7 minute read
Reuksin weg? Tyd al wat help
from S012022
by nustobaydo
WOORDEBOEK
ANOSMIE is’n algeheleverlies aan reuk.
Advertisement
HIPOSMIE is’n vermindering vandie reuksin.
PAROSMIE is wanneer normale reukeverwring word,gewoonlikiniets onaangenaams.
Met FANTOSMIE ruikjy reuke watniedaarisnie.
PROE is watdie reseptoreop die tongoptelassout,soet, suur,bitterenumami.
SMAAK/GEUR isdie totale sensorieseervaring vankos. Aldiesintuieisbetrokke, maar reukse bydraeisdie belangrikste.Selfsal kan jydusproe(tong),gaan reukverliesernstigbeïnvloed hoe kossmaak.
kkan net niks ruiknie. Dieenigste manier waaropek ditkanbeskryf,isdatallesdieselfde, eentonigereukhet. Soosswael.Ofek nou verby’noopdreinloop,ofspek braai –dielekkerste reukwatdaaris –alles ruikdieselfde ...”
AnitaGeorge-Kuhnvan JohannesburgisdeurCovid-19 platgetrekenwasbaiesiek.Dis sowat sesmaandelater en syissteedsmoeg, haarbors voeltoegetrek ...enhaar reuksintuigis omgesukkel. Vreemd genoeg –engelukkig –smaakkosnog soosvoorheen.“Speksmaaksoosspek. Dankietog, wantekisliefvir kook. En dieenigstemanierwaaropeksekerkan maakdiekosis oukei,is deur daaraante proe.Ekkandit mosnie ruiknie!”
Daarisbaie mensesoos sy.Covid-19 het’nunieke uitwerking op die reukreseptore. Naashoofpyn is reukverlies meeralgemeen asenigeander simptoom, volgensEuropesenavorsers.En hoewel diemeestepasiëntemet die virussêhul reuksinisnormaal,wysreuktoetsedis dikwels nieso nie, isin nog’nEuropese studiebevind.
Maarmeer:Reukverlies (anosmie)is eenvandie gevolgevan “langCovid”, ’ngroeptoestandewatdeurdie coronavirus veroorsaakwordenkan voortduurlank nadatdieaanvanklike simptome verdwynhet.Sowat89%van mensese reukvermoëherstelná sowat ’nmaandheeltemalof gedeeltelik, volgens’n kleinstudie.Maarsommige (1uit10)hetsesmaandelater steeds problememet reuk en smaak. Of ontwikkel parosmie,’ntoestandwaar jounormale persepsie van’nbekende reuk verander.Die reuk word dan verwring:Dinge watlekkerbehoortte ruik,sooskos,seep,jou geliefdes,maak jounounaar.Suurlemoenekanna vrot kool ruik,sjokolade naparaffien.(Sien ook“Parosmie,vanwaar?”opbl.134.) “Ekgaaneerlik wees.Die hele anosmie/ parosmieverskynsel is moeilik om
Alleshet te ve verstaan,te rduidelikente dieselfde, eentonige reuk AnitaGeorge-Kuhn hanteer,”sêdr. Adriaan Pentz, oor-neus-enkeel-spesialis van Kaapstad. “VoorCovid-19 het onsnouen dananosmie gesien.Ditwasmeestalná verkoueofgriep –viraleinfeksiesvan dieboonstelugweg–ofselfssinusitis. Dus’ninfektieweofinflammatoriese oorsaak.Ekhet ookeenof twee mense gesienwatditontwikkelhet ná’n ongelukwaarinhullehoof-of gesigbeseringsopgedoenhet.” >
SARIE.com Januarie/Februarie2022 | 133
Jy kan nie meer doen as om dinge kans te gee nie
Dr. Adriaan Pentz
< Met Covid-19 kry ons nou ook parosmie en (skaarser) euosmie, waar jy ’n reuk ervaar as meer aangenaam as wat dit werklik is. (Sien ook “Wilde woordeboek” op bl. 133.)
ONDER DIE VERGROOTGLAS
Dit klink na ’n klein irritasie. Maar om geruime tyd met ’n reuk- en smaakprobleem te moet saamleef, het ’n effek op jou hele lewe, volgens navorsers wat met ’n Facebookondersteuningsgroep, AbScent (AbScent.org), saamgespan het. In reaksie op navorsingsvrae het lede van die groep aanlyn duisende plasings gemaak en kommentaar gelewer. Ten tyde van die studie was daar sowat 9 000 lede en dit het sedertdien gegroei tot sowat 32 000. (Dit is in die joernaal PLOS One gepubliseer en ’n aanlyn artikel deur een van die navorsers het in The Conversation verskyn.)
Wat die navorsers eerste opgeval het, was hoe onvoorspelbaar en verwarrend dit kan wees. Sommige mense kan eensklaps net niks ruik nie: “Dit was soos ’n ligskakelaar: van 100% tot 0% binne ’n paar uur . . . Dis asof my neus afgeskakel is,” volgens een inskrywing. Vir ander was dinge meer vloeibaar. Anosmie (jy kan glad nie ruik nie) kan omsit in parosmie (die verwringing van reuke); kos smaak een dag goed, die volgende dag aaklig.
MINUS ’N SINTUIG
Maaltye saam met vriende, die reuk van nat grond ná die reën . . . Die onvermoë om die lewe se eenvoudige plesiertjies te geniet kan jou lewensgehalte beïnvloed. Reuk speel ook ’n rol by die vermyding van gevaar en persoonlike higiëne. Neem reuk weg en dit kan verstaanbaar lei tot depressie, angs en sosiale onttrekking. Jou sielkundige welsyn, fisieke gesondheid, verhoudings, werk en belewing van jouself: Dit kan alles geraak word. Eet nie meer lekker: Die meeste mense raak bewus van hul reukverlies omdat kos skielik nie meer enige smaak het nie. Jy kan sukkel om te eet – veral as normale reuke nou skielik anders ruik. Een vrou het ’n “verrotte” reuk beskryf wat oor die huis hang terwyl sy kos maak en haar tot trane dryf. Dit kan lei tot voedingstekorte en ernstige gewigsverlies. Vreemd genoeg sit ander mense weer gewig aan. Dit is dikwels mense wat “geur jag” nadat hulle hul reuksin verloor het.“Kos is nie meer lekker nie en ek kom agter ek eet meer om daardie gevoel van welbehae te probeer kry,”volgens nog iemand. Intimiteit word weersin: As jy jou reuksin heeltemal of gedeeltelik verloor, kan dit probleme in persoonlike en romantiese verhoudings skep, het die PLOS One-studie bevind. Reuk speel ’n rol by dinge soos die kies van ’n romantiese maat, asook die band tussen ouer en kind. In die studie het mense vertel hulle kan nie meer hul romantiese maat en kinders ruik nie en hoe eensaam dit hulle laat voel. Nog erger was die effek van parosmie: “Sy natuurlike reuk het hom vroeër begeerlik gemaak; nou maak dit my naar,”lui een inskrywing. Ander het gekla dat soen skielik sleg smaak. Daar was ook dié wat nie meer hul eie liggaamsreuk kon monitor nie. Dit het gelei tot ’n verlies aan selfvertroue en ’n toename in sosiale angs. Dit ruik afgryslik: As alledaagse geure skielik walglik ruik, kan dit die wêreld in ’n gevaarlike, verwarrende plek omskep. Uie en knoffel is algemene snellers vir parosmie en kan
PAROSMIE, VANWAAR?
Ons weet nog nie hoekom dit by mense met “lang Covid” voorkom nie. ’N TEORIE: Dis weens skade aan senuweevesels wat seine van die neusreseptore na “eindpunte” (bekend as glomeruli) van die reukbol in die brein oordra. As dit weer groei – ongeag of die skade aangerig is deur ’n motorongeluk of ’n virale of bakteriële infeksie – heg die vesels vermoedelik aan die verkeerde “eindpunt”. Die brein herken dus nie die reuk nie en is dalk geprogrammeer om dit dan as ’n gevaar te beskou. Die teorie is dat die brein meestal die probleem mettertyd sal regstel. Daar is nie juis data beskikbaar nie omdat so min mense voor Covid-19 parosmie gehad het.
NOG ’N TEORIE is dat jy net sommige van die verbindings in ’n stof waarneem en dat dit in isolasie erger kan ruik. Die intensiteit kan selfs verhoog word. Só bevat koffie swaelverbindings wat lekker ruik in kombinasie met al die ander molekules wat koffie ’n heerlike geur gee, maar alleen nie so lekker ruik nie.
Ons weet ook nie presies hoekom ons brein dié verdraaide reuke meer dikwels as onaangenaam vertolk nie. Euosmie (dit ruik lekker) is skaarser as parosmie (dit ruik aaklig). Dalk omdat dit makliker is om ’n onaangename reuk, soos vrot, giftige kos, te herken as ’n aangenamer geur. (Bron: BBC.com)
OORSAKE VAN REUKVERLIES
Virale infeksie, soos verkoue, griep of Covid-19 Kopbesering Neuspoliepe, goedaardige groeisels in die weefsel van jou neus Ouderdom Allergieë soos hooikoors Blootstelling aan chemikalieë soos plaagdoders Misbruik van kokaïen en ander middels wat deur die neus ingeasem word Rook Swak luggehalte Sommige neurodegeneratiewe toestande soos Parkinson se siekte, Alzheimer se siekte of breingewasse (Bron: AbScent)
onder meer aan dreinwater herinner. Nog ’n gereelde klagte is die reuk van koffie wat nes vrot vleis, swael of ontlasting kan ruik. Dikwels sukkel mense om die reuk te beskryf omdat dit anders is as enigiets wat hulle voorheen teëgekom het en kies hulle eerder woorde wat hul afsku oordra. (Soos dood, verval.) Die slegte reuk kan ook ’n ongewoon lang tyd by jou bly. By die meeste van ons kielie die heerlike geur van koffie jou neus net ’n paar sekondes lank. Vir iemand met parosmie kan die slegte reuk ure, selfs dae lank rondhang. Isolasie: Jy vind dit moeilik om jou simptome aan geliefdes en vriende te verduidelik, het die PLOS One-studie bevind. En het gemengde gevoelens van frustrasie en isolasie omdat jy nie besef wat die uitwerking daarvan op jou lewe is nie. Sommige mense sê hulle voel verwyderd van hulself, ander en die groter wêreld.“Ek treur oor my verlore sintuie. Nie meer kaas-enwynproe-aande of kuier met jenewermengeldrankies nie,”kla een.
LEER WEER RUIK
Jammer, daar is nie ’n kitsoplossing nie. Kortikosteroïede, wat inflammasie in die liggaam kan verminder, word oorweeg, maar navorsers het min bewyse gevind dat dit kan help. Daar word ook gekyk na neusdruppels met vitamien A, en nog navorsing suggereer omega 3-aanvullings kan sommige mense help. “Reuk-afrigting” lyk belowend, volgens Britse navorsers. Proefpersone moes twee keer per dag, verskeie maande lank, aan vlugtige olies met skerp geure ruik. Soos bloekom, suurlemoen, roos, kaneel en laventel. Dis ’n goedkoop, eenvoudige behandeling sonder enige newe-effekte vir verskeie oorsake van reukverlies, ook Covid-19. En kan dalk help vanweë neuroplastisiteit, die brein se vermoë om homself te herorganiseer ná ’n besering. Maar dit vat lank, of werk dalk glad nie. (Vir ’n gids, saamgestel met die hulp van die Britse Rinologievereniging, besoek abscent.org/nosewell.) Vergeet van boererate. Die eet van gebrande lemoenskil gemeng met bruinsuiker gaan nie help nie, al is dit waarskynlik onskadelik. Anders as neussproei met sink, wat jou reuksintuig kan vernietig, volgens time.com. “Ek kyk in die neus met ’n buigbare veselskoop,”sê dr. Pentz.“As alles normaal lyk, doen ons gewoonlik ’n RT-skandering [rekenaartomografie] van die neus- en sinusholtes en ook die voorste deel van die brein waar die reuksenuwees is. As dit normaal is, kan jy nie veel meer doen as om dinge kans te gee nie.”Dus: Wag dat jou reuksin natuurlik herstel, wat in die meeste gevalle gebeur. Sterkte!
Koswenke VIR
PAROSMIE
Eet kos koud of by kamertemperatuur. Vermy gebraaide kos, geroosterde vleis, uie, knoffel, eiers, koffie en sjokolade, almal kosse wat dikwels sondaars is. Eet kosse wat nie skerp op die tong is nie, soos rys, noedels, nie-geroosterde brood, gestoomde groente en ongegeurde jogurt. As jy nie kos binne kan hou nie, oorweeg ongegeurde proteïenskommels.