Nongqai Vol 13 No 8

Page 83

Issued by Tertuis Simmers, DA Provincial Leader, Western Cape, 25 July 2022 https://www.politicsweb.co.za/politics/saps-oversight-inspections-kick-off-in-thewestern?utm_source=Politicsweb+Daily+Headlines&utm_campaign=a617566278EMAIL_CAMPAIGN_2022_07_25_09_15&utm_medium=email&utm_term=0_a86f25db99a617566278-130042309

VERTOLKING VAN BERIGTE & KOERANT ARTIKELS Brigadier Fanie Bouwer Ek is gevra om kommentaar te lewer, of dan liewers 'n vertolking te gee van etlike koerantartikels en mediaverklarings wat aan my voorgehou is rondom die polisie en misdaad. Die taalguru’s reken 'vertolking' is in werklikheid 'n interpretasie-ding. Andersins impliseer dit ook een van twee dinge: eerstens, die betrokke tekste is effe vaag in soverre dit die bedoeling daarvan betref en dat my vertolking sal wees om 'n verduideliking te probeer gee van daardie bedoeling. Dit sal dan ook onderhewig wees aan my moontlik eie persoonlike voorkeure of praktiese kennis - veral my institusionele geheue as oudpolisie-offisier met dekades se polisie-ervaring - en dalk ook 'n skeut subjektiwiteit wat dalk na vore mag tree. En dít is maar hoe dit is. Die artikels en die mediaverklarings wat ek gelees het, is uiteenlopend van aard. As mens dit egter aandagtig lees, kom jy agter dit is persone, joernaliste en/of organisasies wat ernstige misdaad enersyds onder die breër publiek se aandag wil bring, met ook, let wel, 'n pleit dat dié kwessies daarin vermeld van die polisie moet aandag kry. Terselfdertyd, en subtiel natuurlik, wys dit ook 'n gebrek of tekortkominge in polisiëring uit. Dit is inderdaad 'n wekroep vir beter polisiëring. Niks anders nie. Die oproep uit die Wes-Kaap deur die Kaapse Forum dat 'n referendum uitgeroep moet word vir die afwenteling van polisiemagte na die Wes-Kaap, is een wat eintlik sê: "Ons sal polisiëring beter doen as die nasionale SAPD". Die voor- en nadele van só iets, met die finansiële implikasies, sal natuurlik eers goed ontleed moet word. Mens kan deesdae enige 10 ander artikels rondom die polisie en polisiëring in die media hier aanhaal. En dit wat ek hierbo gesê het, sal eweneens van toepassing wees. Die logies vraag nou is: Is dit wat in die artikels en mediaverklarings aan my voorgehou is, iets nuuts? Is daar skielik 'n nuwe tendens waarvan ons moet van kennis neem? Die antwoord is een van 'nee', soos ek hier onder gaan verduidelik. Dit kom reeds jare aan. Eerstens, ek gee die afgelope 10 jaar baie aandag aan die SAPD en hoe dié organisasie misdaad takel en hoe hulle presteer. En natuurlik ook die SAPD se on/professionaliteit, dissipline, kennis, gewilligheid, nuwe kultuur, werkswyses, ensovoorts. Hierdie dinge het ons ook elders reeds al breedvoerig onder die loep geneem. Daar was praktiese voorstelle. Tog moet ek dit weereens net kortliks na verwys. Dit gaan nie help dat die geleerde 'kenners' van misdaad en polisiëring in koerantartikels en ook talle ander wat ek onlangs gelees het wat op die oog af intelligente, maar ietwat teoretiese voorstelle (om beter polisiëring te doen) aan die hand doen nie. En dan lees ek ook van die sg. geestesgesondheid van die polisiebeamptes; die geweldige druk wat die polisie deesdae in die gesig staar; die verlies aan mannekrag; die lae werwingsgetalle; NONGQAI Vol. 13. No. 8

83


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.