7 minute read
MAAK TOE JOU OGIES KLEINDING
Maak toe jou ogies, kleinding Hoekom jou baba nog nie deurslaap nie—en hoe om hom te leer
Deur Evelyne Touchette
Baba se aankoms beteken dikwels ’n slaapgebrek vir ouers vir ’n die eerste vyfjaar van hul kind se lewe.
Tussen ’n kwart en ’n derde van ouers meld slaapprobleme aan by kinders onder die ouderdom van 5. Dit is een van die mees algemene redes hoekom ouers na ’n pediater toe gaan. Ouers is gretig om te leer hoe om hul kind se slaap te reguleer en hoe slaap hulle ontwikkeling beïnvloed. Maatskaplike druk moedig ouers aan om so gou as moontlik ’n oplossing te vind vir die probleem om ’n goeie nagrus te kry, of deur ouerlike skuldgevoelens gery te word!
Maar wat beteken goeie kwaliteit slaap vir ’n baba? Wat is die regte toestande om die meeste voordeel te trek uit slaap in ’n kind se ontwikkeling? En wat is die gevolge van nie genoeg slaap kry nie?
Die wetenskap van slaap gee ons genoeg om oor na te dink en dan op te tree, ten spyte van debatte in die wetenskaplike gemeenskap en tussen kenners van vroeë-kinderontwikkeling. Daar is ’n beduidende gaping tussen wat die wetenskap weet oor ’n kind se ontwikkeling en slaap, en wat aan die gemeenskap oorgedra word. Byvoorbeeld, die mite van deurslaap teen ’n sekere ouderdom skep onrealistiese verwagtinge by ouers, wat hulle moed kan breek.
Ek en Catherine Lord, die mede-stigter en president van Immerscience (immerscience. com/en), het ’n projek van stapel gestuur oor slaap vir kinders 5 jaar en jonger, genaamd “Om te leer slaap, is soos om te leer loop”. Die projek is daarop gemik om ouers te help wat in ’n warboel van inligting, advies, getuienis en aanbevelings van deskundiges vasgevang is.
DRIE REALITEITE OOR SLAAP
Slaap is ’n steunpilaar van gesondheid, net soos gesond eet en oefening. ’n Hele aantal areas van ’n kind se ontwikkeling word aan slaap gekoppel, insluitende dink (kognitiewe gesondheid), interaksie met ander (sosiale vaardighede), groei (fisiese gesondheid), voel van emosies (geestesgesondheid) en genesing (immuungesondheid). Slaap en gesondheid loop hand-aanhand, terwyl die omgekeerd ook waar is: gesond wees bevorder goeie slaapkwaliteit.
Slaapontwikkeling is uniek aan elke kind, net soos om te leer loop. Die nodigheid vir slaap wissel met ouderdom en is nie dieselfde vir almal nie. ’n Baba het nie dieselfde behoefte vir middagslapies of deurnag slaap as wat ’n volwassene het nie.
Gemiddeld groei ons teen dieselfde spoed, maar ons ontwikkel nie almal teen dieselfde pas nie. Soos loop, ontwikkel slaap verskillend vir elke kind. Hierdie periode word die slaap rypwording-fase genoem. Slaapkwaliteit verskil heelwat tot en met die ouderdom van 2 jaar. Twee studies wat babas ’n ruk lank gevolg het, het gevind die tyd wat dit vat om aan die slaap te raak, neem af in die eerste ses maande van lewe, en kinders word minder wakker in die nag in die tweede jaar van hul lewe.
Teen die ouderdom van 6 maande, kan ’n kind veranderlikheid in slaap ervaar. En tot en met 3 jaar, wissel slaap van een kind tot die volgende
een. Om die regte toestande te skep om ’n positiewe invloed op ’n kind se slaapontwikkeling te hê, is dit belangrik om waar te neem waar hulle in hul ontwikkeling is, en nie hoe oud die kind is nie.
Om alleen aan die slaap te raak, is moontlik met ouerondersteuning en as dit een stap op ’n slag gedoen word. Daar is tientalle maniere om kinders groot te maak om hul ontwikkeling te ondersteun. Dieselfde is ook waar vir die aanleer van slaapoutonomie, wat beteken ’n kind se vermoë om aan die slaap te raak en weer alleen met vertroue aan die slaap te raak.
Hierdie selfvertroue kan op verskillende maniere verkry word, solank as wat daar op veiligheid ag geslaan word: met of sonder huil, saam slaap of nie, met die bors of die bottel, met water of melk. Slaap word deur biologie gereguleer, maar ook deur omgewingsfaktore soos ouerpraktyke rondom slaap.
Twee vooraanstaande kenners oor kinders en slaap, Avi Sadeh en Thomas Anders, het ’n teoretiese model van kinderslaap voorgestel. Hulle perspektief, gebasseer op ’n bio-psigososiale benadering, neem baie faktore in ag, insluitende dit wat met die kind verband hou (soos temperament), die ouers (soos geestesgesondheidprobleme) en die ouer–kind verhouding (soos ouerskap-styl). Al hierdie faktore het ’n invloed op ’n kind se slaap.
