SAJWV | Deur ANDRÉ VAN DER MERWE (Bestuurder: Tak- en Skietsake)
Inyathipark, Plot 3, Mountain Drive 7/Inyathi Park, Plot 3, 7 Mountain Drive, Derdepoort Posbus/PO Box 1952, Montanapark, 0159 Tel: 012-808-9300 Faks/Fax: 012-808-9344 E-pos/E-mail: admin@sahunt.co.za Web: www.sahunters.co.za
W
SAFARI OUTDOOR/SAJWV SE NASIONALE INTERTAK-SPANEN PRESIDENTSKIETKOMPETISIE 2021
eens die beperkings en onsekerheid rakende Covid-19-regulasies is besluit om dié twee skietkompetisies later as gewoonlik in die jaar aan te bied, naamlik op 24 en 25 September 2021 op die Meerkatgat-skietbaan. Hierdie twee kompetisies verskil van mekaar aangesien die Intertakspanskietkompetisie uit 30 vyfmanspanne (150 skuts) bestaan en die Presidentskietkompetisie uit 150 individue wat teen mekaar kompeteer. Skiettoestande: Gedurende die twee dae was die wind baie wisselvallig en het by tye tot 20 km/h gewaai. Dit was baie warm teen die middel van die dag en lugspieëling (mirage) het ook ’n taamlike rol gespeel. Die skuts het hulle egter nie daardeur laat ontsenu nie en die skietstandaard was baie hoog, soos die tellings getuig. Baanoffisiere: Corne Swart van die Riemland-tak was die hoofbaanoffisier. Hy en sy span baanbeamptes het die twee dae uiters professioneel aangebied en alles seepglad laat verloop. Corne het by Basie Bergh oorgeneem, wat tot en met 2019 oor ’n vierjaarperiode ’n baie hoë standaard by dié twee nasionale skietkompetisies gestel het en baie gewild onder die skuts was. Corne kwyt hom eg-
46
ter uitstekend van sy taak en niemand kon enige fout met dié professionele hoofbaanoffisier vind nie! Baie geluk en hartlike dank aan Corne en sy span wat oor hierdie twee dae in snikhete, winderige toestande moes werk om die kompetisies vir die skuts moontlik te maak. Ons is trots op julle! Borg: Safari Outdoor het beide dae met ’n reuseborgskap ondersteun en was teenwoordig met ’n uitstalling, gazebo’s en baniere waarmee hulle die hele terrein versier het. SA Jagters bedank graag vir Safari Outdoor vir hul besondere ondersteuning van dié twee skietkompetisies. Die reëlings vir medaljes en pryse wat gewen is, sal gedurende Okt/Nov 2021 aan deelnemers bekendgemaak word. INTERTAK-SPANSKIETKOMPETISIE 2021 Op Vrydag 24 September 2021 het Vrystaat Sandveld-tak Safari Oudoor/SAJWV se Nasionale Intertak-spanskietkompetisie op die Meerkatgat-skietbaan aangebied. Baie geluk en hartlike dank vir jul gasvryheid en ’n uiters suksesvolle skietkompetisie! Ons gelukwense ook aan die Marico Bosveld-tak se Mambaspan wat die dag se wenners was, met Riemland-tak se Riemland-A-span in die tweede plek en Edelvalk-tak se Swartwildebeestespan derde.
SA JAGTER NOVEMBER | DESEMBER 2021
TOP-10-PLEKKE NR
SPAN
TAK
1
Mambas
Marico Bosveld
2
Riemland-A
Riemland
3
wartwildebeeste
Edelvalk
4
Buffels
Baviaanspoort
5
Zebras
Vrystaat Sandveld
6
lou klippies
Diamant
7
wartwitpense
Pretoria-Oos
8 9 10
Savanna uiker ramme 1914 Rebelle
Wildehonde-spantoekenning: Die kwalifiserende standaard vir die Wildehonde-toekenning is ’n minimum van 3 240 (90%) uit die totaal van 3 600 vir die span en ’n minimum van 1 530 (85%) uit die totaal van 1 800 vir elk van die skietoefeninge. Hierdie toekenning word op streeks- en nasionale vlak toegeken en elke lid van die kwalifiserende span kry individueel erkenning daarvoor. Baie geluk aan die Marico Bosveld-tak se Mambaspan wat hierdie toekenning in die Nasionale Intertakspanskietkompetisie van 2021 verwerf het. Op streeksvlak het vyf spanne gedurende 2021vir die Wildehonde-toekenning gekwalifiseer. PRESIDENTSKIETKOMPETISIE 2021 Op Saterdag 25 September 2021 het Bloemfontein-tak Safari
Suikerbosrand Duiker Genl De la Rey Oudoor/SAJWV se Nasionale Presidentskietkompetisie op die Meerkatgat-skietbaan aangebied. Veels geluk en baie dankie vir jul gasvryheid en ’n baie geslaagde kompetisie! Gedurende 2019 het 1 299 skuts op streeksvlak meegeding om na die Nasionale Presidentskietkompetisie uitgenooi te word. Ondanks die Covid-19uitdagings in 2021 het daar steeds 1 114 skuts op streeksvlak gekompeteer vir ’n uitnodiging vir 2021. Baie geluk aan die wenners in die verskillende klasse: • Ope klas en kampioenskut: Brent Collie, Riemland-tak • Junior klas: Xander van Eck, Bosbok-tak • Damesklas: Karien Lubbe, Diamant-tak • Senior klas: Dolf du Preez, Marico Bosveld-tak