1 minute read
Tale van Titicaca
Titicacameer het sy eie taalkundige demografie. Pukina en Leco is uitgestorwe tale van die gebied rondom die meer, terwyl Kallawaya ‘n geheime taal is wat deur tradisionele genesers gebruik word.
Die Uru of Uro (Qhas Qut Suñi) wat op drywende vlotte op die meer naby Puno, en langs die Desaguaderorivier woon, se taal Uchumataqu het rondom 2010 uitgesterf. Hulle praat nou die verwante Chipayataal wat ook op die dorp Chipaya in Sabaya-provinsie gepraat word. Die sprekers van Chango, wat op die kus van Chile, van Huasco tot by Cobija in Antofagastaprovinsie gepraat is, het na Mapudungun oorgeslaan.
Advertisement
Sowat 4,000 Quechua-sprekers woon in tien dorpies op die eiland Amantani van sowat 15 km2 (6 vk myl). Twee heuwels, Pachatata (Vader Aarde) en Pachamama (Moeder Aarde) bevat antieke ruines.
Sowat 2,200 sprekers van Puno Quechua woon op die eiland Intika, wat ‘n area van 5.72 km2 (2.21 vk myl) beslaan.
Agt honderd Aymara-gesinne bewoon Isla del Sol, een van die grootste eilande op Titicaca, met volop ruïnes uit die Inkatyd soos ‘n heilige rots en die tempels Chicana, Kasa Pata en Pilco Kaima.
Nog ‘n Aymara-eiland is Isla de la Luna, oos van Isla del Sol, wat die ruines van ‘n tempel van die Tiwanaku-beskawing bevat.