2 minute read
My Vierwiel Vennoot
from A122021
by nustobaydo
Een van die konsepte wat mense wat nie landreise onderneem nie, nie aldag kan begryp nie is ons verhouding met ons voertuie. Dit is nie bloot ‘n kar nie – dit is ons alles. Dit is ons huis weg van die huis, ons avontuur-vennoot en soveel meer. Vir SueAnne MacRae is dit ‘n lewende tapisserie van die liefde tussen haar en haar oorlede lewensmaat, Peter Loveland, die oorspronklike eienaar en bestuurder van hierdie besondere Land Rover.
Die HSE TDV6 met sy kenmerkende oranje kleur het as voertuig nommer 29 aan die Land Rover G4 Challenge deelgeneem, so dit is ‘n taamlik spesiale is liefderik as die ‘Orange Monster’ gedoop en was eenkeer amper bokveld toe weens ‘n byna terminale enjinprobleem met die kru kas. forum bekend gestaan het) wou egter niks daarvan hoor nie. “Hy was vasbeslote om die Landy nie af te skryf nie en het eerder die enjin laat herbou en restoureer, ” vertel sy lewensmaat van 20 jaar, SueAnne MacRae. Sy sê Peter was baie geheg aan die Discovery. “As jy daardie oranje Landy gesien het, het jy geweet Loveland sit agter die stuur. Hy was erg passievol oor sy ryding, ” sê sy. leefstyl voorgestel en haar alles van veldry geleer. Hulle het baie onvergeetlike oomblikke verken het. “Ons het heerlik tussen die duine gespeel en Peter was so trots op sy Landy wat deur die sand gevlieg het, ” onthou sy. “Natuurlik het hy sy trots na die pret uiters sorgvuldig skoongemaak. Daar was oral sand, maar hy het nie omgegee nie – al waaroor
Advertisement
VOERTUIG BESONDERHEDE: 2007 Land Rover Discovery 3 (G4 Challenge #29) BESTUURDER: Wyle Peter Craig Loveland (Rabbiddog) en nou sy jare-lange lewensmaat, SueAnne MacRae
hy kon praat, is hoe goed die voertuig gevaar het!” SueAnne sê Peter het soos ‘n trotse pa geklink wanneer hy oor die Land Rover gesels het en omdat dit hom na soveel afgeleë plekke geneem het, het hy ‘n miljoen stories gehad. Hy was baie lief vir kampeer en om na die verste uithoeke van hierdie land te reis, op soek na die volgende groot avontuur. Die geliefde Rabbiddog is in Junie vanjaar oorlede, nadat hy ‘n hartaanval gekry het terwyl hy sy veldry sleepwa geskuif het. “Hy het gedoen waarvoor hy lief was tot die einde toe, ” sê SueAnne. Sy ry nou die Orange Monster en beplan om voort te gaan met al die avonture wat hulle oorspronklik saam beplan het, insluitend ‘n reis na Baviaanspoort. “Die Landy is die tapisserie van ons liefde – ons sal na jou kom soek deur 1 000 kry, Rabbiddog. ”
Soos alle G4 Challenge-voertuie,is die Orange Monster toegerus met die volgende:
• Dakrak • Hella Xenon dakligte • Mantec stuur- en tenkskerms • Interne vragskerms • Goodyear MT/R bande • Warn 9000XP wen-as
Wen met Avontuur Afrika & Tentco
Hoe om in te skryf:
• Bestuurderbesonderhede • Voertuigbesonderhede (jaar model en variant) • Voertuig se bynaam (indien relevant) • • Gunsteling herinnering of reis met die voertuig • Jou droombestemming • Top wenk vir avonturiers en ontdekkingsreisigers • Hoekom jy mal oor jou ryding is