1 minute read
Aktiwiteit 1
K2 en Schroda was deel van die dorpies in die Limpopo-vallei. Groot troppe olifante het in die omgewing voorgekom, en natuurlik is die olifante dan gejag. Boere het hulle ivoortande uitgesny en daarmee begin handeldryf. Hulle het die ivoor geruil vir goedere soos glaskrale en mooi pottebakkerswerke.
Aktiwiteit 1
1. Verduidelik in jou eie woorde wat ’n argeoloog is. 2. Verduidelik in jou eie woorde wat ’n artefak is. 3. Hoe het ons die inligting van K2 en Schroda gekry? (1) (1) (1)