W122021

Page 1

VAKANSIEKOS 6 geregte vir die feestafel! BAVIAANSKLOOF

JOU REIS BEGIN HIER

Kom kuier by die oom van Babes se Winkel

SIMONSTAD

Hier is als fyn, pikkewyn!

REISJOERNAAL

2021΄22 DESEMBERJANUARIE

Deur die Heilige Land in ’n Hilux

R90 (BTW ingesluit) Namibië N$90

0 6 +

behaaglike blyplekke aan die Wildekus wegbreke langs die Weskus

KLEINMOND Stap oor ’n berg wat blom JÓÚ GESKENKGIDS Vir ’n Kersfees sonder moeite MET MY EIE OË Woeste katgeveg in die Kgalagadi

#199



INHOUD

Desember 2021-Januarie 2022

#199

STORIES 32 RUBRIEK

“Ek wonder hoeveel pare vellies daar op die oomblik in die land rondloop? Meer as die aantal K-Way-donsbaadjies? Meer as die mense wat al ingeënt is?”

34 DIE BAVIAANSKLOOF SE STORIEMAN

TOAST COETZER

“Daai was die lekkerste jare in die vorige eeu, Elvis Presley se tyd en almal ry nét met V8mouterkarre. Chev Impalas en Chev Biscaynes... Die kos en die drank en sieghrêts het baie meer gekos as die petrol. Jy’t toe nog nie begroot vir petrol nie, dis net ’n ding wat jy moet ingooi... “

52

40 DIE WILDEKUS

Wanneer láás was jy daar? Die paaie en riviere loop nog dieselfde, maar daar’s nuwe blyplekke knap teen mooie strande!

52 WESKUSPLEKKE VIR WEGRAAK

Kyra Tarr het dié ses puik naweekhuisies tussen die fynbos en branders besoek.

118 REISJOERNAAL: ISRAEL

“Ná Safed volg Tabgha, ’n dorpie aan die See van Galilea. As kind was ek geboei deur die Bybelverhaal van die vermeerdering van die brood en vis.”

Vind ’n lêplek aan die Weskus

VOORBLAD Hole-in-the-Wall, Wildekus GALLO/GETTYIMAGES.COM


INHOUD

ELKE MAAND 8 PIERRE SE BRIEF 14 BRIEWE

Toer saam met Weg na NoordBotswana én die Tuinroete

22 KYK HIER

92 BLY HIER

24 KORTLIKS

Sterreweg – bl. 26 Ons gesels met – bl. 28 Boeke – bl. 30

SHELLEY CHRISTIANS

60 MENSE SE LENSE

82 Kos

’n Wilkoluiltjie met sy vangs, baldadige bontebokke, duttende sebras en ’n stukkie 4x4-pad... dis maar enkele van die eg Suid-Afrikaanse lekkertes wat ons lesers vandeesmaand afgeneem het!

66 FOTOPORTEFEULJE

Blaai sommer heel eerste na dié pragfoto’s geneem deur die finaliste in vanjaar se kompetisie Onderwaterfotograaf van die Jaar!

76 TOERUSTING

FRANÇOIS HAASBROEK

In die berge bo Bettysbaai loop ’n roete deur fynbos en inheemse woud. Gaan stap die OudeboschHarold Porter-roete – dit sal beslis een van jou gunstelinge word!

96 SIMONSTAD

François Haasbroek gaan kuier in dié vlootdorpie vol karakter.

110 TOEKA SE DAE

Studente toer met ’n kombi na die Kruger!

112 KINDERBLAD

Kan jy een haai van ’n ander uitken? Maak kennis met dié tannemanne.

114 MET MY EIE OË

82 KOS

128 BLOKRAAI

VOLKSWAGEN TIGUAN

4 Weg! #199

94 STAP HIER

Faansie Peacock deel sy wenke vir voëlkyk in woudgebiede.

88 WIELE –

Simonstad

Jackalberry Ridge net suid van die Kruger is ’n wildtuin in die kleine!

Die jaar het sy tol geëis en g’n mens het nog die krag of geduld om in ’n winkelsentrum te loop Kersgeskenke soek nie. Kies vir elkeen van jou mense een van dié puik presente, koop dit aanlyn en laat die koerierdiens die res doen – jy kan net ontspan!

Met dié spyskaart gaan julle die hele somervakansie lank smul!

96

90 REIS SAAM

“Jy kan een in 80% van alle lande op aarde aanskaf, en ’n nuwe Tiguan rol elke 35 sekondes van die produksielyn af in een van vier aanlegte wat oor die wêreld versprei is. Nes die Kewer destyds is dit ’n wa vir die mensdom.”

Op besoek aan die Kgalagadi het Simon Smith ’n rare katgeveg in ’n boom sien afspeel.

126 VOËLS

129 BRIEF

UIT KLEINMOND

“Skielik kry ’n mens nie meer parkeerplek voor die Spar nie; skoene en hemde word opsioneel; die roomysmanne smous elke dag koelbokse vol grenadella-ysies op die strand.”

130 AFRIKA OP SY BESTE



Om te verseker met King Price is so goedkoop en eenvoudig dat dit skoon belaglik voel. Die goeie tipe belaglik. Vir koninklike diens, kies die koning van versekering.

Vir ’n kwotasie, SMS ‘king’ na 43009

Standaard SMS tariewe geld

kingprice.co.za


Suid-Afrika is uiteenlopend, kleurvol en alles behalwe vervelig. As jy, soos ons, mal is oor die buitengewone, gaan jy gaande wees oor ons voorstelle van buitengewone plekke in Mzansi om te besoek.

The Blue Train

Gat-in-die-muur

Die Skoenhuis

Vanaf die Jakarandastad tot Jou Ma Se-stad, hierdie rit is een vir die boeke. Konings, presidente en bekendes het al die manjifieke, 5-ster hotel op wiele na hartelus geniet, tesame met ‘gewone mense’ wat smag na ’n happie van die luukse lewe. Een ding is waar, daar is niks eenvoudig omtrent hierdie blou juweel nie.

Volgens die legende, het ’n pragtige meisie van die land verlief geraak op een van die See Mense. Haar pa het dit glad nie goedgekeur nie. Die See Mense het toe besluit om die twee verliefdes ’n kans te gee om saam te verdwyn, deur ’n hengse vis te gebruik en ’n gat deur die rots te slaan. Dalk het hierdie liefdesverhaal jou ’n gat in die kop gepraat om die natuurverskynsel te besoek.

As jy wil weet hoe dit is om in Juffrou Viljoen van die kinderrympie se skoene te staan, is Die Skoenhuis net die plek vir jou. Dis ’n kunsmuseum, B&B en trou venue. En asof dit nie vreemd genoeg is nie, is daar ook ’n mensgemaakte grot met die kunstenaar se idee van die geestelike wêreld wat met beelde uitgebeeld word. Dis nou wel nie ’n Louboutin nie, maar dis gemaklik en die moeite werd om te gaan loer, veral saam met die kinders.

Pretoria tot Kaapstad

Koffiebaai, Oos-Kaap

Ohrigstad, Limpopo

Hoo! Hoo!

Bourke’s Luck Maalkolke

Graskop, Mpumalanga Dit was beslis nie per toeval nie… Moeder Natuur het vir miljoene jare hard gewerk om hierdie maanagtige landskap te maak. Alhoewel daar nie versekering op die maan is nie, is dit iets waaroor jy gerus kan wees hier op ons planeet.

Die Groot Pynappel

Die Uilhuis

Daar is ’n hengse pynappel in die middel van Bathurst… Dis baie vreemd, maar ook baie interessant. Die pynappel is 3 vloere hoog, gemaak van metaal en veselglas, en binne is ’n museum gevul met pynappels. Dis beslis ‘n ander manier om jou 5-per-dag in te kry.

Of jy dit nou vreemd of fantasties vind, die Uilhuis is iets om te beleef. Spieëls en gemaalde glas transformeer omtrent elke binneste oppervlak in ’n glinsterende warboel van kleur, terwyl die tuin jou uitlok na ’n fantasieland van beeldhouwerke wat uit sement en glas bestaan. Hierdie een is ’n moet op die emmerskop-lys!

Bathurst, Oos-Kaap

Nieu-Bethesda, Oos-Kaap


PIERRE SÊ

See, sand en voorspoed

RONEL STEYN

O

MOENIE ONS VOLGENDE UITGAWE MISLOOP NIE! Die Februarie-Maart 2022uitgawe sal vanaf 28 Januarie 2022 op winkelrakke wees.

AGTER DIE SKERMS

nlangs stap vriende van my een van die skofte van die Kruger Trail, omtrent 100 km in ’n week waar ’n mens die wildernis op sy primitiefste ervaar. Dis net jy en jou stapmaats – omring deur duisende wilde diere – wat dag vir dag met groot omsigtigheid deur ongerepte veld beweeg. Die roete, nou hoog op my al langer wordende moetdoenlysie, laat ’n mens wonder hoe dit gekom het dat ons spesie so dominant op aarde geword het. Ons is nie so sterk soos ’n leeu, so groot soos ’n olifant of so vinnig soos ’n jagluiperd nie. Miere, bye, wildehonde en bobbejane het – nes ons – ook die vermoë om saam te werk. Die kenners sê dit was die mens se unieke manier om taal te gebruik. Nie net om oor gevare te waarsku nie, maar ook om geleenthede te bespreek wat ons die voorsprong gegee het. Taal, en die stories wat ons daarmee vertel, gee ons die vermoë om op groot skaal met

mekaar – en vreemdelinge ver weg van ons – saam te werk. En op sy beurt dien stories as inspirasie vir mense om aanpasbaar te wees, om dinge aan te pak waarvan hulle dalk nooit eens sou droom nie. Aanpasbaarheid, stories en die geloof dat dinge weer beter gaan word, het gehelp om ons te dra tot op hierdie punt – ’n seisoen van welverdiende rus en ’n nuwe jaar propvol potensiaal. ’n Somervakansie is sinoniem met see, sand en sonbrandolie en dít is hoekom ons in hierdie uitgawe fokus op wegbreekplekke langs die Wildekus en Weskus. Mag lekker reisstories soos hierdie ons almal steeds in 2022 inspireer; nie net om nuwe plekke te ontdek nie, maar om met liefde met mekaar om te gaan. Voorspoed vir julle almal.

REDAKTEUR

PSteyn@media24.com

Die fotojoernalis en kartograaf François Haasbroek werk al 11 jaar by Weg. Menige reis gaan gewoonlik gepaard met ’n onvoorsiene krisis of twee, veral voertuigverwante uitdagings. Maar die ongeluk ry nogal vir François, soos onlangs tydens ’n besoek aan die Wildekus – lees die storie op bl. 40. reggemaak met ’n haardroër en nuwe insulasie vir ’n paar drade.

Hoeveel keer het die teëspoed jou al gery? As ek vinnig tel, was daar 13 gevalle, van vassit op ’n modderige grondpad tussen ’n trop olifante in die wildtuin (vir twee ure!) tot ’n petroljoggie op Bitterfontein wat per ongeluk petrol in my dieselvoertuig gegooi het. Watter geval was die angswekkendste? In 2011 het ek ná swaar reën buite Patensie op ’n plaas met ’n Suzuki Jimny gery. Die pad het ingegee en ek het met voertuig en al teen ’n heuwel afgerol en op die dak te staan gekom. Gelukkig het ek nie

8 Weg! #199

vinnig gery nie. Die boere raak knorrig as jy vinniger as 20 km/h tussen hulle lemoene ry en dus was daar geen ernstige beserings nie. En die snaaksste een? Terwyl dit gebeur, is dit natuurlik glad nie snaaks nie, maar ná die tyd kan ’n mens nie help om te giggel nie. Veral die keer toe Weg se Toyota Condor op Oujaarsaand in ’n parkeerterrein in Nelspruit vrek – dit het gestortreën. Ek was drie dae lank in Nelspruit gestrand. En op die ou einde het ’n werktuigkundige die Condor

Wat het langs die Wildekus gebeur? In die Dwesa-natuurreservaat dui ’n netjiese naambord die pad na die Kobolemonding aan. Uit pure nuuskierigheid gaan kyk ek toe in my Mahindra Scorpio 4x2. Die pad kronkel teen ’n steil heuwel onder ’n blaredak af tot by die rivier – dit eindig stomp teen die strand met geen plek om om te draai nie. Ek het in trurat teen die heuwel probeer opry, maar met die steilte en die nat blare was dit ’n haas onmoontlike taak. Die enigste manier was om op die sand om te draai en weer die heuwel van voor aan te pak. Natuurlik sit ek toe vas in die sand. Ná ’n lang gespook los ek die voertuig daar en stap teen die kus af tot waar ek die eerste keer selfoonontvangs kry. Ek bel die parkkantoor in Oos-Londen wat iemand by die park se hek laat

weet om my te kom help uitsleep. Ek is eers later ingelig dat die gety my Scorpio oor ’n paar uur sou kom haal het. Hoe hulpvaardig is mense as jy gestrand is? My grootste uitdaging is nie dat ek slegte geluk het met voertuie nie, maar dat die ongeluk my meestal op afgeleë plekke tref. Maar selfs tussen niks en nêrens ry daar tog uiteindelik ’n Barmhartige Samaritaan verby. En behalwe vir daai een boer noord van Noenieput hou mense altyd stil en help. Ek is al te hulp gesnel deur ’n vliegtuigwerktuigkundige van Betta in Namibië, vissermanne van Hondeklipbaai en gospelsangers van Philandersbron. Wat is ná dese altyd in jou kattebak? Ek het ’n krat met ’n paar goed wanneer ek op grondpad of erger gaan toer: ’n Graaf, banddrukmeter en lugkompressor is goud werd.



OLD MUTUAL PROMOSIE

LAAT JOU GELD NAMENS JOU TOER

Laat Old Mutual Investment Group jou leer hoe om in die buiteland te belê en jou horisonne te verbreed. “Jy kan dalk nie toer nie, maar jou geld kan,” sê Gontse Tsatsi, hoof van verbruikerskliëntebestuur by Old Mutual Investment Group. Terwyl Covid-19 wêreldwyd reise ingeperk en SuidAfrikaners by hulle huise gehou het, het plaaslike en buitelandse beleggings in die laaste jaar indrukwekkende groei getoon. Om in die buiteland te belê is ’n belangrike deel van die meeste beleggers se portefeuljes en dit kan heel maklik wees om te doen. Midde-in die ekonomiese onsekerheid wat die pandemie geskep het, het effektetrustbeleggers voordeel getrek uit die tyd ná die grendeltyd toe wêreldmarkte begin oopmaak het, en dié voordele het aanhou groei namate die wêreldekonomie begin herstel het. Maar as jy daaraan dink om in die buiteland te belê, is daar meer as een manier om dit te doen . . .

DIE DUUR PAD

Jy kan fisiek geld uit Suid-Afrika skuif deur rande na buitelandse geldeenhede om te skakel en in ’n internasionale mark te herbelê. Dié proses is gewoonlik meer geskik vir welgestelde beleggers, want die minimum bedrae wat vir só ’n transaksie vereis word, is groot. Dié individue kan die ekstra kompleksiteite van die proses hanteer asook die hoër beleggingsbedrae bekostig – iets wat die meeste beleggers om verstaanbare redes nie kan doen nie.

DIE EENVOUDIGE PAD

Dis waar effektetrusts inkom. Dis die beste manier om ’n stukkie van die wêreld te besit en jou risiko op ’n goedkoop manier te versprei. Vir so min as R500 per maand kan jou geld die wêreld sien. Plaaslike effektetrusts wat internasionaal belê, bied aan beleggers ’n vereenvoudigde opsie, ’n wye keuse van bateklasse

sowel as buigsaamheid sonder kommer oor die verkryging van ’n belastingklaringsertifikaat van die SA Inkomstediens. Wanneer beleggers in ’n plaaslik geregistreerde effektetrust met blootstelling aan buitelandse bates belê, word die kompleksiteit van buitelandse beleggings getemper – dink maar aan regulasies, verskille in terminologie, en die magdom opsies. Op dié manier word beleggers se beleggingsrisiko versprei en is daar die geleentheid om inflasie deur die blootstelling aan wêreldwye groeibates te troef.

WEES SLIM MET BELASTING

Beleggers kan natuurlik verder voordeel trek deur hulle belastingvrye beleggingsvergunning te gebruik om in ’n belastingvrye effektetrust met internasionale blootstelling te belê. In ’n belastingvrye effektetrust sal jy geen belasting betaal op die rente wat jy verdien nie, ook nie op dividende nie en geen kapitaalwinsbelasting op ’n totale belegging van maksimum R35 000 per jaar nie. Dit is ’n groot aansporing vir iemand wat langtermynbeleggings wil aangaan, insluitend iemand wat vir die eerste keer belê.

KRY ’N BALANS

Hoewel oorsese markte tot op hede indrukwekkende groei getoon het, is daar nooit ’n waarborg dat dit konstant sal voortduur nie. Om in groeibates soos aandele in plaaslike of internasionale markte te belê, is ’n langtermynproses. Daarom is dit belangrik dat jy die regte persentasie buitelandse blootstelling kies as deel van ’n groter, goed verspreide beleggingsportefeulje vir langtermynbeleggings.

Vir nog inligting, gaan na www.oldmutualinvest.com/offshore


BELÊ SAAM VIR ’N TOEKOMS WAT SAAK MAAK Hoe ons vandag belê, bepaal die gehalte van ons toekoms. By Old Mutual Unit Trusts is dit ons strewe om te belê in maatskappye met beter ESG-puntetellings, wat beter vaar met volhoubaarheid van die omgewing, die verbetering van maatskaplike toestande en die bevordering van goeie bestuurstoesig. Bou volhoubare welvaart vir toekomstige generasies.

Besoek oldmutualinvest.com/responsibleinvesting of kontak jou finansiële adviseur om te belê vir ʼn toekoms wat saak maak.

INVESTMENT GROUP DOEN DIE ONGELOOFLIKE ELKE DAG Old Mutual Investment Group (Pty) Ltd is ʼn gelisensieerde finansiële diensverskaffer. Deur Capital Finance International (https://cfi.co/) aangewys as die Beste ESG-verantwoordelike Belegger – Afrika 2021. Old Mutual Unit Trust Managers (RF) (Pty) Ltd is ʼn geregistreerde bestuurder ingevolge die Wet op Beheer van Kollektiewe Beleggingskemas 45 van 2002. Fooie en koste is beskikbaar by www.oldmutualinvest.com/individual.




E W E I BR

Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, vonkpos of ’n posduif en sê jou sê. SAAMGESTEL DEUR MARTINETTE LOUW

Droomland toe in ’n doringboom

Ek het hierdie luiperd in September 2021 by die Bedinktwatergat noord van die Nossob-ruskamp in die Kgalagadioorgrenspark afgeneem. My vrou, Lize, het voëls in die bome gesoek en ek het die takke gefynkam en my verbeel ek sien iets beweeg – dalk die kwispel van ’n stert? Ek het met my selfoon ingezoem en sowaar! Die luiperd was vas aan die slaap en goed gekamoefleer. WILLIE TRAUT, DWARSKERSBOS

KGALAGADI

+

• Neem beter voëlfoto’s 4x4 Eco Trail • RyWagdiedieNossob diere in by • dié watergate

KAARTE

47 BLYPLEKKE

Die park, Mabua & Noord-Kaap!

Kgalagadi-oorgrenspark (SA- & Botswana-kant), Askham, Van Zylsrus, Upington, Augrabies en meer!

Die woelige woestyn!

DIE DANKBARE KURUMANRIVIER • AGTERPAD NA KOPPIESKRAALPAN • ONTMOET DIE MEERKATMAN • ELIAS LE RICHE, PARKPIONIER BOOMGIDS • MAAK MABUASEHUBE MAKLIK

RSA R112 N$112 (Namibië)

Beplan jou eie toer na die Kgalagadi met die nuwe Weg Kalahari-reisgids (R112). Dis propvol idees vir ’n lekker Kalahari-vakansie binne én buite die park. Die tydskrif is nou in supermarkte beskikbaar en jy kan ook ’n kopie bestel by yumna. tofey@media24.com

WEIN EF R B SKRYF AAN ONS EN WEN! Willie wen ’n stel Zartek ZA748-tweerigtingradio’s met ’n voertuig-antennastel ter waarde van R3 128. Die ZA-748 is klein maar kragtig en het 16 kanale. Die reikwydte is sowat 600 m binnenshuis en 6 km buite. Die battery hou sowat 35 ure. Die antennastel verbeter die radio se reikwydte wanneer jy in ’n konvooi ry. zartek.co.za

GESELS MET ONS Skryf aan redakteur@weg.co.za. Jy ken die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam, van én tuisdorp. As jy ’n foto aanheg, maak asseblief seker dis groter as 2 MB. Weg behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort en op ons webruimte te plaas.

14 Weg! #199


Speel kese met knikkers?

Ons het by die Letabarivierbrug in die Krugerwildtuin gestop om tee te drink. Ons kon egter nie uitklim nie, want daar was oral bobbejane. Ek het opgelet dat een van die jongetjies iets kou. Later het hy die “kougom” uitgespoeg en dit aandagtig bekyk. Dit was ’n albaster! Waar op aarde het hy dit gekry? PETER MULLINEUX, GEORGE

Oppas, jy’s volgende!

Die Olifants North-wildreservaat is naby die Krugerwildtuin. Op ons eerste wildrit van die naweek het ons binne 5 minute op ’n trop leeus afgekom. Hulle het ’n jong kameelperd reg langs die pad platgetrek. Die leeus was baie ontspanne en ons het hulle sowat 45 minute lank dopgehou. Ons het weer en weer na die vangs teruggekeer en ek het hierdie jong leeuwyfie op ons laaste middag in die reservaat gekiek. CAITLIN FOURIE, MIDDELBURG

’n Reënboog in klip

Ek is ’n boorling van Loeriesfontein en ek besoek gereeld my geboortedorp in die blommeseisoen. Ek vertoef altyd by Nieuwoudtville se watervalle net noord van die dorp langs die Loeriesfontein-pad. Ek wou graag ’n foto van die kleiner waterval neem – die helder kleure van die klippe het my oog gevang. PETER IMMELMAN, BELLVILLE >

’n Switserse spieëlbeeld

Ek en my vrou, Suzanne, het Switserland in September 2021 verken. Ons oudste seun, J.D., werk gereeld in Europa en was ons toergids. Ons het in Haute-Nendaz, ’n dorpie hoog in die Alpe in die Valais-kanton, gebly. Die natuurskoon was besonders en ons kon net nie ophou foto’s neem nie. Ons het 2 300 km per motor gereis en verskeie hoogtepunte beleef, soos die Furkapas waar die James Bond-fliek Goldfinger verfilm is; die Zermatt-dorpie aan die voet van die Matterhornberg; en die bekende Verbier-ski-oord. Ek het hierdie foto by die Cleusonmeer geneem. JOHAN SENEKAL, PONGOLA Weg! #199 15


Mis en mooi sonsopkomste

Ek en my vrou, Esmé, het in Augustus 2021 vir ’n naweek by die Stanford Lake Lodge naby Haenertsburg gaan ontspan. Dit was ons eerste keer by die lodge en ons het in een van die kothuise teen die berg gebly. Ons het heerlik visgevang en in die inheemse woud gestap. Ons is die Saterdagoggend deur hierdie pragtige sonsopkoms oor die meer begroet. Die volgende dag was dit presies die teenoorgestelde: Alles was tóé onder die mis. Die gebied is bekend as die plek van die silwer mis en het sy naam gestand gedoen. TONIE VAN DER WESTHUIZEN, PRETORIA

S-s-skuus tog... Ons het op die winkelstoep in die Onder-Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin gestaan toe ’n groen slang skielik uit die veld seil. Ek het aanvanklik gedink dis ’n boomslang of ’n groenmamba, maar dis ’n Oostelike Natalse groenslang! Die slang het op ’n akkedis op die stoep afgepeil, maar dié was net te rats. Dit het toe teen ’n struik na die balke van die stoep se dak opgeseil. Ek is bly ons kleinkinders kon die Groot Vyf sien, maar ook die kleiner diere in die park leer ken. LEON VENTER, KIMBERLEY

16 Weg! #199

Mooi maar wreed

Ons was op die S63-pad na Crook’s Corner in die Krugerwildtuin toe hierdie gewone troupant reg voor ons Landy land. Die troupant het reeds die muis in sy bek gehad en het dit vinnig teen die grond doodgeslaan. Ek was heel onkant gevang en het net my Canon 5D Mk. II met ’n 100-400 mm-lens gegryp, dit op outomatiese modus gestel en die sluiterknoppie gedruk. Ek het ’n belangrike les geleer: ’n Mens moet geduldig wees as jy foto’s neem, maar jy moet ook weet wat om te doen wanneer iets onverwags gebeur! KEVIN BARNES, SEDGEFIELD

Ja, nè, lekker uitgevang!

Ek het onlangs saam met vriende in die Moremi-wildreservaat in die noorde van Botswana gekuier – dit was baie spesiaal. Op ons eerste aand in die reservaat het ons by South Gate gekamp. Ná aandete het ons skottelgoed gewas en alles mooi weggepak voor ons gaan slaap het, maar ek het my selfoon op my kampstoel vergeet... Ons het ’n nagkamera opgestel en het die volgende oggend gesien ’n hiëna het my selfoon weggedra! Gelukkig het ek my foon weer in die veld gekry, net ’n paar meter van ons kampplek af. PAUL SMIT, AMSTERDAM


BRIEWE Kyk ook klein Die Krugerwildtuin bied soveel meer as net die Groot Vyf. As jy dinge rustig vat en jou omgewing mooi deurkyk, sal ’n nuwe wêreld vir jou oopgaan. Ek het hierdie gouewawielwebspinnekopwyfie by die Sirhenibosveldkamp gesien. As jy mooi kyk, kan jy die spinnekopmannetjie op haar maag sien sit. TREVOR GARRARD, KAAPSEHOOP

Om beter te kan sien, my kind My seun, J.T. (22), het hierdie foto op ons onlangse besoek aan die Etoshanasionale park in Namibië geneem. Ons het die luiperd uit die Halaliruskamp se rigting sien stap en het afgetrek om te kyk wat sy plan is. Die luiperd het doodluiters op die padpredikant gespring en vir ons sit en kyk. Nadat hy die gebied goed bespied het, het hy weer in die veld verdwyn. Voorwaar ’n oomblik wat ons nooit sal vergeet nie! LEON CRONJE, STELLENBOSCH

’n Groot Vyf-fuiwery Ek is ’n erebeampte in die iMfolozi-deel van die Hluhluwe-iMfolozipark in KwaZulu-Natal. Ek bring baie tyd in die reservaat deur en sien gereeld wilde diere. Ons laaste werknaweek in Augustus was besonders. Toe ons op die Vrydagmiddag in die park aankom, het ons by die uitkykpunt naby die 17i-kruising gestop – dit kyk oor die Swart-iMfolozirivier uit. Hier het ons drie van die Groot Vyf saam aangetref: renosters, olifante en buffels! Op die Sondag het ons weer hier afgetrek en toe ’n renoster en ’n leeu saam gesien. Dis ’n voorreg om in so ’n wonderlike plek te werk. ASLAM BHORAT, DURBAN

Begin jou dag op ’n goeie noot

Ek was vroeg een oggend by die Gezantfombidam naby die Krokodilbrughek in die Krugerwildtuin. Die sonsopkoms het die stil water oranje geverf en ’n bloureier het stadig al langs die waterrand beweeg. Idillies! LEIGHTON FERREIRA, PRETORIA > Weg! #199 17


V& A

Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na redakteur@weg.co.za

RIAAN HAMMOND van Hartenbos skryf: Ek het hierdie olifantgesin onlangs in die Krugerwildtuin afgeneem. Die een olifant het ’n groot gat op haar voorkop – wat het gebeur? Die wildkenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Dis moeilik om onomwonde te verklaar wat die gat in die olifantkoei se gesig veroorsaak het. Dit kan ’n aangebore defek wees, maar dit kon ook moontlik gevorm het as gevolg van ’n besering wat septies geraak het of ’n abses. Dié spesifieke olifantkoei is in 2009 die eerste keer in die Umbabatnatuurreservaat langs die Krugerwildtuin aangeteken. Sy was toe ’n halfvolwassene, wat beteken dat sy al ouer as 12 jaar is. Sy is in 2019 met ’n kalf gesien, heel moontlik die olifant heel regs op die foto. Haar kondisie is goed. Die gat sal nie haar vermoë om kos te versamel en in haar mond te sit beïnvloed nie, maar ek wonder hoe sy genoeg water inneem. Duidelik kry sy dit reg aangesien sy nie andersins sou oorleef nie. Verder kan ’n mens aanvaar dat haar asemhaling hoofsaaklik deur die gat geskied. Dit lyk asof sy gedy en al ten minste een kalf gehad het. Sy is weer eens ’n toonbeeld van diere se wil om te oorleef – hulle het nie tyd vir selfbejammering nie.

JOHAN MAREE van Bapsfontein skryf: Ons het onlangs in die Shingwedzi-ruskamp in die Krugerwildtuin gekamp. Hierdie geringde duif het elke dag kom krummels soek en was heel gemaklik met die ander duiwe. Hoekom is die duif gering? Die voëlkenner LUKAS NIEMAND antwoord: Dis ’n rooioogtortelduif (Streptopelia decipiens). Hierdie spesie is skaars, maar kom redelik algemeen in plekke soos Shingwedzi en Letaba in die Krugerwildtuin voor – juis daarom is die ruskampe gewild onder voëlkykers wat dié duif wil afmerk. Die duif is heel waarskynlik deur ’n private persoon of tydens ’n uitstappie van een van BirdLife South Africa se voëlklubs gering. Om voëls in Suid-Afrika te ring moet die persoon of instansie in besit wees van ’n permit wat deur die Suid-Afrikaanse Voëlringeenheid (Safring) uitgereik word, en hulle sou waarskynlik ook toestemming by Sanparke moes kry om dit binne die nasionale park te doen. Dit is jammer dat ’n mens nie die unieke nommer op die ring kan uitmaak nie – dit sou kon help om vas te stel waar, wanneer en deur wie die duif gering is. Dit is onduidelik of die duif deel was van ’n navorsingsprojek. Vir sulke projekte word ’n gekleurde ring of selfs ’n kombinasie van gekleurde ringe gebruik om verskillende individue van mekaar te onderskei. Gewoonlik het die ringetjies geen negatiewe effek op die voëls se gedrag nie.

MAANS KOTZE van Reebok skryf: Ek het hierdie koedoebul naby die Letaba-ruskamp in die Krugerwildtuin afgeneem. Sy horings lyk baie misvorm – wat kan die oorsaak wees? Die wildlewekenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Die koedoe se horings is nie misvorm nie – dis bedek met modder! Bokke soos koedoes, njalas, tsessebes, hartbeeste en blouwildebeeste vryf soms hulle gesigte en horings in modder om te wys hulle is dominant of om hulle gebied af te baken. In Engels staan hierdie gedrag as “ground horning” bekend. Te oordeel na die koedoe se dik nek is hy een van die dominante bulle in die gebied, indien nie die mees dominante een nie!

18 Weg! #199



LEIERS van seiltente in Afrika www.tentco.co.za ALUMINIUM TELESKOPI

SENIOR GAZEBO

OPSIONELE EKSTRAS

BESTE PRYS Soliede symuur

22/25 Verleng tot 2.4m

R110

Soliede eindmuur Eindmuur met rits

3m x 2.8m x 2.3m

R2 660

Skadunetbinnevoering

Symuur met vensters

HET DIE TOETS VAN TYD DEURSTAAN

Gazebo & snr boog-koppelstuk

GESINSLEEPWATENT * Pas op 1.6 m hoë sleepwa

R21 525

Ontwerp wat nooit oud word nie

Verwyderbare toevoegkamer ingelsuit

*

WANDERER-BOOGTENTREEKS

DUBBELBOOG-VERLENGING

RANGER 2.1m x 2.1m x 1.8m

R3 560

JUNIOR WANDERER 2.5m x 2.5m x 1.9m

R4 150

SENIOR WANDERER 3m x 3m x 2.2 m

R4 715

BOOGTENTE NIE INGESLUIT NIE

DAKTENTE

Pas twee 3m x 3m x 2.2m boogtente

JUNIOR SAHARA 1.2 m x 2.4 m R12 120 1.4 m x 2.4 m R13 430 1.6 m x 2.4 m R13 755 2 m x 2.4 m R15 995 PROTENT 1.4 m R17 485

R5 725

SAHARA DELUXE .

2.9m x 2.5m

R8 915

NOU MET VLEKVRYESTAAL-RAAM *

6m x 2.9m x 2.5m

R12 025

Symure en endmuur beskikbaar

*

Symure en endmuur beskikbaar

DIREKTEURSTOEL EETKAMERSKUILING

BUNDU-AFDAK

BUNDUWASBAK

90cm

44cm

2.7m x 3m

15 Lt

R250

R1 535

Symure beskikbaar

*

NOU MET 6-POOT-STAALRAAM

3m x 3m x 2.5m

R6 250

Maks. gewig 150 kg

R650

OOK TE KRY BY:

NB: PRYSE SAL VERSKIL TUSSEN WINKELS

SIEN ONS LYS VAN AGENTE OP ONS WEBWERF E-POS: info@tentco.co.za TEL: +27 11 397 6451

PRYSE, KLEURE, SPESIFIKASIES & VOORRAAD - BFW HANDELSNAVRAE WELKOM

Volg ons op


# $

0, B 0,

2 67< + 6 &//%< 3

04$, B >4$,

4 4

>4#, B >4E,

#

!E , B !E ,

0>E , B 9E ,

0!E , B 8$ ,

/? /1 )- '7 *

@ - " >0#

04!, AC

>4#, AC

< A 7 ** 6//%6 *

" #

@ - "

='6 *

$'6 *

#

0E <

>E <

#

16)@) = =, B =, B 04!,

0E# , B 0#E ,

!

# #

"

*74 % A)% 0#E*%

#

#

'> '>

*74 % A)% 0#E*%

*74 % A)% 0#E *%

*%6//<< != , B ># , B 0# ,

"

#

16)@) > >40, B >40, B 04=

' )-"/ < -< /4 /4D 5>8 00 =.8 9$#0


KYK HIER!

Diep in die Kalahari naby Rietfontein bedryf Hans Knoesen ’n kameelplaas, Koppieskraal. Hier word elke dag 20 kamele gemelk. Die melk word dan gevriesdroog en in poeiervorm verkoop aan meestal Somaliërs in groot stede soos Kaapstad en Johannesburg. Somaliërs is baie lief vir caano geel, oftewel kameelmelk.

FOTO TOAST COETZER


KGALAGADI

+

beter voëlfoto’s • Neem 4x4 Eco Trail • RyWagdiedieNossob diere in by • dié watergate

KAARTE

47 BLYPLEKKE

Die park, Mabua & Noord-Kaap!

Kgalagadi-oorgrenspark (SA- & Botswana-kant), Askham, Van Zylsrus, Upington, Augrabies en meer!

Die woelige woestyn!

RSA R112 N$112 (Namib ë)

DIE DANKBARE KURUMANRIVIER • AGTERPAD NA KOPPIESKRAALPAN • ONTMOET DIE MEERKATMAN • ELIAS LE RICHE, PARKPIONIER BOOMGIDS • MAAK MABUASEHUBE MAKLIK

Lees meer oor Koppieskraal én lekker gasteplase in Weg Kalahari, ’n spesiale uitgawe oor die Kalahari en die Kgalagadi-oorgrenspark. Beskikbaar by supermarkte en winkel.weg.co.za

Weg! #199 23


KORTLIKS Glanskamp in Grootvadersbosch Die Grootvadersbosch-natuurreservaat het vyf nuwe glanskamptente opgerig, elkeen met ’n uitsig oor ’n inheemse woud en die Langeberg. Op mooiweersdae kan jy al die seile oprol en voel dit kompleet asof jy buite lewe. Voëlgesang is volop: Piet-my-vrou, gewone willie, grootrooibandsuikerbekkie... En as die weer draai, rits jy alles toe en speel kaart om die tafel. (Wenk: Augustus kan winderig wees; bespreek dan liefs ’n huisie). Die ten volle toegeruste selfsorgtente is keurig ingerig en het slaapplek vir drie volwassenes, of twee volwassenes en twee kinders op ’n slaapbank en kampbedjie. Die tentkamp is gebou in ’n ooptetjie aan die rand van die woud. Dié kol was voorheen twee private kampstaanplekke. In pas met Kaapse Natuurbewaring se verbintenis tot meer volhoubare boupraktyke is dié bestaande badkamers in twee van die tente ingebou: Boekenhout en Yellowwood. Dié twee tente het ’n bykomende braaiplek agter elke tent wat beskut is teen die wind. Die ander drie tente het buitelugstorte. Red Alder is rolstoelvriendelik. Die tente is na aan mekaar, maar redelik privaat. Sodra die bome en struike volgroei is, gaan jy nie meer jou buurman vroegoggend in sy nagkabaai sien nie. Maar nes in ’n kampterrein kan jy jou bure se gesprekke afluister, ahem, hoor. Hier is wel ook ’n kampterrein met “gewone” staanplekke, en houtdekstaanplekke met ’n wasbak, rakke, braaiplek, tafel en bankie. Ál die kampplekke deel ablusies. Op ’n koppie sowat ’n kilometer wes van ontvangs is ou bosbouhuise in netjiese selfsorghuise omskep. Waar Grootvadersbosch is sowat 45 km oos van Swellendam via die N2 en R324. Koste Kamp: vanaf R190 p.n. vir twee mense. Glanskamp: vanaf R570 p.n. vir twee mense, R185 per ekstra persoon. Selfsorghuisies: vanaf R980 p.n. vir vier mense. Kontak 087 087 8250; capenature.co.za

– Esma Marnewick

24 Weg! #199


JONG BOOMSLANG

Skud blad met ’n boom

De Waalpark in Oranjezicht is vir menige Kapenaar ’n welkome stukkie groen in die middestad. Dis hier waar mense in die middag met hulle honde speel, vriende in die buitelug ontmoet of onder ’n boom lê en lees. So van bome gepraat... Die park spog met 630 bome wat oor die jare heen aangeplant is; menige hiervan is inheems en skenkings van die Vriende van De Waalpark-vereniging. Parkbesoekers kan deesdae – danksy die inisiatief van die boomentoesias Tielman Haumann – ’n toer van dié bome onderneem. Skaf ’n kaart (R10) by die klein orkespaviljoen (waar jy koffie en warmsjokolade kan koop) in die middel van die park aan en begin rondkyk! Die bome wat deel van die roete uitmaak, is op die kaart genommer en elkeen het ’n ooreenstemmende plaatjie. Op dié plaatjies is interessante feite oor die boomspesie. Soos byvoorbeeld: die sade van die johannesbroodboom se gewig is só konstant (200 mg elk) dat Arabiese handelsmanne dit in ’n stadium as die standaardeenheid gebruik het om goud en edelgesteentes mee te weeg! Waar? Die selfbegeleide toer begin by die noordwestelike ingang tot die park, op die hoek van Moltenoweg en Kampstraat, Oranjezicht. Nota Indien daar niemand by die paviljoen aan diens is nie, kan jy ’n kaart by Tielman kry. 082 452 8085.

– Kyra Tarr

Tielman bied op Sondagmiddae om 4 nm. begeleide planttoere langs die Platteklipstroom bokant Oranjezicht aan. Kontak hom direk.

JOHAN MARAIS

SLANGGEITE

S

Só sien ’n slang

lange kan redelik goed sien, maar hulle sig is spesifiek aangepas om beweging waar te neem. Vandaar die bekende waarskuwing: Wanneer jy op ’n slang afkom, moenie roer nie! Nog beter raad is: Stap stadig agteruit en maak dat jy wegkom. Sodra jy meer as vyf meter van ’n slang af staan, is jy relatief veilig en dis onwaarskynlik dat die dier jou sal byt. Slange val nie stilstaande voorwerpe óf mense aan nie... tensy dit soos prooi lyk of ruik. Gelukkig is daar darem net twee slangspesies in Suid-Afrika wat se sig só goed is dat hulle stilstaande prooi kan uitken: die boomslang en die takslang. Die meeste slange het monokulêre visie; dus registreer die een oog nie ’n beeld in koördinasie met die ander oog nie. Maar dié twee spesies het – soos ons – binokulêre visie. Hulle kan dus met albei oë gelyktydig op ’n voorwerp fokus. Slange se ooglede kan nie toeknip nie. In plaas daarvan word hulle oë deur ’n deursigtige skild bedek wat net soos die res van ’n slang van tyd tot tyd vervel. Dié eienskap is een van die maniere hoe ons slange van pootlose akkedisse onderskei – laasgenoemde het wel ooglede. ’n Mens kan baie van ’n slang se gedrag aflei deur net sy oë dop te hou. Neem byvoorbeeld die pupil: Slange met ’n vertikale, elliptiese pupil (soos ’n kat) is gewoonlik naglewend terwyl slange met ’n ronde pupil daglewend is. Die plasing van die oog in die skedel is ook van belang: waterslange, soos die swartwaterslang, en woestynslange, soos die namibduinadder, se oë sit bo-op die kop. Dit stel waterslange in staat om ’n verrassingsaanval op prooi te loods omdat hulle bykans ongemerk onder die wateroppervlak kan naderswem. En slange wat in die woestyn hou, kan hulleself in die sand ingrawe totdat net die borand van die kop nog uitsteek – dis die perfekte hindernis vir ’n niksvermoedende akkedis wat verbyloop. Die deursnit van die oog in verhouding tot die kop kan ’n mens ook iets van ’n slang se leefstyl vertel. Slange wat in bome woon (soos die gespikkelde bosslang en die boomslang) het groot oë met goeie sig terwyl slange wat onder die grond woon (soos Bibron se blindeslang) weer klein oë het wat nie te waffers sien nie. En het jy geweet daglewende slange – soos mambas en kobras – het kleurvisie terwyl naglewende slange slegs in swart-en-wit sien?

– Johan Marais

Gaan na

africansnakebiteinstitute vir meer inligting.

>

Weg! #199 25


STERREWEG

MAANFASES

DESEMBER 2021 NUWEMAAN 4 DESEMBER SPRINGGETY: 5 DESEMBER HOOGGETY: 3.44 VM. & 3.55 NM.

Kaapstad 08:19 11,5%

George 08:21 7,6%

Springbok 08:12 5,9%

EERSTE KWARTIER 11 DESEMBER DOOIEGETY: 12 DESEMBER HOOGGETY: 10.41 VM. & 11.22 NM.

VOLMAAN SPRINGBOKMAAN 19 DESEMBER SPRINGGETY: 20 DESEMBER HOOGGETY: 3.54 VM. & 4 NM.

STELLARIUM.ORG

Beaufort-Wes 08:18 5,3%

Gqeberha 08:22 4,6%

Upington 08:11 1,9%

LAASTE KWARTIER 27 DESEMBER DOOIEGETY: 27 DESEMBER HOOGGETY: 9.06 VM. & 9.47 NM

JANUARIE 2022 Oos-Londen 08:22 1,8%

Walvisbaai 08:01 1%

Bloemfontein 08:14 0,1%

NUWEMAAN 2 JANUARIE SPRINGGETY: 4 JANUARIE HOOGGETY: 4.26 VM. & 4.40 NM.

EERSTE KWARTIER 9 JANUARIE DOOIEGETY: 12 JANUARIE HOOGGETY: 11.41 VM. & N.V.T.

VOLMAAN BIDSPRINKAANMAAN 18 JANUARIE SPRINGGETY: 20 JANUARIE HOOGGETY: 4.47 AM & 4.57 PM

SPRINGBOKMAAN

BIDSPRINKAANMAAN

LAASTE KWARTIER 25 JANUARIE DOOIEGETY: 27 JANUARIE HOOGGETY: 10.41 VM. & 11.49 NM.

Wie het die son gehap? Vroegdag op Saterdag 4 Desember 2021 skuif die nuwemaan presies tussen die aarde en die son in en dit sal ’n gedeeltelike sonsverduistering waar die maan op is, tot gevolg hê. In teenstelling met ’n maansverduistering wat van oral af sigbaar is, sien ’n mens ’n totale sonsverduistering slegs van ’n sekere plek op die aardoppervlak af. Indien jy dié verduistering in al sy glorie wou aanskou, sal jy blitsig ’n reis Antarktika toe moet bespreek... En selfs dan is Antarktika ’n groot vasteland en sal jy steeds die regte ligging – die sogenaamde “totaliteitstrook” moet opspoor om ten volle in die maan se skaduwee te kan staan. Maar ons en ons bure in Namibië is steeds iets mooi beskore – van hier af sal dit lyk asof iets ’n hap uit die son geneem het, en hoe verder suidwes ’n mens jouself bevind, hoe groter dié hap. Kapenaars sal dit dus die beste aanskou met 11% van die son wat vir die langste tydsduur (vanaf 7.42 vm. tot 8.58 vm.) sal verduister. Bloemfonteiners, op die mees noordwestelike uithoek van sigbaarheid, sal met ’n 0,1%-verduistering tevrede moet wees. (Die grafiek wys tot watter mate en hoe lank die skouspel op ’n paar ander plekke in die land te sien sal wees.) Onthou, ’n mens kyk nooit met die blote oog na die son nie! Selfs ’n donkerbril bied steeds nie genoeg beskerming nie, en moet ook nie ou X-strale, ’n fotonegatiewe of glas wat swart gebrand is, inspan nie. Die enigste veilige opsies is ’n sonsverduisteringbril. amazon.com verkoop ’n verskeidenheid van dié produkte – soek na “solar eclipse glasses”. – Willie Koorts

26 Weg! #199

Hierdie is die hoogwatertye vir Kaapstad. Vir ander plekke tel jy minute by of trek dit af. (Let wel, hierdie is benaderde tye): Saldanha: +5; Hermanus: -4; Port Elizabeth: +19; Durban: +26 Gety-inligting met die vergunning van die Hidrograaf, SA Vloot. Die Hidrograaf is nie verantwoordelik vir enige transkripsiefoute nie. sanho.co.za

SONOP & SONONDER 16 DESEMBER Kaapstad 5.30 vm. & 7.54 nm. Bloemfontein 5.11 vm. & 7.11 nm. Johannesburg 5.10 vm. & 6.57 nm. Durban 4.50 vm. & 6.54 nm.

16 JANUARIE Kaapstad 5.52 vm. & 8 nm. Bloemfontein 5.31 vm. & 7.18 nm. Johannesburg 5.30 vm. & 7.05 nm. Durban 5.11 vm. & 7.01 nm. Bronne saao.ac.za


AFTREK PLEK

Veldskoen-padstal, De Doorns Daar is báie padstalle in Suid-Afrika, maar nie almal van hulle kan as ’n ware instelling beskou word nie. Die Veldskoen-padstal is egter een van die meer deurwinterde aftrekplekke langs ons land se hoofweë. Veldskoen staan knap langs die N1, min of meer halfpad tussen Worcester en Touwsrivier. Of jy dus op pad binneland toe is en proviand kort, of afry Kaap toe en voor die laaste skof deur die tonnel wil bene rek – is dit ’n lekker stilhouplek. Die mooi gebou met sy roostuin en koelteplekkies vir piekniek hou, lok ’n mens reeds die oomblik wanneer jy stilhou. En binne wuif ’n swetterjoel lekkernye jou van die rakke af nader. Hier’s selfs ’n paar produkte wat jy nie sommer oral aantref nie, soos flesse gepiekelde kwarteleiers (R119,50), vrugterolle (vanaf R36,50), braambessiecompote (R79,50), gedroogte appelringe (R24,50) en pragtige houers Rio Largo-olyfolie (R189,50). ’n Mens stap sommer met ’n sak vol spensgoed én geskenke vir jou mense uit! Neffens die padstal is ’n antiekwarewinkel waar jy deur ou koffieblikke, silwergerei en linne kan snuffel.

Selfs al koop jy net met die oë, sal dié hoekie beslis nostalgiesnare roer. Die padstal het ’n restaurant waar ’n mens kan aansit vir ’n stewige ontbyt of middagete. En jy kan maar weet: Die bestanddele is vars en plaaslik – padstalle het immers eerste keuse wanneer dit by ’n streek se plaaslike opbrengs kom. Die tradisionele Veldskoen-ontbyt bestaan uit twee gebakte eiers, spek, boerewors, sampioene, kersietamaties en roosterbrood – vir slegs R98! Vir middagete (sowat R95 per ete) kan jy na ’n spyskaart vol toebroodjies, slaaie en hamburgers loer. Ek het gesmul aan die karringmelkplaatkoekies met esdoringstroop (R75), en my vriend se kaas-en-tamatie-toebie met uiemarmelade en basiliepesto (R62) het net so lekker gelyk. Hier is ’n omheinde werf met ’n trampolien waar die kleingoed gou van nog ’n bietjie energie kan ontslae raak voordat julle weer – gevoed en verfris – terugklim in die kar. Kontak 023 356 2619 en kyk op die Facebook-blad vir tye. – Kyra Tarr >

KORTLIKS


KORTLIKS

ONS GESELS MET

Othmane Zolati Dié 27-jarige het 30 000 km te voet, per fiets én op ’n skaatsplank van Marokko tot by Kaap Agulhas gereis. Sy dokumentêre film, Africa and I, oor dié epiese tog van 4 jaar deur 24 Afrika-lande wys tans op Showmax. Was jy van altyd af avontuurlustig? Nie juis nie. Ek is die enigste seun en het saam met drie susters in ’n konserwatiewe Marokkaanse gesin grootgeword. As kind was ek nogal skaam. Dit het egter alles verander toe ek 12 jaar oud was en eendag saam met vriende deur ’n woud buite ons tuisdorp, El Jadida, gaan fietsry het. Dit was net sowat 15 km, maar dit was die verste wat ek al ooit van die huis af was. Ek het agtergeraak en was só bang dat ek in trane uitgebars het. Die gespot wat ek daarna moes verduur, het my oortuig om meer avontuurlustig te leef. Toe word ek summier ’n fietsryer wat lang roetes deur Marokko aandurf! Wanneer het die groot Afrika-avontuur begin? Op een van my fietstoere het ek ’n afdraai na Dakar, Senegal se hoofstad, gesien en dié bestemming het by my bly spook. Toe ek op 20 klaar geswot was, het ek met ’n rugsak en slegs $80 in my bankrekening die pad soontoe gevat. Ek het van die huis af deur Mauritanië (tussen Marokko en Senegal) duimgery, en ’n week later was ek in die stad Rosso, aan die oewer van die Senegalrivier. Hoe het jy Senegal ervaar? Dit het aan al my verwagtinge voldoen! Ek het geleer hoe om palmbome uit te klim en kokosneute te oes. Ek het vrugte geëet waarvan ek die name nie ken nie, geleer mandjies vleg, hout kap met handgereedskap, en steenkool maak... Ek het in tradisionele kano’s geroei, met nette leer visvang en vir die eerste keer in my lewe rys geplant. Dit was ’n wonderlike tyd wat my die waarde van die Senegalese woord teraanga geleer het: mededeelsaamheid, liefde en vrede tussen mense.

28 Weg! #199

En toe? Ek was ’n maand lank in Senegal voordat ek Mali toe vertrek het. Op die grens het hulle my in hegtenis geneem omdat ek “soos ’n terroris lyk”. Daarna is ek Ivoorkus toe, waar ek ’n rukkie gebly het om geld te verdien vir die res van my reis. Ek het as ’n skoenverkoopsman gewerk en later in ’n ysterwarewinkel. Dit was ’n rowwe tyd – ek het buite gebly, bo-op skeepsvraghouers geslaap, of onder vragmotors wanneer dit reën. Ek het malaria opgedoen. Maar dit het begin beter gaan toe ek by ’n koekie-en-lekkergoedfabriek begin werk. Ná ’n ruk het ek weer in die lokvalle van ’n kapitalistiese bestaan verstrengel geraak en toe besluit: Spaar net genoeg geld totdat jy ’n kamera en ’n fiets kan koop, en dan is dit tyd om aan te beweeg. Vandaar is ek na Ghana, toe Togo en Benin waar probleme met ’n visum my ’n rukkie vertraag het. En toe klim ek – die eerste keer in my lewe! – op ’n vliegtuig, Ethiopië toe. Wat sal jou altyd bybly? In Ethiopië het ek op eie houtjie deur die woestyn fietsgery na Kenia. Ek het egter iewers koers verloor en vyf dae lank verdwaal. Ek sou eers later besef hoe na aan die dood ek gekom het, maar meer belangrik: Hoe sterk die mens se wil om te oorleef is. Ek het dit uiteindelik tot in Nairobi gemaak, waar ek ’n paar Marokkane raakgeloop en ’n rukkie saam met hulle gebly het. Die geld wat ek aan die Ivoorkus verdien het, was byna gedaan, maar dié groepie vriende was so gaaf om die res van my reis te befonds sodat ek my droom kon verwesenlik. Vandaar is ek deur Tanzanië en het ook op Zanzibar gaan draai voordat ek deur Uganda

en Rwanda gereis het. Teen hierdie tyd het ’n paar mense my reis begin volg en ek is selfs vir ’n TV-onderhoud genader. Ek het besef dat ek met iets noemenswaardig besig was, en wou my ervarings van die vasteland met meer mense deel. Het jy ooit bedreig gevoel? Ek dink gevaar is maar deel van elke avontuur! Bygesê, daar was slegs een “kriminele” insident langs die pad: Ek is in Malawi van $50 beroof, wat veroorsaak het dat ek Zambië met slegs $5 in my sak moes aandurf. En die gevoel toe jy uiteindelik in SuidAfrika aankom? Dit was ongelooflik, veral omdat ek om visumdoeleindes eers deur Botswana en eSwatini moes reis. Ek het reeds in Mosambiek, Malawi, Zambië, Namibië, Botswana, Zimbabwe en eSwatini ente op my skaatsplank gery. In Johannesburg het my fietsketting finaal die gees gegee. Van daar af tot in Kaap Agulhas was ek dus al die pad op die skaatsplank! Daardie laaste 5 km tot op Agulhas was onwerklik. Die herinneringe van alles wat ek tot hier beleef het, het deur my kop gemaal: Die dag vier jaar gelede toe ek my familie gegroet het, die gestoei met malaria, die geslaap in die reën, die verdwaal in die woestyn... Op daardie oomblik het ek besef dat niks in hierdie lewe so vinnig gebeur as wat ons wil hê dit moet nie. En dat dit eintlik ’n goeie ding is. Ek het vir myself gesê: Ek is Othmane Zolati. Ek is ’n avonturier. En mense soos ek gee nie op nie – ons maak klaar waarmee ons begin het. Kyk Africa and I op Showmax en volg Othmane op Instagram en Facebook: @zolatiothmane


STAPKOS Smul sonder swaar dra

Stapgids 2021

KGALAGADI

+

beter voëlfoto’s • Neem 4x4 Eco Trail • RyWagdiedieNossob diere in by • dié watergate

Só voel die Drakensbergse Dwarsklim

KAARTE

47 BLYPLEKKE

Die park, Mabua & Noord-Kaap!

Is jy lus vir

Kgalagadi-oorgrenspark (SA- & Botswana-kant), Askham, Van Zylsrus, Upington, Augrabies en meer!

die5Walvis? dae van sonskyn,

Die woelige woestyn!

DIE DANKBARE KURUMANRIVIER • AGTERPAD NA KOPPIESKRAALPAN • ONTMOET DIE MEERKATMAN • ELIAS LE RICHE, PARKPIONIER BOOMGIDS • MAAK MABUASEHUBE MAKLIK

NOU TE

KOOP!

seelug en strande!

RSA R112 N$112 (Namibië)

RSA R150 (BTW ingesluit) N$150 (Namibië)

Die naam is Botha, Fanie Botha

10 TOP

DAGSTAPROETES

DÍS WILD!

Wolkberg • Hluhluwe-iMfolozi • Towerkop

Die 2021/22 Weg! Kalahari gids en die 2021 Weg Stapgids is op die rak, maar as jy bang is jy loop hulle mis, kan jy jou eksemplare aanlyn bestel – gaan na weg.co.za. EFO- én kredietkaartbetalingsopsies is beskikbaar. Vir navrae stuur ’n e-pos na verkope@media24.com of bel 0214062205. Digitaal beskikbaar by zinio.com of magzter.com


E K E BO

Boeke is ’n ideale Kersgeskenk: Dit hou die leser ure lank besig, dit laat hom of haar van die wêreld vergeet en – dalk beste van als – dis maklik om toe te draai! Hier is ’n keur van boeke vir die lesers in jou lewe. SAAMGESTEL DEUR MARTINETTE LOUW

Vleis: Die omvattende gids Deur Annelien Pienaar, Human & Rousseau R380 in boekwinkels Hierdie resepteboek is ’n viering van vleis en behoort enige karnivoorkok se hart bly te maak. Annelien Pienaar is ’n voedselwetenskaplike en sy het meer as 100 resepte vir beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis saamgestel. Daar is ook ’n afdeling met marinades, souse, en soute wat goed saam met vleis werk. Die disse is propvol geur: filet met gerookte mossels en sampioene; hoendersaté met grondboontjiebottersous; eendborsies met ’n porten-kersiesous... Met hierdie omvattende boek in jou kombuis sal jy nie net kook dat dit spat nie, maar ook iets leer. Pienaar verduidelik die verskillende vleissnitte en kookmetodes, hoe om vleis te vries en te verouder, en definieer vleisterme. Gou sal jy woorde soos “bardeer”,“quenelles”en“réchauffé” met selfvertroue agter die kospotte kan gebruik. Pienaar het ook die gewilde Boerekos met ’n twist (2017) geskryf en volg hier dieselfde benadering deur tradisionele disse met moderne weergawes van ou gunstelinge te kombineer. 30 Weg! #199

Blood Trail Deur Tony Park, Pan Macmillan R300 in boekwinkels Tony Park is ’n Australiese skrywer, maar laat dikwels sy spanningsverhale in Afrika afspeel. Dié keer vind al die aksie in die Sabi Sand-wildreservaat langs die Krugerwildtuin plaas. Wanneer twee jong meisies en ’n toeris verdwyn, moet kapt. Sannie van Rensburg van die Suid-Afrikaanse polisiediens en die spoorsnyer Mia Greenaway kragte saamspan om hulle op te spoor. In die proses vlek hulle ’n stroopsindikaat oop wat die reservaat se renosters teiken, maar die stropers gebruik toordery om soos mis voor die son te verdwyn... Park skryf met ’n fyn oog vir detail en jy kan amper die gekneusde Laeveldbossies ruik wanneer die karakters deur die veld hardloop om die skurke vas te trek. Die misdaadraaisel dryf die storie, maar Park bekyk ook bewaringsvraagstukke, die uitwerking van die Covid-19pandemie op die toerismebedryf, en tradisionele gelowe en moetie. Die verhaal ontvou teen ’n vinnige pas en jy sal kiertsregop in jou hangmat sit van spanning – ’n lekker manier om te ontspan ná ’n lang jaar.

Walking Safaris of South Africa

Pollinators, Predators & Parasites

Deur Hlengiwe Magagula en Denis Costello, Struik Travel & Heritage

Deur Clarke Scholtz, Jenny Scholtz en Hennie de Klerk, Struik Nature

R270 in boekwinkels

R590 in boekwinkels

Suid-Afrikaners is bederf met ’n groot versameling wildreservate in die land. Soveel so dat ’n mens op ’n wildrit eintlik al ’n bietjie blasé na die hoeveelste olifant of buffel staar. Wanneer jy egter dié einste habitat sonder die veilige verskansing van ’n voertuig betree, besef jy opnuut hoe wild dit wérklik is. ’n Wildernisstap kikker jou op, leer jou nuwe dinge, en bring jou op meer as een manier terug aarde toe. Dié gids beskryf 59 begeleide staproetes in 18 van ons land se mooiste reservate, plus ’n paar roetes in die buurlande Botswana en eSwatini. Elke inskrywing gee ’n kort oorsig oor die betrokke bewaringsgebied en sy staproetes, en vertel jou ook hoeveel dit kos, hoe groot ’n stapgroep mag wees, watter seisoen die beste staptyd is én hoe om plek te bespreek. Met byna ’n roete per bladsy is dit ’n stewige bundel avonture wat bránd om beleef te word!

Wat Suider-Afrika se soogdierspesies betref, is die meeste van ons darem heel op die bôl. Selfs met voëlspesies kom ons ’n ent ver reg. Maar insekte! Met nagenoeg 50 000 benoemde soorte wat kruip, vlieg en spring, is dit haas onmoontlik om altyd te weet wie’s wie onder die goggas. Dié omvattende boek verduidelik alles oor insekte in die fynste besonderhede, van hulle dieet, verdedigingsmeganismes en lewensiklus tot by hulle ekologiese rol. Die 25 insekordes wat in ons streek voorkom, is volgens 13 biome ingedeel en die hoofstuk oor insekte in ’n stedelike omgewing is veral nuttig. ’n Mens kan naslaan presies wat daardie lastige gogga met die oranje pote is wat jou clivias vreet. Of jy nou jouself wil verdiep in die taksonomie en morfologie van insekte of bloot die naam van ’n insek wil uitvind, hierdie gids vol illustrasies en meer as 1 600 volkleurfoto’s het die antwoord.

– Sophia van Taak

– Sophia van Taak


Jy kan die wêreld verander

The Lost Book of Adventure

Deur Lucy Bell, Human & Rousseau

Saamgestel deur Teddy Keen, Frances Lincoln Children’s Books

R250 in boekwinkels

R445 by

Dit kan oorweldigend wees as jy sien hoe vuil jou omgewing is. Vullisdromme op straathoeke loop oor, ou tandeborsels spoel op die strand uit, en oral in die veld blink tjipspakkies en lekkergoedpapiere wanneer jy gaan stap. Hierdie gids, vertaal deur Fanie Viljoen, sal jou help om jou kinders meer omgewingsbewus groot te maak en gee praktiese idees en aktiwiteite waarmee jy sommer by die huis en in die agtertuin ’n verskil kan maak. Die boek leer jou kinders hoe om minder plastiek, elektrisiteit en water te gebruik, hoe om organiese kos te kweek en skoenlappers en bye na die tuin te lok, en hoe om dieremishandeling hok te slaan. Die ingewikkelde, ernstige onderwerpe wat menige grootmens sal hoofpyn gee, word verduidelik op ’n manier wat vir kinders maklik is om te verstaan. As ons almal ons deeltjie doen – en druk op groot nywerhede en fabrieke uitoefen – verander ons dalk net die wêreld, soos die titel van hierdie kinderboek belowe.

Hierdie boek met sy mooi illustrasies lyk soos ’n kinderboek, maar dis eintlik vir enigeen wat droom van avontuur en ver en wilde plekke. Trouens, dis soos ’n ensiklopedie van avontuur! Elke ding wat jy van die buitelewe moet weet, word beskryf: Hoe om ’n skuiling te bou, wat in jou oorlewingsblikkie moet wees, hoe om ’n kaart te lees en ’n rivier te navigeer... Die boek is ook geheimsinnig – dis saamgestel uit notas en sketse wat diep in die Amasonewoud in ’n hut gekry is, van ene“unknown adventurer”. Dié avonturier het die wêreld vol gereis en wonderlike dinge beleef. Hy of sy vertel onder meer van ’n sandstorm in die Sahara, ’n fietsrit deur die ganse Afrika, die noorderlig, en keiserpikkewyne in Antarktika. Hierdie boek kan op die bank by die huis gelees word, maar moet ingepak word as julle op vakansie gaan, vir as julle dalk verdwaal of die Blitz en vuurhoutjies vergeet het.

weg.co.za

takealot.com

– Esma Marnewick

!Qhoi n|a Tjhoi/ Skilpad en Volstruis

Wie skrik vir Wortel Wolf?

Deur Katrina Esau, New Africa Books

Deur Leon-Ben Lamprecht, Tafelberg

R120 by

R150 in boekwinkels

puku.co.za

As jy van tale en volksverhale hou, moet jy hierdie kinderboek by jou versameling voeg. Katrina Esau is die laaste moedertaalspreker van N|uu, een van die oudste en mees bedreigde tale in die wêreld. Esau woon in Upington, waar sy die stories en kultuur van die N|uumense bevorder. In hierdie boek vertel Esau die verhaal van Skilpad en Volstruis in N|uu. Wanneer Skilpad eendag ’n kleipot in die Kalahari-sand ontdek, wil hy dit graag huis toe vat vir sy vrou. Maar Volstruis verskyn en wil die pot vir homself hê. Hy daag Skilpad uit om teen hom resies te hardloop – wie sal die pot wen? Esau het die storie vertel en haar kleindogter, Claudia Snyman, het dit neergepen. Die N|uu-verhaal word ook in Engels en Afrikaans vertaal op elke blad en is kostelike illustrasies deur die kunstenaar Stanley Grootboom. Die boek is gemik op kinders 6-10 jaar oud, maar aangesien dit die eerste kinderboek is wat in N|uu gepubliseer is, sal jy dalk ook ’n stukkie geskiedenis vir jouself wil aanskaf.

In sprokies trek die arme wolf gewoonlik aan die kortste ent. Hy is die booswig wat die drie varkies se huise omblaas en vir Rooikappie en haar ouma bangmaak. En as ’n stoute skaapwagtertjie verveeld is, roep hy “Wolf, Wolf!”om homself te vermaak. Maar Wortel Wolf is die ster van hierdie prettige kinderboek. Leon-Ben Lamprecht, voorheen ’n joernalis by Weg, keer dié drie geliefde verhale op hulle kop. Wortel Wolf is ’n vriendelike vegetariër met ’n voorliefde vir wortelsop en vlakoekies. Hy nooi sy nuwe bure, die varkies Gert, Bert en Eben, vir sop en snel Rooikappie te hulp toe Henk, die houtkapper, haar jas en koelhouer in die bos steel. Hy red ook die stoute skaapwagtertjie en sy skape van ’n geslepe jakkals. Nicolene Louw se gedetailleerde illustrasies sluit aan by die humoristiese trant van die boek en Ma en Pa sal saam glimlag wanneer hulle dit kort voor slaaptyd weer (en weer) moet voorlees.


Op vellies vertrou ek Met watter soort skoene stap jy 2022 tegemoet? Sophia van Taak is seker van haar saak: vellies. SKETS FRED MOUTON

T

ot onlangs is die vellie beskou as ’n skoen wat plaasmense dra. Om die waarheid te sê is dit presies hoe die woordeboek dit beskryf: As ’n “tuisgemaakte skoen, boereskoen (met ’n lae hak)”. Dit was ’n werkesel, niks meer nie. Anderdag vertel oom Gustav Nortjé* van die Baviaanskloof my dat hulle eerste rugbyspan selfs doeriejare met bobbejaanveltokse uitgedraf het. Dit klink dalk aardig, maar vir pragmatiese boere het dit sin gemaak. Die manne het duursame skoene

32 Weg! #199

gekort wat lekker kon vastrap en pypkan en skepskop, en bobbejane was ’n pestilensie. Dus: Twee vlieë met een klap. Deesdae is vellies die inding. Dis mode. Iets wat jy tot onlangs net by ’n koöperasie of ’n leerfabriek kon aanskaf, is nou só byderwets, daar’s byna meer handelsmerke as voete in die land: Freestyle, Kalahari Vellies, Sapmok, Plaasmeisie, Bummel, Katu Vellies se DKW (die skoen vir Dans, Kerk & Werk), Grondpad, en Boggom (leuse: “Vastrapvellies wat so gemaklik sit soos ’n kranskees in die Drakensberg”). Al hoe meer mense begin dié eg Suid-Afrikaanse produk se waarde en

gemak insien. Ek wonder hoeveel pare vellies daar op die oomblik in die land rondloop? Meer as die aantal K-Waydonsbaadjies? Meer as die mense wat al ingeënt is? Waar dié skoene eens van ’n mens sou verklap dat jy óf ’n boer óf David Kramer is, kan ’n paar vellies aan jou voete deesdae byna enigiets beteken – selfs kapteins en koninklikes dra dit. Ja, dis waar! Siya Kolisi is baie lief vir sy paar olyfgroen Freedom of Movement-vellies, en prins Harry hang uit met ’n paar Veldskoen Shoes met ’n oranje sool en veter. Dis vir my mooi. As alles in Suid-Afrika maar


RUBRIEK

net so bestendig kon wees én vooruit kon boer soos die vellie. Die paar wat ek vandag dra, is van koedoeleer. Hulle was eens op ’n tyd blou; nou is hulle vaalribbokgrys. Die leer is al plek-plek só dun en pantoffelsag dat hulle nou maar afgetree het en nie meer saamreis nie. Maar weggooi is nie ’n opsie nie. Elke velskoen bly my vriend, ons het dan so ’n lang pad saamgestap – van die Sagole-kremetartboom in Limpopo, deur ’n sandput op die jukskeibane van Kroonstad, verby vagte wol in ’n skeerhuis op Williston, tot bo-op Paarlrots. Hulle het al op die wit kors van die Etosha-pan gestaan, tussen katsterte in die Bokkeveld baljaar, peperboombessies op Calvinia op die teer fyngeskuur, in ’n stoor op Stampriet gesokkie, moedeloos saam met ’n kleinboer in Suid-Angola in sy afgebrande mielieland rondgetrap, op ’n strand in Madagaskar gekeer dat ’n klapperkrap my groottoon afknyp, en selfs die 699 trappe van Jacob’s Ladder op St. Helena-eiland uitgeklim. Dit was veral op sulke ver plekke lekker om die vertroudheid van ’n stukkie Suid-Afrika aan my lyf te voel. Ek raak só verknog aan ’n paar vellies dat dit gewigtig is wanneer hulle die slag vervang moet word. Dié skoensoekery verloop altyd dieselfde: My linkervoet glip seepglad in en kry sy lê. Ek doen die tonetoets – jip, daar’s genoeg spasie om hulle te wikkel. Die regtervoet kry ook ’n skoen en ek knoop die veters, sit en betrag hulle dan terwyl ek die sole liggies teen die vloer tik, soos een wat ritme hou. Gewoonlik sou ’n mens in die skoenwinkel op en af stap, maar teen dié tyd weet ek: ’n Velskoen sit nie op die eerste dag al gemaklik nie. Jy moet werk vir daai gerief. Maar as die skoene eers ingeloop is… sjoe! Die kreukels en knokkels wat mettertyd in die leer kom lê, is heeltemal uniek en vou om die kontoere van jou voet soos ’n tweede sokkie. Ek loer vir oulaas na die prys op die skoenboks... Dis nie goedkoop nie, maar dis mos ’n langtermynbelegging. Die etiket verseker my dis volgreinbeesleer – die ware jakob. Dis dan nou hulle – my skoene vir die volgende drie, vier jaar. Want ’n vellie hóú. En dis eintlik jammer, want ek betrap weg.co.za

‘Die kreukels en knokkels wat mettertyd in die leer kom lê, is heeltemal uniek en vou om die kontoere van jou voet soos ’n tweede sokkie.’ myself gereeld nóg vellies wil koop terwyl my huidige paar nog nie eens ’n merkie het nie. Nie dat merkies my regtig pla nie. Inteendeel, my vellies gaan oral waar ek gaan en lyk daarom naderhand soos twee wildehondwelpies van al die vlekke – van houtgom en handontsmetmiddel tot marmelade en gemsbokbloed (dis ’n lang storie). Maar ’n vellie kan alles vat. As ons maar net meer soos vellies was. Ek glo dat vellies die vermoë het om mense te verenig. Dis al ’n geruime tyd dat ek op my omswerwinge foto’s van my vellies neem saam met wat ook al naby hulle is. Ek het op ’n dag ’n skilpadjie langs my vellies op ’n grondpad buite Beaufort-Wes afgeneem, en toe eenvoudig aangehou om dit te doen. Dit was nie lank nie, toe begin die velliefoto’s én die vellies vriende kry. Want net soos met ’n goeie ryding, komplementeer mense mekaar ook graag op ’n paar behoorlike skoene. In my geval is dit oorwegend honde wat belangstelling in my skoene toon, maar toe dié siele stertswaaiend nadergestaan het om aan my skoene te ruik was die aandag beslis opreg. Húlle neem ek ook altyd af, so met die snoet naby ’n skoenpunt. En die album kom mooi aan. Daar is Josephine van Smithfield, Meg op Loxton, piepklein Muggie met die een oog op Philippolis en Nella in die Waterberg. Ook: Vlooi van Rosendal, Trixie van Marnitz, Kollehond op die plaas Kangnas in die Boesmanland, Rita van GrootMarico, Joe, die mopshond, van Moolmanshoek, Tokkelos van Williston… Hulle het ’n paar moontlike penskrappers gesien; ek ’n nuwe maatjie. Wen-wen. My mees noemenswaardige velliekennismaking was waarskynlik met Breyten Breytenbach. Dié aand is die Book Lounge

in Kaapstad stampvol vir die bekendstelling van sy digbundel op weg na kû. Daar’s só baie mense, ek kan hom nie eens sien waar hy in ’n leunstoel sit en gedigte voorlees nie. Tussen al die bene en boekrakke deur vang ek slegs ’n glimps van sy velskoene: Mooi rooies met ’n gespe aan die kant. Ná die tyd beland ek – met ’n kopie van die bundel in my hand – saam met ’n vriend in die ry mense wat vir Breyten wil vra om hulle boeke te teken. Toe ek weer sien, staan ek en die vriend voor in die ry. Breyten sê naand en hou sy hand uit vir my boek. Maar in plaas daarvan gee ek hom ’n kompliment oor sy skoene. Toe hy antwoord dat dit van die Redemptionleerfabriek op Wellington is, hak my katrol los en ek deel hééltemal te veel oor hoe ons ook al die jare uit die Paarl uit vir skoolskoene soontoe gery het, en dat ek eintlik maar net oor sy skoene wou kom gesels en nie sy handtekening soek nie. Hy het net geamuseerd gefrons en toe iets fatsoenliks oor my eie paar gesê. Ek was maar te dankbaar. Was dit nie vir die versoeningskoene nie, het ek ’n man wat ek baie hoog ag daai aand lelik in die gesig gevat! Twee ander ontmoetings wat my altyd sal bybly, is toe ek en Arnold Gertse, ’n velskoenmaker van Wupperthal, tussen al sy tange en lese en rolle leer en garing kon sit en skoene gesels, en ook ’n foto van ons voete saam neem. En iewers is ook ’n foto van my en ene oom Stefanus Joseph op ’n sypaadjie op Springbok. Ons ken mekaar glad nie, maar moes net dié dag bladskud toe ons albei met rooi velskoene aan bymekaar verbyloop. In daardie opsig is vellie-mense soos Volksie-mense en Vespa-mense: As ons kon, sou ons mekaar met ’n baldadige getoeter gegroet het! Ek wil jou regtig aanmoedig om – indien jy nog nie ’n vellie-mens is nie, vroeg in die nuwe jaar ’n plan te maak. As dit na te ’n groot skuif klink, hang dan net eers daardie trossie skoentjies aan jou ryding se truspieël, en laat dit jou telkens herinner dat hierdie land van ons steeds wonderlike dinge oplewer. Ook: Ten minste het jy nog skoene aan jou voete. En daarmee kan ’n mens ver kom. *Sien bl. 34.

Weg! #199 33


PROFIEL

Die jongste ouman in die Kloof Wanneer jy weer deur die Baviaanskloof ry, hou gerus by Babes se Winkel stil en gaan groet die oom agter die kasregister. Gustav Nortjé kan jou boekdele van dié kontrei vertel. DEUR SOPHIA VAN TAAK

D

is ’n Maandagoggend in April. Ek sit saam met oom Gustav Nortjé (81) op die voorstoep van sy turkoois huis in die Baviaanskloof. Dis betrokke. Die wolke wíl, maar wil ook nie. In die voortuin karring ’n deurmekaar wind aan ’n oes koejawelboompie se takke. Van die dakrand af hang ’n ploegskaar en deurgesnyde plastiekkoeldrankbottels vol vetplantjies aan oranje baaltou. In een hoek staan groot varings. Oom Gustav lyk soos ’n boer: leerstewels, rugbybroekie, two-tone kortmouhemp met ’n selfoon en ’n pen in die bosak. Maar hy’s eintlik ’n winkelier. Wel, deesdae. Die turkoois huis grens aan sy winkel wat knap langs die enigste pad deur die Kloof staan. ’n Katjie kom uit die huis gedrentel, maar vlug dadelik oor die stoepmuurtjie toe sy my sien. “Ou Strepies! Wat is dit vanoggend met jou?” vra hy die stertpunt wat nog tussen die pienk periwinkle-blomme uitsteek. Dan draai hy terug na my: “Ek is nou die oudste wit mannetjie hier rond. Vra my maar enigiets oor die mense van die Kloof. Hulle het voor my grootgeraak, ek ken hulle almal by die naam.” Maar ek wil graag sý stories hoor, die Baviaans deur een van sy laaste Nortjé’s se oë sien. Vroeër jare was hier sommer baie van hulle – onder andere die skrywer P.H. Nortjé.

34 Weg! #199

“Ja, my oupagrootjie J.G. (Johannes Gerhardus) het hier ingekom in 1880 en kaart en transport van ’n gebied gekry wat later onder sy drie seuns verdeel sou word: Charlie het Grootplaas geërf, Richard het Grysbult gekry en my oupa Frank het op Sewefontein geboer.” Hy beduie so alkant oor sy skouers, asof dié plase net hier agter die huis lê. Van Sewefontein het ek al gehoor. Dis daar waar die Baviaanskloof se bekende woud van besemtrosvye hemelhoog strek, hulle wortels al eeue lank dankbaar vir die fonteinwater wat standhoudend uitborrel. Sterk water is ’n kleinood in dié kontrei. “Toe my oupa sterf, het my pa, Hannes, op Sewefontein aangegaan. My pa se voorletters was ook J.G., en Charlie se seuns, P.H. en Francis, was sy neefs,” lê oom Gustav verder familie uit. “Dis einste Francis wat eers in hierdie huis gewoon en die winkel gehad het. Oom Francis se naam was eintlik Johannes Gerhardus Francois. En ek is óók ’n Johannes Gerhardus Francois. Kan jy dink hoe deurmekaar dit dinge by die poskantoor gemaak het! “Dié familie van my…” Oom Gustav oorweeg eers of hy moet vertel wat hom nou te binne skiet. “Kyk, oom Richard was ’n donner, ou maat. Hy was een van ’n tweeling, maar sy tweelingbroer is doodgetrap deur ’n volstruis toe hulle 12 jaar oud was. My pa het altyd gesê die Here het geweet wat Hy doen, want g’n ouer sal twéé sulke kinders grootgemaak kry nie!

“Nou, oom Richard het doerie jare met ’n Belsize gery, dit was een van die eerste mouterkarre in die Kloof. Maar die goete het mos nou nie wonderlike brieke gehad nie, dit was mos mechanical brieke gewees. En hy’ t altyd die 7 mm-Mauser hier agter die seat gehad. En oom Richard kom hier in die pad op en daar’s skielik ’n donkiekar voor hom en toe hy wil briek trap, toe’s daar nie brieke nie en hy ry die donkiekar in sy moer! “Die man wat op die donkiekar was, lê daar eenkant en die donkies se bene is afgery, en dis ’n bloederige spul. En oom Richard kyk die donkies so en hy haal die geweer uit en ghwa! skiet hy die een donkie en ghwa! skiet hy die ander donkie. Die baas van die donkies lê steeds asvaal geval daar eenkant. En oom Richard vra vir die man: ‘Is jy orraait?’ En hy antwoord verskrik: ‘Ek het in my lewe nog nooit beter gevoel nie!’ ” Die oom lag só vir die storie dat Strepies wat dit pas tot onder die stoeptafel gewaag het, weer wegskarrel. “Ja, doeriejare was hier nog báie mense in die Kloof. Baie bywoners op die plase. Jy gaan nou nie glo nie, hier was in ’n stadium agt skole in die Baviaans. Ek was in ’n tweemanskool – oom Francis, en ’n ánder neef van my pa, oom Alfred Smith, was ons onderwysers. Van sub A tot standerd twee is in een klaskamer en standerd drie, vier en vyf was saam in die ander klaskamer. “Ek was tot standerd vyf hier, toe’s ek >


Oom Gustav Nortjé op die stoep van sy huis in die Baviaans.


PROFIEL

‘Ek was nie baie lief vir skoolgaan nie. Ek het net die rugby geniet en om nonsens droog te maak.’

36 Weg! #199

Willowmore toe en daar het ek in nege-envyftig matriek gemaak. “Ek was nie baie lief vir skoolgaan nie. Ek het net die rugby geniet en om nonsens droog te maak. My pa’ t nog gesê ek moet Grootfontein-landboukollege toe gaan. Toe sê ek: ‘Nee, Pa, ek is nie weer lus vir ’n boek nie. Toe kom ek plaas toe, Sewefontein toe.” “Nou daai jare…” Die oom dink ’n oomblik na. “Nee. Kyk, ek is in een-enveertig gebore. Nou vóór my tyd was daar net volstruisboere hierlangs. En mense het ook begin tabak plant. Toe’s die pad hier af Patensie toe net soos nou, maar die oppervlak was nog pragtig, hulle het hom gereeld geskraap. Ons het met tientonvragmotors hier af gegaan. Dan lewer ons die tabak op Patensie. Naderhand het hulle gesê hier’s te veel chloor in die grond, toe loop die tabak dood. Toe skakel ons oor na groentesaad. En ek het tot in die neëntigs met groentesaad geboer. “Ja, die gróót storie was groentesaad. Dit was die grootste saadkwekery in die land gewees, hierdie Baviaanskloof. Uie, beet, wortels, pampoene, skorsies… noem maar op!” Oom Gustav raak skielik stil en staar na die kaal koejawelboom. “Dis die ape,” sê hy vies. “Hulle is gedurig agter die guava’tjies aan. Ek het laasjaar nie één afgepluk nie, nie één nie. Hulle vreet als op!” Hy haal die pen uit sy hempsak en draai dit ingedagte ’n paar keer om, druk die ding dan byna vererg terug in sy sak en sê: “My pa het in drie-en-tagtig sy kop neergelê en daarna het my moeilikheid begin. Want sien, ek en my twee broers, Siegfried en Alten, erf toe vir Sewefontein. En wie gaan nou wat vat? Al uitweg was om hulle toe maar uit te koop. Jis, man… In plaas daarvan om te erf moes ek ’n lening by die Landbank maak. Ek het elke jaar twéé nuwe bakkies se prys aan rente op daai lening betaal! “Dis toe dat ek by Gary Player loop aanlê, om te hoor of hy nie die plaas wil koop nie. En ek bel na sy perdeplaas op Colesberg toe en kry daar antwoord by ’n voorman en vra waar Gary is. En hy sê: ‘Wag, hang net so ’n bietjie aan.’ Gary is toe per toeval by die ou toe ek bel, en die volgende oomblik toe’s hy op die lyn. “Jinne, jong, nou’s die wind uit my

seile uit! Ek beduie vir hom Willowmoredistrik. Want toe was die Baviaans nog nie so op die map gewees nie. Maar toe Gary hoor Willowmore, toe dink hy mos nou net Karoo. Hy weet nie hoe lyk dit hierso nie. En hy weet nie van die plaas se fonteine nie. Daai tyd toe speel hy nog gholf en sê: ‘Jong, ek is nou meer oorsee as wat ek in die land is en ek het nou hierdie plek by Colesberg wat ek ontwikkel vir die perde.’ Nou ja, hy stel toe nie belang nie. Maar as hy net geweet het hoe dit hier lyk! “Ek het tien jaar uitgehou, toe vat die bank die plaas.” Hy pluk aan ’n rafeltjie aan die rugbybroek se soom. “Van toe af boer ek vir ander manne. Plant boorde, maak lusernlande, sit besproeiing in... Dis net jammer die plek is so blerrie droog. Ek het hom nog nie só gesien nie. Die bome bly groen, maar op die grond is niks. “Bo-op die berge is staatsgrond, maar hier onder in die kloof, en ’n deeltjie teen die berg op, was plase. Toe hulle die Kougadam in die sestigs gebou het, het hulle baie gronde opgekoop. Daar is ook baie plase uitgekoop deur die parkeraad en hier’ t min boere oorgebly. “Hulle boer nog bietjies-bietjies met lusern, maar die verpestelike koedoes kom vreet nou jou lande op. In my dae was hier nie ’n koedoeháár in die Baviaans nie! Bees en dorperskaap en Dohne-Merino’s wat hulle skeer, en angorabokke. Ja, sybok is eintlik nou maar die hoofboerdery. Bo-op die plate is nou weer skaapwêreld, daar is gras, maar jy moet water oppomp soontoe. Sonpompe – dis al manier om daar te kan boer. Een jaar se reën sil nie help nie, dit sil twee, drie jaar se goeie reëns wees.” Teen die stoep se muur hang ’n ou houtvensterraam. In elke ruitjie pryk gesinsfoto’s van die Nortjé’s oor die jare heen. “Hier sit ek nou by my kjênners!” sê die oom trots, en verduidelik wie is wie: “My dogter, Marieka, is ’n vol kolonel in die polisie in Port Elizabeth. En hier’s die seuns: Reghardt is in Brackenfell, hy doen daai horisontale boorwerke onder paaie en geboue deur. En Francois is ’n dieregesondheidstegnikus op Cradock. Dis nou deesdae die naam vir ’n vee-inspekteur.” Daar’s ook kiekies van sy ontslape vrou. “Sy kom ook uit die Kloof uit.


Maria Petronella, maar haar bynaam was Babes.” Sy wysvinger talm op ’n foto. “Hier was sy nie meer lekker nie. Sy’ t drie ligte beroertes gehad en was toe al in ’n rolstoel, ek moes haar versorg. Deur die dag het ek altyd mense gehad wat help, maar snags was ek maar alleen met haar. Dit was moeilik, ek het baie rondgewerk vir inkomste en moes altyd voor donker terug by die huis wees. “Ons het dit gesien aankom. Maar toe sy daai dag in Januarie 2020 hier weggaan met die ambulans het ek nie geweet dis die laaste keer dat ek haar sien nie.” Hy kry weer daardie gestrooptekoejawelboomkyk in sy oë. “Jy kan nie glo dat sy so onklaar geraak het nie.” Daar kom ’n ryding aan en dit hou voor die winkel stil. ’n Motordeur klap en ’n vrou kom haastig met die tuinpaadjie opgestap voorstoep toe. “Môre!” groet sy en stel haarself voor – Susan Reyneke van die olyfplaas Kamerkloof. “Is die winkel nie vandag oop nie?” “Nee, hy’s toe solank ek hier sit,” antwoord oom Gustav ondeund. “Kan ek ’n pampoen gaan haal?” “Jong, my pampoen is op, my kool is op, patats is op… Daar’s aartappels en uie.” Susan is al op pad na die winkel se sydeur toe. “Kyk in die koelkas!” skree hy agterna. “Daar’s broccoli!” “Ek en die tannie het dié plek 11 jaar gelede weer aan die gang kom kry, alles reggemaak. Want ná oom Francis se dood het dit lank toegestaan en maar verwaarloos. En ek hét darem al voor dit ’n winkel daar op die plaas gehad, in my oupa se ou verekamer – Sewefontein Algemene Handelaar. Maar dié ene… ek het sy naam verander na Babes se Winkel.” Susan kom haastig uit met ’n sakkie appels, ’n bietjie piesangs en ’n pak kerse. “Ek los vir jou ’n R100 langs die till,” sê sy en wuif in die verbygaan. “Maar ek moet dit weeg!” roep die oom agterna. “Ag, weeg ’n ander sewe piesangs!” “Nee, maar dis te veel!” protesteer hy. “Dis okei, ons maak anderdag weer reg. Ons is aan die pluk. Koebaai!” En toe’s sy om die koejawelboom en in die motor en vort. >

Strepies, die kat.

Weg! #199 37


PROFIEL ’n Paar bakkies met boswaens gehaak jaag met ’n stofstreep verby, maar niemand hou stil nie. Ek wonder hoeveel besigheid die oom op ’n dag kry, en asof hy my gedagtes lees, sê hy: “Paasnaweek is die Kloof baie besig, en dan natuurlik einde van die jaar. Maar ek het nie baie met toeriste te doen nie. Hulle kom net in om koeldrank te koop, miskien koekies. Ek bedien meer die gemeenskap. Hoendervleis en wors, russians, lewertjies… Wil jy sien?” Ons stap by die winkel in, ’n koel skemerte binne. Die yskaste gons saggies. Op die breë houttoonbank lê ’n winkelboek vol sommetjies langs ’n kartonboks met appels – R3,50 elk. Bo die kasregister hang steeds ou advertensieborde vir Chesterfield-, Gunston-, en Satin Leaf-sigarette. Ek vra die oom of hy rook. Hy lag en beduie na die pen wat nou roerloos tussen sy regterhand se wys- en middelvinger vasgeknyp hang. “Ek het Lexington gerook en al die jare gesê: As die Here my spaar tot ek 50 is, dan sal ek ophou. En toe ek my oë uitvee, toe’s ek 50! “Ek sal dit nooit vergeet nie: Dit was ’n Maandagmôre en almal weet ek gaan nou ophou rook. En wragtag, toe die tannie my gelukwens en sy gee my ’n pirsint, toe sien ek maar dié ding lyk dan nou nes ’n carton sigarette wat toegedraai is. En ek sê: ‘Jinne, jong! Wat maak jy nou?’ En sy sê: ‘Nee, ek dink jy moet maar bly rook, anders gaan jy ons uit die huis uit vloek!’ “Ek rook daai jaar toe deur tot Oktobermaand. Toe’s ek darem nog steeds 50. En op ’n Maandagmôre besluit ek weer: Ek gaan nie vandag rook nie. Ek loop vir twéé weke met ’n pakkie in my sak, hy’s van die een hemp oor na die ander hemp. Die boksie is naderhand geskif, maar ek het nooit weer gerook nie.” Oom Gustav se verlange loop duidelik vanoggend op ver paaie. Hy gaan sit met ’n steun agter ’n lessenaar waarop papiere, ’n knipmes, ’n sompompie en ’n paar pakke Marie-beskuitjies lê. “Dit is maar rugbykniekoppe! As ek nie rugby gespeel het nie, sou ek nog niks makeer het nie. “Ek het vir die Willowmore-klub gespeel, flank, nommer ses – ’n lekker posisie. Ek het altyd gesê ek wil rugby speel tot ek 30 is, en dán eers sal ek trou. En Babes het dit geweet. Toe kom ek in ’n

38 Weg! #199

motorongeluk, toe kon ek nie meer verder speel nie. En die tannie wou ook nie meer wag nie, toe’s ons is in nege-en-sestig getroud – net voor ek 29 geword het.” Ek kyk na die Minora-lemmetjies, toffies, Jamaika-gemmerdruppels en tuisgebakte kondensmelkkoekies. “Daai jare toe ry ek ’n swart Chev Impala en ons is met dié kar wildtuin toe vir ons honeymoon. Ons is bo by Punda Maria in, tot by Pafuri, af deur die wildtuin, 14 dae, Shingwedzi, Letaba, Satara, Pretoriuskop… “Ek het op Williston weggegaan met R300 se reisigerstjeks van Volkskas Bank. R20 ’n reisigerstjek – jy’ t hom daar in die bank ge-sign en dan moet jy weer ’n keer sign daar waar jy wil geld trek, dat hulle nou kan sien of dit jy is. “Ek het ’n logboekie gehad vir daai trip. Die verblyf was vooraf betaal. Maar die lopende koste – petrol, eet, rook, bier... In die wildtuin het ek long toms gedrink dat dit lyk asof dit uit die mode uit gaan, maar daar was wraggies nog geld oor toe ons terugkom!” sê hy laggend. My oë gly oor die rakke. Kloof-koffie en blikkies vis, aanmaakkoeldrank, kookolie en pakkies los Panado’s. “Ai, daai was die lekkerste jare in die vorige eeu,” hervat die oom. “Elvis Presley se tyd en almal ry nét met V8mouterkarre. Chev Impalas en Chev Biscaynes... Die kos en die drank en sieghrêts het baie meer gekos as die petrol. Jy’ t toe nog nie begroot vir petrol nie, dis net ’n ding wat jy moet ingooi – 35c vir ’n gelling. “In 1964 het ek met ’n agtsilinderBiscayne van Willowmore af na my broer toe op Vereeniging gery – 80, 85 myl ’n uur. Daai tyd was daar nie spoedbeperkings nie, jy laat waai. Met R22 se petrol – tót in Vereeniging! Jy kan dit nie glo nie! As jy nou net R22 se petrol op Willowmore in daai kar ingooi, loop staan jy nog voor die Beervleidam!” Die oom gaan maak tee en ons skuif terug stoep toe. Dit begin ooptrek en Strepies kom sit met skrefiesoë in ’n sonkol. Vandag kry die Baviaans al weer nie reën nie. Maar selfs al is dit so “blerrie droog”, bly dit steeds mooi. “Die plek is uniek. Ons is hom al gewoond, maar dit is seker een van die mooiste dele in die land hierdie.

Partymaal, as ek nou saam met iemand anders ry en kan rondkyk, dan sien ek steeds dinge raak wat ek nog nooit voorheen gesien het nie.” Daar hou weer ’n ryding stil en ’n jongman roep onder uit die tuin: “Môremôre! Ek het vir Oom ’n trailer gebring.” “Dankie, Hancu, los hom sommer maar net daar onder die boompie!” antwoord die oom. “Dié trailer is ook nou ’n storie. Laas Vrydag is ek op Willowmore. Daar’s ’n ou wat belang stel in ’n kas en ’n tafel van my en, ag, sommer goed wat hy by sy oudhedewinkel wil verkoop. En hy sê: ‘Vat sommer my wa, jy kom mos weer volgende Vrydag uit dorp toe, dan is dit nie nodig dat ek nou spesiaal moet ry om dit te kom haal nie.’ “Maar met my ouderdom… daar vergeet ek om die wa te haak! En so halfpad huis toe onthou ek eers van die ding. Ek draai toe daar by Nico Smith op Uitspan in om te hoor of ek sý wa kan leen. En ons gaan sit gou vir ’n whisky’tjie en daar vergeet ek dáái een ook! By die huis gekom, bel ek vir Nico en vra dat hy moet kyk vir ’n geleentheid. En dis nou hoe die wa vandag hier aankom. “Ons is ’n ander gemeenskap. Almal ken almal, almal gee om vir mekaar. Ek het die Here al baie dankie gesê dat ek die voorreg gehad het om hier groot te raak en oud te raak. Ek sal nooit op ’n ander plek aanpas nie. “Ek is bly dat die jongmanne, die boere wat nog hier oor is, my betrek. Ek is nie alleen nie. Dit is net in die aande wat dit my ’n bietjie vang. Ek hoop ek kan sommer skielik doodgaan, ek wil nie nog in ’n ouetehuis of ’n siekeboeg lê nie… Jinne, ek vrek die eerste week. My kjênners weet al: Hulle moet my as daar op Sewefontein in die oog gaan gooi. En dán gaan ek spook!” Hy krap Strepies se bors met sy stewel. “Tot dan is dit my tjommie dié.”

LOER IN!

Babes se Winkel is op weeksdae oop van 9 vm.-1 nm. en weer van 2 nm.-5 nm. Saterdae sluit die winkel om 1 nm. en op Sondae is dit slegs oop van 11 vm.-12 vm.



Mdumbistrand is salig en stil. Dit is net 45 minute se ry van die veel besiger Koffiebaai, maar as jy by Mdumbi Backpackers oornag, kan jy ná vyf minute se stap jou tone in die water hê.


Word wakker langs die Wildekus Die Wildekus is dalk ver en woes, maar hier’s g’n tekort aan gemaklike lêplek nie. Hier is tien van die sagste matrasse, die gelykste staanplekke en die rondawels met die mooiste uitsigte langs dié ongerepte kuslyn waar jy jou kop kan neerlê. DEUR FRANÇOIS HAASBROEK


WILDEKUS

D

ie bekoring van die Wildekus is onvermybaar – golwende groen heuwels wat in die Indiese Oseaan intuimel, riviere met versteekte watervalle, verlate strande... Die landskap, gestip met lappies grond en groen en blou rondawels, het nie veel oor dekades heen verander nie. Buiten ’n paar bedrywige kolle soos Koffiebaai en Port St. Johns voel ’n mens hier meer soos ’n kuiergas as ’n toeris. Hier is dinge aan’t broei – met nuwe teerpaaie en brûe in die pyplyn. Maar vir eers is dié hoekie tussen die Kei- en Mtamvunarivier steeds wild en ongerep. Trouens, met ’n rivier wat elke paar kilometer in die see uitmond, is dit byna onmoontlik om kuslangs teen die Wildekus te ry. Twee plekke enkele kilometers uitmekaar is soms ure se ry, want jy moet eers terugswenk binneland toe om ’n brug oor die rivier te kry. Maar wie kla, dis juis die natuurelemente wat maak dat elke blyplek – van backpackers en woonwastaanplekke tot selfsorghuise en gesinshotelle – ’n see-uitsig én strandjie mooier as die vorige bied.

Mz

M nga zi

Libode R61

R61

Mthatha

ha th

Mqanduli

a

Ngcwanguba

Elliotdale

Xora Mba

Idutywa

Fort Malan N q a b R408

Willowvale Qho

Ketani Ke i

she

bu

R61

Cremorne Estate The Gates

Manteku Camp

Port St. Johns

Silakanatuurreservaat

Hlulekanatuurreservaat

Swell Eco Lodge Mdumbi Backpackers Seaview Cottage Koffiebaai White Clay Resort Hole in the Wall Hotel & Holiday Village Wild Lubanzi

arha

Dwesa-Cwebenatuurreservaat

rha

Cebe Transkei Beach Cottage Wavecrest Trennerys Hotel Keimond Morganbaai

42 Weg! #199

Lusikisiki vu

Ngqeleni

Mt

N2

im

In di es e O s e aan 20 km


VIR GESINNE

VIR INTROVERTE

1 Trennerys Hotel

2 Transkei Beach Cottage

Toe ek voor die ontvangslokaal stilhou, bekyk ’n gas wie se Fortuner reeds gepak is my Mahindra Scorpio. “Lyk my jy was ook reg vir die grondpad,” sê die oom. “Toe ek vyf jaar gelede hier met my motorfiets was, was alles nog grond,” verduidelik hy sigbaar teleurgesteld. Deesdae is die stuk pad van die pont oor die Keirivier geteer, wat dit nóg makliker maak om by Trennerys af te pak. Trennerys is by uitstek vir gesinne: Trampoliens, speelparkies, ’n tennisbaan en swembad sorg dat die jongspan se gô uit is aan die einde van elke dag. Hoe gemaak met die kroos as jy by die kroeg wil kuier of op ’n staproete of bootrit wil gaan saam met nuwe vriende? G’n probleem. Bespreek ’n kinderoppasser (vanaf R80 per uur vir tot 2 kinders) – hier’s ook ’n kinderkamer vir die kleintjies. Die hotel het ’n uitspanlokaal waar jy kan sit en lees en koffie drink, ’n rolbalbaan en gemeenskaplike braaiplekke as jy nie in die restaurant wil eet nie. Jinne, dis so lekker hier, ’n mens wil sommer intrek. Waar bly ek? Die 10 staanplekke in die kampterrein bied skaduwee, kragpunte en netjiese ablusie. Hier is 2 rondawels en 15 chalets met slaapplek vir 2 mense en 19 gesinschalets met slaapplek vir 4 mense. Wat pla? Die staanplekke het nie elkeen sy eie braaiplek nie. Koste Kamp: R295 p.p., R110 per kind tussen 4 en 12 jaar, en R85 per kind jonger as 4 jaar. Chalets: vanaf R1 085 p.p. alle etes ingesluit. Halfprys per kind tussen 4 en 12 jaar en R130 per kind jonger as 4 jaar. Saterdagaande bedien die restaurant ’n seekosbuffet wat R150 p.p. kos. Hoe kom ek hier? Die hotel is sowat 6 km noord van Keimond af – neem die pont oor die Keirivier (R100 per voertuig). Kontak 047 498 0004; trennerys.co.za

Max, ’n groot kettingboel met die geaardheid van ’n golden retriever, verwelkom my by die hek. Max mag dalk glo hy besit die plek, maar Barry Sahd is die eintlike baas. Hy het in hierdie deel van die wêreld grootgeword. Barry sien my kitaar agter in my kar. ’n Halfuur later sit ek, Barry en sy vriendin Martie Botha in sy huis met ’n glas whiskey en ’n bord vetkoeke. Ek met my kitaar en Barry voor die klawers. Op sy skoot slaap Tictoc, ’n klein jack russell. Tussen die Beach Cottage se voordeur en die strand lê net sowat 20 m grasperk. Tydens springgety kan jy van die gras af lyn natmaak! Hier’s nie ’n winkel nie, maar wel ’n groentetuin waar gaste onder meer spinasie, tamaties en blaarslaai kan oes. Dis nie nodig om met ander vakansiegangers vir ’n plekkie op die strand mee te ding nie. Stap af na die water en soek ’n gat in die rotse wat saam met die gety vol water raak. “Dis ons natuurlike jacuzzi daai,” sê Barry spoggerig. Barry is ’n goeie ou om te ken. “As jy iewers

teëspoed optel, gee my ’n lui,” sê hy voordat ek in die pad val. “Maak nie saak waar nie, iewers ken ek ’n voorman wat ’n voorman ken wat sal kom help. Dis goeie mense wat hier bly.” Waar bly ek? Die blyplek is sonder enige fieterjasies. Hier is ’n dubbelbed en twee stapelbeddens in die rondawel. Die badkamer en kombuis is in ’n aparte vertrek langs die rondawel. Barry se huis staan ’n ent agter die rondawel. Met my verblyf was Barry besig om nog ’n kothuis agter die rondawel te bou wat teen Desember voltooi sal wees. Wat pla? Cebe is ’n gehuggie met net nege erwe, maar die huise is naby mekaar. Transkei Beach Cottage is privaat – ’n hoë houtheining skei die huis van sy buurman, en dit belemmer jou uitsig oor die kuslyn. Maar die nabyheid van die strand vergoed heeltemal daarvoor. Koste Vanaf R1 000 p.n. Hoe kom ek hier? Ry teerpad tot by die dorpie Kentani. Volg van hier die Wavecrest-gruispad vir 28 km totdat jy by die afdraai na Cebe kom. > Kontak 073 143 0324

Weg! #199 43


WILDEKUS

VIR IETS GANS ANDERS

3 Wild Lubanzi

“In a hole in the ground there lived a hobbit...” By Wild Lubanzi kan jy in ’n huisie reg uit J.R.R. Tolkien se boeke bly. Dit is nou wel nie in die Shire nie, maar dié backpackers is net so anderwêrelds. Die Hobbit House is in ’n heuwel gebou, kompleet met ’n ronde voordeurtjie. Die hoofhuis lyk soos die droomhuis wat ek as kind geteken het: Trappe, lere en loopvlakke verbind verskeie stoepe. En dagbeddens, hangmatte en swaaistoele staan oral vir ’n middagslapie of skemerkelkie. Lizani Smith wys my rond. Sy het sewe jaar gelede hier as ’n backpacker opgedaag en nooit vertrek nie. “Selfs as dit stil is hier, is dit besig. Die bouwerk hou nooit op nie.” Dylan Massyn is nog iemand wat kom oorstaan het en nou permanent hier werk. In sulke afgeleë plekke moet jy iets van alles kan doen. Hy het self hulle nuwe restaurant gebou en is ook die kok. As jy nie in die gemeenskaplike kombuis wil kosmaak nie, bestel ’n ete of kospakkie by Dylan. Probeer die spekbrêkfis (R75), hoenderwrap (R75) of die Thaise groenkerrie (R95). Selfs al slaap jy nie hier nie, kan jy bestel 084 344 0039. Waar bly ek? Die Hobbit House het slaapplek vir drie mense op ’n dubbel- en ’n dagbed. Dit is die enigste blyplek met ’n en suite-badkamer.

44 Weg! #199

Drie tente op houtdekke – Milkwood, Silver Oak en Strelitzia – het slaapplek vir drie mense elk. Spekboom Tent met slaapplek vir twee mense is half-tent, half-klip. Die High Tide-slaapsaal het slaapplek vir agt mense. Hier is ook plek waar jy jou tent kan opslaan. Al dié blyplekke deel die gemeenskaplike kombuis en badkamers in die hoofhuis, én almal kyk uit oor die poskaartmooi Lubanzi-strand, Hole-in-the-Wall is vyf kilometer se stap weg. Wat pla? Een van die voordele van teen ’n heuwel bly, is die uitsig. Een van die nadele is dat jy opdraande moet stap as jy badkamer toe wil gaan. Koste Kamp: R80 p.p. High Tide-slaapsaal: R145 p.p. Tente: R380 p.n. vir twee mense (R500 vir drie) – 40% afslag as jy langer as ’n week bly. Hobbit House: R650 p.n. vir twee mense (R770 vir drie) – 25% afslag as jy langer as ’n week bly. Afslag net geldig buite seisoen. Hoe kom ek hier? Vat die Koffiebaai-afrit van die N2 af. Volg die pad vir 50 km (maak vol by Mqanduli, dis die laaste plek vir brandstof ). Draai af na regs by die dorpie Dube by ’n aanwyser na die Zithulele-hospitaal. Draai ná 17 km regs na Lubanzi. Die laaste 5 km is grondpad. Kontak 078 530 8997; wildlubanzi.co.za


GALLO/GETTYIMAGES.COM

VIR GESINNE

4 Hole in the Wall Hotel & Holiday Village

Nader aan die Wildekus se bekendste baken kan jy nie slaap nie! Dis net 1 km se stap tot by dié rotsformasie. Dinge raak bedrywig hier – Koffiebaai is naby en álmal wil ’n Insta-foto neem by Hole-in-the-Wall. Jy gee afsondering prys vir ’n paar luukshede wat jy nie in die boendoes kry nie: ’n restaurant, twee kroeë, die La Vita-spa… Soos die blyplek se naam aandui, voel Hole in the Wall meer soos ’n dorpie as ’n hotel. Die chalets en rondawels is versprei oor die perseel. Jy kan kies of jy teen die heuwel wil bly met ’n uitsig, of onder die bome naby die strand. Dit is ideaal vir gesinne: Hier is ’n swembad, grasperke, ’n klein diereplaas, ’n speelparkie en ’n aktiwiteitsklub vir kinders. In die meer afgeleë dele van die Wildekus hoef jy nie jou deur te sluit nie, maar wees versigtig rondom die bedrywige kolle. Die hotel is omhein met wagte by elke ingang. Hulle hou die kansvatters buite, en die jongspan binne. Waar bly ek? Hier is allerlei verblyf in rondawels en selfsorgeenhede met slaapplek vir twee tot agt mense. Hier is ook backpackersverblyf met en suitedubbelkamers en ’n gemeenskaplike kombuis. Wat pla? Van die geriewe lyk afgeleef, maar met my besoek was die bestuur doenig met opknapwerk aan die restaurant. Opdringerige “gidse” buite die hotel probeer jou oortuig dat jy gaan verdwaal na Hole in the Wall. Jy sal nie; dis net om die draai. Koste Backpackersdubbelkamer: vanaf R270 p.n. Rondawel: vanaf R540 p.n., slaapplek vir twee. Chalets: vanaf R675 p.n. vir twee mense tot R2 520 p.n. vir agt mense. Hoe kom ek hier? Die hotel is sowat 9 km suid van Koffiebaai af. Kontak 047 575 0009; firstgroup-sa.co.za/hole-in-the-wall >

Weg! #199 45


WILDEKUS

KOM KAMP!

