Solank jou planne net nooit opraak nie...
Oorstomings op sekere plekke beteken glad nie dat die droogte wat in groot dele van die land heers gebreek is nie.
Tien jaar van droogte het baie boere aan die einde gebring van planne maak, die einde van ՚n geldelike reserwe, en die einde van ՚n geduldige oor by die bankbestuurder of die plaaslike koöperasie.
Ek dink baie van ons voel moedeloos en raadop.
Eskom se wisselvallige kragvoorsiening skep veral vir besproeiingsboere groot probleme en landbouleiers is bekommerd oor die invloed van die kragkrisis op landbou. Nie net beurtkrag skep kommer vir boere nie, maar ook die styging van minimumloon.
Christo van der Reede, uitvoerende direkteur van Agri SA, lig sy kommer uit: “Enige styging in koste sal boere verder onder druk plaas. Terwyl die sektor sukkel om die koste verbonde aan beurtkrag, verkrummelde infrastruktuur en hoë insetkoste in bedwang te bring, sal hierdie verhoging voedselsekerheid verder ondermyn en broodnodige werkgeleenthede op die spel plaas.”
Ek dink meer as ooit besef ons almal dat ՚n herbeplanning van elke boer se sakeplan nou nodig is. Wat my laat dink aan my pa wat altyd sal sê: “Jou planne moet nooit opraak nie. ՚n Boer
Inhoudsopgawe / Contents
maak ՚n plan. Of dit nou ՚n goeie seisoen of ՚n seisoen van droogte is, ՚n plan moet altyd gemaak word.”
Vir ons voorbladstorie, blaai na bladsy 3. Die artikel vertel die verhaal van Patrysvlei Pecans, een van die oudste pekanneutboorde in die NoordKaap, en Agrico se betrokkenheid by hierdie suksesvolle boerdery.
Hoogtepunte op hierdie maand se kalender is Pioneer se agronomiedae wat op 9 Maart te Sannieshof aangebied word en 29 Maart by Middelburg.
Bonsmara SA se Rooi Ras-geleentheid, asook die nasionale veiling, vind op 12 Maart by Afridome, Parys, plaas. Boere en ander belanghebbendes in die landboubedryf kan vanaf 14 tot 16 Maart die Africa Agri Tech- (AAT) -ekspo en konferensie by die SunBetarena, by Time Square in Menlyn Maine in Pretoria bywoon.
In hierdie maand se uitgawe het ons iets vir almal. Ek hoop dat elke artikel in hierdie maand se uitgawe jou planne makliker sal maak.
Lekker lees, en reik gerus uit na ons; ons wil graag van jou hoor.
ProAgri-groete!
Bianca Henning bianca@proagri.co.za
Op ons voorblad
In Suid-Afrika is reënval nie voldoende om te voorsien in die waterbehoeftes van pekanneutbome vir optimale produksie nie. Gewoonlik word bykomende besproeiing tydens die kritieke groeistadia benodig om goeie opbrengs en gehalte te verseker. Lees meer op bladsy 3 oor Agrico se ondersteuning aan Patrysvlei Pecans.
ProAgri
Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577
Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708
www.proagri.co.za
Copyright © 2023. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
ProAgri
Redakteur tydskrif en aanlyn
Bianca Henning >
Verslaggewers
Maryna Steyn >
Natasha Pansegrouw>
Benine Ackermann >
Spesialisskrywer
Annemarie Bremner >
Agrico makro-besproeiing verbeter waterbestuur
Boer slimmer met Gallagher se draadlose watermonitering SM Structures offers farm-smart decisions for your agricultural structures
Stewarts & Lloyds: Flink en vriendelik tot jou diens
Fendt vier die vervaardiging van 20 000 trekkers in 2022 Die nuutste in landboutegnologie van regoor die wêreld
Tydsberekening van stuifmeelstorting in mielies
Jojoba: Onontginde nismark met baie potensiaal Oesskattings nie 'n skoot in die donker
Groentetuin vir beginners 1: Hoekom ’n groentetuin?
Wees Wes-Kaap se wynbedryf genadig, pleit minister
Winsgewende skaapboerdery deel 17
Karooboer vier 50ste uitvoerland
082-326-2572 bianca@proagri.co.za
082-261-9177
maryna@proagri.co.za
081-736-4236 natasha@proagri.co.za
073-105-6938 benine@proagri.co.za
082-320-3642
annemarie@proagri.co.za
Bemarkingsbestuurder
Diane Grobler >
Bemarkers
Xander Pieterse >
Johan Swartz >
Tiny Smith >
Lynette van Tonder >
082-555-6866 diane@proagri.co.za
062-391-6507
xander@proagri.co.za
071-599-9417 johan@proagri.co.za
082-698-3353 tiny@proagri.co.za
074-694-4422 lynette@proagri.co.za
Skeppende bestuurder
Christiaan Joubert >
Uitleg en ontwerp
072-419-3990 christiaan@proagri.co.za
Michelle Kruger & Jamie-Lee Tromp
Kliëntverhoudingsbestuurder
Carin Swartz >
Navrae
Engela Botha >
Rekeninge
Ronel Schluter >
084-233-0123 carin@proagri.co.za
073-663-1234 engela@proagri.co.za
084-088-0123
accounts@proagri.co.za
Verspreiding en intekening
Nita Volmer-van Zyl >
Sakebestuurder
George Grobler
079-515-8708 nita@proagri.co.za
THERMION 2 XQ50 PRO LRF
Agrico makro-besproeiing verbeter waterbestuur vir pekanneute
Om te voorsien in die waterbehoeftes van pekanneutbome vir produksie in Suid-Afrika, is reënval is nie voldoende nie. Daarom word slim besproeiingsoplossings benodig tydens die kritieke groeifases om optimale opbrengs en gehalte te verseker.
Heinrich Weideman boer sedert 1994 in die Perdeberg-distrik naby Kimberley met pekanneute. Sy boerdery, Patrysvlei Pecans, is een van die oudste pekanneutboorde in die Noord Kaap.
“Voordat ons pekanneute begin kweek het, was daar reeds ՚n verhouding met Agrico,” vertel hy.
Heinrich was ՚n groente- en graangewasseboer voor hy in pekanneute belê het. Dit was in daardie jare wat sy pad met Agrico gekruis het.
“In 1988 het ons spilpunte opgerig. Ek was beïndruk met Agrico se produkte, kundigheid en diens. Daarom was dit vanselfsprekend om Agrico vir ՚n die volgende besproeiingsoplossing te nader.”
Die perfekte gebied vir pekanneutverbouiing
Hulle het oorgeskakel na neute omdat dit as ՚n uitvoerproduk bemark kan word en die proses gemeganiseer kan word. Patrysvlei Pecans se neute word hoofsaaklik gekweek vir die uitvoermark, spesifiek Sjina, wat deur SA Pecans moontlik gemaak word.
“Aan die begin was daar min inligting beskikbaar. Ons het prof Holzhausen by die LNR (Landbounavorsingsraad) gaan sien. Hy het Suid-Afrika gekarteer en geklassifiseer in gebiede A, B en
C, ten opsigte van die geskiktheid vir pekanneutverbouing. Ons het gesien dat ons in ՚n A+ kategorie val.”
Dit beteken daar is hoë hitte-eenhede in die somer en koue winters wat ՚n rustydperk vir die boom bied. Sonder genoeg rus, verlaag die gehalte en die opbrengs. Daar is ook laer humiditeit wat die risiko vir siektes verlaag.
Om die regte kultivars op te spoor, het Heinrich by Amerika se vierde-geslag pekanneutboere gaan aanklop. Hy het aanvanklik verskeie kultivars geplant, maar Wichita en Western Schley het bewys hulle vaar die beste in die Noord-Kaap.
Vanaf vloedbesproeiing na makro-besproeiing saam met Agrico
Aanvanklik het Heinrich die bome met vloedbesproeiing natgelei. Dit was egter moeilik om die toediening, verdamping en skedulering te bestuur.
Freddie Craigie, besproeiingsbemarker by Agrico, is sedert 2003 deel van die Kimberley-span. Vanaf 2010 behartig hy besproeiing vir boere in dié distrik. Hy was verantwoordelik vir omskakeling van Heinrich se besproeiingstelsel na makro-besproeiing.
Waar gewasse soos pekanneutbome meer water benodig as wat mikro-besproeiing kan lewer, maar ander stelsels te veel water toedien, is makrostelsels ideaal. Met makro-besproeiing word die hele oppervlakte natgespuit
Makro-besproeiing onder die pekanneutbome laat die lowergroen boorde laatsomer almal vrugte dra. Agrico se Kimberley-tak het die besproeiingstelsel in hierdie boord opgerig om elke druppel water ten beste te benut.
en dit gebruik aansienlik minder water.
“Ons besproei 220 hektaar pekanneutboorde met bome wat 10 by 10 meter uitmekaar geplant is,” verduidelik Heinrich.
՚n Pekanneutboom benodig ongeveer 1 200 ℓ water per seisoen. Die Amerikaanse boere het aanbeveel dat die stelsel 400 ℓ per boom per dag moet kan toedien, maar Heinrich se stelsel kan tot 1 300 ℓ per boom per dag toedien vir piekseisoen besproeiing. Wanneer hy in hierdie maande van Desember tot middel Februarie besproei, trek die stelsel 270 tot 290 ℓ/u per boom. In die winter benodig die bome selde water.
Makro-besproeiing van Agrico lei neute getrou nat Vir Heinrich is dit belangrik dat sy diensverskaffer verstaan dat boerdery nie kantoorure het nie.
“Agrico help ons met die kundigheid en die tegnologie wat hulle bied,” sê hy. “Ek kan Freddie bel net wanneer ek hom nodig kry, en hy kan my dadelik help.”
Freddie vertel dat die ontwerp van ՚n stelsel in noue samewerking met die boer geskied omdat hy die behoefte van die boer en boord moet verstaan. Daarna volg die uitleg en oprigting onder Freddie se kundige leiding.
“Ons is betrokke by die hele proses – van ontwerp tot die oomblik wanneer die boer met groot opgewondenheid die krane vir die eerste keer oopmaak. Selfs daarna is ons altyd beskikbaar om te help.”
Sorteeraanleg vir Patrysvlei Pecans
Patrysvlei Pecans het onlangs ook ՚n sorteeraanleg opgerig. “Ons wou in 1998 ՚n kraakaanleg oprig, maar daar was nie genoeg volume om die onkoste van oprigting te regverdig nie. Daarom het ons fokus verskuif na beter gradering van die neute. Hierdie proses verseker ons kopers dat die grootte, gehalte en eenvormigheid van neute deurlopend steekhoudend is,” vertel hy. “Nou lewer ons hierdie diens ook aan ander verwerkers.”
Sedert 1994 loop Agrico se Kimberley-span reeds 'n pad met Patrysvlei Pecans. Die manne wat so tevrede glimlag is (van links na regs) Freddie Craigie en Joe Coetzee van Agrico, by Heinrich Weideman, boer van Patrysvlei Pecans, en sy skoonseun, Dirkie Calitz, wat ook op die plaas werk.
In die aanleg word neute geklas volgens grootte, naamlik klein, medium, groot en ekstra groot. Daarna word neute wat swak gevul is met ՚n vakuumproses uitgehaal. Laastens word dit in sakkies verpak en die vrag word voorberei vir verskeping.
Boer slimmer
met Gallagher se draadlose
watermonitering vir plaasdamme
Doeltreffendheid, gerief en gemak is voordele wat vandag se gevorderde tegnologie die boer bied. Net soos met jou WiFi kan jy nou ook draadloos jou plaasdam se water vanaf jou foon dophou om te sien waar jou watervlakke lê en of jou vee drinkwater het.
Die meeste boere (en baie dorpenaars) het ook watertenks by hulle huise, want dorpenaars is deesdae uitgelewer aan wisselvallige watervoorsiening en geen mens kan sonder water klaarkom nie.
Gallagher se draadlose watermoniteringstelsel help jou om jou watervoorraad en -verbruik te bestuur.
“Gallagher gee ՚n oplossing vir ons boere,” sê Demi Nel, gebiedsbestuurder van die kusgebied vir Gallagher Dierebestuur SA.
“Ons draadlose watermoniteringstelsel help enige klant wat ՚n tenk besit en wil meet hoeveel water in sy tenk is.”
Demi voeg ook by dat die boer sy stelsel self kan koppel. “Die stelsel het ook ՚n toepassing, Gallagher Water, waar jy alles vanaf jou foon kan sien en doen.”
Algemene probleme wat boere met waterbestuur het, sluit in: Vee wat nie drinkwater het nie Te min water vir diere kan lei tot ontwatering wat dieregesondheid en -prestasie benadeel. Buitendien breek dit ՚n boer se hart om te sien hoe ՚n dier dors ly.
Waterbeskikbaarheid
Om dam- of tenkvlakke dop te hou is tydrowend. Met Gallagher Water kan die boer maklik die watervlakke dophou, selfs wanneer hy weg is van die plaas af.
Waterlekke
Dit is soms moeilik om waterlekke raak
te sien, maar Gallagher se stelsel wys dit uit.
Afgeleë water wat geberg word
Dis soms moeilik om by afgeleë waterpunte uit te kom. Die stelsel en toep maak dit moontlik.
Daarom is Gallagher se watermoniteringstelsel perfek vir boere. Die kenmerke van die stelsel:
• Moniteer tot nege tenks se watervlakke.
• Beheer tot twee waterpompe.
• Meet die waterverbruik – jy kan sien hoeveel water jou diere verbruik.
• Sien maklik raak as daar te veel water gebruik word en dan kan jy weet daar is iewers ՚n lek.
• Stel jou van watersake in kennis deur jou foon.
• Data kan ook tot 10 km ver gestuur word en antennas is beskikbaar om die afstand te verleng.
• Geen selfoon- of internetverbinding is nodig by jou tenk nie.
• Dit is gebruikersvriendelik – maklik om te lees.
Volgens Demi is die grootste voordeel van die stelsel dat boere nie vroegoggend of laataand hoef uit te gaan om hulle watervlakke te gaan moniteer nie. Hulle kan dit veilig vanuit hulle huise doen.
Dit gee jou ook al die inligting soos die waterverbruik, tenkvlakke en outomatiese pompbeheer. Die boer word ook vroegtydig gewaarsku as watervlakke daal.
Wat het die boer nodig vir die stelsel?:
• ՚n Watervlaksensor wat die watervlak in die tenk of dam meet.
• Datasender wat die data van
• watervlakke stuur om waterbeskikbaarheid dop te hou. Die sender word met ՚n sensorkabel van 4 meter op jou tenk gesit.
• Die raakskermontvanger word dan met die sender verbind sodat jy jou watervlakke deur die toep op jou foon kan sien.
• Die pompbeheerder beheer jou pomp deur hom aan en af te skakel.
• Die watervloei-aanwyser beheer watervloei en help jou om lekke makliker op te spoor.
Kontak Gallagher vir meer inligting en om jou stelsel aan te skaf by www.gallagher.co.za, 011-9744740 of stuur 'n e-pos na sales. za@gallagher.com. Jy kan ook vir Demi Nel regstreeks kontak by: demi.nel@gallagher.com of 073001-4690
Kontak besonderhede: 011-786-1043
steve@smstructures.com
Jon Marco: 076-519-1734
jonmarco@smstructures.com
SM STAAL STRUKTURE
VERVAARDIGING, OPRIGTING, DAKPLATE EN BTW INGESLUIT.
Duisende projekte reeds suksesvol voltooi.
KIES GEMOEDSRUS; KIES SM STRUCTURES!
*** Pryse geld solank voorraad hou.
Alle pryse sluit BTW in
12 x 25 x 4 oprigting ingesluit R211 000
15 x 30 x 4,5 oprigting ingesluit R281 000
18 x 30 X 4,5 oprigting ingesluit R483 000
20 x 30 x 6 oprigting ingesluit R560 000
25 x 30 x 6 oprigting ingesluit R711 000
30 x 30 x 6 oprigting ingesluit R1 176 000
MEER SPESIALE AANBIEDINGS
Doen dit self strukture vir oplaai (geen oprigting).
12 x 25 x 4 oprigting uitgesluit R159 000
15 x 30 x 4.5 oprigting uitgesluit R223 000
18 x 30 x 4.5 oprigting uitgesluit R367 000
20 x 60 X 6 oprigting uitgesluit R815 000
20 x 30 X 6 oprigting uitgesluit R419 000
25 x 30 X 6 oprigting uitgesluit R548 000
30 x 30 X 6 oprigting uitgesluit R999 000
Alle pryse sluit BTW uit
2 of 12 x 25 x 4 oprigting uitgesluit R396 000
Modulêre behuising, afgelewer binne twee weke na bestelling. 1,2,3 of meer slaapkamers met sitkamer, kombuis en badkamer.
SM Structures offers farm-smart decisions for your agricultural structures
by Natasha PansegrouwDoes a severe lack of farm buildings make you scramble to find space for your animals and equipment? These buildings could be used for many different purposes, each of which would make them important or even necessary.
SM Structures offers tailor-made solutions according to farmers' needs. Structures offer protection from external elements, a place to store supplies, equipment and food, as well as a place for animals to take refuge. Farmers can also use them as a storage space for their various tools and machinery.
Aircraft assembly structures and their components
Crop protection is of utmost importance for a farmer. If you own your own aircraft for crop-dusting and you are looking for a storage place for your aircraft on the farm, SM Structures has the answer for you.
SM Structures specialises in the construction of prefabricated steel buildings, including airport hangars and other similar structures.
SM Structures has spent a lot of time and effort making the best aircraft hangar structures in the country. They get a kick out of giving their aviation enthusiast friends advice on the most effective ways to protect their planes that will not put a strain on their budget. They are well aware of how challenging it can be to keep planes safe from adverse weather, such as the kind that occurs in South Africa.
Their aeroplane hangars are designed to be functional as well as aesthetically pleasing in their construction. The pilots are not only put at ease by these buildings' ability to shield expensive aircraft, but also by the fact that they offer so much space. They also store the necessary tools and equipment to guarantee that the aeroplane will always take off without a hitch.
Structures that can be assembled for use as barns and warehouses
SM Structures are leaders in the field when it comes to constructing flexible office spaces out of steel, and made in South Africa. You can reduce the cost of construction while still having enough space to keep stocks or products, provide a home for animals, use as workshops, and fit equipment. Because they make use of leading-edge technology and high-quality materials, they are able to construct much longer buildings without using column support.
During the design process for agricultural steel structures, the specific farming needs of farmers are taken into account. Each steel building that comes from SM Structures is individually designed and engineered to meet the requirements of any and all equipment storage requirements, as well as being in compliance with any and all relevant regulations and standards.
The time has come for expansion, and SM Structures has the solutions you are looking for. A steel structure from SM Structures is the perfect place to store tractors, combines, planters, diggers, bale wagons, bale wrappers, balers, rakes, blowers, aerators, cultivators, rotary hoes, tedders, grain bins, backhoes, mowers, loaders, graders, excavators, cranes, grain trucks, flatbed trucks, and harvesters.
Contact SM Structures at (+27) 11-786-1043 or info@smstructures. com to have a new barn built for your farm's equipment. In terms of site selection and technical specifications, they can provide you with comprehensive guidance.
“Every SM Structure is built from the ground up to accommodate solar panels.”
Stewarts & Lloyds Rustenburg: Flink en vriendelik tot jou diens
deur Maryna Steyndaarop was presies waarna die Stewarts & Lloyds bestuurspan gesoek het.
Nuwe tak, nuwe mense, jare se kennis
Al die personeel by Stewarts & Lloyds se nuwe tak het jare ervaring in die staalbedryf. Daardie kennis het hulle opgedoen in verskeie poste by verskeie staalmaatskappye.
“Almal woon in die gebied en het baie kennis wat hulle saambring, nie net oor die behoeftes van ons klante nie, maar ook oor die staalprodukte wat ons verskaf. Elkeen weet waarvan hy of sy praat,” vertel sy.
Hierdie behendige span bestaan uit 22 lede. “Thomas het letterlik hierdie span met die hand gaan kies,” sê Annamarie. “Party van die mense het byna 20 jaar se ondervinding in die bedryf. Enigiemand wat op soek is na staal sal daarby baat vind.”
Annamarie getuig dat elkeen gemotiveer is om die Stewarts & Lloydshandelsnaam hoog te dra en die beste
diens te lewer. “Baie van die mense het mekaar reeds geken voordat hulle hier begin werk het, omdat ՚n mens kollegas in jou veld algaande leer ken. Dit is deel van wat die atmosfeer by hierdie nuwe tak so besonders maak: jare se kundigheid en ondervinding met mense wat lang paaie in die bedryf saamgestap het.
Verspreiders van staal sprei vlerke met dié nuwe tak
Stewarts & Lloyds verskaf nie net gehalte staal, pyp en plate nie, maar ook besproeiingsbenodigdhede soos kleppe, pompe en koppelstukke, heinings, sekerheidstoerusting en ander hardeware. Dit is ՚n een-stopwinkel vir die boer wat bouwerk of instandhouding wil doen of ՚n besproeiingstelsel wil installeer.
Die Rustenburg-tak beteken nie net beter diens deur ՚n dinamiese span met hulle vinger op die pols nie, maar ook verbeterde toegang tot algemene hardeware en doen-dit-self-benodigdhede.
“Net so belangrik as wat dit is om takke wat puik diens lewer op strategiese plekke te hê, is dit ook noodsaaklik om ՚n betroubare netwerk van takke te hê,” sê Annamarie. “Dit beteken dat ons kan uitreik na ander takke om belangrike produkte of onderdele te kry.”
Indien dit sou gebeur dat ՚n tak nie voorraad van ՚n item het wat ՚n boer dringend nodig het nie, kan enige Stewarts & Lloyds-tak ՚n ander een skakel om die nodige produk op te spoor.
Boere in die Rustenburg-omgewing kan nou die voordele geniet van ՚n splinternuwe Stewarts & Lloyds-tak wat in Februarie sy deure geopen het. Hierdie tak stel die bekende staalverskaffer in staat om van ՚n sentrale punt af beter diens aan die mense in omliggende gebiede te voorsien.
“Die vestiging van die Rustenburg-tak kom al ՚n lang pad. Ongeveer vier jaar gelede het die Stewarts & Lloyds bestuurspan van Brits en Rustenburg, begin soek na ՚n perseel. Hy en die ander bestuurslede van die projek het na verskeie plekke gekyk en eindelik hierdie perseel opgespoor,” sê Annamarie Cangueiro, verkoopsbestuurder by die nuwe tak. “Daarna is daar ՚n lang proses saam met argitekte gevolg om die bestaande struktuur om te skep na die verkoopswinkel soos dit vandag lyk.”
Die perseel wat uiteindelik gekies is, is in die nywerheidsgebied en die grootte van die erf en die gebou
Iets vir almal by die nuwe Rustenburg-tak
“Of dit nou vir landboudoeleindes, konstruksie of mynbou is, die plaaslike gemeenskap ondersteun ons baie sterk. Ons bied aan ՚n wye verskeidenheid bedrywe verskillende produkte,” sê Annamarie. Sy glo ook dat die flinke span se positiewe gesindheid sorg dat die nuwe tak kop en skouers bo mededingers uitstaan. “Prys is baie wisselvallig, maar een manier hoe ons mededingend en standhoudend sake kan doen is met uitstekende klantediens,” glimlag sy.
Die tak bied gratis aflewering binne die grense van Rustenburg. Vir aflewering buite die dorp is daar ՚n geringe koste — net nog ՚n manier waarop Stewarts & Lloyds voortreflike diens verseker! Boonop sny hulle ook pype en staal tot die regte lengte om die boer se lewe te vergemaklik.
Groot fees! Hou die media in Maart dop vir die datum van ՚n groot fees om die opening van die tak te vier.
Vir meer inligting oor jou naaste Stewarts & Lloyds-tak, besoek die webtuiste by https://stewartsandlloyds.com/
A systemic insecticide with rapid knockdown of aphids and whiteflies. Apply as a high volume, full cover spray at the first signs of infestation.
A fast-acting contact and stomach insecticide for the control of fall armyworm.
Start application when pest is first noticed or apply as a follow-up application in a spray programme. Apply a minimum of two consecutive sprays of Delegate® 250
A contact and stomach insecticide with two complementary active ingredients for rapid knock-down as well as residual control of fall armyworm and diamondback moth.
Fendt vier die vervaardiging van 20 000 trekkers in 2022
Die trekkervervaardiger Fendt, wie se plaaslike verspreider AGCO Africa is, het in 2022 die vervaardiging van 20 000 Fendt-trekkers gevier. Die 20 000ste een was ՚n 724 Vario-model in Desember verlede jaar. Dit is ՚n mylpaal in Fendt se trotse geskiedenis van 92 jaar.
Die fabriek is ongeveer 120 km noord van Fendt se Bavariese hoofkwartier en in Asbach-Bäumenheim, met ՚n susteraanleg in Marktoberdorf in die Allgäustreek. Die fabriek is een van die wêreld se mees gevorderde aanlegte.
Kajuite en enjinkappe word van nuuts af in eersgenoemde aanleg gebou en dan op ՚n net-betyds grondslag na laasgenoemde vervoer vir montering op die trekkers, ՚n stadium van die produksielyn waarna verwys word as 'die huwelik'.
Die hele Fendt-span het ՚n sleutelrol gespeel in die vervaardiging van die 20 000ste trekker. Van onderdeleproduksie-aanleg tot die hoofmonteerlyn.
Die Fendt 700 Vario was een van die gewildste trekkerreekse in Suid-Afrika. Hierdie trekker is ՚n kombinasie van sterkte, krag, beweeglikheid, aanwendbaarheid en operateursgemak, alles te danke aan die splinternuwe operateurswerkstasie tesame met die geïntegreerde FendtONE-platform. Dit is ՚n veelsydige trekker en die perfekte pasmaat vir enige tipe werk - van eenvoudige boerderytake, tot vervoer en swaardiens veld- of vlootwerk.
Die beproefde en bewese sessilinderenjin van die Fendt 700 Vario lewer 106 tot 174 kilowatt met ՚n topspoed van 40 km per uur. Met ՚n enjininhoudsmaat van 6,1 liter, vier kleppe per silinder en drukbuisinspuiting lewer die enjin hoë wringkrag.
Dit is ՚n kompakte, hoëkilowatt-trekker ontwerp vir maksimum werkverrigting en vrag terwyl die enjin en kragoor-
dragstelsel in perfekte harmonie werk vir hoë algehele doeltreffendheid. Die Vario-ratkas bied ՚n traplose aandrywing van 0,02 km per uur tot ՚n maksimum spoed van 40 km per uur met deurlopende veranderlikespoedaanpassing wat enjinwerkverrigting optimaliseer. ՚n Trekkerbestuurstelsel (TMS – Tractor Management System) beheer die enjin en transmissie om te verseker dat die trekker ten alle tye ekonomies funksioneer.
Kenmerke soos maksimum outomatiese kragleweringbeheer verminder brandstofverbruik selfs meer, met die enjin wat ten alle tye teen die perfekte omwentelinge vir die taak loop. Die maksimum vragbeheerfunksie bepaal hoe ver die enjinspoed toegelaat word om te daal volgens die enjin-lading
of na die teikensnelheid as die TMS of “cruise control” ingeskop het.
Hoe Fendt die vervaardiging van 20 000 in 2022 bereik het Fendt vervaardig trekkers in groot aanlegte by die hoofkwartier van Duitsland se grootste vervaardiger van landboutoerusting. Verskeie modelle word op net een produksielyn vervaardig. Die hart van elke trekker is die enjin en transmissieblok.
Die enjinraam is aan die voorkant van die transmissie gemonteer. Die grootste element is die waaiereenheid, gevolg deur die vooras en hidrouliese tenk. Oor die volgende drie uur gaan die eenhede deur 29 monteerstasies.
Daarna is die wêreld se kragtigste trekkerreeks gereed. Eers word die datakabels aan die enjin- en transmissieblok gekoppel. Die hoëtegnologietrekker het baie kilometer kabels en sensors wat voortdurend moniteer wat die trekker op enige gegewe oomblik doen. Al hierdie inligting word tydens die proses na ՚n sentrale rekenaar in die kajuit oorgedra.
In die volgende produksiestasie word die trekker toegerus met sy lug- en deeltjiefilter, katalitiese omskakelaar en brandstoftenk.
By die volgende stasie word die kajuit op die enjinblok gemonteer.
Die bekwame monteerspan is spesialiste wat minstens 3,5 jaar toepaslike opleiding ondergaan het.
Tamaai boute hou die kajuit veilig in posisie sodat nie eers die taaiste take in die veld hom kan ontsetel nie.
Marktoberdorf in die Allgäu-streek.
Hierdie belangrike stap waar die kajuite en onderstel saamgevoeg word staan bekend as die 'huwelik'. In die motorbedryf verwys dit na die installering van die enjin in die voertuig, terwyl dit met trekkersamestelling beteken dat die kajuit aan die trekker gekoppel word.
In die volgende monteerafdeling installeer die monteurs die batterykas en koppel die elektronika. Die enjinkap word volgende aangeheg, gevolg deur die verkoelerkappies.
By die volgende stasie ontvang die trekker sy diesel, hidrouliese olie en verkoelingswater.
՚n Reeks toetse word uitgevoer om te verseker dat die rigtingwysers en kopligte korrek funksioneer en dat die ruitveër werk.
Die stuurstelsel en elektronika word dan nagegaan. Nadat die sagteware afgelaai is, word die verskillende elektroniese funksies van die trekker getoets.
Die aste word ingestel en nagegaan. Die nuwe trekker moet meer as honderd toetse slaag voordat dit toegelaat word om die fabriek te verlaat.
Tydens montering gaan die trekker deur sewe gehaltebeheerpunte, insluitend die transmissie, hidrouliese en elektriese stelsels. Sodra die trekker al die toetse slaag, word dit na die volgende monteerfase gestuur.
As ՚n fout of opgespoor word, word
die trekker na die herwerkingsafdeling geneem om herstel te word en weer deur spesiaal opgeleide personeel nagegaan te word.
Die volgende stap is een van die belangrikste: Die pas van die wiele. Dit is ՚n presisieproses, met lasergeleide elektriese vurkhysers wat die wiele reguit na die trekker vervoer. Daarna word die wiele met groot wielboute vasgemaak.
Nou kan die trekker vir die eerste keer met sy eie krag beweeg. ՚n Roltoetstuig word gebruik om te wys wat dit vir die eerste keer kan doen en of al die werk aan die trekker behoorlik gedoen is. Die trekker kry die groenlig nadat die enjin en remfunksies getoets is. Die trekker is nou voltooi en gereed vir die finale stasie.
Werkstasies en prosesse om veiligheid en gehalte te verseker Alle werkstasies en prosesse is wêreldklas, met kliëntfokuselemente wat deurlopend toegepas word vir algehele produksie en montering met ՚n spesiale fokus op gehalte waarvoor Fendt wêreldbekend is.
Fendt meet sy produksie met die nuutste geslag verwerkingsentrums en hoëtegnologie CNC-masjiene, insluitend lasersnymasjiene.
Met die jongste, mees gevorderde
verfwinkelstelsel vir trekkers wêreldwyd, stel Fendt nuwe mylpale in die landboutegnologiebedryf.
In Asbach-Bäumenheim begin produksie met grondstowwe wat in die vorm van buise, profiele en metaalplate aan die fabriek gelewer word. Die enkelstukproduksiestelsel is gegrond op die nuutste tegnologie en hoëtegnologiestelsels soos platbed- of vyfaslasers vir uitsonderlike gehalte en unieke ontwerp.
Die kajuit en die enjinkapkomponente word tydens die eerste stap presies afgewerk, met ingewikkelde kontoere wat met ՚n 2D lasersnystelsel uit die onverwerkte plate gesny word. Die kenmerkende en unieke vorm van die Fendt-trekkers, hoofsaaklik die kajuit en kap, word gemaak met 3D-snywerk in ultra-moderne lasersentrums.
Die mees gevorderde sweistegnologie en -prosesse word gebruik, soos vernuwende sweisrobotte. Met hierdie moderne prosesse en metodes vervaardig Fendt unieke kajuite soos die VisioPlus met sy geboë voorvenster vir die nuwe 700 Vario-reeks.
Die wielsamestelling is ՚n tegniese hoogtepunt. Die wiele word in die volgorde van produksie gelewer.
Lasergeleide elektriese vurkhysers tel die wiele op en ry dit outomaties na waar dit nodig is. Hier word die trekkerraam met tot 600 mm verhoog vir ergonomiese, semi-outomatiese wielsamestelling.
Wat beteken dit vir die Suid-Afrikaanse boer?
Fendt is aan voorpunt van tegnologie en gehalte om geweldige waarde tot Suid-Afrikaanse boere toe te voeg met uiters ekonomiese brandstofverbruik en wêreldleidende tegnologie.
Verdere waarde word toegevoeg deur Fendt se geskiktheid vir presisieplant, -strooi en -spuit, alles tesame met ՚n ry- en operateurservaring wat geen mededinger kan nadoen nie.
Dit begin alles waar die trekkers ontwerp en vervaardig word. Dit is waarom Fendt soveel geld, tyd en vaardigheidsontwikkeling belê om te verseker dat wanneer ՚n klant ՚n Fendt koop, dit aan sy verwagte standaarde in terme van gehalte en gemoedsrus voldoen.
Tas die QR kode af om die video van Fendt se 20 000-mylpaal te kyk.
Vir meer inligting, kontak Frans Cronje by +27 66 581 7505 of stuur 'n e-mail na Frans.cronje@agcocorp.com of besoek die web-werf by www.fendt.com/za.
Tegnuus:
JCB verras met waterstofontbrandingsenjin
J CB beplan om hulle splinternuwe waterstofontbrandingsenjin in Maart by die Conexpo 2023-skou in Las Vegas te onthul as deel van die International Fluid Power Exposition (IFPE).
“Die JCB-ingenieurspan het in 'n kort tydjie enorme vordering gemaak om 'n waterstof-binnebrandenjin te ontwikkel en dit dryf reeds 'n JCB-prototipelaaigraaf en 'n Loadall-teleskopiese hanteerder aan. As die eerste konstruksietoerustingmaatskappy wat 'n ten volle werkende verbrandingsenjin ontwikkel wat deur waterstof aangevuur word, is ek verheug dat ons nou hierdie tegnologie op die internasionale verhoog kan aanbied,” sê JCB se voorsitter, Lord Bamford.
JCB was verantwoordelik vir 'n reeks nywerheidskeppings op sy 'Road to Zero'. Die maatskappy het die wêreld se eerste battery-elektriese minigraafmasjien ontwikkel en was aan die voorpunt van elektriese tegnologieontwikkeling om met sy E-TECH-reeks aan klante se eise vir koolstofvrye produkte te voldoen.
JCB se verbintenis tot die vermindering van uitlaatgasse strek tot byna 25 jaar terug, en sy jongste dieselenjins het reeds 'n 97% vermindering in NOxuitlaatgasse sedert 1999 en 'n 98% vermindering in deeltjies gelewer. Vandag stel JCB se dieselaangedrewe enjins
ook 50% minder CO 2 vry in vergelyking met dié wat in 2010 vervaardig is. JCB se skoon dieselenjintegnologie sal ook by die uitstalling in Las Vegas ten toon gestel word.
՚n Span van 100 ingenieurs werk al meer as ՚n jaar aan die ontwikkeling en die 50ste JCB-waterstofontbrandingsenjin het nou van die produksielyn afgekom as deel van die ontwikkelingsproses.
JCB het £100-miljoen belê om hierdie doeltreffende waterstofenjins te vervaardig, en hierdie projek gaan volstoom voort. (Bron: JCB)
SentiV hou jou gewasse dop Hommeltuie het hulle plek om van bo af na gewasse te kyk, maar wat van 'n outonome rollende waghond wat
ook onder die blare loer vir probleme? Die SentiV-verkenningsrobot van die Franse maatskappy, Meropy, het aandag getrek by CES 2023 (Consumer Electronic Show) in Las Vegas.
SentiV is 'n verkenningsrobot met sensors wat wisselvallige groei van gewasse uitlig en potensiële bedreigings vir gewasse opspoor. Sy roete kan deur enige vorm land beplan word en hy sal stilweg sy werk doen totdat die hele land “deurgerol” is.
Die inligting wat ingesamel word, word in veranderlikheidskaarte vertolk, wat boere in staat stel om daagliks insette met presisie toe te pas.
Meropy sê: “Ons ontwikkel SentiV vir die mense van die landbousektor. Ons doelwitte is beter boerderywinsgewendheid (insetbesparings, verbeterde opbrengste en oesgehalte), ՚n goeie lewensgehalte vir boere (tydbesparing en beter werkgerief), en omgewingsbewaring (insetvermindering en minder grondverdigting).” (Bron: Meropy)
Masjien oes slaai – teen ‘n slakkepas
՚n Groenteplukrobot wat masjienleer gebruik om ՚n alledaagse, maar uitdagende landbougewas te identifiseer en te oes, is deur ingenieurs ontwikkel. Vir 'n mens neem die hele proses 'n paar sekondes, maar dit is nie so maklik vir 'n robot nie.
Die 'Vegebot', ontwikkel deur 'n span van die Universiteit van Cambridge, is aanvanklik opgelei om kopslaai in 'n laboratoriumomgewing te herken en te oes. Dit is nou suksesvol getoets in ՚n verskeidenheid veldtoestande in samewerking met G’s Growers, ՚n Britse vrugte- en groentekoöperasie.
Die nuutste in landboutegnologie van regoor die wêreldJCB se voorsitter, Lord Bamford, met die nuwe waterstofenjin.
Alhoewel die prototipe nie naastenby so vinnig of doeltreffend soos 'n menslike werker is nie, demonstreer dit hoe die gebruik van robotika in die landbou uitgebrei kan word, selfs vir gewasse soos kopslaai wat besonder uitdagend is om meganies te oes.
"Elke veld is anders, elke blaarslaai is anders," het mede-outeur Simon Birrell van Cambridge se Departement Ingenieurswese gesê. "Maar as ons 'n robotstroper met slaaikoppe kan laat werk, kan ons dit ook met baie ander gewasse laat werk."
Die Vegebot identifiseer eers die 'teiken'-gewas binne sy gesigsveld, bepaal dan of 'n bepaalde slaaikop gesond en gereed is om geoes te word, en sny uiteindelik die kop van die res van die plant af sonder om dit te verniel sodat dit 'supermarkgereed’ is.
Die navorsers het 'n masjienleeralgoritme ontwikkel en opgelei met voor-
beelde van blaarslaai. Toe die Vegebot gesonde blaarslaai in die laboratorium kon herken, is dit op die land, in 'n verskeidenheid weerstoestande, op duisende regte slaaikoppe opgelei.
"Ons wou benaderings ontwikkel wat nie noodwendig spesifiek vir kopslaai is nie, sodat dit vir ander soorte bogrondse gewasse ook gebruik kan word," het Iida, wat die navorsingspan lei, gesê.
՚n Robotstroper kan opgelei word om slegs ryp groente te pluk, en aangesien dit 24 uur per dag kan oes, kan dit aanhoudend deur die land beweeg en later terugkeer om die groente wat nog nie ryp was nie te oes.
Ontmoet Smartcore, 'n outonome grondmonsterversamelaar
Die insameling van presiese grondmonsters is noodsaaklik vir boere,
Verwysing:
Simon Birrell et al. ‘A Field Tested Robotic Harvesting System for Iceberg Lettuce.’ Journal of Field Robotics (2019). DOI: 10.1002/ rob.21888
want dit bepaal die hoeveelheid en balans van voedingstowwe wat vir gewasse beskikbaar is, en kan oesopbrengste bepaal.
"Smartcore", 'n outonome robot wat ontwikkel is deur 'n paar Purdue University College of Engineeringgegradueerdes, is ontwerp om akkurate, herhaalbare grondmonsters in landerye te versamel en dit na die kant van die land te bring vir versending na die laboratorium.
Troy Fiechter en Drew Schumacher het die onderneming, Rogo Ag LLC, gestig om die tegnologie te bevorder en aan boere beskikbaar te stel. 'n Video oor die maatskappy en tegnologie is beskikbaar by https://youtu.be/ RgigU1ckNtk.
"Smartcore help boere om beter strategiese besluite te neem," het Schumacher, Rogo se president, gesê.
SmartCore gebruik 'n Bobcatglystuuronderstel en stuur homself deur die land deur grensalgoritmes en 'n verskeidenheid hindernisopsporingsensors te gebruik. Dit is ook toegerus met RTK GPS om te verseker dat grondmonsters op die regte plekke geneem word en kan elke seisoen binne sentimeters terugkeer.
Die grootste en mees algemene bron van foute in die grondtoetsproses is met die versameling van die grondmonster. Smartcore is uniek in die gebruik van 'n hoëspoed, selfreinigende hidrouliese awegaar wat grond op 'n presiese diepte versamel.
"Mense dink dikwels dat omdat jy 'n 6 duim-onttrekker in die grond steek, jy 6 duim grond onttrek," het Schumacher gesê. "Maar die onttrekker kan verstop of vassteek en jy versamel minder as ses duim. Baie dinge kan verkeerd loop as jy nie die regte toerusting gebruik nie. Ons diepte is akkuraat binne 'n agtste van 'n duim 100% van die tyd, en die regte monster word elke keer ten volle onttrek.”
In tradisionele steekproefnemingspraktyke kan die afwyking in diepte en ligging tot 'n steekproeffout van so hoog as 20% lei. Foute kan veroorsaak dat boere meer as wat nodig is aan kunsmis bestee, of in sekere gebiede ondertoedien.
"Boere wil monsters van dieselfde plek neem sodat hulle kan verstaan hoe hulle grond ontwikkel," het Schumacher gesê. “As jy nie dieselfde grondperseel seisoen tot seisoen vergelyk nie, gaan jy ՚n land hê wat baie verskil. As jy wil weet wat jy by die grond gevoeg het en hoe dit die grond verander, moet jy so veel as moontlik appels met appels vergelyk.
“Ons het veel belangstelling gesien in wat ons doen. Dit het 'n paar goeie, waardevolle gesprekke begin. Ons is altyd op soek daarna om meer boere en meer kleinhandelaars te bedien sodat ons kan voortgaan om ՚n verskil te maak.” (Bron: Purdue)
Tydsberekening van stuifmeelstorting in mielies
In hierdie artikel word daar breedvoerig gekyk na alles wat die boer van stuifmeelstorting moet weet: wat is dit, hoe word dit gekenmerk en wanneer vind dit plaas?
Sleutelbevindinge
• Stuifmeelstorting piek net na die vroegoggenddou verdwyn en verlaag deur die loop van die dag.
• Stuifmeelkorrels bereik volwassenheid en word vrygestel soos stuifmeelpakkies oopgaan.
• As stuifmeelpakkies droog is, gaan hulle oop kort nadat stuifmeelkorrels volwasse is.
• Indien stuifmeelkorrels reeds volwassenheid bereik het maar die stuifmeelpakkies is klam, sal stuifmeelstorting nie plaasvind voor die pakkies afdroog nie.
Stuifmeelstorting in mielies
• Stuifmeelstorting in mielies vind plaas oor ՚n tydperk van verskeie dae, maar wissel deur die loop van ՚n dag.
• Waarnemings oor die jare dui daarop dat stuifmeelstorting tipies begin nadat die dou verdamp het, ՚n piek gedurende die oggend bereik en afneem soos die dag vorder (Nielsen, 2018).
• ՚n Veldstudie is in 2021 gedoen om waar te neem hoe die intensiteit van stuifmeelstorting deur die loop van die dag verander deur die bestuiwingsproses waar te neem.
Studiebeskrywing
• Koppe van ՚n Pioneer ®handelsmerkmielie is bedek tot voor baardverskyning.
• Die baard van geselekteerde koppe is vir ՚n kort tydperk aan stuifmeel blootgestel en dan weer bedek na hierdie kort tydperk van blootstelling.
• Intervalle van blootstelling was van 07:00 tot 10:00, 10:00 tot 13:00, 13:00 tot 16:00, 16:00 tot 19:00 en van 19:00 tot 07:00 die volgende oggend.
• Die studie is vir vier opeenvolgende dae uitgevoer. Die tweede, derde, vierde en vyfde dag was die proef op 50% baardverskyning, en die eerste, tweede, derde en vierde dag was die proef op 50% stuifmeelstorting.
• Geselekteerde koppe is na afdroging met die hand versamel en die pitte is getel. Daar was ses herhalings van elke behandelingstydsberekening vir elke dag.
Veldtoestande en waarnemings
• Die proef was onder baie min spannning met bestuiwing. Die land het 50 mm reën gekry twee dae voordat stuifmeelstorting begin het.
• Gedurende die eerste week van bestuiwing was dit sonnig met ՚n gemiddelde maksimum temperatuur van 32 °C.
• Die dou het omstreeks 10:00 op dag een, 9:30 op dag twee en om 8:30 op dag drie en dag vier verdamp.
• Goeie stuifmeelstorting was sigbaar en die baard het gedurende die eerste twee dae van die studie vinnig gegroei.
• Stuifmeelstorting blyk minder te wees op die derde dag.
• Op die vierde dag het stuifmeelstorting verminder en die tempo van baardverlenging het ook afgeneem.
Resultate
deur Neels Faber, Pioneer-Landboukundige• Duidelike variasie met pitvul is opgemerk waar die baard blootstelling aan stuifmeel gehad het gedurende ՚n sekere tyd van die dag (Figuur 2).
• Piektyd vir optimum bestuiwing was kort nadat die dou soggens afgedroog het.
• Op dag een en dag twee het die dou teen 07:00 en 10:00 afgedroog. Doeltreffendste bestuiwing is gedurende die twee dae aangeteken met ՚n baardverskyning van 10:00 tot 13:00.
• Op dag drie en dag vier het die dou goed afgedroog binne die venster van 07:00 tot 10:00. Op die twee dae het maksimum bestuiwing plaasgevind met baardverskyning tussen 07:00 en 10:00.
• Vir al vier dae het doeltreffendheid van bestuiwing gepiek net na die vroeg-oggend dou verdwyn, en het dan verlaag soos die dag verloop (Figuur 3).
Ons mieliekultivars is ontwerp met die plaaslike produsent in gedagte. Ons seleksie is gemik op nasionale geografiese liggings sowel as besproeiings- en kuilvoergefokusde saadprodukte. Maak jou keuse uit meer as 48 wit- en geelmieliesaadbasters.
• Totale bestuiwing wat deur die dag vasgestel is, was in ooreenstemming met waargenome stuifmeelstorting op die land. Stuifmeelstorting blyk goed te wees gedurende dag een en dag twee. Dit het op dag drie begin afneem en was aansienlik laer op dag vier.
• Totale pitvul met stuifmeelstorting op dag een, twee en drie was goed, terwyl pitvul met stuifmeelstorting op dag vier verminder het.
• Volgens Nielsen (2018) vind maksimum stuifmeelstorting plaas op die tweede dag van die bestuiwingsperiode en neem daagliks progressief af.
• Hierdie veldresultate vir bestuiwing stem ooreen met die bes-
tuiwingsinligting gepubliseer deur Nielsen (2018).
Gevolgtrekking
• Stuifmeelstorting het twee stadiums: Eerstens word stuifmeelkorrels volwasse binne die stuifmeelpakkies. Tweedens gaan stuifmeelpakkies oop om stuifmeel vry te stel.
• Alhoewel stuifmeelkorrels gedurende die nag volwassenheid betree, sal min stuifmeelkorrels gedurende die nag vrygestel word omdat dou die stuifmeelpakkies te klam hou om oop te maak vir stuifmeelstorting.
• Klam stuifmeelpakkies hou die stuifmeel binne en laat dan stuifmeel vry sodra die oggenddou verdamp.
• Die vrystelling van hierdie opgebergde stuifmeelkorrels skep die geleentheid vir maksimum stuifmeelstorting gedurende die oggend nadat die dou verdamp het.
Verwysings
Nielsen, R.L. 2020. Tassel Emergence & Pollen Shed. Corny News Network. Purdue University. https://www.agry.purdue. edu/ext/corn/news/timeless/ Tassels.html
Jojoba: Onontginde nismark met baie potensiaal
՚nOndernemende boer van Koup sowat 65 km vanaf Laingsburg in die Sentraal-Karoo boer met ՚n produk wat baie skaars in Suid-Afrika is.
Lukas Botes boer die afgelope 23 jaar met jojoba (Simmondsia chinensis), waarvan die bone gepers word vir jojoba-olie. Die bone bevat tot 54% vloeibare was wat nader aan walvisolie as plantaardige olie is. Die was-ester het geneeskundige waarde en word as basis vir velsorgmiddels en as smeermiddel in verskeie nywerhede gebruik.
Die droogtebestande, meerjarige boomstruik is endemies aan die woestyngebiede van Noord-Amerika waar dit die grootste bron van inkomste in die Sonora-woestyn is.
Teenvoeter vir verliese
“Ek het na ՚n landbougewas gesoek wat by die Karoo-omstandighede aanpas om te probeer opmaak vir veeverliese wat deur jakkalse veroorsaak word,” vertel Lukas.
Buiten die jakkalse het die droogte van die afgelope klompie jare hom gedwing om sy skaapkudde van 1 000 ooie na 350 verminder.
Nie een van sy plase het genoeg geskikte grond of genoeg water van goeie gehalte gehad om sitrus- of uiesaadproduksie te probeer nie. Na gronden waterontledings, het Elsenburg-landbouopleidingsinstituut jojoba, soutbos en garingboom voorgestel: laasgenoemde twee kan as veevoer gebruik word, maar Lukas het op jojoba besluit.
Buiten die uitdagende klimaat en groei-omstandighede van die Koupgebied, moes hy ook die swak grondpad wat die plaas met Laingsburg, die naaste dorp, verbind, in gedagte hou. Die produk moes ook nie arbeidsintensief wees of baie aandag verg nie, en bowenal moes dit omgewingsvriendelik wees.
Jojoba: Struik uit die woestyngebiede van Kalifornië, Arizona en Mexiko waarvan die olie wat uit sy saad verkry word veral in skoonheidsmiddels gebruik word.
Omdat jojoba so lank vat om in produksie te kom, het hy knoffel, wat baie winsgewend is, in die boorde aangeplant. Hy het ook agt jaar lank sowat 1 000 volstruiskuikens per jaar grootgemaak, wat hom gedra het tot die jojoba begin produseer het.
Tas in die duister
Die grootste uitdaging met jojoba was die onkunde en gebrek aan inligting oor verbouing en verwerking in SuidAfrikaanse omstandighede.
“Die Oudtshoorn-proefplaas het navorsing daaroor gedoen, maar daar is steeds min bekend,” vertel Lukas.
“’n Mens tas maar in die duister.”
Die enigste geskikte grond op Lukas se plase was ou landerye of huistuine by opstalle waar voorheen soutbos, lusern of ՚n paar vrugtebome geplant was. Dié plase is sowat 15 km van die plaas waar hy woon en hy besoek die boorde net een maal per week.
Saad
Lukas het in 1999 ՚n kilogram saad by die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Oudtshoorn-navorsingsplaas gekry. Hy het die saad in Oktober in sakkies laat ontkiem en in Maart 2000 die eerste 0,5 ha aangeplant.
In Oktober dieselfde jaar het hy nog 0,5 ha se steggies geplant wat hy by ՚n kwekery op ՚n plaas in die Langkloof gekry het. Dié plantjies het hom destyds sowat R10 000 gekos.
In 2014/15 het hy nog ՚n hektaar geplant wat hy van pitte gekweek het.
Op die oomblik het hy altesaam 2,35 ha, waarvan net 1 ha, wat nou 21 jaar oud is, in vol produksie is. Nog 0,25 ha is nou omtrent twee jaar oud.
Voortplanting
Jojoba kan met saad of steggies vermeerder word. Aanvanklik het Lukas die sade, wat nie vooraf behandel hoef te word nie, in sakkies geplant, wat binne ՚n week ontkiem het. Die saailinge moet binne vyf maande in die voorbereide grond uitgeplant word, an-
ders draai die wortelpunt onder in die sakkie en groei nie weer afwaarts nie.
Om die plant van pitte te kweek het weer ՚n ander kinkel. Omdat die plant tweeslagtig is, moet die manlike en vroulike plante ter wille van bestuiwing in die korrekte verhouding van 1:5 of 1:7 geplant word. Maar die onderskeid
is eers duidelik wanneer die plante op twee jaar begin blom!
As gevolg daarvan moes Lukas van die plante uithaal en vervang om die regte verhouding te verkry, wat die proses nog verder vertraag het.
Met die tweede boord kon hy geïdentifiseerde steggies wat hy ten duurste
gekoop het, in die regte verhouding plant. “Omdat die steggie nie ՚n stewige penwortel ontwikkel nie, is die saailinge baie meer sensitief vir droogte en glad nie goed geanker nie – ՚n bees kan dit maklik omstoot. Nou plant ek net die pitte en gebruik ՚n plantwiel daarvoor.
Grondvoorbereiding
Jojoba het diep, sanderige of leemgrond nodig wat die water laat indring en goed dreineer. Dit groei in arm grond met ՚n hoë soutinhoud en ՚n pH van tussen 5 en 9, en is droogte- en hittebestand, maar kan rypskade opdoen as dit in die winter blom.
Hy het die grond met ՚n toonwerktuig dwars gebreek en geghrop. Toe het hy die steggies en pitte wat in sakkies ontkiem is, 1,5 m uitmekaar geplant, terwyl die pitte 30 cm uitmekaar direk in die grond geplant is. Die rye is vier meter uitmekaar.
Die wortels kan tot 25 m diep groei. Die boomstruik word tot vyf meter hoog, maar Lukas se volwasse bome is so drie meter hoog. Die bolvormige kruin is sowat twee tot drie meter in deursnee. Die bome word tot 100 jaar oud.
Besproeiing
Die plant is by woestyn- en halfwoestyngebiede aangepas, maar het nogtans minstens 50 tot 70 liter water per week in die somer en 10 tot 30 liter in die winter nodig.
Aanvanklik het Lukas hom nie oor besproeiing bekommer nie, want volgens die inligting tot sy beskikking het hy verstaan die struike hoef net twee keer per jaar water te kry. “In normale tye is die Koup se reënval maar sowat 118 mm/jaar, maar wanneer die reënval soos die afgelope agt, nege jaar net 50 mm is, is besproeiing nodig.”
Die manlike plant se blomme het baie stuifmeel wat deur die wind na die vroulike blomme (33) gevoer word.
Aanvanklik het hy die plante met mikrobesproeiing met boorgatwater uit ՚n dam besproei, maar binne die eerste twee, drie jaar besef hy gee te min water. “Ek het die spuitjies in die eerste boord met ondergrondse drupbesproeiing vervang – die eerste in Suid-Afrika wat vir jojoba gebruik is.”
In 2020 kon hy ՚n boord met vier liter per plant per week aan die gang hou. “Die boorgat op die plaas het toegeval en ek moes water aanry. Die oes was nie te waffers nie, want vir ՚n goeie oes is water nodig. “
Omdat die meeste boorde sowat 15 km van die plaas waar hy woon is, is die gerekenariseerde besproeiingstelsel battery-aangedrewe, terwyl die boorgate met sonkragpompe toegerus is. Soms word ՚n petrol-kragopwekker gebruik om die watervoorraad aan te vul.
Bemesting
Tot so vyf jaar gelede het Lukas geen bemesting gebruik nie. Blaarontledings het egter getoon dat die watergehalte weens die min reën nie na wense is nie. “Wanneer dit nie reën nie, word die stikstofinhoud nie aangevul word nie. Nou gee ek mis uit die voerkraal, asook ureum en kaliumnitraat (KNO3) wat saam met die water deur die druppers toegedien word.”
Opbrengs
Die struike begin van die vyfde jaar af dra en ՚n volwasse oes kan van die sewende tot die tiende jaar verwag word. Die bome is op tien jaar volwasse en is dan op maksimum produksie.
Omdat die sade nie almal gelyk ryp word nie, word dit gewoonlik met die hand geoes. “Ek het voorheen die neute met besems bymekaar gevee en opgetel. Vanjaar het ek vir die eerste keer ՚n petrolaangedrewe blaser gebruik om die neute onder die bome uit te blaas.”
Lukas se gemiddelde oes is sowat 0,5 t/ha, afhangend van die ouderdom van die aanplanting. Dit is heelwat minder as in ander lande.
“Die opbrengs uit die olie lewer sowat R50 000/ha. Daar is gewasse soos groentesaad, en nou ook saffraan, wat baie beter vaar, maar ek glo my impak op die omgewing met gif en waterverbruik is minimaal. “
Pars
Aan die begin het Lukas die neute by die Oudtshoorn-navorsingsplaas laat pars en die olie self bemark.
՚n Pers wat hy uit Sjina bestel het, het eers op ՚n plaas by Prins Albert gestaan omdat hy nie Eskom-krag op
die plase het nie. Na sowat vier jaar het hy die pers plaas toe geneem waar dit met ՚n trekker aangedryf word sodat hy sy eie neute kan pars.
Afsetgebied
“Afsetgebied is maar ՚n probleem,” sê Lukas. “Ek het uit ՚n ekologiese of omgewingsvriendelike oogpunt geplant en geglo die mark sal kom, want dit is ՚n natuurlike produk. Dit het nie heeltemal so uitgewerk nie: Die Suid-Afrikaanse produk het ՚n baie swak naam gehad
wat gehalte betref en dit het ՚n paar jaar geneem om ՚n kliëntebasis op te bou.”
Daar is belangstelling van Sjinese aankopers. “Hulle soek 20+ ton per maand. ՚n Mens sal kontrakte moet probeer vasmaak voor jy die kapitaaluitleg kan doen, maar dit neem 10 jaar voordat jy behoorlik in produksie is, en in daardie tyd kan baie gebeur. Niemand sien kans vir so ՚n risiko nie.”
Intussen gaan hy op voort op dieselfde trant. “Dit bly ՚n natuurlike produk wat nog onbekend is, so die vraag kan net groei. Drie, vier boere het pitte hier weg om te gaan plant –as hulle bome begin dra, kan ek dalk die opbrengs kry en die mark ontwikkel. Die meeste olie word steeds ingevoer, so ՚n mens moet maar aan die Suid-Afrikaanse mark probeer voorsien.” Die feit dat jojoba wêreldwyd steeds nagevors en aangeplant word dui ook op ՚n groeiende vraag.
Sy afsetgebied was ՚n paar gesondheidswinkels wat vir hom die olie in bottels van 50 ml en 100 ml verkoop het. “Die aankopers was meestal kliënte wat op ՚n klein skaal skoonheidsprodukte vervaardig, maar met Covid-19 het hulle minder aangekoop.
“Weens die droogte en gebrek aan besproeiing en bemesting kon jy nie aan groothandelaars voorsien nie, en hulle het belangstelling verloor.”
Op die oomblik word die meeste van sy olie in klein bottels deur Takealot verkoop.
Oesskattings nie ‘n skoot in die donker
deur Tisha SteynD ie doel met oesskattings is om te bepaal hoeveel graan en oliesade onderskeidelik in die somer- en winterreënvalstreke van die land aangeplant en geoes word.
Die wyse waarop oesskattings in Suid-Afrika gedoen word, is uniek en laat waarnemers toe om binne die voorgestelde norme van 5% akkuraatheid van die finale oes meer as 13-miljoen hektaar in twee maande in die somer en twee maande in die winter te doen.
Oesskattings van graan en oliesade wat in Suid-Afrika verbou word het ՚n belangrike impak op voedselsekerheid en prysvorming in die vrye mark.
Dit bly ՚n uitdaging om weens wisselvallige omstandighede, wat met klimaatsverandering net meer onvoorspelbaar raak, ՚n akkurate oesskatting te maak. Tog kry die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) dit reg om elke jaar in die kol te wees met korrekte en tydige inligting.
Met oesskattings in die somer word bepaal hoeveel hektaar wit- en geelmielies, sorghum, sonneblomme, sojabone, grondbone en droë bone aangeplant is. Met winteroesskattings word bepaal hoeveel hektaar koring, gars, kanola, hawer en peulgewasse aangeplant is.
Een van die belangrikste insette tot die Oesskattingskomitee is die inligting wat deur die Nasionale Oesskattingskonsortium onder leiding van die Landbounavorsingsraad, versamel word. Drie waarnemingspanne, elk bestaande uit ՚n landboukenner wat gewasse letterlik op ՚n afstand kan uitken, saam met ՚n bekwame vlieënier in ՚n helikopter of vastevlerkvliegtuig, vlieg oor die gebiede waar die verskillende gewasse aangeplant word. Die spanne word ondersteun deur spanne op die grond.
Die waarde van oesskattings
Die doel met die oesskattings is om te bepaal wat die verwagte produksie van graan en oliesade gaan wees sodat die verskillende rolspelers in die landboubedryf ingeligte besluite oor die handel, vervoer, berging en bemarking van die produkte kan neem.
Oesskattings in Suid-Afrika is veral belangrik sedert die beheerde landboumark in die vroeë negentigs na ՚n vryemarkstelsel verander het. ՚n Betroubare skatting gee verkopers en aankopers gelyke onderhandelingsgeleenthede en skakel onregverdige bevoordeling en of beïnvloeding van pryse uit.
Wat word gemeet?
Die oesskatting bepaal hoeveel hektaar van die verskillende landbougewasse geplant is en wat die verwagte oes in ton per hektaar sal wees. Deur die hektare met tonnemaat te vermenigvuldig kan die finale oes geskat word. Die vooruitskattings van hektare en tonnemaat vir elke provinsie en nasionaal word maandeliks gepubliseer, terwyl die finale oesskattings aan die einde van ՚n seisoen beskikbaar gestel word.
Wie doen die oesskattings?
Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming as sekretariaat, doen die
Met oesskattings in die somer word bepaal hoeveel hektaar wit- en geelmielies, sorghum, sonneblomme, sojabone, grondbone en droëbone aangeplant is. Met winteroesskattings word bepaal hoeveel hektaar koring, gars, kanola, hawer en lupine aangeplant is.
oesskattings van kommersiële someren wintergewasse.
Die komitee bestaan uit lede wat nie ՚n gevestigde belang in die uitkoms van die skatting het nie. Tans bestaan die lede uit regeringsamptenare van die nasionale landboudepartement en verteenwoordigers van die provinsiale landboudepartemente, die Landbounavorsingsraad, Statistiek SA en die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid.
Alle lede van die komitee onderteken ՚n vertroulikheidsklousule waarin hulle onderneem om geen inligting wat die komitee deur die oesskattings bekom aan enigiemand te verskaf voordat die amptelike oesskattings bekend gemaak word nie.
Die Skakelkomitee vir Oesskattings dien as adviesliggaam vir die komitee en evalueer die resultate en standaard van die komitee se voorlopige en finale skattings. Die Departement befonds die oesskattingsproses.
Enigiemand in die landboubedryf kan
in die skakelkomitee dien. Tans verteenwoordig die lede die NOK, die Landboudepartement, Graan SA, saadmaatskappye, SAFEX, die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS), die Nasionale Meulenaarskamer (NCM), Agbiz Grain, die Suid Afrikaanse Vereniging vir graan- en oliesadehandelaars (SACOTA), en die Nasionale Landboubemarkingsraad (NAMC).
Die nasionale en provinsiale landboudepartemente en die Nasionale Oesskattingskonsortium is die hoofverskaffers van inligting aan die komitee, wat ook inligting ontvang van verskeie ander organisasies en instansies, soos onder meer landbourisiko-spesialiste, kunsmisvervaardigers, finansiële instellings, handelaars, handelsorganisasies en produksieorganiasies.
Hoe word die skattings gemaak?
Gebied
Om ՚n voorlopige oesskatting te kan
doen, doen die Departement van Landbou onderhoude per e-pos en telefonies met boere om vas te stel hoeveel hektaar van watter gewasse hulle beplan om te plant.
Die oppervlakte word in die daaropvolgende maand hersien met inligting wat verkry word van die seisoenale lugopname wat afstandwaarneming van toetspunte van landerye en aanplantings behels. Tegnologie sluit ook geïntegreerde satellietbeelde, puntraam-verwysings en GIS (Geografiese inligtingstelsel) in.
Vir somergewasse word die voorlopige oppervlakskatting in Januarie gedoen, in Februarie hersien en in Maart aangepas, indien nodig. Die voorlopige oppervlakte vir wintergewasse word in Julie gedoen en in Augustus hersien.
Oes
Drie of meer bronne word gebruik om die grootte van die oes te beraam. Die belangrikste bron is die landboudepartement se e-pos- of telefoniese onderhoude met boere. Terselfdertyd word ook telefoniese onderhoude met ՚n steekproef van boere gevoer onder leiding van die NCSC (National Crop Statistics Consortium).
Hierdie inligting word aangevul deur ՚n objektiewe veldopname van koring en mielies wat deur die Landbounavorsingsraad as deel van die Nasionale Oesskattingskonsortium gekoördineer word.
Die Landboudepartement stuur vraelyste na ՚n nie-waarskynlike steekproef van medewerkers en versoek die boer om ՚n produksieskatting van die aangeplante gewasse op sy landerye, gegrond op die heersende produksietoestande, te verskaf. Die benaderde produksie deur die respondente vir daardie maand, tesame met hulle verklaarde aangeplante hektare, word gebruik om ՚n gemiddelde oes vir al die respondente in die streek en of provinsie te bekom.
Die NCSC kry deur middel van telefoniese onderhoude inligting oor die geskatte of verwagte oeste van boere gedurende Februarie (someroeste), en gedurende Augustus vir winteroeste. Die boere moet aandui watter opbrengs hulle van elke gewas op die plaas verwag.
Die objektiewe opbrengsopname word verkry deur die oes te meet deur ՚n telling in die landerye te doen.
Opbrengsbepaling
Die punte vir die objektiewe opbrengsopname word geïdentifiseer vanuit die Producer Independent Crop Estimates (PICES)-opname waar gewasse van belang gevind is.
Die opname word in die belangrikste provinsies gedoen en maak voorsiening vir uitgebreide landerye waar veldwerkers die landerye besoek en ook agtergrondinligting oor plantdatums, kultivars, groeistadiums en geografiese koördinate bekom. Die veldwerkers,
wat deur die LNR gekeur en aangestel word, deurloop praktiese opleiding aan die begin van die seisoen.
Oesmeting
Dit word opgevolg met meting van plante en mieliekoppe in lukraak-geselekteerde plekke volgens ՚n vasgestelde prosedure.
Die objektiewe oesopname vir mielies word jaarliks in die drie belangrikste mielieproduserende streke, naamlik Mpumalanga in April, en die Vrystaat en Noordwes in Mei gedoen waar 700 punte getoets word. Die jaarlikse koringopname word in Oktober by altesaam 600 toetspunte in die WesKaap in Oktober en in die Vrystaat in Desember gedoen.
Ander inligting oor verwagte oeste
word verskaf deur verteenwoordigers in die provinsies.
Maandelikse produksieskatting
Die komitee stel elke maand van Februarie tot November tien produksieskattings vir somergewasse bekend, asook sewe vir wintergewasse, van Augustus tot Februarie die volgende jaar. Vir somergewasse is daar ook ՚n opname in Oktober van gewasse wat boere beplan om te plant, gevolg deur ՚n voorlopige raming van hoeveel wel geplant is in Januarie. Vir wintergewasse word hierdie vooruitskattings in April en Julie gedoen.
Finale produksieskatting
Aan die einde van die produksieseisoen word die skattings gefinaliseer. Vir
Vir somergewasse word die voorlopige oppervlakskatting in Januarie gedoen, in Februarie hersien en in Maart aangepas, indien nodig. Die voorlopige oppervlakte vir wintergewasse word in Julie gedoen en in Augustus hersien.
somergewasse gebeur dit in Februarie van die volgende jaar, en vir wintergewasse in die volgende Mei. As sekretariaat is die Landboudepartement verantwoordelik vir die finale oesberaming aan die einde van die seisoen.
Die skatting is gegrond op lewering deur boere, soos gepubliseer deur SAGIS, geprojekteerde toekomstige lewering en die oes wat teruggehou word vir die boer se eie gebruik.
Die getalle word aan die CELC (Oesskattingskakelingkomitee) vir goedkeuring voorgelê.
Die beraamde produksie vir die somer- en wintergewasse word vergelyk met die maandelikse produksieskattings en die finale produksieskatting.
Volgens die CELC se akkuraatheidsraamwerk moet die oesskating binne 8% van die eerste tot die vierde produksieskatting en binne 5% van die finale produksieskatting wees.
Neem deel
Boere word aangemoedig om, indien hulle nie reeds aan die oesskattingsproses deelneem nie, die vraelyste wat aan hulle gestuur word te voltooi. Indien ՚n vraelys nie ontvang word nie, kontak gerus vir Rona Beukes, lid van die NOK, by 012-319-8032 of stuur vir haar ’n e-pos na RonaB@Dalrrd.gov.za.
Bronverwysing
Fourie, P. (2022) Komitee weer in die kol met 2020/2021-oesskatting. Graan SA. https://sagrainmag. co.za/2022/05/03/komitee-weer-indie-kol-met-2020-2021-oesskatting/
GryP jy na STRooihalMS?
SToP! kry DIe ReGTe-eGTe STroPer!
47 jaar se ervaring. Die vervaardigers van die eGTe Twin rotor-tegnologie.
FiNaNSieR die CR-ReekS
TeeN PRIMa -6.75%*
*Bepalings en voorwaardes geld. Gestruktureerde terugbetaling-opsies beskikbaar. finansiële status. Installasie- en diensfooie mag van toepassing wees.
CR6, CR7 & CR9 Revelation-modelle is beskikbaar met opsies soos Twin Pitch-rotors, dinamiese voerroller & IntelliSense™-outomatiseringstelsel. Die bekroonde IntelliSense™outomatiseringstelsel neem produktiwiteit na ’n heel nuwe vlak. Hierdie stelsel maksimaliseer kapasiteit en minimaliseer verliese en graanskade. Die IntelliSense™ bied voordele vir die operateur soos om minder besluite te neem, beter gemak en verhoogde operateurselfvertroue, minder moegheid en ’n eenvoudiger gebruikerskoppelvlak. Verder kan ’n operateur kies uit vier tydbesparende strategieë: beperkte verlies, beste graankwaliteit, maksimum kapasiteit of vaste deurvoer.
Hierdie toep het ten doel om boere te help om hul stropers se doeltreffendheid en werkverrigting te optimaliseer deur ideale masjieninstellings te bied op grond van die operateur, gewas en oestoestande. Dit bied ook ondersteuning vir probleemoplossing wanneer dit nodig is.
kontak jou new Holland-handelaar vandag of skakel:
eduan Booyens (071 871 8163) – noordwes, Vrystaat, Gauteng, Limpopo en Mpumalanga
Paul de korte (064 752 1613) – kwaZulu-natal
Quintus Smit (082 524 7397) – Wes-kaap, noord-kaap en oos-kaap
Groentetuin vir beginners 1:
Hoekom ’n groentetuin?
In die reeks oor groentetuine word beginners touwys gemaak oor verskillende aspekte van die beplanning tot die oes van jou groente. (Foto: Pixabay)
tonien, die chemiese stof wat jou brein afskei wat jou gelukkig maak, deur die bakterie Mycobacterium vaccae wat in grond voorkom, vrygestel word.
Dopamien word vrygestel wanneer jy die vrug van jou handearbeid oes. Daar word vermoed dat die respons van die brein oor millennia ontwikkel het sedert dit jagter-versamelaars baie gelukkig gemaak het wanneer hulle iets te ete ontdek en geoes het.
՚n Mens kon niks aan die inperking doen nie, behalwe om jouself so goed as moontlik teen besmetting te vrywaar deur ՚n masker te dra, hande te was en ՚n veilige afstand te handhaaf indien jy die slag moes winkel toe gaan. Tuinmaak was een manier om die gevoel van magteloosheid en terneergedruktheid teen te werk.
Enigeen kan ՚n groentetuin skep al het jy min plek. Dit verg ՚n bietjie beplanning en baie harde werk, maar daar is baie voordele: jy weet wat jy eet, jy betaal nie ten duurste vir substandaard produkte nie, en jy het ՚n voorraad vars groente wat aan die plant bly tot jy dit oes. En as daar te veel is, kan jy dit verwerk en inmaak, vries, droog of uitdeel.
Tuinmaak is nie ՚n nuwe ding nie. Van die vroegste tye af het jagterversamelaars eetbare plante vergader om in hulle daaglikse kosbehoeftes te voorsien. Hulle het agter die reëns aan getrek en die bessies, blare of bolle van eetbare plante en die ryp sade van grassoorte geoes, gemaal en geëet. Uiteindelik het hulle van die saad van die plante geoes en geplant, en so het die eerste ‘tuine’ ontstaan. Deur die eeue het mense altyd vir hulleself ՚n voorraad kos geplant om te eet of om vir die wintermaande te bêre.
Uit die geskiedenis leer ons dat mense wat weens omstandighede buite hulle beheer onder geldelike druk verkeer, soos tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) en Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) die sogenaamde Oorwinningstuine (Victory Gardens) gemaak het om skaars voedselvoorrade aan te vul.
Covid-19
Covid-19 het sedert begin 2020 tot in 2022 eweneens tot ՚n nuwe belangstelling in groentetuine gelei. Tydens die inperking kon mense nie meer na willekeur rondbeweeg nie. Jy het by die huis gebly eerder as om dit op straat of
in winkels te waag om te voorkom dat jy met die virus besmet raak.
Die vrees dat supermarkte se voorraad vars groente en vrugte kan opraak, het talle mense hulle eie groentetuine laat aanlê om iets aan hulle eie voedselsekerheid te doen.
Om binnenshuis voor die televisie te vertoef was na ՚n ruk nie meer vermaaklik nie, en verveeldheid het beslis daartoe bygedra dat meer mense tyd in hulle tuine deurbring. Dit is immers ՚n alombekende feit dat die natuur ՚n wonderlike antidepressant is wat jou gou laat beter voel wanneer jy buite is. Navorsing het getoon dat sero-
Groentesaad was tydens die eerste paar maande van die inperking bykans onbekombaar, wat ՚n aanduiding was dat al meer mense hulle tot tuinmaak gewend het. Te oordeel aan die talle artikels in tydskrifte en op sosiale media, duur die neiging voort.
Die Covid-19-pandemie het mense waarskynlik ook meer bewus gemaak van ander faktore wat hulle gesondheid beïnvloed. Groente is ryk aan voedingstowwe wat help om ՚n sterker immuunstelsel te bou. Groente wat goed is vir jou gesondheid moet in gesonde grond groei.
Klimaatsverandering
Die toenemende fokus op klimaatsverandering en die invloed wat die mens se doen en late op klimaatstoestande het, asook die invloed wat
Saad kan in saadbakkies of regstreeks in die tuingrond gesaai word. (Foto: Pixabay)
Jy het nie baie ruimte nodig om ՚n groentetuin te begin nie, want selfs ‘n bedding so groot soos ՚n deur kan genoeg groente lewer, mits jy voortdurend nuwe plantjies plant namate jy oes. (Foto: Pixabay)
Radyse is van die groente wat die vinnigste ontkiem en volwasse raak sodat jy dit gou kan oes en geniet.
(Foto: Pixabay)
Navorsing het getoon dat bakterieë in die grond die brein stimuleer om serotonien af te skei wat ՚n natuurlike antidepressant is. (Foto: Pixabay)
die klimaatsverandering op gesondheid en voedselsekerheid het, dra beslis by tot ՚n groeiende bewuswording van die waarde van ՚n gesonde leefstyl.
Mense wil toenemend weet of die kos wat hulle eet en die manier waarop dit geproduseer word, veilig is vir hulleself, asook vir al die boustene van die voedselketting en die ekologie waarvan alles afhanklik is.
Inhoud
Die doel van hierdie reeks is beslis nie om ՚n volledige gids vir die maak van ՚n groentetuin te wees nie. Dit moet eerder as ՚n breë riglyn beskou word om jou eie groentetuin te begin. Ons kyk na die beplanning van ՚n groentetuin en die faktore wat in gedagte gehou
Nuwe plantjies moet in voorbereide grond geplant word om hulle ՚n goeie kans op oorlewing te gee.
(Foto: Pixabay)
Power on: Energy to move forward.
Powerful electric forklifts by Jungheinrich. Efficiency meets economy in electric forklift.
Our electric counterbalance forklifts deliver maximum efficiency with minimum energy consumption.
Find out more at 010 596 8460 www.jungheinrich.co.za/EFG
produksie by ՚n nasionale instansie. Hy gee raad soos die skrywe van die reeks
In die reeks word inligting verskaf oor die plant en versorging van verskillende groentesoorte soos eiervrug, wat saam met aartappels, tamaties en rissies tot die aartappelfamilie behoort. (Foto: Pixabay)
moet word om die beskikbare ruimte sinvol te benut. Ons bespreek tien groentesoorte en vyf kruie wat maklik genoeg is vir beginners.
Ons bespreek die verskillende faktore wat die sukses van jou poging sal bepaal, naamlik grondvoorbereiding, bemesting en besproeiing. Dan volg meer oor die voortplantingsmetodes, hetsy met saad, saailinge of steggies, die oes van saad, opvolgaanplantings, wisselbou en metgeselplante. Bestuiwing en die beheer van peste en plae word
bespreek, asook noodsaaklike tuintake wat jy deurlopend moet uitvoer.
Buiten groente word ook ՚n paar idees oor vrugte, insluitend sagte- en steenvrugte, bessies, aarbeie, druiwe, en eksotiese vrugte soos kiwi- en drakevrugte ook gedeel.
Die enigste leermeester bly maar ondervinding en ՚n mens leer soos jy aangaan. Die beste raad is om te begin.
Dr Piet van Zyl, vriend en medeskrywer van die Meesterboereboekreeks, gee klas in plant- en diere -
Navorsing het getoon as mens met jou hande in die grond werk en die groente oes, dit die brein stimuleer om dopamien af te skei wat ‘n gevoel van genoegdoening veroorsaak. (Foto: Pixabay)
vir 'n huistuin, sodanig dat ek amper lus voel om ook 'n tuintjie in my blombakke te begin.”
Ek hoop die reeks sal jou ook begeester. Elkeen van ons kan iets aan voedselsekerheid en klimaatsverandering doen, al is dit op ՚n klein stukkie grond of selfs in ՚n blombak in ՚n voorstedelike tuin.
Verwysingsbronne
Anthony, D. (2014) Enigeen kan groente kweek. Metz Press. ISBN: 978-1-928201-12-0
Brink, E. (2020) Covid-19: Wat en hoe om te eet. Covid-19 Coronavirus Krisissentrum, Solidariteit
https://corona.org.za/covid-19-waten-hoe-om-te-eet/
Francis, R. (2010) Why gardening makes you happy and cures depression Djanbung Gardens, Permaculture College, Australia
https://permaculture.com.au/whygardening-makes-you-happy-andcures-depression/
Steyn, N. (2020) Oorlewingstuine kan hongerpyne stil. Maroelamedia https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/oorlewingstuinekan-hongerpyne-stil/
The time to grow your own victory garden is now. (2020) Trees.org.za https://trees.org.za/victory-garden/
Wees Wes-Kaap se wynbedryf genadig, pleit minister
deur Tisha SteynMeer as die helfte van landbouuitvoere kom uit die Wes-Kaap. Asof die droogte van etlike jare wat op plekke steeds voortduur nie genoeg was om boere se moed te breek nie, maak beurtkrag dit feitlik onmoontlik om suksesvol te boer.
Dr Ivan Meyer, Wes-Kaap se minister van Landbou, pleit by Thoko Didiza, die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, om namens die provinsie by Enoch Godongwana, die minister van Finansies, in te tree om die wynbedryf in die provinsie genadig te wees.
Feitlik al die boere in die provinsie leun swaar op Eskom-krag om produksie aan die gang te hou, en wynboere, wat tans besig is om tafel- en wyndruiwe te pluk, kan ernstige verliese ervaar weens beurtkrag.
Hy meen as wynboere nog meer belasting moet betaal, kan dit die einde vir sommige wynboere beteken.
Dr Meyer sê in ՚n mediaverklaring dat die provinsie se ekonomie en uitvoere in 2021 sowat R51,8-miljard beloop het, wat ՚n aanduiding gee van die waarde van landbou vir die provinsie en die staat se koffers.
Wyn is die derde belangrikste uitvoerproduk van die Wes-Kaap, waarvan uitvoere sowat 6,5% beloop. Volgens die departement is tans 45 610 mense betrokke by die primêre produksie en altesaam 228 053 mense is afhanklik daarvan vir hulle voortbestaan.
“Ek wil probeer vermy dat aksynsbelasting op wynverkope en -uitvoere die wynbedryf kelder,” se dr Meyer.
Twee-derdes van die provinsie se landbouprodukte word uitgevoer en selfs tydens die 2017/18-droogte en die daaropvolgende Covid-19-pandemie, het landbou steeds gegroei en uitvoere toegeneem.
“Dit is mos ՚n bewys daarvan dat die landbousektor weet wat hy doen en dat dit internasionaal mededingend is."
“Die ikoniese aard van die wynbedryf berus op die noue band met die toerismebedryf en het des te meer ՚n spesiale benadering nodig, meen hy. Daarom het die wynbedryf spesiale aandag nodig.”
Die gemiddelde wynplaas het drie hoofstrome van inkomste, naamlik verkope van wyn, restaurante of proelokale en verwante toerisme-
bedrywighede wat veral oorsese besoekers na wynplase lok.
Al drie inkomstestrome is deur Covid-19 benadeel, want al kon boerderybedrywighede voortgaan, het ՚n verbod op die uitvoer van wyn nie net die wynboer se sak benadeel nie, maar die nis op internasionale markte is gulsig deur mededingers van elders opgeraap.
Die wynbedryf is nog besig om van een van die ergste droogtes in die geskiedenis te herstel: tydens 2017/8 moes wingerdboere in sommige streke soos die Olifantsriviervallei tevrede wees met slegs 16% van hulle normale besproeiingskwota. En toe oorstroom die Olifants sy walle en bedreig ՚n oorvloed water die wyn- en rosyntjieboere opnuut.
Faktore soos die droogte, hoë insetkoste en stygende minimumloonvereistes, het die wynbedryf se winsgewendheid die afgelope paar jaar dramaties laat afneem. Volgens
amptelike statistiek was die netto plaasinkomste van 80% van die boere minder as R30 000 per hektaar in 2018 – en dit is die minimumperk vir volhoubaarheid in die bedryf.
Beurtkrag lê soos ՚n donker wolk oor die bedryf wat nou tydens die oesseisoen van wyndruiwe desperaat afhanklik is van elektrisiteit om die prosesse aan die gang te hou. Dit bedreig die wynbedryf op plaaslike en internasionale vlak.
Buitensporige toename in uitvoerbelasting kan die spyker in die doodskis van talle wynplase wees, wat nie net die mededingendheid nie, maar ook die werkverskaffingsgeleenthede van dié arbeidsintensiewe bedryf die finale nekslag toedien.
“In die lig van al hierdie faktore sal ՚n genadige benadering tot uitvoerbelasting die provinsie se ekonomie en werksgeleenthede tot almal se voordeel strek,” sê hy.
Lamoorlewing is grootliks afhanklik van ՚n uitsluitlike band wat kort na geboorte tussen die ooi en lammers gevorm word. Pasgebore lammers moet die geleentheid gegun word om die eerste dag na geboorte onbeperk te suip, want dit sal die band tussen die ooi en lam versterk.
Suksesvolle binding tussen ՚n ooi en haar lam is ՚n voorvereiste vir hoë lamoorlewing wat meehelp om lamvrektes tot ՚n minimum te beperk. Die oorlewing van lammers is afhanklik van die suksesvolle interaksie van die ooi en haar lam kort na geboorte.
Die twee belangrikste aspekte wat ՚n rol speel om suksesvolle binding te bewerkstellig is:
• Bies
• Afsondering
Voldoende en tydige biesinname
Die beskikbaarheid van voldoende bies vir pasgebore lammers onmiddellik na geboorte is van deurslaggewende belang vir lamoorlewing. In ՚n ooitrop waar die meeste ooie min bies het, sal ՚n groot persentasie van die ooie eers ՚n paar uur na geboorte van hulle lammers begin om bies te produseer, wat hulle lammers se kanse om te oorleef drasties verlaag. Hierdie toestand dui op ՚n voedingsprobleem, daarom is voeding ook een van die belangrikste aspekte wat ՚n rol speel in voldoende biesproduksie.
Ongeveer 80% van die fetusgroei
vind gedurende die laaste twee maande van dragtigheid plaas, wat ՚n betekenisvolle toename in die voedingsbehoeftes van die laatdragtige ooie tot gevolg het.
Plasenta-ontwikkeling en biesproduksie
Ondervoeding voor dag 100 van dragtigheid kan bies- en melkproduksie nadelig beïnvloed weens die betrokkenheid van die plasenta in melkklierontwikkeling.
Die grootte van die plasenta bepaal grootliks die grootte van die uier en gevolglik ook bies- en melkproduksie. Die plasenta produseer hormone wat noodsaaklik is vir die instandhouding van dragtigheid asook die ontwikkeling van die uier en gevolglik die hoeveelheid melk beskikbaar met lam. Hierdie hormone speel ook ՚n belangrike rol in moeders-eienskappe omdat dit verantwoordelik is vir die vorming van die band tussen die ooi en die lam, onmiddellik na lam.
Uierontwikkeling en biesproduksie het ՚n groot ooreenstemming. Ooie wat reeds met die geboorte van hulle lammers vloeibare en voldoende bies het, se lammers suip gouer na geboorte, wat die vorming van ՚n sterk band tussen ooi en lam verseker.
Belangrikheid van voldoende bies
Die tydige inname van voldoende bies binne die eerste drie tot vier uur na geboorte, is van lewensbelang vir lamoorlewing. Onvoldoende biesinname
ming of hitte-uitputting en ontwatering, lae weerstand teen siektes of ooie wat hulle lammers weggooi.
Dit is belangrik dat lammers reeds na ՚n uur begin suip. Die voldoende voorsiening van bies gedurende die eerste paar uur na geboorte voorsien die lammers van energie, vog en teenliggaampies wat lewensbelangrik is vir oorlewing.
Wanneer ՚n lam begin suip, word die hormoon oksitosien deur die ooi vrygestel om die melk af te skei. Oksitosien verwek moederlike gedrag en instink wat dan die binding van die ooi se kant laat plaasvind. Die vermoë van ՚n lam om sy ma te herken, word deur die teenwoordigheid van bies in die lam se pens aangehelp.
Dit wil voorkom of die inname van biesmelk ՚n meganiese stimulering veroorsaak deurdat die maag opswel, wat waarskynlik senuwees prikkel waardeur die lam dan ՚n band met die ooi ontwikkel. Dit wil voorkom of die hittegevoel-stimuli (byvoorbeeld lek en nabyheid van die moeder) die eerste twee tot drie uur na die geboorte van die lam, tesame met genoegsame biesmelk noodsaaklik is vir ՚n voorkeurverhouding tussen ma en lam. Dit sal ՚n sterk en volledige binding bewerkstellig.
Afsondering van die ooi en haar pasgebore lam
՚n Ooi met haar pasgebore lammers moet van die res van die trop afge -
sonder word om suksesvol te kan bind en daarom moet inmenging van ander ooie en/of mense voorkom word.
Lamhokke dwing hierdie afsondering af en sal dus binding en gevolglik lamoorlewing bevorder.
Ooie met meerlinge moet vir minstens ses uur naby die geboorteplek bly om skeiding van een van die tweelinglammers te verminder.
Vermy toestande of faktore wat veroorsaak dat die ooi gou na lam van haar lamplek padgee omdat dit lamvrektes in die hand werk.
Veelading en tropgrootte
Veelading en trop-grootte het ՚n besliste invloed op die oorlewing van lammers.
Die hoofoorsaak van skeiding is inmenging deur ooie wat besig is om te lam of wat pas gelam het. Hierdie inmenging raak ՚n beduidende faktor waar meer as tien ooie met meerlingfetusse en meer as agttien ooie met enkelingfetusse per hektaar gedurende lamtyd in een trop aangehou word.
Lamstelsels
Verskeie lamstelsels kan gebruik word. Dit sluit in ekstensiewe lam (in die
veld), rondskuif, klein kampies, klein troppe en lamhokke.
Indien een van die eerste vier lamstelsels gebruik word, moet die bestuurspraktyke die ooie toelaat om ongestoord minstens ses uur op die geboorteplek te bly.
Lamhokke word al jare gebruik en elke boer pas dit anders toe. Dit is hoogs aan te beveel dat ooie met tweelinge en ooie wat vir die eerste keer lam, in lamhokke geplaas word. Ooie met lammers behoort vir minstens twee dae, maar verkieslik drie dae in die lamhokke gehou te word, want dit duur tussen 48 en 60 uur vir die lam en ooi om volledig te bind.
Samevatting
Die vorming van ՚n suksesvolle ooi- of lam-verbinding hang daarvan af of die lam se eerste suippogings binne die eerste ses uur na geboorte suksesvol was en of die lam gedurende hierdie tydperk voldoende bies ingeneem het.
ProAgri is dankbaar dat 'n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, sy Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het.
Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za
Karooboer vier 50ste uitvoerland
Gerrie Ferreira van die plaas Chandelier buite Oudtshoorn, wat die afgelope 27 jaar wild en vee uitvoer, het ՚n nuwe mylpaal bereik.
“Ek het daarna gestreef om na minstens vyftig lande wêreldwyd uit te voer, en met die jongste uitvoere na Guinee en Sierra Leone in Wes-Afrika het ek daardie mylpaal bereik,” sê Gerrie, die eienaar van Karoo Livestock Exports.
Volgens Gerrie raak die SA Boerbok, die SA Kalahari Red en die SA Savanna al gewilder en die mark brei met rasse skrede uit. Omdat hy al 27 jaar lank verskillende spesies uitvoer, het hy gevestigde klante, maar hy doen ook baie moeite om nuwe markte te ontgin en te vestig.
Eerste uitvoere
In 1996 is Gerrie genoop om ՚n mark vir volstruise te vind. “Ek het 1 600 slaggereed volstruise gehad, maar net ՚n kwota vir 95 gekry en moes plan maak met hulle.”
In 1998 het hy die eerste boerbokke na Thailand uitgevoer, en mettertyd het hy ook skape, beeste en verskeie wildspesies uitgevoer. Teen 2015 het
hy reeds na dertig lande uitgevoer, van volstruiskuikens wat na Saoedi-Arabië, Koeweit, die Verenigde Arabiese Emirate en Egipte uitgevoer is, tot verskeie vee- en wildspesies na Arabiese, Oosterse en Afrikalande.
Deesdae voer hy al die bokrasse wat hier voorkom uit, insluitend angoras en melkbokke, skape soos Dorpers, Persies, Damaras en al hoe meer Meatmasters. “Aanvanklik was die mark skepties oor ‘bont’ skape, maar die vraag na Meatmasters is besig om te groei,” sê Gerrie.
Daar is ՚n groot aanvraag vir beeste soos Bonsmaras, wat hier ontwikkel is, en inheemse Nguni omdat die rasse gehard en goed aanpas is by moeilike omstandighede. Hy voer ook Borans en Brahmane uit, asook suiwelbeeste soos
Jerseys, Friese en Holsteins. Pikswart Blackberry-bokke, wat uit donker-rooibruin Kalahari Reds geteel is, is op die oomblik baie gewild. “Daar is ՚n reuse aanvraag en daar is bitter min van hulle beskikbaar, wat die mark gunstig maak.”
Daar is steeds ՚n groot aanvraag vir volstruise, waarvan hy meer as 200 000 oor die 27 jaar uitgevoer het. Slegs teeldiere van hoë gehalte word uitgevoer.
Klante van oral in die wêreld lê dikwels besoek af op Chandelier. Hier is ՚n groep van Viëtnam saam met dr Adriaan Olivier, veearts van Oudtshoorn, Ockie Nel en Gerrie Ferreira.
Vyftig lande
“Elke suksesvolle uitvoer het my gemotiveer om na nog ՚n land uit te voer,” vertel Gerrie.
Vandag voer hy diere uit na vyftig lande, wat, in alfabetiese volgorde, insluit: Angola, Bahrain, Bangladesj, Benin, Brasilië, Kameroen, Sjina, Kroasië, Die Demokratiese Republiek van die Kongo, Egipte, Ghana, Indië, Indonesië, Iran, Ivoorkus, Japan, Jordanië, Kenia, Koeweit, Libanon, Malawi, Maleisië, Mali, Mosambiek, Mianmar, Namibië, Nepal, Niger, Nigerië, Oman, Pakistan, die Filippyne, Katar, die Republiek van die Kongo, die Republiek van Guinee, Rusland, Saoedi-Arabië, Senegal, Sierra Leone, Singapoer, Sri-Lanka, Soedan, Tanzanië, Thailand, Turkye, UAE, Uganda, Oekraïne, Oesbekistan en Zimbabwe.
Uitdagings
Een van die grootste uitdagings is tans die gebrek of tekort aan entstof teen sekere siektes, want talle lande se invoerprotokol vereis dat diere teen sekere siektes ingeënt moet wees.
“Ek onthou toe ek in 1998 in Riyadh in Saoedi-Arabië ՚n skou bygewoon het waar Onderstepoort (Biologiese Produkte) vyfmiljoen eenhede entstof verkoop het. Suid-Afrika was ՚n wêreldleier op die gebied,” vertel Gerrie. “Vandag word nie eens in die plaaslike behoefte voorsien nie en tans kan ons nie teen bloutong en slenkdalkoors inent nie.”
Die uitbreking van bek-en-klouseer het
sake ook nie makliker gemaak nie, want talle lande in die Midde-Ooste en OosEuropa wil geen uitvoere aanvaar nie.
“Dit raak al hoe moeiliker om uit te voer, want lande het meer en meer dieregesondheidsvereistes waaraan voldoen moet word. Gelukkig is die Wes- en Noord-Kaap nog altyd vry van bek-en-klouseer en indien ons van Kaapstad af uitvoer, is baie van ons klante tevrede.”
Covid-19
Die Covid-19-pandemie het groot opeenhopings op lughawens veroorsaak, want tonne vrag het op OR Tambo in Johannesburg bly staan. Toe vlugte uiteindelik hervat, was baie van die vliegtuie op beskikbare vlugte se ruim nie groot genoeg vir diere in kratte nie; vlugte wat wel beskikbaar was, was ook baie duur.”
Oos-Europa
Rusland se inval in die Oekraïne het uitvoere na Oos-Europa opnuut ernstig benadeel omdat rederye nie na die Oekraïne se buurlande wil vlieg nie.
Afrika
Toe Oos-Europa ontoeganklik geraak het, het Gerrie die moontlikhede in Afrika met nuwe ywer begin ondersoek. “Ondervinding het ons geleer om planne te maak,” sê Gerrie. Hy het Ghana in November 2021 besoek en die afgelope vyftien maande honderde stuks vee na Ghana en sy buurlande uitgevoer.
“Ek het twee agente daar wat die rompslomp van besendings hanteer en die diere na die kopers versprei. Hulle maak die vragte op en sorg dat die diere die klante veilig bereik; iets wat nie maklik van hier af hanteer kan word nie.”
“Deur die jare het ek ՚n klantebasis opgebou wat bestaan uit mense van Afrika wat hulle in Noord-Amerika, Kanada, die Verenigde Koninkryk en Europa gevestig het waar hulle in US$ of euro’s verdien. Hierdie klante belê in vee sodat hulle gevestigde kuddes het wanneer hulle in hulle lande van herkoms in Afrika aftree.”
Sierra Leone het onlangs die vyftigste land geword waarheen Gerrie uitvoer.
Die rondte uitvoere na Sierra Leone via sy buurland die Republiek van Guinee, was nie maklik nie, moontlik omdat laasgenoemde ՚n militêre regering het en die twee buurlande mekaar nie besonder goedgesind is nie.
“Omdat daar nie vliegtuie met wye rompe na Sierra Leone vlieg nie, moes ons die diere almal na Conakry in Guinee versend, vanwaar dit per pad na boere in Sierra Leone geneem is.” Ook hier het agente ՚n belangrike rol vervul, en daar is reeds talle navrae uit albei lande.
“Ons verwag om binne die volgende paar maande nog groot besendings na hierdie lande te stuur, maar in die toekoms sal dit afsonderlike besendings wees.”
Hy beplan om die markte in Wes-Afrika verder te ontwikkel en voer reeds uit na Ghana, Benin, die Ivoorkus, Mali, Senegal, Niger en Nigerië. Gerrie se skoonseun en vennoot, Ockie Nel, vertrek binnekort saam met Wesgro na Kenia waar
hulle agente en klante sal besoek.
Oos-Asië
Gerrie en Liza, sy vrou, besoek binnekort Oos-Asië, waar hulle Singapoer as basis gaan gebruik om ou klante te besoek en nuwe markte in Maleisië, Kambodja, Vietnam- en Indonesië te ontsluit. “As ons hierin kan slaag, gaan ons nuwe markte vir Suid-Afrikaanse rasse oopmaak waarby baie van ons telers gaan baat vind.”
Slenters
՚n Nuwe uitdaging wat deesdae kopuitsteek is sogenaamde agente wat ՚n deposito vra, maar dan net wegraak met die geld.
“Daar is ook Suid-Afrikaners wat op hierdie wa geklim het. Sulke skelmstreke maak dit moeilik om buitelandse kopers van jou eie integriteit te oortuig, en dit is ՚n tydsame proses om klante te kry.”
Nie altyd maanskyn en rose Vir Gerrie, wat al 65 lande besoek het, het reis na verre lande en verblyf
rugsakstappersherberg (backpackers) gebly, want dit is waar die klante kuier. Jy moet jou met hulle vereenselwig, dan is hulle bereid om met jou sake te doen. Hulle dra ՚n mens op die hande en bied die beste wat hulle het – ՚n mens kan nie vir meer vra nie.
“Ek en Liza herinner onsself gereeld aan wat Hendrik Schoeman in 1983 vir die parlement gevra het toe daar oor die kos op SAL gekla is: ‘Wil julle vreet of wil julle vlieg?’ Ons vra onsself af: Wil ons sake doen of wil ons vakansie hou?’”
onder alle soorte omstandighede al feitlik ՚n leefwyse geword.
“Dit klink vreeslik glansryk om die wêreld vol te reis en mense te ontmoet. Maar dit is beslis nie maanskyn en rose nie, al besoek ons plekke wat die gewone toeris nooit sien nie. Dit verg deursettingsvermoë, want jy moet die omstandighede aanvaar wat die klant jou bied. Jy moet saam met hulle eet en in hulle huise slaap, eerder as om by ՚n hotel in te boek. In Ghana het ons in ՚n
Gewasbeskerming produkte en vloeibare kunsmis is slegs doeltreffend wanneer dit behoorlik toegedien word.
1. Maak seker dat jy die regte spuitpunt vir jou toediening kies.
2. Vervang verweerde spuitpunte.
3. Inspekteer jou spuit en kalibreer jou spuitpunte om behoorlike toediening te verseker.
Die
Sukkel jy om jou bale op 'n wa te laai? Baal penne vir Forklift Baal penne R 4750 btw ing
Forklift R 45 000 btw ing
Totaal = R 49 750 btw ing
Draadspan hoef nie moeite te wees nie, jy kan met hierdie masjien 4 rolle draad gelyktydig afrol
haar kar stukkend ry op jou slegte pad.
Te huur R 1220.00 per dag btw ing
SPORTSMAN 120
The most effective and cost efficient travelling irrigation systems available
Head office: Jasper Hewitt +27 (0) 82-773-7544 jasper@rotrixafrica.co.za
Andries Bothma +27 (0) 79-959-3356 / +27(0) 23-342-3438 / sales@rotrixafrica.co.za
Gauteng: Tobie van den Heever +27 (0)82-658-6054 +27(0)12-736-2121/2103/2323 tobie@iunlimited.co.za
IT’S YOUR NOZZLE-BY-NOZZLE ADVANTAGE. It’s
IT’S YOUR NOZZLE-BY-NOZZLE ADVANTAGE. It’s
Nozzle-by-nozzle control.
Nozzle-by-nozzle control.
Consistent coverage across any terrain.
Consistent coverage across any terrain.
Increased productivity and speed.
Increased productivity and speed
Industry leading visibility
Industry leading visibility.
Jaco van der Merwe 082 738 0718
jaco@agtechtechnology.co.za
www.rotrixafrica.co.za
www.agleader.com
www.agleader.com
Jaco Hamman 082 762 1669
www.ppfagri.co.za