1 minute read

Les 7: Sosiale klasse van Mapungubwe

Les 7 Sosiale klasse van Mapungubwe

Definieer

Sosiale klasse: groepe wat in die samelewing geskep word op grond van sekere goed, bv. geld

Kerninhoud

Argeoloë het bewyse van duidelike sosiale klasse by Mapungubwe gevind. Die konings en hoofmanne het saam met hulle families bo-op die heuwel of op hoër hoogtes gewoon. Om hulle huise was klipmure gebou, sodat die gewone dorpenaars hulle glad nie kon sien nie.

Die koning en sy hoofmanne moes groot troppe beeste ook gehad het, alhoewel daar geen getuienis is dat die beeste in Mapungubwe aangehou is nie. Argeoloë vermoed dat jong manne van naburige dorpies in groepe verdeel is om die koninklike beeste op te pas en oor ander groot areas te laat wei, sodat een gebied nie uitgeput raak nie. Die koninklikes het ook heel waarskynlik ook hierdie manne as soldate gebruik, om ivoor te jag en om handelbedrywighede te beheer.

Figuur 2.4: ’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die Mapungubwe-koninkryk gelyk het

Dit is duidelik hoe en waar die verskillende sosiale klasse se huise gebou is.

This article is from: