1 minute read
Quechua
Andies
Quechua is by verre die Amerindiese taalgroep met die meeste sprekers; dit word in Peru, Bolivië, Ecuador, Colombië en Argentinië gepraat deur sowat 12 miljoen mense. Die Boliviese laaglande en die stad Cochabamba is hoofsaaklik Quecha-sprekende gebiede. Quechua is ‘n amptelike taal in Bolivië, Ecuador en Peru met ‘n teenwoordigheid op radio- en TV.
Advertisement
• Sentrale Quechua (Waywash) word in die sentrale hoogland en op die kus van Peru gepraat, en bestaan uit Huaylas, Huaylla Wanca en Conchucos. • Wanp'una, in die noordelike berge van Peru; die grootste dialek is Cajamarca. • Kichwa word in Ecuador, noordelike Peru en Colombia gepraat (Inga Kichwa) en sluit
Chimborazo Hoogland Quichua en Imbabura Hoogland Quichua in. • Suidelike Quechua in Bolivië, Chile, suidelike Peru en noordwestelike Argentinië, met die hoofdialekte Cusco (Qheswasimi, Runasimi), Ayacucho, en Puno (Collao). • Lank voor die uitbreiding van die Inkaryk het Quechua reeds oor die sentrale
Andesgebergte versprei, en dit was die amptelike taal van die Inkaryk 1438 – 1533. Dis tot die 18de eeu deur die Spanjaarde bevorder Die Rooms Katolieke Kerk het die taal vir evangelisasie gebruik. Die sendeling Domingo de Santo Tomás het in 1560 die eerste
Quechua-grammatika gepubliseer.
Proto-Quechua het drie vokale /u/, /a/ en /i/ gehad, en /i/ en /a/ is as /e/ en /o/ voor die keelklank /q/ uitgespreek. Weens kontak met Spaans het die meeste dialekte vandag ook /e/ en /o/ as fonemiese elemente. Die konsonante was almal stemloos.
Quechua is ‘n nominatief-akkusatiewe aglutinerende taal wat van suffikse gebruik maak, met sewe naamvalle. Persoonlike voornaamwoorde sluit eerste / ñoqa/, tweede / qan/ en derde /pay/ / persone enkelvoud en meervoud in. Die eerste persoon meervoud het ‘n inklusiewe /ñoqanchis/ (Ons en jy) en eksklusiewe /ñoqayku/ (Ons sonder jou) vorm.
Alle werkwoordstamme eindig op ‘n klinker, is reëlmatig en word op dieselde wyse vervoeg. ‘n Suffiks wat persoon en getal merk, word vereis, terwyl die tydsvorm, aspek en modaliteit opsioneel is. Besit word deur besitlike merkers aangedui wat aan die voorwerp geheg word.
Die vervoegings sluit kousatief, applikatief, refleksief, wedersyds en desideratief in,
Die woordorde is vry hoewel SOV verkies word, en sintaktiese verhoudings word deur die naamvalle en agtervoegsels aangedui.