1 minute read
Les 4: Die eerste klipommuurde paleis
Les 4 Die eerste klipommuurde paleis
Kerninhoud
Argeoloë het oorblyfsels van groot tradisionele Afrika-huise op die spits van die heuwel gekry. Hierdie huise was omring met klipmure. Dit het gemaak dat die mense wat daar gewoon het, heeltemal buite sig was van die ander dorpenaars.
Die klipmure is ook op die heuwel se kruin gebou om gelyke grond te maak, sodat die koning se huise hier gebou kon word. Sy huis moes hoër as enige een van die gewone mense se huise wees.
Figuur 2.2: Oorblyfsels van klipmure op Mapungubwe-heuwel
Argeoloë het bewyse gekry dat daar talle kleiner dorpies aan weerskante van die Limpoporivier was. Alhoewel hierdie dorpies baie kleiner was, was die hoofmanne se huise ook op hoër grond en agter klipmure gebou, maar nie een so groot en hoog soos die koning se huis nie.
Daar word gepraat van klipommuurde paleise, want hierdie huise was aansienlik groter as die gewone dorpenaars se huise.