GENERAL
PROMOSIE
Gebalanseerde VOEDINGSPROGRAMME lewer kwaliteit gewasse Gebalanseerde voedingsprogramme verhoog plantweerstand teen siektes en bevorder kwaliteit gewasse. Dit is ook kostedoeltreffend en bevorder volhoubare landboupraktyke. Enige groenteof vrugtegewas het ’n spesifieke groeikurwe van plant- tot oestyd en verskeie voedingstowwe word volgens die groeikurwe opgeneem.
D
ie plant gebruik elke voedingselement in verskillende hoeveelhede en verhoudings op spesifieke tye deur die groeiseisoen. NexusAG spesialiseer in omvattende gewasbestuurprogramme en bied drie strategiese fokusgebiede, naamlik NexSOLUTIONS, NexSERVE en NexTECH. NexSOLUTIONS behels doelgemaakte wetenskaplik gebaseerde gewasprogramme. Omdat die maatskappy plantvoeding- en grondgesondheid as só ’n belangrike aspek van volhoubare boerdery beskou, is ’n sub-fokusarea, NexNUTRI, tot stand gebring. NexNUTRI bevorder gesonde groente- en vrugtegewasse deur aanwending van grondgesondheid en gewasspesifieke voedingsprodukte. ’n Proaktiewe program jeens grondgesondheid verg ’n balans tussen die grond se chemiese, fisiese en biologiese eienskappe. Tegnies-korrekte en mededingende plantvoedingsprogramme vereis kennis van die fisiologiese en chemiese prosesse in die gewas en gewasadviseurs span hul kundigheid hiervoor in. NexNUTRI het ’n reeks produkte soos koolstof, humien en fulviensure waarmee grondgesondheid bevorder kan word. Die tegniese span, met kundiges wat spesialiseer in ‘n reeks gewasse, stel maatpas bemestingsprogramme saam om regdeur die goeiseisoen aan die betrokke gewas se voedingsbehoeftes te voldoen. As voorbeeld kan die verhouding van stikstof tot kalium genoem word. In die vegetatiewe fase word ’n verhouding van 3 tot 1 (N:K) toegedien en in die reproduktiewe stadium draai die verhouding om na 1 tot 3 (N:K). Die tegniese span kan die beste produkte van die top internasionale en plaaslike verskaffers kombineer en het toegang tot organiese, half-organiese, wateroplosbare en korrelprodukte. NexusAG het ook die afgelope paar jaar hul eie produkte geformuleer, omdat unieke behoeftes ontstaan het waaraan huidige produkte nie voldoen nie. Die maatskappy besit 10 wateroplosbare, 2 korrel- en 1 half-organiese registrasies. Die bemestingsprogramme sluit kunsmis soos makro- en mikrovoedingstowwe in, asook groei-aktiveerders soos bioflavonoides, kelpprodukte, Fulvien en Humiensure, Rhizobium en Trichoderma en vishidrolisate. Produsente word onder-
24
steun deur kundige advies deur gewasadviseurs met betrekking tot grond, bewerking, reste, voginhoud en besproeiingskedulering, ideale gewasse vir die betrokke kombinasie van grondfaktore, asook wisselboupraktyke. As deel van NexusAG se waardetoevoegende dienste onder die NexSERVE strategiese fokusgebied, sorg NexANALYSE dat grond-, water- en plant-ontledings, in samewerking met erkende laboratoriums, die basis vorm van die maatpas voedingsprogramme. Kundige gewasadviseurs kan gevolglik vir produsente unieke mengsels meng om optimaal aan hul spesifieke behoeftes te voldoen. Die twee ander afdelings wat onder NexSOLUTIONS val, is NexPROTECT en NexBIO. Om doeltreffende gewasbeskerming te bevorder en plae en algemene siektes te beheer, kombineer gewasadviseurs NexPROTECT-produkte in onpartydige produkaanbevelings van top landbouchemiese verskaffers. Dit word gedoen sodat wetenskaplik-korrekte chemiese aanbevelings gemaak kan word, wat aan nasionale en internasionale standaarde voldoen. Die produkte sluit swamdoders, onkruiddoders, insekdoders en groeireguleerders in. NexBIO spesialiseer in bioprodukte met ’n baie lae invloed op voordelige organismes, vir doeltreffende siektebeheer. Dit sorg dat daar voldoende dreinering, goeie grondstruktuur, hoë mikrobiese aktiwiteit en hoë organiese materiaal in die grond teenwoordig is. Diverse mikrobiese aktiwiteit bevorder die algemene onderdrukking van patogene en siektes en dit kan help om meer voordelige organismes te stimuleer, wat antagonisties teenoor patogene is. Daar is verskeie ekovriendelike aanbiedinge wat die stygende gewildheid in NexBIO verklaar. NexusAG se gewasadviseurs spesialiseer in verskeie groentegewasse. Hulle vorm deel van die omvattende span interne gewasspesialiste wat bygestaan word deur spesialiste van bedryfsliggame en internasionale en plaaslike verskaffers, wat op die voorpunt van nuwe tegnologiese ontwikkeling bly. Die maatskappy dien die landboubedryf reeds die afgelope 22 jaar. Kontak NexusAG by 021 860 8040 of besoek www.nexusag. net vir meer inligting.
VEGETABLES & FRUIT | JANUARY • FEBRUARY 2022