3 minute read
TV-TYD
E MAI KE KRFL V A
8 genotvolle kinderrolprente om mammas meer as ‘n 80-minute ruskansie te gee...
Ons verstaan dat dit somtyds nodig is om kinders vir langer as net ‘n 24-minute episode te vermaak. So hier is ons lys van prima kinderrolprente op Showmax wat die kleingoed kan kyk sodat jy meer as 80 minute kry om ander takies te verrig.
TOM & JERRY
(PG)
Ons gunsteling kat en muis is terug! Jerry trek in by New York se mees uitspattige hotel op die vooraand van ‘die troue van die eeu’, en dwing geleentheidsbeplanner Kayla (Chloë Grace Moretz) om Tom te huur om van die ongenooide gas ontslae te raak. Maar chaos breek uit, en hul voortslepende kat-enmuis bakleiery dreig om Kayla se loopbaan, die troue en selfs ook die hotel te vernietig.
SPIDER-MAN: NO WAY HOME
(10-12PG LV)
In hierdie aflewering moet Peter Parker vir Dokter Strange om hulp vra nadat Spider-Man se identiteit bekendgemaak is. Wanneer ‘n towerspreuk verkeerd loop, begin daar gevaarlike vyande van ander wêrelde te verskyn, en Peter word gedwing om vas te stel wat dit eintlik beteken om Spider-Man te wees. Jy kan ook Spider-Man: Homecoming (2017) en Sam Raimi se Spider-Man-trilogie op Showmax kyk. Die vervolgstuk tot die rolprent Sing van 2016 (ook op Showmax) beeld die eskapades van die immeroptimistiese koala, Buster Moon (Matthew McConaughey), en sy mede-spelers uit terwyl hulle beplan om hul mees betowerende skouspel ooit in die skitterende vermaaklikheidshoofstad van die wêreld te stig. Maar as hulle die skouspel in die Crystal Tower-teater in die bekorende Redshore City wil hou, sal hulle die meedoënlose magnaatwolf, Jimmy Crystal, moet ompraat en die eenselwige rocklegende-leeu, Clay Calloway (die stem van U2 se Bono), oorreed om na die verhoog toe terug te keer.
SING 2 (PG)
GHOSTBUSTERS: AFTERLIFE
(10-12PG)
Afterlife vind 32 jaar na die gebeure van Ghostbusters II plaas. ‘n Enkelma en haar twee kinders verhuis na die plaas in Oklahoma wat sy van haar vervreemde pa oorerf het. Geleidelik ontdek hulle hul verbinding met die oorspronklike Ghostbusters en die geheime erfenis wat die kinders se oupa agtergelaat het. Kyk ook uit vir Ghostbusters I en II sowel as die 2016-rolprent op Showmax.
SPACE JAM: A NEW LEGACY (PGLV)
The long-awaited sequel to the 1996 favourite, Space Jam: A New Legacy sees a rogue AI trap basketball champion LeBron James and his son in a digital space, forcing LeBron, Bugs Bunny and a gang of notoriously undisciplined Looney Tunes into the highest stakes basketball game ever as they face the AI’s digitised champions on the court.
THE BOSS BABY: FAMILY BUSINESS
(PG)
The Boss Baby 2 gaan oor die nou-volwasse Templetonbroers wat vervreemd geraak het—totdat ‘n nuwe ‘boss baby’ hulle probeer om weer bymekaar te bring, en sodoende kindertyd te red. Die sterbesetting sluit in Alec Baldwin, wat sy rol as die Boss Baby hervat, asook James Marsden, Jeff Goldblum, Lisa Kudrow, Eva Longoria and Jimmy Kimmel. The Boss Baby 1 is ook op Showmax beskikbaar.
PAW PATROL: THE MOVIE (All ages)
Geen stad is te groot, en geen hondjie te klein nie! Hierdie fliek is op die geliefde kleutertelevisiereeks gebaseer en volg Ryder en sy trop hondjie-held vriende na Adventure City toe waar die geldgierige burgermeester Humdinger besig is om die bedrywige stad in wanorde te bring. Plus, daar is ‘n nuwe dapper meisiehondjie in die span: Liberty.
CLIFFORD THE BIG RED DOG (PGV)
Die fliek is op die geliefde reeks van 80 kinderboeke deur Norman Bridwell gebaseer, en gaan oor ‘n klein rooi hondjie genoemd Clifford, wat blykbaar sal groei soveel as wat sy nuwe beste vriend hom sal lief hê. En op stuk van sake word die jong Emily baie, baie lief vir Clifford...