Slaap is vasgevang in ’n sosiale konteks waar ouers ’n belangrike rol speel in die bevordering van slaapoutonomie. ’n Epidemiologiese studie van voortydige en voltermyn babas wat na geboorte in spesiale sorgeenhede opgeneem is, het daarop gedui dat neurologiese onvolwassenheid minder belangrik is in die ontwikkeling van slaap probleme as ouers se gedrag.
Studies wys ouergedrag, soos om naby aan ’n voorskoolse kind te bly tot hy aan die slaap raak, kan tot slaapprobleme lei. ’n Oorsig oor van die studies oor pediatriese slaap dui daarop dat sommige tipes interaksie tussen ouers en voorskoolse kinders met slapenstyd slaapprobleme kan voorspel. Ouers ondersteun hul kind wat leer om op sy eie aan die slaap te raak, sodra die ouer sien die kind is gereed daarvoor.
DRIE MANIERE OM SLAAPOUTONOMIE TE VERSEKER
’n Oorsig van wetenskaplike navorsing beskryf die voordele en nadele van verskillende slaap intervensie-metodes. Sommige is meer gepas as ander, afhangende van die kind se ouderdom, ontwikkeling of die konteks van die kind se slaapprobleme. Intervensiemetodes oor slaapgedrag ontmoedig ouers om in te gryp wanneer ‘n kind deur die nag wakker word, sodat die kind kan leer om op sy eie aan die slaap te raak. Die drie benaderings—die standaard slaapuitwissingsmetode (huil dit uit), uitwissing met ouerteenwoordigheid en geleidelike uitwissing (uitkamp)— sluit ’n voor slaaptyd-roetine en om die kind in die bed te sit terwyl hy nog wakker is, in. Die ouer verlaat die kind se slaapgebied sodat die kind self aan die slaap kan raak.
Kognitiewe gedragsslaapintervensiemetodes verander ouers se verwagtinge, oortuigings en persepsies oor slaap. Soos die kind ouer word, word bykomende komponente bygevoeg, soos ontspanningstegnieke, gedagteverandering wat verband hou met bekommernis en angs, positiewe nabootsing-oefening en ander.
Aanrakingsmetodes is wanneer ’n oorgangsvoorwerp soos ’n kombers bekendgestel word. In hierdie kategorie van slaapintervensiemetodes, is dit belangrik om te fokus op kleiner stappe en doelwitte vol deernis en omgee.
Studies wys dat ouers se optrede, soos deur naby ’n voorskoolse kind te bly totdat hy aan die slaap raak, kan tot meer slaapprobleme lei.
GEEN TOWERKUNSIES NIE… MAAR GUNSTIGE OMSTANDIGHEDE
Daar is nie ’n towermetode nie, maar ouers kan gunstige omstandighede vir slaapoutonomie ontwikkel. Ouers moet keuses maak wat op hul kind se behoeftes gebasseer is, en wat met tyd sal verander, en ook binne die gesinskonteks pas. Ouers moet gewillig wees om hul metodes aan te pas, maar ook konstant wees met hul individuele ingrypings. Ouers moet konstant wees sodat die kind selfvertroue kan ontwikkel.
Die sleutelboodskap is om vertroue in jou kind en jouself te hê. Net soos loop of potjielesse, is om met vertroue alleen aan die slaap te raak ’n stap na selfstandigheid. Om jou kind met hierdie leerproses te help, is om hulle te help groot word.
Dit is belangrik om realistiese ouerverwagtinge oor slaap te hê. As ’n ouer, is dit belangrik om drie dinge in gedagte te hou: dat jou kind genoeg slaap vir sy fase van ontwikkeling, dat jou kind se slaap teen sy eie pas ontwikkel (wat kan wissel), en dat die ouers gunstige en veilige toestande moet skep om hul kind te ondersteun om slaapoutonomie te ontwikkel. ■
Evelyne Touchette is ’n ere-professor in die Departement van Fisieke Onderrig aan die Universiteit van Quebec – Trois-Rivieres Kampus
Was meer slym uit met 3% hipertoniese soutoplossing
As gevolg van ‘n hoër soutinhoud in die produk as wat in die liggaam is, trek ‘n hipertoniese soutoplossing vog uit die ontsteekte, opgeswelde voering van die neus, sinusse, larinks en bronchi om die lugweg te help oopmaak. Mediese navorsing wys dat ‘n hipertoniese soutoplossing ‘n groot rol kan speel met die uitwis van virusse wat in die liggaam inkom deur die neus. Deur ‘n hipertoniese oplossing op ‘n daaglikse basis te gebruik bly die neusgange skoon en dit verdun slym. Dit help dan om die virus se vermoë om aan die membrane vas te heg te verminder.
Verligting vir jou kleintjie
As jou baba sukkel om te drink as gevolg van ‘n toe neus, laat Kuraflo® 1.5% Pediatriese Sproei help om die slym te verdun en die neusholtes oop te maak sodat hulle makliker kan asem haal.
As kroep ‘n probleem is, laat Kuraflo® 3% Nebuliseringsoplossing help om die swelling af te bring in die larinks, tragea en bronchi om vinnige verligting te bring.
Sprei en nebuliseer daagliks met Kuraflo om jou kleintjie te help beskerm teen crèche sindroom en allergieë.
Developed by a leading ENT
Volg ons op
@kuraflo @kuraflo_sa