Nongqai Vol 13 No 2A - Kol Dawn Kellerman

Page 1

1 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


PUBLISHER | UITGEWER

2 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


Contents PUBLISHER | UITGEWER .............................................................................................................. 2 NONGQAI: OORSPRONG & OOGMERKE ..................................................................................... 4 NONGQAI: ROOTS & GOALS......................................................................................................... 5 VOORWOORD | FOREWORD ........................................................................................................ 6 Kapt. (afgetree) George Kellerman .............................................................................................. 6 VOORBLAD | FRONT COVER ........................................................................................................ 8 POLISIEGESKIEDENIS | POLICE HISTORY .................................................................................. 9 “Life is a moment in Time: 1972 – 1996”.......................................................................................... 9 Kol(v) Dawn Kellerman ................................................................................................................. 9 INHOUDSOPGAWE VAN PLAKBOEK .......................................................................................... 15 Kol Dawn Kellerman ................................................................................................................... 15 A picture says more than a thousand words............................................................................... 19 PLAKBOEK VAN KOL DAWN KELLERMAN ................................................................................. 22 AANDENKING: 1972: UITPASERINGSETE .................................................................................. 88 Seremoniemeester: Konstabel Dawn Stewart ............................................................................ 88 1982: WOMEN IN THE SOUTH AFRICAN POLICE FORCE ........................................................ 90 1982: GEDENKPROGRAM ........................................................................................................... 91 Die volle gedenkprogram in gereproduseer in Nongqai Vol 12 No 1 .......................................... 91 1982: AFDELING INLIGTINGSTELSELS 1967 – 1988 ................................................................. 92 Kol Dawn Kellerman ................................................................................................................... 92 NONGQAI TRUST | IT 002701/2018(T)....................................................................................... 108 THANK YOU! | DANKIE! .............................................................................................................. 109 BOOKS | BOEKE ......................................................................................................................... 111 NAWOORD | AFTERWORD ........................................................................................................ 112 Brig HB Heymans (SAP-Afgetree) ............................................................................................ 112 SLOT | END ................................................................................................................................. 114

3 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


NONGQAI: OORSPRONG & OOGMERKE

4 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


NONGQAI: ROOTS & GOALS

5 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


VOORWOORD | FOREWORD

Kapt. (afgetree) George Kellerman Dit is my voorreg om hierdie voorwoord te skryf op versoek van die Uitgewer / Publiseerder. Aangesien hierdie ‘n lywige uitgawe is, is daar besluit om hierdie uitgawe uitsluitlik te wy aan Kolonel Dawn Kellerman. Sy het as een van die eerste groep, in 1972 by die polisie aangesluit en daar was omtrent nie ‘n afdeling waarin sy nie gewerk en uitgeblink het nie. Sy het in 1996 uit diens getree. Opregte dank ook aan brigadier (afgetree) Hennie Heymans wat op onbaatsugtige wyse, op sy eie, hierdie uitgawe van Nongqai, die lig laat sien het. Vergun my ‘n oomblik om die ou Israeliete se wysheidsleraars aan te haal volgens Spreuke 31 daarvan af vers 10 (1983Aov). “10. ‘n Knap vrou is baie meer werd, baie meer as edelstene. 11. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk. 12. Sy bring vir hom voordeel, nie nadeel nie haar hele lewe lank. 17. Sy pak werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie. 20. Sy het ‘n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges. 25. Alles aan haar spreek van ‘n sterk en edel persoonlikheid. 30. Uiterlike skoonheid hou nie, ‘n mooi voorkoms is nie alles nie, as sy die Here dien, dan verdien ’n vrou om geprys te word. 31. Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen, laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.” Met dit gesê moet dit eintlik die getuigskrif van elke polisievrou wees. Vir my is Spreuke 31, van toepassing as ek oor Dawn moet skryf. Ek weet immers waarvan ek praat aangesien ons ook in ‘n paar jaar, as die Here wil, ons 50ste huweliksherdenking vier. So een of ander oor Dawn. Sy is ‘n regte plaatjie en het waagmoed. Ek sou dit eers uitvind toe ek in 1973 as jong sersant hierdie vroue konstabel ontmoet het. Ek het nadat ek ‘n dubbel skof gewerk het by die kwartiere op ‘n bank ingedut. Toe ek wakker word, was my welige snor so versnipper dat ek haar maar toestemming gegee het om die taak te voltooi. Ek het dadelik van haar gehou. Die huweliksklokkies het in 1977 met my terugkeer van die destydse SWA gelui. Ek kan baie oor hierdie merkwaardige vrou skryf maar dit sal die uitgawe nog lywiger maak. Ek wil net meld toe ek in 1970 by die polisie aangesluit het en in Januarie 1971 met opleiding begin het, ek was ‘n jaar troep, was daar ‘n groot uittog uit die polisie, deels oor ‘n karige salaris, maar ook 6 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


tog die oproeping van lede om ons grense te bewaak. Van die instrukteurs het geen geheim daarvan gemaak nie en vir ons gesê dat hulle nie bereid is om hulle tyd te mors om slapgatte op te lei nie. Van hulle het ons meegedeel dat die polisie nou vroue die volgende jaar gaan oplei. Hierdie nuus is met gemengde reaksie ontvang. Baie van die studente wou weet of hulle nie maar die volgende jaar hulle opleiding kon voortsit nie. Wat ek wel kan sê is dat dit ‘n goeie besluit was. Ek was bevoorreg om met van die eerste vrouelede in die aanklagkantoor te kon werk. Hulle was allermins porseleinpoppies soos wat baie hulle voorgehou het. Die verandering wat te bespeur was, was dat hulle klaers met die nodige empatie en respek behandel het. Dit is moeilik om te glo maar hulle was ook goeie luisteraars. Ek het baie van die vrouelede in my loopbaan gesien uitstyg en die hoogste sport bereik. Vir die dienende lede, sterkte. Dit is ‘n edele beroep. Jy het mag in jou hande, gebruik dit met verantwoordelikheid. Ten slotte. ‘n Polisievrou is ‘n deugsame en knap vrou. Sy is fluks en hardwerkend, bekwaam en vaardig. Wat sy doen moet sy goed doen. Sy moet ‘n sterk liggaam en ‘n mooi persoonlikheid hê. Sy moet blymoedig verstandig en liefdevol wees. Vroulik, verfynd maar die belangrikste van alles gelowig wees. Ek sluit af met 1 Petrus3:3-5 (Afr,83) Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde. In die ou dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier. Groete (Kapt. George Kellerman)

7 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


VOORBLAD | FRONT COVER

Kolonel Elizabeth Dawn Kellerman nee Stewart 1972- 1996 (Uitgetree) Special edition: Women Police Spesiale uitgawe: Vrouepolisie

8 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


POLISIEGESKIEDENIS | POLICE HISTORY

“Life is a moment in Time: 1972 – 1996” Kol(v) Dawn Kellerman Ek wou ‘n kunstenaar word. Op Ventersdorp was kuns nie as ‘n vak aangebied nie en ek sou na Potchefstroom moes gaan. Die skoolhoof het my op ‘n dag na sy kantoor ontbied en soos ‘n vader met my gepraat. Dit was gedurende my std 8 jaar. Hy het verduidelik dat ek eers ‘n kwalifikasie moes kry en dan kon ek my kuns as stokperdjie beoefen. Dit was erg. Ek kon aan niks anders dink wat ek wou wees nie, die alternatief was onderwys, waarvoor ek langtand was. Ek het gedink, wat as ek as onderwyser so leerling kry soos ek in die klas moes hê. Op skool was ek die ‘n beplanner in die klas wat dinge laat gebeur het en kinders laat lag het. ‘n Onderwyser se nagmerrie. Gedurende 1971 as 18 jarige matrikulant op Ventersdorp, het ek en ‘n vriendin deur die verlate strate gestap en daar sien ek die advertensie. Die Suid Afrikaanse Polisie werf vroue as volwaardige lede van die Suid Afrikaanse Polisie. Dit was of daar ‘n liggie aangegaan het en ek het onmiddellik, finaal en sonder ‘n oomblik se huiwering geweet dis al wat ek ooit wil doen. Daar was familiedrama maar ek het nie ‘n aks gewyk nie. Die onderhoud met lt-kol Botha en ‘n ander dame het ek as naïewe blosende kind groot-oog die vrae beantwoord aan “tannie” Botha. Sy het dit duidelik gestel dat vroue nie die polisie moes sien as ‘n plek om ‘n man te kry nie. Nadat ek onderneem het dat ek glad nie van plan is om gou te trou en vroeg kinders te kry nie, is ek op 28 Januarie 1972 ingesweer as ‘n student(v) te SAP Ventersdorp. 1972 Was ‘n warrelwind jaar. Op 1 Maart 1972 het ons Kollege opleiding begin. Rosehof het my tydelike tuiste geword met Magsnommer 60622N, Peloton 35, ‘n skroprok, pet en ‘n hawersak. Geen juweliersware of grimering, en jou hare moes vasgemaak wees as dit naby jou kraag kom. In die ou sink kerkie oorkant Rosehof is ons aangetree vir ‘n geskiedkundige toespraak deur lt-kol(V) Botha. Kollege was bittersoet. ‘n Tyd wat jy dinge gedoen het wat jy jou vermoëns oortref het en dinge gedoen het wat jy nooit geglo het jy kón doen nie. ‘n Tyd van vasbyt en sterk wees, en heeltyd…… onthou julle is dames. Tussen leer om soos ‘n man te dink, te doen en te reageer in situasies, lesse in Etiket en hoe ons nooit die Vrouepolisie in die verleentheid durf stel nie. Kolonel(v) Botha het my rolmodel geword. Haar vertroue en verwagtinge in ons het ‘n strewe en ‘n krag binne ons geword met die wete dat ons haar en die polisie nooit mag faal nie. Die Polisiemanne was skepties. Ons is met groot respek behandel maar ons was nie net aanvaar nie. Daar is net gewag dat ons sou faal. Die akademie was baie interessant en die opleiding fisies hard en ‘dissipline’ oor alles soos ‘n banier. Ek het altyd gevoel daar word oor my skouer geloer. Tussen dit alles was daar hope pret en as dit “Reeeeegs omkeer!”, was, en ek vir die soveelste keer ‘n links omkeer gemaak het. 9 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


Natuurlik was daar “KOOS KOKKEROT” op die hoek van Mitchell- en Rebekkastraat. Vir elke student was dit soos die verbode appel. Alles wat daar te koop was was lekker in die oortreffende trap. Baie beplanningsessies is gedoen oor hoe om uit te glip maar kol(v) Botha se vertroue het my binne gehou. Tandarts toe gaan was ‘n ‘n avontuur. As die afspraak verby was, was jy vry. Pretoriusstraat was daar om te verken en so beland ek toe by die troeteldierwinkel. Daar was ‘n eendjie. Die eendjieogies het gesmeek, “Vat my, vat my”! Daardie dag is ‘n incognito student Kollege toe. Al was sy ondergronds, is sy ten volle aanvaar. Wat ek gedoen het, waar ek was, was sy by. Onder my pet of voor in my skroprok. Kst(v) Elma van der Merwe was die pleegmoeder wat afgelos het. Een aand het Elma mooi gevra of student Eend net een aand by haar kon slaap. Arme Eend het seker koud gekry en onder Elma ingekruip en versmoor. Dit was traumaties. Haar teraardebestelling was met volle militêre eer en haar oorskot is in Rosehof se blombedding ter ruste gelê. Tussen al die stadige mars deur is snikke gehoor. Ek het tydens my Kollege opleiding ‘n volwasse en gedissiplineerde persoon geword. Ek het geleer om verantwoordelikheid te neem en in ‘n span te funksioneer. My wil om te slaag het my gedryf om my alles te gee. Na ons eerste uitpassering is ek na SAP Boksburg uitgeplaas vir die tyd tot ons tweede uitpassering. My Uniform was my trots. Dit het gevoel of ek sweef as ek dit dra en ons het vinnig, baie geleer. Ons is geroteer tussen die Aanklagtekantoor, Radiobeheer, Patrolliedienste en Navrae om ervaring op te doen.

10 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


Daar was geleenthede en verleenthede. Ek en kst(V) Elma van der Merwe het met die patrollievoertuig ‘n dame gaan arresteer vir ‘n verkeersoortreding. Ons het haar ferm hanteer en sy moes uit haar nagklere en rollers kom en regmaak. Tyd was kosbaar. Die voertuig was nodig by die stasie. Ons was genadig en het haar voor tussen ons laat sit. Op pad stasie toe het ‘n voertuig ‘n soliede witstreep verontagsaam. Ek het die bloulig en die sirene aangeskakel en spoed vermeerder, die voorste voertuig verby gegaan en die voertuig agtervolg. My bemanning het hierdie oortreding soos ‘n Bylae 1-misdryf hanteer. Dit het in ‘n jaagtog afgegee. My kollega het haar pistool gespan en by die voertuig uitgeleen. Ek het op die radio vir versterking gevra en voertuie het uit alle rigtings op die vier-rigting-stop buite Boksburg afgejaag. Die VERDAGTE het weggekom en ons moes lank daarna nog met rooi gesigte loop. Tydens my radiobeheer diens het ek ‘n Mike Romeo voertuig lelik vasgevat oor hulle nie ‘n klag as prioriteit reageer het nie. Ek sou toe ook eers leer dat Mike Romeo Moord en Roof se voertuig is. Per geleentheid het manne by die agterkant van die stasie staan en gesels. Toe ek en my kollega, Elma, met die patrollievoertuig indraai om te parkeer, het ‘n groep polisiemanne se koppe na ons gedraai en ons aandagtig dop gehou. Die gevolg was dat ek te laat gerem en met die polisievoertuig in die muur vasgery het…… Die tweede uitpassering in Desember 1972 was groot. Dit was ‘n mylpaal wat deel van jou hoogtepunte bly. “As jy onvas op jou voete voel, haal diep asem en beweeg jou tone, moet net nie omval nie!” Die Kollege was hard en lekker. ‘n Lekker wat mens nooit weer oor wil hê nie. Daarna het my loopbaan in alle erns begin as konst.(v) by SAP Norwood. Die mans was skepties en ons moes altyd een voor wees. Ons moes klem lê op ons vroulikheid maar ook nie ‘n duit terugstaan vir elke uitdaging wat die polisiëring op ons pad gebring het nie. Ek was hard op myself. Elke dag was om dit wat ons in die Kollege geleer het, in die praktyk toe te pas. Ons is dopgehou en uitgedaag om te sien of hierdie toevoeging van vroue in ‘n manswêreld die pyne sal kan vat. Ek het my eerste Nuwejaar in Hillbrow-strate diens gedoen met jillende en uitspattige dronk mense wat op- en aanmerkings oor ‘n vrou wat ‘n polisieman is, gemaak het. Van ‘n tiener in 1972 is ek in ‘n ‘n nuwe vorm gegiet. Na buite was geen toneel te skokkend of geen uitdaging te groot nie, maar binne moes ek emosioneel nog by die uiterlike bykom. Wat tot nou nog vreemd is, is dat ek tydens krisisse geen vrees ervaar het nie. Dit was byna asof mens ‘n gevoel van onsigbaarheid ervaar het. Ek kon helder dink en beheer neem. Die ‘sosiale polisie-kuierkultuur’ het nie agterweë gebly nie en ons het soms ge-deurnag in Hillbrow by die Fontana. Die Fontana het deurnag oop gewees. Die stad se liggies het vir die Ventersdorp kind geflikker. Die volgende oggend was ons weer paraat en op ons pos. Daar was manne wat uit hulle pad gegaan het om ons te beskerm en te leer, en die praktyk het ons uitgedaag en geleer. Ek is as lokval gebruik in Hillbrow waar daar baie gevalle van diefstal uit handsakke plaasgevind het. Die manne het dan bygestaan en sodra ek die ‘slagoffer’ was, het hulle toegeslaan. SAP Carletonville was die volgende stop en ek het Ondersoek en Navrae, en Aanklagkantoorwerk gedoen. Daar het ek van lykskouings geleer. Die AO-in-beheer het met groot respek en waardigheid verduidelik hoe hulle te werk gaan. Daar het ek die doodsreuk en die reuk van bloed leer ken. Gesien hoe ‘n mens binne lyk en hoe jou brein lyk. Ek het toe geleentheid gekry om deel van die EERSTE S.A.N.A.B OPLEIDINGSKURSUS in 1975 te wees. Om daardie tyd deur oorsese ondersoekbeamptes opleiding te kon ontvang was ‘n ongelooflike ervaring. Genl-Maj Lothar Neethling en verskeie senior lede was deel van die kursus. 11 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


Daar het ook verskeie landdroste en aanklaers die kursus bygewoon. Ek was toe ‘n sers(v) en op Potchefstroom gestasioneer. Ons SANAB-groep in Potchefstroom het veral onder die studente by die Universiteit gewerk. Een van my sake was ‘n regsdosent wie se dogter met dwelms deurmekaar geraak het. Dagga en Mandrax was ‘n groot probleem en ek is genooi om met studente oor die gevaar van dwelmmisbruik te gesels. As ek terugkyk na daardie ervaringe het alles nie altyd volgens protokol verloop nie. Ek en ‘n vroue kollega het by Potchefstroom-dam ‘n rondawel langs ‘n verdagte man en vrou met twee kinders gehuur en met hulle vriende gemaak. Daardie tyd het ons sleg gelyk. Ons sou kon deurgaan as tipiese hippies. Ek het begin voelers uitgooi en hulle het my genooi om saam met hulle te stap. Hulle wou my uitkyk. Ons het baie vêr gestap, onder deur die brug na ‘n verlate eensame plek tussen die bome. Hulle wou my toets en hulle het ‘n zol gerol en omgestuur. Daar was nie ‘n “plan B” nie en ek was alleen. Ek het saam gerook en na die visvang uitstappie moes ek met ‘n gerookte brein weer al die pad saam met hulle terugstap. Daar was ‘n arrestasie en skuldigbevinding. Die feit dat ek deelgeneem het aan die naweek kuier verrigtinge het sake bemoeilik, maar die saak kon bewys word sonder my enigsins in die prentjie. So het ons verdagtes in kafees ‘opgetel’. Mense van wie mens dit nooit sou verwag nie. Daar is uiters gevaarlike werk gedoen sonder dekking. Ek en ‘n konstabel het per geleentheid leidrade opgevolg en ons is na ‘n nedersettings waar ons ‘n verdagte vrou se plek deursoek het en haar gearresteer het. Toe ons terug in die voertuig was, is ons omsingel deur opruiende en woedende inwoners. Nou eers besef ek dat ons in lewensgevaar was. Gedurende 1975 is ek as Adj.Off. (V) na Klerksdorp verplaas waar ek weer Uniform werk gedoen het en SB klerk was. Daar het ek en my aanstaande trouplanne gekry. Hy was toe ‘n speurder in Windhoek. Ons is beide na Rustenburg verplaas en is gedurende 1977 getroud. Ek het die Bevorderingseksamen geslaag en gedurende 1978 was ek en Adj.Off.(v) Annalize Melville van die eerste vroue op Offisierskursus. Ek was toe die eerste swanger kandidaatoffisier. Ek en my man is gedurende 1979 na Pretoria verplaas en ek het as luit(v) by DK Noord Tvl gewerk. Ek is daarna as Persoonlike Adjudant na genl-maj Frikkie Engels verplaas. ‘n Veel meer ingetoë en voorbeeldige tyd in my loopbaan. Ek was soos ‘n opgewende robot wat paraat en beskikbaar moes wees. Ek het die verskillende afdelings in die polisie se bevelvoerders leer ken en het verstaan hoe alles saamwerk. Na Genl-Maj Engels se aftrede is ek as na Openbare Betrekkinge verplaas en ek was in my element. Ek het mediaskakel gedoen, funksies gereël en saam met filmspanne gewerk wanneer tonele verfilm is waarin polisie rolle vertolk het. Ek was toe ‘n kaptein. Ek was ook betrokke met die onthaal en skakeling met oorsese besoekers. Gedurende 1981 is daar begin met die Nasionale Diploma (Polisie-Administrasie) en ek was bevoorreg om die Diploma te kon verwerf. Na my tweede swangerskapsverlof is ek by die Sentrale Vuurwapen Register geplaas. Die Vuurwapenafdeling was ‘n uitdaging. Berge aansoeke en honderde aansoekers wat appelleer. Daar is geproeflees en taalkundige versorg, nimmereindigend. Gelukkig was daar toe Woordverwerkers en die dames kon die memo’s wat korrigeer sonder om dit oor te tik. Gedurende 1986 is ek terug na Openbare Betrekkinge. Ek het in die Ou Kompol gebou gewerk. Ek was as Argivaris by die Museum en het my ingeleef in die afgehandelde sake. Die uitstalling 12 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


waar die Fonteine Pangaman was, het vir baie skokke verantwoordelik gewees. Die groot man met sy panga het elke keer vorentoe beweeg as mens nader na die uitstallingsvenster stap. Die hout was seker uitgetrap daar. Elke keer het ek ‘n ongemaklike rilling ervaar. Ek het ure se navorsing vir ‘n nuwe uitstalling wat op A4-papiere, wat amper die helfte van die kantoor mure beslaan het, beplan. So het ek saak vir saak deurgegaan en toe hak ek vas by die Skêrmoord. En ek hak behoorlik vas. Die dame was toe op parool uit die gevangenis en het begin werk. Ek wou haar haar kant van die storie hoor. Medelede het my gewaarsku dat dit verbode terrein was, maar ek was begeesterd. Sy het immers na al die jare ook ‘n storie gehad om te vertel. En toe skakel ek haar. En ek maak een van die grootste foute in my loopbaan. Voor teetyd die volgende oggend is ek deur Brig Dippenaar na Brig Colyn, die Kapelaan by Hoofkantoor en Genl-Maj Stevens ontbied. Dit was die ergste, beleefde uittrap wat ek ooit kon kry, soos, “Dawn, hoe kon jy? Ons is 24 uur beskikbaar vir telefoon bystand as sy ons sou skakel vir bystand en hier het jy die vermetelheid om haar te skakel en haar te vra vir haar storie”. En daar verloor ek my ‘cool’ en ek praat en praat en is baie uitgesproke. Genl-maj Colyn het gesê ek het hulle baie teleurgestel. Genl Stevens en brig Dippenaar het ongeloof in hierdie gedrag gedeel. Ek het die volgende oggend voor oggendkoffie via die grapevine van my onmiddellike verplasing na Registrasie verneem. Ek is met ‘n baie swaar gemoed daar weg. Die afhaal van die beplanning van my nuwe beplande uitstalling was ‘n pak A4 papiere in ‘n houer. Alles tevergeefs. My aankoms by Registrasie was soos ‘n vuishou in die maag. Ek was as majoor soggens deel van ‘n span wat sakke en sakke pos ontvang het. Die sakke is oopgesluit en koeverte het soos ‘n rivier uitgestroom, dit is dan volgens koevert grootte sorteer, in hopies geplaas, oopgesny, gestempel en die pos is sorteer. Een koevert na die ander, nimmereindigend. Honderde duisende leërs en liassering, onverbiddelik en alfabeties. Genl Stevens het na die tyd vir my kom sê, “Dit is soms nodig om na die SOUTMYNE van SIBERIË te gaan. Toe kom die geleentheid. Ek moes as leek, Inligtingstelsels aan die SA Polisie bekendstel. Wat ‘n heerlike uitdaging. Die massiewe hardeskyf, die ponsdames by hulle terminale, die programmeerders, die sagteware ontwikkelaars en week na week die tegnologie wat soos ‘n weghol-trein vertiendubbel het. Inligtingstelsels het my aanvaar en was geduldig om ingewikkelde begrippe met voorbeelde uit die alledaagse lewe aan my te verduidelik. Ek het soveel geleer en het die voorreg gehad om ‘n Skakelseksie op die been te bring wat weekliks ‘n nuusbrief uitgegee het, asook ‘n glansblad waar lede deur Inligtingstelsels op hoogte gehou is oor rekenarisering in die SA Polisie. Ons het B Kursuslede van Bestuursontwikkeling onthaal waar hulle deur die personeel van Inligtingstelsel oor die verskeie rekenaartoepassings toegespreek. Lede is en daarna vir middagete onthaal en hulle kon meer uitvind as hulle vrae gehad het. Ons het ook na ander Streke gegaan en aanbiedings oor rekenarisering gehou. Daardie tyd was daar ongeloof as verduidelik is wat kom. Daar was skeptisisme by die aanhoor dat die wiel het met ‘n ongelooflike tempo draai en dat dit elke kantoor gaan raak. 13 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


En toe het ek weer gedurende 1991 teruggekom aarde toe. ’n “Nagtrein”-verplasing na Pretoria Sentraal. Dit was verskriklik erg, maar die aanpassing was eintlik soos fietsry. Jy gaan net aan. Dit was weer uniform en ek het tuis gevoel. Ek was toe ‘n majoor en ek het alles ingesit. Humor was baie keer my oorlewing. Ek was baie keer die ‘slagoffer’ van poetse bak soos vingerafdrukink in my handskoene terwyl ek selle besoek het en as ek klaar die VB geteken het, almal wat my met groot oë aankyk as ek salueer. Die geheim was om nooit te reageer as jy dit agterkom nie. Die skoonmaak na die tyd moes jy maar vat. Kommunikasie is vir my belangrik en ek het ‘n weeklikse Nuusbrief begin wat baie geslaagd was. Daar was nog nie selfone of rekenaars nie en lede was honger vir nuus. Ek is een oggend deur die DK en die Kapelaan ontbied. Dit was ‘n groot skandaal en hulle wou weet hoe ek dit kon toelaat. Ek het met ‘n rooi gesig formeel jammer gesê en my woord gegee dit sal nóóit weer gebeur nie. Dit het so gebeur: Die sersant wat saam met my gewerk het, het gevra of hy op een blad humoristiese padtekens kon plaas. Dit het goed geklink. Die resultaat was die mees vulgêre en suggestiewe tekens wat jy jou kon indink. Die Bulletin is die volgende oggend deur die gebou versprei. Ek is onderlangs uitgekyk, party geskok, ander met ‘n onderlangse grinnik. Om Diensoffisier te wees met ‘n man wat self in die Polisie is en twee kinders by die huis was nie altyd maanskyn en rose nie. Gedurende 1992 was ek as afgedeelde diens die Stasiebevelvoerder van SAP Sentraal. Ek het altyd onthou wat Genl Johann Coetzee gesê het, “Here I go, but through the Grace of God alone”. Die selbesoeke met sy bekende reuk wat nou nog in jou neus sit. Die wanhopige kyk van die verhoorafwagtendes met die onsekerheid oor wat voorlê en ‘n honger vir menswaardige behandeling. Ek glo daardie paar sekondes waar ek so persoon raakgesien het en gehoor het, hoop in hopelose omstandighede gegee het. Daar is baie eina herinneringe wat nou met die skryf weer wil oppervlakte toe kom. Insidente wat baie diep weg gebêre is. Motorongelukke waar ‘n babatjie dood in die pad lê. Selfmoordtonele waar die persoon met ‘n haelgeweer onder sy ken indruk en sy kop weggeblaas het. Verkragtings van kinders waar die polisie die mat vol bloed inbring en jy voel as jy net kan wraak neem. Aanrandings waar vroue stukkend is en snikkend-bang ‘n klag lê, net om dit weer terug te trek want daar is nie ander opsies vir haar nie. Die kyk “in die oë” van ‘n gewetenlose moordenaar gewetenloos en minagtend jou in die oë kyk. Maar dan die dankbaarheid waar jy daar was vir mense in nood. En toe my laaste stop. Mens sweet nooit wanneer dit jou laaste gaan wees nie. As Lt-kol(v) Menslike Hulpbron Bestuur by Area Noord-Transvaal. Hier het ek die voorreg gehad om met polisielede te werk en vir hulle tot diens te wees. Om ‘n oor te hê wat na hulle luister. Ek het toe na my omswerwinge beter begrip gehad vir hulle omstandighede. Hulle trauma waarmee hulle nie sommer iemand mee vertrou nie. Hulle gesinsomstandighede waar daar baie spanning was waar hulle eggenoot/note nie begrip vir hulle omstandighede gehad het nie. Ek is intussen na Kol(V) bevorder en my bevordering na Brig(V) was onder oorweging. dokumente was reg vir en die Bevorderingsraad moes sit, en toe verander ALLES!

My

14 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


Brig(V) Elize Visser, Area-Hoof, Menslike Hulpbronbestuur het afgetree. Ek was toe die Bevelvoerder. Dit was ‘n uiters spanningvolle en vreemde tyd in die Polisie. Die manne het gepraat van ‘Hond vreet Hond”. Daar is baie insidente wat letsels gelaat het in my menswees. Baie seer, ontnugtering en vernedering en met die skryf hiervan wil dit net na die oppervlakte kom. Maar, ek kan in alle eerlikheid sê ek het ‘n wonderlike en opwindende loopbaan gehad. Die kind in my wat geglo het, “Vir altyd en altyd” en dat daar nie ‘n lewe na die SAP kan wees nie het skielik groot geword nadat ek medies af is met my rug. Na ‘n depressie waar ek nie kans gesien het om aan te gaan nie, het ek aangegaan. Die tweede deel van my lewe het begin. Ek het geleer raamwerk doen, ek het ‘n Diploma in Skone Kunste verwerf by die Open Window Art Academy. Ek het toe die ruim ateljee wat ek en George as kantore gebruik het, omskep in Laggieland-Dagsorg waar ek vir 5 jaar die skool van tot 30 peuters hanteer het. Ek het toe my lewe teruggeneem en voltyds geskilder. Nou het ek die hoogste titel ooit, ouma van my amper 3 jarige kleindogter. Sy hou my en George bedags besig en ons is haar gewillige slawe. Gedurende my loopbaan het die Here my ryklik geseën en ek kon my persoonlikheid ten volle uitleef om polisievrou te wees, met die publiek te skakel, te skilder, en vele geleenthede te reël. Wat ‘n eer en ‘n voorreg. Ek sluit af deur te verklaar dat ek niks kon bereik sonder my kollegas nie. Dat elke hoogte wat ek bereik het, deel was van ‘n groep kundige polisielede wat meesters was in verskeie fasette van die totaal van menswees. Dat daar altyd lede was wat my arms hoog gehou het. Ek salueer elkeen van hulle. Brig(V) Duveen Botha was ons mentor. Sy was reguit en sy kon dwarsdeur my sien. As sy my aangespreek het, het ek dit gevat met die wete dat sy die voorbeeld gestel het. En dan, al die lof aan my Hemelse Vader wat my en my gesin bewaar het. Soli Deo Gloria.

INHOUDSOPGAWE VAN PLAKBOEK Kol Dawn Kellerman 1 2 3

4

Voorblad: Rangtekens; Konst.(v) – Kol(v) Dawn Kellerman Sers(V) en kol(v) Aanstellingsertifikate ED Kellerman a. Akademie, SAP Kollege. Konst.(v) Dawn Stewart en konst.(v) Elma van der Merwe met my eendjie in die klas b. Aanstellingsertifikaat Sers(v) Dawn Stewart, 1.6 74 c Konst.(V) Dawn Kellerman d 30 Junie 1972, Stasiebevelvoerder van SAP Boksburg verwelkom die eerste 4 dames. Konst’s.(v) ED Stewart en E van der Merwe (2 foto’s) e. Sers(v) Dawn Stewart Carletonville f. Vrouegroep konst.(v) Stewart derde van links g. Konst.(v) Stewart, Rosehof Kapt(v), maj(v), lt-kol(v) Kellerman 1982 – 1991 15 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


5 6 7 8 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24

25 26 27

28 29 30 31

32

33 34 35

SA Polisie Kollege, Peloton 35, 1972 SA Polisie Kollege, 1e groep dames, 1972 Koffiedrink-vergadering, (v.l.n.r.) maj(v) Dawn Kellerman, kol(v) Gerda Homann, ltkol(v) Elize Visser, brig(v) Duveen Botha Nasionale Senior Sertifikaat (Std 10) ED Stewart 1 Des 1972 Koerantberigte 7 Bladsye Einde van koerantberigte Eerste SANAB OPLEIDINGSKURSUS 1975 Brevet: Elizabeth Dawn Stewart: I Augustus 1975 Geteken J Kruger, Minister van Polisie, 19 Okt. 1976 SA Polisie Kandidaat-Offisierskursus 1978 Nasionale Diploma Polisie-administrasie ED Kellerman 1.7.1981 Nasionale Diploma Polisie Administrasie 1/7/81 Genl Mike Geldenhuys, Kommissaris SA Polisie en Kompol personeel se gelukwensing met my bevordering na die rang van kapt(v) Diploma Plegtigheid. Genl Mike Geldenhuys, Kommissaris SA Polisie, oorhandig my Diploma tydens Diploma Plegtigheid Diploma Plegtigheid Program 1981 AO GP Kellerman, kapt(v)ED Kellerman en maj FWJ Kellerman tydens die Diploma plegtigheid. (AO GP Kellerman, my eggenoot en Maj FWJ Kellerman my swaer) Die Suid-Afrikaanse Polisiemedalje vir Troue Diens Maj(v) ED Kellerman, gedateer 13 Augustus 1982 Vrouelede neem afskeid van brig(v) Duveen Botha. Die tema was Gatsby. Genl Johann Coetzee, Kommissaris van die Suid Afrikaanse Polisie en brig Botha(v) was die eregaste Brig(v) Botha doen die Charlston-dans foutloos en onder luide toejuiging. Kapt(v) Kellerman word vereer as die Gatsby-dame van die geleentheid. Foto’s van die aand. Skrywe van die TSV Unterhaging 1910 e.V. ged. 17 Nov 1982. Servamus artikels tydens die besoek van TSV Unterhaging sportlede om bande met SA Polisie Sport te versterk. COMMEMMORATIVE JOURNAL(Boek) Brig Quintin Papenfus en maj(v) ED Kellerman het as gasheer en -vrou opgetree. Verskeie geleenthede is gereël om die gaste bekend te stel aan die SA Polisie. Die Suid-Afrikaanse Polisie. 75 Jarige Gedenk Medalje 24 Augustus 1988 ‘n Foto uit die album van die Prestige Musiekkonsert ‘n Opleidingsfoto: Inligtingstelsels Die 75jarige herdenking van die SA Polisie by die Staatsteater met Rina Hugo en Wener Nel as gaskunstenaars. Brig Papenfus en ek was ten noue betrokke as deel van die reëlingskomitee. Ons het met borge, die Staatsteater en die Mannekoor geskakel en was betrokke met die verfraaiing van die ingangsportaal by die Staatsteater. PRESTIGE MUSIEKKONSERT(Album) Afdeling Inligtingstelsel met brig Tjasse Biewenga Bevelvoerende Hoof. SPANBOU TE MAMOSA RIEKERT MEI 1988, ZEERUST Ek en maj Dirk Burger op pad Kaap toe om rekenarisering bekend te stel Foto’s. Die ‘WONDER’ van ‘n mikroskyfie wat baie inligting kon stoor. Dit was tóe ongelooflik. Sosiale foto’s van Spanboukursus. Inligtingstelsel foto’s Inligtingstelsel foto’s 16 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


36 37 38 39 40 41

42 43 44 45

46 47 48

49 50

51 52 53 54

Inligtingstelsels neem afskeid van luit-genl Lothar Neethling. Dit was as ‘n verrassing en het die vorm van ‘n formele dinee by die Botaniese Tuine, Silverton plaasgevind. Dit was ‘n logistiese uitdaging. Die spyskaart en foto’s van die venue Genl Johann Coetzee, Kommissaris SA Polisie tree af. ‘n PROFIEL VAN GENL GOETZEE As huldeblyk. DIE PROFIEL APART GESKANDEER Foto’s van genl Coetzee en luit-genl Neethling in ligter luim Brig Buks van Staden, ‘n erkende beeldhouer en kapt(v) Dawn Kellerman besoek ‘n Uitstalling by die Randse Skou te Johannesburg. Ek en brig Papenfus saam by die verfilming van VYFSTER, ‘n televisiedrama by Pretoria Sentraal KORREKTIEF met die filmspan. Op die foto’s is die filmredakteur, Sias Odendaal saam binne die vierkant van Korrektiewe Dienste tydens die verfilming. Maj (v) Kellerman en konst.(v) Eileen Clark besoek me. Helen Suzman oor haar siening van die rol van die vrou in die polisie. Ek en maj(v) Dossie Engelbrecht besoek me. Jesse le Grange om haar siening van die rol van die vrou in die polisie. Dit was tydens die grootste haelstorm wat ek nog ooit beleef het. Die voertuig was vol duike geslaan. Ek en brig Papenfus by ‘n opleidingskursus by die ou Boulevard hotel. Amptelike ingebruikneming van die nuwe Rekenaarargitektuur deur minister Adriaan Vlok op 10 Augustus 1989. Afdeling Inligtingstelsels word Mondig. Die Mondigwording is gevier op 3 November 1988. Dit was ‘n uitbeelding van 1967 tot 1988 en ‘n futuristiese beeld van die toekoms van rekenarisering. Verskillende stasies het die verlede en die hede uitgebeeld. Minister Adriaan Vlok, luit-genl Lothar Neethling, oud-lede wat rekenarisering in die polisie gedurende 1967 begin het, asook verskeie hooggeplaastes het die Mondigwording bygewoon. Adj.Off.(v) Elsie Snyman was ons pragtige model. Baie gaste het hierdie wese wat die rekenaarskyf vashou, met ‘n pop verwar en het later met rooi gesigte besef sy is lewendig. Op 31 Desember 1985 tree brig(v) Duveen af en laat ‘n groot leemte in die polisie asook in vele polisievroue se harte. ‘n PROFIEL van brig(v) Botha Volledige profiel geskandeer Die polisiedames vier fees saam met Brig Mulder van Eyck en brig(v) Botha tydens die 10 Jarige Herdenking van die Vrouepolisie tydens ‘n formele Dinee by die Manhatten hotel ‘n Gedig van die digter Johan Somers wat hy aan brig(v) Duveen opgedra het tydens haar afskeid. Ek oorhandig ‘n geskenk aan brig(V) Botha namens die dames. Onder haar ferme leiding het die vrouepolisie onlosmaaklik deel van die SA Polisie geword. Die Suid-Afrikaanse Polisiester vir Troue diens. Medalje vir 20 jaar diens. Gedateer 4 Junie 1992. ‘n VROUESPANBOUGELEENTHEID te MALOESKOP tydens die naweek van 14 Junie 1989. Minister Vlok, mnr Roelf Meyer, genl Hennie De Witt, die Polisie-orkes en verskeie senior lede was teenwoordig. Daar is gepraat oor die rol van die Vrou in die Mag. ‘n MALEOSKOP sertifikaat is aan die dames oorhandig. SA Polisie MIDDELONTWIKKELINGBESTUURSKURSUS 2/1994 te Silverton Middelbestuursontwikkelingskursus Sertifikaat, ged. 23 September 1994 SERTIFIKATE VAN VERDIENSTE oorhandigingsgeleentheid. Streekhoofkantoor H1 Noord Transvaal, 18 Mei 1993 Dit was ‘n heerlike uitdaging om die dekor te doen. Dit was ‘n formele en ‘n baie spesiale geleentheid vir die sertifikaatontvangers. 17 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


55 56 57

58 59 60 61

61 62 63

64

65 66 67 68 69

70 71

Die lokaal is gereed vir die Sertifikaat Oorhandiging Kerssangdiens; 2 Desember 1994 Die Kerstoneel. Die geleentheid het plaasgevind by die ingang van die SAP Sentraal Menasie. Genl Johan van der Merwe het die geleentheid bygewoon. Die sang was hemels asook die voordrag van die loflied van Maria. Na die geleentheid het die skape en veral die donkie moles gemaak tydens die opruiming! Brig(v) Duveen Botha se begrafnis. ‘n Saluut met ‘n traan. ‘n Koerantberig waar brig(v) totsiens sê. Medaljeparade- en Aanprysingsertifikaatoorhandiginggeleentheid, Genl Gous-gebou in die SA Polisie Kollege op1 Julie 1994. Genl-maj Steyn het die oorhandiging waargeneem. Brig(v) Duveen Botha het hulde gebring aan die vrou in die Polisie. Maj(res) Danie Smuts het die gedig, “Wagters op die Mure”, voorgedra. Konst. Thymin Felix het Jerusalem gesing en dit was baie spesiaal. Foto’s van die Medaljeparade Foto’s van die Medaljeparade, Brig(v) Duveen Botha en brig(v) Elize van Zyl MONDIGWORDINGGELEENTHEID: Polisievroue 1972 tot 1993. Die mondigwording is op 3 Desember 1993 gevier by Bestuursontwikkeling, Silverton. ‘Stud.(v) Stewart’ was die Seremoniemeester en Brig(v) Duveen Botha die eregas. Sy het die toespraak gelewer asof ons weer by die ou sink kerkie oorkant Rosehof studente was gedurende 1972. Op die foto sny brig(v) Botha en brig(v) Homann die Mondigwordingkoek. Om hulle is ‘n groep van ons eerste vrouelede wat gedurende 1972 in die Kollege was. Kol Wahl du Toit het vir ons gehelp om vir elke dame ‘n spesiale medalje te ontwerp vir ons 10jarige herdenking gedurende 1982. Die spyskaart en program sowel as die naamkaartjies was vrolik. 27 April 1994. Die Eerste Demokratiese Verkiesing van die Republiek van Suid-Afrika by die Rooihuiskraal Feesterrein. Dit was ‘n besonderse geleentheid en ons het lang ure gewerk. Ons het die nuwe vlag ontvang en tydens die gewag is daar gekuier en bespiegel oor hoe die verkiesing sou afloop. Tydens die lang ure het ons gebraai en besoekende lede het saam gekuier en geëet. Afskeid van genl-maj Bertus Steyn en brig PA Scholtz by die Offisiersklub, Area Noord Transvaal. Genl-maj Bertus Steyn en Brig PA Scholtz ontvang elk ‘n portretstudie as afskeidsgeskenk. Amptelike inwyding van die opgeknapte Ingangsportaal by AREA PRETORIA op 18 September 1995. Dit was tyd vir verandering. Die Ingang van die Area Pretoria op die hoek van Schoeman- en Pretoriusstraat het baie sleg vertoon. Dit was ‘n uitdaging om die portaal ‘n vars en nuwe voorkoms te gee. ‘n Besonderse en massiewe boomstomp afkomstig van Maleoskop is met groot moeite deur maj Vernon Freyer van Inligtingstelsels gaan haal en vervoer. Die stomp het ‘n rusplek op die hoek plaveisel by die ingang van die Areakantoor gevind. Die plasing was ‘n hele operasie. Daar is ‘n gedenkplaat op die stomp aangebring. Genl-maj JC Naude en me Naude was die gasheer en -vrou. ‘n foto van Genl-maj Naude, genl Fivaz en kol Beetha voor by die nuwe naamplaat van die Areakantoor. Die Nasionale Kommissaris, Kommissaris GJ Fivaz, het die onthulling van die gedenkplaat waargeneem. Ek groet brig(v) Elize Visser. Op die foto is brig(v) Duveen Botha en brig(v) Elize Visser (DIE FOTO OP BLS 62 KOM BY DIE AFSKEID. Die woorde is reeds ge-epos) Die foto van my en George en artikel op skutblad.

18 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


A picture says more than a thousand words Ek het na my aftrede ‘n foto album begin om afsluiting te kry. Daar was soveel ‘issues’ waarmee ek moes deel en wat nog my vrede gesteel het. Die album het jare lank onvoltooid gelê. Nou met die 50-jarige Herdenking van die Vrouepolisie het ek dit voltooi. Ek het ek by elke foto getalm en onthou. Onthou van al die opgewondenheid en die afwagting. Die spanning, die dinkskrums, hande wat vat en saamdoen. Saamdroom en alles gee al is dit laatnag klaarmaak. Van die kosbaarheid van Kollegas wees. Maar, ook die pak te vat as dinge verkeerd loop en as die mat onder jou uitgeruk word. Daar waar jy verantwoordelikheid moet aanvaar, dit is deel van jou slypskool. En as dinge gebeur wat jou menswees en waardigheid aantas dat jy aangaan, jou kop hoog hou, jou skouers reguit maak en ‘onaangeraak’ vorentoe gaan. En dan voel jy hande wat jou ongemerk hooghou en ongemerk ‘n koppie koffie aandra of ‘n nota voor jou inskuif, en jy breed glimlag breed want alles is reg. En as jy alleen is, is dit “liasseer-tyd” waar jy insidente baie diep wegbêre maar wat partykeer in jou drome skielik weer werklikheid word. My polisieloopbaan was elke dag uniek. Elke dag ‘n dag van afwagting, van doen, hoor, sien, voel en ervaar. Soms die ontsetting van die gille wat jy hoor en dit in jou ore weerklink, wat jy wens jy kan iets doen. Baie keer die verskrikking en afgryse wat jy sien en dit voel of dit op jou retina ingebrand is. Wanneer jy nie kan glo dat mense tot soveel wreedheid in staat is nie. En jy weet, lede, en veral junior lede, gaan huis toe na hulle vroue/mans en kinders. En hulle is stom en hulle “stoor” die afgryse en van hulle raak later jare raak party van hulle stom en afgestomp. Hulle het iets nodig om te vergeet want hulle mag nie praat nie. En jy behou jou humor en jou lojaliteit aan hulle wat na jou opkyk. En jy skep die geleentheid en hoop dat hulle jou sal vertrou en met jou sal praat. Ek is dankbaarheid teenoor die SA Polisie wat my die geleentheid gegee het om myself te kon uitleef. Wat my kans gegee om te groei en ‘n vangnet was as ek te braaf was en kon val. Waar ek my talente kon uitleef. ‘n Dankbaarheid teenoor kollegas wat die pad saam met my gestap het en bereid was om die ekstra myl saam met my te loop. ‘n Dankbaarheid teenoor my man, George, en my kinders wat daar was vir my. En ‘n groot dankbaar teenoor my Skepper in wie se hand ek alles wat ek beleef het, goed of swaar, beleef het. Wat al het dit beslis nie so gevoel met tye nie, ek vandag kan getuig dat ALLES uiteindelik ten goede uitgewerk het en my gevorm het in die mens wat ek vandag is. My hart is met die polisie wat elke dag ons wagters op die mure is. Ek salueer elkeen van julle.

BOEKE: • Profiel Brig(v) Duveen Botha • Profiel Genl Johann Coetzee • Inligtingstelsels, Tegnologie tot u diens • Afdeling Inligtingstelsels 1967 – 1988 • Afdeling Inligtingstelsels 1967 – 1990 • Prestige Musiekkonsert • Commemmorative Journal

19 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


20 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


21 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


PLAKBOEK VAN KOL DAWN KELLERMAN

22 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


23 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


24 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


25 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


26 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


27 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


28 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


29 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


30 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


31 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


32 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


33 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


34 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


35 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


36 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


37 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


38 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


39 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


40 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


41 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


42 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


43 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


44 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


45 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


46 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


47 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


48 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


49 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


50 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


51 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


52 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


53 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


54 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


55 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


56 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


57 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


58 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


59 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


60 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


61 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


62 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


63 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


64 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


65 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


66 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


67 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


68 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


69 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


70 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


71 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


72 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


73 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


74 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


75 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


76 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


77 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


78 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


79 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


80 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


81 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


82 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


83 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


84 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


85 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


86 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


87 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


AANDENKING: 1972: UITPASERINGSETE Seremoniemeester: Konstabel Dawn Stewart

88 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


89 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


1982: WOMEN IN THE SOUTH AFRICAN POLICE FORCE

90 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


1982: GEDENKPROGRAM Die volle gedenkprogram in gereproduseer in Nongqai Vol 12 No 1

91 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


1982: AFDELING INLIGTINGSTELSELS 1967 – 1988 Kol Dawn Kellerman

92 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


93 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


94 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


95 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


96 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


97 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


98 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


99 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


100 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


101 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


102 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


103 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


104 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


105 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


106 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


107 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


NONGQAI TRUST | IT 002701/2018(T)

108 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


THANK YOU! | DANKIE!

109 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


110 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


BOOKS | BOEKE

111 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


NAWOORD | AFTERWORD Brig HB Heymans (SAP-Afgetree) Dit was ‘n besondere voorreg om hierdie mede-voorloper in die geledere van die vrouepolisie, kol Dawn Kellerman, se spesiale uitgawe saam te stel. Sy was deel was die eerste 102-dames wat by die Suid-Afrikaanse Polisiemag aangesluit het. Wat die 1972-groep dames betref het, moes hulle eenvoudig voorloop op ongebaande wee en kyk wat het gebeur? Hulle het onomwonde bewys dat Dames in die Mag kon dien! Ek dink aan myself: Ek was ook soos baie ander polisiestudente net die vorige jaar op skool en het maar in die kollege blootstelling gekry aan kru woorde en kru uitdrukkings. Ook was dit ‘n teken dat jy ‘n MAN geword het om so te praat. Hoe verkeerd was ek nie! Met die koms van die dames in die Mag het ons, ons woorde getel en net ons beste voetjie voortgesit! Waarom? Omdat ons hulle as Dames erken het en die nodige respek aan hulle getoon het omdat ons ook “gentlemen” was! Daar was iets spesiaal aan die polisievrou – sy was elegant, skerpsinnig, wel ter tale en kon ‘n goeie luisteraar, met die nodige empatie, wees maar het geen genade getoon vir kindermishandelaars, verkragters en dies meer nie. Baie dames was uitstaande speurders wat menige misdadiger aan die pen laat ry het! Met die koms van die dames in die Mag het ek opgemerk dat baie vroue- en kinderslagoffers rustig en bedaard hul feite aan die vrouelid deurgegee het met ‘n koppie tee om hul te kalmeer en rustig te maak. Dis iets wat ons in die “manlike polisiemag” nie gedoen het nie. Uit persoonlike ondervinding het ek dames in die verskillende takke van die Mag sien optree: In die uniformtak, by die speurders, by die onluste-eenheid, in die veiligheidstak, in die intelligensieafdeling, by die blitspatrollie, honde-eenheid, berede-eenheid en selfs in die grootste lykshuis – die een in Soweto. Hulle het my beïndruk met hul optrede en voorbeeld. Hulle werk was netjies. Ook was daar ‘n vroulike geur in die aanklagtekantoor – ons het die reuk van politoer in ons kantore geken maar skielik lyk die kantore sagter en daar die blommetjies in die kantore en dit ruik al te lekker. Na haar aftrede het brig. Duveen Botha as ‘n tydelike brigadier by veiligheidshoofkantoor gewerk en ek het dikwels met haar gesels en uitgevra oor haar werk! Sy het ‘n aantal pragtige staaltjies met my gedeel oor episodes in haar lewe. Die Brigadier het diep spore in die Suid-Afrikaanse polisie getrap en ek het die indruk gekry dat sy as Moeder-figuur vir al die dames in die voormalige SA Polisiemag opgetree het. Dit is jammer dat sy nooit vereer is met die rang van genl-majoor nie. Ek ken Dawn reeds vir baie jare! Sy was ‘n pragtige en netjiese offisier! Iemand met wie ek trots was om saam in die Mag te kon dien! Sy was ook ‘n voorloper en baanbreker op so baie gebiede en terreine! Ek salueer haar en haar kollegas! Dankie vir julle werk as grondleggers – ek het dit raakgesien!

112 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


113 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


BR REKENMEESTERS

SLOT | END

114 Nongqai Vol 13 No 2D – Kol Dawn Kellerman


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.