NATUURFLITS Die koedoe (Tragelaphus strep-
Foto: Solette Lubbinge
siceros) is heel bo-aan die lys van talle trofeejagters. ’n Volwasse koedoebul se spiraalhorings met kenmerkende ivoorpunte is een van Afrika se gesogste trofeë en ’n waardige prys vir enige jagter. In ’n goeie jaar kan ’n groot koedoebul tot 300 kg weeg en hul lewensduur is ongeveer agt tot tien jaar. Koeie is maklik om van die bulle te onderskei aangesien hulle nie horings het nie. In Suid-Afrika is die koedoe een van die mees wydverspreide bokspesies. Hulle is ook stadig maar seker besig om in gebiede in te beweeg waar hulle vantevore óf glad nie voorgekom het nie óf slegs in klein getalle. Hierdie bok is by uitstek ’n blaarvreter en koedoes uit KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes word oor die algemeen groter as dié wat in die droër streke van die Noord- en Oos-Kaap voorkom.
DIE SJARMANTE HEER VAN DIE BOSVELD
Verskillende subspesies van die koedoe (buiten die lesser koedoe Tragelaphus imberbus wat slegs in Kenia, Tanzanië, Somalië en Ethiopië voorkom), word in Oos- en Sentraal-Afrika aangetref in lande soos die Soedan, Suid-Soedan, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Chad, Kenia en Tanzanië. Hierdie koedoesubspesie word hoofsaaklik deur trofeejagters gejag as gevolg van relatiewe lae getalle asook die afgeleë gebiede waar hulle gejag word. NOVEMBER | DECEMBER 2021SA HUNTER
59