11 minute read
OP DIE VOORBLAD
from A122021
by nustobaydo
Vier dae, 1 323 kilometer, ses Jimnys en ‘n duisend herinneringe… Anton en Mary Willemse sluit by Suzuki Suid-Afrika aan vir ‘n epiese trek deur die Noord-Kaap na van die héél mooiste en mees afgeleë juweeltjies in ons land se grootste provinsie.
Advertisement
Die Anglo-Ierse skrywer en digter, Oliver Goldsmith, het eenmaal gesê dat die vergete en afgeleë paaie wegdraai paadjies, het ons oë oopgemaak vir ‘n legio avonture en bestemmings.
Toe die uitnodiging van Suzuki by ons aanland, was dit omtrent ‘n gestoei oor wie dié lekker #SuzukiSafari sou bywoon. Ons was die gelukkige wenners en wat ‘n avontuur was dit nie! Ons het vroegoggend weggespring met ‘n Covid-19 toets by die lughawe voor ‘n kort vlug na die snikhete Upington. Dankie tog vir lugversorging in die Jimny!
Gepraat van dié klein buksie met die massiewe 4x4 hart. Deur die loop van die naweek hoor ons dat die waglyste binnekort heelwat korter sal wees danksy ‘n produksie hupstoot (voortaan sal die SuidAfrikaanse mark hul Jimnys van die Gurgaon-aanleg in Indië invoer). Die hoof van bemarking en media skakeling by Suzuki, Megan MacDonald, deel ons ook mee dat die reeks uitgebrei word met die toevoeging van ‘n GL-model by die bestaande GA- en GLX-reeks. Dié outjie spog met ‘n paar ekstras soos elektriese vensters, allooiwiele en klankkontroles op die stuurwiel.
Terug by ons avontuur en die silwer Jimny met die helderrooi pakket wat van vroeg volgende jaar beskikbaar sal wees vir alle Jimny modelle. Dit laat die alreeds aanvallige Jimny sommer nóg meer windgat lyk! Gelukkig is dit ook tydens die safari baie makliker gemaak het! lemmetjie-groen Jimny die voortou neem. Ek is nie ‘n klein outjie nie en teen 1.94m sit ek maar knap in die Jimny, maar dit was nooit ongemaklik nie – en die pakruimte agter het ons aangenaam verras!
Net toe ons magies van die honger begin grom, ry Johan, ontmoet. Dié joviale oom sou as toergids vir die naweek optree en het ons voortdurend met interessante staaltjies uit die omgewing vermaak. Alhoewel hy nie ‘n boorling van die Noord-Kaap is nie, is sy passie vir die streek en sy mense aansteeklik!
Pella pioniers
Na ‘n vinnige middagete trek ons weg Pella toe. Die klein gemeenskap in die middel van die Boesmanland is 9km van die Oranjerivier af en spog met een van slegs twee Afrikaanse Katolieke kerke in Suid planne vanaf ‘n prentjie uit ‘n ensiklopedie gebou is.
Suster Johanna sluit vir ons oop en vertel dat die sendeling in Masedonië wat ‘n heenkome aan Christene gebied het gedurende Simon hom in Pella en drie jaar later sluit broer Leo Wolf by hom aan – saam sal dié twee die gemeenskap in Pella vir 50 jaar bedien en die besondere kerkie bou. Stene is langs die Oranjerivier gemaak en dan die 9km terugkarwei na Pella. In 1895 word die kerk ingehuldig deur Biskop Rooney van Kaapstad en beide Vader Simon en broer Leo is met hulle afsterwe in die kerk begrawe.
Dit sal van vroeg 2022 af beskikbaar wees vir alle Jimny modelle. (2) Die Suzuki Safari groep was van die eerste mense wat in die besondere en afgeleë kamp op ‘n dadelplaas in Klein Pella kon kamp. (3) Een van slegs twee Afrikaanse Rooms Katolieke kerke in Suid-Afrika, gebou vanuit ‘n prentjie in ‘n ensiklopedie met geen formele planne. (4) ‘n Tipiese “staningkie” – dit is waar plaaslike inwoners hul bokke en skape aanhou wanneer hul verder uit die dorp moet beweeg vir beter weiding.
(1) Karsten Boerdery besit die grootste dadelplaas in die Suidelike halfrond –
‘n 18 000ha eiendom met meer as 28 000 dadelpalms, wat tot 10m hoog staan. (2) Die NoordKaap se grootste Bloubul ondersteuner, Oom Dadda.
Ons pad swaai noordwaarts op die roete wat dié twee pioniers gevolg het om die stene jaar lange droogte en die omgewing is dor, dog beeldskoon. Die landskap laat mens dink aan Mars met die rooi klipperige berge wat rondom jou opskiet teen die helderblou lug met slegs ‘n paar wit wolkies hier en daar. Ons haak die die Jimny in 4x4 laestrek en blaas die bande na 0.8kPa af en die die buksie klim rats oor die klippe terwyl ons die landskap inneem. Oor die VHF radio vertel Johan dat dit gemeenskapsgrond is wat derduisende hektaar groot is en elke paar kilometer merk ons klein gehuggies – wat deur die plaaslike gemeenskap “staningkies” genoem word – op.
Dan, nes ons ‘n duin oorsteek, open ‘n lowergroen strook oop voor ons. Dis die Oranjerivie, Suid-Afrika se langste rivier wat oor 2 200km strek. Omdat dit ‘n week of wat vroeër gereën het, kan ons ongelukkig nie die beplande Bobbejaanspieël pas aanpak nie, maar stop om vinnig bene te rek op die oewer van die Oranje – met ‘n uitsig op Namibië aan die oorkantste wal. Die terg en die area is bekend vir uitstekende vlieghengel. Ons stop vinnig by “Oom Dadda” – seker die grootste Blou Bul ondersteuner in die Noord-Kaap. Hy woon in sy “staningkie” en is verheug toe Megan vir hom ‘n paar Jimny sokkies as geskenk gee. Met ons wegry, kan ek nie anders om te dink dat dié man die regte idee het nie – hy leef dalk in eenvoud, maar niks jaag hom nie en
Dadels vir Afrika
Terwyl die son stadig begin sak en die berge rooi kleur, beweeg ons verder wes en sien ‘n paar mislukte toeristebestemmings langs die pad. Johan vertel dat baie van hierdie gastehuise nog in verskeie toergidse aangewys word as akkommodasie opsies, maar die eienaars het lankal reeds boedel oorgegee en toegemaak. Dit is dus belangrik om altyd seker te maak dat gastehuise in sulke verafgeleë gebiede wel steeds oop is voordat jy in die pad val!
Ons eindbestemming vir die eerste dag is Karsten Boerdery, die grootste dadelplaas in die hoekie op die plaas waar Johan-hulle toestemming gekry het om wild te kampeer vir die nag.
Met ons aankoms by die kampeerplek,
‘n droë rivierbed tussen twee reuse kranse, is ons tente reeds opgeslaan en ‘n spanlid, Piet. Wat ‘n voorreg om hier te kan kamp, omring deur en smul aan heerlike kruisskyf en slaaie – eenvoudig hemels! heerlike koppie boeretroos en beskuit wag op ons – dankie tog vir Piet! Johan gee ‘n oorsig van die dag se reisplan en ons kies koers na die gastehuis op die plaas vir ‘n lekker plaasontbyt en ‘n stort vir dié wat nie kans gesien het vir die bosstort by die kamp nie.
Terug op die teerpad, skiet ons deur na Springbok om die ons het ‘n baie verdienstelike 8.5 liters/100km genoteer). Ons geniet ook ‘n heerlike “Mesklip Melkery” melkskommel in een van die plaaslike restaurante en natuurlik moet ons ‘n stukkie geelvet biltong vir padkos gaan soek. Die kwaliteit by Die Plaas Slaghuis in die hoofstraat beïndruk ons.
Met nog ‘n entjie tot by die Houthoop Gasteplaas in Kleinsee waar ons beplan om te oornag, vat ons die R355 oor Spektakel Pas. Simon van der Stel het in 1685 die pas só genoem nadat hy die beleef het tydens die blommeseisoen. Aan die onderkant van die pas lê Komaggas
By Houthoop aangekom, word ons vriendelik verwelkom deur twee energieke kollie-honde, Rover en Sokkies. Ons kan nie help om hul manewales te geniet terwyl hulle ‘n tarentaal probeer aankeer soos wat van ‘n skaaphond verwag word nie. Die boerbok plaas en Jackie, ons gasvrou, bederf ons met heerlike Namakwa bredies en ‘n seekos oornag.
Skeepswrakke en diamante
Die volgende oggend kies die konvooi Jimnys koers na Noup, binne die De Beers Spergebied en die beginpunt van die Skeepswrakroete wat op ons wag. Die gebied is ook bekend as SuidAfrika se diamantkus en behalwe vir die diamante wat nog daar uitgehaal word is die natuur nog totaal ongerep. Derhalwe verkies hulle dit dat die roete deur toergidse begelei word. Die pad langs die kus is sanderig, maar die Jimnys draf die tweespoor paadjies lag-lag kaf (ons het weer die bande tot 0.8kPa afgeblaas en in 4x4 laestrek gery). Die omgewing het laat reën gekry en daar is hier en daar nog tydens die Namakwa blommeseisoen moet wees! vanaf Hondeklip Baai gestrand geraak het (nadat dit, volgens gerugte, deur ‘n Nazi duikboot getorpedo is). Johan vertel dat die gemeenskap blitsvinnig op die wrak toegesak het om die materiaalvrag op te raap. Die volgende Sondag by nagmaal het almal soos ‘n splinternuwe sikspens gelyk, uitgevat in klere nog redelik bedrywig met diamantduik en soos wat ons teen die seebodem opsuig op soek na die gesogte blink klippies.
(1) Die Houthoop Gasteplaas naby Kleinsee bied ‘n verskeidenheid (2) Die toergroep in ‘n lawwe oomblik na ‘n heerlike nag van wild kamp in ‘n ongerepte stukkie hemel op aarde op ‘n plaas in Klein Pella. (3) vanuit een van die skeepswrakke op die Skeepswrakroete in die De Beers Spergebied naby Noup. Ons het drie wrakke op die roete besoek.
Die Suzuki Jimny het homself oor en oor as ‘n waardige avontuurvennoot bewys, hetsy tussen die duine of op die teerpad.
het. Behalwe vir visvang was dié boot ook glo bekend om handel te dryf met die het om aanland te gaan kuier. Hulle het egter die kuslyn getref en in die proses is die boot gestrand en net daar gelos. Vandag is die skuitjie stadig besig om te disintegreer terwyl die seevoëls hom as broeiplek gebruik. Hierdie gebied was vir dekades ontoeganklik vir die publiek en derhalwe nog ongerep. Ons stop by die ou kliphuis wat 40 jaar gelede deur die Aggenbach familie bewoon is. Die legende lui dat dit beset is deur die spook van een van die Aggenbach dogters wat gesterf het nadat sy per vroegoggend en snags ‘n geween – ek sal dus eerder in die dag besoek raakgesien – nogal ‘n spesiale ondervinding aangesien ek nog nooit een in die natuur opgemerk het nie.
Die laaste skeepswrak op die roete is dié van die Britse 285ton skip wat in digte mis in hoogwater gestrand geraak het. Die skip, genaamd die Border, was op pad Port Nolloth toe vanaf Kaapstad en het 200 ton se vrag vir die Namakwalandse Kopermyne gedra. Die bemanning het almal oorleef en die vrag is per donkie na die pad (ongeveer 2km daarvandaan) vervoer. Hulle het wel probeer om haar weer vlot te kry, maar na nog ‘n storm het die see haar tot op die rotse gestoot waar sy nou besig is om te vergaan in die wind en weer.
Na ‘n vinnige middagete terug by die Houthoop is dit heeltyd speeltyd op die Rooi Duin op die plaas – wat ‘n lekkerte was dit nou nie om met die Jimnys in dié sandput te speel nie. Ons sluit die dag af met ‘n asemrowende mooi sonsondergang, terwyl ons ‘n koue dingetjie vir die keel geniet… Salig! safari aangebreek en die Sondag het ons die trek terug na Upington se lughawe Messelpad passe nadat ons deur die Namakwaland Nasionale Park – bekend vir die deel, besluit ons daar en dan om ‘n blommetoer te onderneem in 2022! As die area in veldblomme getooi is!
Terug in Springbok maak ons gou weer die Jimnys vol en takel die liniaal-reguit teerpad na Upington. Die pad is lank, warm en winderig. Ons stop gereeld om bestuurders te ruil,
‘n roomys te koop of bene te rek en is dankbaar vir die lekker klankstelsel omdat ons gunsteling kunstenaars ons geselskap kan hou.
So in die ry, gesels ons oor die Jimny en sy pad- en veldryvermoë. Na meer as ‘n hierdie buksie het ongetwyfeld sy staal oor klipperige en sanderige roetes en passe gewys! Uiters kompeterend geprys tussen R318 900 tot R377 900, dink ek Kersvader kan gerus maar een onder ons boom kom los!
Meer oor African Expeditions
In samewerking met Suzuki Suid-Afrika word verskeie toere vir 2022 beplan:
HISTORIESE OSSEWA ROETES (Suid-Kaap): R9 250
7 - 13 Februarie 2022 | Akkommodasie: gastehuise | Slegs Jimnys (plek vir 5 voertuie)
WILDFLOWER SAFARI (Namakwaland): R8 450
3 - 8 / 10 - 15 September 2022 | Akkommodasie:
LESOTHO SOMERTOER (18 Passe, insluitend Sani en Maletsuyane Valle): R8 950
21 - 27 Maart 2022 | Akkommodasie: lodge | Slegs Jimnys (plek vir 5 voertuie)
BERG & SPERRGEBIET (soos per #SuzukiSafari): R8 950
9 - 16 April / 9 - 15 Oktober 2022 | Akkommodasie: kamp & gasteplaas | Slegs Jimnys (plek vir 5 voertuie)
KALAHARI ODYSSEY (sluit Hakskeenpan & Rooiduinroete in): R8 950
15 - 20 Mei 2022 | Akkommodasie: kamp & lodge | Slegs Jimnys (plek vir 5 voertuie)
BOTSWANA (Okavango Delta, Caprivi, Chobe, Vic Falls & Makgadikgadi): R16 250
4 - 14 Junie 2022 | Akkommodasie: kamp & lodge | Slegs Jimnys (plek vir 5 voertuie)
NAMAKWA AVONTUUR: R8 950
21 - 27 Desember 2021 / 29 Desember - 4 Januarie 2023 | Akkommodasie: gasteplaas | Slegs Jimnys (plek vir 6 voertuie)
eSWATINI (SWAZILAND) AVONTUUR: R5 950
1 - 4 April 2023 | Akkommodasie: hotel & lodge | Jimnys &
KONTAK: +27 84 874 7388 | hotline@africanex.co.za |