Nongqai Vol 13 No 8

Page 15

POLISIEGESKIEDENIS | POLICE HISTORY

TROU TOT DIE DOOD TOE: MOORD OP GONIWE, CALATA, MKONTO EN MHLAULI Genl JV van der Merwe Ek was in 1985 tweede-in-bevel van die veiligheidstak van die SA Polisie en genl. Stan Schutte bevelvoerder. Toe die moord op die vier aktiviste op die lappe kom, het ek dadelik vermoed dat die Weermag betrokke was. Ek het die saak eers met genl. Schutte en genl. Jan Grobbelaar, hoof van die speurafdeling by hoofkantoor, bespreek en daarna met genl. Johann Coetzee, Polisiekommissaris. My standpunt was dat die Polisie alles in die stryd moes werp om die moorde aan die man te bring. Hulle het saamgestem en ek het gereël dat kol. Harold Snyman en kol. Eric Strydom, hoof van die speurafdeling in Port Elizabeth, my in Pretoria kom spreek. Ek het die saak met hulle bespreek en beklemtoon dat alle moontlike middele ingespan moet word om die saak op te los. My vermoede dat die Weermag by die moorde betrokke was, is later verder versterk. Ek is gevra samesprekinge by te woon waar maatreëls bespreek is om die nadelige gevolge wat die moorde vir die Regering inhou, af te weer. Dit was onder voorsitterskap van mnr. Adriaan Vlok, adjunkminister van Verdediging en van Wet en Orde. Genl. Hans van Rensburg was ook teenwoordig. Hy was van mening dat die saak met maksimum-publisiteit en propaganda gehanteer moet word. Ek het skerp verskil en dit onomwonde gestel dat die moorde ʼn sinnelose daad was wat ʼn groot verleentheid vir die Regering is. Hoe minder daaroor gesê word, hoe beter. Genl. Van Rensburg se woorde hierop was: “Johan, don’t fear when the Defence Force is near.” Tydens die tweede geregtelike doodsondersoek het adv. Anton Mostert, wat vir die Weermag opgetree het, gevra om met my kom praat. Hy was vergesel van adv. Doep de Bruyn, wat vir die Polisie verskyn het. Adv. Mostert het sonder om doekies om te draai te kenne gegee dat lede van die veiligheidstak die moorde gepleeg het en dat hy hulle aan die kaak gaan stel as ons nie die saak kon skik nie. Adv. De Bruyn het hom heftig aangeval en sy stelling verwerp. Dit was in daardie stadium moeilik om te bepaal of dit ʼn gesamentlike operasie was en om die rol wat lede van die Weermag en die Polisie gespeel het, te onderskei. Ek het adv. Mostert meegedeel dat ek oor geen NONGQAI Vol. 13. No. 8 15


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.