2 minute read
Les 1: Veranderinge in die samelewing in die Limpopo-vallei
Belangrike terminologie
v.C. (BC) | n.C. (AD) | HJ (CE) | VHJ (BCE) ca. (Circa) Argeoloog Artefak
Les 1 Veranderinge in die samelewing in die Limpopo-vallei
Definieer
ca. (Circa): (letterlik: “ongeveer”) word gebruik wanneer die spesifieke datum onbekend is, bv. Shaka is ca. 1790 gebore (presiese geboortedatum onbekend) HJ (Huidige Jaartelling): vervang n.C. as ’n neutrale, niegodsdienstige term n.C. (ná Christus): die manier om na datums te verwys ná die geboorte van Jesus, bv. Nelson Mandela is in 1918 n.C. gebore v.C. (voor Christus): die manier om na datums te verwys voor die geboorte van Jesus, bv. Julius Caesar is in 100 v.C. gebore VHJ (Voor Huidige Jaartelling): vervang v.C. as ’n neutrale, niegodsdienstige term
Let wel: Ons gebruik nie meer v.C./n.C. in Geskiedenis nie, maar HJ/VHJ.
Kerninhoud
Daar het tussen 900 en 1300 groot veranderings in die Suid-Afrikaanse boerderygemeenskappe gekom. Die boeregemeenskappe was eers klein groepe mense wat saam gewoon het, maar toe ander boere sien hoe goed die gewasse daar groei en dat daar genoeg kos was, het baie meer mense na die Limpopo-vallei getrek.
Namibië
Suid-Afrika
Suid-Afrika
Figuur 1.1: Mapungubwe, K2 en Schroda se ligging in Suider-Afrika
Mosambiek
Ons gaan leer van plekke soos K2, Schroda, Mapungubwe en Groot-Zimbabwe. Die kaart gee vir ons ’n aanduiding waar die dorpies in die Limpopo-vallei was. Die kaart wys waar Mapungubwe is asook twee ander nedersettings – K2 en Schroda. Argeoloë beweer dat die twee nedersettings saamgesmelt het om Mapungubwe te vorm. ’n Nedersetting is ’n plek waar mense bly en ’n gemeenskap stig.
K2 en Schroda was twee klein nedersettings waar swart boere gebly het. Die boere wat hier gewoon het, was bestaansboere. Dit beteken hulle het net genoeg gewasse geplant waarvan hulle kon eet en vee aangehou wat in hulle behoeftes kon voorsien. So het die beeste vir hulle melk gegee en kon hulle die diere slag vir vleis. Die boere het nie hulle gewasse verkoop om aan die lewe te bly nie.
Nadat die boere nie meer nut uit die grond gehad het nie, het hulle na Mapungubwe getrek. Net soos die boere uit Schroda en K2 getrek het, het die inwoners van Mapungubwe getrek. Argeoloë kon nog nie vasstel waarom hulle getrek het nie.
Die tyd toe Groot-Zimbabwe begin het, is min of meer dieselfde tyd toe Mapungubwe nie meer inwoners gehad het nie. Die vermoede is dat die mense Groot-Zimbabwe toe getrek het, maar ons sal seker nooit met sekerheid kan sê nie. Jy sal meer van dié plekke in les 2 en eenheid 2 leer.