4 minute read

REIS: VERMINDER DIE KOSTE, NIE DIE PRET

Next Article
KOS OP DIE TAFEL

KOS OP DIE TAFEL

Verminder die koste, nie die pret

Hoe jy en jou familie op die goedkoopste manier op vakansie kan gaan

Met die somer nou hier is almal gretig om weg te breek vir ‘n vakansie waarop ons al lankal wag. Maar deesdae is die idee van

‘n vakansie dikwels so vreemd vir baie Suid-Afrikaners dat hulle dit nie eers oorweeg weens die veronderstelde koste nie. Maar met ‘n bietjie ingeligte informasie kan jou volgende familievakansie net om die draai wees.

Ervare reisiger en bekende deskundige in die reisbedryf,

Rioma Cominelli (direktrise van First Loyalty Plus), sê: “Met ‘n bietjie inbinding, maandelikse besparing en vaardige beplanning kan jy kort voor lank oppad wees na jou eerste—of volgende— familievakansie!”

Hier is 7 top wenke om jou op die regte spoor te bring:

1. REIS NA ‘N PLAASLIKE BESTEMMING.

Dit gaan alles oor die plek! Kies ‘n bestemming wat naby jou tuiste is—dit sal jou petrolkoste aanmerklik verminder, en wie wil nou nie dít hê nie? Moenie dink jy hoef myle en myle te reis om te ontspan nie; partykeer is die lieflikste plekke op ons drumpel.

2. BESPREEK VOORUIT, EN VIR ‘N KORTE TYDPERK.

As jy jou vakansie-akkommodasie ver vooruit bespreek, sal dit jou meer tyd gee om vir die reis te spaar en dit sal ook baie goedkoper wees as om op die nippertjie die bespreking te maak (wanneer die aanvraag hoër is). Dis meer verstandelik om vir vier nagte in plaas van ses te gaan vakansie hou—jy sal dus nie die koste van ‘n volle week hoef te betaal nie. En al klink dit soos ‘n kort vakansie, hou in gedagte dat vier dae nog altyd beter is as slegs ‘n naweek weg.

3. OORWEEG DIT OM GEDURENDE DIE BUITESEISOEN TE REIS.

As jy klein kinders het, en jy word nie deur skoolvakansies beheer nie, kan jy voordeel trek uit buiteseisoense of middelweekse afslae. Sodoende kan jy jou vergroting selfs verder strek, want gedurende skoolvakansies en naweke is die koste van akkommodasie gewoonlik hoër.

4. KIES SELFSORG -AKKOMMODASIE.

Dis amper altyd goedkoper om selfsorgeenhede of chalets in plaas van hotelkamers te bespreek. Om by restaurante te eet is ook duur, so jy kan geld bespaar as jy self kos maak. Maar dit beteken nie dat arme mammie vir ure lank in die kombuis moet staan nie—pak ‘n piekniekmandjie vir ‘n genotvolle buitelugse avontuur, geniet ‘n familiebraai, of koop pasklaar pizzas of etes by winkels soos Woolworths of Checkers.

5. STEL ‘N LYSIE OP.

Jy’s uiteindelik by jou bestemming en sien uit na ‘n lekker vakansie wanneer jy besef jy het jou gunstelinge swemkostuum, hoed of boek by die huis vergeet... As jy nie ‘n lys maak om te verseker alles word gepak nie, sal jy gedwing wees om tyd en geld te mors op die koop van nuwe items. So hou die koste tot ‘n minimum en moenie onnodige geld uitgee nie.

6. GENIET AKTIWITEITE WAARVOOR JY NIE HOEF TE BETAAL NIE.

Hulle sê die beste dinge in die lewe is gratis—en hoeveel beter terwyl jy op vakansie is! First Group Hotels & Resorts, byvoorbeeld, bied daaglikse beplande aktiwiteite aan wat jou nie ‘n sent sal kos nie. Jou familie kan ook gaan wandel, vietsry in die berge, tennis speel, visvang of die dag by die strand spandeer. Maar julle hoef nie ‘n hele klomp aktiwiteite in een dag te doen nie; dit sal net stresvol wees.

7. WORD DEEL VAN ‘N LOJALITEITSPROGRAM.

Akkommodasie sal sekerlik die grootste stuk van jou begroting opvreet, maar een van die maklikste maniere om hierdie koste te verminder is om deel te word van ‘n lojaliteitsprogram. Lidmate van First Loyalty Plus, byvoorbeeld, kan tot op 50% afslag kry op akkommodasie, etes en nog meer.

Cominelli sluit af, “Die voordele van ‘n familievakansie gaan verder as net die klaarblyklike rus en ontspanning; dis die lewenslange herinneringe wat jy sal skep wanneer jy weggaan, wat vir jare lank sal voortduur. Beplan jou volgende vakansie slim, en jy sal heel moontlik daardie droom ‘n bekostigbare realiteit maak.” ■

BELOON JOUSELF

First Loyalty Plus is ‘n beloningsprogram wat lidmate tot op 50% afslag op ‘n hele klomp ongelooflike leefstylprodukte aanbied, en wat hulle ook die geleentheid gee om beloningspunte te verdien wat op dinge soos luukse akkommodasie, spabehandelinge, unieke ervarings —asook ‘n keuse van goedere in die aanlynwinkel—geruil kan word. Besoek firstloyaltyplus.co.za vir meer inligting.

This article is from: