar wil maak en dit wil oordra.

“Vat tyd om jou sake agtermekaar reg te kry. Daar is gemoedsrus as jy weet jou swaarverdiende bates word goed bestuur en beskerm vir die maksimum voordeel vir jou geliefdes.” ■

Besoek JustMoney.co.za vir meer inligting.

This article is from: