7 minute read

Tatjana Schoenmaker ‘So byna-byna het ek ophou swem’

groet met ’n groot glimlag. Om haar ertjie met die vyf Olimpiese ringe. ná die Spele in Tokio het die oomblik, toe sy besef sy het Olimpiese vervaag nie. Haar oë skitter sommer Ek moet seker die hangertjie onder my kamerig, asof sy nie aandag op haar “Maar ek is so mal daaroor. Dit was ike juwelier.” g verander nadat sy in Julie die goue orsslag verower en boonop die tyd van 2:18.95 verbeter het. Sy het m-borsslag. Die eerbewyse stroom Q se Game Changer of the Year vir ank Top Women-toekenning ontvang, ou van die Jaar, en nou een van agt bassadeurs (saam met atlete soos had le Clos en Caster Semenya). lo as ander medaljewenners gesê we nie.’n Paar maande gelede het et wie ek is nie, en nou waai mense rd oral herken, selfs met ’n masker so lekker, want jy voel daai trots en ms maak dit my tog ongemaklik – ek’s ig wil steel nie en dit voel maar vreemd eid is en al die aandag is op jou.” f sy oornag ’n swemsensasie geraak al sestien jaar lank om te kom waar sy

Advertisement

om was dit reeds duidelik dat Tatjana, was eerste by ’n klein skoolgala. Eintlik e – my tye was oor die algemeen nie omsgroep nie. Maar by daardie gala het g haar mentor en afrigter] gesien ek mal in die swemwêreld weet borsslag is e – jy het dit, of jy het dit nie.” >

< Tatjana was sportmal en het aan alles moontlik deelgeneem, maar Rocco het haar ouers oorreed dat swem haar fokus moet word. “Ek was eintlik baie daarteen! Ek was veral lief vir netbal en het ook goed gevaar in hekkies en hoogspring. Maar hoe meer ek aan my swem geoefen het, hoe beter het ek begin raak, en toe word ek lief daarvoor. Daar was een hekkiesbyeenkoms waar ek, as ek eerste of tweede sou kom, na ’n ander byeenkoms toe sou moes gaan wat op dieselfde tyd as ’n swembyeenkoms was. In die resies was ek tweede en toe hardloop ek aspris ’n bietjie stadiger sodat ek derde kon kom,”lag sy.

Sy is na die Hoërskool TuksSport toe, die Universiteit van Pretoria se sportskool vir belowende atlete. “Ons het soggens voor skool twee uur lank geoefen, dan klas gehad van nege- tot drie-uur, en dan weer ’n twee uur lange oefensessie. En dan moes jy saans huiswerk doen. Dit was ’n baie groot aanpassing, veral omdat ek in die koshuis gaan bly het, terwyl my ouers in Johannesburg was.”

Maar sy het uitstekend gevaar – so goed dat almal verwag het sy sou op 18 vir 2016 se Spele in Rio de Janeiro kwalifiseer. En toe mis sy die afsnytyd met 0.01 sekonde. Ná die terugslag wou sy opgee. “Die ding met swem is, as jy nie mal is daaroor nie, gaan jy as swemmer baie ongelukkig wees. Ons swem 48 weke van die jaar en kry net af ná ’n groot kompetisie en oor Kersfees. Anders as in sportsoorte soos rugby verdien ons ook nie salarisse nie. Daar het ek amper my passie verloor en myself begin afvra of dit nog die moeite werd is. Rocco het besluit ek sal daai jaar glad nie meeding nie. Net in die water wees sodat ek weer lief word daarvoor, sonder die druk.”

En dit het die ding gedoen.Toe sy dié keer kwalifiseer en na die Spele in Tokio gaan, was sy baie koelkop – en dís hoekom sy so goed gevaar het, glo sy.

“Al was daar nie toeskouers by die Spele nie, was daar steeds oor duisend mense in die paviljoen by ons resies –ander swemmers, hul afrigters, organiseerders, borge. Dit was baie opwindend. Maar ek was só kalm. Dié keer het ek geweet my prestasie definieer my nie as mens nie. My doel was net om my beste te gee, en as dit die Here se plan is, dat ek goed sou vaar . . . fantasties. Indien nie, is dit ’n goeie geleentheid om te groei. En as jy dit so benader, sonder die druk, kan jy werklik jou beste gee.”

Haar lewe wentel om swem, maar dis nie haar identiteit nie. “Ek het ook ander doelwitte in my lewe en dit was ’n belangrike les om te leer toe ek Rio net-net gemis het. Ek kan byvoorbeeld nie wag om eendag ’n ma te wees nie.”

Maar terwyl sy op die kruin van haar loopbaan is, sit sy álles in. Sy oefen tot vier uur per dag en het net Sondae af. “Die meeste van daardie ure is natuurlik in die swembad, maar ek doen ook gimsessies en vreeslik baie aanvullende terapie – gereelde masserings, sessies met ’n sportsielkundige, osoonterapie en fisioterapie. Dis alles net so nodig om jou in topkondisie te hou.”

Tot 2020 was sy nog besig met haar BCom-graad in finansiële wetenskap by Tuks (sy het dit ook voltooi) sodat sy “iets het om op terug te val”, en daarna het sy met ’n jaar lange kursus in sportwetenskap begin, maar sy moes dit staak om aan die Spele deel te neem.

Daar is tye wat sy haar na ’n oefening moet sleep, erken sy. “Daar is regtig min tyd vir enigiets anders en ek voel soms asof my tenk net totaal leeg is. Maar ek sal myself dwing om by die oefening op te daag, want ek weet ek is nie alleen nie – negentig persent van die mense daar voel ook so. Ons motiveer mekaar om steeds alles in te sit op die moeilike dae, al is swem ’n individuele sportsoort.”

Sy het nie juis stokperdjies nie en gaan min uit.“As ek ’n uur af het, sal ek slaap probeer inhaal! Die een ding wat ek myself wel toelaat, is om lekker te eet. Ek eet meestal gebalanseerd, maar ek volg nie ’n spesifieke dieet nie. As ek lus is vir sjokolade, sal ek dit eet – en dit gebeur byna daagliks, want ek het ’n suikertand. Ek sal nou nie ’n hele blok op ’n slag eet nie, maar ek ontneem myself nie. Ek voel ons oefen so hard, ek verdien dít darem. Dis my troos.”

Wanneer sy wel uitgaan, maak sy ’n geleentheid daarvan. “Ek hou daarvan om mooi aan te trek en is lief vir mode. Ons is meestal in sportklere, so dis lekker om moeite te doen as ek die kans kry. Dit hoef ook nie iets spesiaals te wees nie – dis vir my lekker om net bietjie uit te kom en iets te gaan eet saam met vriende of familie.” >

Dié keer was my doel net om my beste te gee . . . En as jy dit so benader, sonder die druk, kán jy

Tatjana

Ons sê dankie aan die Universiteit van Pretoria se Hoëprestasiesentrum dat ons by hul swembad kon skiet

< Haar familie is deesdae wyd verspreid, so sy sien hulle min. Sus Fabienne is ’n boekhouer in Johannesburg (Tatjana woon steeds in Pretoria), en haar ouers, René en Renske, is onlangs terug na Nederland, waar haar pa vandaan kom. Haar kêrel, Ruan Ras, is gelukkig ook ’n swemmer en verstaan die druk. Hulle is nou so twee jaar saam, maar is al jare lank vriende. “Dit voel baie langer as twee jaar, want ons is al van skool af vriende. Hy het ander meisies gehad en ek ander kêrels, en ons het nooit so aan mekaar gedink nie. Maar nadat ons albei se laaste verhouding geëindig het, het ons besef iets is hier aan die gang. In die begin was dit ’n vreemde aanpassing, maar nou kan ek nie gelukkiger wees nie – ek kan regtig sê ek is in ’n verhouding met my beste vriend.” Vanjaar fokus sy op die Statebondspele in Julie. “Ek sien omtrent net soveel daarna uit as na die Spele. Dis altyd so ’n voorreg om deel van die Suid-Afrikaanse span te wees en ander lande te kan sien as jy gaan deelneem.” Haar persoonlike doelwitte vir die volgende jaar wentel ook om swem. Sy het einde 2021 die Tatjana Schoenmakerstigting begin met die geld wat private individue aan haar geskenk het terwyl daar sprake was dat die Olimpiese medaljewenners nie ’n bonus sou ontvang nie. “Ek wil so graag die sport help uitbou terwyl daar aandag op my is. Die jammerte van ons sport is dat jy eers ’n loopbaan daarvan kan maak as jy die beste is, so dis baie moeilik om ’n swemmer te wees as jy nie ondersteuning het nie. My ouers het my tot en met die Spele nog finansieel ondersteun. Vir FINA [die Internasionale Swemfederasie] se kortbad-Wêreldbekerreeks in Desember, byvoorbeeld, moes almal in die span R25 000 betaal om te kan deelneem – en die helfte van die span is Olimpiese swemmers. Daar is eenvoudig nie geld om ons te stuur nie. Jy kry net geld as jy goed vaar in die groot kompetisies soos die Spele en Wêreldkampioenskap, wat net elke vier jaar plaasvind.” Sy wil deur die stigting atlete finansieel ondersteun met kompetisie- en reisgeld.“Dít moet nooit die rede wees

This article is from: