1 minute read
Les 3: Die koning en sy heilige leierskap
Vir die nuuskieriges
Hierdie YouTube-video verken die Mapungubwe Nasionale Park. bit.ly/2v7TTjm
Les 3 Die koning en sy heilige leierskap
Definieer
Staat: ’n georganiseerde nedersetting, nasie of grondgebied wat permanent deur ’n groep mense onder een regering bewoon word
Kerninhoud
Nadat die boere by K2 en Schroda ivoor ontdek het, het alles begin verander. Argeoloë het selfs oorblyfsels van ivoorjuwele ontdek, maar volgens hulle is die meeste ivoor (gemaak uit olifanttande) vir glaskrale vanaf die ooskus van Afrika geruil.
Die dorpies het skielik groter geword, want almal wou daar kom bly. Die meeste boere van die dorpies het toe na die Mapungubwe-heuwel getrek.
Mapungubwe word ook die “heuwel van die jakkalse” genoem. Die heuwel is omtrent 50 m hoog en sowat 300 m lank. Die spits van die heuwel kan net deur twee baie steil voetpaaie bereik word, wat dit maklik maak om die plek teen vyande te beskerm.
So ontstaan die eerste staat in Suider-Afrika en verander die hoofman van die dorp in ’n koning. Hy het bo-op die heuwel saam met sy familie en ander belangrike mense gewoon.