5 White Clay Resort

Kampeerders in dié omgewing gaan sukkel om ’n beter staanplek te kry as by dié oord. Dis klein genoeg sodat hier nooit ’n vertrapping is nie en hier’s ’n strandjie reg voor die oord. Die staanplekke is op terrasse; dus het selfs die agteros ’n onbelemmerede uitsig oor die see. Die oord is sowat ’n kilometer van Koffiebaai af. As jy kans sien vir die stywe bult kan jy vroegoggend soontoe stap vir ’n koffie by die Coffee Shack. Maar hier is ook ’n restaurant, kroeg en winkeltjie en dus hoef jy glad nie die oord te verlaat nie. Waar bly ek? Elke staanplek het krag en die ablusiegeriewe is skoon en netjies. Hier is ook 12 selfsorgchalets met slaapplek vir 2 tot 11 mense. Wat pla? Hier staan ’n paar bome in die kampterrein, maar bring jou gazebo as jy baie tyd deur die dag by jou tent wil deurbring. Koste Kamp: vanaf R120 p.p. Chalets: vanaf R300 p.p. en vanaf R750 p.p. met alle etes. Hoe kom ek hier? Die oord is suid van Koffiebaai. Die steil afdraande is geplavlei en dus kan jy met enige voertuig kom kamp. Kontak 083 262 5239; whiteclayresort.co.za

46 Weg! #199


VIR INTROVERTE

6 Seaview Cottage

Die kothuis staan hoog bo-op ’n heuwel met inderdaad ’n“sea view”oor die Mthamtha-riviermonding. Die helfte van die stoep is toegebou sodat jy die uitsig kan geniet selfs as die wind loei. Die strand lyk ver, maar dis net sowat 700 m se stap of 1,2 km se ry. En jy het jou eie erf! Mark Hullett, die eienaar, het self die kothuis gebou.“Baie van die opbrengs stoot ons weer terug in onderhoud in,” vertel hy. “Solank die gaste die plek verlaat met vrede, rustigheid en die wete dat plekke soos dié nog bestaan, dan is ek gelukkig.” Donald, die opsigter, woon naby en staan gereed om te help as iets skort. Hy weet waar die beste visvangkolle is en waar jy vars seekos kan kry. Waar bly ek? Die selfsorgkothuis het twee slaapkamers met slaapplek vir agt mense altesaam, ’n volledig toegeruste kombuis en ’n braaiplek op die stoep. Wat pla? Dis nie maklik om hier te kom nie. Pons die koördinate (S31.94917 E29.17182) in voor jy vertrek en volg jou GPS. Ek het geen probleem gehad met my 4x2 Mahindra Scorpio nie, maar die pad kan soms sleg wees en ’n 4x4 word aanbeveel. Koste Vanaf R900 p.n. Hoe kom ek hier? Uit Koffiebaai in die rigting van die N2: draai regs ná 1,2 km (die eerste afdraai nadat jy die Nenga-rivier oorgesteek het net buite die dorp). Volg die grondpad vir 3,5 km en draai links. Draai regs na 700 m, Seaview Cottage is na nog 700 m aan jou linkerkant. Kontak airbnb.com/rooms/20596501

VIR DIE JONGKLOMP

7 Mdumbi Backpackers

’n Mens betaal ’n prys om so afgeleë soos Mdumbi te wees... Vroegaand hoor ek ’n harde knal en skielik is die ganse Mdumbi in donkerte gehul. Ek gaan hoor by Bongani Span wat by ontvangs werk of dit beurtkrag is, maar daardie vae hoop verdwyn toe ek Eskom se wagmusiek op sy selfoon hoor blêr. Die volgende oggend moet ’n hand vol beeste wat in die duister die heining gebreek het, eers verjaag word én steeds is die krag af toe ek vertrek... Maar nou ja, dis ’n geringe prys om te betaal vir een van die mooiste strande langs die Wildekus. Waar bly ek? ’n Backpackers is lankal nie meer ’n plek waar jong buitelanders tot laatnag didgeridoe speel en in slaapsale oornag nie. Die meeste backpackers langs die Wildekus het deesdae meer private blyplek ook. Mdumbi het verskeie rondawels met slaapsaalkamers (slaapplek vir 3 tot 13 mense), dubbelkamers en gesinskamers, asook permanente safaritente (slaapplek vir twee)

onder ’n rietdak. Die kampplekke het skaduwee en ’n houtafskorting skei jou van jou buurman. Ál die verblyf deel ’n gemeenskaplike ablusieblok, kuierlokaal, eetsaal en kombuis. As jy jou eie ding wil doen, het Mdumbi ook een ten volle toegeruste selfsorghuis met slaapplek vir sewe in ’n stil hoekie. Agter die backpackers is ’n speelpark in die vorm van ’n skip waar die kleinspan kan rondklouter, en waarvandaan jy die beste uitsig oor die kuslyn kry (en die beste selfoonontvangs). Wat pla? Die staanplekke is klein en gepas vir tente, maar jou woonwa gaan sukkel om in te pas. Koste Kamp: R115 p.p. Slaapsaalkamer: R195 p.p. Safaritent: R400 p.n. vir twee mense. Dubbelrondawel: R420 p.n. vir twee mense. Gesinsrondawel: R590 p.n. vir drie mense. Selfsorghuis: R2000 p.n. Hoe kom ek hier? Van die N2, volg die pad na Koffiebaai vir 70 km en draai links op die Umdumbi-grondpad. Draai ná 10 km regs by die Mdumbi Backpackers-bordjie. Die backpackers is nog sowat 8 km verder op die pad. Kontak 083 461 1834; mdumbi.co.za >

Weg! #199 47


WILDEKUS

VIR DIE OMGEWINGSBEWUSTES

8 Swell Eco Lodge

Die roesbruin rondawels van dié lodge kyk uit oor die heuwels van die Mngcibe-nedersetting en die Indiese Oseaan. Justin Sanders, die eienaar, hou langs die Wildekus vakansie vandat hy 16 jaar oud is. Hy het in 1998 op die dorpie Mdumbi gekuier en toe die anderkant van die Mdumbirivier verken. “Ek was dol oor hoe afgeleë dit is, en die sonderlinge uitsig wat ’n mens van daar af oor die Mdumbiriviermonding het,” vertel Justin. “Ek het oorspronklik gekom om branderplank te ry en vis te vang, maar ek het lief geword vir die landskap en die mense.” Drie jaar later, met die seën van die plaaslike gemeenskap, het hy ’n stuk grond bekom en in 2013 het die Swell Eco Lodge se deure vir besoekers oopgeswaai. Justin en sy vrou, Lee-Ann, wou van die begin af die lodge so omgewingsvriendelik as moontlik bedryf. “Dis veral belangrik om op sulke afgeleë plekke alle afval te bestuur.” Al die lodge se rommel word sorteer, enige rommel wat nuwe lewe kan kry, word weer gebruik, en die res word Mthatha toe gery om herwin te word.

48 Weg! #199

“Hier’s net inheemse plante in ons tuin, en gaste kan spinasie, brandrissies of wortels in ons groentetuine pluk.” Die lodge is 1 km van die strand af, maar hier’s ook ’n swembad met ’n dek wat oor die oseaan uitkyk. Waar bly ek? Twee en suite-rondawels met slaapplek vir twee elk deel ’n gemeenskaplike kombuis. Twee duplex-rondawels met twee en suite-dubbelkamers elk deel ’n gemeenskaplike kombuis. Gesinsrondawel met ’n twee slaapkamers (een is ’n dakkamer), ’n badkamer en kombuis – daar is nog slaapplek vir twee op ’n slaapbank in die leefvertrek. Wat pla? Die pad hierheen se toestand is wisselvallig. Bel voor die tyd om te hoor hoe dit lyk. Koste En suite-rondawel: vanaf R450 p.p. wat deel. Duplex-rondawel: vanaf R500 p.p. wat deel. Gesinsrondawel: vanaf R2 000 p.n. vir tot ses mense (vier volwassenes). Hoe kom ek hier? Van die N2, volg pad na Koffiebaai vir 70 km en draai links op die Umdumbi-grondpad. Draai regs ná 17 km, en volg die pad vir nog 7 km na Swell Eco Lodge. Kontak 084 943 3947; swellecolodge.com


KOM KAMP!

9 Cremorne Estate

Dié oord lê tussen die Mzimvuburivier en hoë kranse sowat 10 minute se ry van Port St. Johns af. Die kusdorpie raak binne seisoen ’n byenes wanneer toeriste en locals op die winkels toesak, maar hier by Cremorne bly dinge rustig. Ek het in een van die Fishermans Cottages oornag. Deur die loop van die aand begin die wind optel en teen middernag klink dit soos ’n volslae storm buite. Dit voel asof die huisie met elke rukwind effe wieg! Die volgende oggend toe ek by my deur uitloer en totale verwoesting verwag, is daar nie ’n enkele blaartjie uit plek nie en ’n roeiboot met ’n enkele hengelaar wat op die stil rivier verby dobber. Sálig! Vir diegene wat hou van lyn natmaak, is hier ’n skeepshelling waar jy jou skuitjie op die water kan sit, of jy kan meters van jou kampplek staan en ingooi. As die lyne die dag nie styf getrek het nie, kan jy seekos bestel by die à la carte-restaurant en kroeg. Voor jy jou kom kry, is die vakansie verby en was jy nie een keer dorp toe nie. Waar bly ek? Elke staanplek het ’n kragpunt en ’n ry bosse skei jou van jou buurman. Staanplek 5 het die meeste skaduwee en ’n klein rietafdak. Die Fishermans Cottages is ’n bekostigbare opsie – die basiese rietdakhutte het twee stapelbeddens en deel die ablusieblok met die kampeerders. Hier is selfsorghouthutte en B&Ben suite-dubbelkamers. Elk van die hutte het twee en suite-slaapkamers. ’n Groot grasperk skei die hutte van die staanplekke wat die naaste is aan die water. Wat pla? Die monding van die Mzimvuburivier is berug vir die aantal haaie wat hier voorkom. Moet eerder nie in die rivier swem nie – koel af in die swembad. Koste Kamp: R290 p.p. Fishermans Cottages: vanaf R430 p.p. Selfsorg: R2 320 p.n. vir twee mense. B&B: R1 295 p.p. Hoe kom ek hier? Die oord lê noord van die Mzimvuburivier voor jy die dorp met die R61 inry. Draai af op die Ferry Point-grondpad, Cremorne Estate is ná 1 km aan die regterkant. Behalwe vir die laaste kilometer is dit heelpad teerpad. Jy kan jou woonwa tot byna teenaan die water sleep. Kontak 047 564 1110; cremorne.co.za >

Weg! #199 49


WILDEKUS BRING DIE VRIENDEKRING

10 Manteku Camp

NET 4X4

Pondo Beach Camps het drie tentkampe tussen Port Edward en Port St. Johns: Msikaba, Luphuthana en Manteku. Die drie kampe is ook die oornagplekke vir die bekende Pondo Trail-slenterstaproete. Wanneer die kampe nie deur stappers geannekseer word nie, kan dit ook bespreek word vir ’n wegbreek van ’n luier aard... Manteku se 12 safaritente is geleë in ’n stuk kuswoud in die waai van die Mzintlavarivier net voor dit in die see uitmond. Toe ek by Manteku aankom, loei die wind en by die see klits die sand my kuite. Maar by die rivier voel ek skaars ’n bries. Behalwe vir die jolige gille van ’n paar kinders wat oor die rivier eggo en twee onbekende voëls wat op mekaar in die strandwoud skree, is dit doodstil. Bo-op die heuwel staan ’n paar rondawels, maar hier onder voel dit asof jy die rivier en oseaan net vir jouself het. Ja-nee, by dié kamp kry jy die beste van die Wildekus: ’n ongerepte strand wat jy selfs binne seisoen hoogstens met ’n paar locals en beeste gaan deel. Waar bly ek? Elke safaritent het slaapplek vir twee mense – hier kan altesaam 24 mense bly. Die en suite-tente staan op ’n dek onder ’n rietdak en is beskut. Die tente deel ’n gemeenskaplike braai-en-kuierplek en kombuis. Die kamp is ver van beskawing af; bring dus alles saam wat julle gaan nodig hê. Andrew Mavela, die vriendelike kampopsigter, hou ’n ogie oor alles, en staan reg om te help. Wat pla? Die bult. Die laaste 200 m tot by die tentkamp is steil en klipperig, en dit was so byna of ek moes permanent by Manteku bly. Moet liefs nie die laaste stuk pad sonder ’n 4x4 aandurf nie. Daar is veilige parkeerplek bo teen die heuwel teen R50 per dag. Dit is sowat 500 m se stap van die tentkamp af. Koste R390 p.p. wat deel, R275 p.n. vir kinders jonger as 12 jaar (jonger as ses jaar is gratis) of bespreek die hele tentkamp vir R7 800 p.n. (minimum van twee nagte). Binne seisoen kan slegs die hele kamp bespreek word teen R8 760 p.n. (minimum vyf nagte). Hoe kom ek hier? Neem die R61 van The Gates op Port St. Johns na Lusikisiki, draai ná 22 km regs by die “Matane”-bord. Van hier af is dit 23 km grondpad tot by Manteku Camp. Kontak 031 536 8005; pondobeachcamps.co.za

50 Weg! #199



Ons gaan see toe!

WEST FORK FARM SE PRIVATE STRAND TUSSEN DWARSKERSBOS EN ELANDSBAAI

52 Weg! #199


WESKUS

Namakwa-blomkamp (Skilpad) Kamieskroon

Namakwanasionale park

No ord- Kaa p

Hondeklipbaai N7 Garies

Wes- Kaa p

Namakwa-blomkamp (Groenriviermonding)

Nuwerus

At lan tiese O s eaa n

Strandfontein

Lutzville Vredendal

Vanrhynsdorp

N7

Lambertsbaai Steenbokfontein-seeplaas The Berries

Clanwilliam Elandsbaai

Fork West Farm Tin Shack Sea Shack

Citrusdal

Dwarskersbos St. Helenabaai Paternoster

Van ’n houthutjie op die strand tot ’n spogkamp tussen die gousblomme – dié ses Weskus-blyplekke bied iets vir elke smaak. DEUR KYRA TARR

E

k gesels eendag met ’n kunstenaar wie langs die Weskus grootgeword het en baie van haar grootmensjare hier gebly het. Die see, wind en sand het mettertyd een te veel vir haar geword, en sy trek binneland toe. Maar skaars ’n jaar later hoor ek sy bly weer op St. Helenabaai. Wat ook al die Weskus vir jou beteken – ’n branderryparadys, oerlandskappe vol fossiele en geskiedenis, ’n stil wegkruipplek, of huis – dit lyk asof die see, sand en wind aan ’n mens bly kleef. Op ’n goeie manier. Wyk dié somer uit na een van dié unieke naweekplekkies en val in by die ritme van die getye. Glo my: Of die branders nou reg voor jou drumpel of doer op die horison breek, hulle gaan jou sus en skoonspoel. >

Weg! #199 53


WESKUS

WAT SÊ DIE MENSE?

MELDENE ROBINSON Crayfish Wharf-restaurant, Paternoster “ ’n Besoek aan die Kaap Columbine-vuurtoring is ’n moet. Dis regtig iets om te aanskou!” HUGOLINA HICKMAN Timeless Treasures, Dwarskersbos “My liefde vir Dwarskersbos kom al ’n lang pad, uit die 1950’s, toe ons familie vakansietye hier kom kamp het. Dit is ’n lekker swemstrand – mooi, skoon en veilig.” RASHID SAKAMA Fork West Farm “Ek het in 2014 van Malawi af hierheen getrek. Die Weskus is nie net pragtig nie, sy mense is ook hartlik en vriendelik.”

54 Weg! #199

LAMBERTSBAAI Steenbokfontein-seeplaas

Steenbokfontein is ’n groot aartappelplaas wat aan die strand grens suid van die vissersdorpie Lambertsbaai. Die Burger-familie boer al ses generasies op dié grond, en die huidige Burger-boer aan stuur van sake is Albert en sy vrou, Carol. Carol het my omtrent met plaaslike bederfgoed oorlaai! As ek weer sien, hou haar 4x4 voor die deur stil met tjops van Pietie se Vleishuis, varsgebakte plaasbrood, bokmelkkaas van Betty Bok, of aartappels uit Steenbokfontein se eie lande. Die Weskus Quarry is een van ’n paar verblyfopsies op die plaas. Om hier uit te kom, ry ’n mens oor die Sishen-Saldanha-spoorlyn en dan teen ’n klipkoppie uit. Die Weskus Quarry se twee eenhede is – soos die naam aandui – in ’n ou steengroef gebou. (Dis hiér waar die klip vir Lambertsbaai se hawemure gekap is.) Wat die naam wel nie verklap nie, is hoe ongelooflik ver ’n mens kan sien! Die twee “hokkies” (soos Carol dit noem) wat teen die klipkrans gebou is, het ’n panoramiese uitsig oor die plaas en see. Die eenhede is knus en aards ingerig en het elkeen slaapplek vir twee mense. Hier is ook ’n woonwa waarin twee mense kan bly. Dit deel ablusie en ’n kombuis met die eenhede en is daarom ’n lekker naweekkuierplek vir ’n groep vriende. Gaste wat alleen wil wees, kan die Weskus Hokkie (’n eenslaapkamerstrandhut met slaapplek vir twee) of die Weskus Grotjie (ook teen die rotse met slaapplek vir twee) bespreek. Die Hokkie en Grotjie is op dieselfde koppie gebou, maar is meer privaat.


“Ek wou die natuur in alles inkorporeer,” verduidelik Carol wanneer sy haar verhaal oor die plaas vertel. Steenbokfontein se oorspronklike plaasopstal dateer uit 1864 en is omskep in Die Plaaskombuis waar Albert se ontslape ma, Kitta, gaste onthaal het. Sy’s laasjaar op Valentynsdag oorlede. Kitta was ook verantwoordelik vir die labirint wat onder die steengroef uitgelê is – gaste is welkom om dié meditasieroete te stap. Die Steenbokfontein-grot is ’n kort entjie se stap van die steengroef af. Hier is rotskunspanele te sien wat na raming 8 000 oud is. ’n Mens sien uitbeeldings van reuse-buffels, elande, olifante en leeus – diere wat lankal nie meer in dié gebied voorkom nie. Die plaas bied ook in die lente blomtoere op ’n trekkerwa aan, en jy kan abseil, rotsklim, branderplankry en op die strand braai. Albert en Carol se dogter Anika beoog om haar haar ouma se restaurant weer op dreef te kry. Sy sal die sewende Burger-generasie op Steenbokfontein wees. Hulle ander dogter Cara studeer regte en gaan haarself daartoe wy om die Weskus te bewaar. Waar? 9 km suid van Lambertsbaai, langs die R365. Koste Quarry: vanaf R750 p.n. (vir ’n eenheid of die woonwa); Grotjie: vanaf R950 p.n.; Hokkie: vanaf R950 p.n. ’n Minimum van twee nagte geld vir alle blyplek. Kontak westcoastwonders.co.za; 083 458 1575 (Carol)

ELANDSBAAI The Berries “Om te sê iets is the berries, beteken in surfer slang dat dit die kat se snor is,” verduidelik Gerry van Rensburg, eienaar van dié bungalow in die Weskus se branderryhoofstad. Gerry, ’n argitek, skrynwerker en bouer, woon die grootste deel van die jaar in Kommetjie op die Kaapse Skiereiland, maar vlug so gereeld as wat hy kan Elandsbaai toe. Hy het die huis in 2007 begin bou. “Ek het die meeste van die werk self gedoen, en bykans die hele bungalow is van herwonne boumateriaal,” vertel hy trots. The Berries laat jou sommer dadelik welkom én tuis voel. Dit ruik na hout, fynbos en seebries. Hier’s nie Wi-Fi nie, maar ’n boekrak vol goeie literatuur, en die son val mooi op die regte tyd oor die rusbank vir ’n middagslapie. Die eenvoudige houthuisie het twee slaapkamers met elk slaapplek vir twee, plus nog twee stapelbeddens (slaapplek vir vier) wat in een hoek van die leefvertrek agter ’n gordyn staan – vir ’n bietjie privaatheid, jy weet. Van die groot dek af kyk ’n mens uit oor ’n inheemse tuin (wat Gerry self aangelê het) en ’n vuurput. “Die oorspronklike struktuur is ’n selfboustel van T&B Log Homes op Knysna. Dit het voorheen by die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad diens gedoen as woonkwartiere vir personeel,” vertel Gerry. “Ek het dit in 2006 gekoop, uitmekaar gehaal en gestoor totdat ek al die komponente Elandsbaai toe kon vervoer. En hier het ek dit toe weer aanmekaar gesit – maar met ’n heel ander uitleg as die oorspronklike houthuisie.” Gerry se kreatiwiteit is oral te sien: Dele van branderplanke en bootrelings is in die badkamer aangewend en die tuin is vol mooi skulpe, ankers en reddingsboeie wat uit die boomtakke hang. Elandsbaai het die laaste paar jaar baie ontwikkel, maar The Berries bly outentiek – die soort plek waar jy steeds met jou sandvoete welkom is. Waar? Snoekstraat 8, Elandsbaai-Suid Koste Vanaf R1 700 p.n. > Kontak 082 338 9609 (Gerry); gerry@sealevelstudio.co.za

Weg! #199 55


WESKUS

DWARSKERSBOS Fork West Farm Jy gaan nie sommer die grootsheid van die oseaan tussen ’n klomp vakansiemakers op ’n jolige kusdorp ervaar nie. Gaan bly eerder eenkant in die veld waar jy met sonsondergang voor jou tent op ’n duin kan staan – soos op die Fork West Farm. Dié stuk grond strek vir 40 km teen die kuslyn tussen Dwarskersbos en Elandsbaai uit en vir solank as wat ’n mens hier is, voel die Atlantiese Oseaan en die pêrelwit strand asof dit nét joune is. Die Uebel-familie besit die plaas al 33 jaar en dit word deesdae deur Reinhard en sy vrou, Theresa, bestuur. “Ons het die eerste tent vir eie gebruik hier kom staanmaak, maar toe vriende en familie sê hulle stel ook belang, het ons nog twee bygevoeg,” vertel Reinhard. Die drie tente heet Fork North, Middle Fork en Fork South. Elke tent het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort en spoeltoilet, plus ’n kombuisie met die nodigste (ja, hier is krag). Aan die voorkant is ’n stoepie waarvandaan ’n mens oor die duine uitkyk, en agter die tent is ’n beskutte braaiplek. Rondom staan die kersbos en taaibos dig. As jy gelukkig is, sien jy vroegoggend duikers of steenbokkies wei. ’n Voetpaadjie slinger oor die duine strand toe, waar jy die wye ooptes met seemeeue, duikers (die geveerde soort), sterretjies en swarttobies deel. Hou ook jou oë oop vir dolfyne en robbe wat in die branders speel. Wanneer die son begin sak, is enige van die duine voor jou tent die perfekte sitplek vir ’n skemerkelkie, en snags in jou bed vóél jy hoe die branders die strand tref. Nader aan die natuur kom jy nie sommer nie! Waar? 28 km noord van Dwarskersbos. Volg die pad na Elandsbaai. Koste R1 300 p.n. (Fork West Farm is troeteldiervriendelik.) Kontak westcoastluxurytents.co.za; 067 336 6862 (Theresa)

56 Weg! #199


ST. HELENABAAI Tin Shack

Die Tin Shack staan op ’n heuweltjie agter St. Helenabaai op Bryan en Marna Williams se kleinhoewe. Dis uit ou skeepshouers gebou en die binnekant is ’n mengsel van sjiek industriële elemente en plattelandse gemak. Bryan en Marna vertel dat hulle in 2018 uit Gauteng na St. Helenabaai verhuis het. Hulle wou uit die stadsgedruis wegkom en het verlang na ’n meer aardse bestaan.“Die droom was om selfonderhoudend te wees,” vertel Marna, wie se ouers in die Noord-Kaap grootgeword het. Sy het van kleins af ’n liefde vir die Weskus ontwikkel. Hulle het die skeepshouers oorspronklik vir stoorplek aangeskaf, maar gou besef dis puik“boublokkies”vir ’n huis.“En dit sou boonop beteken dat ons bestaande materiaal herwin,” voeg Marna by. Terwyl die paartjie hulle kleinhoewe inrig, woon hulle in een van die skeepshouers wat later deel van hulle eie huis sou word.“Nadat bouplanne goedgekeur is,” vertel Marna,“het ons na Youtube-video’s begin kyk en navorsing op die internet gedoen oor die alternatiewe boumetodes en tot die gevolgtrekking gekom dat ek en Bryan al die werk self sal kan baasraak. Ons is taamlik vaardig. Die plan was om ook ’n gastehuisie te hê en só het die Tin Shack ná 14 maande die eerste voltooide deel van die projek geword.“ Die huis het twee dubbelkamers met en suite-badkamers (met eko-toilette) en ’n groot oopplanleefvertrek met ’n kombuis aan die een kant. ’n Lieflike stoep strek oor die volle lengte van die huis. Hier kan jy braai, in ’n hangmat boek lees of in die stookbad stelling inneem en net die lekker lewe soos ’n koning geniet. Van die hoogtetjie af kyk ’n mens ver – op ’n mooi dag is tot die Sederberg sigbaar! Waar? Vasco Da Gama-rylaan 11 Koste Vanaf R1 350 p.n. vir twee gaste, R250 vir elke ekstra persoon, plus ’n eenmalige skoonmaaktarief van R200. Jy moet vir ten minste twee nagte bespreek. Kontak the-tin-shack.business.site; 076 442 3239 (Marna)

TOAST COETZER

BRIGETTE RADEMEYER

WESKUS

PATERNOSTER Sea Shack

Het jy nog altyd vir ’n boheemse lewe rég op die strand gewens? Dan sal die Sea Shack kleur gee aan dié droom. Dié oulike verblyf in die Kaap Columbine-natuurreservaat was die visie van ’n plaaslike kunstenaar, Dianne Heesom-Green. Die 14 hutjies het elk slaapplek vir twee. Vyf kyk uit oor die strand, vyf staan omring deur ’n tuin en nog drie is ’n soort ’n A-raamtent van hout. Spongebob is ’n gesinseenheid met slaapplek vir twee volwassenes en plek vir nog ’n kinderbed en selfs ’n wiegie. Dié kamp is tussen Paternoster en Tietiesbaai in ’n baaitjie wat baie soos ’n toneel iewers aan die Middellandse See lyk. Tussen jou en die groot blou see lê slegs ’n strokie strand en ’n paar getypoele waar jy kan rondsoek na seesterre en ander seediertjies. Wanneer jy hier kom bly, het jy toegang tot die res van die reservaat en jy kan stap en swem (as jy vir die koue water kans sien!) en jou aan die Kaap Columbine-vuurtoring vergaap – dis gewoonlik die eerste Suid-Afrikaanse lig wat skepe sien wanneer hulle van Europa af om Afrika vaar. Die hutjies is toegerus met koningingrootte dubbelbeddens en die tente met kampbedjies. Hier is beddegoed, maar onthou jou eie handdoeke. Sonpanele voorsien genoeg krag vir ligte en foonlaaiers, maar iets soos ’n haardroër mag dalk net die hele battery leegtap. (Maar wie blaas nou hare droog by die see?) Hier’s ’n gemeenskaplike kombuis en ablusieblok, met vyf eko-toilette en vier storte met gasgeisers vir warm water. Sit jou foon op silent, steek ’n vuurtjie aan en kom ervaar vir ’n paar dae ’n eenvoudiger bestaan. Waar? In die Kaap Columbine-natuurreservaat Koste Tent: R550 p.n. Sea Shack: R850 p.n. Spongebob: R950 p.n. > Kontak seashack.co.za; 079 820 6824 (Manerva)

Weg! #199 57


WESKUS

VIR ’N GROOT BEDERF !

NAMAKWA- NASIONALE PARK Namakwa-blomkampe

CHIEFS TENTED CAMPS

Verbeel jou iemand kom sit soggens om 7 vm. ’n fles kookwater voor jou tent neer. Jy klim traag uit jou snoesige bed (toegerus met ’n elektriese kombers), rits die tentflap oop en adem vars soutlug in. Die eerste lig flonker op die see se deinings. So ver jy kan sien, staan derduisende blommetjies wat nou-nou, sodra die son ’n bietjie hoër sit, in neonoranje, skelpienk en ligtepers gaan pronk. Maar nou is daar nog ’n byt in die lug; dus gaan trek jy eers jou donsbaadjie aan, maak dan ’n koppie filterkoffie en gaan sit in ’n gemaklike kampstoel buite die tent. Só breek nog ’n tawwe dag in Afrika aan... Chiefs Tented Camps kom slaan elke lente twee van dié luukse kampe tussen plate gousblomme en vygies in die Namakwa- nasionale park op – een naby die Skilpad-kantoor en die ander langs die strand naby die Groenriviermonding. Terwyl ander blommekykers ver moet ry om dié jaarlikse skouspel vir ’n dag of wat uit hulle motors te bekyk kan jy op jou gemak deur die blomme drentel – in die oggend, middag én as jy lus voel net voordat hulle teen skemeraand toegaan. Die en suite-tente is ruim en elk het twee driekwart- of ’n koningingrootte bed sowel as sagte tapyte, ’n bagasierak, kampstoele, bedkassies... Die personeel sorg dat jy selfs in hierdie afgeleë veldkamp twee maal per dag warm stortwater kry én wanneer jy saans gaan inkruip, het iemand reeds daardie elektriese kombers kom aanskakel. Dié verblyf is nie goedkoop nie, maar elke sent werd. Die prys sluit ’n stewige Engelse ontbyt in, sowel as oggend- en middagtee plus ’n driegangaandete in ’n Bedoeïen-tent met sagte kelims en kerslig. Dit bestaan gewoonlik uit ’n warm voorgereg soos lensiesop, gevolg deur ’n heilsame hoofgereg en gebakte poeding vir nagereg. Hier’s ook ’n kontantkroeg en jy kan vir middagete ’n piekniekmandjie vir twee (R280) bestel. Jy bepaal self jou kom en gaan: Jy kan heeldag net na die see sit en staar, of deur die park ry en blomme kyk. Saans is die sterrehemel oorrompelend en die stilte só diep jy kan byna hoor hoe die blomkelkies toevou. Waar? Die beste roete na die Skilpad-kamp loop oor Kamieskroon terwyl jy eerder Garies langs na die strandkamp toe wil ry. Gaan na flowercamps.co.za vir aanwysings. Koste R2 970 p.p. wat deel. 2022 se seisoen strek vanaf 19 Augustus tot 18 September. Kontak 071 260 6367 (Charmane); genevieve.maasdorp@sanparks.org Kyra het die Skilpad-kamp besoek as gas van Chiefs Tented Camps.

58 Weg! #199



MENSE SE LENSE

Stuur jou beste reis- en natuurfoto’s na menseselense@weg.co.za – dalk bespreek Toast Coetzer jóú foto!

WEN FOTO GERRIE BOTHA

Canon EOS 7D Mk. II Tamron 150-600 mm-lens GERRIE VERTEL: Ons woon in ’n aftreeoord genaamd Wigwam sowat 10 km buite Rustenburg aan die voet van die Magaliesberg. ’n Paar witkoluiltjies het in ’n boom op die perseel nesgemaak en ek het die hele broeiproses dopgehou. Ek wou ’n vriend wys waar die uiltjies broei toe dié uiltjie skielik uit ’n moerbeiboom gevlieg kom en voor ons in die pad te lande kom – met ’n jong papegaaiduif in sy kloue! Die uil was ongeveer 10 m van

60 Weg! #199

ons af, en ons kon duidelik sien hoe die prooi verwurg word. Ek het plat gaan lê en foto’s geneem, want ek wou ’n neutrale agtergrond hê. Ná sowat drie minute het die uil met die jong duif in sy kloue om die hoek van ’n gebou gevlieg en ons kom hom nie weer opspoor nie. Witkoluile is klein maar beslis onverskrokke! TOAST SÊ: Wat ’n foto! Dit is blote geluk dat Gerrie dié oggend so ’n rare toneel teëgekom het, maar ’n ou skep ook jou eie geluk met die tyd saam. Deur te weet waar

iets nesmaak, is ’n begin, want dit beteken jy weet waar die middelpunt van ’n voël se gebied is. Nou het jy die kans om dit meer gereeld te sien, en dalk selfs te sien jag. Gerrie se tegniek was net so raakvat soos die uiltjie s’n. Sy sluiterspoed was op ’n vinnige 1/2 000ste van ’n sekonde vir ingeval die uiltjie skielik sou opvlieg. Met ’n lang lens teen ’n lensopening van f6.3 gaan jy in elk geval jou agtergrond uit fokus gooi, maar indien Gerrie die foto uit ’n staande posisie geneem het,

sou dit nie so suksesvol gewees het nie. Hoekom? Want deur áf te skiet sou die grond of padoppervlak baie na aan die uiltjie gewees het en dus meer in fokus. Die agtergrond sou jou aandag afgetrek het. Maar deur plat te gaan lê het die agtergrond meters dieper die foto in geskuif, waar dit “wasig” genoeg lyk om ’n byna eenvormige, neutrale “skilderdoek” te skep waarteen die witkoluil die onmiskenbare held van hierdie aksiefliek is! Geluk, Gerrie, jy wen die Wegkamerasak hierdie maand!


ANDRIES COMBRINCK

Nikon D500 Nikon 600 mm-lens

ANDRIES SKRYF: Hierdie foto van vlieënde nonnetjieseende is ’n persoonlike gunsteling. Tydens ’n besoek aan die Dinokengwildreservaat het hulle ’n paar keer by my verbygevlieg en daar was heelwat mislukte pogings voordat ek uiteindelik dié foto kon kry. Ek het reeds van ver af op een eend gefokus en hom gevolg – en in fokus gehou – tot hulle rég voor my was. My sluiterspoed was 1/640ste van ’n sekonde, teen ISO 1 000. Ek glo dit was danksy genade en die weg.co.za

VR-funksie van die lens dat die foto uiteindelik skerp uitgekom het! TOAST SÊ: Soms het ’n mens ’n bietjie genade ook nodig! Nikonlense met ingeboude VR (Vibration Reduction, ook genoem IS – Image Stabilizer – by Canon-lense) is tegnologie wat help dat jy skerper foto’s kry selfs wanneer jy uit die hand skiet, soos Andries hier gemaak het. Om voëls in vlug af te neem is een van die grootste uitdagings van wildlewefotografie.

Hier is vier dinge om in gedagte te hou: Eerstens, gebruik die vinnigste moontlike sluiterspoed (1/1 000ste van ’n sekond of hoër) om die aksie mee te vries. Skuif jou ISO op na 800 of selfs hoër om dit te vermag. Tweedens moet jy jou kamera se fokusmodusse verstaan, en dit ordentlik ontgin sodat jy die beste moontlike een vir die situasie gebruik. Dié modusse is besig om slimmer en slimmer te raak en jy kry party wat byvoorbeeld “voorspel” (soos Predictive Focus Tracking)

waarheen die bewegende voël vlieg, en dit só in fokus hou. Gebruik ten minste die Continuous-modus (AF-C op Nikon, en AI Servo op Canon) wat jou gaan help om die voël te “track” soos hy vlieg. Jy moet ook in goeie toerusting belê, want jy gaan beter resultate kry met ’n lens – soos Andries s’n – wat ingeboude beeldstabilisasie bied. Laastens moet jy eenvoudig geduldig wees, want jy gaan dalk honderde foto’s neem voordat jy iets bruikbaars afneem. Vasbyt! > Weg! #199 61


VICTOR WILSON

Canon EOS 60D Canon 24-105 mm-lens

TOAST SÊ: Hierdie foto sê vir my een ding: avontuur! Victor het dit geneem op die Namakwa 4x4 Eco Trail naby die begin van ’n rowwe stuk pad bekend as The Road to Hell... Op ’n roete soos dié gaan jy nie veel wilde diere sien nie (dis ’n halfwoestyn), behalwe dalk nou en dan ’n kudde skaap en bok van die nomadiese boere wat hier deurbeweeg. Maar die landskappe is fabelagtig mooi, al is dit klipharde, dorre wêreld. Jy en jou voertuig – en die ander in die konvooi – gaan deel word van die visuele storie wat jou foto’s vertel. Jou vriende by die huis gaan wil weet hoe die pad gelyk

GRAADJIE SMALL

Canon EOS 5D Mk. III Canon EF 70-200 mm-lens GRAADJIE SKRYF: “Só rus ons!” – dis my titel vir hierdie foto van sebras wat ek in Pilanesbergwildreservaat geneem het. Ons was op een van ons gunstelingroetes, Mankwe, in die rigting van die Tshwenepad. Sowat ’n halfkilometer verby die Fish Eagle-afdraai het ons op ’n trop sebras afgekom. Dit was halfvier die middag en ek vermoed hulle het pas water gedrink by die Mankwedam. Ons het gestop en toe begin hulle een vir een plek inneem in dié formasie. Dit was te mooi vir woorde! Pilanesberg was ons toevlug die afgelope twee Covid-19-jare. Ons woon in Centurion en dit is vir ons naby om te besoek. Met die dat ons nie ons mensevriende kon sien nie, het ons maar by ons dierevriende gaan kuier! TOAST SÊ: Die natuur is onvoorspelbaar, en dis goed so! Hoeveel keer het Graadjie dalk

62 Weg! #199

nie al foto’s geneem van sebras nie, maar nóóit het hulle só vir haar ge-pose nie! Die koddigheid van hulle manier van staan, sorg dat jy dadelik glimlag wanneer jy die foto sien, maar dit het ook ander meriete. Omdat die foto van naby geneem is, met die lens redelik wyd (eerder as ingezoem), is die sebras almal in fokus, van kop tot stert. Deur jou lensopening (f-stop) f8 of selfs f11 of f16 te maak gaan jy meer van jou toneel in fokus hou wanneer jy wyd skiet. Die lig is ook perfek, en die mooi kontras van die sebras (wat reeds jou oë betower met hulle swart-en-wit pajamastrepe) teen die groen landskap (veral die een koppie wat in skadu gehul is) en blou lug sorg vir ’n helder foto wat uitstaan. As jy hierdie foto groot laat druk en dit in die regte raam sit, sal dit ’n muur iewers in jou huis dadelik vervrolik. Die sebras lyk spiekeries; asof hulle pas gestort, skoon klere aangetrek, en selfs hulle hoewe blinkgepoets het vir die fotosessie!


MENSE SE LENSE

het, hoe moeilik die passe was, hoe los was die sand? Stop wanneer dit veilig is (nie in die middel van die moeilikste deel van die pas nie!) en dokumenteer hoe die volgende voertuig deur die landskap beweeg. Vra die ou wat agter jou ry om onder aan die pas te wag tot jy bo uit is. Waai dan vir hom om te begin ry en jy kan rustig foto’s neem wanneer hy sy pad na bo wieg en wikkel. Victor se komposisie is klassiek met die voertuig wat in die onderste derde van die raam verskyn en die vallei wat soos ’n sloep na agter strek. Dit verleen diepte aan die toneel, en lei jou oog op ’n natuurlike manier na die horison. Netjies.

HANNEKE FOURIEBENEKE

Nikon D7100 Nikon 200-500 mm-lens

HANNEKE VERTEL: Ons was in Augustusmaand in die De Hoop natuurreservaat in die Wes-Kaap. Die bontebokke was omtrent rammetjie-uitnek op daardie tydstip. Daar is heeldag lank rondgehardloop, met die ramme wat mekaar jaag, en koppe en horings stamp. Hierdie twee het skynaanvalle op mekaar geloods totdat een later die aftog geblaas het. My kameraverstellings was: sluiterspoed 1/640ste van ’n sekonde, lensopening f6.3 en ISO 160. TOAST SÊ: Aksie laat enige wildlewefoto uitstaan. ’n Foto van twee bontebokke wat vir jou staan en kyk kan ook mooi wees, maar wanneer hulle mekaar gaffel of bokspring, trek dit regtig aandag. Hoewel ons ongelukkig nie die regterkantste bok se kop duidelik kan sien nie, vergoed die “vlieënde” voorpote daarvoor. Die toneel word versterk deur die groen agtergrond en die geel blommetjies. Soms kan die voor- of agtergrond die aandag van jou hoofvoorwerp aflei, maar ek dink hier bly die bokke die fokus van die foto, en die blommetjies die byspelers.

weg.co.za

Weg! #199 63


MENSE SE LENSE

STUUR JOU BESTE REIS EN NATUURFOTO’S VIR ONS! HOEKOM? Ons plaas in elke uitgawe ’n keur van lesersfoto’s. Stuur elke maand jou drie beste foto’s vir ons. Toe, moenie skaam wees nie! WAT? Ons hou van omtrent énigiets: natuurlewe, landskappe, portrette, vakansiefoto’s of goggas en blomme in jou tuin. HOE? Stuur jou beste foto’s na menseselense@weg.co.za Moenie lêers stuur wat groter as 4 MB is nie – as ons ’n groter weergawe soek, sal ons daarvoor vra. Gee die fotograaf se naam, van, tuisdorp en kontaknommer. Stuur ook inligting oor waar en hoe die foto geneem is en watter toerusting gebruik is. As jy die foto op enige manier gemanipuleer het, vertel ons wat jy gedoen het. DIE FYNSKRIF Ons behou die reg voor om jou foto’s elders in die tydskrif, op ons webblad of in bemarkingsmateriaal te gebruik. Lees die bepalings en voorwaardes by weg.co.za

Volg Weg op Instagram @MENSESELENSE – merk jou foto’s #menseselense en ons plaas dit dalk daar! Ons sustertydskrif go! is @GOMAGSA Ywerig om jou fotografiekennis te verbreed? Gaan na neembeterfotos.weg.co.za vir ons gewilde aanlynfotokursus. Dit kos R950 eenmalig.

WEN MET JOU FOTO! Jy kan ’n Weg-kamerasak ter waarde van R650 wen! ALTA VAN DER WESTHUYZEN

Canon PowerShot SX60 HS

TOAST SÊ: Indien daar ooit enige twyfel was oor hoe belangrik die oë van ’n dier is wanneer jy hom afneem, sal hierdie foto van Alta jou finaal oortuig! Sjoe! Dis behoorlik asof die breëkoparend – nes ’n vergrootglas wat die son saamsnoer tot op een kolletjie waar dit later aan die brand kan slaan – áls op jou fokus totdat jy later begin bang raak hy kyk na jou as volgende maaltyd... Dit lyk asof Alta na aan die arend kon kom. Die foto is in die Krugerwildtuin geneem waar roofvoëls redelik gewoond is aan voertuie. Solank jy stadig naderkruie en geen vinnige bewegings maak wanneer jy die ruit afdraai nie, kan jy dalk gelukkig wees met ’n voël wat nie dadelik wegvlieg sodra jy stop nie. Die Canon PowerShot SX60 HS het ’n groot, ingeboude zoemlens. Jy moet dit stabiel hou deur byvoorbeeld jou elmboë op die vensterraam te stut. Die kamera het outomaties die sluiterspoed op 1/250ste van ’n sekonde gestel, wat vinnig genoeg is, mits die voël nie skielik beweeg nie. ’n Wonderlike foto, Alta!

64 Weg! #199

Enige fotograaf wat sy sout werd is, sorg dat sy toerusting beskerm word. Jy kan jou kamera en lense veilig hou in hierdie sak van seil met ’n sagte binnevoering. Een gelukkige Weg-leser kan in die volgende uitgawe só ’n sak wen. Hoe? Stuur eenvoudig jou beste reis- en natuurfoto’s na menseselense@weg.co.za – ons kies die wenner, wat dan in “Mense se Lense” gepubliseer word.

Dié produk is beskikbaar by

winkel.weg.co.za


WEG SE NUWE AANLYNFOTOKURSUS WEG SE AANLYN FOTOKURSUS HET NOU ’N SPLINTERNUWE MODULE! Nagfotografie is heeltemal anders as dagfotografie. Skielik weet jou kamera nie wat om met die min lig tot sy beskikking te maak nie en kry jy glad nie gefokus nie . . . Wat nou? Dié nuwe kursus wys jou hoe om dramatiese nagfoto’s te neem – van ’n volroom-Melkweg tot spoggerige sterbane!

HOE WERK DIT?

Sodra jy inskryf en betaal, kry jy ’n profiel en kan jy begin klas loop. Alles gebeur aanlyn en jy kan teen jou eie pas en net waar jy wil deur die lesse werk – selfs voor die kaggel met ’n beker sop langs jou!

HOEVEEL KOS DIT?

R300 Dié eenmalige bedrag gee jou lewenslank toegang tot die kursusmateriaal. Jy kan met ’n kredietkaart betaal of ’n elektroniese oorbetaling maak.

EK WIL STERRE AFNEEM, MAAR KEN NOG NIE MY KAMERA NIE

Neem Beter Foto’s se oorspronklike intreevlakkursus is steeds aanlyn beskikbaar. Teen ’n eenmalige fooi van R950 kry jy toegang tot lesse oor alles van ’n kamera se basiese verstellings (wat elke knoppie doen) tot lesse in beligting, sluiterspoed, velddiepte en komposisie. Ons gesels ook oor selfoonfotografie, na-produksie en kortpaaie wat jou lewe makliker sal maak.

REGISTREER VANDAG NOG! neembeterfotos.weg.co.za


Stille waters? SAAMGESTEL DEUR LYNNE FRASER

D

ie jaarlikse kompetisie Onderwaterfotograaf van die Jaar vier lewe in die oseane, mere en riviere van ons planeet. Dié Britse kompetisie het in 1965 op klein skaal begin, maar sedertdien só gegroei dat 4 500 foto’s vanjaar van meer as 400 fotograwe in 13 kategorieë ontvang is. Die Covid-19-pandemie het internasionale reise streng ingeperk en baie duikoorde kon nie gaste aanvaar nie. As gevolg daarvan het honderde (indien nie duisende nie) mense in dié bedryf hulle werk verloor. Hoewel pryse ’n groot aansporing is om vir ’n kompetisie in te skryf het die organiseerders besluit om slegs lof aan die wenners toe te ken. Die enorme aantal inskrywings is egter ’n bewys dat onderwaterfotograwe steeds begeesterd is en graag dié gemeenskap wat die laaste jaar of wat swaargekry het, wil herstel.

Wil jy aan volgende jaar se kompetisie deelneem? Inskrywings sluit om middernag op 4 Januarie 2022. Die foto’s van vanjaar se finaliste is te sien by under waterphotographeroftheyear.com en jy kan jou inskrywing vir volgende jaar op die webwerf laai.

66 Weg! #199


Sharks’ Skylight Renee Capozzola, VSA

Frans-Polinesië is ’n strooisel eilande in die Stille Oseaan. In dié gebied word haaie volgens wet beskerm. Hulle floreer en dit hou die mariene ekosisteem in balans. Renee het die eiland Mo’orea in Augustus 2020 besoek toe dit oop was vir reisigers. Sy het menige aand in die vlakwater deurgebring en op dié betrokke aand was die water kalm en die haaie het skielik in ’n mooi formasie geswem – die voëls was ’n gelukkie! “Menige haaispesie is op die rand van uitsterwing,” sê Renee. “Ek hoop dat foto’s van hierdie mooi diere hulle bewaring sal aanspoor.” Renee het haar foto in die kompetisie se wyehoeklenskategorie ingeskryf; en dit is as algehele wenner vir die jaar aangewys. HOE? Canon 5D Mk. III; Canon 11-24 mm-lens; sluiterspoed 1/200ste van ’n sekonde; lensopening f20; ISO 400; twee Sea & Sea YS-D2stroboskopiese flitse; ’n Nauticam-huls. >

weg.co.za

Weg! #199 67


Bowlander

Tobias Friedrich, Duitsland Dié treffende foto van die Nassau-wrak in die Bahamas het die kategorie skeepswrakke gewen. Terwyl Tiger Beach en Bimini – twee van die Bahamas se gewilde duikplekke – onder slegte weer deurgeloop het, het Tobias in die hoofstad, Nassau, gaan draai en ’n paar keer daar geduik. “Dit was die eerste keer dat ek dié wrak sien en was aangenaam verras. Die boeg hang bykans in sy geheel oor ’n sanderige afgrond,” vertel hy. HOE? Canon EOS 1DX Mk. II; Canon 8-15 mm-lens; sluiterspoed 1/160ste van ’n sekonde; lensopening f7.1; ISO 200; Seacam Seaflash 150D-flits; Seacam Silver-huls. > 68 Weg! #199


PORTEFEULJE

weg.co.za

Weg! #199 69


PORTEFEULJE

Marlin hunt Karim Iliya, VSA

Karim het hierdie dramatiese oomblik aan die kus van die Baja-skiereiland in Mexiko vasgevang. Die visse probeer van ’n gestreepte marlyn ontsnap. “Ek is juis Mexiko toe om dié jagekspedisie te gaan afneem, maar het nie verwag dat die aksie teen só ’n tempo gaan plaasvind nie!” vertel hy. “Dié toneel het net vir ’n oomblik voor my uitgespeel en ek moes op my instink en ervaring staatmaak om die foto geneem te kry. Ek het die natuurlike lig benut, en aan die buitewyke van die skool visse gebly om so min as moontlik van ’n steurnis te wees!” Karim se foto was die wenner in die kategorie dieregedrag. HOE? Canon 1D X Mark II; 16-35 mm-lens; sluiterspoed 1/800ste van ’n sekonde; lensopening f5; ISO 1 250. > 70 Weg! #199


weg.co.za

Weg! #199 71


PORTEFEULJE

Guardian Deity Ryohei Ito, Japan

Dié foto is aan die kus van Tateyama, Japan, geneem en dié eienaardige spesie is ’n soort lipvis. Namate die vis ouer word, verander die geslag van vroulik na manlik, en dit ontwikkel daardie groot knol op die kop. Volgens Ryohei woon dié spesifieke lipvis in ’n tempel onder die see en lyk kompleet soos die beskermheer van sy heiligdom. “Ek het op die beligting en komposisie gekonsentreer sodat die vis se knobbel en die gesaghebbende gesig mooi vasgevang kan word,” vertel hy. Sy foto is as wenner aangewys in die kategorie portrette. HOE? Canon 5D Mark IV; Canon 8-15 mmlens; sluiterspoed 1/200ste van ’n sekonde; lensopening f22; ISO 200; Retra Flash Pro- onderwaterstroboskopiese flits; Sea & Sea MDX-5D Mark IV-huls.

72 Weg! #199


The Cut

Diana Fernie, Australië Diana is die wenner in die kategorie swart-en-wit. Dié foto het sy in die Lerudeursnyding in die Solomonseilande geneem. Diana was op dié afgeleë eilandgroep noordoos van Australië op ’n duikersbootuitstappie wat sy in ’n kompetisie gewen het. “Ek het al twee keer vantevore hier kom duik, en was daarom goed bekend met die tonele wat ek te wagte kon wees. Maar vir dié komposisie het ek ’n elegante model nodig gehad,” vertel Diana. “My duikvriende is allesbehalwe elegant! Gelukkig was daar nog ’n fotograaf in die groep op die boot en sy vrou sou ’n mooi fokuspunt skep. Terwyl hy geskiet het, het ek skelm ook ’n paar skote gekry!” HOE? Nikon D850; Nikkor 8-15 mm-lens; sluiterspoed 1/125ste van ’n sekonde; lensopening f4.5; ISO 1250.




Dankie, Kersvader!

GALLO/GETTYIMAGES.COM

Die span by Weg reis ver en wyd en deur die loop van ’n kalenderjaar loop ons ’n verskeidenheid van oulike en bruikbare dinge raak wat ons graag in ons eie Kerskouse wil sien. Hier is 21 van ons gunstelinge.


SOPHIA VAN TAAK

BARRYDALE HAND WEAVERSKUSSINGSLOPE

Wanneer ’n mens iets van dié wewery in die Klein-Karoo koop, weet jy jy ondersteun ’n gemeenskap waar werk skaars is. Jy kan selfs op hulle webwerf gaan kyk wie die wewers is wie se handewerk jy aanskaf. ’n Wye reeks produkte is beskikbaar, van plekmatjies en servette tot matte en komberse. Alles word van plaaslik verboude katoen met die hand geweef. Dié kussingslope (50 x 50 cm) is beskikbaar met rooi, ligblou, donkerblou, wit, steenkool of grys strepies. R340 per sloop. barrydaleweavers.co.za

FEAT.-SOKKIES

Sokkies hoef nie ’n verbeeldinglose geskenk te wees nie. Jy kan kies tussen strepiesokkies of prentjiesokkies, en van laasgenoemde is daar ’n hele klomp eg Suid-Afrikaanse temas: walvisse, olifante, renosters, Muizenberg se strandhutjies, sardientjies, springbokke... selfs janfrederikkies! Én 20% van jou sokkiegeld word aan die WWF geskenk. R110-R135 per paar. featsockco.com

KINDBRUSH

As jy – soos tandartse sê ons moet! – jou tandeborsel elke drie maande vervang, dink ’n bietjie hoeveel plastiekborsels het jy al in jou leeftyd weggegooi? Die Kindbrush se steel word gemaak van bamboes uit ’n volhoubare plantasie in China. Wanneer dit tyd word om jou borsel te vervang, kan jy die oue in stukkies breek en op die komposhoop gooi. Kindbrush se mense soek nog ’n alternatief vir die nylonborselhare, maar dié mooi borsel is reeds ’n stap in die regte rigting. Dis beskikbaar in vyf kleure, sowel as volwasse en kindergroottes. R85 (R75 vir ’n kinderborsel) kindbrush.com

ESMA MARNEWICK

SAPMOK-PLAKKIE

’n Plakkie is ’n plakkie... is ’n plakkie. Maar dié plakkies word plaaslik van 30% herwonne rubber gemaak. Die netjiese kurkafwerking gee dit ’n aardse voorkoms wat dit laat uitstaan tussen gewone plakkies met oordadige kleure. Trouens, dis netjies genoeg vir kantoor. En dis gemaklik. Kan ’n mens meer van ’n plakkie vra? R280 sapmok.com

VIVOLICIOUSSPANBROEK

Dié spanbroek word plaaslik ontwerp en gestik. Die natuur (sonneblomme, fynbos, kameelperde...) dien as inspirasie vir die ontwerpe én ’n persentasie van verkope word aan die Flower Valley-bewaringstrust geskenk. Boonop word die broeke deur ultra-atlete getoets. Dra dit in die berge, die gimklas of as jy die kinders by die skool gaan haal. Vanaf R829 vivolicious.co.za (Daar is net ’n beperkte aantal van elke ontwerp).

SPOT IT-SPELETJIE

Dié speletjie (vir 2-8 spelers) hoort in elke vakansiehuis, woonwa en kampkrat. Sodra jou kinders prentjies kan uitken, kan julle laat waai. Dit bestaan uit 55 kaarte met verskillende prentjies: ’n spinnekop, kaas, lippe, igloe, kaktus... Op enige twee kaarte is daar een prentjie wat ooreenstem. Daar is vyf verskillende speletjies, maar die mikpunt bly dieselfde – die eerste een wat die ooreenstemmende prentjies “spot”, wen die kaart. R180 takealot.com (Daar is ook ’n miniweergawe vir R100 – met 30 kaarte.) >

Weg! #199 77


TOAST COETZER

HANDGEMAAKTE KETTIE

’n Kettie is eintlik iets wat jou oom op die plaas vir jou maak wanneer jy op vakansie as agtjarige gaan kuier. Hy sou self die mik kies en dan ’n ou binneband in repe sny vir die rekke, en die saggewerkte tong van ’n afgedankte vellie gebruik waarin jy die klippie toevou. Hoewel ons ongelukkig nie almal meer só ’n oom op die plaas het nie, is daar altyd oom Internet... koop ’n kettie (haasrek en al) by outdoorandallsales.co.za vir R50 of by takealot.com vir R189. En onthou: skiet asseblief Coke-blikkies van ’n hoekpaal af, nie kersogies uit die vyeboom nie!

KLASSIEKE KAKIEHEMP

Jy is nie altyd in die bos nie, maar dit beteken nie dat jy nié daagliks kan dagdroom van veldwagterwees iewers in die Laeveld nie... Dra hierdie klassieke kortmou-kakiehemp kantoor toe en maak asof jou kollegas rooibokke is. (Wie’s die leeu? Jy’s die leeu.) Die hemp het epoulette; ’n sekerheidswag salueer jou dalk! Khaki Fever se hemde word in Hoedspruit gemaak, met ander woorde, dis “gebottel by die bron”. Spesiale aanbieding: R200 vir ’n vroue- of manshemp, ongeag die grootte. khakifever.co.za

VLEIS VIR DIE NASIE

So waar as wat Kersvader nie deur jou binnestofie se skoorsteen gaan pas nie, so seker is die feit dat eet (eintlik maar braai) feestyd-aktiwiteit no. 1 is. Bewustheid is aan die groei oor die etiese verbou van vleis en om te weet jy eet iets wat kom van ’n plaas wat organiese riglyne volg, is goeie nuus vir jou gewete én gesondheid. Lowerland is ’n plaas naby Prieska waar Bertie Coetzee en sy span gehalteskaap-, vark- en beesvleis produseer, asook produkte soos wyn, neute en meel. Stuur vir Bertie ’n WhatsApp op 083 349 9559 vir aflewering in stede. lowerland.co.za

AFRIKANIS-RUM

Gin was lank genoeg die inding, dis tyd vir ’n rumparty! Afrikanis Premium African Rum se logo is die ikoniese Canis africanis-hond, en kom uit die kreatiewe hoek van Dawid en Karlien de Wet van Graaff-Reinet. Dis R475 per bottel en as jy nie ’n rumdrinker is nie, bestel handeroom of vloeibare seep (R90 elk), of dalk ’n byderwetse “Loyal to the bone”-T-hemp (R350)! afrikanis.co.za

78 Weg! #199

JON MINSTER

FIRST ASCENT JOURNEY TEE

Die meeste van ons wat ’n bergfiets vir plesier trap, hoef nie altyd ’n ultra-noupassende fietsrytruitjie met sakke te dra nie. Hierdie ruim T-hemp is ontwerp vir aldag gemak. Die moue strek tot by die elmboog, en daar is geen some onder die armholtes nie wat beteken jy gaan nie skaaf nie. Die rug is langer sodat die hemp nie optrek as jy op jou fiets sit nie en die materiaal is lekker lig sodat dit lug deurlaat en sweet makli erdamp. R699 firstascent. za


TOERUSTING

MARTINETTE LOUW

ROCK RABBIT SPORTSVELDLOOPBAADJIE

LEZYNE BAR END MULTI-TOOL

Dis altyd ’n las om gereedskap op ’n bergfiets te dra. Jy moet dit of in ’n sakkie onder jou saal bêre (wat nie lekker werk as jy jou saal vinnig wil laat sak nie) of dit moet êrens aan jou raam vasgemaak word. Lezyne het die probleem probeer oplos met hierdie veeldoelige gereedskapstel wat in die holte onder jou stuurstang inpas. Dit het 11 verskillende staaltoebehore wat die meeste van jou herstelwerk op die bergfietspad sal dek. Dit weeg net 85 g en jy voel glad nie die ekstra gewig aan jou stuurstang nie. Die gereedskapstuk is vinnig binne bereik indien jy dit nodig het, maar andersins weet jy nie eens daarvan nie. R995 twowheelstrading.co.za

’n Mens dra hierdie veldloopsak soos ’n onderbaadjie. Dis gemaak van rekbare materiaal wat gou droog word en het tien sakke. Jy kan twee 500 ml-waterbottels en ’n 2 ℓ-waterblaas (nie ingesluit) saamdra, asook ander noodsaaklikhede, soos jou karsleutels, selfoon en ’n warm baadjie. Jy sal nie weer jou pakkie snesies by die huis vergeet nie! Beskikbaar in grys of vlootblou met blougroen, ligpers of koraalkleurige aksente. . . R1 399 rockrabbi s

KAROO FARM BOX

Tydens die knellende droogte in die Karoo het Lani Lombard en haar skoonseun, Louis Steyn, van Cradock met ’n blink plan vorendag gekom: Vul bokse met gehalteprodukte uit die omgewing om boere en entrepreneurs te ondersteun. Daar is ’n reeks bokse met verskillende produkte om uit te kies: skaapwolpantoffels; sybokhaarserpe, -sokkies en -komberse; leergordels en -grimeersakkies; boeke oor die Karoo; roosterkoekroosters; boerseep... Daar is selfs ’n boks met ’n strandtema! Vanaf R1 999 karoofarmbox.co.za

UZWELO-STRANDSAK

Wil jy graag stylvol op die strand wees, maar ook jou deel vir die omgewing doen? Uzwelo Bags se strandsakke word van herbenutte baniermateriaal gemaak. Die sak is 57 cm x 49 cm x 19 cm en jy het genoeg plek vir jou donkerbril, handdoek, sonskerm en ’n bottel water. Daar is verskillende patrone beskikbaar, van hierdie mooi koraalkleur tot luiperdkolle en tropiese blomme. > R490 uzwelo.co.za

KILLAT KOTA MOON

Dié sak word aan jou fiets se stuurstang vasgemaak, en daar is genoeg plek vir al die goeters wat jy gewoonlik in jou sakke sou dra. As jy te voet verder beweeg, ontkoppel jy die sak om dit oor jou skouer of om jou heupe te dra. Ek gebruik myne om ’n klein kamera, ’n ligte baadjie en ’n paar energiestafies te bêre. Die katoenmateriaal is in verskeie kleure beskikbaar, en van die sakke (ook in verskillende kleure beskikbaar) word ook van taai Ripstop-nylon gemaak. Dis lekker (en lekker plaaslik) en goed geprys – net reg vir jou volgende avontuur. R595 killatgear.com

Weg! #199 79


TOERUSTING

PIERRE STEYN

CARMA QUIPBRAAISKOOT

KYRA TARR

ZERO BARS

Soliede toiletware raak al gewilder, en hierdie trots Suid-Afrikaanse sjampoestafies is ’n ideale geskenk vir stappers of ywerige reisigers. Nie net is die stafies kompak (50 g) en maklik om te vervoer nie, maar daar is geen plastiekverpakking nie en geen water word in die vervaardigingsproses gebruik nie. Elke stafie bevat ’n mengsel van soliede sjampoes en natuurlike bestanddele. Dit is dus meer omgewingsvriendelik en jy behoort sowat 70 keer jou hare daarmee te kan was. R75-R85 zerobar.co.za

BLUE BEE COCKTAIL SYRUP

Hierdie heuning-en-suikerstroop word met die hand in Kleinmond deur Christo Bezuidenhout vervaardig en is ’n lekker toevoeging tot die meeste skemerkelkies. Dit word van plaaslike bestanddele gemaak. Die gewilde roosmalvageur word gemaak van rose wat organies in Christo se tuin verbou word. Ander geure sluit in lemmetjie en geroosterde speserye, asook grenadilla. R150 vir ’n 500 ml-bottel; R150 vir ’n geskenkpakkie bluebee.co.za

80 Weg! #199

Dié maatskappy in Durbanville is welbekend vir sy uitstekende kampmatrasse wat gebou is om te hou. Nou het hy met ’n innoverende voorskoot vorendag gekom wat nie net die braaier se klere rondom die vuur sal beskerm en skoon hou nie, maar ook ná die braai ’n bêreplek vir die rooster bied. Die buitekant van die braaiskoot is gemaak van ’n waterbestande materiaal terwyl die binnekant van PVC is wat maklik skoongevee kan word. As jy die braaiskoot toevou, kan jy ’n rooster van tot 500 mm x 400 mm daarin bêre. Skote Petoors! R495 carmaquip.co.za

ZARTEK ZA-748TWEERIGTINGRADIO

Indien jy al ooit in ’n plek soos die Kaokoland konvooi gery het, weet jy hoe noodsaaklik dit is om met mekaar te kan kommunikeer – veral waar daar nie selfoonsein en WhatsApp is nie. Hierdie stel tweerigtingradio’s van Zartek is perfek om tussen voertuie met mekaar te gesels as jy in die een voertuig is en Skoonpa in die ander. Die stel van twee klein, kompakte radio’s kos net ’n bietjie meer as R1 000 en jy’t nie ’n lisensie nodig om hulle te gebruik nie. Dit het 16 voorafingestelde kanale, ’n reikwydte van tussen 2 km en 6 km afhangende van die terrein. Kies vir jou ’n roepnaam en vat die pad! R1 099 zartek.co.za

HI-TEC GEO TRAIL PRO-STAPSTEWELS

Hierdie ligte, taai stapstewels was my kopie van die jaar. Dit het staproetes in die Karoo-, Klein-Karoo en Tuinroete met gemak deurgedraf en lyk steeds goed. Dit voel amper asof jy drafskoene dra. Die bostuk haal maklik asem, die voorvoet en hakbeskerming is uitstekend en dit het geen wrywingspunte nie (geen blase nie!). Nie almal gaan van die blou kleurskema hou nie, maar jy kan dit ook in kakie kry. R1 299 hi-tec.co.za


REIS

VERTROU WEG! MET JOU REISBESPREKINGS

Bespreek jou volgende plaaslike vakansie saam met die handelsmerk wat jy ken en vertrou. Ontdek Suid-Afrika! As jy al jare lank die Weg-handelsmerk vertrou met jou reis-inligting, kan jy nou ook die handelsmerk met jou reisreëlings vertrou.

Bespreek:

VERBLYF

VLUGTE

SPESIALE REISERVARINGS

soos begeleide staptogte of toere by

www.wegreis.co.za

Bundel & Stoor

Verander gerus u planne

Gerief & Gemaklike Bespreking

Ontelbare Vakansie-Opsies


Steurgarnale met tamatie

Dis tyd om jou skoene uit te skop en geliefdes se samesyn te geniet. Dié ses resepte sal jou vakansiekuiers kleur én geur gee! KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON FOTOGRAAF SHELLEY CHRISTIANS


Bierhoender met pruimsous


KOS

Bierhoender met pruimsous Vir 6 Voorbereityd 20 minute Gaarmaaktyd 1 uur 30 minute

Jy benodig • 1 heel hoender • 3 ml elk sout en swartpeper • 5 ml uiepoeier • 5 ml mosterdpoeier • 10 ml gemengde gedroogde kruie • ’n knippie elk gedroogde gemmer en brandrissievlokkies • 2 eetlepels olyfolie • 1 blik (370 ml) bier • 3 eetlepels pruimsous • 2 sprietuie, gekap • 5 ml sesamsaad, gerooster

Só maak jy

Varklies met duiwelsruitertjies

Steurgarnale met tamatie Vir 4 Voorbereityd 20 minute Gaarmaaktyd 20 minute

Jy benodig • 1 ciabattabrood • 4 eetlepels olyfolie • 2 knoffelhuisies, gekap • 1 middelslag-rooiui, gekap • 1 eetlepel tamatiepasta • 3 groot tamaties, in blokkies gesny • 1 rooi brandrissie, gekap • ’n knippie borrie (opsioneel) • 1 koppie droë witwyn • 800 g steurgarnale in die dop, derm verwyder

84 Weg! #199

• ’n groot klont botter • 2 eetlepels platblaarpietersielie, gekap • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Só maak jy 1 Sny twee dik snye ciabatta en sny dié dan in klein blokkies. Verhit 1 eetlepel olie en braai die broodblokkies tot bros. Verkrummel dit en hou eenkant. 2 Verhit die res van die olyfolie in ’n pan oor matige hitte en braai die knoffel en ui tot glansend. Roer die tamatiepasta, tamaties, rissie en borrie by en braai vir nog ’n paar minute tot geurig. Voeg die wyn by en laat dit ’n paar minute driftig kook. Verlaag die hitte en laat prut vir sowat 10 minute totdat die

sous verdik het. As jy voel die sous verdamp te vinnig in na jou sin, kan jy ’n skeutjie water byroer. 3 Braai die steurgarnale in ’n tweede pan in die botter tot helderpienk en gekrul. Roer dit by die dik tamatiesous in, geur met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak en strooi die pietersielie en broodkrummels oor. Laat dit vir nog ’n minuut of twee prut totdat alles goed getrou het. Sit voor saam met snye ciabatta om in die sous te doop.

WENK Die dis is ook heerlik met spaghetti. Roer ’n pak al dente pasta saam met van die pastawater waarin dit gekook het deur die steurgarnale en sous en skielik het jy kos vir 6!

1 Meng al die geurmiddels behalwe die bier, pruimsous, sprietuie en sesamsaad saam en vryf die hoender binne en buite daarmee in. 2 Kry kole in ’n ketelbraai gereed vir die indirekte gaarmaakmetode deur die kole na die kante te krap sodat dit ’n oop spasie onder die rooster laat. 4 Skink vir jou van die bier – jy het net sowat ’n driekwart blikkie vir die hoender nodig. Skuif die heel hoender oor die oop bierblik se bokant en maak dit versigtig bo-op staan. (Dis ’n goeie idee om eers ’n druppan onder die rooster te plaas ingeval jy ’n ongelukkie het!) Bedek die hoender losweg met ’n vel foelie, sit dit ketelbraai se deksel op en braai die hoender vir sowat ’n uur. 5 Verf nou die pruimsous oraloor die hoender, maak weer die deksel toe en braai vir nog 30 minute tot glansend en deurgaar. Verwyder die hoender versigtig van die blikkie (daar sal nog ’n bietjie bier binne-in oor wees) en laat die vleis vir sowat 10 minute rus. Strooi die sprietuie en sesamsaad oor en smul! Vars slaai en platbrode is die perfekte pasmaats vir dié gereg.


Varklies met duiwelsruitertjies Vir 4-6 proeporsies Voorbereityd 20 minute, plus oornag droogtyd Gaarmaaktyd sowat 2 uur

Jy benodig • 1 kg ontbeende varklies, met die vel aan • 15 ml Cajun-speserye • 5 ml sout • 7 duiwelsruitertjies (devils on horseback), tandestokkies verwyder VIR DIE SLAAI • 300 g Brusselse spruite, gestoom en fyngesnipper • 2 eetlepels olyfolie • 1 eetlepel vars suurlemoensap • 1 teelepel heuning • 1 teelepel korrelmosterd • sout en peper na smaak • ½ koppie granaatpitte (of 60 ml gedroogde bosbessies en 60 ml pekanneute, gekap)

Só maak jy 1 Vryf die vleiskant van die varklies goed met die speserye in sonder om daarvan op die velkant te kry. Draai nou die vleisstuk om en prik die vel oraloor met ’n sosatiestokkie. (’n Vleisbeuk met skerp puntjies – dis die mooi Afrikaans vir ’n tenderiser hammer – maak ligte werk hiervan.) 2 Maak met ’n vlymskerp messie lang insnydings sowat 5 mm uitmekaar deur die vel en vetlagie. (Dit vergemaklik die snyslag wanneer die vleis gaar en die vel bros is.) 3 Vryf nou die sout oraloor in die vel en al die insydings in. Tel die lies nou in ’n nie-reaktiewe houer (van glas, keramiek of emalje) oor en laat dit met die velkant na bo vir ten minste 12 ure of oornag in die yskas staan sodat die vel kan uitdroog. Hierdie stap is opsioneel, maar een van die maklikste maniere om moeiteloos ’n bros krakeling te verseker. 4 Haal die vleis uit die yskas, klad dit droog en laat staan eenkant om kamertemperatuur te bereik. Pak die duiwelsruitertjies in ’n rytjie op die vleiskant, rol die lies op (velkant na buite) en bind dit styf met

kombuistou vas. 5 Braai die varkliesrol vir sowat 1 uur 15 minute op ’n draaispit hoog oor matige kole. Skuif die vleis nader aan die hitte en braai effens warmer vir nog 30 tot 45 minute of tot die vel bros en goudbruin is. Laat die vleis goed rus voordat jy dit in dun skyfies sny en weglê. 6 Vir die slaai: Meng al die bestanddele saam. Proe en bepaal of dit iets kort en dokter na smaak. Sit voor saam met die vark.

Kaastert Vir 6 as voorgereg Voorbereityd 45 minute Gaarmaaktyd 40 minute

Jy benodig • 10 velle filodeeg • 125 ml karringmelk • 1 eier • 2 eetlepels olyfolie • sout en peper

Kaastert

VIR DIE VULSEL • 2 koppies gerasperde mozzarella • sowat 1 koppie romerige Deense feta • 8 pikantrissies, fyngekap • 3 eetlepels grasuie, gekap • 1 eetlepel vars pietersielie, gekap • swartpeper

Só maak jy 1 Voorverhit die oond tot 180° C. Klits die karringmelk, eier en olyfolie saam tot glad. Geur met ’n bietjie sout en peper. (Onthou, die kaas is reeds sout.) 2 Voer nou ’n reghoekige oondbak met die filo uit deur vyf velle met die karringmelkmengsel te verf en dit bo-op mekaar in die bak neer te lê. Meng al die vulselbestanddele saam en skep dit in ’n eweredige laag bo-op die deeg. 3 Verf die oorblywende 5 velle deeg ook met die karringmelkmengsel en stapel dit opmekaar. Sit die stapel bo-op die kaasvulsel en druk dit liggies vas. 4 Giet die res van die karringmelkmengsel oor die tert. Sny met ’n skerp messie blokkies of diamante >

Groenslaai met beet en pistasiepralien


KOS

Aarbeikaaskoek Vir 16 blokkies Voorbereityd 20 minute, plus oornag stoltyd

Jy benodig • 200 g sjokoladekoekies, gekrummel • ½ koppie botter, gesmelt • 80 g bessiejellie • ½ koppie kookwater • ½ koppie yswater • 2 x 230 g houertjies mediumvet-roomkaas • 1 koppie bessiegegeurde volvetjogurt VIR DIE GARNERING • 80 g bessiejellie • 1 koppie kookwater • 200 ml yswater • ’n paar ekstra aarbeie, frambose en mentblaartjies as versiering Aarbeikaaskoek

deur al die lae van die tert. Bak vir sowat 35 tot 40 minute tot goudbruin en gaar. 4 Sny die gaar pastei weer op dieselfde lyne as wat in die rou pastei gemaak is en sit warm of teen kamertemperatuur voor.

WENK Vir ’n ligter, brosser tert kan jy in plaas van die karringmelkmengsel ’n ½ koppie gesmelte botter gebruik om die filolae mee te verf.

• 1 koppie ertjies, geblansjeer • 2 ryp avokado’s, gesny • 12 ingelegte jong bete, in kwarte gesny VIR DIE PRALIEN • ½ koppie uitgedopte pistasieneute, grofgekap • ¼ koppie pampoenpitte • ½ koppie suiker • ½ koppie kookwater

Vir 6 Voorbereityd 20 minute Gaarmaaktyd 10 minute

VIR DIE SLAAISOUS • ½ koppie Bulgaarse jogurt • 1 eetlepel vars suurlemoensap • 1 suurlemoen se gerasperde skil • ½ teelepel varsgerasperde knoffel • 1 eetlepel pietersielie, gekap • ’n knippie elk suiker, sout en swartpeper

Jy benodig

Só maak jy

• 2 handevol (80 g) babaspinasieblare • ’n hand vol vars basilieblare • 125 g peulertjies

1 Begin met die pralien: Plaas ’n vel bakpapier op ’n bakplaat en sprei die neute en pampoenpitte in ’n enkellaag daarop uit. Roer die suiker

Groenslaai met beet en pistasiepralien

86 Weg! #199

in ’n klein kastrol oor matige hitte by die water. Sodra dit opgelos het, kan jy die water tot kookpunt bring sonder om verder te roer sodat ’n mooi goudkleurige karamel vorm. Giet die warm karamel dadelik oor die neute. Kantel die bakplaat heen en weer sodat die karamel ’n dun lagie vorm. Pasop vir brand! Laat die pralien staan om te verhard en af te koel. 2 Klits al die slaaisousbestanddele saam, proe en maak seker dit is na jou smaak. Skep in ’n bakkie en hou eenkant. 3 Om voor te sit: Meng die blare, peulertjies en ertjies saam en skep in ’n mooi slaaibak. Rangskik nou die beet en avokadostukkies bo-op. Moenie te veel daaraan karring nie; die beet gaan alles pienk kleur. Kap die pralien in stukkies en strooi mildelik bo-oor. Stip laastens ’n paar lepels van die slaaisous oraloor en jy is reg vir voorsit. Hou die ekstra pralien en slaaisous byderhand – almal gaan nog ’n proeseltjie wil hê!

Só maak jy 1 Voer ’n reghoekige pannetjie met bak- of waspapier uit. (Dit help met die uitkeerslag. As jy egter nie die tert wil uitkeer nie, kan jy dit uit die staanspoor in ’n mooi tertbak maak.) Meng die koekiekrummels en botter saam. Druk in dit in ’n eweredige laag op die bodem vas en laat dit in die yskas staan terwyl jy die jellie aanmaak. 2 Los die jellie in die kookwater op en roer die yswater by. Klits die roomkaas tot glad. Voeg die jogurt by en klits weer tot glad. Voeg die koue jellie geleidelik by en klits tot goed gemeng. Giet dit in die voorbereide kors en laat dit vir ’n uur in die yskas stol. 3 Vir die mooimaak: Los die tweede pakkie jellie in kookwater op, voeg die yswater by en giet dit versigtig oor die gestolde kaaskoek. Laat staan dit weer in die yskas tot heeltemal gestol. 4 Lig die kaaskoek met behulp van die bakpapier uit die pannetjie en sit op ’n mooi bord voor. Sny in blokkies en versier met die bessies en ment.



Die volk se wa

Die Tiguan-sportnutsvoertuig is wêreldwyd Volkswagen se topverkoper. Die huidige weergawe is pas gemoderniseer en duidelik is dié Duitse motorreus veels te uitgeslape om aan ’n wenresep te torring. DEUR PIERRE STEYN

M

ense se reaksie op die motor wat jy bestuur, spreek boekdele. Neem byvoorbeeld die splinternuwe Volkswagen Golf GTI. In die week waarin ek hom toetsbestuur het, is ek amper van die pad af gery soos petrolkoppe agter, langs en voor my gestoei het vir ’n plekkie van waar hulle die agtste weergawe van dié ikoniese luikrug van naderby kon sien. By verkeersligte het mans hulle ruite laat sak en duime gewys. Vreemdelinge het in Checkers se parkeerterrein oorgehardloop om te kom gesels. “Dis nie myne

88 Weg! #199

nie. Ek toetsbestuur hom net,” het ek aanvanklik geprewel. Later het ek maar met ’n glimlag ook duime gegooi. ’n Week later ry ek die opgekikkerde Volkswagen Tiguan, die spoggerige R-line-model. Dis ’n motor met dieselfde 2.0-literenjin as die GTI, en dis groter en byna R100 000 duurder as die blitsige luikrug. En niemand kyk eers in my rigting as ek by die verkeerslig stilhou nie. Mense sien jou nie raak as jy ’n Tiguan ry nie. En dis hoe die eienaars van Tiguans daarvan hou! En daar is baie van hulle, van julle en van ons. Die statistiek rondom

hierdie onopvallende motor is verstommend. Amper sewe miljoen Tiguans is al wêreldwyd verkoop (elke jaar kry nog 900 000 nuwe eienaars). Jy kan een in 80% van alle lande op aarde aanskaf, en ’n nuwe Tiguan rol elke 35 sekondes van die produksielyn af in een van vier aanlegte wat oor die wêreld versprei is. Nes die Kewer destyds is dit ’n wa vir die mensdom. Die rede hiervoor is dat nes die Baba Beer se pap in die fabel van Gouelokkies is die Tiguan nie te warm of te koud nie – dis net reg. Met ’n rits verbeteringe op die nuwe 2021-model was Volkswagen versigtig om nie te veel aan ’n

wenresep te peuter nie. Daar’s kosmetiese veranderinge aan die voorste buffer en sierrooster en ’n skitterende nuwe LED-ligstelsel. Die meeste veranderinge is binnelangs waar amper al die gemaksfunksies nou deur raakskerms beheer word. Nie almal gaan mal wees oor hierdie digitale oordadigheid nie. Die tasbare terugvoer van ’n draaiknoppie moet nie onderskat word nie, maar ’n mens raak vinnig dié futuristiese kajuit gewoond. Daar is tans twee petrolenjins beskikbaar, met ’n turbodiesel wat einde 2021 bekend gestel word. Die 1.4-literpetrol is


WIELE

voorwielaangedrewe met 110 kW se krag en 250 Nm wringkrag. Ons het die topmodel, die kragtige 2.0-liter R-line met 162 kW en 350 Nm, toetsbestuur. Hierdie is ’n sluiper van ’n motor wat van 0-100 km/h in 6,5 sekondes kan versnel. Dis deksels vinnig vir ’n gesinsmotor. ’n Seepgladde sewespoed-DSG-ratkas en ’n permanente viertrekstelsel sorg dat die gesin nie te erg skrik as jy by die groen verkeerslig voet in die hoek sit nie. Ons toetsmodel was toegerus met opsionele 20-duimwielvellings. Die groot wiele maak die rit nogal hard,

en ons sou eerder hou by die standaard-19-duimwielvellings. Andersins skort daar bittermin met dié premium motor, al moet jy dan ook ’n premium prys betaal. Die goedkoopste Tiguan kos R528 800, en die duurste model, die R-Line wat ons getoets het, trek al by R720 000. En dis nog voordat jy ’n sondak of ’n sleephak bygevoeg het. Gaan dit die opmars van die Tiguan stuit? Ons twyfel. As ’n mens eers bewus geword het van dié onopvallende motor wat sonder ’n getrompetter in ons woonbuurte en stede rondsuiker, sien jy hulle óral raak.

VOLKSWAGEN TIGUAN RLINE 2.0TSI 4MOTION DSG Enjin

1 984 cc-turbo-petrol

Krag

162 Kw @ 4 500-6 200 r.p.m

Wringkrag

350 Nm @ 1 500-4 400 r.p.m.

Ratkas

sewespoed-outomaties

Brandstofverbruik (beweer)

8,3 ℓ /100 km

Grondvryhoogte

201 mm

Waarborg

3 jaar / 120 000 km

Diensplan

5 jaar / 90 000 km

Diensintervalle

15 000 km

Prys

R720 700

Weg! #199 89


TOERE

DATUMS EN KOSTE

27 Maart – 6 April 2022 R18 250 per volwassene; 50%-afslag vir kinders jonger as 10 Hoe lank? 11 dae, 10 nagte Begin Khama Rhino Sanctuary Einde Kasane WAT ONS VERSKAF

• Tentblyplek • ’n Spesialisgids • Tweerigtingradio’s in alle voertuie • Drie etes elke dag • Toegangstariewe tot alle parke • 4x4-bystand indien nodig WAT JY MOET BRING

• Jou eie voertuig – ’n 4x4 is noodsaaklik (jy betaal self vir brandstof) • Reisversekering • Koeldrank, drankies en versnaperinge • Persoonlike artikels soos medikasie, sonroom, ’n verkyker, ’n kamera, ensovoorts • ’n Kampstoel

Die diere is wild in Noord-Botswana!

Bhejane se jongste avontuurreis na Botswana sluit ’n paar nuwe hoogtepunte in, asook ou gunstelinge. Kom ervaar die reis van ’n leeftyd én van Afrika se wildste plekke.

O

ons reis na die noorde van Botswana begin in die Khama Rhino Sanctuary in SentraalBotswana waar ons die eerste nag deurbring voordat ons ry na die granietrotseiland Lekhubu vir ’n nag onder die sterre op die Makgadikgadipanne. Die volgende oggend kan dié wat vroeg opstaan, koffie en beskuit geniet onder kremetarte voordat die groep met ’n tweespoorpad vertrek al op die rand van die soutpanne om ons 4x4-vernuf te toets. Die groep geniet ’n ligte piekniekmiddagete op pad na die volgende kampterrein 30 km buite Maun. Die kampplek is langs die Botetirivier waar ons twee dae deurbring en die geleentheid kry om die uitgestrekte Okavangodelta en sy ekostelsel te verken, asook die plaaslike markte of, as jy wil, in die kamp ontspan voor ’n laatmiddagrit op die Boteti. Ons volgende stop is in die Khwai-omgewing, noord van Moremi. Dié gebied is bekend vir sy wildlewe, mooi landskap en volop voëlspesies. Tussen die Moremi-wildreservaat en die buitewyke van die Chobe-nasionale park is goeie wildkykritte gewaarborg. Olifante, jagluiperds, hiënas en wildehonde hou hier om elke draai. Hier is geen heinings nie; dus is dit ’n uitmuntende plek om foto’s van wilde diere te neem.

’n Uitstappie op ’n mokoro is ingesluit in die toerpakket. Ná Khwai mik ons deur Savuti verder noord tot by ons volgende bestemming, die Chobe-vloedvlakte na aan Ngoma. Hoewel ons in net een dag deur die park ry, sien ’n mens ongelooflike wild en teen die tyd dat ons laatmiddag by ons kampplek kom, sorg die gesoute Bhejane-span vir ’n heerlike ete langs die vuur. Die groeplede hoef net die Savuti se stof af te was en aan te sit. Hier is ’n magdom natuurskatte om langs die Choberivier te verken en dis die lekkerste teen jou eie pas. Die gebied is bekend vir sy groot troppe grootvoete en buffels, en die kamp waar ons tuisgaan, is na aan die Ngoma-ingang van die Chobe- nasionale park. Ons kan dus op eie stoom die ryk wildlewe verken, asook die vloedvlaktes langs die Chobe waar voëlkyk altyd goeie belonings lewer. Die groep se eindbestemming lê in die noordooste: Kasane. Daar is geen heinings tussen die dorp en die park nie; dus kan jy sommer wild deur die dorp se strate sien drentel! En natuurlik sou die reis nie volledig wees sonder ’n riviervaart op die Chobe nie! Die groep verken die rivier se eilande en kanale teen sononder terwyl die diere die laaste keer kom water drink vir die dag.

Stuur navrae na bookings@bhejane.com of 082 724 0442 vir ’n volledige reisplan en toerdatums.


BITOUVALLEI-EKOKAMP

Kom speel by die rivier!

Kom geniet eindelose stap- en bergfietsroetes, beeldskone strande en hope vars lug. Die Tuinroete is reeds een van Suid-Afrika se voorste vakansiebestemmings. Voeg daarby honderde kilometer se netjiese roetes vir voetslaan en bergfietse, en dis menige buitelewe-entoesias se droom. Die Bitouvallei-ekokamp bied aan avontuurlustiges en natuurliefhebbers ’n unieke kampervaring. Dis op die oewer van die Bitourivier en het slaapplek vir 12 mense. Gaste kan kan saans om die vuur kuier en aan potjiekos, braaivleis en roosterkoek smul. Besoekers kry elke dag twee etes, onbeperkte toegang tot aktiwiteite soos SUP (stand-up paddle boarding) op die rivier, voëlkyk en swem. Vir die 2021-’22-vakansieseisoen kry gaste 50%-afslag op ’n selfrybegeleide toer na die Diepwalle-deel van die Knysnawoud. * Al die All Trail Lynx-staproetes is gelaai op Trailforks en Strava, en alle ander roetes in die omgewing is op Komoot.

Bespreek jou vakansie vandag nog by Bhejane Adventures 082 724 0442 of bookings@bhejane.com

BESPR

NOUE!EK

DATUMS EN KOSTE

Beskikbaar van 1 November 2021-30 April 2022 Koste R990 p.p.p.n.; R450 per kind jonger as 10 (bespreek vir ten minste twee nagte)


BLY HIER JACKALBERRY RIDGE, MARLOTH PARK

D

ie Krugerwildtuin is ’n wonderlike plek, maar soms voel ’n mens jy betaal nogal báie vir ’n redelike saai rondawel. Maar jy’s tússen die diere, regverdig ’n mens dan dikwels die prys... Wel, by Jackalberry is jou blyplek spiekeries, verskeie diere kom besoek aflê én jy is net 20 minute van die Krokodilbrughek af. Elke safaritent staan in sy eie stukkie mopaniebos. Die mense het aan álles gedink toe hulle die plek ontwerp het. Die tente se safaridekor laat voel jou soos ’n verkenner êrens op ’n ekspedisie op die Afrika-vlaktes. Buite het elke tent ’n plonspoel en ’n braaiplek en onder ’n afdak is ’n tafel en twee dekstoele. Stel jou wekker sodat jy vroeg op die klein dek bo die kombuis koffie kan drink. Die eintlike rede om hier te sit is sodat jy jou vroegoggend dierebesoekers kan dophou. ’n Muishondgesin skarrel verby die braaiplek... kyk, daar’s twee kleintjies ook. Oulik! Dan snuifsnork ’n yslike vlakvarkbeer tussen die bome deur. En as jy later na die gemeenskaplike ontspanplek ry, hou jy gereeld stil vir ’n beweging: Daar skarrel ’n likkewaan onder die dek van ’n safaritent in en hier dop ’n koedoekop skielik tussen die takke uit. By die kuierplek is ’n swembad, klimraam, groot skaakstel, trampolien én nog dekstoele. Vir my was die lekkerste tydverdryf egter om ’n kleinheuningwyser in die blaredak op te spoor terwyl die kinders met hulle nuwe maats Marco Polo speel. Geriewe Die netjiese safaritente is privaat. Elke tent het ’n geboude kombuis en badkamer. Die kombuis het alles wat ’n mens nodig het, maar dis knap. Beplan eerder jou maaltye vir buite op die vuur. Hier’s tente met slaapplek vir twee tot agt mense (dit sluit in twee slaapbanke vir kinders). Die kampplekke het ’n kombuis en private badkamer. Waar? Die oord is in Marloth Park sowat 20 km van die Krokodilbrughek af. Koste Kamp: R550 p.n. vir 4 mense, R60 per ekstra persoon (slaapplek vir 6 mense). Safaritent: Vanaf R1 300 p.n. vir 4 mense (slaapplek vir 4, 6 of 8 mense). Kontak 0861 010 347; dreamresorts.co.za – Esma Marnewick

92 Weg! #199


LIVE THE JOURNEY PROMOSIE

KOM TOER SAAM

Reis saam met Weg en Live the Journey vir ’n onvergeetlike ervaring. Die Live the Journey-span is almal ervare reisgidse wat Namibië goed ken.

Faces of the Namib

Lüderitz na Walvisbaai

’n Ses dae lange adrenaliengevulde 4x4-roete vanaf Solitaire, wat die diep Namib van oos na wes oorsteek oor van die wêreld se hoogste duine om te eindig in Walvisbaai. Verbreek alle kontak met die buitewêreld en ervaar die stilte, beleef die avontuur en ontdek jouself weer op ’n besondere manier.

’n Sewe dae lange ontdekkingstog van suid na noord al langs die Skedelkus op die spore van die diamantdelwers en verby skeepswrakke in die wêreld se oudste woestyn. Omring deur ’n see van sand raak jou gedagtes weer helder, lewenslus bruis deur jou are en ’n gevoel van hierdie moet nooit end kry nie, oorweldig jou.

KOM TOER SAAM

KOM TOER SAAM

19-24 Maart 2022

3-9 Augustus 2022

Namib100 Hike

’n Vyf dae dag lange ondersteunde staptog oor 100 km in die Namibwoestyn suid van Walvisbaai verby Sandwich Harbour tot by die ikoniese skeepswrak van die Eduard Bohlen. Die stap is terapeuties en elkeen ervaar dit anders: ontdek jou menswees; orden jou gedagtes tussen die duine; toets jou deursettingsvermoë; geniet die natuur en maak nuwe lewenslange vriende. KOM STAP SAAM

11-16 Oktober 2022 • Roetes net toeganklik saam met die konsessiehouer • Beperkte aantal datums beskikbaar per jaar. • Covid-19-veilig, want jy ry in jou eie voertuig • ’n Kundige gids span vergesel die groep • Heerlike etes

Sewe riviere van Noord-Namibië

’n Tiendagroete wat begin op die walle van die Kunenerivier op die Namibiese noordelike grens en dan sigsag oor 5 droë rivierlope om te eindig in die suide van Damaraland by die Ugabrivier. Ons volg agterpaaie en roetes wat jy nie op jou eie kan ry nie. Die kontras in landskap is poskaartmooi en die samesyn verkwik die siel. KOM TOER SAAM

18-24 September 2022

Faces of the Skeleton Coast

’n Sewedagtoer al langs die Skedelkus noord van Swakopmund tot by die monding van die Kunenerivier, met verdere verkenning van die ongerepte Kaokoland. Klim net in jou voertuig en ry saam. Ontspan, geniet die omgewing, luister na die gidse se vertellings, geniet watertand-etes en laat die sorge van die wêreld vir eers agter.

KONTAK LIVE THE JOURNEY VIR BESKIKBARE DATUMS

BESPREEK SÓ: 021 863 6400 weg@livethejourney.co.za

BESOEK DIÉ WEBBLAAIE VIR MEER INFO: www.livethejourney.co.za | www.facesofthenamib.com | www.namib100hike.com


STAP HIER Berge wat blom DEUR ESMA MARNEWICK

K

an jy nog onthou hoe lyk ’n trapesium? Dis basies ’n driehoek gekruis met ’n reghoek: Twee skuins sye en twee parallelle sye. Dís hoe die Oudebosch-Harold Porter-roete se hoogteprofiel min of meer lyk. Reeds met die intrapslag in die Kogelberg-natuurreservaat lê daai skuinste netjies voor jou. Maar moenie dat dit jou ontmoedig nie, want rondom jou is die fynbos vrolik! Die roete swenk links van die tweespoorpad af wat agter Kaapse Natuurbewaring se ontvangskantoor verbyloop. Dit kronkel verby die ekohuisies tot teen die flank van die berg. Sommer hier al verwelkom ’n koningsprotea jou! Die roete loop oor twee reservate. Die Kogelberg-natuurreservaat (180 km²) en die Harold Porter- botaniese tuin (2 km²). Daar kom sowat 1 800 plantspesies hier voor waarvan 150 nét hier te vinde is. Onthou dus jou veldblomboek. Veral in die lentemaande word ’n mens skoon oorweldig deur die welige fynbos. Ná skaars ’n halfuur se stap het jy reeds ’n rits veldblomme gesien: wit sewejaartjies, pienk wildemalva, tolbos, geel kreupelhout, 94 Weg! #199

porseleinblomme... Dis dan ook wanneer julle die Oudebosrivier die eerste keer kruis. Gooi al daai kraanwater uit en skink julle waterbottels vol bergwater. Die bopunt van die trapesium is nou al effe nader. Maar kyk mooi, net onder die nekkie waar julle moet oor, sit ’n klos inheemse woud, die Oudebos vol koelte en skaduwee. Van die stroom af kronkel die klipperige paadjie geleidelik teen die oorkantste flank op verby plate rooistompies. Die son bak op julle neer, maar hou moed, want ná nog ’n halfuur stap julle die Oudebos binne. Die woudvloer is klam en sag onder ’n mens se tekkies en bo maak die donker takke en blare ’n diggeweefde nes met spikkels sonlig wat plek-plek probeer indring. Die Oudebosrivier maak hier drie vlak poele in trappe langs mekaar. Kry asem terug, trek julle skoene uit en lawe julle voete. Die paadjie styg stelselmatig deur die woud. Soms stap julle ’n paar meter in ’n oopte en nes jy dink jy’s op die plato, duik die paadjie weer woud in, met geel voetspore wat julle op koers

hou. Ná ’n halfuur is daar ’n stywe klim in die oopte teen ’n rotswand langs. Draai om – kyk hoe ver het julle al gekom! Doer onder lê die ekohuisies in die vallei – dis die laaste keer wat julle diékant van die roete gaan sien. Die pad knik ’n laaste keer deur die woud tot by ’n bordjie wat Harold Porter na links aandui. Julle stap nou deur ’n veld van menshoogte geel tolbos en wit kolkol (foto bo). Plek-plek wieg ’n fonteinbos met sy fyn pers blommetjies ook in die bries. Sting se “Fields of Barley” kom onwillekeurig by ’n mens op. Agter die geel see, doer op die horison, sien ’n mens die eerste keer ’n driehoekie blou Atlantiese Oseaan tussen die Elephant Rocken Plateau-kop deur! Geluk, julle is bo-op die trapesium! Nou moet julle mooi kyk – aan die regterkant swenk ’n ongemerkte afdraaipaadjie na regs (draai om as julle by die Sanbi-bordjie kom, want dan het julle verbygestap.) Dié paadjie loop tot by ’n groot, diep rotspoel in ’n sytak van die Oudebosrivier. Ek was al drie keer by die poel op mooi sonskyndae, en dan is ons die enigste mense daar. Kaapse rivierpaddas plop langbeen in die poele in. Ruie struike wit


veerheide lyk asof hulle hulle wortels laat afkoel in die water (foto regs). Terug op die hoofroete klim die paadjie effens tot by ’n strooisel rotsformasies. Van hier af daal julle tot by die bopunt van die Luiperdkloof-waterval (foto heel bo). Gaan staan op die klipplaat en strek versigtig jou nek om te sien hoe die waterval tot doer onder tuimel. Van Desember tot Februarie is die donker kloof hier onder jou van die min plekke waar jy ’n rooidisa kan sien. Ná die waterval klim die paadjie teen Plateaukop uit, maar teen dié tyd kan julle al julle voertuig doer onder in die Harold Porter- botaniese tuin se parkeerterrein sien en bokspring julle oor die plankiespaadjies en klippe tot bo. ’n Halfuur later staan julle op die kruin van die Plateau-kop en byna 90° onder jou sigsag die paadjie styf langs die krans af. En voor jy jou kom kry, staan jy op ’n houtbruggie aan die bopunt van die botaniese tuin; en ook die onderpunt van die trapesium. Maar nie eens dié mooi botaniese tuin met netjiese beddings, skadubome en strome kan kers vashou vir die wilde blomtuin waardeur jy vandag gestap het nie.

Afstand Die 6 km lange roete strek van die Kogelberg-natuurreservaat tot by die Harold Porter- nasionale botaniese tuin op Bettysbaai. Dit kan in enige rigting gestap word, maar die deel in Harold Porter is baie steil. Ons beveel dus aan dat jy in Kogelberg begin stap – dié opdraande is meer geleidelik. Waar? Die Kogelberg-natuurreservaat sowat 6 km wes van Kleinmond. Dis nie ’n sirkelroete nie; los dus vooraf ’n voertuig by die botaniese tuin. Oop Harold Porter: Weeksdae 8 vm.-4.30 nm. en tot 5 nm. op naweke. Kogelberg: 7.30 vm.-7 nm. in die somer en tot 6 nm. in die winter. Koste Kogelberg: Bewaringstarief R50 p.p. en R30 per kind. Harold Porter: R35 p.p. Wat nog? Bel vooraf om seker te maak die roete is oop, want dis soms gesluit ná swaar reën. Kontak Harold Porter 028 272 9311; sanbi.org Kogelberg 087 288 0499; capenature.co.za Weg! #199 95


Plaas Simonstad in jou visier Vir meer as twee eeue lank is Simonstad die hoofsetel van die Suid-Afrikaanse vloot in Suid-Afrika. Ons het gaan loer wat jy kan doen sonder ’n rang op jou bors.

D

DEUR FRANÇOIS HAASBROEK

is die middel van die week en op Jubilee Square in die middel van Simonstad is daar nog geen toeriste om geld in sy kitaarkis te gooi nie. Maar dit keer nie vir Machawe Ndlovu nie. Sy kitaar se klanke weerklink oor die kusdorpie se waterfront. Die skare wat hy wel het, is vir hom goed genoeg: ’n Rits seiljagte wat teen die kaai dobber en ’n statige bronsstandbeeld van ’n Deense hond. ’n Mens kan aan ’n kitaarspeler se lyftaal sien wanneer die musiek hom speel, en nie andersom nie. Veral as hy die kitaar na sy mond lig en die snare met sy tande begin tokkel... Al is dit nog stil, maak dit sin vir ’n straatmusikant soos Machawe om solank hiér te speel. Hierdie suidelikste voorstad van Kaapstad is ’n gunstelingkol vir plaaslike en internasionale toeriste, én locals. Hulle hou van die luilekker kusdorp-atmosfeer, die indrukwekkende kuslyn, vis-en-tjips, en natuurlik die pikkewyne.

Wie het tyd vir verkeer? Gly tussen seewiere, robbe en pikkewyne verby Simonstad se strande.


GALLO/GETTYIMAGES.COM

DORP VAN DIE MAAND

1

Waggel agter pikkewyne aan

Net soos die Eiffeltoring in Parys of die Kolosseum in Rome is Bouldersstrand se brilpikkewynkolonie ’n instelling op Simonstad. Hier was egter nie altyd pikkewyne nie. In die vroeë 1980’s het twee broeipare hulle hier kom vestig, en die kolonie het stelselmatig gegroei. Vandag waggel tot 3 000 van die voëls in hulle aandpakke tussen baaiers se strandhanddoeke rond. Daar is net twee sulke kolonies in Afrika (die ander een is by Bettysbaai); en dié een is die grootste. Die twee gewildste pikkewynstrande is deel van die Tafelbergnasionale park – jy betaal dus ’n bewaringstarief. Bouldersstrand het groot, ronde rotse en swemplek (’n paar pikkewyne mag dalk saam kom duik). Foxystrand het plankiespaaie en ’n dek van waar jy die pikkewyne van naby af kan beskou. Gaan loer by die Seaforthstrand. Hier is ook gereeld pikkewyne, en toegang is gratis. Beste tyd? Die pikkewyn bly heeljaar hier. Tussen Maart en Mei is die meeste pikkewyne op die strand, en die meeste toeriste reeds huis toe. In Septembermaand is hulle skaars, hulle jag byna heeldag om vetreserwes op te bou voordat hulle begin verveer. Waar? Die naaste ingang aan Bouldersstrand is in Bellevueweg. Die ingang by Seaforthweg het ook ’n besoekersentrum. Koste R42 p.p.; halfprys vir kinders. Gratis met ’n Wild Card. >

Weg! #199 97


2

Ken jou vloot

Die massiewe golfbrekers van die grootste vlootbasis in die land oorheers die kuslyn, sowel as die vier fregatte wat in die baai drywe. Die dorp se sypaadjies is plek-plek getooi met marmerskeepsembleme van onder meer die SAS Drakensberg, SAS Walvisbaai en SAS Chapman. Ongelukkig kan jy nie net by ’n vlootbasis inwals en op ’n oorlogskip klim nie, maar jy kan by die Suid-Afrikaanse vlootmuseum op die perseel inloer. Toe ek instap, hoor ek die kenmerkende “left, right, left!” van matrose wat deur hulle passies gesit word. Die uitstallings oor van die vloot se grootste tragedies staan uit, soos dié van die SAS President Kruger wat ná ’n botsing met die SAS Tafelberg gesink en 16 bemanningslede se lewens geëis het. ’n Gedeelte van die President Kruger het in die boeg van die Tafelberg vasgesteek. Dié stuk verwronge metaal lê by die voordeur van die museum. In die onderste verdieping se sale word die noukeurige uitstallings propvol inligting vervang met allerlei groot goeters en gewere – van missiellanseerders en torpedoes tot kanonne. Jy kan selfs ’n replika van ’n duikboot bekyk. Hier is ook ’n helikopter. Die laaste en meer moderne saal is in die aangrensende gebou. Hier loer groot portrette van die bevelvoerders vir jou. ’n Stem vertel die meer onlangse geskiedenis en hoe die vloot oor die laaste drie dekades verander het. Koste Gratis Oop Elke dag 9 vm.-3.30 nm. Kontak 021 787 4686; sanavymuseum.co.za Nóg ’n museum As jy meer wil weet oor die geskiedenis van die omgewing, besoek ook die Simonstad-museum 021 786 3046.

98 Weg! #199

3

Stap deur die stad se verlede

Parkeer jou voertuig en stap na die bronsbeeld van die groot Deense hond op Jubilee Square. Dié standbeeld hou al 30 jaar wag oor die waterfront. In die 1940’s het dié hond in die harte van Simonstad se matrose ingekruip. Aangesien sy gunstelinglêplek die loopplank van ’n skip was, het hulle hom “Nuisance” gedoop. Nuisance het gereeld trein gery Kaapstad toe. Die spoorwegowerhede het later gedreig om hom te laat uitsit, maar die matrose oorreed hulle bevelvoerders om vir Nuisance ’n amptelike rang te gee sodat hy gratis kan trein ry. In die vloot het jy ’n naam en ’n van nodig, vandaar Just Nuisance. Hy is later in rang bevorder van leerlingmatroos na vol matroos sodat hy meer kos kon kry. Hier’s nog hope sulke interessanthede op die dorp wat jy te voet kan gaan soek, soos die standbeeld op die kaai van The Standby Diver, ’n gedenkplaat van die SS Mendi-tragedie (die grootste vlootramp in oorlogtyd in Suid-Afrika se geskiedenis), asook die Seaforth-begraafplaas (1813-1910) in Runciman-rylaan. As jy nie vir steiltes skrik nie, klim die Signal School Steps teen Simonsberg uit wat oor dié kusdorp troon. Die voetpad loop onder die ou spanmaste van ’n kabelkar tot by die graf van Just Nuisance wat uitkyk oor die dorp. Van Barnardstraat af is dit sowat ’n uur se stap tot by die graf. Nóg geskiedenis Hier is meer as 60 nasionale gedenkwaardighede op die dorp. Die meeste is naby Jubilee Square. In St. Georgesstraat langs Die Hangkas-antiekwarewinkel is ’n kaart wat van die kolle aandui.


4

DORP VAN DIE MAAND

Snuister tussen speelgoed

“Is jy hier om aan my ’n aanbod te maak?”vra Percy van Zyl toe ek by die Warrior Toy Museum instap.“Vir die winkel of vir ’n speelding?”antwoord ek onseker.“Vir wat ook al jy kans sien.” Percy het die museum op die been gebring nadat hy afgetree het. Dit is nou al 30 jaar later. Jy gaan nie ’n PlayStation vind nie, maar ’n versameling van meer as 4 000 speelgoedkarretjies en vele ander poppe, bordspeletjies, speelsoldaatjies, en ’n 4 m lange treinstel wat verby dorpies, tonnels en ’n myn ry. ’n Pa en sy seun is die enigste ander mense in die museum. Hulle kom gereeld hierheen.“My seun noem nie dit nie museum nie, hy noem dit sommer net Percy’s.” Vandag het hy vir sy laaitie ’n nuwe modelvliegtuig belowe. “Hy soek ’n passasiersvliegtuig, nie ’n vegvliegtuig nie,” sê hy toe Percy nader staan om te help. Hoewel hy afgetree is, gee Percy nie om om elke dag sy versameling aan mense te wys nie. “Ek kom sit eerder hier en help mense as alleen by die huis.” Koste R10 p.p. toegangstarief. Van die speelgoed is te koop. Kontak 021 786 1395 Wat nog? Die speelgoedmuseum is nie die enigste plek waar jy unieke tierlantyntjies kan opspoor nie. By Maximalist ( 083 285 8336) kan jy oudhede soos meubels of selfs ’n opgestopte seeskilpad koop. Craftart Emporium ( 021 786 1997) se rakke staan vol van kerse tot koppies, en by Die Hangkas ( 063 648 8531) kan jy van vetplante tot gehekelde poppe in jou inkopiemandjie laai. Loer vir leerware in by Afreek Leather Designers & Crafters ( 071 700 5087). Die leervoorskote is baie gewild. By Tari Designs 078 675 3585) kan jy ’n patroon kies vir ’n rok of ’n rugsak wat hulle dan vir jou uit shweshwe-materiaal maak. Al die winkeltjies is binne 500 m van mekaar in St. Georgesstraat.

5

Waterkaskenades

“Daar is goeie goed wat saam met die alewige wind kom,” sê Derek Goldman van Kayak Cape Town nadat die weer vir die derde opeenvolgende dag keer dat ons op die water kom. “As die wind nie so gereeld gewaai het nie, het Simonstad soos Clifton gelyk.” Uiteindelik speel die weer saam en toe ek my weer kom kry, sit ek in ’n kajak en roei verby die fregat SAS Spioenkop en in die rigting van Bouldersstrand. Styf teen Seaforth- en Foxystrand sien ons die pikkewyne van die water af. ’n Paar nuuskieriges kom duik selfs rondom die kajakke. Boulders is die omdraaipunt. As die weer en tyd dit toelaat, kan roeiers hier lyf natmaak voor almal terugroei na die waterfront. Waar Wharfstraat, voor Bertha’s Restaurant. Koste R350 p.p., R300 per kind jonger as 17. Beskikbaar Elke dag van 8.30 vm. af. Die uitstappie duur sowat twee uur. Kontak 065 707 4444; kayakcapetown.co.za Wat nog? As jy meer van ’n fietsryer as ’n roeier is, huur ’n waterfiets. Hy werk nes jou gewone fiets, maar in plaas van wiele, het hy twee rompe soos ’n klein katamaran. Cape Town Water Bikes bied toere aan teen R490 p.p. vir ’n uur 083 777 1048; capetownwaterbikes.co.za >

Weg! #199 99


VERKEN ’N AGTERPAD

Die hoofpad deur die dorp kan beknop raak met toeriste, of laatmiddag wanneer die vlootamptenary huiswaarts keer. Systap die verkeer en draai af op Runciman-rylaan wat parallel met die hoofstraat loop. Hier is ook ’n paar bankies langs die pad met ’n mooi uitsig oor die vlootbasis. Of draai voor Simonstad by die Harbour Bay-inkopiesentrum regs op die Dido Valley-pad. Draai ná 1,5 km links op die Scala-pad. Dié sementpad kronkel teen die heuwel op verby drie batterye met groot kanonne wat tydens die twee wêreldoorloë potshots kon vat op enige bote van vyande in Valsbaai. Hou stil by die Scala-battery om een van die kanonne van naby te bekyk en vir een van die beste uitsigte oor die baai. Draai links waar die Scala-pad die Red Hill-pad ontmoet. Ná 3 km is jy weer op Simonstad.

DIE WATERFRONT

EET HIER BY DIE WATERFRONT Sit aan by Bertha’s Restaurant ( 021 786 2138; berthas.co.za) of Saveur Restaurant ( 021 786 1919; saveur.co.za) om oor die baai uit te kyk. Saveur het elke Donderdag 25% afslag op seekos. Langs Saveur is die vis-en-tjips-restaurant The Salty Sea Dog ( 021 786 1918) waar ek die beste slaptjips in ’n lang tyd geëet het (R48 vir ’n stewige porsie). Fran’s Place aan die ander kant van die Just Nuisance-standbeeld bied ruim porsies teen ’n billike prys ( 021 786 9430).

THE SALTY SEA DOG SEAFORTH RESTAURANT

THE SWEETEST THING PATISSERIE

IN DIE HOOFSTRAAT Omtrent elke tweede winkel in St. Georgesstraat (die M4) is ’n eetplek. Bestel ’n pizza by Café Pescado ( 021 786 2272; pescados.co.za). Die Just Nuisance-pizza met boerewors en monkey gland-sous kos R98). Sit aan vir ’n ligte middagete by die stylvolle Lighthouse Café ( 021 786 9000; thelighthousecafe.co.za). Bederf jouself met allerlei gebakte soetgoed of ’n pastei by The Sweetest Thing Patisserie ( 021 786 4200). Probeer gerus die lam-en-roosmarynpastei vir R60. VIR DIE SUIKERTAND As jy meer van ’n soetding hou, loer in by I Love Waffles (021 786 9361; ilovewaffles.co.za) langs Jubilee Square. Die Nutella-en-browniewafel vir R84 is nogal dekadent. Jy kan nie by die see vakansie hou sonder roomys nie. K & D’s ( 083 254 1514) in St. Georgesstraat het gelato, sorbet, en veganistiese en suikervrye roomys (vanaf R30). VIR PIKKEWYNKYKERS Kom sit op die stoep van die Seaforth Restaurant ( 021 786 4810; seaforthrestaurant.co.za) as jy calamari (R125) wil eet en pikkewyne kyk. Die restaurant het ’n uitsig oor die gelyknamige strand.

100 Weg! #199


DORP VAN DIE MAAND

BOULDERSSTRAND BLY HIER False Bay Lodge Dié selfsorghuis is weg van die gedruis van die middedorp in die Froggy Farm-buurt suid van die Simonstad. Die twee verdiepings het twee en suite-slaapkamers, met slaapplek vir vier mense, ’n groot leefvertrek, swembad en stoep met ’n uitsig oor Valsbaai. Koste R1 300 p.n. 082 859 6701; angelavl@tiscali.co.za Boulders Beach Hotel Nader aan pikkewyne kan jy nie slaap nie. Die hotel is langs die Bouldersstrand se parkeerterrein – wees op die uitkyk uit vir die massiewe opblaaspikkewyn op die voorstoep. Hier is 10 en suite-dubbelkamers, een en suite-kamer met slaapplek vir drie, en twee selfsorgwoonstelle met slaapplek vir vyf (drie volwassenes), én ’n restaurant. Koste Dubbelkamers: vanaf R750 p.n.; Selfsorgwoonstel: vanaf R1 700 p.n. En suite-kamer: R1800 p.n. (die enigste kamer met

ontbyt). 071 101 0151; bouldersbeach.co.za Penguin’s View Guest House Hierdie gastehuis is stapafstand van Bouldersstrand af. Drie woonstelle met slaapplek vir twee met ’n klein kombuis, stoep en braaiplek, en ’n selfsorgkothuis met slaapplek vir vier. Hier is ’n gemeenskaplike swembad. Koste Woonstel: vanaf R1 300 p.n. Kothuis: vanaf R1950 p.n. 072 373 4277; penguinsview.co.za Rocklands Seaside B&B Dié gastehuis is op die randjie van Simonstad. Regtig, dis die laaste gebou voor jy die dorp verlaat, in Kaappunt se rigting. Hier is drie selfsorgwoonstelle met slaapplek vir twee en vier mense. Al drie het ’n stoepie met puik uitsigte oor die baai. Koste Vanaf R1 350 p.n. vir twee mense (selfsorg). 082 786 3158; rocklandsbnb.com

BOULDERS BEACH HOTEL

FALSE BAY LODGE

Die toerismekantoor is in St. Georgesstraat, skuins oorkant Jubilee Square. 021 786 8400; simonstown.com

Weg! #199 101



KOOPGIDS

weg.co.za

Weg! #199 103


KOOPGIDS

104 Weg! #199


Noord-Kaap • Namibië • Wes-Kaap • Noordwes • Mpumalanga • Mosambiek

RY&BLY GIDS

NOORDkaap

ASKHAM

OM HIER TE ADVERTEER, KONTAK: DANIE NELL 082 859 0542

danie.nell@media24.com

SHARLENE SMITH 083 583 1604

sharlene.smith@media24.com

BLOKRAAI-OPLOSSING

Weskaap

ARNISTON MIDWEEK, SPESIALE AANBOD: KAMP VANAF SONDAG TOT VRYDAG SLEGS 2 PERSONE R650-00 EENHEDE, SPESIALE AANBOD: BLY VANAF SONDAG TOT VRYDAG SLEGS 2 PERSONE R2140-00 Natuurreservaat in malaria-vrye gebied. Bosveld-atmosfeer – minder as‘n uur van Pretoria en Johannesburg – naby Brits. Selfsorghuise en woonwapark met netjiese ablusieblokke – rolstoelvriendelike badkamer. Staproetes – fietsryroetes – voëlkyk – wildritte – volop wild • Speelpark • Tafeltennis • “Pool”-tafels • Springmatte • Mini-gholf • Binnenshuise verhitte swembaddens • Jacuzzi’s • Koue swembaddens • “Lazyriver”• Waterglybane • Wegneemetes

Tel: +27 66 298 5379 / +27 66 298 1664 / +27 73 171 8331 /+27 82 375 6179 E-pos: info@dubegame.co.za • www.dubegame.co.za • Bespreek aanlyn: www.alloutbookings.co.za

NOORDWes

BRITS Akkommodasie, Restaurant, Strandtroues, Konferensies. Alle akkommodasie is binne loopafstand van die strand. Geleë 380km vanaf die Lebombo/Komatipoort-grenspos.

THE A –FRAME Bekostigbare gesinsverblyf

www.zonabraza.com

info@theaframehazyview.co.za | Ellen 0 6 0406321 ▪ Perfek vir groot gesinne of ʼn groep vriende. ▪ 4 slaapkamers, 2 badkamers, lugversorging, DStv, braaigeriewe, swembad en KolKol-“hot tub”.

MpUMaLaNGa weg.co.za

▪ Ten volle toegerus en gediens. ▪ 10 km vanaf die KNP en sentraal vir die Panorama-roe e. ▪ Met puik sekuritei , bystandwater, & kragopwekkerkrag.

info@zonabraza.com Whatsapp: +258 84 763 3076 Sel: +258 82 480 5348 (mcel) Sel: +258 85 048 2455 (vodacom)

HAZYVIEW

Om op hierdie blaaie te adverteer kontak: Danie Nell 082 859 0542 danie.nell@media24.com of Sharlene Smith 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com

Weg! #199 105


RY&BLY GIDS

106 Weg! #199

KwaZulu-Natal • KwaZulu-Natal •

KwaZulu-Natal • KwaZulu-Natal • KwaZulu-Natal

Om op hierdie blaaie te adverteer kontak: Danie Nell 082 859 0542 danie.nell@media24.com of Sharlene Smith 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com


KwaZulu-Natal • KwaZulu-Natal •

weg.co.za

KwaZulu-Natal • KwaZulu-Natal • KwaZulu-Natal

Om op hierdie blaaie te adverteer kontak: Danie Nell 082 859 0542 danie.nell@media24.com of Sharlene Smith 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com

RY&BLY GIDS

Weg! #199 107


RY&BLY GIDS

108 Weg! #199

Namibië

Namibië

Namibië

Namibië

Om op hierdie blaaie te adverteer kontak: Danie Nell 082 859 0542 danie.nell@media24.com of Sharlene Smith 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com

Namibië

Namibië


Oos-Kaap

weg.co.za

Oos-Kaap

Oos-Kaap

Oos-Kaap

Oos-Kaap

Oos-Kaap

Om op hierdie blaaie te adverteer kontak: Danie Nell 082 859 0542 danie.nell@media24.com of Sharlene Smith 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com

RY&BLY GIDS

Weg! #199 109


! " ! #

- ( D(-? :C * -;( C - 1..A C :?: * * - ; ; - : ;?B -? C - ( % : *', -;*/;&B(; /2 ? ++ - /; & /2 9- ?/ : - ( ;?E ; /;' : -;C +5 -; ,(*2B-?6 ( D(+ ?B( -; &BB: 9- 1.=A + ?+(- /+*;D % -'*/, ( - & * 9- D -?)( 5 //: ( ?/ : */,2/- : * D( ; /B:( 9- +( )( 7 - /B + ?+(- D(+ * :E &E9; ( B;;( - ? C(: ,E ;/:% +//; - */,, :C:E 8 (? (- (% , ? 7 ( ? (; ( ? (; )/B + ** : B;58 ( 2+ - (; /, ?/? /2 2+ ; ? :E D : /-; ?D - ;/B ;+ 25 ( ;?BB: : : 9- % + ,/?/:" ?;C +& +, - & ? ?D &B+2 ;?BB: :; + -%; &/, /, ; * : ? , * ? /-; C (+(% :E5 ( /:(% C( : ;(? /2 ( ;(?2+ ** , ? 9- ? ! +?)( (- ( ,( + - ;2 + :B%5 (- & ? /-; % D ? ? : ( ?E ;/B D ; C(: :B% ;2 + /2 &( : ( ?/ :555 - ( D -?)( D ; /- : , : 9- C :D :, : ?D /*; D :?+ - ';/ ?DE- D ? ( , ;? C /-; B(? - E; ??& % : * - & ? //: / (% D ; , : ( & ? ?/ & - (% ? 2 ; % */,555 2 ( % +E*2 :/+ ( - ;? + D( + - ( - : C : E /-;5 ( /2D(- (-% D ; %://? ?/ /-; /2 9- ! : - 11F *, 2 : BB: & +5 ?/? /2 : - (- ( /;' :E;? ?5 : % - ;? - ( ? (; ; B;5 E; - D( ;

;+B(? /, E ( 2 ;?/:( - ? *+/25 ( /,(- C :DE; /-; - ( , - D ? * - & +25 ( C :% ;; : (; ;?B** - - ( ?; ,/ ? C - ::(;,(?& ! ;? + D/: 5 ( - ;+ - /-; 9- ; ;, -? -? /2 ( %: ;' 2 :* + -%; ( ,/?/:& D /25 (? (; B-( , - ;0 */B ? ; D , -- ;/ - - , * : ;+ 2 ? : 2+ * (; C(: -0% ?D , -; (- ( ? -?5 ( C/+% - % D/: ( C :% ;; : & :;? + - :E /-; 7;/:% +//; - */,, :C:E58 -; (; : , ?E ; C(: - C - /-; ;2: *? - E 2+ ; ; C -?B: '//: 5 ( C/+% - /%% - D(+ ( B; D : -( - ( % -% */, -( 5

9- BB: /! D ? ; ;?//? C ? &E B(? (- +(* -; / (-*/2( ; /2 : :?/- - :B* B: :B% : ?/ 5 E ( B, ('& * ;? 2 + ; D C - /-; ?//-' -* ?/ /, (- ? ? * -5 ( /-?C -%; , B( ? - ? ; ; 2 :;/- 2 : * ,22+ * ?/ % + ? D/: 5 - : *;( :/2 C + ?D , -- /-,( ++(* 2+ ?5 E B( , ? 9- %+(,+ % - ( ;D ( C - & : & - ? /-; , : * - (-% -5 -; ;(? C/ ? (- ( &/ * - (- ( ;* , :' /-* : :E -; B /(? /, 9- : ( ?B;; - 9- /+(! -? ; ;+B:2 - C//:2/? B:< /-% ;*/- 57 ( ? (; )/B + ** : B; 8 ! (; ( - :' ( ' :B;* ,25 ( % ;/B? :B% : ;/ * :; *E* /-; /-?&B?; - D -- : /-; + -%; &B++ ;?(+&/B - (

B; ; 9- ( ?)( &//% +//25 -; ;B** + ( - /, ( CBB: - ( % -% ? *:E , ? - ? &/B? , : - ? C//: /-; ,/ /2% */, , * //, ://*; - :;/- C - ,(?&" + * --(;5 E % ; +; + ** : % C(: /-; ;/; ?( ; - ; ? ; /-; //(? (- ( B( ' :E;? ? */, ,/ ? /-; E &/, 9- : ( */, , *5 E *:E 9- /?? + D :?+ - 5 ( C/+% - /%% - C ? ( B; D : -( 5 (:* *: 2 (- ( -)(- - ( : ; C - /-; ;2 + 9- 2/?)( /! C( : :B%5 / &E ;? ; -( D(+ C ? -( ;?//? /-;5 9- :( -' +(* , - (- 9- -BD */, ( ;+ 2 /-; - ( : - 5 ( *:E //* 9- /?? + D :?+ - 5 E ( 2 ?:/+2/,2 ;2B(? 9- , - ( 2 ?:/+2E2( ; ;*//- , : ;? ; (; ( B; -( + ** : -( 5 9- :*' ,2? - : */, & +25 E :B(+ ( 2E2( ; /, - : C ? ( B;5 : (; -( C + ?E C(: D(+ *E* - ;?(+&/B -( D -? C - - ,/ ? /-; E & + /:D '& * B(? C//: #5@F -,5 - - ( (+ - 3 ; ( (+ - 2 45 -; & + - ?'- ? ( & *5 /:? :- %(+ ( ;?BB: :; - ( B;;( ;D ( ;* ! ( ;D :? ;(+&/ ? C - 9- ; $(?; C : E ( C -;? :?)( ; C ( B;5 * C/ + &( : */, ,/ (+(*& ( , : : (; % - ;+ % -( 5 ** : /B ( ? (; (; + ? - D -- : /-; E ( (+ - -*/,5 -; :(-% ?D - %? &( : B: - & ? - C/++ % C - ? --(; ;2 + - ;D ,5


%2 & % &%2 %7 1 % % 2"&)) % 2) # 0% 7! * 1 " 2 $)7 # " 2)&17,+ % #< 1 : 1)&&17 : 1 %& 7; % 7 , 1;<# &%2 &) ) 2&1 #&&2 % "&$$ 1:1< 2 7 % 19 2) # &&1 &%2 %! % 27&77 1,,, 2" # " &11 # 0% 2; 17 1&&";&#" 7 1 92 9 7, %2 ; 7 2&$$ 1 2 % : % 7 2, 0% 1$ 17 $ 1 7 % &9 < &%2 27 # % # 7; $ %% % &$ &) & 2)19 7 9#) 7 % 2& ", %2 2" %" %& 0% &77 # ; 17# % , %7922 % ) " &%2 27& #7! 2 % 7 #7! 9 7 % 2) # 19 # % 2 92, 0% 19" 2#9 7 &%2 &%2 " % % 7 2&; # % 1 7 % : % & 2)19 7 % 27&&7, %2 27&&7 #$ # &) #<") % &) 1 % 2, % 1 % 2 2)1 % &%2 % 922 % # 7 ; , 2 &%2 $& 2 2) # &%2 ; 1 0% 7! 19 % % 27&&7 &%2 ; 1, ' 27&&7 &%2 <" %2 (8 "$ : 1 % &%2 # ! % $ 0% ; % % . 7 2 7 2 !&9 &% 92,/ 2 7< %2 27&7 1< 7 &%2 % 27 # 9 : % 7& 1 2&$$ 1 1 1 # % 2 ) : % % < 2 %, 7 % # " 9#) &), ) %% 1 % 2< :1 %

"" 2 %2)# 7 2 < #9 $ 2 2 &) & 2)19 7, % %! % 7 &) ) ", ) %% 1 2# ) &%2 $ 7 2< &1 "" % % #&; 9## 2 # %! % " % &&1 & %3 &% 1 # $& 7 % 7 27 # ;&1 , &# %" &%2 : 1 &% 1 # 7 # 2 # 9## 7 : 1% 7 1 $ " $ 1 9## " % % 7 2 %2 % 9912 % 922 ; 1", < $&7 # &) & 2)19 7, )2# % )# " : 1 0% 7 %7- % %7# " % $ 1 1 2 7& # 7 1 ; % 0% 27&17 7 1 $&7 #, %2 " % 7 %7 &) 27& ) : % " $ 1 &)2# %, & 2 2& %, $&7 # % 1 2 :1 % # " % " % 279 %7 % %&& , < # 7 &%2 : 1% 7 #<,

1 & : 1 &) 27& ) % )&7! 2 19 2 92 ; 1 1 , ) %% 1 9 7 < &$.2& 0% 7! &&1 7 % 7 92 %&9 $) 1 0% ( 4== %! % 7,/ %2 $& 7 % 7 : 1 :&# % 8== "$ $ % 1 2 (8= "$5 1< % " % &%2 ; 1 : 7 %2 2) # <% % 7 2&: # )&7! 2 19 2 7& &%2 &) 1< 7, " % ; 2 "# $ &) 9 &17 2, % 7 2 2 92 "&$ : # % ) %, & ; # &%2 $ % : % ; # 79 % "&% % 7 ; 2 7 : 1 : % &%2 % : % 0% # ; %2# % : 1 %7 % 2 $ 7 19 1,

" " ! ! ! " $ " "

" % " ! !

" ! % !% $

! % " $ ! $ ! ! $ ! ! # ! !

# # !" # ! !"" ! "


Daar is omtrent 440 haaispesies in die wêreld, en 117 van dié vissoorte swem in Suid-Afrika se waters. Almal van ons weet hoe ’n grootwithaai lyk, maar ken jy dié ander menere? SAAMGESTEL DEUR SOPHIA VAN TAAK

Ek lyk maar net kwaai

Die walvishaai is nie net die grootste haaisoort nie, maar ook die grootste vis in die see! Maar wat dan van walvisse? Onthou, al is walvisse seediere, is hulle nie visse nie, maar soogdiere. ’n Walvishaai se breë, plat bek is enorm! Dit kan tot 1,5 m oopmaak. Dus kan ’n walvishaai jou heel insluk! Gelukkig jag hierdie diere nie; hulle leef slegs van plankton. Jy kan langs ’n walvishaai swem (soos die foto bo) en hy sal jou niks maak nie.

12 meter – dís hoe lank ’n walvishaai is

20 ton – dís hoeveel hy weeg!

Ek sukkel om te vlos

Die saagvis het ’n báie lang snoet met tande al om die rand. Dit lyk regtig soos ’n saaglem! Hy kap sy prooi met dié vreeslike neus dood.

Nag, almal

Jy ken die pajamahaai dadelik uit aan die lang strepe oor sy lyf. Dit lyk nogal asof dié outjie altyd sy pajamapakkie dra!

Jy laat my bloos

Die skaamhaai het twee rugvinne. Wanneer hy skrik, krul hy homself in ’n ringetjie op en vou sy stertvin oor sy gesig.

Pasop vir my stert!

Die sambokhaai het ’n baie lang stertvin waarmee hy sy prooi katswink slaan.

Ek weet ek’s weird

Binne-in die hamerkophaai se breë kop is baie meer plek vir sy sintuigorgane. Daarom het ’n hamerkop baie goeie sig en gehoor wat van hom ’n eersteklasjagter maak. 112 Weg! #199

Ek is stroopsoet

Die engelvis is plat en sy borsvinne is groot. Dit lyk soos ’n engeltjie se vlerke.

FOTO SOPHIA VAN TAAK

Haai, wie’s jy?


KINDERBLAD Sig Die oë sit aan die kante van die kop, wat maak dat ’n haai baie wyd kan kyk. Die oë is ook aangepas om goed in die donker te sien.

Dié sintuie is baie goed ontwikkel om ’n haai te help jag:

EKSTRA SINTUIG! Laterale lyn Dié ry sensitiewe selletjies kan agterkom wanneer daar ’n verandering in die waterdruk rondom die haai is. Só weet hy as ’n ander vis naby verbyswem en ook in watter rigting ’n seestroom loop.

HET JY GEWEET?

Party swemstrande het ’n haaiwagter wat by ’n uitkykpunt sit en die see vir haaie fynkam. Wanneer ’n grootwithaai gewaar word, waarsku hy die swemmers en branderplankryers met ’n vlag. Dís wat die vlae beteken: Groen Die water is mooi helderskoon, en daar is nie ’n haai in sig nie. Swart Die haaiwagter kan nie mooi sien wat in die water aangaan nie, maar hy het nog nie ’n haai gesien nie. Rooi Wees versigtig. Hier was ’n rukkie gelede ’n haai naby. Wit Hier’s ’n haai, kom uit die water uit! (Die haaiwagter laat dan ’n sirene loei.)

Gehoor ’n Haai kan baie goed hoor. Kyk maar op foto’s van haaie hoe groot hulle ore – daardie gaatjie agter die oë – is!

Skrik jy al?

Die grootwithaai (ons noem dié vis nie meer die witdoodshaai nie) is die grootste vleisvretende vis op aarde. 6 m Dís hoe lank hy kan word. 56 km/h Hoe vinnig hy op topspoed op ’n prooi kan afpeil. (Dis omtrent so vinnig as wat jou pa in die dorp mag ry.) 70 jaar Party grootwithaaie raak báie oud.

IS DAAR OOIT IETS WAARVOOR ’N GROOTWITHAAI SKRIK?

Reuk ’n Haai maak op sy neus staat om prooi uit te snuffel. Sy reuksintuig is daarom só spesiaal, dit neem 2/3 van die spasie in sy brein op! Party haaisoorte kan een teelepeltjie bloed in ’n swembad vol water ruik.

Ja! Hy skrik vir ’n moordvis. Moordvisse jag grootwithaaie en hap dan net hulle lewer uit. Jig!

EKSTRA SINTUIG! Ampullas van Lorenzini Ampullawat? Met dié swart sproetjies kan hy van elektriese velde tot ’n verandering in die temperatuur van water agterkom. Dit help hom met baie dinge – van rigting hou in die groot oseane tot opspoor waar sy prooi rondswem.

SKETS LYNNE FRASER

Skerp sintuie

Hoe verskil ’n haai van ander vissoorte?

Die meeste vissoorte se skelet (dit is ’n ander woord vir “geraamte”) is van been, net soos ons s’n. Maar haaie s’n is van kraakbeen (soos jou neus en ore). Dit kan effens buig en is ook ligter as been, wat help dat ’n haai vinniger deur die water kan beweeg.

Die meeste visse het ’n gasblaas vol lug wat maak dat hulle op een plek kan dobber. Haaie het nie só ’n “lugsak” nie, en sink sodra hulle ophou swem.

’n Vis het gewoonlik ’n dekseltjie oor sy kieue. ’n Haai se kieue sit oop en bloot soos lang snye aan weerskante van sy kop.

’n Vis se stertvin het twee ewe lang punte, maar op ’n haai se stert is die boonste punt groter.

WEN DIÉ BOEK!

Twee kinders kan elk ’n gids oor die haaie van die wêreld wen! Antwoord dié vraag om aan die kompetisie deel te neem: Het ’n pajamahaai kolle of strepe? SMS die sleutelwoord HAAI en jou antwoord na 35981 (R1,50 per SMS; gratis SMS’e geld nie.) Sluitingsdatum 10 Januarie 2022. Die boek word deur Penguin Random House uitgegee en kos R289 by takelot.com. Bronne weg.co.za

aquarium.co.za;

worldwildlife.org;

sharktrust.org; A Pocket Guide to Sharks of the World (Struik Nature); Ontdek die Oseaan (Human & Rousseau) Weg! #199 113


MET MY EIE OË

MET MY

EIE OË DEUR

SIMON SMITH

KWAAI KATTE IN KGALAGADI

1

2

I

n September 2017 was ek en my vriend Warrick Davey op ’n week lange vakansie in die Kgalagadi-oorgrenspark. Een oggend het ons al met die Nossobrivier langs opgery, en ná ’n ent teruggedraai na die Twee Rivieren-kamp. Warrick het bestuur en ek was op die agtersitplek (sodoende het elkeen genoeg spasie vir sy kameratoerusting). Omtrent 8.15 vm. het ek ’n rooikat tussen die kreupelhout sien hurk. Dit het gelyk asof die kat in die kameeldoringboom bo hom iets gewaar, en het die boom bekruip. Ek het die boom met my verkyker gefynkam en gesien wat die rooikat interesseer: ’n vaalboskat het in die boomtop gesit. 1 Ek het my kamera – ’n Nikon D500 met ’n Nikon 400 mm-lens – gegryp en begin skiet. Die volgende oomblik is die rooikat soos blits in die boom op, en die verskrikte vaalboskat het tot op die verste punt van ’n papperige tak gevlug. 2 Die rooikat het eers op die plek waar die vaalboskat gelê het, die boombas met sy naels getakel en toe al na die ander kant beweeg. Ek en Warrick het asem opgehou vir wat kom... Die tak was sowat drie verdiepings bo die grond, maar die vaalboskat het geen ander keuse gehad nie en moes spring. 3 , 4 Ons kon nie glo wat ons sien nie! Die vaalboskat het – soos ’n mens van ’n kat verwag – netjies op sy pote geland. Ons het gedink die aksie is verby, maar toe spring die rooikat ook uit die boom! 5 Die rooikat het die kleiner kat agterna gesit terwyl dié volspoed na die naaste beste boom laat waai. 6 Dit het gelyk asof hulle die sowat 50 m in ’n millisekonde aflê. Die vaalboskat was skaars teen die stam op, toe die rooikat hom met ’n hengse sprong daar afklap en die stomme ding net daar op die grond vaspen en doodwurg. 7 Die hele insident was in minder as tien minute verby. Ons het in die namiddag teruggery en gesien dat die vaalboskat se karkas onaangeraak bly lê het. Die rooikat het hom nie gevreet nie – die voorval was waarskynlik eerder net gesag afdwing.


3


) .) , ." , ( " 1

* $ & #

# * & #( & # & $ " ( & ) #$ ( # & & ) # $ ) ! * $&+ ) $ & ( $ & & $ # ) $ # & $ # ! ( & ( $

) #$ & & & ) #$ & # &(#

+ ) ! $ & + )# $ ( & # & #*+ $ ( $ *

$ # ! #*+ $ & # $ $& & & & # &((# & #& & & + ' # $ & & & & ( & (

# * # * # ! $ &

((# * # ( & #+ " * & # & # " $ ( $& ( & #( & # && $ &

# ( & $* &

,--( - / (, ( ) , ') / ,) 0 ) 0 , 1 ,--( ) , , ), 0 & &2

, ) , 0 ) ( ' )" & ) , , ()" ) " , ) 0 ( ( - " ( & () ) ,( )" ) " , ) 0 ( ,0 / -

/ ) )" ) ) ) ( ) , ()" ) " , ) ( / / () )" ) )& , ) ( ( ( 1 ( , , * % / ), ( , ) ( ) )" ) )& ( ( ( ) , "( / , , ! ( )" ) ) 0 , 0 ) , ( 0 , 0 ( ) ( )

/( , ) 0 ( #, )1 ( / ) ( ) () )$& , ()" ) - ,0 )) , / () / / ' ) ) - ,), (0 / ' ) ( )" ) , , ' , ( (" "- ) )& ( , ( , - , ( ( )0 ( " ) ) / ( ,--( 0 ( ),--( / ( ( - "( &


NET GOEIE NUUS - MAAK JOU WINSKOOP ’N WERKLIKHEID

“Hallo, ek is Charlize. Kyk watter afslag en winskopies het ek raakgeloop.”

M1

BEMARK JOU PRODUK

TOYOTA MENLYN

Kry die beste prys

Jy betaal nie vooraf om jou produk op Bargain Bulletin te bemark nie... Jy betaal net as en wanneer jou produk of diens verkoop.

Toyota Menlyn koop jou gebruikte voertuig teen ’n prys wat jy nêrens anders sal kry nie. Sonder dat jy ’n ander voertuig by ons hoef te koop. Maklik en veilig. Ons koop enige fabrikaat en model.

Vir volledige inligting gaan na ons webtuiste:

www.bargainbulletin.co.za

*SMS M1 en jou naam na 48 404

M4

SEEFF AZUL TERRACES R8,3m

Geen oordragkoste & BTW ingesluit

M15

LUUKSE RIVIERVAART OP DIE DONAURIVIER

R2 000 afslag op toerprys

Die wêreld se mees asemrowende poskaart-prentjie is joune vanuit jou Bloubergstrand “Penthouse”. Die nuwe idilliese Azul Terraces maak Tafelberg en die Atlantiese Oseaan jou voorstoep uit hierdie ultra-luukse drieslaapkamer-droomwoning.

‘n Verruklike ervaring deur Oostenryk, Slowakye en Hongarye in Oktober 2022. R2000 afslag vir eerste 20 besprekings.

*SMS M4 en jou naam na 48 404

*SMS M15 en jou naam na 48 404 *R1,50 per SMS • B’s en V’s geld

Kontak ons gerus self as jy ’n winskopie op Bargain Bulletin se unieke platform wil bemark. Gaan na ons webtuiste vir meer inligting.

www.bargainbulletin.co.za


MIDDEOOSTE Deel 5

REISJOERNAAL


Die beloofde land Patrick en Marie Gurney het 18 maande lank gereis van Frankryk tot in Suid-Afrika. Ná ’n besoek aan Turkye verskeep hulle hulle Hilux-bakkie, Kukuza, na Israel vir ’n twee weke lange reis deur die beloofde land. Dis nou as dinge volgens plan verloop...

Wildkamp in die uitgestrekte Woestyn van Judea. Die enigste spoor van mens hier is die tweespoorpad en leë patroondoppies.


REISJOERNAAL

D

is die Beryl se laaste vaart voordat sy in Bangladesj vir skrootmetaal opgesny word. ’n Mens kan sommer sien die skip is op haar einde: Dis raserig en wárm. Die kajuit wat ek met drie manne deel, kry weinig lug en daar hang pal ’n wolk muskiete. Ek het glo laasnag só hard gesnork dat die ander ouens elders loop slaapplek soek en my alleen met die goggas gelos het. Ek en Kukuza het gister saam met tien vragmotorbestuurders in die stad Mersin, Turkye, op die Beryl geklim. Marie moes vir werk terugvlieg SuidAfrika toe, maar sal haar een van die dae weer by my aansluit. Die seereis was veronderstel om slegs twee dae te duur, maar weens slegte weer gooi ons eers vyf dae later buite Haifa anker. Israel se doeane-enimmigrasie vereis dat inkommers eers aanboord deur ’n beampte ondervra word voordat hulle voet aan wal mag sit. En as hulle nie vir jou klaring gee nie, is dit nou maar wors – dan gaan jy nêrens heen nie. Om 3 vm. die oggend word ek wakker geklop. Dis glo ’n ou laai van hulle om mense op sulke aaklige ure te ondervra en die drie jong, intimiderende militêre amptenare laat nie op hulle wag nie. Die onderhoud verloop min of meer só: “Wat maak jy in Israel? Gee jou selfoon hierso. Ontsluit die ding!” “Wat is daar in Israel wat jy wil sien? Vir hoe lank gaan jy hier wees?” “Wát?! Jy het jou eie motor saamgebring?” Die vrae reën omtrent op my neer en ek sukkel om my gedagtes te orden. Dit voel soos ’n fisieke aanval. ’n Uur later stuur ek ’n teksboodskap vir Marie in Johannesburg:“Ek dink nie ek het die onderhoud geslaag nie. Twyfel of ek môre met die bakkie aan wal mag gaan.” Tot dusver het ons maar net ons weg deur elke grenspos geploeter en vir die beste gehoop. Maar in die Midde-Ooste is dinge anders. Dit was moeilik om vooraf betroubare inligting oor die prosedure te bekom en my selfvertroue was aan’t taan. Dit het gelyk asof Kukuza saam met die Beryl in Bangladesj gaan beland! Dis egter ’n probleem wat ek voorsien het, en daarom het ek vooraf met 120 Weg! #199

twee klaringsagente in Haifa gereël om my te help. Ek ontmoet dié twee nadat die Beryl vasgemeer het. Die eerste ou boesem nie veel vertroue in nie, maar die innemende 72-jarige Yoel Gilead gee my hoop. Hy oortuig die immigrasiebeampte om nie my paspoort te stempel nie. Ons beplan om nog deur Egipte en Soedan te toer en nie een van dié lande sal ons inlaat as hulle sien dat ons reeds Israel aangedoen het nie. In plaas van die stempel ontvang ek ’n amptelike dokument met my besonderhede en ’n stempel. “As jy dít verloor, is daar moeilikheid,” waarsku Yoel.“Handig die papier in by die grenspos waar jy Israel verlaat.” Nou is dit Kukuza se beurt: 15 gewapende soldate omsingel die bakkie, en terwyl hulle die ryding inspekteer, staan nóg manne nader. Hulle beveel my om die hele bakkie uit te pak en snuffel dan deur alles – tot die matras. Dit lyk asof die inspeksie sonder haakplek gaan verloop; ek word selfs koffie aangebied. Maar dan is daar skielik ’n beroering onder die soldate en een kom met wydgerekte oë en ’n hand vol plakkers op my afgepeil. Ek snap dadelik wat aangaan: Die landsvlae wat ons saamry om op die Hilux se bakwerk te plak soos wat ons lande een na die ander besoek, sluit die vlae van Israel se vyande in: Iran, Palestina, Egipte… “Smyt die vlae waarvan jy nie hou nie, weg,” stel ek voor en hy frommel hulle summier op. My hart klop in my keel. Ek móét eenvoudig die situasie ontlont. “Wie van julle wil die Israeli-vlag op die bakkie plak?”vra ek hoopvol. Dit werk – ’n hele paar van die soldate staan opgewonde nader. Ná ’n beproewing van sewe spanningsvolle ure ry ek uiteindelik Israel met Kukuza binne. Dank die hemele dis agter die rug! Maar ons sal moet wikkel – ons het slegs klaring vir twee weke in die land gekry. Toe ek en Yoel by die hawehek uitry, draai hy na my en sê:“Ons is eintlik nou klaar met mekaar, maar ek wil jou graag jou eerste smakie van Israel gee – die beste hummus in Haifa!” En toe neem hy my uit vir ete.


Oorkantste blad. Die Hangende Tuine in Bahai, Haifa. Hierdie blad van bo. HaZkenim, ’n falafel-stalletjie in Haifa; Die Kerk van Vermenigvuldiging, Galilea; Aan die oewer van die See van Galilea; Die Antieke Grieks-Romeinse ruïne van Hippos.

Galilea toe vir ’n tunabroodjie Marie is terug! Ons bring die volgende twee dae op Haifa se strande deur en besoek die Hangende Tuine, ’n gewilde toerismebesienswaardigheid. Dié sentrum van Bahaïsme is in 2001 bo-op die berg Karmel gebou. ’n Spesiale besproeiingstelsel onderhou die 19 tuine wat oor byna ’n kilometer in terrasse teen die berghelling uitstrek. In die middel staan die tempel van Bab, die stigter van dié geloof wat daarna strewe om die wêreld te verenig sodat alle mense voorspoed kan geniet. Ons is omtrent poegaai teen die tyd dat ons die 1 500 trappe deur die tuine tot heel bo geklim het! Ons gids stel voor dat ons by ’n piepklein eetplekkie genaamd HaZkenim vir falafels inloer. Dáár is ’n ry van omtrent 15 mense om wegneemetes te bestel. Ons val ook in en dis nie lank nie, toe smul ek en Marie aan die brosgebraaide balletjies. Dis tyd dat ons koers kry en die meeste haal uit die twee weke wat ons in Israel mag deurbring. Ons ry vir sowat 320 km oos in die rigting van die See van Galilea. Die teerpad loop deur die stad Safed, eens op ’n tyd die sentrum van die Joodse mistisisme (ook bekend as die Kabbalah). Dié vestingstad wat uit die tydperk van die Kruistogte dateer, is deesdae die tuiste van ’n gemeenskap hoogheilige Joodse godsdiensgeleerdes en boheemse kunstenaars. Ons vergaap ons aan die vele kunsgalerye. Oral op straat sien jy Joodse mans met klein swart leerkissies genaamd tefillin teen hulle voorkoppe vasgebind. ’n Wildvreemde man merk die Hilux op en vra geesdriftig na ons swerftog uit. Sy naam is Dale, en hy beweer hy is Barbra Streisand se nefie. Ná Safed volg Tabgha, ’n dorpie aan die See van Galilea. As kind was ek geboei deur die Bybelverhaal van die vermeerdering van die brood en vis. Dit was glo hiér waar Jesus die skare van 5 000 met vyf brode en twee vissies gevoed het. Die Kerk van die Vermenigvuldiging met sy pragtige mosaïekwerk wat uit die 5de eeu dateer, is op dié plek gebou. Dis deesdae ’n belangrike bestemming vir Christen-pelgrims siende verskeie van Jesus se wonderwerke in dié streek plaasgevind het. Dit voel eienaardig om op die strand te sit en ’n tunabroodjie te eet terwyl ’n mens aan dié verhaal dink. Ons ry al teen die kus langs suid, deur Tiberias en nog verder. Dis naderhand skemer en ons net nog nie ’n kampplek gevind nie. In ’n nuwe land is ons altyd effe op ons senuwees, want nie almal is te vinde dat ’n mens sommer“wild”langs die pad uitspan nie. Ons vind uiteindelik ’n leë parkeerterrein in die antieke stad Hippos en probeer so ongemerk as moontlik regmaak om te gaan slaap. Teen 5.30 vm. die volgende oggend hoor ons ’n gedreun. Ek is soos blits uit die daktent en gee voor om te staan en koffie maak toe vier militêre Hummers aangery kom. Ek wuif vriendelik, en hulle hou gelukkig verby. Ons bring die oggend tussen die Grieks-Romeinse ruïnes van Hippos deur. Die stad dateer uit die 3de eeu en het massiewe rooigranietpilare uit Egipte en ’n akwaduk van 50 km lank wat fonteinwater na groot ondergrondse opgaarbakke gelei het. Later die dag vind ons uit dat ons die vorige nag knap langs ’n militêre basis gekamp het – vandaar die Hummers! Gegewe die gemilitariseerde land waarin ons is, het die troepe daar waarskynlik van die beste nagvisietoerusting wat al ooit ontwerp is. En ’n mens dink niemand sien jou wanneer jy gou in die middel van die nag gaan piepie nie... > Weg! #199 121


Waarhede oor ’n glasie wyn Die Golanhoogte, eens deel van Sirië, lê oos van die See van Galilea. ’n Hewige oorlog tussen Sirië en Israel het hier afgespeel; laasgenoemde het gewen en die gebied in 1981 geannekseer. Ons sien steeds oral bunkers en uitgebrande tenks langs die pad en waarskuwingsborde wat lees:“Gevaar! Landmyne!”Ons klouter in die bunkers af, kyk uit deur die loergate na ’n mooi vallei. Dis byna ondenkbaar om te dink dat hier nie te lank gelede nie ’n oorlog gewoed het. Om die somberheid van oorloggedagtes te verdryf doen ons ’n wynproe by die Pelter-kelder. Dis ’n familieonderneming wat in 2001 gestig is en nou sowat 150 000 bottels per jaar lewer. Die wit variëteite – chardonnay, riesling en gewürtztraminer – beïndruk ons; die rooiwyne nie juis nie. Ons bestel ’n kaasbord en raak aan die gesels met ’n groep plaaslike twintigjariges wat duidelik al ’n paar glasies meer as ons agter die blad het! Die gesprek draai in die rigting van Israel se voorgeskrewe twee jaar lange diensplig.“Dis ’n mors van tyd,” beweer die een ou.“Ons jongmense is keelvol van al hierdie oorloë. Kan ons nie net al hierdie weermagdinge los en met ons buurstate begin práát nie?” Tot dusver was dit nogal opvallend: Elke kontrolepunt waarby ons verbyry, word deur jong mans en vroue beman. Hulle lyk heeltemal te onskuldig om koeëlvaste baadjies, helms en aanvalsgewere te dra. Dié aand kamp ons in die HaSolelim-woudreservaat en skrik om 2 vm. wakker van hoewe wat aangedreun kom. Maar dit is toe nie perde nie, maar wel ’n stuk of 30 soldate op ’n nagmars.

Van bo. ’n Ou bunker op die Golanhoogte; ’n Waarskuwingsbord vir landmyne op die Golanhoogte; Die Pelter-kelder, Golanhoogte; Anis Daraghma en Marie buite een van sy familie se winkels; ’n Ete by die Daraghma-woning. 122 Weg! #199

Om darem iets van Palestina ook te ervaar het ons ’n afspraak gemaak met ’n Palestynse familie, die Daraghmas, wat ons in Kaapstad leer ken het. Toe ons na die Wesoewer ry, lyk dinge dadelik anders – landelik, verwaarloos. Die 49-jarige Anis is die familie se jongste seun en hy wag ons langs die pad in sodat ons saam deur die laaste kontrolepunt kan ry. ’n Groot teken waarsku: “Zone A: It is forbidden for Israeli citizens to enter”. Ons bly drie nagte by die Daraghma-familie in die stad Tubas waar hulle al generasies lank winkeliers is. Hulle trakteer ons op heerlike kos en Marie kry ook ’n paar jilbab-rokke (lospassende tunieks) present. (Ons sou nie tóé kon raai hoe handig dié geskenke later in Jordanië, Egipte en Soedan sou wees nie! In daardie lande word ’n vrou heel anders behandel wanneer sy soos die plaaslike inwoners aantrek.) Ons tydjie by die Daraghmas is kosbaar. Ons lag baie, maar huil ook ’n hele paar keer wanneer hulle vertel van die ontberinge wat hulle al oor die jare moet verduur het. Toe dit tyd is om te groet, oorlaai hulle ons met kardemomkoffie, dadels en grane. Ons skaf ook ’n lywige voorraad van ons nuutste gunsteling-lekkerny – tuisgemaakte Palestynse sjokolade – aan. Dis ’n mengsel van molasse gekook van karob, dadelstroop, tahini en geroosterde sesamsaad en proe soos Nutella op steroïede!


REISJOERNAAL

Banksy se Bethlehem

Om by Jerusalem uit te kom, volg ons die 170 km lange woestynroete deur die Palestynse Wesoewer, via Jerigo en Ramallah. Die GPS-toestel sukkel om koers te hou en ons beland ’n paar keer in ’n doodloop iewers teen die IsraelWesoewer-versperring. Gelukkig beduie ’n barmhartige Samaritaan ons op die ou einde hoe om by die naaste kontrolepunt uit te kom. Ons het twee dae en een nag om Jerusalem te verken. Dit klink na heeltemal te min tyd, maar was op die ou einde al wat ons kon hanteer. Wat ’n malle, verdeelde stad! Die Ou Stad is in vier kwartiere verdeel – vir Moslems, Jode, Christene en Armene – en gons van toeriste wat rondskarrel op soek na een of ander godsdienstige inspuiting. Ons moet omtrent stoei om die Kerk van die Heilige Graf, die Klaagmuur, die Koepel van die Rots en die Via Dolorosa te sien. Toe dit aand word, verkas die grootste gros toeriste na hulle hotelle en ek en Marie kan uiteindelik ’n minder chaotiese en meer geestelike atmosfeer van die stad ervaar. Die Ou Stad is bekoorlik – die smal straatjies, die klein winkeltjies waar ’n mens enigiets van kos en aandenkings tot klere en ’n toiletborsel kan aanskaf... dit is soveel meer as net ’n museumdorp; mense léwe hier. Hoeveel onstuimighede het die plek nie al oor die eeue heen oorleef nie... >

Kloksgewys van links bo. Die Klaagmuur, Jerusalem; die Westelike Muur van die Tweede Tempel; Die Kerk van die Heilige Graf van Jesus, Jerusalem; ’n Tipiese straat in die ou stad met die Koepelrots in die agtergrond (waar Mohammed na die hemel opgevaar het); Die ingang na die Al-Aqsa-moskee, Jerusalem. Weg! #199 123


REISJOERNAAL Bethlehem is ’n vinnige driekwartier (en een kontrolepunt) se ry van Jerusalem af. Op ’n reis van dié aard bly ’n mens se begroting skraps, maar jy moet jouself soms ’n bietjie bederf: Ons het plek bespreek by die eksentrieke Walled Off-hotel (’n woordspeling op“Waldorf”), wat deur die Britse straatkunstenaar Banksy ontwerp is. Die hotel is opsigself ’n kunswerk wat ’n mens aan die dink sit. Dit het na bewering die“vrotsigste uitsig in die wêreld”met die meeste van die kamers wat uitkyk op die versperringsmuur wat die stad omring. Die afskorting word van die een kant af as ’n sekerheidsmaatreël beskou, en van die ander kant af as die toepassing van apartheid. Die hotel se ligging is ’n klap in die gesig van Israel: die perseel is streng gesproke onder Israeliese militêre beheer en dus is dit wettig vir Israeli’s om hier te oornag. Maar om hier uit te kom moet hulle “onwettig”deur Palestynse gebied ry. Dis ’n opspraakwekkende ruimte wat vir besoekers konteks verskaf om die ingewikkelde konflik tussen Israel en Palestina beter te verstaan. Die Walled Off-hotel is tegelykertyd ’n kunsgalery, museum én politieke protes. Ons slaap in die beroemde Pillow Fight-kamer, waarin een van Banksy se muurskilderye pryk. Die kunswerk is só waardevol dat ons ’n sekerheidsdeposito van R10 000 moet betaal! Die warrelwindtoer deur Israel staan einde se kant toe en teen hierdie tyd is ons ook al desperaat om weg te kom van die toeristevertrapping en diepgesetelde konflik wat ’n mens oral in die gesig staar. Ons mik oos en volg vir sowat 60 km ’n tweespoorpaadjie na die Woestyn van Judea. Dáár sal ons ’n slag weer kan asem skep. Die plek het ’n byna onheilspellende skoonheid. Ons kamp twee nagte wild – een nag op die plato en die volgende langs die ruïnes van die Zohar-vesting. Van daar af ry ons verder suid na die Negev-woestyn. Dit strek oor 60% van die land en is vol amberkleurige canyons en versteekte valleie. Daar is slegs twee dae op ons visums oor en ons besluit om die laaste nag in die Ramon-krater- nasionale park te kamp. Die krater (10 km wyd, 40 km lank en 500 m diep) is deur miljoene jare se erosie uitgekerf. In die middel daarvan staan ’n swart heuwel wat donkiejare gelede ’n aktiewe vulkaan was. By die besoekersentrum vra die ontvangsdame of ons bedrewe 4x4bestuurders is. Ná die afgelope paar maande se omswerwinge kan ons haar met oorgawe verseker dat ons is, en volg toe die 30 km lange pad af na die kratervloer. Die roete laat ons handpalms sweet, maar ons maak dit darem tot onder en kamp vir ’n aand binne-in die krater voordat ons met ’n ander – selfs nog moeiliker – roete weer uitry. Ons moet kort-kort stilhou om eers pad te bou waar die kliptrappe te hoog vir Kukuza is – dis ’n goeie toets vir Marie se sin vir humor! Gelukkig sien ons darem ’n paar Nubiese bergbokke om ons weer op te beur en bereik uiteindelik weer ’n teerpad. Die Ramon-krater was, met al sy ruwe skoonheid, ’n perfekte afsluiting tot ons reis deur Israel. Ons sou maklik nog langer wou vertoef – dit is ’n land wat terselfdertyd kompleks én belonend is en ’n mens se oë weer ’n slag oopmaak. Vir elke skilderagtige toneel wat ’n mens teëkom, sien jy ook dinge wat jou verstand te bowe gaan en jou hart breek. Wat’s volgende? Jordanië se antieke stad, Petra.

Links, van bo. Die ingang na die Walled-Off Hotel aan die Palestynse kant van Bethlehem; Die kunstenaar Banksy se muurskildery Pillow fight (dit stel ’n Israeliese soldaat en Palestynse jeugdige voor) in die Walled-Off Hotel; ’n Deel van die 8 m hoë Versperringsmuur in Bethlehem. 124 Weg! #199


Kloksgewys van links bo. Die pad na die Dooisee en Aqaba, Jordanië; die steil afdraande na die Ramon-krater, die uitsig van die Swart Vulkaan in die Ramon-krater.

Vinnige feite UITGAWES Hierdie pryse is na raming. Die Gurneys het hierdie reis in 2018 onderneem; tariewe sou sedertdien gestyg het. HAIFA Haifa-hostel: R1 600 p.n. vir 2 mense Falafel: R120 per pita (by HaZkenim) Toegang tot die Hangende Tuine van Haifa: gratis GALILEA EN GOLANHOOGTE Toegang tot Hippos: gratis Pelter-kelder: R65 p.p. vir die proe van vyf wynsoorte; R300 vir ’n kaasbord vir 2 mense JERIGO Sweefspoor: R220 p.p. Toegang tot klooster en grot: gratis

M id d e l lan d se S e e

RAMONKRATER Toegang: R100 p.p. Kamp: R300 p.p. 4x4-roete: Gratis BETHLEHEM Walled Off-hotel: R2 400 p.n. vir 2 mense (ontbyt ingesluit) JERUSALEM Hotel HaRova: R2 200 p.n. vir 2 mense VERSKEPING RoRo (roll on, roll off) vir die Hilux: R8 000 (van Mersin in Turkye na Haifa in Israel) Akkommodasie aanboord: R2 200 p.p. (maaltye ingesluit) Doeaneklaring: R6 200 (Yoel Gilead, atlaslogistics.co.il) ANDER ’n Koppie koffie: R45-R55 Eenvoudige middagete: R300 p.p.

Pelter-kelder G o lan h o o gte

Safed Tabgha Tiberias

Haifa

Berg Karmel

HaSolelim-woudreservaat Hippos

SI RI Ë

S ee van G ali l e a

Tubas

NOTA Die Afrika-skof van Patrick en Marie se reis deur Egipte, Soedan, Kenia, Tanzanië, Uganda, Rwanda, Malawi, Zambië en Zimbabwe het in Weg #178 tot #186 verskyn. Dié Europese reis het hulle Afrika-reis voorafgegaan. Sien Weg #195 (vir Frankryk, Italië en Kroasië), Weg #196 (Hongarye, Romenië en Bulgarye), Weg #197 (Griekeland) en Weg #198 (Turkye). Aan die einde het hulle 23 lande in totaal besoek, meer as 50 000 km gereis en op 19 Desember 2019 weer by hulle huis in Johannesburg aangekom.

We so ewe r (Pal est i n a )

Tel Aviv

Ramallah JERUSALEM Zohar

G a za st ro o k (Pa l es ti n a)

AMMAN

Jerigo Bethlehem

Wo e s t y n va n J u d e a

Dooiesee

ISR AE L

JO RDAN IË

Negev-woestyn

Ramon-krater- nasionale park

EG I PTE

Petra

NOG INLIGTING info@skultcha.com skultcha.com Facebook:“skultcha” Instagram: @skulcha

Weg! #199 125


E VOËLS DEUR FAANSIE PEACOCK

WENKE VIR WOUDE

ina! ’n Bielie van ’n reëndruppel tref my voorkop. Maar wat het ek verwag? As ’n mens kop agteroor na ’n blaredak staar, vra jy mos daarvoor. Dit reën al twee dae sonder ophou, en die woudvloer is oortrek met stroompies en vet reënpaddas. Ek is besmeer met modder, deurdrenk van kop tot tone, en dun strepies bloed loop teen my skene af. En dan is daar ook nog twee boggels bedek deur my nikswerd reënjas: ’n rugsak vol peuselhappies en veldgidse agter en ’n sak vol elektroniese en optiese toerusting voor. In my linkerhand het ek ’n mikrofoonskottel die grootte van ’n Weber-braai se deksel, en in my regterhand ’n verkyker wat meer kos as my kar. As Jan Alleman my nóú op hierdie bospaadjie raakloop, sal ek hom nie kwalik neem as hy die stereotipe van voëlkykers as ’n vreemde subspesie glo nie. Ek hoor sommer al die neerhalende “ja-nee”. Maar gelukkig is daar g’n kans dat ek nog ’n mens vandag gewaar nie. Selfs die Google Maps-tannie het al moed opgegee in die digte mis. Ek is opsoek na die skaars swartoogboslaksman diep in die woude van Magoebaskloof. Die Fortuner het ek al ure gelede op ’n smal bosboupaadjie geparkeer en nou is ek te voet in die woud. Terwyl ek my bril vir die seshonderste keer droogvee, wens ek iemand het my hierdie paar wenke gegee vir voëls soek in woude.

1

Almal hou van ’n sonkol. ’n Mens is geneig om te dink die spesiale voëltjies is diep in die digste, donkerste ruigtes. Inderwaarheid is ’n voëlsoekery baie meer produktief by hoër woudrande of ooptes waar die son effens deurbreek. In sulke kolle is insekte meer doenig, gras skiet saad en die plantegroei op die woudvloer is meer welig. En natuurlik is dit ook makliker om iets te sien as in die skemeragtige donkertes diep in die woud.

ANTON KRUGER

2

BLOUKATAKOEROE SWARTOOGBOSLAKSMAN

L(y)ster wie daar fluister. In woude is 90% van voëlskyk met jou ore. Doen dus jou huiswerk vooraf, en memoriseer so veel voëlgeluide as wat jy kan. Dis makliker gesê as gedaan. Begin met ’n paar: die“pretty georgie” van die mooimeisie; die“pliep-pliep-pliep”van die bandkeelkleinjantjie; en die oorverdowende fluite van die ruigtesanger. En pas op vir die lawaaimakerjanfrederik. Hy kan ’n mens maklik flous met al sy nabootsings!

3

Stap sta-a-adig. Dis beter om net 100 m te vorder en ’n paar goedjies te sien as om die roete in rekordtyd kaf te draf. Spits jou oë vir beweging: Net ’n paar minute gelede het ek bewus geword van ’n klein lyfie wat my onopsigtelik agtervolg... ’n witkoljanfrederik. Maar ons het ons al twee boeglam geskrik toe ’n kaneelduifie skielik uit die blaartapyt“ontplof”. Met hierdie strategie het ek selfs ’n keer of wat paaie gekruis met die mitiese gevlekte vleikuiken – die gesogste van al die woudskimme.

4

ANTON KRUGER

Hou saam partytjie! Ons het al in vorige uitgawes gesels oor gemengde voëlgroepe, waar verskillende spesies tydelik ’n swerm vorm en saam kos soek. As jy só ’n partytjie in die woud kan opspoor, sal jou lysie blitsvinnig

126 Weg! #199

groei. Hou veral ’n oog (en oor) oop vir kleinbyvangers, Kaapse bosbontrokkies en geelstreepboskruipers – hierdie drie is gewoonlik midde-in die aksie. Probeer so lank as moontlik saam met die (vinnigbewegende) swerm deur die bos beweeg.

5

Los die kamera tuis. Om ’n voël hoog bo in die blaredak raak te sien is reeds ’n uitdaging en om wenfoto’s te neem sit nie in elke ou se broek nie. As jy nog ’n groentjievoëlkyker is, fokus net eers op jou verkyker of selfs net met die blote oog.

6

Dink vertikaal. ’n Woud is soos ’n reusehotel waar verskillende spesies verskillende verdiepings verkies. Groenkolpensies, boskrappers, bruinwipsterte, oranjelysters en ’n rits ander bly op die woudvloer. Bloukuifvlieëvangers, rooibektiptolle, bosloeries, olyfboslaksmans en allerlei ander verkies die middelste verdiepings. Maar bloukatakoeroes, geelkeelsangers en knysnaloeries boer bo by die penthouse.

7

Sluit af met ’n skemerkelkie. As jy genoeg gehad het van die bogenoemde frustrasies, vind ’n mooi uitkykpunt en sit agteroor. Buiten die pragtige uitsig en die koor van voëlsang, gaan jy ’n klomp woudvoëls die maklikste so van bó af te siene kry. Woudpapegaaie en geelbekbosduiwe vlieg heen en weer, swartsaagvlerkswaels jag bo die blaredak en kroonarende kondig luidkeels hulle eienaarskap van dié stukkie aarde aan. Voëlskyk in woude is harde werk, selfs vir gesoute voëlkykers. Die spelreëls is heeltemal anders, maar die resultate kan ongelooflik wees. Of ten minste, dis wat ek hoop terwyl ek gly-gly deur die woud ploeter.


Raaisels in die palm van jou hand Speel nou – enige tyd, enige plek!

Reeds beskikbaar S Blokraaie S Woordsoeke S Koderaaisels S Sudoku’s

Kies tussen verskillende raaisels KLIK EN KOOP P BESOEK HUISGENOOTRA


3DV LQ GLH 2RV .DDS

3DOLQJV

7RHYDOOLJ

Q 6SLWV YDQ 7DIHOEHUJ

6HV 5RP

'XLNVODJ LQ UXJE\ 'DQV %HPHV WLQJ

3ULPDWH

*HVDJ GUDHU

/DVWLJ ZHHV LQI

:RXG

,QJHQLHXU DIN

+RsU RS

$O

*HOG HHQKHLG

.OD

.XV

9RRU WLHQGH

6NDQGH

.RNHU

'RQNLH

+RRJVWH NDDUWH

HQ VNUDDS

$VRRN OHHU ELG

7HHQRRU PLQGHUH

1D EXLWH

(UNHQ

9RsOPLV

.ZHNHU

*UDV VRRUW

%HMDDUG 5DNNHU

(ONH

$DQYDQJ

7ZHH SUHILNV

5DP VH PDDW

.DUDNWHU VNHQGLQJ 1LH ERH RI Vr

6HOI VXJWLJH PHQV

9DW VR

%HJUDIQLV RSWRJ

$IYHH

%ORHG EXLVH

8LWNHQ 'RUS LQ GLH :HV .DDS

5HSOLHN OHZHU

0HYURX 6SDDQV

*HO\N

1LNV QLH

9UXJJLH

+XZHOLN

1DWH

6HGHOHHU

1HHUVODJ PY

9RRUGDW 6OHJ

$UHQG VSHVLH

'UDDLERHN 7DEEHUG

*ULO

0HW RRUJDZH

2QEH WDDPOLNH

,QVODDQ

9LU 6XLG $IULND DIN

7DDO LQ 6HRHO EY

6NHUS YUXJ

2SJH PHUN

$OLDV

5\

!

( 6 / , ( 5 + $ $ / ' ( / , . * 2 3 1 1 9 2 ( 5 0 ( 5 , 1 ( 1 : . 3 5 ( 7 % ( ' ( 5 : ( 5 6 / / , 7 , ( . 3 $ 6 , ( 1


BRIEF UIT

Kleinmond Desembermaand beteken ’n stroom GP-nommerplate, ’n swetterjoel familie en sosiaal aanvaarbare dagdrinkery op Kyra Tarr se tuisdorp in die Wes-Kaap.

E

k hou van die winter. Hoe kouer en natter dit is, hoe lekkerder bondel ek in my kokon van warm drankies, Brontë-boeke en Harry Potter-flieks. Sedert Covid-19 die meeste mense se sosiale uitstappies gekanselleer het, voel my eenvroukluisenaarspartytjie glad nie vreemd nie. Die winter herinner my altyd aan Mrs Crossman, my Engelse juffrou op hoërskool, se lesse oor Shakespeare se Macbeth. Dié tragiese verhaal van ’n magsugtige generaal is van die begin af reeds taamlik droewig, en sy sou dit by ons indruis: “Die mikrokosmos word weerspieël in die makrokosmos!” Daarmee saam het sy die boek in die lug geswaai om haar punt te beklemtoon. As ek haar reg verstaan, het sy bedoel die ongure weer waarin die verhaal afspeel, versinnebeeld die neerslagtigheid wat in Macbeth se gemoed – sowel as die wêreld in sy geheel – die oorhand kry. En ek moet saamstem: Die koue wintermaande waartydens ek lusteloos rondgehang het, het gestrook met ons ingeperkte bestaan tydens grendeltyd. Terwyl ek nou die ketel vir die hoeveelste keer vanoggend aanskakel om nóg ’n koppie koffie te maak, peins ek oor Shakespeare… dalk het hy tog ’n punt beetgehad. Noudat die mooiweersdae al hoe langer word, voel ek self ’n bietjie sonniger. Soos die meeste kusdorpies bestaan Kleinmond vir die somer. Hier is deesdae baie meer woonhuise, maar sodra die eerste motors met binnelandse nommerplate Desembermaand die dorp binnery, maak die lomerige kusdorpgevoel plek vir ’n vakansiegees. Skielik kry ’n mens nie meer parkeerplek voor die Spar nie; skoene en hemde word opsioneel; die roomysmanne smous elke dag koelbokse vol grenadella-ysies op die strand; en in restaurante vind moeë ouers ontvlugting in tapbiere, en dié word merkbaar al hoe vinniger bestel namate hulle spruite se vloermoere per uur toeneem. Die somervakansies van my jeug bring herinneringe van KwaZulu-Natal, die vertroostende geur van Nivea-sonroom gemeng met soutwater en ’n sproeiseltjie Peaceful Sleep. Saans was dit behaaglik om ná ’n dag in die branders tussen vars, koel lakens in te kruip. Bygesê, dis maklik om lang ure in die warm Indiese Oseaan deur te bring! Ek is nie Kleinmond se Atlantiese water gewoond nie, en hoewel ek die ysigheid steeds aandurf, oortuig my vinnige hartklop en verkluimde bene my nie dat die

Wim Hof-metode régtig goed vir ’n mens kan wees nie! Hoewel somervakansie lankal nie meer ’n sorgelose, twee maande lange skoolvakansie beteken nie, het dit steeds vir my ’n besonderse bekoring. Hier op Kleinmond ruik die lug saans na sitronellakerse en kameeldoringvuur, en die bure se gelag weerklink deur die oop kombuisvensters. Rekeninge en ander verantwoordelikhede wat – in my suster Lindy se woorde – “onuitspreeklik vervelig” is, maak ’n ruk lank minder saak, en niemand lig ’n wenkbrou wanneer jy vroegdag reeds begin appelbiertjies wegslaan nie. Namate ek ouer word, besef ek al hoe meer dat Bryan Adams se “Summer of 69” maar kan gaan slaap. Die ware Desembertreffers behels die jaarlikse gestry oor by wie se huis julle dié jaar Kersfees vier, en of julle weer vir oom Willem – wat nou al by sy vyfde meisie ná die egskeiding trek – moet nooi. Hoewel almal lanklaas met hom gepraat het, is dit duidelik die string vroumense is net agter sy geld aan! Dan is daar ook die indiepte-analise van elke kleinkind se studierigting, en ai siestog, niggie Lisa wat nog stééds nie liefde kon vind nie. Onthou, almal moet asseblief ekstra nice wees met haar. Tannie Tinnie neem dié siel gewoonlik elke jaar onder haar vlerk en koer goedjies soos: “Jou beurt sál kom, Bokkie. Onthou, vroue trou nie meer so vroeg nie.” Met my koffiebeker in die hand klim ek die trappe na die solder uit. Gedurende die winter was dit ’n snoesige plek om as kantoor te dien, maar nou is dit nog nie eens middag nie en ek voel reeds soos ’n broodjie in ’n oond. Nee, aarde! Die gasverwarmer langs my lessenaar moet dadelik terug garage toe om plek te maak vir die staanwaaier. Want al die somervreugdes ten spyt, is hier langs die riviertjie waar ons woon elke jaar ’n muskietherlewing. Ek is nou op dreef en begin sommer ook die dik winterkomberse wegpak. My stewels en truie kom ágter in die klerekas om voorlangs plek te maak vir sandale en kortbroeke. Dié bekyk ek skepties: Ek het my knieë ses maande laas in die openbaar gewys en die skielike onthulling kan vir my sowel as toeskouers skrikwekkend wees! Nog ’n paar seisoengoedjies word herrangskik, en toe ek die neussproei en Efferflu-C-tablette van die kombuistoonbank af terugskuif medisynekas toe, kan ek dit uiteindelik begin glo: Die somer is hier. Die laaste winterding wat ek diep wegbêre, is my sorge. Hulle kan ook maar oorstaan tot volgende jaar.

‘Hier op Kleinmond ruik die lug saans na sitronellakerse en kameeldoringvuur, en die bure se gelag weerklink deur die oop kombuisvensters.’ Weg! #199 129


AFRIKA OP SY BESTE

Ek was aan’t rondry in die Skukuza-deel van die Kruger toe ek ’n paar karre teen die padskouer gewaar. Een van die bestuurders het vertel dat hulle ’n luiperd dophou wat in ’n essenhoutboom opgeklim het; ek kon egter net die kat se stert uit die blare sien hang. Ek het besluit om ook stil te hou en te wag. Die son het gesak en van die ander motors het al begin terugdraai ruskamp toe. Ek het besluit om nog vyf minute te wag, maar dan sou ek ook moes wikkel as ek die hektyd wou haal. Dit was die regte besluit, want die luiperd het skielik uit die essenhout gespring en in ’n ander boom gaan opklim – kompleet asof hy die sonsondergang uit ’n beter hoek wou betrag. Dit was ’n droomfoto waarvoor ek al hoe lank wag! Ek het vinnig ’n paar skote geneem en moes terugdraai Skukuza toe terwyl my hart daar by die luiperd in die boom bly sit en die dag se laaste lig indrink.

FOTO ANNEMARIE DU PLESSIS

130 Weg! #199


2.(0/# 0&/ ,/")+&! &. 1

0##.3.5$ %$'5 68&3 224554

(;/1+; %5/;);$'5 68&3 227554

0##.$'55*;$ %5"')9;

%;;/,.;/*:; $'5

8.#31*$ %,)'$'5

4.;!,.; %$'5

68&3 22455-

68&3 22-55'

021 905 5005 | info@campcover.co.za www.campcover.co.za

68&3 22755*

68&3 228554


CanalWalk 021 552 5876 Cavendish 021 683 5511 Tygervallei 021 914 2049 Somerset 021 851 3291 www.timewatches.co.za

THE PAVILION • LA LUCIA MALL • GATEWAY • BALLITO JUNCTION www.watchesunlimited.co.za

Bloemfontein: 051 400 5500 Port Elizabeth: 041 394 2900 Kloppers Sport Brackenfell: 021 982 Knysna: 044 302 7800 George: 044 802 3900

Kontak ons by 011 314 8888, 0861 CASIO1 of 0861 318 888 vir jou naaste handelaar www.jamesralph.com SPESIFIKASIES EN PRYSE ONDERHEWIG AAN VERANDERING SONDER KENNISGEWING

NewWorld Menlyn 012 368 1633 Cassims & Co 011 682 1517, Mall ofThe South


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.