3 minute read

BOEKRAK

B EO KRAK

Die nuutste leesstof vir die jongspan, onder meer slaaptydboeke, ‘n pretboek, ‘n bundel Khoena-verhale en ‘n boek vir jong natuurliefhebbers

STORIES IN DRAKE DIE WIND deur Deidre

DEEL NOOIT! Jantjies

deur Nicola Kinnear (R170, (R155, HUMAN & ROUSSEAU) TAFELBERG)

Rissie is ‘n baie soet draak. Sy volg al Tien verhale die reëls in die Reëlboek vir Drake: Sy wat die steel by almal, en wil nie haar skatte minder bekende stories met enige iemand deel nie! Die van die mense van die Richtersveld, ander diere het genoeg gehad. Namakwaland en Kalahari vertel.

As hulle maar die draakreëls Die karakters is diere, mense, die son, kon verander... maan en sterre. Skilpad en Volstruis sê mekaar die stryd aan. Sal Jakkals en Leeu kan saamwerk om te jag? Die mense van Hoerikwaggo trek //Hui !Gaeb toe...

BABADIERESTORIES: NAG, EENDJIE EN NAG, APIE deur Elsa

Silke (R140, HUMAN & ROUSSEAU)

Hierdie pragtige slaaptydboeke met fotoillustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in ’n kits droomland toe stuur. Eendjie verlaat die nes op soek na avontuur... en verdwaal! Met die hulp van sy vriend, Padda, vind hy uit dat hy alles het wat nodig is om sy pad terug nes toe te vind. En Apie wil altyd die beste in alles wees. Maar hoogmoed kom voor die val, en hy leer gou dat om ‘n goeie maatjie te wees die heel beste van alles is.

LEKKERLAGPRETBOEK

deur De Wet Hugo (R155, HUMAN & ROUSSEAU)

Hierdie pretboek beloof ure se vermaak! Hier is grappe wat jou sal laat skater en raaisels wat jou sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite, prettige speletjies en snaakse limerieke.

DIE WILDE WÊRELD VAN AFRIKA deur Owen

Hendry (R170, PENGUIN RANDOM HOUSE)

Hoe bly gemsbokke koel in die woestyn? Waarom moet jy nooit ’n brulpadda optel nie? Watter roofdiere het die slimste jagtaktieke? Waar los wie hul dieremis? Ontdek die antwoorde tot dié vrae (en baie ander) in hierdie interessante, prettige boek vir jong natuurliefhebbers.

KINKELS EN KEUSES 1: DIE HOLDERSTEBOLDER HONDEPARTYTJIE deur De Wet Hugo

(R135, HUMAN & ROUSSEAU)

Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: ‘n hond! En hy wil ‘n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunstelingsanggroep, Wagter en die Waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? ‘n Storie propvol kinkels en keuses! DIE DODELIKSTE DONUTS IN DIE HEELAL deur Cecilia Steyn en Johann

Strauss (R165, HUMAN & ROUSSEAU)

Wynand se ma is nou wel ‘n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak ‘n ander plan: Sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wêreld! Wat kan tog fout gaan?

MY GUNSTELING-DIERESTORIES EN MY GUNSTELING-SLAAPTYDSTORIES

deur Kobus Geldenhuys (R150, HUMAN & ROUSSEAU)

My gunsteling-dierestories bevat vyf stories oor diere wat kinders se verbeelding sal aangryp: “Die Vos en die Ooievaar”, “Die Lelike Eendjie”, “Die Haas en die Skilpad”, “Die Kraai en die Kruik” en “Die Drie Rammetjies Rof”. Terwyl My gunsteling-slaaptydstories stories soos “Die Plaasmuis en die Dorpsmuis”, “Rooikappie”, “Hansie en Grietjie”, “Die Dors Duif” en “Die Bondel Stokke” insluit. Beide boeke is perfek vir voorlees

DIE SEEROWERS 3: tydens slaaptyd, maar ook selflees.

DIE SEEROWERS EN DIE MONSTER SE SKAT deur Jonny Duddle (R165, HUMAN & ROUSSEAU)

Ahooi daar, skarminkels! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Hierdie keer soek hulle na ‘n skat, maar ‘n vioolspeler waarsku hulle teen ‘n monster wat almal wat sy goud wil kom steel, opvreet...

This article is from: