S 11.12 2021

Page 60

VLUGSKIET | Deur KOBUS DE KOCK

SUS SKIET ’N WILDEMAKOU Stap vir stap word ’n voëljagter gebore.

Hier moet ’n fisant wees in die kloof... way bedoel met “one true sentence”? “Something believable,” sê Google, “an accurate retelling of something known or believed, using the most important and precise words”. Eerlike sinne en eerlike stories, sonder pretensie en geite, verduidelik Dana Snyman. Skoongestroopte sinne en stories, klink dit vir my. Sy het by die plaas aangekom met ’n kapmes vir skoonpa. “Sal Pa asseblief vir my leer om voëls te jag?” Ek kon my opgewondenheid kwalik onderdruk. Ons het tot laat die nag gesels en voëljag tot by sy derms uitgeryg.

Sus se eerste kolgans.

S

us wou leer voëls jag en die voorreg was myne. Hemingway het geskryf: “All you have to do is write one true sentence. Write the truest sentence that

60

you know. So finally I would write one true sentence, and then go on from there.” Dit was sy metode. ’n Ware sin. Sus wou leer voëls jag. Maar wat het Heming-

SA JAGTER NOVEMBER | DESEMBER 2021

HOOFSTUK EEN Sy kon met my ou SKB begin en eers kyk of sy daarvan hou, was my eerlikste begin. Met ’n 12-boor kan jy jou skouer lelik verniel, maar ek sien sy het klaar besluit. Sy wóú skiet. “Uiteindelik sal ons vir jou ’n geweer moet kry.” “Maar daar ís ’n geweer,” het Sus geantwoord; haar pa se geweer. ’n Feitlik ongebruikte Beretta staan in haar broer se kluis. Hy het gesê sy kan hom vat, en dieselfde aand nog vir ons foto’s gestuur. Ek was heimlik groen oor die

blink wapen en groot naam. Is daar meer eerlike stories en boekies as Sus en Daan? “Ek is Sus,” het ons leer lees. En “Ek is Daan.” Gestroop van alle pretensie, skoon, netjies en afgerond. Sonder geite. Sus en Daan is skietbaan toe om te voel wat kleiduiwe skiet met haar skouer maak. En die Beretta het sy blouskouermerk gelos. “Kry hom mooi in die skouer in, Sus, moenie spasies los nie.” Maar Sus was nie bang nie. Sus het nie geskrik nie. Sus wou steeds leer voëls jag. Met al die vooraf-fieterjasies agter die rug, moes ons gaan jag. Ek het geweet van ’n dammetjie waar die ganse en eende teen skemer laag inkom, teen die wind. Dit was ’n goeie plek om te begin, want dit is belangrik om goed te begin. Sukses met jou eerste probeerslag is beter as ’n ellelange, moedelose gesukkel. Die kopereendjies het lekker laag en naby ingekom. Wat is die kode, Sus? “Bum, belly, beak, bam!” sê sy outomaties. Volg deur en knyp die skoot af op sy neus. Moenie stop nie; hou aan beweeg. Agter haar het ek sit en duim


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.