2 minute read
Die Meso Amerikaanse Sprachbund
‘n Sprachbund of ‘n linguïstiese konvergensie-area is ‘n versameling van aangrensende tale wat strukturele ooreenkomste toon wat te wyte is aan geografiese nabyheid en taalkontak; die tale moet geneties onverwant wees, of net verlangs verwant, en die Sprachbund-eienskappe mag ‘n valse indruk van verwantskap skep.
‘n Groep tale wat eienskappe deel kan net as ‘n Sprachbund omskryf word indien die eienskappe gedeel word om ander redes as die genetiese geskiedenis van die tale. Om tale te probeer klassifiseer sonder kennis van die geskiedenis van die tale kan tot die wanklassifikasie as ‘n Sprachbund lei, en sommige Sprachbunds kan verkeerdelik as taalfamilies geklassifiseer word.
Advertisement
Lede van die Amerindiese makrofamilies Chibchan-Paezan, Hokan, Penutian en Sentrale Amerind word in Meso-Amerika aangetref, insluitende die Maya- en Mije-Sokean-tale en Purépecha, wat nie werklik deel daarvan is nie.
Die tale van die Meso-Amerikaanse Sprachbund sluit die volgende eienskappe in:
• ‘n Totale afwesigheid van werkwoord-finale basiese woordorde hoewel daar volop SOV-tale aan die noorde en suide van die gebied is. En al die ander moontlike kombinasies kom daar voor: VSO in Nahuatl, Mixtec en Zapotec, VOS in Otomi en in Mayatale en SVO in Mazatec en Huave. • Alle Meso-Amerikaanse tale gebruik relasionele naamwoorde om ruimtelike en ander verhoudings aan te dui, soortgelyk aan voorsetsels in Afrikaans maar bestaande uit ‘n naamwoord plus besittings-affikse, soos “sy-hond die man.”
• ‘n Generiese relasionele partikel wat soos ‘n generiese voorsetsel optree, byvoorbeeld “op my” (my kop) en “in die kamer” (in-sy-maag-die-kamer). • ‘n Fenomeen wat uiters raar buite Meso-Amerika is, ‘n spesiale woordorde by W-vrae (wat?, waar? en wie?). • Semantiese Leenvertaling-samestellings – die woord vir spesifieke voorwerpe word geskep deur twee verskillende stamme saam te voeg, bv been + kop = knie. • Vigesimale telwoordstelsels wat op 20 gebaseer word (net soos die desimale stelsel op 10 gebaseer is). In Europa gebruik Frans, Deens, Wallies en Skotse Gaelic dié stelsel, of elemente daarvan. • Ander kenmerke wat gereeld voorkom maar nie universeel is nie, sluit in:
Sommige tale onderskei inklusiewe en eksklusiewe voornaamwoorde in die eerste persoon meervoud (ons en jy) vs (ons sonder jou). In die werkwoordstelsel is aspek belangriker as tyd (tense), en die copula (die werkwoord “is”) word nie gebruik nie. Kontrasterende stemhebbende sluitklanke, frikatiewe, geaspireerde sluitklanke en affrikate is raar.
Bron:
Meso-America as a Linguistic Area. Author(s): Lyle Campbell, Terrence Kaufman, Thomas C. Smith-Stark Source: Language, Vol. 62, No. 3 (Sep., 1986), pp. 530-570 Published by: Linguistic Society of America Stable URL: http://www.jstor.org/stable/415477
https://www.languagesgulper.com/eng/Mesoamer.html