6 minute read
Fotograaf-egpaar op reis met hul kamera:
from S012022
by nustobaydo
2 3
2. Spitsbergen, die Noorweegse argipel in die Arktiese Oseaan waar die “oordeelsdag”saadkluis gehou word. 3. Die huemul, ’n tipe bokras afkomstig van Argentinië, afgeneem in Patagonië. 4. Kyk hoe verwelkom so ’n bruinbeer Beverly en Peter waar hulle land by die Katmai Nasionale Park in Alaska . . .
Advertisement
4
< Gandhi se woorde, “Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien”, tref hulle telkens diep. Net soos wat al die ander visioenêre, soos Madiba, Martin Luther King Jr., Jane Goodall hulle inspireer . . . Peter glo elkeen kán ’n verskil maak. ’n Groot paniek het hulle beetgepak dat enige “wildernis”, soos ons dit nou nog ken, binnekort gaan taan. Daar is té veel mense wat die aarde se voortbestaan versteur, glo hulle. “Die mens dínk hy beheer die aarde, maar ons neuk dit op. Die voëls sterf, want daar is nie genoeg vis nie. Mense vang te veel vis, want hulle is honger. Kyk hoeveel robbe en voëls sterf van die honger. Die regering doen niks om in te gryp nie,” sê Peter.
Dis hoe die gedagte vir Wild Land, hul tiende boek, ontkiem het. Dit is ’n epiese fotoreis wat oor vier en ’n half jaar en al sewe kontinente gestrek het,’n hartsprojek, vertel hulle. Peter se dagboek, To the Edges of the Earth, wat ook later gepubliseer is, vat dit uitstekend saam. Wild Land is in Engels, Duits, Frans, Chinees en Nederlands vertaal. Die media en natuurkenners was gaande daaroor.Tot die New York Times het dit ’n ster-resensie gegee, en dit is bekroon met die Communication Arts (CA), die grootste internasionale handelsjoernaal vir visuele kommunikasie, se Award of Excellence vir 2019.
Hoe sit ’n mens so ’n reuse-projek aanmekaar?
“Dit is oorweldigend. Jy dink nie te ver vooruit nie. Dít is hoe ons alles benader,”sê Peter.
“Destyds het ons nog op ons plaas, die Sangebethu- private natuurreservaat, waar my ouers begrawe is, gewoon. Dit is op ’n berg wat op Robertson uitkyk,” vertel Beverly. Een aand ná ete sit hulle voor die vuur en gesels. In die verte sien Peter liggies en dáár beleef hy ’n eureka-oomblik. Waar liggies brand, is mense. En hulle kliek meteens Google Earth is die antwoord. Die donkerste plekke op die aarde sal wys waar dit wild en ongerep is. Dís waar die diere sal wees.
Beverly was bereid om die plaas te verkoop (en hét ook) om die projek te finansier. En só begin die beplanning toe vorm aanneem.“Danksy gul borge vir byvoorbeeld
5. Asof só gestileer staan ’n groepie bharal-bokke in die Xiakangjuan-berge in Tibet. 6. Twee natuurwonders op een foto: die noorderlig (aurora borealis) en die Yukonrivier in die noorde van Kanada. 7. Die maan gooi haar gloed oor die Blackstone-rivier in Yukon, ’n afgesonderde en ongerepte deel van Kanada.
6 7
kameratoerusting, voertuie en om die voertuie oor kontinente te verskeep, kon ons voortgaan. Anders was dit onmoontlik. Jy doen dit vir ’n groter doel, nie vir die geld nie,”sê sy. Hulle het baie navorsing gedoen. Opgelees oor die storms in Antarktika, die woude en riviere van Patagonië, die wye landskappe van Alaska, die water en oseane van die Yukongebied in Kanada, die Himalajas in Tibet, ysbere in die Arktiese sirkel, wilde vee (beeste) in die Kimberley-streek in die Australiese “outback” . . . En ook “tuis”, Afrika, al langs die Skedelkus van Namibië, waar die bruine, duine en wild hulle stom gelaat het. Wat ’n fyntrap-reis. “Ons moes inval by die natuur se ritme en aanpasbaar wees, hoewel beplanning altyd belangrik is. Jy moet jou Land Rover verstaan, dit kan regmaak as dit breek. Ry genoeg brandstof en water saam vir ingeval die voertuig drie weke vasval in ’n woestyn, sorg dat jou toerusting werk,”sê Peter. Beverly blaai deur die reuse-koffietafelboek. Elke foto in Wild Land is ’n kunswerk. Dit voel asof jy op ’n spirituele reis gaan saam met die fotograwe, ingetrek word in die natuur se kragtige wisselwerking met die mens. Peter meen die trefkrag van ’n goeie natuurfoto lê nie in perfeksie nie, maar eerder in multidimensionele interpretasie. “Poppie [van Rooy], ons huiswerker – of jy, of wie ook al – moet elke keer iets anders raaksien. ’n Foto moet jou uitlok om weer te wil kyk, nuwe vlakke te ontdek . . .” Beverly reken ook dit moet emosie ontlok, ’n storie vertel en dat dit oor veel meer as die visuele gaan. Miskien lê die “magic” van hul
Jy doen dit vir fo ’n to’s daarin dat hulle nie daagliks lys het van wát hulle moet afneem ’n groter doel, nie vir die geld nie Beverly nie. “Ons kyk wat daar is. Die kuns lê daarin om met ’n oop gemoed rond te loop, soms ’n dag lank, en diere te soek, en te wag, vertel hulle. Nie een van die twee het juis geduld nie. Maar soos Peter verduidelik: > SARIE.com Januarie/Februarie 2022 | 113
Daar is min dinge so gesond vir ’n mens se aardse perspektief en ego as die besef dat die landskap onaangeraak bly deur ons l yding of dood
Peter
13 14
13. ’n Kolonie koningpikkewyne trek saam in Saint Andrew-baai, Antarktika. 14. Die Bungle Bungles-bergreeks in die Kimberley-streek in Australië bied vele anderwêreldse landskapstonele. 15. Statig, op sy pos, is dié bergleeu of poema in die Torres del Paine Nasionale Park in Patagonië. 16. ’n Paar koningpikkewyne stap nader, baie nuuskierig terwyl Beverly hulle fotografeer.
< Dis ’n voorreg, sê albei, om hul lewensdroom te volg. In hul prille jeug was Peter en Beverly kortstondig ingeskryf vir graadkursusse in onderskeidelik medies en natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch en (destydse) Universiteit van Natal. “Om ons pa’s tevrede te stel,”sê hy. Maar die lewe het sy draaie geloop. Hulle het in hul vroeë twintigs ontmoet by die Sabi Sabi-natuurreservaat waar hulle gewerk het. Sy in hotel-en-gastebestuur, hy as wildbewaarder en later kampbestuurder. Hy skryf in sy boek van die meisie wat ’n blaar tussen haar lippe gehou, dit sensueel uitgehaal en opgemerk het hoe vars dit ruik. “Soos die reuk van gesnyde gras, asof die somer en son vasgevang is in die reuk. Dit is asof die natuur in sy volle omvang hierin opgesluit is.” Peter het besef dís sy sielsgenoot. Sáám wou hulle, soos die meeste 21-jariges, die lewe verander, lag sy. Konvensie was nie vir hulle nie. Reëls is steeds ’n kopsorg. Veral met burokrate by grensposte. “Sedert kindertyd sukkel ek maar met gesag. Maar gelukkig is tyd aan ons kant. Ons jaag nie. Wat nie vandag gebeur nie, kan môre gebeur,”vertel Peter. ’n Koppie tee en ’n bietjie gesels klaar dinge met ’n nukkerige beampte gewoonlik op. “Want sommige van dié ouens kan maar moeilik wees.” Daar’s iets subliem aan alleenwees in die natuur. Wat hy en Beverly met die Wild Land-avontuur ervaar het, is moeilik om weer te gee, vertel hy. Om so op jou eentjie die natuur in te drink, vervul hom met piëteit, nederigheid en vrees.“Daar is min dinge so gesond vir ’n mens se aardse perspektief en ego as die besef dat die landskap onaangeraak bly deur ons lyding of dood,”skryf hy in sy dagboek. “Hoewel Wild Land uitverkoop het, het ons nie wins gemaak daaruit nie, maar ons is tevrede dat dit sy doel bereik het. Ons het mense probeer bewus maak van die dilemma van die natuurlewe, wat hopelik hul dade gaan verander,”sê hulle.