8 minute read
Julle sê
from S012022
by nustobaydo
briewe
SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT IN S
Advertisement
Julle sê ...
GEMAAK OM TE SKEP
INSPIRASIE VAN DIE MAAND
Ek het ’n vriendin, ver in die dorre, harde Karoo. Met haar kunstenaarshande skilder sy die mooiste, mooiste goed. Maar haar hele wêreld word stil, gestroop van kleur. Die skilderdoek word ingesluk deur stof, voerrekeninge, geen reën – droogte. Haar vingers ken die pad, opgesluit in kwas en kleur, maar die kombuis word haar nuwe ateljee. Want sy’s gemaak om te skep en met ’n onstuitbare gees neem die kuns sy vorm aan tussen oond en bak en pan. Vleis en deeg word haar nuwe meesterstuk. Met passie en deegkuns maak haar nuwe “skilderye” menige huisvrou se hart so bly. Ure word dae, dae word weke, die aanvraag ál groter, haar wange ál bleker. Die reuke uit die kombuis is lieflik, die ure agter haar voorskoot sluk haar in. Lank ná twaalf, in die warm Karoostilte, tussen stoom en sous, met geen bure wat kan kla nie, want jou droogtepad is ’n alleenpad. Sy vind haar kuns in die mooiste bestellingsboeke en die verpakking van elke pastei. Haar siel is geknak, verlang na kwas en kleur. Haar gees is geknak, maar leef voort in die hoop – ná die reën wag ’n skoon doek op kwas en kleur. Ek het ’n vriendin, ver in die dorre, harde Karoo. (Na Koos Kombuis.)
MOSSIE, LOXTON
Mossie van Loxton het dié uitgawe se wenbrief geskryf. Haar prys ter waarde van R3 397 is die geur New York van Kate Spade (100 ml, 60 ml en 40 ml EDP elk). Dié nuwe parfuum in die kenmerkende pienk kleur is ’n verslawende vrugtige blomgeur met note van sitrusagtige bergamot, soet aarbei, roos en freesia. Aanloklike Ambroxan en Cashmeran sorg vir diepte in die sensuele houtbasis.
* Die borge is verantwoordelik vir die pryse en die versending daarvan. WITTER & INSTAGRAM
#JyIsGenoeg olg SARIE op Instagram vir daaglikse inspirasie
Watter Disney- of Pixar-fliek kan jy oor en oor kyk? Patricia Theart Lion King (1994) Charlene Louw Thomas he Little Mermaid (1989), ek love die krap Daantjie Badenhorst Up (2009) en Cars (2006) Estelle Bester Viljoen Beauty and the Beast (1990) Louisemarié Combrink Bambi (1942)
STEM: Wat verkies jy?
13% 7%
15%
65%
’N TOEGANKLIKER WÊRELD
Mense lees my stories op sosiale media met die aanmerking dat hulle weet hoe dit gaan sonder om te vra. Sosiale media, die plek waar ons wonderwerkkinders het, met die perfekte huwelik en gesin. Ons ken almal daardie een mens met wie dit net goed gaan. Geseënd en gelukkig.
Soms moet mens dinge reguit sê, soms moet ons minder “polish”. Niemand kan hulle met die “perfekte mamma, gesin of kinders” vereenselwig nie. Dis onrealisties en intimiderend.
Dalk kan my foute mense baie meer leer. Ons het ook goeie én slegte dae, deurbrake, flops en daardie CV en getuigskrif, kwalifikasies en prestasies. Dit het beslis waarde, maar dan word jou lewe in ’n heeltemal ander rigting gestuur.
Uiteindelik, in die wyser seisoen van my lewe, besef ek ook dat ek nie vir alles hoef ja te sê nie. Die skrywer James Clear het gesê: “Stop making choices, start making commitments.”
Ek weet ook in hierdie nuwe, wyser fase dat drome my kinders laat uitsien na die toekoms, al word daar so negatief gepraat in grootmenskringe.
Ons moet die wêreld vir ons kinders toegankliker maak.
suksesse waarvoor ons dankbaar is. Wees eerlik: Sal dit nie lekker wees as ons mekaar kan bevry van hierdie onrealistiese wêreld en lewe wat ons nastreef nie? Die jare maak mens sag. Sonder om ruggraatloos of pateties te raak, lui te wees of boedel oor te gee. Allesbehalwe. Iewers in mens se ouer en wyser word, moet jy stop en leer om nie meer alles vir almal te doen nie. Miskien wil ons almal maar net eendag sê: “Been there, done that . . .” Kinders word gedruk om te presteer. Ons is gesteld op rapporte. Toetspunte. Asof dit iets sê van jou karakter. Dis hierdie dinge wat my laat besef: Jy werk jou lewe lank aan 12 | Januarie/Februarie 2022 SARIE.com
Kolwyntjies 7% Muffins 15% Skons 65% Al drie, natuurlik! 13%
Jou vliegtuigkaartjie en verblyf is reeds betaal, al wat jy moet doen is om die bestemming te kies. Watter land sal jy graag wil verken? Avril Ford Italië, dis ’n lewenslange droom Riet van der Westhuizen Switserland Nelia Henning Duitsland, veral die Swartwoud Deirdre Fourie Nieu-Seeland! Ek mis my kinders so baie Rienie Viljoen Wel, ek wil toer! Amsterdam [Nederland], Antwerpen [België] en enige plek in Frankryk
> Theuns Jordaan afgeneem vir SARIE Januarie 2015. FOTO
PHYLLIS GREEN
TYD WAT VERBY IS
Alleenheid en eensaamheid is volgens die De Stadlers se Tesourus van Afrikaans sinonieme wat hier en daar verskil in hul toepassing. Daar is iets vreesaanjaends aan alleenheid en iets nostalgies aan eensaamheid.
As jy in selfisolasie in jou huis met ’n Camparimojito en ’n boeiende boek voor ’n knetterende vuurtjie sit, is jy nie alleen of eensaam nie. Of as jy besluit om ’n hele Netflixreeks dwarsdeur die nag te kyk, met die slapende lywe van jou troeteldiere wat jou voete warm hou, is jy ook nie alleen nie en jy is allermins eensaam. Jy verkneukel jou aan die gevare waarin die held of heldin verkeer en jy verlekker jou aan hul stomende bed-baljare. Jy is ook nie alleen of eensaam as jy die jasmyn in die tuin ruik en die sneeu sien smelt op die verste berge nie. Jy maak sop – minder as ander tye – en jy eksperimenteer met jou eie jenewerbessies en lemmetjie-drankies.
Dan, op ’n Sondag nooi jou naaste kind jou om halfpad te ry en by ’n restaurant te gaan eet. Die mure is dik en oud, die eikebome dikker en ouer, vuur skitter agter ou koperskerms. Jy lag, jy gesels, jy kom agter hoe
THEUNS LEEF VOORT IN KLEIN-KAROO-HARTE
Wat is ’n kunstefees? Stalletjies by die honderde? Toneelopvoerings? Koue bier? Kos? Duisende mense? Ja, maar alles is niks sonder daardie een kunstenaar wat die duisende deur die hekke kon kry nie, daardie een wat mense koue Karoo-aande onder kombersies laat sit het vir daai laaste song nie, daardie een kunstenaar wat mense dubbeld laat betaal het vir koffie sonder dat hulle kla, daardie een kunstenaar wat duisende mense op hul voete kon kry ná ’n aand se afwagting, en dit jaar ná jaar reggekry het. Daardie een kunstenaar wat ouma en oupa al vroeg laat kom het vir ’n lekker plekkie, die tieners en studente al die jare voor teen die veiligheidsrelings kon hou, en teen die einde van die aand al daardie mense, oud en jonk, op hul voete kon bring. Soos bloed, so was jy vir ons. Vir my en vele ander was jy ’n hoogtepunt by die fees jaarliks, vir my en baie ander was jy die koning op die stage, vir my en vele ander was jy ’n legend en jou musiek sal voortleef, jy sal onthou word. Jou debuutalbum is uitgereik op Oudtshoorn, by ons eie Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Jy was ’n stukkie van ons en sal altyd jou plekkie hier hê, al is dit nou in ons harte. ’n Perfeksionis, ’n gentleman, reguit maar ook altyd respekvol en dankbaar.
Bring jou hart, bring jou lewe na die KleinKaroo . . . Theuns [Jordaan], jy sal voortleef in baie Klein-Karoo-harte.
Susan White, Oudtshoorn
Jy klim versigtig op die mespunt en jy haal diep asem. Jy wil nie eintlik weet van eensaamheid en alleenheid nie en jy sit hulle weg. Heeltemal verban. Maar hulle loer deur skrefies vir jou.
Riëtte Hugo, Durbanville
NES SY PA
Ek en my wederhelf staan onlangs in die ry om te betaal by ’n bekende kruidenierswinkel. Die kassiere is baie nuuskierig toe ek die agt kanne van twee liter elk amasi (suurmelk) uit my trollie pak om te betaal, en wil weet wie drink dan hierdie vetmaakgoed. Ek wys vir haar ’n foto van my oorgewig, mak swart vark, Buddy . . . Haar oë rek so groot soos pierings van skok en toe sy uiteindelik haar stem terugkry, loer sy oor my skouer na my volronde manlief van 132 kg en sê: “Haai, Mevrou, die vark lyk dan net soos sy pa!” Nodeloos om te sê, my wederhelf was nie baie beïndruk nie, veral nie toe ek en die kassiere albei histeries begin giggel terwyl almal na ons kyk.
Marieta Groenewald, Klein-Brakrivier
vinnig jou kleinkinders groei en vaardige vingertjies op selfone laat jou verwonderd. Mettertyd is die kos klaar geëet en die vonkelwyn vonkel nie meer pienk en borrelend nie. Saam stap julle uit – vir ’n wyle staan jy by hulle terwyl almal in die spoelklipmotor inklim.
“Baai, Ouma!”
“Ouma moet kom kuier!”
“Kom Ouma Kersfees saam see toe?”
Hulle trek weg en jy stap na jou motor toe. Jy betaal die fooitjie. Jy ry met die son in jou oë huis toe, maar dis nie die son wat veroorsaak dat jy nie kan sien nie. Dis die trane wat oor die rand van jou oë spoel en jou blind maak. Want nou weet jy waarom eensaamheid en alleenheid sinonieme is. Jy moet aftrek van die pad, want jy kan nie sien waar jy ry nie. Jy huil. Jy huil jou hart uit. Want jou tyd as jong vrou en mamma en laerskool-helikopter-ma en terugstaan- en regstaanma is verby.
As jy later by die koue skemerhuis instap en die honde groet uitbundig, moet jy hard werk om weer jou balans te kry.