Nongqai Vol 13 No 8

Page 162

STRATEGIE

OORLOG IN OEKRAÏNE: MAAND-EIND ANALISE #6, JULIE 2022 Dr. Willem Steenkamp ‘n STRYD VEEL WYER AS DIE MILITÊRE & OM VEEL MEER AS OEKRAÏNE Hoe langer die konflik in Oekraïne voortduur, hoe duideliker word dit dat: • Die werklike protagoniste nie soseer Rusland vs. Oekraïne is nie (met lg. wat eintlik net maar die gras onder die pote is van die groot olifante wat baklei) maar wel die VSA vs. Rusland; • nog baie meer lande – prakties die hele wêreld – wesentlik geraak word deur hierdie konflik, en vorentoe al hoe meer die pyn gaan voel; • hierdie nie sommer maar ‘n “ingewing van die oomblik” besluit tot aksie was nie, met ‘n lang aanloop van die kant van beide die hoofprotagoniste; • die twis oor grondgebied tussen Rusland en Oekraïne, slegs maar ‘n (mindere) komponent is van ‘n veel groter stryd, wat al hoe meer gaan oor die grootmoondhede se statuur en posisie in die snelveranderende internasionale magsorde wat hierna sal geld; • die militêre stryd op die slagveld, maar net een van die dimensies van die konflik is – met die ekonomiese stryd toenemend die belangrikste, gevolg deur die diplomatieke stryd om die goedgesindheid van die res van die wêreld; en • les bes, dat daar ‘n nuwe internasionale verdeling besig is om pos te vat, synde tussen die Westerse lande wat glo dat die bewinde vir wie hulle as outokrasieë beskou (Rusland, Sjina, Iran ens.) hokgeslaan moet word soos wat Fascisme en Nazisme in die veertigerjare gestuit is, terwyl ‘n baie groot deel van die nie-Westerse wêreld op hulle beurt weer glo dat die era van Westerse diktaat, wat so eng verstrengel was met imperialisme, kolonialisme en rassisme, nou kan en behoort beëindig te word. Die militêre situasie: Soos wat ons reeds vanaf die heel eerste artikel in hierdie reeks voorspel het sal gebeur (gepubliseer net vier dae na die Russiese inval aan die einde van Februarie 2022), is die Russiese militêre masjien steeds brutaal-sistematies besig om voort te maal, met dieselfde langtermyn-strategie wat Rusland goed gedien het in Tsjetsjnië en Sirië. Dit word steeds meer duidelik dat tyd in die Russe se oë hulle bondgenoot is – veral in die breër konflik met die Weste – en dat die komende winter deurslaggewend mag wees. Die Westerse propaganda-media, en veral dié van die Anglosfeer, is deesdae stil oor wat op die slagveld aan’t gebeur is (behalwe om “wonder-wapens” soos die Himars meervuldige vuurpyllanseerder te probeer ophemel, as bewys van hoe daadwerklik hulle die Oekraïniërs steun – al wil hulle nie self waag om stewels op die grond te sit, of nie-vlieg sones te probeer verklaar nie). Dit is egter onomstootlik duidelik dat die Russe en hulle plaaslike bondgenote stelselmatig besig is om die Oekraïniërs in die oorblywende deel van die Donbass te oorrompel. Die hele Lugansk-provinsie is reeds ingeneem, en in die restant van Donets is die Russe skynbaar onstuitbaar sistematies aan die opmars.

NONGQAI Vol. 13. No. 8

162


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.