3 minute read

DEKOR GELUKKIGE PLEK

Next Article
DIE GROOT VRAAG

DIE GROOT VRAAG

Gelukkige plek Bring balans, harmonie en kalmte terug na jou huis

met hierdie maklike feng shui wenke

Dit is reeds twee jaar sedert die wêreld, soos ons dit geken het, byna oornag verander het as gevolg van COVID-19. Selfs al is ons nou deur die ergste, sukkel ons nog steeds met die onsekerheid, stres en vrees. Soos ons meer en meer tyd tuis deurgebring het, het ons ook tyd gehad om te dink oor hoe ons wil hê ons huise moet lyk.

Dit het al hoe belangriker geword dat ons huis ons gelukkige plek is: ’n spasie waar balans, harmonie en kalmte aan die orde van die dag is. Terwyl sommige mense feng shui as net nog ’n esoteriese verdryf afmaak, is die realiteit dat sommige van die basiese beginsels van hierdie Sjinese ritueel kan help om tipe van ’n positiewe, georganiseerde en bemagtigde omgewing te skep—iets waarna ons almal so naarstigtelik opsoek is.

WAT IS FENG SHUI?

Voordat jy leer hoe om feng shui in jou huis toe te pas, moet jy jouself eers met sommige van die sleutelbeginsels vertroud maak.

Die hoof-idee agter feng shui behels die energie wat regdeur jou huis loop, ook bekend as chi.

Feng shui is tradisioneel geskep vir gebruik in spirituele spasies, maar dit word nou algemeen toegepas in huise, sakeondernemings en openbare gebiede.

Baie dinge beïnvloed chi, insluitende lopende water in jou huis, plante en hoe jou meubels gerangskik is.

Die gebruik van plekmatjies en die kleur van jou voordeur is belangrike aspekte van feng shui.

Die hoof idee agter die feng shui beginsels behels die energie wat regdeur jou huis loop.

’N STAP-VIR-STAP GIDS:

• Oorweeg die kleur van elke kamer. Verskillende skakerings sal verskillende energie aantrek. • Moedig baie natuurlike daglig aan. Gebruik spieëls vir die maksimum lig en warmte. • Plaas meubels in ‘oop’ formasies. Dit laat toe dat die energie vrylik vloei. • Maak seker waterfonteine vloei na die middel van jou huis toe. • Meeste mense spandeer die grootste deel van hulle tyd in die leefvertrek en slaapkamer, so dit is twee goeie plekke om te begin.

IN DIE LEEFVERTREK:

• Sit jou bank teen ’n soliede muur. Hou dit teen so ’n hoek dat diegene wat daarop sit altyd kan sien wie die kamer binnekom. • Sit ’n waterfontein in die noordekant van die vertrek. Dit bring geluk en welstand. • Voeg houtmeubels en dekor by. Dit moet aan die suidekant van die vertrek kom. • Die hoofdeur moet nie na enige ander deure wys nie. Dit sal ’n tonnel vir die energie van die vertrek skep. • Jou leefvertrek moet buitemure en vensters hê. Dit sal natuurlike lig toelaat om in te vloei. • Meubels moet maklike deurgangspasies regdeur die vertrek skep. Dit is vir mense en energie om te vloei. • Kies sagte rondings vir jou meubels. Vermy skerp hoeke.

IN DIE SLAAPKAMER:

• Verseker dat jy ’n soliede kopstuk het. Dit verskaf beskerming terwyl jy slaap. • Hou die spasie onder jou bed oop.

Dit laat energie rondom jou vloei. • Plaas jou bed sover as moontlik van die deur af. Jy moet egter seker maak dit bly in jou gesigsveld. • Hou jou skootrekenaar, foon en ander elektroniese toestelle weg van jou bed af. Dit word verbind met tydenergie en is sleg vir ’n goeie nagrus.

Onthou dat netheid ’n belangrike deel is van feng shui, so moet nie vergeet om jou huis gereeld skoon te maak met die nodige veeldoelige reinigers nie.

Daar is nie ’n beter tyd as nou om daaraan te dink om meer balans en harmonie in jou huis te skep nie—en jy kan met hierdie maklike stappe begin. ■

This article is from: