Eurasiaties

Page 1

Taal

Eurasiaties

1


Eurasiaties Indo-Europees, Transeurasies en Uralo-Siberies Altaïes, Chukoto-Kamchadal, Japonies, Inuit-Yupik, Nivkh, Joekaghier

2


Inhoudsopgawe Inleiding

4

Taksonomie

5

Transeurasiaties 5 Turkies

6

Mongolies

6

Uralo-Siberies

6

Kalmikië

7

Kamchatka

7

Nivkh

7

Volga-republieke 9 Oeralies

10

Joekaghier

10

Aard van Proto-Eurasiaties

11

Grammatiese vorme

12

Vergelykende Mitologie

13

Argeologie

13

Grafies-Analitiese Metode

14

Tuisland van Eurasiaties

13

Bibliografie

16

3


Inleiding Afrikaans en Engels is dogtertale van Germaans, wat op sy beurt ‘n lid van die Indo-Europese taalfamilie is op dieselfde vlak as die prototale Kelties, Italies (Romaans), Indo-Iraans, en Balto-Slawies. Die Deense linguïs Holger Pedersen (1867 – 1953) het in 1903 die taalfamilie Nostraties identifiseer as die oorsprong van onder meer Indo-Europees, AfroAsiaties (Semitiese tale, Berber, Egipties en ander), Altaïes (bv Turkies, Mongolies, Toengoes), Oeralies (Fins, Estnies, Hongaars), Kartveels (Georgies et al) en Elamo-Drawidies (Tamil, Telugu et al). Die Nostratiese hipotese is tydens die jare 60 deur linguïste soos Vladislav IllichSvitych en Aharon Dolgopolsky van die Moskou-Skool uitgebrei, en geniet hernieude aandag sedert die 1990s. Intussen het dit duidelik geword dat AfroAsiaties ‘n besonder ou groepering is, wat op ‘n dieper vlak as die ander bovermelde families aan Indo-Europees verwant is. Kartveels en Elamo-Drawidies blyk ook om meer verlangse verwante van dié taalgroep te wees, wat bestaan uit ‘n hegte verwantskap tussen Indo-Europees, Altaïes, Oeralies en sekere kleiner groepe van Siberië en Oos-Asië. Nostraties wat Afro-Asiaties, Elamo-Drawidies en Kartveels insluit, sou dus ‘n taksonomiese entiteit op ‘n hoër en ouer vlak wees. Die hegter groep binne Nostraties word Eurasiaties genoem, en oor die omvang daarvan bestaan daar nie absolute eensgesindheid nie. Volgens Professor Joseph Greenberg sluit Eurasiaties die volgende groepe in, te wete ChukchiKamchadaal, Eskimo-Aleoet, Indo-Europees, Oeraals, Turkies, Mongolies, Toengoes, Nivkh (Gilyak), Joekaghir en “Koreaans- Japanees-Ainu.” Die Eurasiatiese familie word onderskei deur /m/ in die eerstepersoon- en /t/ in die tweedepersoon-voornaamwoord, byvoorbeeld Engels /me/ en /thee/, Spaans /me/ en /te/, Fins /minӓ/ en /te/, sowel as ‘n meervoud wat met die suffiks /-t/ aan die naamwoordstam gevorm word, en ‘n dualis gevorm deur die suffiks /-k/. Hierdie patrone word nie in tale buite Eurasiaties gevind nie.

4


Die lede van Eurasiaties: I Indo-Europees is die wêreld se prominentste familie met tale soos Hindi, Gujarati, Bengali, Marathi, Spaans, Engels, Frans, Portugees, Duits, Italiaans, Pools, Sweeds en meer. Indo-Europees en sy protovorm word hier en hier in meer besonderhede behandel. II Trans-Eurasies bestaan uit Japonies (Japans, Koreaans, Ryukyu en Ainu) + Altaïes (Mongolies, Turkies en Toengoes). III Uralo-Siberies bestaan uit Oeraals, Chukchi–Kamchadal, Inuit-Yupik-Unangan, Joekaghier en Nivkh (Gilyak).

5


Minstens 35 Turkiese tale word in die sentrale en noordelike dele van Asië gepraat, vanaf Suidoos-Europa tot by die grense van China. Met sowat 175 miljoen moedertaalsprekers is lede van Turkies die amptelike tale van Azerbaijan, Turkmenistan, Kazakhstan, Uzbekistan en Kirgizstan. Die Mongoliese tale word deur ongeveer sewe miljoen mense in Mongolië, in China se Binne-Mongolië en in die Russiese Federasie gepraat, hoofsaaklik in Burjatië en Kalmikië. Die twaalf Toengoestale met sowat 80,000 sprekers is oor China, Mongolië en die Sakha Republiek van die Russiese Federasie versprei.

6


Oeraals, met sowat 26 miljoen sprekers van 38 tale wat Fins, Estnies, Hongaars, Karelies, Mordvin, Mari, Oedmoert, Komi, Khanty, Mansi, Saami en Samojedies insluit. Joekaghier mag saam met Oeralies dalk ‘n Oeralies-Joekaghir-familie vorm. Vandag woon die handjievol Joekaghirs in die Russiese Federasie se Sakha Republiek. Chukotko-Kamchatkaans of Chukchi–Kamchatkaans van Noordoos-Siberië, waarvan Chukchi die enigste lewenskragtige taal is. Inuit-Yupik-Unangan (Eskimo-Aleoet) van Alaska, Kanada en Groenland. Nivkh of Gilyak wat uit drie tale bestaan, in Mantsjoerye langs die Amurrivier en in die noorde van Sakhalin Eiland. Die 2010 sensus gee net 198 sprekers aan.

Kalmikië Die Oirat-voorouers van die Kalmyks het rondom 1630 die laer-Volga-gebied bereik, op ‘n reis van die Irtyshrivier in Djoengarye af. Kalmykia het sowat 300,000 inwoners, waarvan ongeveer 110,000 in die hoofstad, Elst of Elista, woon. Die Kalmyks is die enigste groep in Europa wat volgelinge van Tibetaanse Buddhisme is. Die stad Elista het ‘n imposante Buddhistiese tempel, die Burkhan Bakshin Altan Sume (Die Goue Woning van Buddha Shakyamuni).

7


Uralo-Siberiese tale

8


Die Volga-Republieke

Die Volga-republieke in die Russiese Federasie is Chuvashië, Tatarstan, Bashkortostan, Mari-El, Mordvinië en Udmurtië. Bashkortostan en Tatarstan is Turkse republieke, terwyl die mense van Chuvashië ‘n sonderlinge Turkse taal praat – die enigste afstammeling van Oghur-Turks – wat ook Bolgar-Turks genoem word. Die Oeraalse republieke is Mari-El, Mordvinië en Udmurtië, en na die noorde is Komi.

9


Oeralies, met sowat 26 miljoen sprekers van 38 tale wat Fins, Estnies, Hongaars, Karelies, Mordvin, Mari, Oedmoert, Komi, Khanty, Mansi, Saami en Samojedies insluit. Joekaghier mag saam met Oeralies dalk ‘n OeraliesJoekaghir-familie vorm. Vandag woon die handjievol Joekaghirs in die Russiese Federasie se Sakha Republiek.

10


Aard van Proto-Eurasiaties Proto-Eurasiaties was ‘n aglutinerende taal wat hoofsaaklik agtervoegsels en agtersetsels by beide die naam- en werkwoord gebruik het. Suffikse is aan ‘n stam of ‘n uitgang geheg om lekseme uit te brei en funksies aan te vul. Die voorvermelde /m-/ en /t-/-patroon by die eerste- en tweedepersoon voornaamwoorde het die bynaam “Mitian” aan Eurasiaties besorg. Vokaalharmonie word by Oeralies (bv Fins en Hongaars) aangetref en is ook ‘n kern-eienskap van die Mongoliese en Turkiese tale. Dit beteken gewoonlik dat net voorvokale soos i, ö, ä of ü, of net agtervokale soos a, o, u, ı in ‘n woord mag verskyn. By tale soos Fins is /e/ en/of /i / neutraal en dien in beide stelsels, sodat /e/ en/of /i/ saam met albei groepe gebruik kan word. Vokaalhaarmonie kan ook tongposisie, ronding en ander faktore in ‘n stelsel behels. Joseph Greenberg beskou vokaalharmonie as die oorsprong van die Proto-Indo-Europese ablautstelsel, waardeur klinkerwisseling in ‘n stam die betekenis verander, soos Afrikaans: sing en sang of Engels swim, swam, swum. Een van die meer as 600 woordstamme wat regdeur Eurasiaties voorkom, is woorde vir “roep”, “praat” of “tong”: Proto-Indo-Europees *gal /roep/, Proto-Oeralies *keele /tong/," Proto-Altaïes *khӓӓlӓ /tong, praat/, Kamchadal kel /gil/ Proto-Eskimo *kələɣ /vertel/. Meer as 70 grammatiese elemente en die vorme wat hulle in die afstammelinge van Eurasiaties aanneem, word deur Greenberg bespreek in sy seminale werk, Proto-IndoEuropean and its closest relatives: The Eurasiatic Language Family. Die verwantskap van Japonies, Koreaans, Mongolies, Toengoes en Turks in ‘n “Transeurasiese” familie is deur Martine Robbeets bewys, terwyl Michael Fortescue die UraloSiberiese familie van Oeraals, Joekaghir, Chukotko-Kamchatkan, Eskimo-Aleut en Nivkh (Gilyak) uiteengesit het.

11


Etlike grammatiese vorme wat deur die Eurasiatiese tale gedeel word, met inbegrip van Japonies, Joekaghir, Chukoto-Kamchatkaans, Eskimo en Nivkh (Gilyak).

eerste persoon m

interrogatief k

tweede persoon t

besittings l-

persoons- n

aanwysend i/e, t, s

verkleining k

dualis ki

nominalizer i, m

meervoud t, i, re

partisipium nt, l

akkusatief m

verbale naamwoord s

genitief n

konatief sk

datief ka

refleksief u/w

lokatief ru, n

kousatief s, k

ablatief t

negatief n

toekomstig s

passief r

12


Leenwoorde in Eurasiaties kom merendeels uit Proto-Semities, Proto-Kartveels en Noordwes- en Noordoos-Kaukasies. Een raming van Eurasiaties se verspreiding oor sentrale- en noordelike Asië is 9,000 VHE, ‘n datum wat met die laaste fase van die Göbekli Tepe-terrein ooreenstem. Eskimo-Aleoet (Inuit-Yupik-Inangan) is Eurasiaties se langafstand-kampioen wat deur Alaska en Kanada tot in Groenland versprei het. Voor dié indrukwekkende prestasie was daar egter ander tale wat die Amerikas uit Asië betree het. Volgens die linguïs en antropoloog Merritt Ruhlen was die oerfamilie Dené–Sino-Kaukasies reeds in Noord-Amerika toe Eskimo sy reis deur Alaska begin het. DSK is die ouer makrotaalfamilie, en is in Eurasië deur Eurasiaties verplaas sodat net geïsoleerde kolle DSK oorgebly het, soos Baskies in die weste, Burushaski in die ooste en Kaukasies in die middel. Die heel eerste taalfamilie in die Amerikas was Amerindies, Eurasiaties se naasverwante sustertaal wat waarskynlik so vroeg as 16,000 jaar gelede die leë kontinente binnegetrek het. In Noord-Amerika het intense vermenging tussen Amerindies en die Dené-tale van Dené–SinoKaukasies oor sowat vyfduisend jaar plaasgevind.

Vergelykende mitologie Die mitetema van die waghond wat die Nadoodse bewaak, word in Amerika onder sprekers van Sioux, Algonquian en Iroquian gevind, en in Eurasië onder die Indo-Europeërs (Cerberus), terwyl groepe soos die Chukchi en Toengoes die Melkweg as die weg van die siele beskryf, waar ‘n gidshond wag. Die hond word ook met genesing in verband gebring, soos by die Sumeriese godin Baba (Gula, Nintinugga) en haar helende honde wat teen siektes en bonatuurlike gevare beskerm. Aan die skadukant is daar die weerwolf wat ook aan beide kante van die Stille Oseaan te vinde is, soos onder die Mohawk en die Navajo.

13


Argeologie Die Mesolitiese kultuur se oorsprong lê in die vrugbare sekelmaan suid van die Kaukasus en in die Zagrosberge. Eurasiaties strek waarskynlik terug van 12 000 tot 9 000 VHE, met ander woorde 14 000 tot 11 000 jaar gelede. Dié groter tuislandgebied sluit Suid- en Oos-Anatolië, Noord-Sirië, Noord-Irak en die Transkaukasus in.

Meer as 100,000 rotstekeninge is in Armenië opgeteken, waarvan die meeste uit die 12de eeu vC dateer. Twee van die heel oudstes is ‘n afbeelding van ‘n olifant en ‘n afbeelding van wilde buffels wat intussen in Armenië uitgestef het. Geometriese figure, plante, hemelliggame en mitologiese karakters verskyn ook daarin. Op die rotse van Ukhtasar word byna die volledige reeks fauna van die Armeense Hoogland uitgebeeld. Die Jivakheti-, Gegham- en Vardeni-berge bevat van die mees indrukwekkende rotskuns.

Stetsyuk Miskien verdien Valentyn Stetsyuk se grafies-analitiese metode meer aandag. Daarvolgens was die Nostratiese tuisland ‘n wiggebied tussen die suidoostelike Kaspiese See en die drie mere van die Armeense Hoogland, te wete Sevan, Wan en Urmia. Dis die enigste manier om die ProtoIndo-Europese kontak met Kartveels, Semities, Oeralies, Altaïes en die kleiner Eurasiatiese groepe te verklaar.

Sou mens die Eurasiatiese tuisland dan in meer besonderhede wou identifiseer, was dit die gebied rondom die Sevanmeer teen die suidelike hange van die Kleiner Kaukasusberge, rondom die Kurarivier wat die Aridag- en Zangezurbergreekse insluit. Vanaf Artsakh (Nagorno-Karabakh) sou die area al langs die Araksrivier tot by die kus van die Kaspiese See in die ooste, en in die suide tot by Urmiameer gestrek het. 14


Hiervolgens sou Eskimo-Aleut, Kamchadaals, Nivkh, Oeralies en Joekaghier vroeg reeds die lang pad na die noordooste aangepak het terwyl die Indo-Europeërs met die Semitiese en Kartveelse families in kontak was. Die Kartveelse familie bewoon steeds die suide van die Kleiner Kaukasusgebergte en ‘n deel van die Armeense hoogland in die Chorokh- en Bo-Kuravallei.

Die sprekers van PIE het langer vertoef, maar sommige van hulle het soos die voorafgaande ook deur die Derbent-pas na die noorde getrek.

15


Bibliografie Bomhard, Allan R. 2006. Nostratic, Eurasiatic, and Indo-European, in: Brian D. Joseph and Joseph C. Salmons (eds.). 1998. Nostratic: Sifting the Evidence, pp. 17—49. Amsterdam and Philadelphia, PA: John Benjamins. Fleming, H C (2002). Afrasian and Its Closest Relatives: the Borean Hypothesis. Global Perspectives on Human Language (http://greenberg-conference.stanford.edu/Fleming_Abstract.htm) Fleming, Harold C, Stephen L. Zegura, James B. Harrod, John D. Bengtson, Shomarka O.Y. Keita. The Early Dispersions of Homo sapiens sapiens and proto-Human from Africa, in: Journal of the Association for the Study of Language in Prehistory • Issue XVIII • 2013. Fleming, H C. A New Taxonomic Hypothesis: Borean or Boralean', Mother Tongue 14 (1991). Gell-Man, Murray, Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin,Russian State University for the Humanities. The Global Lexicostatistical Database https://starling.rinet.ru/new100/GLD.htm Greenberg, Joseph. 2000. Indo-European and Its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family. Stanford, CA: Stanford University Press. Janhunen, Juha. Proto-Uralic—what, where, and when? Kortlandt, Frederik 2020. The dissolution of the Eurasiatic macrofamily https://www.academia.edu/44755526/The_dissolution_of_the_Eurasiatic_macrofamily

Kortlandt, Frederik. Indo-Uralic and Altaic https://www.kortlandt.nl/publications/art216e.pdf Robbeets, Martine. 2020. The classification of the Transeurasian languages DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0004 In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.31-39)

Robbeets, Martine. 2020. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0044 In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.753-771)

Robbeets, Martine. 2020. The Transeurasian homeland: where, what, and when? DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0045 In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.772-783) 16


Robbeets, Martine. 2020. The typological heritage of the Transeurasian languages DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0011 In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.127-144)

Meitei, Ningombam Bupenda. Age of proto-human. Department of Philosophy,University of Delhi Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: studies in linguistic taxonomy. Stanford Univ Press. Stetsyuk, Valentyn, Historical Macrolinguistics. Sergei Starostin, 1953 – 2005. https://pantheon.world/profile/person/Sergei_Starostin/ Tavakoli, Leila. A New Integrating Overview in the History of Long-Range Linguistics. Tokhatyan, K. S. Rock Carvings of Armenia. Uys, Pieter. 2021. Armenië, Ararat en Urartu. Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n brug oor die stroom van tyd. https://en.calameo.com/books/0066897910bd05997cedc

Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n drif deur die spruit van tyd. https://www.edocr.com/v/yko3n0by/Pietertoypom/taal-isn-drif-deur-die-spruit-van-tyd

Uys, Pieter. 2021. Taal is ‘n poort deur die muur van tyd. https://www.slideshare.net/PieterUys7/amerindies-taalis-n-poort-deur-die-muur-van-tyd

Uys, Pieter. 2021. Taalfamilies in die Oertyd. Vuosaly, Hellas,. The Untaught: Latest Horizon in Long-Range Historical Comparative Linguistics. New York: International Committee of Koinoetymology and Post-Metaphysical Thinking, ICKPT, 2017. Pp. 132

17


©Pieter Uys 2021

18


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.