1 minute read

Les 5: Mapungubwe-heuwel se belangrikheid

Les 5 Mapungubwe-heuwel se belangrikheid

Kerninhoud

Die mense het Mapungubwe as ’n heilige plek beskou. Hulle het geglo dat die voorouergeeste daar gebly het, en daarom het die dorpenaars nooit reguit na die heuwel gekyk nie.

As die mense teen die heuwel uitgeklim het, het hulle agteruit geloop en net kort-kort oor hulle linkerskouer geloer om te sien waar hulle moet trap. Gewone mense is egter nie toegelaat om tot bo-op die heuwel te klim nie.

Soos reeds genoem was daar net twee voetpaadjies na die bokant van die heuwel. Klippilare het ’n nou trap gevorm. Aan die bopunt van die trap was soldate wat dit veilig gehou het. Hulle is die “oë van die koning” genoem.

Figuur 2.3: Die heuwel soos vanuit die noorde gesien

This article is from: