8 minute read

Jak de Priester en

Next Article
Koopgids

Koopgids

Angsbevange, geskok,hartseer ...asjy jou werk verloorofjouinkomste begin opdroog, kan’nmagdomemosiesjou oorweldig. Weermeisie AnnetteBotha en JakdePriester vertelhoehulledit oorkomhet

DEUR SUZETTETRUTER

Advertisement

Ekmoeseers rou oor my werk

AnnetteBotha, meteoroloog

“Vanaandgroetekjullemet’nswaar hart,maarnáelkesonsakwag’nmooier sonsopkoms.Magdit reën waarjou bokke wei. In onweerofmooiweer,die Herebly inbeheer ...” eNuus-kykers is verledejaar onkant betraptoeweeraanbiederenmeteoroloog AnnetteBothadie aandseuitsending metdié woordeafsluit.Sywas nog selfdieaand geskoknadatsyen twee kollegasdievorigedag uitdiebloute ingeligis dathul kontrakmet eNuus en eNCAsummier gekanselleeris. DeesdaeisAnnettediemeteoroloog enaanbiedervandiesplinternuwe aanlyn weerdiens VoxWeather,maarsy moeseers’npadstap voordatsykonsê: Ekisoukei. “Ekhetaltydgesêeksaleers werklik oormyafdanking wees wanneerek kanstilsitentevrede wees metwieek issonderdatek weetwatdietoekoms inhou,”vertelsy. Nettoesyopdaardieplekis,krysy onverwags’noproepvanJacquesdu Toit,hoofvandietelekommunikasiemaatskappyVox Telecom.“Hyhet een vraag gehad: ‘Hoebring onsdie weerterug?’Onshetsaamgewerkaan ’n voorlegging om die weerop alle sosialemedia-platformsaantebied. Betroubare, akkurate,interaktiewe inligtingwatekpersoonliksaamstel.” Diediens,wateinde Augustus afgeskophet,hettot dusverbaie positiewe reaksiegekry.Sedert NovemberbiedAnnetteookdie weer namensVox WeatheropdiekykNETprogram Die grootontbyt aan.Sy geniet ditomweerbetrokketewees by weersake,alhetsyin’nstadium gevoel syis klaardaarmee. “Nádieskokenhartseerwasek op’n tydstipkwaadvir meteorologie as wetenskapenekhetoorweeg om terugtevalopmywiskundegraad.Ek het’npassievirwiskundeenminder bevoorregtekinders.Maarmyma > SARIE.com Januarie/Februarie2022 | 103

< het gesê sy glo nie ek is klaar met die weer nie, en my man was van die begin af rustig, oortuig dat die volgende ding op my pad ongelooflik gaan wees . . .”

Annette was onvoorbereid op al die emosies wat haar afdanking by haar ontlok het. Getrou aan haar aard, het sy dadelik werk begin soek en geleenthede bygewoon om te netwerk, maar mettertyd besef sy moet ook rustig raak en vrede maak daarmee dat sy ’n ruk lank net niks gaan doen nie. Sy moes ’n blaaskans vat en “luister” na haar eie gedagtes.

Sy was nog altyd gedrewe en dit was moeilik om te aanvaar dat sy eers moes rou, maar uiteindelik was dit ’n belangrike deel van haar helingsproses. “Ek moes treur oor my werk, my ses jaar in die mediabedryf en my ongelooflike kollegas wat nie meer deel van my dag sou wees nie. En ek moes treur daaroor dat ek as wetenskaplike nie as noodsaaklik beskou is nie.”

Annette het as’t ware “grootgeword” by eNuus en eNCA. Einde 2014 het sy nog die Donderdag haar laaste eksamen by die Universiteit van Pretoria geskryf en die Maandag by eNuus ingeval.

“Ek is so trots op wat ek bereik het en hoe ek gegroei het sedert ek met sterre in my oë daar begin het. Een van my grootste uitdagings was om my teleurstelling in die mediabedryf te verwerk, want ek het aanvaar ’n nuuskantoor sal altyd ’n meteoroloog insluit. Ek het gedink dat my werk veilig is,” sê sy.

In sulke tye word jy gedwing om jouself af te vra: “Wie is ek?”

Annette het opnuut besef haar loopbaan is nie wie sy is nie. “’n Spoggerige werktitel definieer my nie. Al goedkeuring wat ek nodig het, is my eie.”

Sy sal die wonderlike herinneringe altyd koester. “Dit was ’n eer om te leer by van die beste meteoroloë en klimatoloë in die land. Ek sal altyd die hartkloppings onthou voor ’n regstreekse weeruitsending, die vreugde en opwinding wat gepaardgaan met stormweer-uitsendings, die plesier om my eie weerstorie te bou en die genot om tydens ’n sneeustorm – met die kamera op my – die sneeuvlokkies op my neus te voel.”

Die terugslag het haar geleer dat dit nie van jou ’n swakkeling maak as jy mense se raad en hulp vra nie. Haar geloof, haar familie en vriende het haar gedra in ’n tyd toe sy self nie geweet het hoe om verder te loop nie. Haar man, Dewald, was deurentyd haar anker.

Hy werk by ’n logistieke maatskappy, maar sy groot passie is video’s maak en redigeer, en nou kry hulle ook kans om saam te werk. Hy is die videograaf as sy in stormweer afgeneem moet word of met ’n professor ’n onderhoud oor klimaatsverandering voer.

Vox Weather het vinnig gegroei. Net in die eerste maand het hulle meer as 1,6 miljoen mense aanlyn bereik, sê sy. “Mense is dankbaar dat iemand weer die weer verduidelik, veral in ’n landbouland soos Suid-Afrika waar betroubare weerinligting so belangrik is. En ek is verheug oor my Groot ontbyt-insetsel, dis lekker om te weet dat mense die waarde van ’n volledige voorspelling deur ’n gekwalifiseerde meteoroloog insien.”

Sy is opgewonde oor die toekoms van Vox Weather. Op ’n persoonlike vlak wil sy aanhou leer, aanhou gee, aanhou glo en tevrede wees wat ook al haar omstandighede, ’n bietjie deur die wêreld reis, eendag ’n gesin begin en deur die oog van ’n orkaan vlieg . . .

Annette hoop haar storie kan vir iemand iets beteken. Haar afsluitingswoorde daardie aand in April met haar laaste aanbieding het uit haar hart gekom, sê sy. “Ek moes baklei om die trane terug te hou, maar ek glo in daardie oomblik – tydens my seerste seer – kon ek ’n paar mense aanmoedig om altyd die lig te sien.”

Ek moes nuut kyk na die lewe

Jak de Priester, sanger

Toe die erge inperking in 2020 begin byt, het sanger Jak de Priester een oggend in sy garage in Pretoria rondgesnuffel en op ’n groot blik geel emaljeverf afgekom. En toe begin hy verf. ’n Beeldjie. Houtrame. ’n Wynstaander. ’n Speelklaviertjie. Koffietafels.Tot sy denimbaadjie en die jeans wat hy aangehad het.

Alles geel.

Sy vrou het naderhand bekommerd begin raak. “Ek het geel gaan google, net ingeval ek dalk die kluts kwyt is . . . en toe sien ek as jy gefassineerd is met geel, is jy op soek na hoop,”vertel hy.

Dit was toe dat hy besef het dis sy manier om positief te bly in ’n tyd wat die kunste een van die bedrywe was wat die ergste deurgeloop het en mense se inkomste opgedroog het.

Jak het ook ’n blog, Koppieteefontein, begin as ’n uitklaatklep vir al sy emosies gedurende die “ups en downs” van die pandemie. Sy “geel episode” was sy heel eerste inskrywing. Maar hy het nooit kon dink oor hoeveel lewensveranderende ervarings hy uiteindelik sou skryf nie.

Jak en sy gesin het later dieselfde jaar sak en pak na Kleinmond verhuis, en toe ’n tweede keer, na SomersetWes, waar hulle deesdae al ingeburger is. Sedert verlede Januarie is hy ook eiendomsagent op Stellenbosch. “Ek staan nou met een been in die kunstewêreld en die ander in die korporatiewe wêreld, en ek besef meer as ooit – sing is nie werk nie, dis net ’n fantastiese jol!”

Hy onthou nog hoe hy gevoel het toe hy weer die eerste keer opgetree het – voor 25 mense in ’n restaurant op Kleinmond.“Dis asof jy met nuwe perspektief sing, asof jy elke woord in jou eie liedjie herontdek. Ek het dit intens gemis. Covid het bevestig dat ’n wêreld sonder sang nie vir my lekker sal wees nie,” sê hy.

