1 minute read
K’iche
Maya
Penuties
Advertisement
Die Mayatale word deur minstens sewe miljoen mense in Sentraal-Amerika gepraat, hoofsaaklik in Meksiko, Guatemala, Belize, El Salvador en Honduras. Mayatale vorm deel van die MesoAmerikaansse Sprachbund, ‘n streek van linguïstiese samevloeiing wat deur millennia van interaksie tot stand gebring is.
Die vyf subfamilies van Maya is • Ch'ol-Tsotsil • Huastec • Yucatecan • Chujean-Kanjobal • Quichean-Mam
Die moderne Mayatale stam af van Proto-Maya wat sowat vyfduisend jaar gelede gepraat is. In die verre verlede (rondom 2000 VHE) het daar ‘n toevloei van leenwoorde uit die Mije-Soke-familie na die Proto-Mayafamilie plaasgevind.
Sowat 30 tale vorm Maya, een van die deeglikste gedokumenteerde taalfamilies van die Amerikas. Die Mayataal met die meeste sprekers is K’iche’ in Guatemala met 2.3 miljoen, gevolg deur Yucatec met 800, 000 in die Meksikaanse deelstate Yucatán, Quintana Roo en Campeche.
Derde op die lys is Q’eqchi’ van oostelike Guatemala en suidelike Belize met sowat 700,000 speakers. Mam is vierde met 500,000 sprekers in Meksiko en Guatemala, Tzeltal is vyfde met 450,000 en Tzotzil sesde met 420,000, albei in Chiapas, Meksiko.
K’iche’ is die Amerindiese taal met die meeste sprekers in Meso-Amerika, en word gebruik in die media. Alle Mayatale is ergatief-absoluut, en die woordordes VOS, SOV, SVO en VSO word almal gebruik. Werkwoorde is morfologies kompleks en neem beide pre- en suffikse.