As hy terugdink aan daardie “jaar van niks”, kry hy nagmerries.“Daar was baie nagte van wakkerlê. Ek het ’n hele paar Dag Zero’s sien aankom. My reserwes het soos sandjies deur ’n uurglas gegly. Jy wéét in ’n stadium gaan jou geld opdroog. En wat dan? Dis angswekkend. Ek het ’n vrou, drie kinders, honde, voëls . . .

“Ek het agtien jaar daaraan gebou om eendag ook gerieflik te kan aftree, maar toe moet ek my eiendomme verkoop

wat ek vir my oudag gehou het. Ek het bly vashou aan die hoop dat 2021 beter gaan wees. Almal troos: Hou net uit . . . Maar toe word alle feeste en vertonings wéér afgestel, en dit tref my . . . nóg ’n jaar van niks lê voor.” Jak, wat al vir jare op klein skaal eiendomme koop, herstel en verkoop, was met ’n projek op Kleinmond besig toe hy en sy vrou, Michelle, besef die antwoord is dalk om voltyds daarop te fokus. Hulle het hul huis in Pretoria in die mark gesit – en toe verkoop dit binne ’n dag. Hulle moes trek. Selfs vir iemand soos Jak wat hou van uitdagings, was die skuif Kaap toe ’n grote. Soos hy dit op sy blog stel: “Daar is oomblikke wat ek opgewonde is oor nuut begin op ’n vreemde plek en dan is daar oomblikke wat my hart in my keel ontplof van angs en onsekerheid.” Dit was veral vir die kinders swaar om al die bekende dinge agter te laat, maar hulle het reeds in hul nuwe gemeenskap op Somerset-Wes ingeskakel. Sy seuntjie vaar goed in tennis, sy dogtertjie dans en surf en die kleintjie is oral gelukkig. Jak het in dié tyd opnuut die waarde van vriendskap besef. “My buurman in Pretoria, Rudolph Botha, het my op die regte pad gehou. Dis wonderlik as iemand jou emosioneel ondersteun, maar dis uitsonderlik as iemand vir jou sê: ‘Ek glo in jou, hoeveel het jy nodig om jou deur die volgende vyf maande te dra?’ Hy het my letterlik gered. “Ek en hy het later ’n road trip Kaap toe gedoen met die laaste huisgoed. Hy het my vertel van die fliek My broer se bril wat hom as kind so beïndruk het. Die man het níks oorgehad nie, net dié bril. Sy broer se visie. Later, toe ek verjaar, het Rudolph sy bril vir my gestuur! Dis my grootste geskenk. Ons kom uit verskillende wêrelde – hy is ’n ingenieur – maar hy het my ’n nuwe visie gegee, my nuut laat kyk na die lewe.” Jak het al ’n paar eiendomme verkoop, hoewel hy nog sy voete as eiendomsagent vind. Net om daar te begin het gehelp om sy gemoedstoestand positief te hou, vertel hy. Die lekkerste is om ’n huis aan potensiële kopers te wys en enige spanning tussen koper en verkoper te verbreek. As ’n “mensemens” hou hy daarvan om ’n verhouding met kliënte te bou. “Hulle sê wel in die eiendomswêreld moet jy nie sensitief wees nie, maar my sangloopbaan gaan oor sensitief wees, om na die wêreld te kyk en dit met jou liedjies te probeer beter maak. En nou moet ek niks persoonlik opneem nie? Ek neem álles persoonlik op!” skerts hy. “Ek moes ook ontdek wie ek is as ek nie sing nie. Jy moet sonder jou professie steeds iemand wees, en weet wat die dinge is wat regtig saak maak.” Sy eerste prioriteit bly om mense te inspireer met sy liedjies en sy blog. Van die begin af het hy baie reaksie daarop gekry.“Ek het besef hoeveel van ons in dieselfde bootjie is. Dis ’n wonderlike platform waar mense hul ervarings deel. In dié vreemde tye moet ons saamstaan en mekaar meer ondersteun.”

Jak se TV-geselsreeks, Koppieteefontein, was tot einde Desember op kykNET te sien.

FOTO ABRI KRUGER PHOTOGRAPHY

This article is from: